Liefde onder mekaar - gksa.org.zagksa.org.za/pdf2016/Vroueblad Februarie 2016 - Lusmaker.pdf · God...

7
Vroueblad Die Gereformeerde FEBRUARIE 2016 Liefde onder mekaar LIEFDE IN AKSIE www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

Transcript of Liefde onder mekaar - gksa.org.zagksa.org.za/pdf2016/Vroueblad Februarie 2016 - Lusmaker.pdf · God...

Page 1: Liefde onder mekaar - gksa.org.zagksa.org.za/pdf2016/Vroueblad Februarie 2016 - Lusmaker.pdf · God se liefde en die bediening van sy liefde, is nie ‘n keuse wat jy maar mag doen

VrouebladDie GereformeerdeFEBRUARIE 2016

Liefde onder mekaarLIEFDE IN AKSIE

w w w . g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n

Page 2: Liefde onder mekaar - gksa.org.zagksa.org.za/pdf2016/Vroueblad Februarie 2016 - Lusmaker.pdf · God se liefde en die bediening van sy liefde, is nie ‘n keuse wat jy maar mag doen

2 Februarie 2016

JAARGANG 70 NOMMER 8

GEREELD3 Redakteursbrief4 Lidmaatpraat 5 Ds. Sê my

IN DIEPTE6 Verryk die godsvrug met liefde onder mekaar8 Ware broer- en susterliefde onmoontlik sonder Christus10 Onderlinge liefde in aksie

Ander Publikasiesvan die Gksa:

�����������

�����������������(Laerskoolkinders)

������������� (tieners en jongmense)

Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro:

(018) 297 3986.

INHOUD

Teken vir jou ma,

jou dogter of

vriendin in op

ons blad

www.gksa.org.za

Redaksiekommissie:Cobie Steyn (redaktrise)Griet Swanepoel (assistent-redaktrise)���������������������������������Karien Brink (bladuitleg)Annelize FourieProf. Ben de KlerkAnnamie OdendaalPosadres:Die Redakteur: Die VrouebladPosbus 178, Lydenburg 1120Faks: Die Vroueblad 086 714 6157E-pos adres: Cobie Steyn, ������������������

Internetadres: www.gksa.org.za/!� ���"��#������� $������Navrae:��������%�� �������� ������%�intekening, bladbouers:Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, [email protected] en uitgewers: Deputate Kerklike Tydskrifte GKSAIntekengeld:�� &�'*+;<=����+<>�=>?==<�

;H�=��JN�;*�'%�Q'�U+<��*J!U+�<*J!�X��YZ[%\\

���+<+�!�'NJ+�+�JN!+�+NJNUX�R100.00

���&�'*+;<=���JN�U�'+Q�N=�DIE GEMEENTE, POSGELD JNU+�<*J!�X��^_Y�\\

���&�'*+;<=���`'���U+�!**�%�Q'�U+<��JNU+�<*J!�X��^Z\�\\

?J+��J+�!=�J+`+�U+<��&=N=>�Y�q*<J+�^\YZ�!'!�_\�q*NJ+�^\Yv��J���������x�� ���������������beskou solank dit nie gekanselleer word nie.)Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X

Redaksionele Inligting

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

6 10 20 LEEFDINGE12 Die kliek van die kantrokke14 Teks & Vers: Liefde onder mekaar15 Teks & Vers: Dagboek16 Boekeblad18 Bybelse berading^\�� `��� x�������`���������X�}�!��������������22 Gesprek met Kinta: Liefde onder mekaar24 Gemeente-Mosaïek: Ons kuier by GK Mosselbaai26 Gemeente-Mosaïek: Saamtrekstreke27 Gemeente-Mosaïek: Bybelstudie en Saamtrekwenke28 Resepteblad: Pannekoek29 Lees in Maart 201629 Gemeentedagboek^~�� J����������_\�� ?��������_Y�� = ���������X�?������������?��"����32 Kaleidoskoop Februarie 2016

Februarie

VrouebladrrrooouueeebbDie GereformeerdeFEBRUARIE 2016

Liefde onder mekaarLIEFDE IN AKSIE

# TTToeevvaaall mmmmoeett vvaalll

w w w . g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n

Page 3: Liefde onder mekaar - gksa.org.zagksa.org.za/pdf2016/Vroueblad Februarie 2016 - Lusmaker.pdf · God se liefde en die bediening van sy liefde, is nie ‘n keuse wat jy maar mag doen

3Februarie 2016

redakteursbrief

Liefde onder mekaar

Foto:����������� �����Lydenburg.

Ons is opFacebook:GereformeerdeVroueblad.Gaan Like ons!

ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD:E-pos: [email protected];Faksnommer 086 714 6157;SMS: 082 555 9586;Slakkepos: Posbus 178,Lydenburg 1120

“Liefde doen aan niemand kwaad nie – dis vervulling van die Wet. Dié gebod mag ons nie laat nie,maar met ywer daarop let” (Skrifberyming 9-3).

Geliefdes in die Here, Ons noem mekaar nie verniet ge-LIEF-des in die Here nie – ons mag vir mekaar so sê omdat God die wêreld so liefgehad het, dat Hy sy eniggebore Seun vir ons gegee het. Nou word ons as gelowiges deur die band van God se liefde saamgebind as sy eiendom, as ‘n eenheid – sy kerk hier op aarde. ’n Feit wat ‘n mens opgewonde maak, wat ‘n volheid hier in jou binneste laat kom lê: God het ons so liefgehad dat Hy die hoogste prys betaal het, en al wat ons nou moet doen is om Hom lief te hê met ons hele hart en ons moet mekaar liefhê. Maklik!... of dalk nie so maklik nie...

Kom ons kom sommer eers terug tot tussen die vier mure van ons huis: Dis maklik om inligting in te win oor die nuwe baba wat kom, maar wanneer daardie skreeuende, rooigesig wesentjie nie vir jou kan sê waar hy of sy seer het nie... Of jy lees ‘n resep en alles lyk maklik en goed, totdat jy daar voor die menger staan en sekere dele van die resep nie mooi duidelik beskryf wát nou met die bestanddele moet gebeur nie.

So gaan dit ook dikwels tussen die vier mure van ons kerkgeboue: Jy kom as lidmaat by jou nuwe gemeente aan, of jy het nie lank terug tot bekering gekom nie en is opgeneem in ‘n gemeente, en alles lyk so mooi en goed en reg en nuut. En jy weet God die Vader het jou so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, en jy weet die Gees werk God se liefde in jou hart en jy wil met ywer werk vir die Here en almal om jou liefhê... totdat jy agterkom almal dink nie soos jy oor die Woord nie, almal kom nie so lekker met almal oor die weg nie vanweë persoonlikheidsverskille, sosiale verskille (alle lidmate woon tog nie in die rykmansbuurt of die middelklasbuurt nie), of jy kry te doen met die “kliek van die kantrokke” (met apologie aan Griet en haar vriendin, p. 12-13)... en jy besef opeens: God se liefde en die bediening van sy liefde, is nie ‘n keuse wat jy maar mag doen of mag ignoreer nie. Nee, ons sing nie verniet in die beryming van Romeine 13: “Dié gebod mag ons nie laat nie, maar ons moet (Skuinsgedrukte woorde my eie invoeging, Red.) met ywer daarop let” (Skrifberyming 9-3:2).

Kom staan hierdie maand saam met ons stil en dink oor Petrus se woorde: Verryk die godsvrug met liefde onder mekaar (2 Pet.1: 7a)... kom ons bid ernstig en vra dat die Here ons in elke gemeente sal toerus om beGeesterd sy liefde aan mekaar te bedien, ondanks ons verskille.

Liefdegroete in Christus

Cobie SteynNS: Al het ons nie meer ‘n brieweblad nie, is jy steeds welkom om vir ons ‘n SMS te stuur na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of ’n brief te e-pos aan [email protected] of jou mening op ons Facebookblad te gaan lug of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons hoor graag wat leef in die harte van die lesers.

(Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)

Page 4: Liefde onder mekaar - gksa.org.zagksa.org.za/pdf2016/Vroueblad Februarie 2016 - Lusmaker.pdf · God se liefde en die bediening van sy liefde, is nie ‘n keuse wat jy maar mag doen

8 Februarie 2016

in diepte

Ware broer- en susterliefde onmoontlik

sonder Christus���������� ��������

Kan jy jou indink hoe groot en ontsagwekkend die liefde van God is? Die manier hoe ek liefde bewys, laat my besef hoe ver my liefde tekortskiet aan die soort liefde wat

God vir my het. My liefde is die selfsugtige soort. Ek kyk wat kan ek uit liefde kry, terwyl God die wêreld so liefgehad het, dat Hy sy eniggebore Seun vir my geoffer het.

Ons mense het voorwaardelik lief: “Ek sal jou liefhê, mits jy jou verslawing los”, of “As jy nie meer so maklik kwaad word nie”, of “As jy vir

my daardie mooi rok koop”. Maar God se liefde is geheel en al ónvoorwaardelik en vertel van sy oneindige genade: “Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê” (Joh. 15:13). Hoe groots is hierdie liefde nie! Jesus Christus lê sy lewe vir my af terwyl ek nog ’n sondaar is wat in die modderput van sonde rondtrap – ek wat eintlik die ewige dood verdien.

God se oneindige liefde in sy SeunEk moes eintlik gestraf word vir my selfsug, liefdeloosheid, haat en alles wat teen God se wese ingaan. Maar “geen gewone skepsel kan die las van die ewige toorn van God teen die sonde dra en ander skepsels daarvan verlos nie” (Heidelbergse Kategismus, Sondag 5, V & A14) en daarom gee Hy sy Seun as teken van sy oneindige liefde, om die vloek van die dood vir ons aan die kruis te kom dra. Kan ek myself indink watter verskriklike pyn en verlatenheid Christus daar aan die kruis beleef het? Dat Hy, Seun van God, van God verlate was, sodat ek nooit verlate van Hom sal wees nie, en dit net omdat Hy my so lief het!

Jesus Christus, God se Seun en die vergestalting van God se liefde, verduidelik aan ons ook mooi wat ons uit dankbaarheid moet dóén omdat ons hierdie onverdiende liefde van die Vader af gekry het: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, en met jou hele siel en met jou hele verstand... Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (Matt. 22:37 & 39b).

God se liefde: Wekroep tot berou en bekeringMaar wat doen die mens ondanks Christus opdrag tot liefde? Ons volhard dikwels in die verkeerde dinge: Ons bly moor, steel, bedrieg. God se liefde, wat Hy in Christus

aan ons bewys het, beteken egter nie dat ek nie die gevolge gaan dra vir my verkeerde dade nie. Ek kan nie verwag dat as ek volhard in my verkeerd doen, daar geen gevolge gaan wees nie. Of as ek skinder en mense bly beswadder, dat daar nie pyn en hartseer gaan wees nie. Kyk maar na Dawid se geskiedenis!

Hoe maklik kan ons nie sê ons is jammer, maar dit kom nie uit ‘n opregte, berouvolle hart nie. Is dit nie slegs maar net om weer “gemaklik” saam met my broer en suster te kan leef nie, maar die jammer kom nie uit ’n hart wat wáárlik vol van die Here se liefde is nie?

Ware berou kom uit ‘n hart wat warm klop van die Here se liefde. En God vergewe telkens deur Jesus Christus wanneer ek ware berou het oor die sonde in my lewe.

God wek liefde in ons harteSou daar ooit liefde in die wêreld gewees het as dit nie was dat God – wat Liefde is! – dit in my hart kom wek nie? Hoe kan ek dan so selfsugtig en onverskillig omgaan met God se liefde? Uit dankbaarheid vir God se oneindige liefde wat Hy aan my bewys het in sy Seun, moet ek hierdie liefde, wat ek onverdiend uit sy Vaderhart ontvang het, gebruik om God en my naaste lief te hê: “Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg” (Ef. 5:1).

Uit ons eie kan ons dit nie doen nie, maar God belowe ons dat ons tot alles in staat is deur sy krag (vgl. Fil. 4:13). God het juis sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het (vgl. Rom. 5: 5 – lees gerus die hele Romeine 5-hoofstuk en kyk hoedat God drie-enig betrokke is by die redding en vryspraak van die sondaar en watter rol liefde gespeel het in die grootste reddingsdaad ooit!). Deur die werking van sy Gees in ons harte en lewens, stel God ons in staat om ons broers en susters in die geloof lief te hê, ondanks ons verskillende geaardhede en persoonlike verskille (en soms ook geskille!).

Page 5: Liefde onder mekaar - gksa.org.zagksa.org.za/pdf2016/Vroueblad Februarie 2016 - Lusmaker.pdf · God se liefde en die bediening van sy liefde, is nie ‘n keuse wat jy maar mag doen

9

in diepte

Februarie 2016

LIDMAATPRAATJoe Venter: In Christus het die onmoontlike moontlik geword toe Hy gesê het, ek stuur vir julle ’n ander Trooster, naamlik die Heilige Gees, dáárom het hierdie liefde in Christus moontlik geword…….vir jou en vir my. Leef dit daagliks uit.

J

ot’nHlgL

Gaan uit en bedien God se liefdeAs kinders van God moet ons mekaar elke dag van ons lewens met sy liefde bedien – en dit beteken harde werk. Dit is nie net ’n gevoel of emosie: Ek hou van jou en daarom doen ek mooi dinge vir jou nie. Dit is juis sy liefde wat in my na vore moet kom, wanneer ek voor iemand staan wat nie dieselfde dink as ek, of doen soos ek nie. Daardie persoon van wie ek nie eintlik hou nie, moet ek onvoorwaardelik met God se liefde bedien. Ék moet op die agtergrond skuif en God moet na vore kom. Hy het sy Seun aarde toe gestuur om vir ons dié voorbeeld van liefde te wees. Hy kom en vergewe ons en red ons uit die ewige dood. Alles uit liefde en dit spel oneindige genade!

Daarom word ek deur sy onvoorwaardelike liefde verplig om ook lief te hê.

Page 6: Liefde onder mekaar - gksa.org.zagksa.org.za/pdf2016/Vroueblad Februarie 2016 - Lusmaker.pdf · God se liefde en die bediening van sy liefde, is nie ‘n keuse wat jy maar mag doen

12 November 2015

Die kliekvan die

kantrokke

Deur Griet Swanepoel

leefdinge

Page 7: Liefde onder mekaar - gksa.org.zagksa.org.za/pdf2016/Vroueblad Februarie 2016 - Lusmaker.pdf · God se liefde en die bediening van sy liefde, is nie ‘n keuse wat jy maar mag doen

13Februarie 2016

leefdinge

“By ons is dit net die kliek van die kantrokke wat besluite neem,” vertel ‘n kollega nou die aand oor die bestuurstyl van haar eie gemeente – ‘n geslote kring van

eksklusiewe vroue wat hulle gemeente al vir jare regeer.

y vertel my van haar belofte aan die Here. Dit was so ‘n jaar terug.

Sy was baie siek, ‘n groot operasie was toe noodsaaklik. Niemand het haar ‘n kans gegee om te oorleef nie.

“Ek het egter bly worstel met die Here ter wille van my kinders en my man,” sê sy.

Sy het daar belowe dat as sy gesond word, sy in die Here se kerk sal werk. Toe het sy die wonderwerk begin voel. Sy het so herstel dat sy selfs weer kon terugkom werk toe. Só het sy toe aangebied om in haar gemeente te arbei: Sy het aangebied om die groot kombuis vir hulle te organiseer.

Terwyl sy steeds voltyds werk, spandeer sy haar aftyd in die kombuis. Alles is georganiseer, gemerk en skoongemaak, vertel sy. Sy vertel breedvoerig wat sy alles doen: Sorg vir die skoon vadoeke en tafeldoeke, kyk na al die voorrade. Voorstelle mag sy egter nie maak nie.

“Die kliek van die kantrokke keur alles af,” sê sy moedeloos.

Sy doen dit egter al die afgelope jaar uit die liefde van haar hart. Dankbaar dat sy vir haar kinders en haar man gespaar is. Sy vra my raad want haar man is omgekrap omdat sy al ‘n paar keer hartseer by die huis van die kerk afgekom het.

“Die kliek van kantrokke se inspeksies maak dit vir my so moeilik. Hulle het nou die dag per ongeluk ‘n vuil koppie in die rak gekry en ‘n groot bohaai daaroor gemaak.”

Dit is asof sy nou vir hulle moet werk en dit was glad nie haar doel toe sy haar belofte gemaak het nie. Oor die kleinste dingetjie of stofstrepie is sy nou in die moeilikheid. Sy is skoon angstig as een van hulle voor kerk na die kombuis toe kom en hulle kantrokke daar kom swaai vir hulle inspeksie.

“Self sit hulle nie hulle hande in die water nie, maar hulle wil my net heeltyd kritiseer,” sê die vrou nou bitter.

“En ek wil so graag net my belofte nakom,” sê sy.

Ek kan sien sy is in ‘n doodloopstraat. “Kom maar na ons kerk toe,” nooi ek,

“ons het regtig nie klieks nie.”Ek weet sy sal nou ‘n bietjie verder

moet ry om kerk toe te kom en sy is in ‘n ander kerkverband. Ek wonder of sy tog sal kom. Die res van die week sien ek haar nie weer nie.

Die volgende Sondag staan ek voor in die kerk om die voorsang te doen.

“Ons eerste psalm is ‘n loflied en ons sing Psalm 107:1, 9 10,” kondig ek af tydens ons eerste voorsang van 2016.

Ek staan voor die gemeente en sien hoe almal begin sing. Die orrel se pype bring ‘n jubelklank in die lofpsalm wat saam met ons gemeente se stemme opstyg. Almal sing uit die hart. Ons sing almal saam dat God so goed is, dat Hy ons verlos uit al ons ellende, ons is vry van die slawebande. Toe kom vers nege met die mooiste woorde: Hy verlos ons uit die angs en ons verfloudheid, Hy verander ons lot. Hy het sy woord gestuur wat siekte en kwaal genees en self ‘n engel in die uur as ons die dood vrees. Die psalm bring vir my soveel troos. Net soos die Israeliete van ouds kan ons deur die Rooi See stap, ongeskonde.

Skuins voor my sit die oom wie se vrou veg teen kanker. Hy is vandag alleen in die bank. Regs voor my sit die pa wat sy seun verloor het. Ek weet die kerk se orrelklank laat die laaste wal van menswees breek. Ek voel sy pyn tot in my diepste menswees.

My stem verraai my hartseer maar ek praat voort.

“Ons sing ons volgende psalm. Dit is Psalm 89:1,6. Ons sing van God se goedertierenheid wat ewig is. Sy trou wat nooit sal beswyk nie. Dan nog verder sing ons van hoe gelukkig ons is om na God se woord te kan luister, om in sy lig te kan wandel. Ons kan ons verheug in sy grote krag wat alle krag oortref, in sy geregtigheid en trou.

Ek dink aan die rand wat tuimel, die Vrystaat se droogte, die moeilike jaar wat voorlê, daar is soveel onluste. Ek wonder of my sussie nou Australië toe sal emigreer. Hulle is nou al ses weke daar om te kyk of dit tog so groen is as wat almal vertel. Ek dink aan die fliek “Paw paw vir my darling”, wat nou in die teaters draai en besef ons gemeenskap daarbuite is heeltemal voos. Ek moet fokus om die laaste lied op die voorsanglysie te kan lees.

“Ons laaste lied is Skrifberyming 3-3 en ons sing al die verse,” sê ek met ‘n hart wat wil troos.

Die gemeente sing almal saam van ons verlossing, van die moed vir bedruktes, van genade so ryk en vry. Troos vir die treurendes, herstel in ‘n vreemde land, van God se verbond wat vir ewig vas staan. Ons juig saam almal saam oor ons verlossing – ons kan as gelowiges saam ‘n oorwinningsfees vier.

Dit is eers ná die voorsang dat ek haar in die kerk raaksien. Buite die kerk haak ek by haar in en nooi haar vir tee.

Sy wys na my rok, dit is ‘n rok wat ek gekoop het vir my kind se troue –die duurste rok in my kas.

“Ek kan sien hoekom jy so gelukkig is – hier is liefde. ‘n Mens kan dit aanvoel. Hou dit so. As ek jou goeie raad kan gee – pasop vir dié kantrok!”

S