LOFFIENUUS 8 6 Mei 2015 -...

7
8 Loffienuus 6 Mei 2015 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 8/2015 Webblad: www.gelofte.co.za Daar was ‘n tyd toe ons niks anders van ons kinders verwag het as om gehoorsaam te wees nie. In teenstelling hiermee verwag ons vandag alles van hulle, behalwe om gehoorsaam te wees. (Anatole Broyara) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2015. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 12 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-12) 13 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-7) 14 MEI HEMELVAART EREDIENS BY SKOOL OM 07:45 15 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 8-12) 16 MEI MINI-RUGBY TOERNOOI BY GELOFTE 20 MEI KOEKVERKOPING (GRAAD 12) 28 MEI HIP- EN HOPAAND (GRAAD 4-7) 3 JUNIE KOEKVERKOPING (PRIMÊRE LANDSDIENS) 8 JUNIE SEKONDÊRE EKSAMEN NEEM ‘N AANVANG 12 JUNIE PRIMÊRE EKSAMEN NEEM ‘N AANVANG 15 JUNIE SKOOLVAKANSIEDAG 16 JUNIE OPENBARE VAKANSIEDAG (JEUGDAG) 26 JUNIE RAPPORTE (GRAAD 1-3) 26 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE (11:00) 3. KLEREDRAG Let asseblief daarop dat slegs wit/grys kouse saam met die skoolsweetpak gedra mag word. 4. GEDRAG VAN ONDERSTEUNERS BY SPORT Ons het reeds oor ‘n groot aantal jare ‘n beroep gedoen op ondersteuners om nie opmerkings te maak teenoor skeidsregters tydens en na wedstryde nie. Dit kan die skool se beeld onberekenbare skade berokken. Gesien in die lig daarvan dat ons versoeke in hierdie verband op dowe ore val

Transcript of LOFFIENUUS 8 6 Mei 2015 -...

Page 1: LOFFIENUUS 8 6 Mei 2015 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/05/LOFFIENUUS8.6Mei2015.pdf · 8 Loffienuus 6 Mei 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2015 Webblad: ... Dames

8 Loffienuus 6 Mei 2015

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 8/2015

Webblad: www.gelofte.co.za

Daar was ‘n tyd toe ons niks anders van ons kinders verwag het as om gehoorsaam te wees nie.

In teenstelling hiermee verwag ons vandag alles van hulle,

behalwe om gehoorsaam te wees.

(Anatole Broyara)

Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2015. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 12 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-12) 13 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 4-7) 14 MEI HEMELVAART EREDIENS BY SKOOL OM 07:45 15 MEI STELWERKEKSAMEN (GRAAD 8-12) 16 MEI MINI-RUGBY TOERNOOI BY GELOFTE 20 MEI KOEKVERKOPING (GRAAD 12) 28 MEI HIP- EN HOPAAND (GRAAD 4-7) 3 JUNIE KOEKVERKOPING (PRIMÊRE LANDSDIENS) 8 JUNIE SEKONDÊRE EKSAMEN NEEM ‘N AANVANG 12 JUNIE PRIMÊRE EKSAMEN NEEM ‘N AANVANG 15 JUNIE SKOOLVAKANSIEDAG 16 JUNIE OPENBARE VAKANSIEDAG (JEUGDAG) 26 JUNIE RAPPORTE (GRAAD 1-3) 26 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE (11:00)

3. KLEREDRAG

Let asseblief daarop dat slegs wit/grys kouse saam met die skoolsweetpak gedra mag word.

4. GEDRAG VAN ONDERSTEUNERS BY SPORT

Ons het reeds oor ‘n groot aantal jare ‘n beroep gedoen op ondersteuners om nie opmerkings te maak teenoor skeidsregters tydens en na wedstryde nie. Dit kan die skool se beeld onberekenbare skade berokken. Gesien in die lig daarvan dat ons versoeke in hierdie verband op dowe ore val

Page 2: LOFFIENUUS 8 6 Mei 2015 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/05/LOFFIENUUS8.6Mei2015.pdf · 8 Loffienuus 6 Mei 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2015 Webblad: ... Dames

8 Loffienuus 6 Mei 2015

gaan ons voortaan versoek dat alle ondersteuners by tuiswedstryde op die pawiljoen sit. Die skeidsregters sal opdrag kry om nie te begin met die wedstryde solank as wat toeskouers langs die veld staan nie.

5. EREKODE VIR AFRIGTERS VAN SPORT EN KULTUUR BY GELOFTE

Ons bevestig hiermee graag wat die skool se verwagting van afrigters van sport- en kultuuraktiwiteite by Gelofte is. Bring dit asseblief onder ons aandag indien afrigters nie aan hierdie vereistes voldoen nie.

a) Die leerders wat in my sorg toevertrou is as afrigter ten alle tye met respek te behandel. b) Onder geen omstandighede onaanvaarbare opmerkings te maak of leerders vloek of in die

teenwoordigheid van leerders vloek nie. Verseker ook dat leerders se taalgebruik suiwer is. c) Onder geen omstandighede in die teenwoordigheid van leerders te rook nie. d) Skeidsregters moet ten alle tye met respek behandel word. Geen negatiewe kommentaar

ten opsigte van die beslissings van skeidsregters word in die teenwoordigheid van leerders gemaak nie.

e) Afrigters is ten alle tye stiptelik by oefeninge sowel as wedstryde. f) Afrigters se kleredrag tydens wedstryde moet netjies vertoon en 'n professionele beeld

uitdra van die skool. Dit is onvanpas vir afrigters om kortbroeke of driekwartbroeke te dra. Dames mag driekwartbroeke dra. Indien moontlik moet alle afrigters die skool se ondersteunershemp dra.

g) Besoekers word gasvry ontvang en met respek behandel. h) Afrigters sien toe dat die leerders in hul onderskeie spanne ten alle tye 'n positiewe beeld

van die skool uitdra. i) Oefeninge moet gestruktureerd wees en leerders moet ontwikkel word deur nuwe

vaardighede aan te leer. Ellelange fiksheidsessies is nie aanvaarbaar nie. Fiksheid behoort deel te vorm van die vaardigheidsoefeninge.

j) Ons speel om te wen, maar nie ten alle koste nie. Ons het ook 'n verantwoordelikheid om leerders te leer om met waardigheid te kan verloor.

k) Indien omstandighede dit toelaat streef ons daarna om soveel leerders as moontlik geleentheid te gee om in 'n wedstryd te speel.

l) Ons moedig leerders aan om ook ander spanne oor alle sportaktiwiteite te ondersteun. m) Leerders wat te oud is vir die betrokke span mag onder geen omstandighede gekies word

vir deelname nie. n) Register moet gehou word van oefeninge en in die geval van sport moet rekord gehou

word van die hoeveelheid punte/doele wat 'n leerder aanteken. 6. PRESTEERDERS

Ons is baie trots op Anike van Rijswijk en Leandri van Jaarsveld wat KZN kleure verwerf het vir netbal. Baie geluk aan die volgende Loffies wat PADSSA kleure verwerf het: Wonderboy Ndwandwe (O/12 rugby), Chad van Rensburg (O/13 rugby) en Ansonel Marais (O/13 hokkie).

7. OUD-LOFFIE PRESTEER

Baie geluk aan Werner Smidt wat sy doktorsgraad in Bio informatika verwerf het.

8. WIE VERTEENWOORDIG DIE BEHEERLIGGAAM?

Ons vind dikwels dat daar ‘n misverstand bestaan by sommige ouers oor die beheerliggaam se funksie by die skool. Die rol van die beheerliggaam by skole word volledig uiteengesit in die Suid-Afrikaanse skolewet (Wet 86 van 1996) wat op die internet beskikbaar is.

Page 3: LOFFIENUUS 8 6 Mei 2015 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/05/LOFFIENUUS8.6Mei2015.pdf · 8 Loffienuus 6 Mei 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2015 Webblad: ... Dames

8 Loffienuus 6 Mei 2015

Ons lig twee sake uit waaroor daar misverstand bestaan: a) Die beheerliggaam bestaan uit ouers, leerders, onderwysers en administratiewe personeel wat

almal demokraties verkose lede van die beheerliggaam is. Die skoolhoof is ook ‘n lid van die beheerliggaam. Die verkose lede verteenwoordig nie ‘n spesifieke deel van die skoolgemeen-skap op die beheerliggaam nie. Die ouers op die beheerliggaam verteenwoordig byvoorbeeld nie die ouers nie. Die beheerliggaam streef ten alle tye daarna om die skool en die totale skoolgemeenskap se beste belang te dien.

b) Die beheerliggame van skole delegeer die dag tot dag hantering van dissipline by die skool na die bestuurspan en personeel van die skool bloot omdat dit nie prakties is vir die beheer-liggaam om hierdie funksie self te vervul nie. Die beheerliggaam raak slegs betrokke by dissiplinêre aangeleenthede wanneer die wangedrag van ‘n leerder van so ‘n ernstige aard is dat ‘n dissiplinêre verhoor noodsaaklik is. Die dissiplinêre komitee van die beheerliggaam hanteer die aangeleentheid dan.

9. PITKOS: OMGEE

Page 4: LOFFIENUUS 8 6 Mei 2015 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/05/LOFFIENUUS8.6Mei2015.pdf · 8 Loffienuus 6 Mei 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2015 Webblad: ... Dames

8 Loffienuus 6 Mei 2015

10. VERJAARDAE

Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.

Celeste Swarts, Natasha van Niekerk, Liesl Stassen, Monique Myburgh, Karin de Jager, Jonathan Naudé, Damion Stopforth, Nikita Voges, Elizabeth de Bruin, Daniel Sargent, Lieze Jansen van Vuuren, Jaimy Parsad, Cyra Hattingh, Nadine Hefer, Natali Strydom, Moneé Booysen, WF Hamman, Chaz Swanepoel, Anika Bezuidenhout, Brittney Fourie, Tyron Grobler, Michaela Parker, Marno Zoet, Corné Crafford, Anke Robbertse, Gavin Roos, Shiloh Sargent.

11. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Die meeste korrespondensie met ouers sal voortaan elektronies geskied. Indien u nog nie ‘n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na [email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar.

12. KONTANTVRYE SONE

Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: 632005 Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete D J STRYDOM SKOOLHOOF

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: ______________________________________________________________________ NAAM VAN LEERDER: ________________________________________________ GR. ______________ KOMMENTAAR: ________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________ ______________________ _________________________ HANDTEKENING KONTAKNOMMER

Page 5: LOFFIENUUS 8 6 Mei 2015 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/05/LOFFIENUUS8.6Mei2015.pdf · 8 Loffienuus 6 Mei 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2015 Webblad: ... Dames

8 Loffienuus 6 Mei 2015

ADVERTENSIES

Page 6: LOFFIENUUS 8 6 Mei 2015 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/05/LOFFIENUUS8.6Mei2015.pdf · 8 Loffienuus 6 Mei 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2015 Webblad: ... Dames

8 Loffienuus 6 Mei 2015

Page 7: LOFFIENUUS 8 6 Mei 2015 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/05/LOFFIENUUS8.6Mei2015.pdf · 8 Loffienuus 6 Mei 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 8/2015 Webblad: ... Dames

8 Loffienuus 6 Mei 2015

KUSELA SECURITY Security for every occasion

Whether it’s for a private function, a month-long event or additional security, ADT/Kusela guards will help with parking, protect cars, patrol the immediate area and provide a visible security presence. SA’s most professional

ADT/Kusela guards are selected only after strict assessment and background checks, then trained to PSIRA standards. All our personnel and procedures are monitored regularly. Armed back-up

Our guards are backed by our Armed Response Vehicles 24/7

For more information or to book a guard call: Pamela Chetty 031-716 5621 Or Charlotte Govender 031-716 5618

A Tyco International Company Company Registration No: 2002/013172/07