Lockdown Nagmaal - doxadeo.org · Lukas 22:17 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem...

3
1 Lockdown Nagmaal Jesus het die laaste ete saam met sy dissipels betekenisvol gemaak en hulle aangemoedig om dit gereeld te doen. (Lukas 22:17) Ons sien dat die eerste kerk dit so verstaan het en van huis tot huis nagmaal gehou het: Handelinge 2:46 'En hulle het volhard in die breking van die brood en in die gebede. 46 En van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet.' Ons moedig jou aan om by jou huis tafel te dek, saam met jou mense, met die volgende elemente. . Rooi en wit kleure wat die reiniging van die bloed van Jesus voorstel. . Sit dalk spykers en/of dorings as ekstra versiering op die tafel. . Gebruik ‘n kruis of hout as verdere versierings . Drapeer alles op lappe wat die leë graf kan voorstel. HIER IS ‘N KORT, VOORGESTELDE PROGRAM VIR DIE ETE. 1. Begin eers as almal sit, om te vertel en te lees: Vrydagoggend – groep mense bymekaargekom by 'n koppie wat soos 'n skedel lyk. Noordekant van Jerusalem net buite die Damuskushek. Aan die kant van een van die hoofroetes wat in die stad ingaan. Die Romeine het daarvan gehou om mense in die openbaar te kruisig om 'n boodskap van vrees tussen die mense in te stuur. Die kruisiging het 9 uur die oggend begin, vir drie ure het alles normaal afgeloop. Om 12 uur die middag kom daar 'n wending. Alles word donker, so donker dat jy nie jou hand voor jou oë kan sien nie. Vir 3 ure is alles donker Soldaat hardloop nader toe Jesus fluister: Ek is dors. Een van hulle hardloop toe gou, vat 'n spons en maak dit vol suur wyn en hou dit op 'n stok vir Hom om te drink. So word nog 'n profetiese woord in vervulling gebring. Op daardie oomblik kon jy in Sy fluister en geroggel hoor dat Sy einde naby is. En met sy laaste asem roep Hy uit:

Transcript of Lockdown Nagmaal - doxadeo.org · Lukas 22:17 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem...

Page 1: Lockdown Nagmaal - doxadeo.org · Lukas 22:17 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle. 19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek

1

Lockdown Nagmaal

Jesus het die laaste ete saam met sy dissipels betekenisvol gemaak en hulle aangemoedig om dit gereeld te doen. (Lukas 22:17)

Ons sien dat die eerste kerk dit so verstaan het en van huis tot huis nagmaal gehou het:

Handelinge 2:46 'En hulle het volhard in die breking van die brood en in die gebede. 46 En van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van

hart geniet.'

Ons moedig jou aan om by jou huis tafel te dek, saam met jou mense, met die volgende elemente.

. Rooi en wit kleure wat die reiniging van die bloed van Jesus voorstel. . Sit dalk spykers en/of dorings as ekstra versiering op die tafel.

. Gebruik ‘n kruis of hout as verdere versierings . Drapeer alles op lappe wat die leë graf kan voorstel.

HIER IS ‘N KORT, VOORGESTELDE PROGRAM VIR DIE ETE. 1. Begin eers as almal sit, om te vertel en te lees:

Vrydagoggend – groep mense bymekaargekom by 'n koppie wat soos 'n skedel lyk. Noordekant van Jerusalem net buite die Damuskushek. Aan die kant van een van die hoofroetes wat in die stad ingaan. Die Romeine het daarvan gehou om mense in die

openbaar te kruisig om 'n boodskap van vrees tussen die mense in te stuur. Die kruisiging het 9 uur die oggend begin, vir drie ure het alles normaal afgeloop.

Om 12 uur die middag kom daar 'n wending. Alles word donker, so donker dat jy nie jou hand voor jou oë kan sien nie.

Vir 3 ure is alles donker Soldaat hardloop nader toe Jesus fluister: Ek is dors. Een van hulle hardloop toe gou, vat

'n spons en maak dit vol suur wyn en hou dit op 'n stok vir Hom om te drink. So word nog 'n profetiese woord in vervulling gebring.

Op daardie oomblik kon jy in Sy fluister en geroggel hoor dat Sy einde naby is. En met sy laaste asem roep Hy uit:

Page 2: Lockdown Nagmaal - doxadeo.org · Lukas 22:17 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle. 19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek

2

Tetelestai … Dit is Volbring – Johannes 19:30 Johannes 19:28 – 30

Hierna het Jesus, met die wete dat alles volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: "Ek is dors." Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. Nadat Jesus die suur wyn

gekry het, het Hy gesê: "Dit is volbring!" Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

Die voorhangsel in die tempel skeur, tempel en grafte gaan oop & aarbewing regoor die gebied.

Offisiere en soldate roep uit - “Hierdie man was werklik die Seun van God.” Maar wat het hierdie laaste woorde van Jesus beteken:

• Tetelestai which means “to bring to an end, to complete, to accomplish.”• Oorwinningswoord = Word of Victory

5 USES OF “TETELESTAI” • A Servant: The task is completed! • A Judge: Justice has been served!

• An Accountant: The debt has been paid in full! • An Artist: The picture is finished!

• A Priest: The perfect offering has been given! Eindstreep – Ek het voltooi – gedoen wat ek gesê het ek gaan doen – Werk klaargemaak

Maar tetelestai is nog meer • Tetelestai is in die perfect tense in Grieks.

Kyk, Engelse TENSES was mos almal se sterkpunt op skool. So kom ek help jou gou. Past Tense beteken dit het in die verlede gebeur. Dis al.

MAAR die Perfect Tense beteken iets het klaar in die verlede gebeur, EN sy effek hou aan - in die toekoms in. So die Perfect Tense sê - dit is steeds vandag geldig, al het dit in die

verlede gebeur!Toe Jesus uitroep “It is finished,” het Hy bedoel “It was finished in the past, it is still

finished in the present and it will remain finished in the future.”

Terug na die Nagmaal Vra iemand om volgende te lees

Lukas 22:17 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle. 19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle

en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. 20 Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my

bloed wat vir julle uitgestort word.'

2. Drink saam ‘n glas druiwesap/wyn.Terwyl elkeen ietsie drink kry elke persoon ‘n kans om 1 ding te noem wat Jesus vir ons

gebring het in die Nuwe Testament/die Nuwe verbond. 1 Korinthiërs 11:25 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.

3. Eet die brood

Page 3: Lockdown Nagmaal - doxadeo.org · Lukas 22:17 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle. 19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek

3

Iemand lees Johannes 6:51 'Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die

lewe van die wêreld sal gee. ' 1 Korinthiërs 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink,

verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.

Kuier oor wat dit beteken om te lewe: 2Korinthiërs 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

4. Eet hoofgereg met enige vleisIemand lees JOHANNES 1:29

'Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! '

Kuier oor wat dit beteken dat ons sonde weggeneem is (1 Johannes 1:7,9) Ons is vergewe - Ons is verlos uit die mag van sonde – Ons is reg met God

Romans 5:17 (NLT) The sin of one man, Adam, caused death to rule over us, but all who receive God’s

wonderful, gracious gift of righteousness will live in triumph over sin and death through this one man, Jesus Christ.

Colossians 2:15 (LB) God took away Satan’s power to accuse you of sin, and He openly displayed to the whole world Christ’s triumph at the cross where your sins were all taken

away. Ephesians 2:8 (MSG)

Saving is ALL his idea, and ALL his work. All we do is trust him enough to let Him do it. It’s God's gift from start to FINISH!”

5. Net voor nageregElkeen moet eers ‘n paar druppels asyn op ‘n teelepel proe voor die poeding geniet

word. Die asyn en die dorings en die bloed herhinner ons dat Jesus vir ons gely het.

Lees Jesaja 53:4-5 'Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte — dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die

straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. '

Bid saam voor poeding vir een uitdaging waarvoor elke persoon die Here vertrou.

6. Eet lekker nagereg en kuier sommer net verder.