KANSA bied lewenskwaliteit te kan verbeter tydens …...• 15 140 Papsmere vir die opsporing van...

46

Transcript of KANSA bied lewenskwaliteit te kan verbeter tydens …...• 15 140 Papsmere vir die opsporing van...

KANSA bied riglyne en ondersteuning aan kankeroorwinnaars en hul families om hul lewenskwaliteit te kan verbeter tydens al die

behandelingsfases

Elkeen wat met kanker gediagnoseer word, beleef die ervaring op ‘n unieke wyse.

Geen mens volg dieselfde paadjie tydens en na kankerbehandeling as ‘n ander nie.

Almal hanteer 'n kankerdiagnose, behandeling en selfs remissie op

verskillende maniere, maar een ding wat almal in gemeen het, is die behoefte aan 'n goeie ondersteuningsnetwerk

Ondersteuningsgroepe

KANSA se aktiewe ondersteuningsgroepe bring pasiënte, langtermyn oorwinnaars en geliefdes in aanraking met ander oorwinnaars en versorgers vir insig, morele ondersteuning, hoop en inspirasie - asook sterwensbegeleiding waar nodig

Ondersteuningsgroepe

Ondersteuningsgroepe sluit in:

• ’Hoping is Coping’-groepe

• ’Sharing and Caring’-groepe

• Kankerspesifieke groepe (soos prostaatkanker ondersteuningsgroep)

• Weeklike besoeke aan onkologie sentrums

• ‘Tough Living with Cancer’ (TLC)-groepe (ondersteuning aan kinders met kanker en aan gesinne wat deur kanker geraak is)

Kanker kan ons op meer as net ‘n fisiese vlak raak. Of jy nou nuut-gediagnoseer is en of jy reeds vantevore kanker gehad het, of die versorger/geliefde is van iemand wat kanker het, jy kan emosionele en/of geestelike spanning as deel van ‘n natuurlike menslike reaksie ervaar

Individuele Berading

Individuele berading in 'n veilige en geborge omgewing is 'n effektiewe manier om van sulke spanning ontslae te raak

Ons ervare beraders staan mense by om hulle gevoelens, aspirasies en vrese beter te hanteer. Berading is beskikbaar vir mense met kanker asook hulle geliefdes

Jou donasie van R60 kan ons help om vir een

individuele berading sessie te betaal

Mediese Uitleen van Toerusting • Sorgtuistes verhuur mediese

toerusting aan kankerpasiënte, soos rolstoele, stilletjiestoel of eierdop matrasse, na 'n operasie of tydens behandeling

• Behandeling van kanker lei dikwels tot haarverlies. KANSA het baie pruike wat gehuur of gekoop kan word

Marie Claire Kindest Cut Veldtog

• KANSA is in vennootskap met Marie Claire en daag lesers uit om deel te word van die Kindest Cut Veldtog

• Lesers word uitgedaag om hul hare te skenk of 'n aanlyn donasie aan KANSA te maak, om sodeonde pruike te lewer aan ons KANSA Sorgsentra vir kanker pasiënte – besoek http://www.cansa.org.za/marie-claire-kindest-cut-campaign/

Marie Claire Kindest Cut Veldtog

Hoe om jou hare te skenk: • Hare moet 22cm of langer wees

• Hare moet skoon en droog wees

• Wanneer die hare gesny word, bind asseblief beide kante met 'n rekkie en plaas in 'n zip-lock sakkie

• Om uit te vind waar om die hare te stuur of om 'n skenking te maak , besoek Marieclaire.co.za

KANSA het die afgelope jaar... • Ondersteuning aan 7 493 individuele

kankerpasiënte verleen deur middel van ons 110 ondersteuningsgroepe en met behulp van ons 2 950 opgeleide sorg- en ondersteunings- vrywilligers

• Ongeveer 3 045 pasiënte elke maand besoek en ondersteun terwyl hulle kankerbehandeling by onkologie-klinieke ontvang het

• 45 000 individue wat deur kanker geraak is met berading ondersteun terwyl 4 278 mense baat gevind het deur mediese hulptoerusting wat aan hulle beskikbaar gestel is

KANSA Sorgtuistes Ons verskaf landswyd huisvesting aan pasiënte wat ver van hulle huis moet reis vir kankerbehandeling

Pasiënte gaan vir gemiddeld ses weke op 'n keer tuis by ons KANSA Sorgtuistes. Maaltye en vervoer na en van die verskeie behandelingsentra word ook gratis verskaf

Pasiënte ontvang ook holistiese sorg en ondersteuning tydens hul verblyf (ondersteuningsgroepe, 'n paar Sorgtuistes het susters wat ook sorg aan die pasiënte bied)

KANSA het die afgelope jaar...

4 186 Individuele pasiënte by KANSA se 12 Sorgtuistes verwelkom

Tydens die pasiënte se gekombineerde verblyf van 6 weke, is 376 740 maaltye aan hulle voorgesit

Jou donasie van R500 sal ons help om akkommodasie, kos en vervoer te verskaf aan kanker-oorwinnaars wat ver moet reis

vir behandeling

KANSA Sorgfasiliteit

Kanker- (en ander) pasiënte word uitstekend versorg in ons 8-bed hospitium - die Theunis Fichardt Hospitium in Polokwane

KANSA Ondersteuning vir kinders en families KANSA TLC Nicus-tuiste by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria is ‘n Sorgtuiste vir ouers wie se kinders kankerbehandeling ondergaan en het die geweldige behoefte bevredig aan verblyf vir ouers vir die duur van hul kinders se behandeling

Ons ondersteun ook 'n KANSA TLC Pediatriese Onkologie-Saal by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal in Polokwane wat in-huis akkommodasie aan moeders, voogde en versorgers bied

Spesialis sorg wat aangebied word by sommige van ons KANSA Sorgsentra behels die behandeling van die komplikasies as gevolg van die behandeling van kanker - spesifiek limfedeem, stoma en behandeling van akute en chroniese wonde

KANSA bied ook borsprosteses, wat kundig gepas word deur opgeleide KANSA personeel en vrywilligers en word verkoop by sekere Sorgsentra, waar berading en ondersteuning gedurende hierdie proses insluit

Besoek gerus ons webwerf om te bevestig of jou KANSA Sorgsentum hierdie diens bied

www.cansa.org.za

Akute en Chroniese Wondsorg • Wonde genees deur die liggaam se

natuurlike helingsproses, maar daar is tye wanneer ‘n wond – klein en groot – nie genees soos dit moet nie

• Sommige van die KANSA Sorgsentra bied raad en spesialis wondsorg aan pasiënte

Stoma-sorg

• Ons kundiges doen voor- en na-operatiewe berading en help vooraf om die optimale stoma ligging te bepaal

• Advies oor inkontinensie en hanteringsvaardighede word aan pasiënte en hul gesinne gebied

• Ons bied ook die verkoop van koste-effektiewe stoma produkte

Limfedeembehandeling

Ons help met die versorging van pasiënte met limfedeem

Ons spesiaal opgeleide terapeute gebruik Volledige Ledigingsterapie (VLT) om limfedeemsimptome by kankerpasiënte te verlig

VLT-behandeling sluit in manuale limfdreinering, drukverbande, spesiale oefeninge en vel- en naelversorging

Let asseblief daarop dat limfedeembehandeling is slegs beskikbaar by sommige van die KANSA Sorgsentra (besoek ons webblad vir meer besonderhede)

KANSA het die afgelope jaar... • Spesialisversorging aan meer as

4 539 stoma pasiënte oor die afgelope jaar gebied

• Sorg aan ‘n gemiddeld van 44 limfedeem pasiënte maandeliks verskaf

KankerSorg Hanteringsgids

• ‘n Kankerdiagnose kan vreesaanjaend en spanningsvol wees. Daarom is ons KankerSorg Hanteringsgids (2 oudio CD's) so waardevol vir mense wat onlangs met kanker gediagnoseer is. Dit verskaf inligting en praktiese wenke om fisiese, emosionele en geestelike welsyn te bevorder, voor en tydens behandeling – kortweg, dit help jou en jou geliefdes om kanker te kan hanteer

• Ons hersiene gidse bevat ook wenke en advies van kankeroorwinnaars wat weet hoe moeilik dit werklik is om met kanker saam te leef

Jou donasie van R120 kan ons help om die

KankerSorg Hanteringsgids te produseer en aan ‘n

kankeroorwinnaar beskikbaar te stel

Ons beveg kanker o.a. deur die publiek bewus te maak

van die noodsaaklikheid van vroeë opsporing om meer effektiewe

behandeling en ‘n beter kans op herstel moontlik te maak

Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram

• Gemeenskappe ver van KANSA Sorgsentra trek voordeel uit ons bestaande gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram

Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram

Dit sluit in:

• Gereelde kankersiftingsklinieke wat soveel mense moontlik bereik. Diegene wat met kanker gediagnoseer word en behandeling benodig, word bygestaan

• Ons bied ook opleiding aan tuisversorgers in gemeenskappe

• Mobiele Gesondheidseenhede reis na afgeleë gebiede in Suid-Afrika om mense te bereik wat nie andersins toegang tot kankersiftings-ondersoeke sou hê nie (Papsmere, PSA’s, borsondersoeke, ens.)

Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram

Jou donasie van R4 500 kan een van ons

mobiele klinieke vir ‘n dag onderhou

Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram – PHAKAMISA

• Phakamisa bied 'n geleentheid aan vrywilligers om in die ondersteuning van borskanker pasiënte te spesialiseer

• Ons bemagtig vrywilligers met hoë-vlak kennis en vaardighede in hierdie veld

• Vrywilligers help en navigeer borskanker pasiënte om die openbare behandelingsisteem vinniger en meer doeltreffend te gebruik

• Dit lei tot ‘n meer speodige diagnose en beter behandeling wat tot ‘n laer sterftesyfer sal bydra

• Slegs vrywilligers met ondervinding word gekeur vir hierdie program

• Hulle versterk en ondersteun die verwysingstelsel asook die opvolg van borskanker pasiënte

Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram – PHAKAMISA

Het jy geweet? • Ons het meer as 350 Phakamisa vrywilligers opgelei wat 85 600 vroue

direk bevoordeel het

Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram – MOVEMBER

• Vrywilligers help en navigeer prostaat- en testikulêrekanker pasiënte om die openbare behandelingsisteem meer doeltreffend te gebruik

• Hulle ondersteun en probeer om die behoeftes van die pasiënte en hul families te bevredig

• Hulle bied ook bewusmakingsprogramme in hul onderskeie gemeenskappe

• Manlike vrywilligers word gewerf en opgelei vir die Movember Navigeer Projek

• Almal is opgelei in prostaat- en testikulêrekanker

Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram – MOVEMBER

Het jy geweet? • Tussen Februarie en Junie 2013 het ons 97 mans as vrywilligers opgelei,

waaronder daar 9 leier-vrywilligers was, wat ‘n impak gehad het op 27 000 mans.

Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram

• ‘Soek-die-moesie’-velklinieke word gehou tussen November en Februarie, met die hulp van die FotoFinder masjien

Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram

• Prostaat siftingstoetse, met die gebruik van die vinnige Prostaat Spesifiek Antigeen (PSA) toetse

• ‘n PSA toets is 'n eenvoudige bloedtoets wat help om prostaatkanker op te spoor

Gemeenskapsgebaseerde kankersorgprogram

• Servikale siftingstoetse

• Borsondersoeke (met die hulp van die SureTouch masjien)

• Lewensrisiko assessering

Gemeenskapsgebaseerde kankerbewusmakingsveldtogte

• Aktiewe deelname aan Gesondheidsdae

• Jaarlikse bewusmakingsveldtogte, naamlik

– Mansgesondheid

– Vrouegesondheid

– Kinders en Jeug

– Omgewing (insluitend SonSlim)

– Geen-Tabak

– Gebalanseerde Lewenstyl

Jou donasie van R200 kan ons help om 600

bewusmakingspamflette te druk

KANSA het die afgelope jaar...

Kankersiftingstoetse gedoen:

• 15 140 Papsmere vir die opsporing van servikale kanker en ‘n verdere 4 824 is gefasiliteer in venootskap met die Departement van Gesondheid (DVG) vir servikale kanker

• 16 310 Borsondersoeke om knoppe op te spoor en ‘n verdere 1 726 is gefasiliteer in ‘n venootskap met die DVG

• 9 773 PSA-toetse om prostaatkanker op te spoor en ‘n verdere 110 is gefasiliteer in ‘n venootskap met die DVG

• 726 Velondersoeke en 1 191 Fotofinder-ondersoeke vir velkanker

KANSA het die afgelope jaar...

670 000 inligtingspamflette en 8 300 plakkate versprei om ons bewusmakingsveldtogte te bevorder

Toegewyde KANSA Inskakelsentrum

Vriendelike en bekwame personeel by ons tolvrye inskakelsentrum bied deernisvolle diens, bewusmakingsmateriale, inligting en verwysings aangaande enige aspek van kankerondersteuning en -sorg. Ons beantwoord jou vrae en spreek jou bekommernisse aan

Kontak ons: Skakel ons tolvry by 0800 22 66 22

Die KANSA Inskakelsentrum het in die afgelope jaar...

• 21 000 mense bedien in reaksie op navrae en versoeke

• 13 000 mense is telefonies bygestaan

• 8 000 epos-navrae gehanteer

Kontak ons:

Skakel ons tolvry by 0800 22 66 22

Epos [email protected]

Besoek ons by www.cansa.org.za

Jou donasie van R150 kan help om die Inskakelsentrum vir ‘n

halfuur te beman

KANSA se nasionale toekennings

• Gebaseer op gesonde bestuur, word KANSA vandag gerespekteer as 'n internasionale leier in die stryd teen kanker en 'n bekroonde NWO

KANSA ondersteun oorwinnaars aanlyn

• Teken in op ons KANSA se Nasionale Facebook-blad:

CANSA The Cancer Association of South

• As jy 'n oorwinnaar is, besoek asseblief ons Facebook-blad ter ondersteuning van kankeroorwinnaars:

Champions of Hope - CANSA Survivors

• Word ook deel van ons Twitter-blad:

@CANSA - http://twitter.com/cansa

• Word deel van ons Pinterest:

http://pinterest.com/cansa/

• Kyk na ons videos op YouTube:

http://www.youtube.com/user/can1000sa

KANSA ondersteun oorwinnaars aanlyn

• KANSA het ook die nuwe e-aanlyn iSurvivor program bekendgestel wat die eerste van sy soort in die wêreld is. Dit maak gebruik van kort, weeklikse e-posse wat kankeroorwinnaars help met hulle kankerreis en help oorwinnaars om dit beter te hanteer

• Hierdie is 'n gratis e-pos program geskryf deur 'n kankeroorwinnaar om ander oorwinnaars te help

• http://www.isurvivor.org.za

Kyk ons videos

• Aartsbiskop het ‘n boodskap vir jou:

http://www.youtube.com/watch?v=CTeis0HRXXk&feature=c4-overview&list=UUsAPiRjevTiGiAvUV1WU77g

• KANSA Sorg en Ondersteuning:

http://www.youtube.com/watch?v=swNltOAZSwE&feature=c4-overview&list=UUsAPiRjevTiGiAvUV1WU77g

• KANSA Sifting:

http://www.youtube.com/watch?v=Hfq5z3MtSz4&feature=c4-overview&list=UUsAPiRjevTiGiAvUV1WU77g

KANSA as ’n Waghond

• KANSA se aktiewe waghondfunksie en toepaslike posisie is gebaseer op die bevindings van wetenskap-gefundeerde navorsing. KANSA gebruik voorspraak en steunwerwing om besluitnemers in te lig oor die veranderinge wat nodig is om die publiek te beskerm teen bekende karsinogene (kankerveroorsakende stowwe)

Life is Beautiful

Hierdie boekie is vervaardig om noodsaaklike navorsing beskikbaar te maak aan lede van die publiek. Bestel jou kopie vandag nog! Die 65-bladsy volkleur-boekie dek belangrike onderwerpe soos gebalanseerde leefstyl, gesonde lewe, voeding (waar die ‘good, bad and ugly’ in ons kombuise hanteer word), fisiese aktiwiteite, karsinogene en 'n geskiedenis van beide kanker en KANSA.

Dit bevat 'n voorwoord deur Dr Aaron Motsoaledi, Minister van Gesondheid, asook resepte deur bekendes soos Evita en radio-persoonlikheid en kankeroorwinnaar, Jeremy Mansfield.

Die boek is te koop by alle

KANSA Sorgsentra

Kry joune nou!

Vir meer info en foto’s, besoek… • http://www.cansa.org.za/cansa-irma-bruschi-care-home/

• http://www.cansa.org.za/cansa-tygerberg-care-home/

• http://www.cansa.org.za/cansa-eikehof-care-home/

• http://www.cansa.org.za/cansa-strelitzia-care-home/

• http://www.cansa.org.za/cansa-mkhuhla-care-home/

• http://www.cansa.org.za/cansa-katleho-care-home/

• http://www.cansa.org.za/cansa-olea-care-home/

• http://www.cansa.org.za/cansa-james-kingston-care-home/

• http://www.cansa.org.za/cansa-tlc-paediatric-ward/

• http://www.cansa.org.za/cansa-limpopo-care-home-cansa-theunis-fichardt-hospitium/

• http://www.cansa.org.za/cansa-tlc-nicus-lodge/

• http://www.cansa.org.za/cansa-tipuana-care-home/

• http://www.cansa.org.za/cansa-lukholweni-care-home/

• http://www.cansa.org.za/cansa-keurboom-care-home/

“Kanker is nie 'n doodsvonnis nie, maar eerder 'n lewensvonnis; dit dwing mens om te leef” - Marcia Smith

Dankie! Tolvry 0800 22 66 22 www.cansa.org.za