Lynnwoorde 2e Kwartaal Dien-uitgawe

16
DIENS LEES BINNE: Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - HERFS 2012 Evelyn Jordaan Herfs 2012 LYNNWOORDE 1 www.nglynnwood.co.za As Jesus in die Markus-evangelie sy eie sending in die wêreld moet beskryf, doen Hy dit in terme van diens. In Markus 10:45 sê Hy: “Die seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.” Die Johannes-evangelie praat weer anders daaroor. Wanneer Jesus die laaste maaltyd saam met sy dissipels eet, was Hy eers hulle voete (Joh 13). Dit was slawewerk, die toppunt van diens en diensbaarheid. Petrus het selfs geweier dat Jesus sulke ‘lae’ werk doen. Jesus wou egter ’n punt maak: dissipelskap beteken diensbaarheid. Die grondwet van God se koninkryk word met net een woord uitgedruk: diens. Dit beteken dat God alleen gedien moet word – daar is nie plek vir afgode nie. (Eks 20:3; Matt 6:24) God is immers die belangrikste van almal, die Koning van die konings. Hy het self mense aangestel om Hom te dien. Priesters om te sorg vir die diens aan Hom; God maak sy hele volk sy dienaars (pries- ters) In die Nuwe Testament word die kerk hierdie taak opgelê (1Pet 2:5; Op 5:10) Diens aan die Here moet ’n mens se lewe met vreugde vervul. (Ps 100:2) Wat beteken die feit dat Jesus gedien het vir ons? Omdat Jesus gedien het, moet sy volgelinge bereid wees om mekaar te dien (Joh 12:24-26; Gal 5:13) Daarom verduidelik Jesus ook in sy gelykenisse (sy preke) wat diens beteken. Ons lees voorbeelde in Matt 24:45-51 van iemand wat die diens wat die Here vir hom gegee het, getrou verrig. Matt 25:14-30 is die verhaal van die dienaars van God wat met sy gawes woeker. Luk 17:7-10 beklemtoon die absolute toewyding wat gepaardgaan met diens aan die Here. Ons is net sy dienaars en niks meer nie. As Christene moet ons (soos Jesus) dien. Wat sê die Bybel hieroor? Wat kan ons oor gelowiges sê wat bereid is om die Here te dien? Die By- bel beantwoord hierdie vraag: ’n Werklik diensbare gelowige is iemand wat met totale geloofsge- hoorsaamheid die Here liefhet en dien. Diensbaarheid skryf nie voor nie, maar volg na (Deut 10:12-13; Rom 6:22) Christus het ons vrygemaak van die sonde. Hierdie nuwe lewe van vry- heid moet ons volledig in diens van die Here gebruik. Liefde is die houer waarin liefde kom (Gal 5:13; 1 Pet 2:16) Gelowiges moet in ‘mekaar se diens’ staan. So word ons Jesus se hande vir mekaar (1 Pet 4:10) Ons het mense wat ons help om goeie dienaars te wees en so me- kaar op te bou. Dit is ’n gawe van die Gees (Rom 12:7; Ef 4:11-12) Diens is nie net tot die kerk beperk nie, maar moet ook in ’n mens se alledaagse lewe voorkom (Kol 3:22- 24) Ook die gelowige se liggaam moet in diens van God gestel word (Rom 6:19) Iemand wat dien, is nie skaam om te help met wat hy het nie (2 Kor 9:6-15; Jak 1:27) Dit is altyd lekker om diens “in aksie” te sien. Diens is nie net iets waaroor ’n mens praat nie. Dit is iets wat ’n mens moet doen, anders beteken dit niks. As ons na ’n paar voorbeelde uit die Bybel kyk van gelowiges wat bereid was om te dien, kan ons sommer ook kyk watter lewenslesse ons as gelowiges uit hier- die mense se voorbeelde kan leer. Vervolg op p3 Pinkster 2012 - p.3 Bohaai oor Belhar - p.7 Johann en Mart Voges groet - p.11 Vind God op onwaarskynlike plekke -

description

Lynnwoorde 2e Kwartaal Dien-uitgawe

Transcript of Lynnwoorde 2e Kwartaal Dien-uitgawe

DIENS

LEES BINNE:

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - HERFS 2012

Evelyn Jordaan

Herfs 2012 LYNNWOORDE 1

www.nglynnwood.co.za

As Jesus in die Markus-evangelie sy eie sending in die wêreld moet beskryf, doen Hy dit in terme van diens. In Markus 10:45 sê Hy: “Die seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

Die Johannes-evangelie praat weer anders daaroor. Wanneer Jesus die laaste maaltyd saam met sy dissipels eet, was Hy eers hulle voete (Joh 13). Dit was slawewerk, die toppunt van diens en diensbaarheid. Petrus het selfs geweier dat Jesus sulke ‘lae’ werk doen. Jesus wou egter ’n punt maak: dissipelskap beteken diensbaarheid. Die grondwet van God se koninkryk word met net een woord uitgedruk: diens.

Dit beteken dat God alleen gedien moet word – daar is nie plek vir afgode nie. (Eks 20:3; Matt 6:24) God is immers die belangrikste van almal, die Koning van die konings. Hy het self mense aangestel om Hom te dien. Priesters om te sorg vir die diens aan Hom; God maak sy hele volk sy dienaars (pries-ters) In die Nuwe Testament word die kerk hierdie taak opgelê (1Pet 2:5; Op 5:10) Diens aan die Here moet ’n mens se lewe met vreugde vervul. (Ps 100:2)

Wat beteken die feit dat Jesus gedien het vir ons? Omdat Jesus gedien het, moet sy volgelinge bereid wees om mekaar te dien (Joh 12:24-26; Gal 5:13) Daarom verduidelik Jesus ook in sy gelykenisse (sy preke) wat diens beteken. Ons lees voorbeelde in Matt 24:45-51 van iemand wat die diens wat die Here vir hom gegee het, getrou verrig. Matt 25:14-30 is die verhaal van die dienaars van God wat met sy gawes woeker. Luk 17:7-10 beklemtoon die absolute toewyding wat gepaardgaan met diens aan die Here. Ons is net sy dienaars en niks meer nie.

As Christene moet ons (soos Jesus) dien. Wat sê die Bybel hieroor?Wat kan ons oor gelowiges sê wat bereid is om die Here te dien? Die By-bel beantwoord hierdie vraag:

• ’nWerklikdiensbaregelowigeis iemand wat met totale geloofsge- hoorsaamheid die Here liefhet en dien. Diensbaarheid skryf nie voor

nie, maar volg na (Deut 10:12-13; Rom 6:22)• Christushetonsvrygemaakvandie sonde. Hierdie nuwe lewe van vry- heid moet ons volledig in diens van die Here gebruik. Liefde is die houer waarin liefde kom (Gal 5:13; 1 Pet 2:16)• Gelowigesmoetin‘mekaarsediens’ staan. So word ons Jesus se hande vir mekaar (1 Pet 4:10)• Onshetmensewatonshelpom goeie dienaars te wees en so me- kaar op te bou. Dit is ’n gawe van die Gees (Rom 12:7; Ef 4:11-12)• Diensisnienettotdiekerkbeperk nie, maar moet ook in ’n mens se alledaagse lewe voorkom (Kol 3:22- 24) Ook die gelowige se liggaam moet in diens van God gestel word (Rom 6:19)• Iemandwatdien,isnieskaamomte help met wat hy het nie (2 Kor 9:6-15; Jak 1:27)

Dit is altyd lekker om diens “in aksie” te sien. Diens is nie net iets waaroor ’n mens praat nie. Dit is iets wat ’n mens moet doen, anders beteken dit niks. As ons na ’n paar voorbeelde uit die Bybel kyk van gelowiges wat bereid was om te dien, kan ons sommer ook kyk watter lewenslesse ons as gelowiges uit hier-die mense se voorbeelde kan leer.

Vervolg op p3

Pinkster 2012 - p.3Bohaai oor Belhar - p.7Johann en Mart Voges groet - p.11Vind God op onwaarskynlike plekke -

Redaksie Immanuel van Tonder Leonie du Bruyn

Gereelde medewerkersRiaan SteynPieter Oosthuizen PeetCrousLindy Jordaan Valize Scholtz Erika Theron

Ontwerp Fearika Heyns

Advertensietariewe en spesifikasiesVolblad R1000 Halfblad R500 Kwartblad R250 Klein R100

Verskaf asb kunswerk in hoë resolusie jpg of pdf formaat in die regte grootte:

Volblad R1000 – A4: regop 190mm x 277mm

Halfblad R500 – A5: dwars 190mm x 132mm

Kwartblad R250 – A6: regop 90mm x 132mm

Klein R100: verskaf maksimum van 6 reëls teks, uitleg word gedoen nav beskikbare spasie.

Die hande en harte agter die skermsWanneerʼntoneelopgevoerwordisdaar net ’n paar akteurs op die ver-hoog, maar agter die skerms werk daar gewoonlik tientalle mense. Na die optrede sal hulle bespreek hoe-veel uitdagings hulle te bowe moes kom om die produksie te lewer. Vir die gehoor lyk dit of alles so gemak-lik en foutloos verloop.

Elke bediening van NG Lynnwood het tientalle werkers wat die bedie-ning vlot moet laat verloop. Neem byvoorbeeld die twee oggend-dienste waar die kosters, terrein-personeel, kantoorpersoneel, ere-dienswerkers, verwelkomingspan, teeskinkers, rekenaar- en klank-werkers, poppekasakteurs, musi-kante en predikante diens lewer. Dit tel op na meer as 50 mense vir die twee oggenddienste wat agter die skerms werk. En dis nog nie almal nie,wantdaarisnogʼngroteronder-steuningsnetwerk van taakspanne byondersteuningsdienste,finansies,diensverhoudinge, kommunikasie, fasili-teite en die Kerkraad. Dis nog 50 mense.

Om dus twee oggenddienste vlot te laat verloop vra insette van meer as 100 mense om elke Sondagoggend om-en-by 700 mense met die Goeie Nuus te inspireer. Die totaal is nog sonder om die aanddiens se be-trokkenheid by te tel waar so 250 mense inspirasie ontvang.

Die tema van dié uitgawe van Lynn-woorde sluit aan by ons gemeente se kwartaaltema van diens. Ons lig maar so ’n paar mense uit wat help engeeʼnkykieinvandiegebeureindie gemeente. Onthou net dat agter die skerms van hierdie aktiwiteite tientalle mense insette lewer. Daar-oor is ons diep dankbaar.

Om nuusbriewe en artikels van die leraarspan te lees, gaan na www.nglynnwood.co.za. Daar kan jy kommentaar lewer en saam-gesels met die leraars, bediening-span en ander gemeentelede.

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die mening van medewerkers nie en het die reg om berigte en briewe te verkort en redaksioneel te versorg.

Kontak-inligtingKerkkantoor 012 348 1245 [email protected] Pieter Schoeman (dagkoster) 082 771 8988 Frikan Erwee (na-ure koster) 083 603 4961Kombuis (breekgoed, eetgerei, tafeldoeke, ens)Maretha Brits 073 267 7019Bankbesonderhede:NG Gemeente Lynnwood, ABSA Brooklyn Court(632005),Reknr540580014

www.nglynnwood.co.za

2 LYNNWOORDE Herfs 2012

InhoudDiens 1Evelyn JordaanPinkster 2012 3Pieter OosthuizenBelydenis kamp / Belydenis aflegging 4&5 Valize ScholtzCaritas / Jongvolwassenes kosaand 6Amanda Gazendam / Hannelie LabuschagneBohaai oor Belhar 7 Immanuel van TonderL’Chayim to life 8 Lindy JordaanLewenskunsdroom vir 2012 8 Lindy JodaanEbony & Ivory 9Valize ScholtzJohann en Mart Voges groet 11 foto’s vertel die storieHemelvaart 12Johan JoosteKaalkop Dominees / Botaniese tuine 13 Doret Müller / San van der VyverVind God op onwaarskynlike plekke 14 Ilze du PlessisEskeidingsbegeleiding 15 Petro BarnardDie omie en die tannie 16 Erika Theron

Redaksioneel

Herfs 2012 LYNNWOORDE 3

Ons Pinksterdienste val hierdie jaar saam met ons tweede kwartaaltema van DIENS, en die tema van die reeks sal ook daarby aansluit.

Hoe werk die Heilige Gees in 2012 in jou en my lewe om ons só toe te rus dat ons as God se gestuurdes na die wêreld en mekaar toe, kan leef? Wat gee Hy ons om dit moontlik te maak?

Dat hierdie feestyd ’n wonderlike week in ons gemeente kan wees, is verseker! Dit is dalk goed om te onthou waar dit alles vandaan kom…

Waar kom ons Pinkstervieringe van-daan?Pinksterfees is oorspronklik ’n Joodse fees: die Fees van die Weke (Shabuoth), die oesfees waarvan Levitikus 23:16 praat.Gedurendedieeersteeeun.C.het die Jode hierdie fees begin assosieer met die ontvangs van die wet op die berg Sinai.Christenehet’nparallelgetrektus-sen die Jode se ontvangs van die wet en hulle ontvangs van die Gees.

Paassondag en Pinkstersondag omraam die oudste en belangrikste seisoen in ons kerklike lewe, ’n periode van vyftig dae. Tydens hierdie vyftig dae gedenk ons nie net Jesus se opstanding nie, maar die werk van God-drie-enig: agter alles staan God as Vader, Skepper en Herskepper wie se verlos-singsplan deur ChristusendieGeeswaarword.

Pinksterfees word dus gevier 50 dae na die Here Jesus se opstanding, 40 dae later vier ons Hemelvaart en 10 dae later

Pinksterfees. Die Engelse “Pentecost” kom van die Griekse woord “pentekoste” wat “vyftig” beteken.

In die NG Kerk het die unieke tradisie, nl. die tien-dae lange of week-lange Pinksterbidure tussen Hemelvaart en Pinkstersondag, ontstaan. Hierdie tradisie het sy oorsprong in 1860 gehad, toe ’n kragtige herlewing in die kerk uit-gebreek het. Hierdie herlewing was sterk sendinggerig. Mense het in hierdie tyd gereeld bymekaargekom in gebed, as voorbereiding vir Pinkstersondag.

Die fokus tydens Pinkstertyd is op die Heilige Gees wat uitgestort is op Pink-sterdag om sy kerk toe te rus om die evangelie na die uithoeke van die aarde uit te dra. Pinksterfees is ’n fees wat jou en my herinner aan die feit dat ons die Here se gestuurdes na die wêreld toe is. Die eerste Pinksterfees word in die Christeliketradisieasdiestigtingsdatumvan die oorspronklike Ekklesia (Kerk) beskou.

Pinkstersondag self behoort ’n dag vol musiek, sang, kleur, blomme en vreugde te wees. Vuurrooi behoort die dominante kleur te wees met as simbole die tonge van vuur, die duif. Tradisionele simbole wat op die kerk dui is, onder andere, dié van ’n skip en dié van ’n reënboog.

Ons Pinksterdienste begin Sondag 20 Mei en duur tot Donderdagaand 24 Mei. Op Sondag 27 Mei vier ons Pinksterfees.

Mag Pinkster 2012 vir jou ’n heerlike, verrykende ervaring wees.

PINKSTER 2012 Pieter Oosthuizen

Hoekom doen ons dit? Ons wil graag ander inspireer om te dien. Ons dien nie om mekaar net warm tebroeiinʼnsnoesigekokonnie.Ons wil mekaar motiveer en in-spireer om elke dag 24/7 te dien!

Jy is geroep om jou plekkie vol te staan met die gawes aan jou toevertrou tot eer van God!

Immanuel van Tonder - Leraar

vanaf p1Maria dien die Here op ’n besondere manier (Luk 10:38-42; Joh 12:3).Kyk hoe beskryf Paulus sy diens aan die Here (1 Kor 9:19-23; Kol 1:24 - 2:5). Die blinde man wys wat diens kos (Joh 9)

God moet die alleenseggenskap in die gelowige se lewe hê. Vir die gelowige het die alleenseggen-skap, die Eien-aarskap na God toe geskuif en daarom staan ons as gelowiges onder die verpligting om met alles wat ons is en

Mense kan so maklik op loop geneem word sonder om seker maak van feite. Die petisie wat per epos versprei word teen die 2016 Bybelvertaling sê oa dat “die GODHEID VAN JESUS CHRISTUSTotaalenalwegvertaalword”. Duidelik het die petisie-groep en ondertekenaars nie ‘n idee van die uitdaging wat die vertalers mee sit nie:

Die probleem kan kortliks geïllustreer word aan die hand van ’n voorbeeld. In Hosea 11:1 staan daar die bekende woorde (volgens die 1953-vertaling): “Toe Israel ’n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.” Dit verwys sonder enige twyfel na die twaalf stamme van Israel wat deur Moses uit Egipte uitgelei is. Dit is die gewone betekenis in die verband van Hosea 11:1, en in die 1953-vertaling is “seun” tereg nie met ’nhooflettergedruknie.VolgensMat-teus 2:15 bevat Hosea 11:1 egter ’n profesie wat verwys na die kind Jesus se terugkeer uit Egipte saam met Josef en Maria ná die dood van Herodes. Op grond daarvan het die vertalers in 1933/53 en in 1983 “Seun” in Matteus 2:15met’nhoofletterlaatdruk.Ditisegter onmoontlik om die teks in Hosea 11:1deurdiegebruikvanhooflet-ters vir die leser as ’n verwysing na Christusaanteduisonderverliesvandie gewone betekenis in die verband van Hosea 11:1. Dit gaan in die 2016 vertaling met ‘n voetnoot verduidelik word. (BSA)

Word Jesus uit die Ou Testament vertaal?

het, met elke deel van ons liggaam in diens van God staan, bereid en gereed om te doen wat Hy wil hê. Jy wil graag doen wat Hy wil hê, want Hy het jou as sy eiendom gekoop met die bloed van sy Seun.

Die uiteinde van diens aan God is die ewige lewe. Die beloning wat die sonde vir die mens se diens gee, is die dood; die geskenk wat God gee, is die ewige leweinChristusJesusonsHere.

4 LYNNWOORDE Herfs 2012

In die gemeente:Belydeniskamp Valize Scholtz

Ek is nou maar eenmaal ’n sucker vir ’n kamp. Gelukkig weet ek dat ek nie die enigste een is nie! Ek laat selde die kans verby gaan om op ’n kamp te gaan. Dit het beteken dat ek die voorreg gehad het om saam met die Gr.11’s op die Belydeniskamp te kon wees en om ’n groep jongmense te leer ken wat my opgewonde oor die toekoms maak.

Ons het die naweek van 4-6 Februarie by Bayete, net buite Nylstroom, gekamp. Die tema van die kamp het oor ons Geestelike lewensreise gehandel en die Vrydagaand het ons tyd spandeer om ons stories met mekaar te deel. Lofprysing was ook op die program en lekker laataand saamkuier.

Saterdag was ’n lekker besige dag. Tussen oggend stiltetyd, lofprysing, Open Space-gesprekke saam met die predikante en die hindernisbaan van alle hindernisbane het die dag verbygevlieg. Saterdagaand was spesiaal op baie maniere. Die jongmense het in klein groepies saam met ons gesels oor onderwerpe soos vriende, ’n lewe van uitreik, identiteit en invloed. Ons het soveel mooi stories gehoor en gesien hoe hulle mekaar telkens ondersteun en opbou. Ons het die formele program afgesluit met lofprysing om die kampvuur. Daarna was daar tyd vir nog kuier en heelwat later bietjie middernagtelike oefening vir diegene wat gesukkel het om te slaap.

Sondagoggend was daar tyd vir nog bietjie lofprysing en ’n paar formaliteite voordat ons weer in die pad moes val om Maandag weer ons kant in die soutmyn te bring. Dit was miskien ’n kort naweek, maar spesiaal was dit verseker.

So hoekom is ek so ’n sucker vir kamp? Daar is baie redes. Dis lekker om te sien hoe jongmense hulself ontdek deur uit-dagings op hindernisbane. Dis goed om soms weer in God se skepping te wees, weg van selfoonsein, DSTV, Face-book en Playstation. ’n Kamp skep ’n spasie vir laataand gesprekke en saam bid, wat ons op geen manier geskep kry nie. En ’n kamp is ’n geleentheid vir saam eet wat so ’n groot deel van ons ervaring van community is. En kampe is doodeenvoudig net lekker!

Die eerste kwartaal bly maar ’n besige tyd op Nuwe Generasie se program. Daar is kategese wat aan die gang moet kom, nuwe leiers om tou-wys te maak, ’n 100 dinge om in plek te kry vir die jaar,kampeomtereëlendannogbelydenisafleg-ging. Soms dink ek ons staan nie lank genoeg stil bydiewaardeenbetekenisvanbelydenisafleg-ging in ons almal se lewens nie.

Op 29 Januarie het omtrent 30 jongemense gekies om belydenis af te lê (daar is deur die loop van die jaar nog 2 geleenthede waarby hulle belydenis kan aflê).Enditwassoosaltyd’ngrootgeleentheid– die kerk was stampvol, al die familie en vriende was daar en die jongmense wat belydenis afgelê het was almal uitgevat in hulle beste uitrustings.

Ekdinkdieuiterlikemooireflekteerietsvandieinnerlike mooi van so ’n geleentheid. Dis lekker om te sien hoe ’n klomp jongemense steeds deelneem aan hierdie baie ou gebruik van die NG Kerk. Ten spyte van die feit dat Godsdiens oor die algemeen nie meer ’n prioriteit in skole is nie en die NG Kerk kerk nie meer so sterk soos altyd lyk nie, kies hier-die jongmense om te bely wat hulle glo.

Hulle kan terugkyk op ’n jaar waarin hulle kon groei in kennis, geloof en karakter. En nou kan hulle erken hulle is steeds besig om te groei, maar hulle het genoeg van God geleer en beleef om te kan bely dat Hy Heer oor hulle lewens is. My droom vir elkeen van die jongmense wat belydenis afgelê het is dat hulle nou gaan leef wat hulle bely het. Maar meer as dit, hoop ek dat hulle be-lydenisse ons opnuut sal inspireer om aan te hou leef wat ons ook iewers in ons lewens bely het.

Leef jou BelydenisValize Scholtz

Herfs 2012 LYNNWOORDE 5

CARITAS fokus op JAKARANDA KINDERHUISAmanda Gazendam

Jakaranda Kinderhuis, in East Lynne Pretoria, het in 1987 tot stand gekom. Die Kinderhuis versorg tans 250 kinders tussen die ouderdomme van 18 maande en 18 jaar wat deur ’n hofbevel uit hul ouerhuis verwyder is, óf wees gelaat is. Die kinders is ingedeel in groepe van 13, en leef as groep saam met een of meer huisouer, in een van 18 huise.

Verskeie kerke, onder andere NG Lynnwood, het ’n Sino-dale onderneming aangegaan ten opsigte van die gedeeltelike versorging van ’n huis met kinders. Die Staat voorsien slegs in 35% van die jaarlikse begroting. Huis 6 is aan ons gemeente toegesê. Daar woon tans 13 seuns tussen die ouderdomme 7 – 18 jaar.

Jakaranda Kinderhuis bied aan kinders ’n tuiste waar hulle behalwe voedsel ook sekuriteit, stabiliteit, die nodige tera-pie, en onderrig in lewensvaardighede ontvang. Huis 6 se kindersneemookaktiefdeelaanskolesport,fietsry,duik,visvang, boogskiet, kuns en dieretuin vakansie programme. Ons is baie trots op Frans (17jr) wat hierdie jaar aan die Argusfietswedrendeelgeneemhet!

Met bydraes uit Lynnwood kan ons altyd tekorte aanvul soos vars produkte, matriekafskeid klere en kaartjies, ekstras vir uitstappies, ens. Hierdie maand kon ons ook nuwe duvets vir al die seuns koop. Die grootste leemtes bly egter die behoefte aan naweek- en/of vakansie-ouers vir al die kinders van Huis 6, en om die kleintjies te help met hulle huiswerk op Dinsdae, Woensdae en/of Donderdae vanaf 14.30 - 17.00. Skakel gerus vir Rosemary Fourie: [email protected] / 072 6863 210.

Die geestelike versorging van al die kinders word deur ds. Maartje van der Westhuizen (Zander se vrou) hanteer. Haar 5/7 pos as leraar by Kameeldrift gemeente word om die helfte spandeer by die Kinderhuis. Hierdie deel van haar salaris word vanaf 2012 in totaliteit betaal deur borg-skappe uit verskillende gemeentes, waarvan NG Lynnwood een is. Indien u graag R100 per maand vir hierdie saak wil doneer kan u gerus vir Maartje kontak: [email protected]. Ons gemeente se Kersdag kollekte sal ook vanaf hierdie jaar uitsluitlik vir hierdie geestelike bediening aangewend word.

Die tehuis sal in September 25 jaar oud wees! Baie dankie aan almal wat ons al vir baie jare getrou ondersteun! Aan God die eer!

Jong Volwassenes kosaandHannelie Labuschagne

NG Lynnwood se Jong Volwassenes, of beter bekend as die JV’s, het besluit om dinge bietjie anders te doen hierdie jaar. Dit was dus nodig om ’n groot afskop te hê om die jaar mee te begin. Die belangrikste bestanddele sou wees ’n geleentheid vir lekker interaksie (oftewel social), en natuurlik lekker kos en goeie wyn! Daar is met ’n paar idees rondgespeel, en op die ou end het ons besluit op ‘kosmaak-stasies’. Die ongeveer 30 mense wat die aand in Februarie daar was, is ingedeel in 5 verskillende groepe wat elkeen ’n gereg moes maak. Elke groep het by hulle tafel ’n resep gekry, met al die nodige bestanddele. Die verskillende happies het ingesluit: Val se kofta kebabs met tzatziki, Hannelie se klein pannekoeke met vulsel, Stevie sesushirys,PeetsekleinCaesarslaaieenFaysedips&dippers. Party spanne het bietjie meer challenges gehad as ander… Witsous vir ’n vulsel raak bietjie soos krummelpap as mens dit ver-agt-dubbel. En die pastorie se oond moes diens doen toe die kerk se oond nie heeltemal die mas wou opkom met die slaai-bakkies en pitta crisps nie! Maar op die ou end was al die geregte gereed en op die tafel. Wel, nie vir baie lank nie… Na so baie kosmaak word mens nog-al honger, en die tafel is baie vinnig leeg geëet! Al die kos was vrek lekker. Daar was net bietjie gemengde opinies oor die beet-dip. Want party mense (lees Val) dink nie beet tel regtig as iets wat geëet moet word nie!

Wat die res van die jaar se planne betref, is daar besluit dat ons sommer elke maand iets gaan doen. ’n Aand-’n-maand. Elke eerste Donderdag van die maand gaan daar ’n social van een of ander aard wees. Maart-se-aand het ons by Toni’s gaan pizza eet. Die volgende een in April, gaan ’n cocktail-aand wees. So watch this space vir al die lekker dinge wat die JV’ nog gaan aanvang hierdie jaar!

In die gemeente:

6 LYNNWOORDE Herfs 2012

Herfs 2012 LYNNWOORDE 7

Immanuel van Tonder

Die koerante gons met hoofopskrifte oor Belhar. Wat is Belhar en waaroor is die bohaai dan?

Die Belydenis van Belhar is ’n belydenis wat een van ons sogenaamde “dogterskerke” naamlik die NG Sending-kerk(noudeelvandieVGK)opgestelhetinʼnkritieketydvan die geskiedenis van die kerk en die Suid-Afrikaanse samelewing. Belhar is woorde uit die hart van ons “familie”, daarom is dit nodig om ten minste te hoor wat in hulle harte geleef het.

Belhar kry sy naam van die gebied in die Kaap, Belhar, waar die Sinode van die destydse NG Sendingkerk verga-der het om die Belydenis goed te keur(1982 en 1986).

Die konteks waarin die belydenis ontstaan het was onder andere na die NG Kerk in 1974 die dokument “Ras, Volk en Nasie” goedgekeur het waarin aparte ontwikkeling as Bybelse voorskrif gesien is. Die NG Kerk het al van 1949 af met “Ras, Volk en Apartheid” hom teologies beywer vir gedwonge skeiding van volke. Die hartseer verskeurdheid van die NG Kerk familie het ook ’n rol gespeel.

Belhar reageer teologies op die politieke implikasies van die NG Kerk se teologie omdat dit die integriteit van die Evangelie aangetas het. In hierdie tyd het die NG Sen-dingkerk geroepe gevoel om hulle geloof te verwoord in die konteks.

Hulle het oor drie temas hulle geloof bely: Eenheid, Gereg-tigheid en Versoening. Telkens word die teologie van die tema eers behandel (met heelwat teksaanhalings). Dan word opmerkings oor die praktyk gemaak en dit eindig elke keer met iets wat verwerp word. Die NG Kerk se Algemene Sinode het in 1998 en 2004 gesê dat daar teologies nie fout met Belhar te vinde is nie.

Ek dink persoonlik dat een van die grootste redes hoekom sommige mense negatief is oor die Belydenis van Belhar, is omdat hulle dit self nog nie gelees het nie. Mense se beoordeling vind baie keer plaas vanuit foutiewe persep-

sies en politieke vooroordele. Die Belydenis is beskikbaar op ons gemeente se webblad by die Predikante Blogs of Google dit sommer. Kyk byvoorbeeld hoe Belhar juis in ons tyd hom profeties uitspreek vir vandag se minderhede en mense wat ongeregtigheid beleef!

Sommige mense is “teen” die Belydenis van Belhar omdat hulle verkeerdelik dink dat dr Allan Boesak die Belydenis opgestel het. Die Belydenis van Belhar is byna volledig deur een van Suid-Afrika se top teoloë geskryf: prof Dirkie Smit van die Universiteit van Stellenbosch. Prof Jaap du Randt het ook gehelp. Dr Boesak was wel deel van die komiteewatfinaalaandiebelydenisgeskaafhet.

Die Belydenis van Belhar is so relevant vir die tyd waar-in ons leef dat verskeie kerke reg oor die wêreld al die Belydenis as een hulle belydenisskrifte aanvaar het! Ander denominasies is besig om die Belydenis te ondersoek en te beoordeel.

Belydenisvorming kan nie iets wees wat net in die stoere verlede plaasvind nie. Ons is geroep om vandag nog te ge-tuig oor God drie-enig (inleiding van die Belhar Belydenis) en wat dit vir ons lewe elke dag beteken.

Die Algemene Sinode van die NG Kerk het in 2011 met ’n oorweldigende meerderheid (90%) besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG Kerk se belydenis-grondslag te maak en het dit aan die moderamen opgedra om ’n proses in werking te stel. Niemand sal egter “gedwing” word om die belydenis te aanvaar nie. Dit staan leraars en lidmate vry om nie die Belydenis te aanvaar nie en steeds lidmaat te wees.

Ek hoop dat die Bohaai oor Belhar die Bybelse Boodskap van eenheid, geregtigheid en versoening sal laat weerklink! Ons mag nie ’n verskaalde evangelie verkondig wat net fokus op die vertikale verhouding met God sonder om die horisontale implikasies te verreken nie. God se droom is om hierdie wêreld nuut te maak. Laat U Koninkryk hier in Suid-Afrika kom!

Bohaai oor Belhar

Om van geweet te weesEffektiewe kommunikasie is een van die grootste boustene van gemeentewees. Die afgelope paar weke het ons probeer om ons data op datum te kry sodat ons meer effektief deur middel van elektroniese- en/of slakkepos kan kommunikeer. In die 4 weke wat die data by die eredienste beskikbaar gestel is, het 227 lidmate hulle data opda-teer. Wat ook verblydend is, is dat 23 mense as lidmate “ingeskryf” het wat vroeër net die eredienste bygewoon het. Indien u nie u data kon opdateer nie, kan u net die kerkkantoor skakel om u data te bevestig.

Ons gemeente het tans 3000 lidmate met 1150 besoekpunte van regoor Pretoria. 24% lidmate woon buite ons gemeente grense.

Mag elkeen hier ’n geestelike tuiste vind.

L’CHAYIM TO LIFE Lindy Jordaan

Wat ’n voorreg om op 8 Maart vir die laaste keer saam met Johann Voges en Lewenskuns ’n heildronk op die lewe te drink. Maar wat is die lewe?

Lewe, liefde, sonde – ons almal het dit, maar almal weet nie altyd wat dit is nie. Waar begin dit? Die antwoord hang af vanvirwiejyvra.’nDokter,’ndominee,’nfilosoofsalelkeenmet ’n ander hoek die vraag benader.

Wat Johann egter mooi verduidelik het is dat die Ewige Leweniegelykisaanonsterflikheidnie.Alhoewelmenseoor die algemeen al hoe langer lewe, is die eindpunt van die dood egter steeds ’n eindpunt. “Eternity” is nie ’n begrip wat ver is of nog in die toekoms is nie. Dit is iets wat behoort aan mense wat in die oomblik lewe. Die mens is wel verganklik. Asjyonsterflikwouwees,soujydieoorsakevandiedoodsoos ouderdom, siekte en trauma moes oorkom. Iets wat ons tot vandag toe nog, nie kon reg kry nie.

Oor die lewe na die dood, het byna alle godsdienste iets te sê. Die meeste gelowe is van mening dat die lewe nie ophou nadiedoodnie.SowasdievroeëChristenebaieliefdaar-voor om die pou as simbool van die Ewige Lewe te gebruik. Elke jaar gooi hy al sy vere af, om die volgende jaar net nog mooier te pronk. Sy vleis verrot ook nie maklik na sy dood nie.

Johann het ons op ’n reis deur die Bybel gevat en gewys hoe die Ewige Lewe eerder verwys na die kwaliteit van ver-houdinge. Eva, die moeder van die lewe kies in die Paradys nie net tussen goed en kwaad nie, maar ook vir die dood. Kain het disrespek gewys vir die lewe, gevlug en op die ou end ’n swerwer geword. A.g.v. dinge wat Lameg gedoen het, word sy lewe eerder korter in skerp kontras met die begrip Ewige Lewe. Dit is duidelik dat die lewe mense amper ontwyk, juis a.g.v. die dinge wat hulle doen. Moses het met die wet die Israeliete weer voor ’n keuse gestel:” Wat wil jy maak met LEWE?”. In die Nuwe Testament maak Jesus dat die mens wat die dood gekies het in die Paradys, weer kan lewe!

Johann het afgesluit met ’n verduideliking van God se naam in Hebreeus. YWHW. Dit is onmoontlik om God se naam uit te spreek sonder vokale. Later is daar vokale bygevoeg om die naam YEHOWAH te vorm, maar miskien het God juis bedoel dat mens nie bloot net kan sê EK IS nie, maar dat jy eerder die klanke net moet “lees”. As mens die klanke in Hebreeus sê: YOD-HEH-VAV-HEH klink dit soos asemhaal. As mens dood gaan, blaas mens letterlik jou laaste asem uit. Jy kan nie lewe sonder om asem te haal nie. As jy egter God se naam sê, sê jy dus EK LEWE. Hoe wonderlik is dit nie dat God selfs in sy naam gekies het om die lewe te vier nie? Mag jy êrens deur die dag of selfs vanaand in die bed as jy rustig asemhaal, die lewe deur jou voel bruis en God ervaar! God is Lewe!

8 LYNNWOORDE Herfs 2012

LEWENSKUNSDROOM VIR 2012

Lindy Jordaan

Ons gaan hierdie jaar kyk of Donderdae nie beter werk vir Lewenskuns nie. Een van die hoofredes hiervoor is omdat Adoramusdienste op Woensdae is. Hoofsaaklik is die byeenkomste ook net een maal ’n maand behalwe as die inligting twee dae regverdig. Ons poog ook om temas by die kwartaaltemas te laat inpas.

Daar sal hierdie jaar ook weer ’n Stadsretreat wees. Ons gaan dit van 1 - 3 Junie aanbied en sms en e-pos kom-munikasie aanwend om inligting deur te gee.

Aandieeindevandiejaarwilons’nCDuitgeewatmense kan gebruik om Kersfees saam te vier.

Lewenskuns

Dit lyk asof “vroue in die bediening” die nuwe kodewoord by Lynnwood is. Sedert Fay van Eeden laasjaar by Lynn-wood aangesluit het, het ons vir Sanri Malan, wat tans haar gemeentejaar doen, bygekry en die twee poste in die jeugkantoor is ook albei deur die skoner geslag gevul. Op die oog af is daar ’n sterk kontras tussen die twee dames – die een blond en die ander donker. Maar wanneer ’n mens hulle harte ken, besef jy daar is baie ooreenkomste.

Jani Doms is verantwoordelik vir al Nuwe Generasie se administrasie. Sy het grootgeword in ons gemeente en was deel van verskeie gebeurtenisse in Nuwe Generasie oor die afgelope paar jaar. Maar die Hoërskoolkamp waar ons gaan “river raft” het op die Vaalrivier en die Sokker Wêreldbeker-uitreik staan vir haar uit. Tans is sy besig met haar eerste studiejaar in dieetkunde aan die Universiteit van Pretoria.

Jani is passievol oor mense en diere, kosmaak (dit kan dalk ’n moeilike passie wees om met ’n graad in dieet-kunde te kombineer), die natuur en uitreik. Wanneer ’n mens sien hoe mooi Jani mense hanteer is dit nie moeilik om te glo dat sy ’n passie vir mense het nie. Net soos Jani met passie leef, is dit ook vir haar lekker om te sien hoe ander passievol is oor dinge wat hulle aanpak – en dis wat haar opgewonde maak oor die kerk.

Doret Müller se posbeskrywing sê sy is ons bedienings-koördineerder, maar dis eintlik maar net ’n mooi manier om te sê Doret val in en doen wat ons op daardie stadium iemand voor nodig het. ’n Belangrike deel van haar take is om om te sien na Nuwe Generasie se uitreike en al die los drade bymekaar te hou, want in 2012 is Nuwe Generasie besiger as ooit.

Doret is tans ’n sesdejaarstudent in Teologie aan die Uni-

versiteit van Pretoria (sy is eintlik in die Hervormde Kerk – maar ons sal haar daarvoor vergewe). Dit is waarskynlik ook belangrik om te noem dat Doret ’n Weskus-meisie is – sy het groot geword in die dorpie Dwarskersbos. En sy hou van hardloop, maak nie saak waar nie, solank sy net so ver as moontlik kan hardloop.

Doret is opgewonde om deel te wees van die kerk omdat sy glo dis ’n tyd waar die kerk moet heroorweeg en nuut dink om relevant te wees en waar die fokus weer op God se koninkryk val. En sy is opgewonde oor jeugbediening omdat dit ’n bediening sonder grense is en daar geen einde aan die hoop en moontlikhede is nie.

In die rukkie wat sy by Lynnwood betrokke is was sy reeds op twee kampe en het die gebruiklike ontgroening onder-gaan. Ten spyte van haar nadere kennismaking met iemand genaamd Simba, sien sy steeds die kampe as hoogte-punte van haar betrokkenheid by Lynnwood. Kampe is vir haar spesiaal omdat dit geleentheid bied om saam om ’n kampvuur te sit en te kan droom en harte deel.

Hierdie dames is ook albei maar net mens en soos enige normale mense het hulle ook dinge waarvoor hulle bang is. Die een is bang vir paddas en die ander vir spinnekoppe – wie waarvoor bang is sal julle maar self moet gaan uitvind.

EBONY &IVORYDIE DAMES IN DIE JEUGKANTOOR Valize Scholtz

Lewenskuns

Herfs 2012 LYNNWOORDE 9

10 LYNNWOORDE Herfs 2012

Alles op CD of DVD!Langspeelplate, 78’s, klankkassette, video’s

(bv trou- en vakansievideo’s) Kleurskyfies en foto’s

CD-snitte omgeskakel na MP3012 542 1449

Marié: 083 611 0317 Chris: 083 604 8167

REKENINGKUNDE

KLASSE Gr 8 - 12 Lucille Groenewald

072 238 5185 / 012 361 5475

O/ZEROTREEFELLINGCC

BOOMSLOPING en snoei van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992

PRETORIA CENTRAL ADULT EDUCATION CENTRE NG KERK Lees- en Skryfklasse by

NG LynnwoodMary Kwebane

The learners at AET NG Kerk have worked very well last year. Five wrote Level 4 exams on November 2011, four have passed and one failed. All Level 1 – 3 wrote test and they have receivedtheircertificate.

We have a learner at our centre who is going to write Matric exams May – June 2012. She passed all the subjects that she wrote at Level 4 last year. We would like to thank the church to give us the opportunity to help people who need to uprade their education.

We are very proud to work together as a team to eliminate illiteracy at our community.

AET Staff

Herfs 2012 LYNNWOORDE 11

Johann en Mart Voges groet NG Lynnwood het dr Johann Voges en gesin op ’n spesiale manier na bykans 30 jaar in die gemeente op 25 Maart tydens die oggenddiens gegroet.

Die foto’s vertel die storie...

12 LYNNWOORDE Herfs 2011

HEMELVAART Johan Jooste

Toe ek afskeid wou neem van God was Hy nie tuis nie.Stef Bos

Hierdie opmerking van Stef Bos laat my baie dink, want dit sê soveel van God .... en my soeke na Hom. Soos dat ek nie regtig van God kan afskeid neem nie, dat God nie noodwendig daar is waar ek soek nie, ....

Waar is God? Nou met “hemelvaart” dink mens weer daaraan.

In die Bybel word hierdie vraag op baie maniere beantwoord. Hy woon in die hoogte én by die nederige van hart, staan dit mooi op een plek. En so is daar baie ander antwoorde, want een is nie genoeg nie. Daarvoor is die misterie te groot.

Al die maniere van antwoord is maar beelde, metafore, want hoe anders kan ons oor God praat?

Seker die mooiste metafoor hieroor is dit wat ons Sondae bely:... opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God ....

En net soos met Stef Bos se sinnetjie kan ek oor hierdie beeld-spraak baie lank nadink, want dit probeer sê waar Jesus is, waar God is, hoe die wêreld nou is.... Soos alle goeie metafore nooi dit ons diepste gedagtes uit.

Lukas gee vir ons ’n tydsaanduiding en ’n plekaanduiding. Maar gou besef mens dat dit nie regtig oor tyd en plek gaan nie, maar oor die betekenis en gevolge van Jesus se koms na ons. Veertig dae na Jesus se opstanding volg die hemelvaart, ver-duidelik Lukas. Veertig! Die aanduiding van hoop en verwagting, van verandering en inkeer voor die begin van die nuwe: veertig dae in ’n ark op die waters van chaos voordat ’n nuwe wêreld ontwaak; veertig jaar in die woestyn voor Kanaän bereik word; veertig dae wat Elisa voor Esébel uitvlug voordat God sy mag toon; veertig dae wat Jona vir Nineve die geleentheid gee om tot inkeer te kom, veertig dae in die woestyn waar Jesus versoek word, en dan, veertig dae voordat die wêreld nuut word omdat Jesus daaroor regeer.

Ook die plek is meer as lokaliteit. Jesus is nou by God. Maar waar is God? In die hemel, sê die metafoor. En waar is dit? Daar waar jy nie self kan kom nie, maar as jy daar is, sal jy God daar vind. Die hemel is daar waar God is.

Die plek word nog nader beskryf. Jesus is nie net by God nie, Hy sit aan die Regterhand van God. Dit is waar die regeerder langs sy koning sit, weet die mense van die Bybelse tyd.

Dit vertel hoe God die wêreld regeer. Hy regeer op Jesus se manier. Jesus was toe reg: Die sagmoedige sal – van alle dinge! - die aarde beërwe.

PRISMA WATERl Gesuiwerde minerale water!

l GEEN bakterieë, swaar metale, skadelike chemikalieë! (hormone uitgehaal)

l Bring jou eie houers en hervul vir net 70c per liter!

l Suiweraarsenfilterstekoop

l Gebottelde water ook beskikbaar teen goeie pryse: 330ml @ R3-00 elk 500ml @ R3-50 elk 5 Liter @ R10-00 elk 10 Liter (met kraantjie) @ R130-00 elk 25 Liter (met kraantjie) @ R150-00 elk Dispenser hervullings @ R20-00 elk

Johan en Joan Kriek Lynburnstraat 69, Lynnwood [email protected]

Die troos dat God regeer is welkom, want wie vrees nie by geleentheid die magsmense rondom ons nie, mense wat glo dat hulle die geskiedenis kan verander en ander daarvoor mag misbruik. God se regering is anders. Dit gebeur in die vreemdheid van die liefde.

Soveel liefde is daar in sy regering dat Jesus nie net bly sit aan die Regterhand van God nie. Lukas vertel van die keer toe Jesus opgestaan het. Toe Stefanus gestenig is, roep hy uit dat hy Jesus langs God sien staan! Soveel gee Hy wat regeer vir ons om dat Hy in medelye vir ons opstaan.

Daarom bid ons en weet ons dat Jesus ons gebed aan God deurgee sodat ons klein gebed ons inspraak gee in God se groot regering van die wêreld.

God was nie tuis nie, sê Stef Bos.

Waar is God dan? Waar is die hemel?Daar waar dit hemel is, daar is God.Daar waar God is, daar is dit hemel.So bely ons.

Terloops, ek wou jou nog vra: Is jy tuis?

KAALKOP DOMINEES

Vars swart en groen olywe uit die Noord-Kaap te koop

om self in te maak. Oestyd: April

R30.00 per kilogramPlaas bestellings by

[email protected] of kontakCornelia0829031427.

Lynnwood het Saterdag 3 Maart deelgeneem aan Kansa se 9de landswye Shavathon! Meer as 300 werksplekke en organisasies en 200 winkelsentrums het hierdie jaar deelgeneem. Kansa hou jaarliks ’n Shavathon om fondse in te samel vir mense wat deur kanker geraak word en speel ook ’n groot rol in kankernavorsing.

Lynnwood se Nuwe Generasie het die ingang van Glenfair Boulevard oorgeneem en almal voorgekeer en aange-moedig om deel te word van hierdie dag. Jy kon deel word op drie maniere: deur ’n donasie te maak, deur jou hare te laat kleur, of vir die waaghalse, deur al jou hare af te skeer. Ons is trots om te sê dat die dominees van Lynnwood nie bang was vir die knipper nie.

Herfs 2012 LYNNWOORDE 13

Die feit dat die bus laat was omdat die busbestuurder by die Kerk en nie by Lynnwood-Oord gewag het nie, kon nie die entoesiasme en die geesdrif van die uitstappers demp nie. Die opgewondenheid was tasbaar toe ons deur die hek van die Botaniese Tuine bondel. En dit gratis en verniet. Soos Prof Samuel gesê het – dankie vir die verantwoordelikes. Getekkie en gehoed kies elkeen sy eie rigting en teen sy eie pas. Waar die waterval in die dam neerstort, sit ’n groepie rustig en gesels en geniet die natuur. Ek stap verder met die Dassie Wandelpad op tot waar die waterval afstort. Pragtig, rustig en vredig. Net die regte atmos-feer vir T-tyd.

Gegewe my ouderdom, kies ek koers na die Medisinale Tuin by die Ndbele-

Alhoewel Lynnwood by ’n kleiner winkelsentrum was, is daar meer as R15 000 ingesamel. Dankie vir almal se energie en ondersteuning. Dit is een dag uit jou lewe waar jy dalk bietjie in die son rondhardloop of jou hare blou kleur, maar dit dra by tot die somtotaal van amper R700 000 wat net in Pretoria vir Kansa ingesamel is.

Die Shavathon is een praktiese manier hoe ons onder-steuning wys aan soveel mense in ons gemeenskap wat ly aan kanker, mense wat self kanker het of wat geliefdes weens kanker verloor het. Ons span het die dag baie geniet en sien uit daarna om in die toekoms weer betrokke te wees.

Kansa se Shavathon! Doret Müller

sentrum op soek na ’n kuur vir die aches en pains. Die Sangoma se versameling plante vir sy Doepa is verstommend. Ongelukkig was hy nie beskikbaar nie. In die tuin is daar egter ’n plant vir elke kwaal. En daar kry ek die perfekte plant. Die Eu-comis autumnalis – die medisinale pynappelblom. Dit help net mooi vir alles: beenbreuke, blaasprobleme, maagpyn, koliek, rugpyn, koors, hoes en verkoue – en selfs vir ’n hangover? Ek het besluit ek gaan die Eucomis autumnalis plant en as dit groei, nooi ek jou vir ’n lekker gesonde koppie tee wat ek van die blare gaan maak! En weg is al ons kwale! Ek oorweeg ook om die xerophyta retinervis, oftewel die bobbejaanstert te plant. Al skuur ek nie meer potte nie, kan ek tande-borsels daarvan maak en verkoop.

BESOEK AAN DIE BOTANIESE TUINE San van der Vyver

Hulle sê: All plants have secrets, wise people know which plants to grow!

By die restaurant eet ek heerlike pannekoek. Hulle het ongelukkig nie Marog op die spyskaart gehad nie.

Ons sal beslis weer moet gaan, want ek het nie naastenby by alles uit-gekom nie. Sal graag rustig die brood-boomversameling wil bewonder.

14 LYNNWOORDE Herfs 2011

Waar begin mens vertel van God se genade, want daar is geen begin of einde nie. Dis vandag al die 4e Maart en hoewel die kamp reeds bykans 3 maande gelede plaasge-vind het, is die herinneringe van die kamp nog vars in my geheue asof ons net gister teruggekom het.

Alles het begin toe Nuwe Hoop Skool se ouers gevra het dat die graad 7- leerders eerder by die laerskool moet inskakel soos wat dit nog altyd praktyk in die hoofstroom-skole is. Ek en my baie goeie vriendin, wat ook die Fasehoof is van die intermediêre fase, het eendag aan die gesels geraak oor al die implikasies wat hierdie skuif sou meebring. Een van die dinge wat ek besef het, was dat ons seker ook nou ’n leerlingraad uit die graad 7-groep sal moet kies en dan is ’n leierskamp nodig.

Ek was vreeslik opgewonde toe ek gevra is om die kamp aan te bied. Ek was reeds twee jaar besig om materiaal vir kampe te skryf en dit was die voet-in-die-deur wat ek lank reeds voor wag, of so het ek op daardie stadium gedink. Ek was toe nog totaal onbewus van hoe groot God se plan werklik is. Ek het gereken dit sal geen moeite wees om hier-die kamp aan te bied nie, want al die materiaal is reeds reg. Ek moet dit maar net bymekaar sit en in ’n boek bind.

Ek het begin skryf aan die boek, sodat die materiaal vloei en ’n eenheid vorm. Soos ek skryf het die wonderlikste idees na vore gekom en ek moes my vriendin meedeel dat iets besig is om te gebeur wat nie uit myself kom nie. Ek kon egter nie meer die materiaal gebruik wat ek gehad het nie. Soos ek geskryf het, het ’n hele nuwe storie voor my oë ontvou. Alhoewel ek reeds daarvan bewus was dat iets groot besig was om te gebeur, het ek die ware omvang van die storie eers heelwat later besef.

Ek was verantwoordelik vir al die leierskapontwikkelingsma-teriaal en aktiwiteite. Omdat my vriendin bewus was van my besige skedule by die skool, het sy gevra dat twee ander personeellede die 2 aande se Bybelstudie sou voorberei. Sy het ’n predikant gekry om Sondag se kerkdiens vir ons te lei. Beide aande se Bybelstudies het presies gepas by die temas wat die twee dae aangebied was. Dit terwyl ek nie vir een van hulle gesê het wat die inhoud van my materiaal was nie.

Sondag kon ek nie meer die trane terughou toe dominee Sebastiaan presies die hele kamp in ’n neutedop vasgevang het in sy uurlange preek nie. Ek het na die tyd vir hom gevra of iemand vir hom my boek gestuur het. Sy antwoord was dat hy glad nie bewus was van enige materiaal nie en dat hy deur die Heilige Gees gelei is om God se storie met ons te deel.

As iemand nie verstaan hoe mense die Bybel geskryf het, ter-wyl dit deur God geïnspireer is nie, dan kan ek vandag getuig hoe ’n groot voorreg dit is om deel van God se storie te wees.

Terwyl ek die materiaal geskryf het, was daar talle kere wat ek handdoek wou ingooi, wat ek te moeg was om uit die bed te klim, maar ek het vasgebyt en dit klaar gemaak. Eers Sondag na dominee Sebastiaan se preek het ek besef die kamp was deur mense voorberei en aangebied, maar dit was God se kamp, God se storie – God het hierdie kamp geïnspireer.

Nuwe Hoop Skool se leerders is onlangs in ’n baie negatiewe lig geplaas deur onnadenkende uitsprake van mense. Daar is egter verskoning gevra, maar tog was die skade aan ons kinders groot en sal moeilik, indien ooit, herstel kan word. (Jak 3:5-9)

Die Kerk het ’n projek geloods “Vind God op onwaarskynlike

VIND GOD OP ONWAARSKYNLIKE PLEKKEIlze du Plessis

In die gemeenskap:

plekke”. Gemeentelede word uitgenooi om hulle kameras oral saam te dra en elke oomblik vas te vang waar hulle God sien. Toe ek vandag die afkondigingsblaadjie lees pik ek weer ’n traan weg toe ek besef hoe geseënd ek is. Nuwe Hoop Skool is vol prentjies wat God uitstraal. Ons wil so baie keer God in volmaaktheid soek, in asemrowende mooi beelde en wonders wat ons verstand te bowe gaan. Ons vergeet dat God meer is as ’n pragtige blom, ’n beeldskone natuur en ’n volmaakte skepping. Wat in menslike oë en persepsies as onvolmaak gesien word, is perfektheid in God se oë. Niemand op hierdie aarde is per ongeluk hier nie. Niemandis’nfoutof’nflopnie.Selfsdiekindwatdeursy/ haar ouers gesien word as ’n glips en heel onbeplan, is 100% deur God beplan. Lees die Vader se liefdesbrief as jy steeds onseker is.

As ek deur Nuwe Hoop Skool stap, kan ek in elke opregte glimlag God sien, en ek dank God vir die voorreg om hier te werk... want ek beleef elke dag ’n stukkie Hemel.

EGSKEIDINGSBEGELEIDING Petro Barnard

Mens leer uit jou foute – die praktyk bewys dat dié stel-ling nie noodwendig waar is ten opsigte van egskeiding nie, statistiek bewys dat meer tweede huwelike deur egskeiding beëindig word as eerste huwelike. Redes hier-voor is onder meer dat persone weer in die huwelik tree weensfinansiëleredes,omdathulleniekanssienvirdieverantwoordelikheid van enkelouerskap nie, om die nega-tiewe uitsprake van die eerste huwelik te neutraliseer, uit vrees vir eensaamheid, die veroordelende houding wat geskeide persone soms ervaar, ens.

Voorts word die uitspraak dikwels gehoor dat: “egskeiding erger is as die dood.” Groeplede beaam dié stelling deurlopend tydens die groepwerkbyeenkomste. Hoewel persone wat deur egskeiding geraak word ook deur die rouproses beweeg, kry hulle dikwels nie die ondersteu-ning wat persone wat deur die dood van naasbestaandes geraak word nie, omdat die mening dikwels gehuldig word dat egskeiding ’n keuse is. Egskeiding mag nooit ’n eerste keuse wees nie maar soms is dit ’n enigste keuse. Persone in dié omstandighede het die ondersteuning en begrip van die gemeenskap net so nodig aangesien hulle dikwels dan reeds vir jare in traumatiese omstandighede moes oorleef.

Die egskeidingsberaadgroepe wat deur ds. Pieter Oost-huizen en mev. Petro Barnard, maatskaplike werker, aangebied word fokus dus op twee kritiese aspekte:

1) die terapeutiese verwerking van die egskeiding en 2) persoonlike bemagtiging en die aanleer van verhou-dingsvaardighede met die oog op die voorkoming van mislukte verhoudings en daarmee saam tweede egskeidings. Die egskeidingsberaadgroepe het ook ten doel om groeplede in staat te stel om mekaar emosioneel te ondersteun en op die langtermyn vir mekaar ’n steun-stelsel te wees.

Temas wat tydens die byeenkomste aangespreek word sluit die volgende in: die verwerking van gevoelens en ge-beurewatmetdieegskeidingverbandhou,identifiseringen hantering van depressie, opbou van ’n positiewe self-beeld van die geskeide persoon en die kinders, kinders se reaksie op egskeiding, hantering van enkelouerskap en die verhouding met die gewese huweliksmaat, kommu-nikasie-enkonflikhanteringsvaardighede,impakvandiegesin van herkoms op ’n huweliksverhouding, kriteria vir risiko-verhoudings, komponente van ’n huweliksverhou-ding, impak van temperamentsverskille op ’n huweliksver-houding, ens.

Geskeide persone kry die geleentheid om die trauma wat met die egskeiding verband hou te verwerk. Hulle word toegerus om positiewe besluite te kan neem ten opsigte van nuwe verhoudings en kry die geleentheid om hulle menswaardigheid en selfvertroue te herstel.

Herfs 2012 LYNNWOORDE 15

16 LYNNWOORDE Herfs 2012

Ek en my man staan een middag voor ’n spreekkamertoonbank terwyl die ontvangsdame ’n probleem rondom ons afspraak probeer uitsorteer. Die verwysende dokter het nooit verduidelik vir wátter spoedeisende, maar lang, prosedure hy ons stuur nie, en dit is nou te naby aan huistoegaantyd om dit vandag te kan afhandel. Sy sien ek wil praat, luister eers. “Wag, toemaar,” sê sy in die telefoon. “Die tannie sê sy kan die oom tog wel vroeg more-oggend... ” En ek voel hoe die bloed na my kop styg.

Dis soms moeilik om skade aan jou ego te onderskei van “heilige veront-waardiging” oor ’n saak wat geldige morele implikasies het. Terwyl ek skryf, wonder ek steeds of dit nie tóg net oor eie sensitiewe tone gaan nie. Hoekom presies het ek my voor daardie toonbank so vererg?

Natuurlik is dit nie lekker om daaraan te dink dat jy oud word nie. Jou uitda-gings word groter, jou reserwes om dit te hanteer word kleiner, jy besef tyd, wat altyd so salig wyd om jou gestrek het, is eindig en jy wil nog baie doen. Jy ontken dit dus liewer so lank as moontlik. ’n Vriendin merk eendag op: “As ’n jong man vir my tannie sê, wonder ek altyd: hoe weet hy?” Nouja, in my geval raak dit al hoe duideliker dat mense weet. Maar in beginsel het ek geen probleem met die respekvolle oom- en tannie-aanspreekvorm waarmee ek grootgeword het nie. Dit is nie ’n belediging nie, net so min soos die petrol-man se “Gogo” een is. Dis miskien outyds-plattelands, maar stry, Pretoria is nog ná aan sy plattelandse wortels, en dis nie noodwendig ’n slegte ding nie.

Mense wat met die publiek werk, behoort professioneel op te tree, maar dis steeds nie die punt nie. Die betrokke ontvangsdame is bekwaam en hulpvaardig, maar haar vriendelikheid is gekleur deur paternalisme en ’n bietjiemeewarigegeringskatting.Virhaarwordonseerstensgeïdentifiseerdeur ons ouderdom, en daaroor het sy onwrikbare persepsies, al besef sy dit nie. Dis ’n geval van kleurvooroordeel. Net, die kleur hier ter sprake is grys.

Die tannie en die omieErika Theron

www.nglynnwood.co.za

MUUR VAN HERINNERINGBesoek gerus die Muur van Herin-nering met sy rustige atmosfeer, spuitfontein, bome en sitbankies. Dit is ook ’n veilige plek ter nage-

dagtenis aan afgestorwe geliefdes. Die koste beloop R2000 per nis

(enkel/dubbelplasing). Graveringskoste word addisioneel

gehef. Vir navrae kontak die kerkkantoor by 012 348 1245

(Ma - Vry 08:00 – 13:00).

STADSRETREAT1-3 Junie 2012

Jy word genooi om weer te oefen om te leef in die bewussyn van God se teenwoordigheid. Kry jou retreatgids gedurende Meimaand by

die kerkkantoor of op die gemeente se webblad by www.nglynnwood.co.za

In ’n ongepubliseerde humoristiese gedig vanCorliaFourieoorverkleinwoordjiesisdit wat sy oor die klein-maak van oumense sê, amper te skerp vir gemak:

“Die oumensies gaan vandag op ’n uitstappie,” sê die matrone van die ouetehuis.“Ag siestog, hulle sien so uit.”

Die eertydse dokter trek sy truitjie aan, Die sakevrou maak haar lippies rooi,Professor doktorsit sy hoedjie open neem sy sambreeltjie.Almal van hulle loopin hul kinderskoentjiesby die voordeur uit.

Gaan die liefde waarvan ons in die Bybel leer, nie ook oor die rááksien van ander en die respek vir hul menswees nie? Ek is oortuig disrespek en vooroordeel is die grondoorsake van byna álles wat in die kleine én die grote in Suid-Afrika en som-mer in die hele wêreld skeef loop.