JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 11 17 – 24 April 2015 OUERS: RAPPORTE / DIPLOMA’S: Leerders ontvang vandag hulle rapporte en ouers moet dit asseblief baie mooi bestudeer. Diploma’s met die seël wat u kind verdien het, word ook uitgedeel aan leerders. Onthou asseblief dat die seël die werklike gemiddelde punt van u kind weerspieël en nie die afgeronde rapportpunt nie. (Onafgeronde, werklike punte word ook vir die Prysuitdeling later vanjaar gebruik en nie afgeronde punte nie.) BEHEERLIGGAAMVERGADERING: Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00. TOER: Baie dankie aan ons ouers en afrigters wat die toer meegemaak het. Julle ondersteuning en opoffering word opreg waardeer. Tannie Adri du Toit en Etricia Hodgson was op diens in die kombuis en het gesorg dat ons kinders lekker eet. Baie dankie daarvoor! Dankie aan mnr Alfred Hodgson wat al die organisasie gedoen het. Alles het soos seep verloop. Dank aan ons Hemelse Vader wat ons almal veilig tuis gebring het. UITSLAE: DENNEOORD GROOTBRAK: BLANCO: Netbal: 0/13A Wen 6 – 4 Verloor 6 – 5 Wen 14 – 10 0/13B Verloor 9 – 3 Verloor 7 – 4 Verloor 5 – 2 Rugby: 0/13A Wen 24 – 0 Wen 50 – 0 Verloor 7 – 5 KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. Hou asseblief die nuusbrief dop vir veranderinge op die kwartaalprogram WINTERSDRAG: Leerders mag al wintersdrag aantrek indien dit baie koud word. Leerders wat wag vir hulle klere om te kom, mag ander warm klere aantrek. Hou asseblief by donkergroen indien dit moontlik is. Klerebestellings se betaling moet afgehandel word voordat wintersklere aan leerders uitgereik kan word. ONDERSTEUNERSHEMDE: Ouers word herinner aan die ondersteunershemde wat ons in die rugby- en netbalseisoen by sportgeleenthede dra. Pryse is as volg: Dameshempie: S/M/L: R160 XL–XXL: R170 3XL- 5XL: R180 Manshemp: S/M/L: R180 XL–XXL: R190 3XL-5XL: R200 Maak asseblief by Maryka ‘n draai en kry jou Jakkie Ondersteunershemp! FOTO CD: [AFSKEURSTROKIE] ‘n Toer-CD is @ R50 elk beskikbaar en kan met die afskeurstrokie by die klasonderwysers bestel word. Kontant met bestelling asseblief. HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Graad 4 – 6 leerders kan net tot Maandag, 20 April huiswerkboeke vir die tweede kwartaal met die afskeurstrokie by hulle klasonderwysers bestel @ R25 elk.

Transcript of JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële...

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00. ... Geluk en sterkte aan CJ

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 11 17 – 24 April 2015OUERS:RAPPORTE / DIPLOMA’S:Leerders ontvang vandag hulle rapporte en ouers moet dit asseblief baie mooi bestudeer. Diploma’s met die seël wat u kind verdien het, word ook uitgedeel aan leerders. Onthou asseblief dat die seël die werklike gemiddelde punt van u kind weerspieël en nie die afgeronde rapportpunt nie. (Onafgeronde, werklike punte word ook vir die Prysuitdeling later vanjaar gebruik en nie afgeronde punte nie.)

BEHEERLIGGAAMVERGADERING:Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00.

TOER:Baie dankie aan ons ouers en afrigters wat die toer meegemaak het. Julle ondersteuning en opoffering word opreg waardeer. Tannie Adri du Toit en Etricia Hodgson was op diens in die kombuis en het gesorg dat ons kinders lekker eet. Baie dankie daarvoor!Dankie aan mnr Alfred Hodgson wat al die organisasie gedoen het. Alles het soos seep verloop. Dank aan ons Hemelse Vader wat ons almal veilig tuis gebring het.UITSLAE:

DENNEOORD GROOTBRAK: BLANCO:Netbal:0/13A Wen 6 – 4 Verloor 6 – 5 Wen 14 – 10 0/13B Verloor 9 – 3 Verloor 7 – 4 Verloor 5 – 2 Rugby:0/13A Wen 24 – 0 Wen 50 – 0 Verloor 7 – 5

KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. Hou asseblief die nuusbrief dop vir veranderinge op die kwartaalprogram

WINTERSDRAG:Leerders mag al wintersdrag aantrek indien dit baie koud word. Leerders wat wag vir hulle klere om te kom, mag ander warm klere aantrek. Hou asseblief by donkergroen indien dit moontlik is. Klerebestellings se betaling moet afgehandel word voordat wintersklere aan leerders uitgereik kan word.

ONDERSTEUNERSHEMDE:Ouers word herinner aan die ondersteunershemde wat ons in die rugby- en netbalseisoen by sportgeleenthede dra. Pryse is as volg:Dameshempie: S/M/L: R160 XL–XXL: R170 3XL-5XL: R180Manshemp: S/M/L: R180 XL–XXL: R190 3XL-5XL: R200Maak asseblief by Maryka ‘n draai en kry jou Jakkie Ondersteunershemp!

FOTO CD: [AFSKEURSTROKIE]‘n Toer-CD is @ R50 elk beskikbaar en kan met die afskeurstrokie by die klasonderwysers bestel word. Kontant met bestelling asseblief.

HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Graad 4 – 6 leerders kan net tot Maandag, 20 April huiswerkboeke vir die tweede kwartaal met die afskeurstrokie by hulle klasonderwysers bestel @ R25 elk.

KOSHUIS:Hiermee geskied kennisgewing van ‘n Koshuiskomiteevergadering op Maandag, 20 April om 7:30 in die koshuis.Ouers moet asseblief vir koshuiskinders genoeg warm klere en beddegoed saamstuur. Dit begin nou koud word. Elke kind moet ook ‘n flits/liggie saambring vir beurtkrag.

LEERDERDEELNAME:RUGBY: Geluk aan die volgende seuns wat deur is na die finale Griekwaland-Wes proewe wat op Vrydag, 17 en Saterdag, 18 April in Kimberley plaasvind. Baie sterkte!0/12:Louis van der Westhuizen (A-span)0/13:A-span: Jan-Hendrik Esterhuisen en Stiaan Heyman B-span: Lodewyk du Toit, Danie Botha en Heinrich FoucheBaie geluk aan die volgende seuns wat vir die Wildeklawerspan gekies is en van 24 tot 27 April aan die Wildeklawer Rugbytoernooi in Kimberley deelneem:Ruhan Vermeulen, Jan-Hendrik Esterhuizen, Danie Botha, Stiaan Heyman, Heinrich Fouche en Lodewyk du Toit.Sterkte aan ons 0/11 rugbyspan wat op Saterdag, 18 April teen President Steyn in Bloemfontein speel.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00. ... Geluk en sterkte aan CJ

NETBAL: (AFSKEURSTROKIE)Baie geluk en sterkte aan die volgende dogters wat as deel van die Letsemeng Netbalspan op Woensdag, 22 April by Bloemfontein Primêr aan die Xhariep netbalproewe in Bloemfontein gaan deelneem:0/12 Juané Ludwick, Michela Steenkamp, Bonolo Julies, Jomari Lübbe, Anri Meades en Evita Kock.0/13 Megan Coetzee, Mabel Coetzee, Elisma du Plooy, Tharina Roelofse, Verien Hills, Istelle Schutte en Ané Joubert0/14 Imke MarxNB: Hierdie spelers moet asseblief op Maandag, 20 April ‘n gesertifiseerde afskrif van hulle geboortesertifikaat, asook ‘n ID-foto en R20 inskrywingsgeld by juffrou Delene inhandig. Die bus vertrek om 10:30 vanaf die skool en ouers moet asseblief met die afskeurstrokie vir ons laat weet wie met die bus gaan ry. Busgeld van R50 is vooraf betaalbaar. Bring asseblief jou eie kos en iets te drinke saam. RUGBY EN NETBAL TEEN HOPETOWN:Ons speel op Woensdag, 22 April rugby- en netbalwedstryde teen Hopetown hier op ons veld/bane. Die spanne wat gaan speel sal volgende week beskikbaar wees.

KARATE:Geluk en sterkte aan CJ Marx wat op Saterdag,18 April aan die SA Kampioenskappe te Wits Universiteit deelneem. Hy gaan ook van 30 Julie tot 1 Augustus aan die Wêreldkampioenskappe in Las Vegas, Amerika deelneem.

..............................................Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Badenhorst familie (ouma in hospitaal)Oom Bossie Jacobs

Julia Potele (pa oorlede)Brinkie Bruwer (hartmonitor gekry)

PAASPRETGraag wil ons die Jakkies en hulle ouers bedank vir hulle ondersteuning met die Paaspret. Ons hoop die kinders het die

sokker geniet!

Ons het ‘n mooi bedrag van R4680.60 ingesamel waarvoor ons baie dankbaar is.

Ons gaan wol en kruideniersware aankoop.

Almal by Jakkies Opwaarts Sentrumsê dankie!

Personeel en Kinders

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00. ... Geluk en sterkte aan CJ

AFSKEURSTROKIE: TOER-CD

EK: ___________________________________ (OUER)

NAAM VAN LEERDER: ______________________________

STEL BELANG OM _____ (AANTAL) TOER-CD’s @ R50

AAN TE KOOP.

KONTANT MET BESTELLING ASSEBLIEF.

HANDTEKENING VAN OUER: _________________________

KONTAKNOMMER: __________________________

HUIS TE HUUR!Twee slaapkamersR3000 per maand

Ongeveer 8 km van die dorp af

Kontak Richard van Zyl: 0834414850

MakataneBeskikbaar @ R50 elk

Kontak Richard van Zyl: 0834414850

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK KWARTAAL 2 (Slegs gr 4 – 6)

OUER: ___________________________________

LEERDER: _______________________________

GR.: ____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK VIR KWARTAAL 2 BESTEL.

INGESLUIT: R ______

HANDTEKENING: _______________________

AFSKEURSTROKIE: NETBALPROEWE

EK: ___________________________________ (OUER)

NAAM VAN SPELER: ______________________________

GAAN SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN NEEM:

BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

HANDTEKENING VAN OUER: _________________________

KONTAKNOMMER: __________________________

R50 BUSGELD / R20 INSKRYWINGSGELD

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 2015.docx  · Web viewLede word herinner aan die Finansiële vergadering om 11:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00. ... Geluk en sterkte aan CJ