Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE)...

13
Lente UItgawe 2013

Transcript of Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE)...

Page 1: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

Lente UItgawe 2013

Page 2: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

Inhoud

1: Voorsitter Verslag

2: Lief en Leed

3: Kongres 2013

4: Fotos

5: Kampe

6: Die wet en sleep

7: Vir die Visserman

8: Kontak Besonderhede

Page 3: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

Beste SAWAnante,

Vir ‘n paar weke nou al word ek deur die redakteur (wat ongelukkig vir my ook die persoon is wat my in die aande warm hou)

gejag vir my verslag vir die eerste uitgawe van sy boekie.

Ek het egter met voorbedagte rade soveel as moontlik probeer afstel, juis omdat ek wou hê ons moet eers die hoogtepunt van

ons kalender agter die blad kry: Die kongres… meer daaroor egter later.

Die eerste paar maande van ons nuwe bestuur se jaar was al redelik vol aktiwiteite en beplannings gewees.

Die bestuur se eerste offisiële vergadering en beplanningsessie het in die vorm van ‘n bestuursaamtrek plaasgevind by

Malonjeni die naweek van 6 – 8 September 2013. Ons het ook die geleendheid gebruik om mekaar bietjie beter te leer ken en

ons koppe bymekaar te sit aangesien daar heelwat aktiwiteite in die volgende jaar plaasvind wat ons moet verseker

geleendhede is wat ons lede lewenslank met hulle sal saamdra. Elke bestuurslid is goed ingelig van hulle verpligtinge en ons

hoop dat ons regtig waarde kan voeg tot elke lid se kamp-ervaring in die jaar wat voorlê. Tydens die vergadering was daar ook

‘n deurlopende tema wat opgekom het: SAWA Kempton Park moet konsentreer op hulle kwaliteit lede! Ek waarborg dus dat

dit beslis die moeite werd sal wees om vir die volgende jaar se saamtrekke, elke saamtrek sommer al vroeg in te PEN, want

julle sal dit nie wil misloop nie!

Tydens September was daar geen streeksaamtrek nie, en ek het as ‘n “plakker” (dit word losweg vertaal as “tentkamper”) die

Nasionale saamtrek te Koppisol bygewoon. Dit was voorwaar ‘n lekker kuier-geleendheid en alhoewel ons net twee Kempton

Park-lede was wat die naweek bygewoon het, het ons heerlik deelgeneem aan Saterdag se broodbak-kompetisie en ek kan met

trots aankondig dat streek Kempton Park se naam hoog gehou was: Die Jacobs-span (dit sou myself nou ook insluit… ek sal mos

maar altyd ‘n ou Jacobsie bly) het met die louere weggestap en die ander streke gewys hoe om brood te bak! Wel gedaan Oupa

Johan en Ouma Mariëtte!

So kom ons toe uit by die datum in ons kalender wat ons in rooi omring het met ons AJV in 2012: die Kongres te Buffelspoort.

Maande se beplanning, harde werk, siek word van die spanning en borge wil ophang vir op die laaste oomblik se ontrekking,

was beslis die moeite werd. Met die hulp van die span wat ons bygestaan het, kon ons as bestuur nie gedroom het dat dinge

beter sou verloop nie.

13 van ons 15 Kempton Park waens het reeds die Donderdag al opgetrek Buffelspoort toe en die ander twee verlore skape het

alreeds vroeg Vrydagoggend aangemeld. Soos ‘n wafferse rugby-span geklee in ons kleur gekoördineerde hemde, was die span

onmisbaar gewees. Vrydagoggend 7uur was elke persoon op hulle pos reg om gaste vriendelik te ontvang en welkom te laat

voel… en het ons mense dit nie met oorgawe gedoen nie! Elke aankomende gas ‘n verwelkom met ‘n vloeibare melktertjie en

sy welkom-sak en kongres koevert is aan hom oorhandig. Daarna is ons ywerige plekaanwysers op hulle golfkarretjies vort om

elke persoon persoonlik na hul staanplek te neem. En alhoewel die mense moes styf staan – ons het slegs 81 staanplekke

gehad om 114 woonwaens op staan te maak – het die meeste van ons Sawanante begrip getoon en vriendelik plek gemaak vir

nog ‘n siel wat later moes intrek. Dit het met tye besig geraak, maar gelukkig is ‘n Kempton Parker nie bang vir werk nie en as

dit nodig was, het die mense wat van diens af was gou weer ingespring om te help.

In die tussentyd moes ons ook begin met die voorbereiding van Vrydagaand se ete: die bunny chow’s. Onder die leiding van

Wayne, Celeste en Joey, kon ons vir net oor die 300 gaste ‘n heerlike ete voorsit wat menige groot restaurante sou groen ge-

maak het van jaloesie! Niemand het honger gaan slaap nie en met ‘n keuse van òf warm òf kalm (mild) hoender of beesvleis,

Voorsitter verslag

Page 4: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

was daar vir ‘n verskeindenheid smake voorsien. Met so ‘n kookspan, mag ons moontlike ‘n nuwe besigheids geleendheid in

die gesig staar…

Na al die aktiwiteite die Vrydag, was ons klomp kampkommandante redelik poegaai gewees die aand en terwyl die res van die

kongres gaste bietjie geskoffel het, het ons klomp dit ‘n vroeë aand gemaak, met die uitsondering van ons kookspan en ‘n paar

brawe siele: Ek vermoed hulle het êrens ‘n geheime voorraad energie drankies gehad, maar hoe dit ookal sy, hulle het kans

gesien vir lekker kuier!

Saterdag was weereens ‘n vroeë dag gewees met die kongres vergadering wat reeds om agt uur begin het. Baie belangrike

besluite wat geneem moes word was op die agenda gewees en dit het ook geleendheid geskep vir baie interessante gesprekke.

Die verandering in die grondwet wat die weglating van die gebiedstruktuur sou beteken en die vergroting van die huidige

dagbestuur sou beteken is egter afgekeer en dit beteken dat daar weer in 2014 ‘n gebiedsaamtrek sal plaasvind vir Oosrandia,

maar meer daaroor sodra die finale jaarprogram vasgemaak is vir volgende jaar. Daar is wel besluit om die jaarlikse ledegeld te

verhoog met R15 vanaf 1 Desember 2013. Die intreë geld is egter verminder van R150 na R120 wat eenmalig betaalbaar is met

aansluiting.

Die dagbestuur bly egter onveranderd en lyk vir die volgende jaar as volg:

Nasionale President - Nico Spaumer (Elandsrand)

Nasionale Voorsitter - Jurie Dreyer (Mooifontein)

Nasionale Onder-Voorsitter - Jannie Meyer (Elandsrand)

Nasionale Sekretaris - Willie Bronkhorst (Rietvallei)

Nasionale Penningmeester - Hardus Vosloo (Vossie) (Olifantsrivier)

Nasionale Korrespondent - Andrè Knoetze (Kempton Park)

Ons huidige gebiedsbestuurder (en ook trotse Kempton Parker) Johan Jacobs, het ook besluit dat dit nou uiteindelik tyd is om

na bykans 28 jaar se aan en af op besture dien in SAWA, die leisels oor te gee aan die jonger geslag en Brian Van Niekerk (van

Elandsrand) is verkies tot Oosrandia se nuwe gebiedsvoorsitter, met Lea Langenhoven (Mooifontein) wat weer herverkies is as

sekretaresse.

Saterdagaand se dinee was weereens ‘n spog geleendheid gewees en met die leiding van Stella, Yvonne en Hermien, was die

saal ‘n plesier om te aanskou… ten spyte van blompotte wat ons halfpad deur die dinee in die steek gelaat het en begin bars

het! Dit het darem vir ‘n paar ligter oomblikke gesorg en ons kon soos gewoonlik op ons lede staatmaak om te help om die

“gevaar” uit die saal te ontruim.

Tydens die dinee is daar oudergewoonte ‘n hele paar toekennings oorhandig aan Sawanante wat uitsonderlike diens gelewer

het op nasionale vlak. Uit Kempton Park se geledere is Johan Jacobs vereer vir sy uitsonderlike werk en volgehoue diens aan

SAWA. Daar was ook heelparty ander nasionale toekennings wat toegeken is aan lede uit die Oosrandia gebied, waarvan die

mees noemenswaardigste aan Edith Böhnen gegaan het wat bekroon is as SAWA Vrou van die Jaar: Baie geluk, tannie Edith!

En met Sondag se eredien en aflsuiting, het dit ons gebring aan die einde van ‘n ongelooflike suksesvolle geleendheid en ook

die tipe van geleendheid waarop enige bestuur sal trots wees om hulle jaar mee af te skop.

Aan die bestuur en ander Kempton Park lede wat ons so ongelooflik baie bygestaan het: Baie dankie vir julle harde werk en

tonne moeite!

Ek lys dan ook graag elke persoon en borg wat ‘n aandeel gehad het in die naweek:

Page 5: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

Ek sluit graag af met die volgende gedagte van die befaamde kunstenaar, Vincent Van Gogh: “I would rather die of passion,

than die of boredom”.

En met daardie gedagte vra ek vir elke liewe een van julle, ons lede: Het jy nog passie vir dit wat jou soveel genot besorg? Het

jy nog passie vir SAWA?

Vriendelike SAWA-groete

Nita

Individuele Bystand Korporatiewe Borge

Deon & Stella Coleske Kempton Caravans

Lourens & Celeste Botha Jaguar Landrover N4, Witbank

Leon & Letitia Janse Van Rensburg Jacobs & Co. (ANF Incorporated)

Francois Nel & Wilma Möller Mystic Events & Promotions

Gerhard & Joleen Jacobs Eskom

Johan & Mariette Jacobs Sakkie’s Electrical

Wayne & Luzyne Harris Woodlands Dairy

Joey Bloem & Johan Van Der Linde Lindsay Saker Airport

Johan & Hermien Chatwind

Willie en Hannelè Badenhorst

Vossie & Yvonne Vorster

Danie & Elize Janse Van Rensburg

Boet & Cathy Van Eck

Andrè & Cindy Olivier & Billy van der Merwe

Andrè & Juliana Knoetze

Anton & Sondra Koekemoer (Vaalrivier)

Page 6: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

Lief:

Marius en Melissa het ‘n seun ruiker geword

Gerhard en Joleen het hulle eerste huis gekoop

Lourens en Celeste vier hulle 19ed huweliks herdenking

Nita en Rossouw koop nuwe woonwa

Johan en Mariette koop nuwe woonwa

Leed:

Stella was in die hospitaal

Vossie het ‘n tandheelkundige operasie gehad

Andrè en Cindy was beroof by Buffelspoort

Wayne se oogoperasie was nie so suksesvol nie

Gerhard en Joleen se tent is verwoes deur die wind

Baie lede het hael skade gehad met die storms

Lief en Leed

Page 7: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

Kongres 2013 Die Kongres 2013 was ‘n groot sukses danksy Nita en haar span

harde werkers en die

goeie saamewerking van

die bestuur by

Buffelspoort.

Daar was ongelukkig ‘n in-

sedent waar André en

Cindy beroof was van

items wat by hulle

woonwa gestaan het, ons

moet maar almal waak

hierteen.

Baie dankie aan almal, vir

die harde werk.

Deel van die welkom

span

Die kos maak span

Page 8: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

Fotos Die bestuur het so biet-

jie by mekaar gekom

om die kongress reel-

ings klaar te maak en

bietjie te kuier

Page 9: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

Kampe

Oord: Klipdraai

Datum: 6-8 December

Waar: Meyerton

Kampkommandante: Bestuur (kerskamp)

Page 10: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

Die wet en sleep

So ons almal sleep te lekker, maar is ons kombinasie wettig en

sal die versekering betaal sou daar ‘n ongeluk wees.. Hier is wat

die wet sê:

Eerstens is daar die bestuurs lisensie wat jy het. Indien jy ‘n B-

lisensie het mag jy net iets sleep tot op ‘n maksimun BVM (GVM)

van 750kg of dit nou gerem is of nie. Om iets swaarder te sleep,

het jy ‘n EB-lisensie nodig,wat jou dan toelaat om tot op 3500kg

sleep.

Die tweede ding wat ons na moet kyk is die gewig en lengte van

die sleep voertuig en die sleepwa/woonwa:

-Die kombinasie mag nie langer as 22m wees nie

-As die sleepwa nie ‘n remstelsel het nie moet die sleepwa se

BVM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE)

bo 1500kg.

-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as

3500kg weeg, moet hy tenminste “inloop-remme” op hê

-As die sleepwa/woonwa “inloop-remme” het mag die BVM van

die sleepwa/woonwa nie meer wees as die TARRA van die sleep

voertuig nie.

-As die BVM van die sleepwa/woonwa meer as die TARRA van

die sleep voertuig is moet die sleepwa/woonwa “diens-remme”

hê, en ’n sleepwa/woonwa bo 3500kg moet “diens-remme” hê.

-Die neus-gewig mag nie meer as 100kg wees op ‘n standaard

voertuig haak nie.

Page 11: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

-Die sleep voertuig se maksimum sleep kapasiteit mag nie oorskry word nie.

-Die speelstang se maksimum sleepgewig (soos op die plaatjie vertoon)mag

nie oorskry word nie.

-Alle sleepwaens/woonwaens moet parkeerrem hê (‘n baksteen of kabel/

kettang deur die wiel is ook ‘n parkeer rem)

-Alle sleepwaens/woonwaens moet ‘n “chevron” bord agter op hê.

-Alle woonwaens moet geel weerkaats streep op die kant hê, asook alle

sleepwaens en ry-huise wat na 2006 vervaardig is.

Dit is die kort en lank van die basiese vereistes van wat die wet sê, nou vat

die versekering firmas die dinge nog so bietjie verder en bo en behalwe die

bogenoemde sal hulle moontlik ‘n eis weier as die volgende vereistes nie

aan voldoen word nie.

-Die sleepstang en / of sak-plaat is nie SABS goedgekeur nie.

-Die sleepstang/sak-plaat kombinasie is nie saam as ‘n eenheid SABS

goedgekeur nie.

-Die woonwa/sleepwa is nie jaarliks deur ‘n goedgekeurde diens sentrum

gediens nie.

-Eenige van die bande op die kombinasie is ouer as 5 jaar.

Kom ons maak seker ons sleep veilig, lekker en binne die wet.

Informasie van: National Road Traffic Act 93 of 1996 with amendments of

1998, 1999 and 2003

Government Gazette

Old Mutual

Carasure

Page 12: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

Vir die Visserman

Page 13: Lente UItgawe 2013 - sawa.org.za … · VM onder 750kg wees en die sleep voertuig se TARRA (TARE) bo 1500kg.-As die speepwa/woonwa meer as 750kg maar minder as 3500kg weeg, moet hy

Kontak Besonderhede Voorsitter: Nita van der Merwe

071 887 8620, [email protected]

Onder-Voorsitter: Deon Coleske

083 658 8024 [email protected]

Sekretaresse: Stella Coleske

084 507 3495 [email protected] Penningmeester: Lourens Botha 082 851 1147 [email protected] Assistant Penningmeester: Leon Janse van Resnburg 082 334 3550 [email protected] Batehouer: Francois Nel 082 659 2931 [email protected] Redaksie: Rossouw Toerien 079 349 7021 [email protected] Jeug Koördineerder: Gerhard Jacobs 083 662 5589

[email protected]