JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 29 1 - 8 September 2017...

4
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 29 1 - 8 September 2017 KONSERT: Baie baie dankie aan al ons ouers wat klere en dekor gemaak het, help afrig het of bestanddele geskenk het. Ons kan nooit so ‘n projek aanpak sonder ons lojale ouers nie. Ons waardeer dit opreg. Baie dankie aan juffrou Delene Da Camara vir al haar harde werk, beplanning en organisasie, asook al die ander personeel wat haar bygestaan het. LEERDERS NA SKOOL / BOODSKAPPE: Ouers moet asseblief deeglik vooraf met hulle kinders reël wie hulle kom oplaai na skool en waar hulle moet staan. Leerders staan op die terrein of op die sypaadjie rond en raak paniekerig as u laat is. Ons moet u dan bel om reëlings te tref. Dit is ook nie ‘n veilige situasie as leerders sonder toesig ronddwaal nie. (Laat u kind eerder daar by die koshuis se ingang vir u wag) Ons adminpersoneel gee nie om, om dringende of krisisboodskappe na kinders te neem nie. Dit is egter nie ons verantwoordelikheid om kosblikke, vergete boeke, take en boodskappe elke dag na leerders te neem nie. U kind moet maar vir daardie dag sonder daardie boek/kosblik/taak klaarkom, verantwoordelikheid daarvoor aanvaar en leer om sy probleem self te hanteer. SOMERSKLERE: Leerders mag vanaf Maandag, 4 September somersklere aantrek, mits die weer dit toelaat. Koshuiskinders moet steeds warm klere saambring as dit dalk weer koud word. JUNIOR REDENAARS: Sterkte aan die leerders wat aan die Junior Redenaarskompetisie op Maandag, 4 September om 14:00 in die Biblioteek deelneem. Leerders moet almal skooldrag aanhê. DRAMAKOMPETISIE 2: [INSKRYWINGSVORM] Leerders wat aan die tweede dramakompetisie op Maandag, 11 September wil deelneem, kan die inskrywingsvorm volledig voltooi en by die klasonderwysers inhandig. Deelname is gratis en al die inligting verskyn op die inskrywingsvorm. SKOOL VERDAAG VROEG: Ons wil ouers nou al in kennis stel dat die skool op Vrydag, 15 September reeds om 10:00 verdaag as gevolg van die Strategiese Beplanning wat al die personeellede en Beheerliggaamlede bywoon. KOSHUIS: Daar is steeds waterprobleme in Jacobsdal en sal moontlik nog ‘n tyd lank voortduur. Water is slegs op sekere tye beskikbaar en dan is die volume maar min. Die reservoir kan blykbaar tans slegs ‘n beperkte volume water stoor. Wees asseblief geduldig, ons koshuispersoneel probeer werklik om die situasie so goed as moontlik te bestuur. Ouers moet asseblief vir hulle kinders genoeg drinkwater vir die week saamgee. Dit sal baie help! Ouers moet asseblief kennis neem van die Koshuisbrief wat aan die koshuiskinders uitgedeel is. HPV INENTING: [TOESTEMMINGS-/KONTROLEBRIEFIE] Die tweede rondte van die graad 4-dogters se HPV inenting vind op Maandag, 4 September plaas. Ouers het reeds toestemmingsbriewe van die Gesondheidsdepartement aan die begin van die jaar geteken. Ons vra u om net weer die kontrolebriefie in te vul om te bevestig dat u kind die inenting mag kry. As u nie die kontrolebriefie instuur

Transcript of JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 29 1 - 8 September 2017...

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 29 1 - 8 September 2017 KONSERT: Baie baie dankie aan al ons ouers wat klere en dekor gemaak het, help afrig

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 29 1 - 8 September 2017KONSERT:Baie baie dankie aan al ons ouers wat klere en dekor gemaak het, help afrig het of bestanddele geskenk het. Ons kan nooit so ‘n projek aanpak sonder ons lojale ouers nie. Ons waardeer dit opreg.Baie dankie aan juffrou Delene Da Camara vir al haar harde werk, beplanning en organisasie, asook al die ander personeel wat haar bygestaan het.

LEERDERS NA SKOOL / BOODSKAPPE:Ouers moet asseblief deeglik vooraf met hulle kinders reël wie hulle kom oplaai na skool en waar hulle moet staan. Leerders staan op die terrein of op die sypaadjie rond en raak paniekerig as u laat is. Ons moet u dan bel om reëlings te tref. Dit is ook nie ‘n veilige situasie as leerders sonder toesig ronddwaal nie. (Laat u kind eerder daar by die koshuis se ingang vir u wag)Ons adminpersoneel gee nie om, om dringende of krisisboodskappe na kinders te neem nie. Dit is egter nie ons verantwoordelikheid om kosblikke, vergete boeke, take en boodskappe elke dag na leerders te neem nie. U kind moet maar vir daardie dag sonder daardie boek/kosblik/taak klaarkom, verantwoordelikheid daarvoor aanvaar en leer om sy probleem self te hanteer.

SOMERSKLERE: Leerders mag vanaf Maandag, 4 September somersklere aantrek,mits die weer dit toelaat. Koshuiskinders moet steeds warm klere saambring as dit dalk weer koud word.

JUNIOR REDENAARS:Sterkte aan die leerders wat aan die Junior Redenaarskompetisie op Maandag, 4 September om 14:00 in die Biblioteek deelneem. Leerders moet almal skooldrag aanhê.

DRAMAKOMPETISIE 2: [INSKRYWINGSVORM]Leerders wat aan die tweede dramakompetisie op Maandag, 11 September wil deelneem, kan die inskrywingsvorm volledig voltooi en by die klasonderwysers inhandig. Deelname is gratis en al die inligting verskyn op die inskrywingsvorm.

SKOOL VERDAAG VROEG:Ons wil ouers nou al in kennis stel dat die skool op Vrydag, 15 September reeds om 10:00 verdaag as gevolg van die Strategiese Beplanning wat al die personeellede en Beheerliggaamlede bywoon.

KOSHUIS:Daar is steeds waterprobleme in Jacobsdal en sal moontlik nog ‘n tyd lank voortduur. Water is slegs op sekere tye beskikbaar en dan is die volume maar min. Die reservoir kan blykbaar tans slegs ‘n beperkte volume water stoor. Wees asseblief geduldig, ons koshuispersoneel probeer werklik om die situasie so goed as moontlik te bestuur. Ouers moet asseblief vir hulle kinders genoeg drinkwater vir die week saamgee. Dit sal baie help!Ouers moet asseblief kennis neem van die Koshuisbrief wat aan die koshuiskinders uitgedeel is.

HPV INENTING: [TOESTEMMINGS-/KONTROLEBRIEFIE]Die tweede rondte van die graad 4-dogters se HPV inenting vind op Maandag, 4 September plaas. Ouers het reeds toestemmingsbriewe van die Gesondheidsdepartement aan die begin van die jaar geteken. Ons vra u om net weer die kontrolebriefie in te vul om te bevestig dat u kind die inenting mag kry. As u nie die kontrolebriefie instuur nie, aanvaar ons die Gesondheidsdepartement se oorspronklike brief is vir u aanvaarbaar.

LEERDERDEELNAME:MINI-KRIEKET:Geluk aan ons 0/7 en 0/8 mini-krieketspanne wat pragtig gespeel het met die Mini-krieketdag verlede Saterdag. Dankie aan die ouers wat hulle ondersteun het.

KRIEKET: [AFSKEURSTROKIE]Die 0/9 krieketspan speel op Maandag, 4 September om 14:30 ‘n wedstryd teen Hopetown hier op ons veld. Die 0/11 en 0/13 krieketspanne speel op Woensdag, 6 September teen Hopetown op hulle velde. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om u kinders se vervoer te bevestig. Spelers mag om 12:10 verdaag en die bus vertrek om 12:30. R50 busgeld is vooraf betaalbaar.

TENNIS: Sterkte aan Wynand Botha, Chrisna Roelofse, Miandi Steenkamp en Riko Swart wat vir die Suid-Vrystaat (Mangaung skole) die naweek teen Oos- en Noord-Vrystaat, asook OP, in Bloemfontein gaan deelneem.Let wel: Die wedstryde van die Xhariep tennisspelers wat op 8 en 9 September sou plaasvind is afgestel omdat Noordwes se span onttrek het.

TWEEKAMP: Baie sterkte aan ons atlete wat op Dinsdag, 5 September aan die Suid-Vrystaat Tweekampproewe deelneem. Hardloopitems vind vanaf 14:00 by

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 29 1 - 8 September 2017 KONSERT: Baie baie dankie aan al ons ouers wat klere en dekor gemaak het, help afrig

Pellispark plaas waarna deelnemers oorskuif na die Universiteit se swembad. Leerders mag om 11:45 verdaag en die bus vertrek om 12:00. R80 busgeld is vooraf betaalbaar. Atlete wat nog nie hulle afskeurstrokie (nuusbrief 27) ingehandig het om hulle vervoer te bevestig nie, moet dit vroeg Maandagoggend by mnr Hodgson ingee.

SKAAK:Geluk aan Rian Steenkamp wat 3 van sy 5 wedstryde gewen het met die afgelope Kwalifiserende Skaaktoernooi.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Bring asseblief op Maandag, 4 September ‘n geldjie saam om die graad 2-klas se koekieverkoping te ondersteun.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Dewaal Britz (operasie)Taschaan Tromp (ouma oorlede)Devan de Meyer (oupa oorlede)

Gerhard van der Linden (operasie)Elsabé Ueckermann (ma – hospitaal)

Elza van Wyk (bestraling)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 29 1 - 8 September 2017 KONSERT: Baie baie dankie aan al ons ouers wat klere en dekor gemaak het, help afrig

AFSKEURSTROKIE: KRIEKET TEEN HOPETOWN (0/11 & 0/13) (Woensdag, 6 September)

OUER: __________________________________________

SPELER SE NAAM EN VAN: ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA HOPETOWN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA HOPETOWN: (MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ______________________ DAT: _________

Busgeld vir elke speler: R50

HPV INENTING: GRAAD 4 DOGTERS

NAAM: ________________________________________

LEERDER: _____________________________________

Hiermee bevestig ek dat my kind wel die tweede rondte HPV inenting mag ontvang:

Hiermee versoek ek dat my kind nie die HPV inenting mag ontvang nie. Ek neem volle verantwoordelikheid vir hierdie besluit:

HANDTEKENING: ____________________

DATUM: __________________