Jy sal altyd welkom voel aan die Namakwa-Weskus. Kom stap ... · Hierdie multi-sportuitdaging word...

1
2 Buite Dinsdag 25 Junie 2019 Kontak ons Redakteur Malani Venter 021 406 2130 [email protected] Advertensies Erika Ackhurst 021 910 6539 [email protected] Volg ons op Facebook by Buite Instagram by malani_venter Volgende week in Buite Franschhoek: Kom somer of winter, hierdie Bolandse dorp bly dwarsdeur die jaar iets vir die oog. En hier is hope doen- dinge en van die mooiste plekke om te oornag. ‘S uffer maak jou taffer” . . . jammer om so bietjie van die Rooitaal daar te gooi, maar nou ja! Dit is loshande die makste woorde wat ek met die kano-, draf- en bergfietsroete langs ge- hoor het. Daar was egter hope prag saam met die pyn, met ’n sonop- roei al met die Olifantsrivier af tot by Papendorp, ’n rustige vis- sersdorpie naby die mond. Ná 23 km op die water was dit tyd om spore te maak teen die see langs verby Deurspring, na my mening seker een van die mees asemrowende kuslyne in die Wes-Kaap. Strandfontein was die volgen- de oorgang, en van hier af was dit ’n sanderige bergfietstrap al die pad tot by Die Keldery Res- taurant van Namaqua Wines in Vredendal. Die Weskus het blykbaar ver- geet dat dit winter is en die kwik het sommer tot naby die 40’s ge- styg, wat beteken het dat van die ryers vir ’n wyle by Maskam Brewing Company vasgehaak het. Die kospotte (en wynkruike) van Die Keldery Restaurant het gelukkig selfs die agterosse tot in die kraal gelok, en soos ge- woonlik was daar nie einde aan die Namakwalanders se makie- tie daai Saterdagaand nie. Hierdie multi-sportuitdaging word elke jaar in Mei aangebied, en sluit in roei oor 23 km, 11 km se velddraf en 50 km se fietstrap – sou jy vir hierdie uitdaging kans sien? Daar is ook ’n korter roete of duo vir sowel solo- as spanin- skrywings. ) Meer inligting: Besoek die web- werf www.namaquawestcoast. com of www.quantumadventu- res.co.za Tyd vir ’n ruskans by ’n waterpunt. Saam met die hope prag was daar ook pyn . . . Die onlangse Nama- qua-X Tri-uitdaging op die Namakwa-Weskus het die deelnemers so nou en dan in tale laat praat, skryf Jacques Marais. Jy sal altyd welkom voel aan die Namakwa-Weskus. Kom stap op sy strande, gooi dikwielspore of bekyk die voëls by die Olifantsrivier se strandmeer. Foto’s: JACQUES MARAIS Hier is iets van alles Jy hoef nie ’n ysterman te wees om aan hierdie resies deel te neem nie, en die beste van alles is dat daar min dinge so lekker is soos ’n paar “moer-en-gone-dae” hier in die middel van nêrens. Jy voel ook altyd welkom hier aan die beeldskone Namakwa-Weskus, so hier is ’n paar redes waarom jy moet kom kuier. ) Kyk voëls by Papendorp Die Olifantsrivier se strandmeer is bekend as die vierde belangrikste riviermond in Suid-Afrika in terme van mariene bewaring. Dit vorm ’n unieke ekostelsel vir voëls, visse en flora, en strek oor altesame 36 km tot by Lutzville se laagwaterbrug. Flaminke, moeras-hoenders, oes- tervangers, lepelaars en hope skaars trekvoëls kan uit die skui- lings dopgehou word. Toegang is gratis. Meer inligting: www.namaqua- westcoast.com ) Stap die Labirint van herinne- ringe Gebou met klippe uit die oor- spronklike Viswaterhuis van lady Fryer, en met diamant-gruis- paadjies . . . hier kan jy jouself lek- ker verloor. Die labirint se topogra- fiese patroon uit die lug lyk soos ’n Namakwa-madeliefie, en is met die hand gebou – toegang is gratis. Meer inligting: Bel Suzanne du Plessis by 073 783 7080 of e-pos [email protected]. ) Bier en baaiks Yskoue vlytbier en plek om jou bergfiets te trap. Wat meer kan jy vra? Maskam Brewing Company bied die beste van albei, met ’n 9 km-bergfietsroete wat deur die streek se wingerde hier in die ska- du van die Maskamberg kronkel. Ontspan op die grasperk en geniet ’n gesinsvriendelike atmosfeer, doen ’n bierproe en tem jou hon- ger met die beste burgers wes van die N7. Meer inligting: www.maskambre- wing.co.za ) Stap ’n stukkie Strandfontein se kuslyn is uniek, met kranse wat meters tot doer in die branders tuimel. Volg die Vis- water-staproete tot by Doringbaai, met prag-uitsigte. Kyk uit vir wal- visse en dolfyne! ) Gaan 4x4 teen Gifberg Dié dramatiese berg is deel van die Matsikamma-reeks en troon hoog bo Vanrhynsdorp. Avontuurlustige besoekers sal hier ’n botaniese pa- radys ontdek met puik grondpad- passe wat wag op diegene wat wil bergfiets trap (of die berg dalk lie- wer in ’n viertrekvoertuig wil gaan verken). Die Tierberg-, Kobee- en Gifbergpas is van die mees afgeleë roetes wat jy kan kry. Namakwa-Weskus-doendinge Só kom jy daar vanaf Kaapstad: Vanrhynsdorp teenaan die N7 bied toegang tot al die ander dorpies in die streek; die 303 km-rit vanaf Kaapstad sal sowat vier uur neem. Beste tyd om te kom kuier: Die Namakwa-Weskus het oorwegend ’n halfwoestyn-klimaat, en in die somer raak dit rooiwarm. Daar hang gereeld mis oor die kus en dit is minstens 10 °C koeler as in die bin- neland. In die winter is dit snags gereeld onder vriespunt. ) Volg Jacques op Twitter @jacqmaraisphoto of kontak hom by 083 444 5369 met enige op- windende avontuurgebeurtenisse of buitelugnuus. Nuttige dinge om te weet

Transcript of Jy sal altyd welkom voel aan die Namakwa-Weskus. Kom stap ... · Hierdie multi-sportuitdaging word...

Page 1: Jy sal altyd welkom voel aan die Namakwa-Weskus. Kom stap ... · Hierdie multi-sportuitdaging word elke jaar in Mei aangebied, en sluit in roei oor 23 km, 11 km se velddraf en 50

2 Buite Dinsdag 25 Junie 2019

Kontak onsRedakteurMalani Venter021 406 [email protected]

AdvertensiesErika Ackhurst021 910 [email protected]

Volg ons op Facebook byBuite

Instagram bymalani_venter

Volgende week in

Buite

Franschhoek:Kom somer of winter, hierdie Bolandse dorp bly dwarsdeur die jaar iets vir die oog. En hier is hope doen­dinge en van die mooiste plekke om te oornag.

‘Suffer maak jou taffer” . . . jammer om so bietjie van die Rooitaal daar te

gooi, maar nou ja! Dit is loshande die makste

woorde wat ek met die kano-, draf- en bergfietsroete langs ge-hoor het.

Daar was egter hope prag saam met die pyn, met ’n sonop-roei al met die Olifantsrivier af tot by Papendorp, ’n rustige vis-sersdorpie naby die mond.

Ná 23 km op die water was dit tyd om spore te maak teen die see langs verby Deurspring, na my mening seker een van die mees asemrowende kuslyne in die Wes-Kaap.

Strandfontein was die volgen-de oorgang, en van hier af was dit ’n sanderige bergfietstrap al die pad tot by Die Keldery Res-taurant van Namaqua Wines in Vredendal.

Die Weskus het blykbaar ver-geet dat dit winter is en die kwik het sommer tot naby die 40’s ge-styg, wat beteken het dat van die ryers vir ’n wyle by Maskam Brewing Company vasgehaak het.

Die kospotte (en wynkruike) van Die Keldery Restaurant het gelukkig selfs die agterosse tot in die kraal gelok, en soos ge-woonlik was daar nie einde aan die Namakwalanders se makie-tie daai Saterdagaand nie.

Hierdie multi-sportuitdaging word elke jaar in Mei aangebied, en sluit in roei oor 23 km, 11 km se velddraf en 50 km se fietstrap

– sou jy vir hierdie uitdaging kans sien?

Daar is ook ’n korter roete of duo vir sowel solo- as spanin-skrywings.

) Meer inligting: Besoek die web-werf www.namaquawestcoast.com of www.quantumadventu-res.co.za

Tyd vir ’n ruskans by ’n waterpunt.

Saam met die hope prag was daar ook pyn . . .

Die onlangse Nama­-qua-X Tri-uitdaging op die Namakwa-Weskus het die deelnemers so nou en dan in tale laat praat, skryf Jacques Marais.

Jy sal altyd welkom voel aan die Namakwa-Weskus. Kom stap op sy strande, gooi dikwielspore of bekyk die voëls by die Olifantsrivier se strandmeer. Foto’s: JACQUES MARAIS

Hier is iets van allesJy hoef nie ’n ysterman te wees om aan hierdie resies deel te neem nie, en die beste van alles is dat daar min dinge so lekker is soos ’n paar “moer-en-gone-dae” hier in die middel van nêrens. Jy voel ook altyd welkom hier aan die beeldskone Namakwa-Weskus, so hier is ’n paar redes waarom jy moet kom kuier.) Kyk voëls by PapendorpDie Olifantsrivier se strandmeer is bekend as die vierde belangrikste riviermond in Suid-Afrika in terme van mariene bewaring. Dit vorm ’n unieke ekostelsel vir voëls, visse en flora, en strek oor altesame 36 km tot by Lutzville se laagwaterbrug. Flaminke, moeras-hoenders, oes-tervangers, lepelaars en hope skaars trekvoëls kan uit die skui-lings dopgehou word. Toegang is gratis.Meer inligting: www.namaqua-westcoast.com ) Stap die Labirint van herinne-ringe Gebou met klippe uit die oor-spronklike Viswaterhuis van lady Fryer, en met diamant-gruis- paadjies . . . hier kan jy jouself lek-ker verloor. Die labirint se topogra-fiese patroon uit die lug lyk soos ’n Namakwa-madeliefie, en is met die hand gebou – toegang is gratis. Meer inligting: Bel Suzanne du

Plessis by 073 783 7080 of e-pos [email protected].) Bier en baaiks Yskoue vlytbier en plek om jou bergfiets te trap. Wat meer kan jy vra? Maskam Brewing Company bied die beste van albei, met ’n 9 km-bergfietsroete wat deur die streek se wingerde hier in die ska-du van die Maskamberg kronkel. Ontspan op die grasperk en geniet ’n gesinsvriendelike atmosfeer, doen ’n bierproe en tem jou hon-ger met die beste burgers wes van die N7.Meer inligting: www.maskambre-wing.co.za) Stap ’n stukkieStrandfontein se kuslyn is uniek, met kranse wat meters tot doer in die branders tuimel. Volg die Vis-water-staproete tot by Doringbaai, met prag-uitsigte. Kyk uit vir wal-visse en dolfyne!) Gaan 4x4 teen Gifberg Dié dramatiese berg is deel van die Matsikamma-reeks en troon hoog bo Vanrhynsdorp. Avontuurlustige besoekers sal hier ’n botaniese pa-radys ontdek met puik grondpad-passe wat wag op diegene wat wil bergfiets trap (of die berg dalk lie-wer in ’n viertrekvoertuig wil gaan verken). Die Tierberg-, Kobee- en Gifbergpas is van die mees afgeleë roetes wat jy kan kry.

Namakwa-Weskus-doendinge

Só kom jy daar vanaf Kaapstad: Vanrhynsdorp teenaan die N7 bied toegang tot al die ander dorpies in die streek; die 303 km-rit vanaf Kaapstad sal sowat vier uur neem. Beste tyd om te kom kuier: Die

Namakwa-Weskus het oorwegend ’n halfwoestyn-klimaat, en in die somer raak dit rooiwarm. Daar hang gereeld mis oor die kus en dit is minstens 10 °C koeler as in die bin-neland. In die winter is dit snags

gereeld onder vriespunt.) Volg Jacques op Twitter @jacqmaraisphoto of kontak hom by 083 444 5369 met enige op-windende avontuurgebeurtenisse of buitelugnuus.

Nuttige dinge om te weet