LOFFIENUUS 12 24 JULIE 2014 - Gelofte...

7
12 Loffienuus 23 Julie 2014 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 12/2014 Webblad: www.gelofte.co.za “Ja, veertig dae agtereen en veertig nagte lank gereën! Dis ‘n rekord tot op hede.” “Meneer, mag ek iets vra?” “Maar alte seker, Japie, Ja?” “Was die boere toe tevrede?” (A.G. Visser) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 25 JULIE MATRIEKAFSKEID 25 JULIE INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 1-3) 28 JULIE SPOGROKAAND 29 JULIE FOTODAG (SEKONDÊR) 30 JULIE KOEKVERKOPING (GRAAD 7) 1 AUGUSTUS RAPPORTE (GRAAD 4-12) 4 AUGUSTUS OUERAAND (PRIMÊR) 5 AUGUSTUS OUERAAND (SEKONDÊR) 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) 7 AUGUSTUS INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 3-7) 8 AUGUSTUS MEJ GELOFTE 8 AUGUSTUS ENTREPRENEURSDAG (GASVRYHEIDSTUDIE) 9 AUGUSTUS WILDSFEES 12 AUGUSTUS FOTODAG (PRIMÊR) 15 AUGUSTUS AAND ATLETIEKBYEENKOMS (SEKONDÊR) 16 AUGUSTUS INTERNE YSTERMANKOMPETISIE 18 AUGUSTUS GRAAD 9 OUERAAND (VAKKEUSES VIR GRAAD 10) 20 AUGUSTUS KOEKVERKOPING (GRAAD 7) 22 AUGUSTUS BLOEDSKENK 25 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAAD VIR 2015 WORD AANGEKONDIG 26 AUGUSTUS KLEEDREPETISIE KONSERT 27-28 AUGUSTUS KONSERT

Transcript of LOFFIENUUS 12 24 JULIE 2014 - Gelofte...

Page 1: LOFFIENUUS 12 24 JULIE 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/07/LOFFIENUUS12.24JULIE2… · 12 Loffienuus 23 Julie 2014 lid van die Protea span wat vanaf 25 tot

12 Loffienuus 23 Julie 2014

LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 12/2014

Webblad: www.gelofte.co.za

“Ja, veertig dae agtereen

en veertig nagte lank gereën!

Dis ‘n rekord tot op hede.”

“Meneer, mag ek iets vra?”

“Maar alte seker, Japie, Ja?”

“Was die boere toe tevrede?”

(A.G. Visser)

Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG

Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.

2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief ook

daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.

25 JULIE MATRIEKAFSKEID 25 JULIE INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 1-3) 28 JULIE SPOGROKAAND 29 JULIE FOTODAG (SEKONDÊR) 30 JULIE KOEKVERKOPING (GRAAD 7) 1 AUGUSTUS RAPPORTE (GRAAD 4-12) 4 AUGUSTUS OUERAAND (PRIMÊR) 5 AUGUSTUS OUERAAND (SEKONDÊR) 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) 7 AUGUSTUS INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 3-7) 8 AUGUSTUS MEJ GELOFTE 8 AUGUSTUS ENTREPRENEURSDAG (GASVRYHEIDSTUDIE) 9 AUGUSTUS WILDSFEES 12 AUGUSTUS FOTODAG (PRIMÊR) 15 AUGUSTUS AAND ATLETIEKBYEENKOMS (SEKONDÊR) 16 AUGUSTUS INTERNE YSTERMANKOMPETISIE 18 AUGUSTUS GRAAD 9 OUERAAND (VAKKEUSES VIR GRAAD 10) 20 AUGUSTUS KOEKVERKOPING (GRAAD 7) 22 AUGUSTUS BLOEDSKENK 25 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAAD VIR 2015 WORD AANGEKONDIG 26 AUGUSTUS KLEEDREPETISIE KONSERT

27-28 AUGUSTUS KONSERT

Page 2: LOFFIENUUS 12 24 JULIE 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/07/LOFFIENUUS12.24JULIE2… · 12 Loffienuus 23 Julie 2014 lid van die Protea span wat vanaf 25 tot

12 Loffienuus 23 Julie 2014

29 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAADKAMP 2-3 SEPTEMBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 12) 4 SEPTEMBER BLOKDAG (GRAAD 12) 5-23 SEPTEMBER PROEFEKSAMEN (GRAAD 12) 13 SEPTEMBER INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS (PRIMÊR) 24 SEPTEMBER OPENBARE VAKANSIEDAG (ERFENISDAG) 26 SEPTEMBER ENTREPRENEURSDAG (GRAAD 7) 1 OKTOBER INTERNE ORATORS 2 OKTOBER STERKLAS AFDAG 3 OKTOBER FLIEK (GRAAD 1-7) 3 OKTOBER RAPPORTE (GRAAD 1-12) 3 OKTOBER SKOOL SLUIT VIR HERFSVAKANSIE OM 11:00 13 OKTOBER SKOOL HEROPEN VIR VIERDE KWARTAAL 3. VERSKUIWING VAN AKTIWITEITE

Weens omstandighede buite ons beheer verskuif die volgende aktiwiteite van die derde kwartaal na nuwe datums: WILDSFEES VAN 2 NA 9 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) VAN 19 AUGUSTUS NA 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK(PRIMÊR) VAN 6 SEPTEMBER NA 13 SEPTEMBER

4. PITKOS: PSALM 121 – DIE GRIEKWA WEERGAWE Ek slat my twee oge op; My kyk vang die verste kop Waarvanaf sal my hulp nou kom? My hulp is vannie Jirre, van Hom. Hy’t nou jimmel en Prieska gekom maak. Sonner lat jou voet klippers raak, Is Hy skoene agterrie skaap Sontyd is Hy hoed op jou kop. Innie nag hou hy gevaarlikheid dop Hy’s mos nou da om jou op te pas. Jou siel hou Hy tussen ribbes vas. Gan jy nou in of gan jy nou yt, Hy’s oor jou vir ewig an vir altyd.

5. DISKONTO BOEKE Diskonto boeke stal weer heerlike leesstof uit in die primêre mediasentrum op 21 en 22 Augustus. Hulle sal op hierdie twee dae elke dag van vroegoggend tot net na skool beskikbaar wees. Kom maak gerus ‘n draai en koop goeie boeke aan vir u kind of uself. Een van die heel grootste geskenke wat u aan u kind kan gee, is om by hom/haar ‘n liefde vir lees te ontwikkel.

6. MATRIEKAFSKEID Die matriekafskeid vind eerskomende Vrydag plaas by Durban Country Club. Ons wil dit graag onder u aandag bring dat die sogenaamde “after parties” nie deel vorm van die funksie wat deur die skool aangebied word nie en dat ons ons dus daarvan distansieer. Ons wil terselfdertyd ‘n beroep doen op u om ‘n ernstige gesprek met u kind te hê oor die bywoning van die “after parties” en hul gedrag daartydens. Daar is jaarliks beriggewing in die nuusmedia oor matrieks wat tydens die “after parties” drank misbruik en dan die slagoffers is van ernstige motorongelukke. Ons kommentaar in hierdie verband moet gesien word in die lig daarvan dat ons vir u as gesin, sowel as vir die skool en breër gemeenskap, hierdie hartseer wil spaar.

7. PRESTEERDERS Jan-Harm Botha het inderdaad al naam gemaak met sy karate prestasies. Dit is vir ons aangenaam om dit onder u aandag te bring dat SASKOK Protea kleure aan Jan-Harm toegeken het. Hy was ook gekies as

Page 3: LOFFIENUUS 12 24 JULIE 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/07/LOFFIENUUS12.24JULIE2… · 12 Loffienuus 23 Julie 2014 lid van die Protea span wat vanaf 25 tot

12 Loffienuus 23 Julie 2014

lid van die Protea span wat vanaf 25 tot 30 Junie in Zambië deelgeneem het aan die "Zone 6 Sub-Saharan Africa Tournament". Hy het ‘n derde plek verower in sy kategorie tydens hierdie toernooi. Baie geluk Jan-Harm!

8. SEKONDêRE LANDSDIENS

Van ons leerders het die afgelope vakansie die provinsiale kamp by Sweetdale bygewoon. Tydens die kamp het Gelofte die Dennis Kirsten trofee ontvang vir die klub wat die beste op die kamp presteer het. Die toekenning is op grond van onderstaande kriteria gemaak: • Aantal Loffies wat toekennings ontvang het.

• Aantal nasionale kampgangers wat aangewys is.

• Springboktoekennings.

• Punte ontvang tydens kamerinspeksies.

• Aantal leerlinge wat as leiers op die kamp aangewys is.

• Algemene gedrag en samewerking. Lehan Hefer en Jeané Myburgh is tydens die kamp as groepleiers aangewys en het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt.

NASIONALE KAMP Die nasionale kamp vind hierdie jaar in Stellenbosch plaas. Die volgende leerlinge is gekies om dit by te woon:

SENIOR NASIONAAL: Magdelie Hattingh, Lehan Hefer, Jeané Myburgh, AJ van Huizen

RESERWES: Hennie Dekker, Zander Henning, Dawid van der Walt JUNIOR NASIONAAL: Rikus Adendorff, Jammie Churchill, Ivan Dawson, Lezaan Marais

RESERWES: Pieter-Louis du Plessis, Dewald Smit, Vincent van Huizen

TOEKENNINGS Ons is baie trots op die volgende leerlinge wat toekennings ontvang:

PRESTASIE SILWER: Rikus Adendorff, Louise Brand, Ivan Dawson, Pieter-Louis du Plessis, Zander Henning, Lezaan Marais, Dewald Smit, Corné Theron, Felie

Torlage, Tristan van Dyk, Vincent van Huizen

PRESTASIE GOUD: Hennie Dekker, Magdelie Hattingh, Jeané Myburgh, AJ van Huizen

IMPALA: Impala is ‘n baie spesiale toekenning en daar is slegs 6 leerlinge in KwaZulu Natal wat dit hierdie jaar ontvang. Geluk aan Lehan Hefer en Dawid van der Walt wat dit ontvang.

SPRINGBOK: Springbok is die hoogste toekenning en word slegs aan ‘n uitgesoekte groep Landsdieners toegeken na jare se harde werk, toewyding en prestasie. Ons is baie trots op Bernelee Kok wat hierdie toekenning ontvang. Bernelee is ook ‘n kranige sportvrou en het KZN vir netbal ontvang.

9. PRIMêRE LANDSDIENS Ons Primêre landsdieners het ook die afgelope vakansie die provinsiale kamp by Sweetdale bygewoon. Die volgende leerders het almal toekennings ontvang:

STEENBOK: Dian van der Merwe, Shanté van den Berg, Diné van der Merwe. SILVER: Brandon Anderson, Izabella Zee, Stephan Kruger, Daniël Roux, Charl

Roux. GOUD: Aminé Albertyn, Ané de la Rey, Ansonel Marais, Monique Matthysen.

Page 4: LOFFIENUUS 12 24 JULIE 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/07/LOFFIENUUS12.24JULIE2… · 12 Loffienuus 23 Julie 2014 lid van die Protea span wat vanaf 25 tot

12 Loffienuus 23 Julie 2014

10. OUD LOFFIES PRESTEER

Dit is altyd lekker om terugvoer te ontvang van Oud-Loffies se doen en late en hul prestasies. Baie geluk aan die volgende Oud-Loffie wat sy graad verwerf het by Noordwes-Universiteit: Jan-Hendrik le Roux Meestersgraad in Stad- en Streeksbeplanning Laat weet ons asseblief indien u bewus is van Oud-Loffies wat op enige terrein presteer.

11. OUERSKAP Wanneer daar gesprek gevoer word oor dissiplinêre probleme in skole, word die opmerking dikwels gemaak dat die wortel van die kwaad ten opsigte van ongedissiplineerde kinders dikwels eerder by die ouers as by die kind self lê. Ons aanvaar dat dit ‘n ooreenvoudiging is en nie altyd waar is nie, maar ondervinding het geleer dat daar dikwels ‘n nuwe lig opgaan wanneer daar met ouers in gesprek getree word oor hul kinders se gedrag. Opmerkings soos “my kind sal nie vir my jok nie” of “ek is my kind se beste maat” laat rooi ligte flikker.

In hierdie verband haal ons graag die volgende gedeelte aan uit Emma Jenner se boek Keep Calm and Parent On.

Jou kind moet jou respekteer ‘n Pediater wat ek ken vererg hom dikwels wanneer ouers hul kinders inbring en die kinders sê voor hom iets soos: “Bly stil, Ma.”

As ‘n vierjarige so met sy ma praat, is daar ‘n probleem wat net sal vererger namate die kind ouer word. Dit moenie vir ‘n oomblik geduld word nie.

Vra jouself af: Is jy duidelik oor wie die ouer is? As jy altyd vir jou kind koel en toeganklik probeer wees, sal hy vir jou sê ”bly stil”; jy het nie vir hom gewys jy is die ouer, jy het die gesag nie. Dit beteken nie jy kan nie ook ‘n liefdevolle vertroueling, ‘n wyse berader of ‘n lawwe speelmaat wees nie. Maar jy is altyd die ouer. Jou kinders gaan nie altyd van jou hou nie en dis in die haak. Trouens, as jou kinders altyd van jou hou, doen jy iets verkeerd. Vertrou my.

12. WELVAART BEPLANNING – KEN JOU PLAN

Ons beoog om in die volgende aantal nuusbriewe inligting te plaas oor die bestuur van persoonlike finansies. Die enigste manier om Finansiële sekuriteit te kry is om ‘n plan te volg. Ons stap nie net in welvaart in nie en ook vind ons dit nie net om elke hoek en draai nie.

Daar is nie iets soos ‘n 'one plan fits all’ benadering’ nie, maar die punt is dat jy wel ‘n tipe van ‘n plan in plek moet hê. Philip Baker sê in sy boek "Wisdom of Wealthy Achievers”, dat die beste planne sluit ook 'n manier in om vordering te meet. Korttermyn doelwitte help nie net om rigting te gee nie, maar help ons ook om gefokus en gemotiveer te bly. 'n Finansiële beplanner kan help om 'n plan in plek te sit, met inagneming van jou familie, ouderdom, inkomste, sowel as jou persoonlike belange en kennis. Die beste planne sal jou help: - Om skuld uit te wis. - Besteding tot onder jou inkomste te kry.

Groot korttermyn-skuld is 'n groot struikelblok op die pad na lang-termyn finansiële sekuriteit. Selfs jou versekering en polisse mag dalk nie wees wat by jou pas nie. Lewensdekking het goedkoper geraak oor die jare.

- Sober besteding aan te moedig Dis interessant om weet dat studies wys dat miljoenêrs spandeer baie minder op luukshede as die hoë inkomste groepe wat nie miljoenêrs is nie. Miljoenêrs is baie wys met hul geld.

Page 5: LOFFIENUUS 12 24 JULIE 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/07/LOFFIENUUS12.24JULIE2… · 12 Loffienuus 23 Julie 2014 lid van die Protea span wat vanaf 25 tot

12 Loffienuus 23 Julie 2014

Die rede vir spaarsamigheid en om skuld te delg, is om spaargeld te skep vir beleggings. Beleggings se doel is dan ook om nog groei te produseer en die “snowball-effek” in werking te sit. Inkomste/rente/groei word dan teruggeploeg in die belegging.

Jou finansiële plan kan met behoorlike beplanning uitkom by die 10:10:80 plan. Jou plan kan dan ook 'n "gee”-komponent in hê. In Phillip Baker se boek sê hy jy moet jou eerste 10% van jou inkomste weggee aan jou plaaslike kerk, nie-winsgewende organisasie, of mense in nood. Die tweede 10% moet opsy gesit word vir spaar en beleggings, en die oorblywende 80% is waarvan jy moet leef. Sodra jou plan in plek is, moet jy dit volg en daarvolgens leef. Verbind jouself oor die langtermyn. Hersien dit gereeld om korttermyn doelwitte te hernu. Kontak my vir verdere inligting en ‘n kostevrye afspraak om u persoonlike plan in plek te sit. TERTIA DU PLESSIS Finansiële Beplanner 0829377864 / [email protected]

13. VERJAARDAE

Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar. Chaneé Fouché, Reynard Willemse, Tristen Isaacs, Enrico Meiring, Esmee de Wit, Chanelle Hugo, Cindy Southey, Kijtlin Barnardo, Montana Newman, Declan Pienaar, Linda Mulder, Bradley Pratt, John Pratt, Melissa Lawrence, Danica Beetge, Chantelle van Aswegen, Johannes van Dyk, Vian Cloete, Geraldine de Bruyn, Racquel Hood, Zander Human, Rene Janse van Rensburg, Shaun Brummer, Angelique Weideman, Jacque Allison, Lian Barnard, Leah de Jager, Nathan Hefer, Sphiwe Mzelemu, Morné Cornelius, Angelich van Rensburg.

14. KOMMUNIKASIE Ons versoek dat alle ouers wat nog nie gebruik maak van Communicator nie die sagteware sal aflaai op

hul rekenaars en selfone. Gaan bloot na www.school-communicator.com en volg die stappe. Hierdie sagteware verseker dat u op hoogte bly van gebeure by die skool. DIT IS VERAL BELANGRIK DAT U DIE SAGTEWARE AFLAAI OP U SELFOON.

15. E-POS KOMMUNIKASIE Die skoolhoof kan ongelukkig nie aandag gee aan alle kommunikasie met die skool nie bloot omdat ander personeel u navrae oor sekere aangeleenthede vinniger en meer effektief sal kan beantwoord. Ons versoek dus dat die volgende riglyn sal volg indien u navrae per e-pos aan die skool rig:

Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg Inskrywing of vertrek van leerders [email protected] Edith van Dyk Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Amanda Stoltz Enige finansiële navrae of bewyse [email protected] Daleen Coetzee Administratiewe navrae [email protected] Reinette Janse van Rensburg Administratiewe navrae [email protected] Edith van Dyk Afwesigheid van leerders [email protected] Reinette Janse van Rensburg Afwesigheid van leerders [email protected] Edith van Dyk Graad 4-7 aangeleenthede [email protected] Deon Pretorius Graad 1-3 aangeleenthede [email protected] Riette Havemann Akademiese navrae/probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator Dissiplinêre probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator 16. E-POS

Ons het reeds ‘n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard ‘n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang,

Page 6: LOFFIENUUS 12 24 JULIE 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/07/LOFFIENUUS12.24JULIE2… · 12 Loffienuus 23 Julie 2014 lid van die Protea span wat vanaf 25 tot

12 Loffienuus 23 Julie 2014

aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie ‘n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om ‘n e-pos te stuur na [email protected]. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie en graag ‘n harde kopie wil ontvang, voltooi die meegaande skeurstrokie en stuur terug skool toe.

17. KONTANTVRYE SONE Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool ‘n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as ‘n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: 632005 Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete ______________ D J STRYDOM SKOOLHOOF -------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR – VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM

NAAM VAN OUER: ______________________________________________________________ NAAM VAN LEERDER: ________________________________________ GR. ______________ KOMMENTAAR: _____________________________________________________________________ _____________________________________________________________________________________ ______________________ _________________________ HANDTEKENING KONTAKNOMMER

ADVERTENSIES

Page 7: LOFFIENUUS 12 24 JULIE 2014 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/07/LOFFIENUUS12.24JULIE2… · 12 Loffienuus 23 Julie 2014 lid van die Protea span wat vanaf 25 tot

12 Loffienuus 23 Julie 2014