JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com en 2015.docx  · Web viewDinsdag, 1. September om 11:30....

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 26 28 Aug – 4 Sept 2015 KURSUS: As gevolg van ‘n verpligte Departementele kursus wat ons leerkragte moet bywoon, verdaag die skool vir alle leerders op Dinsdag, 1 September om 11:30. AFWESIGE LEERDERS: Ons herinner ouers daaraan om die skoolhoof vroegtydig (verkieslik ‘n dag voor die tyd), skriftelik in kennis te stel indien u, u kind in skoolure gaan uitneem. Stel die kantoor asseblief, indien moontlik, voor 7:20 in kennis indien u kind siek is. Op die derde dag van afwesigheid, moet ‘n doktersertifikaat voorsien word. HERREGISTRASIE VIR 2016: [AFSKEURSTROKIE] Ouers wat nog nie ‘n herregistrasievorm (2016) vir huidige leerders ingevul het nie, kan dit nog vir oulaas met die afskeurstrokie doen. SOMERSDRAG: Leerders mag vanaf Maandag, 31 Augustus somersdrag aantrek as die weer dit toelaat. Koshuiskinders moet steeds genoeg warm klere + winterskooldrag inpak, ingeval dit weer koud word. LOSLITDAG: 4 September 2015 Daar is nog net een week oor voor Loslitdag! Opskud en gaan koop ‘n plakker @ R10 by tannie Maryka. Daar is vyf verskillende plakkers. Kom neem deel aan die pret en trek volgens die prentjie van jou plakker aan of maak ‘n masker. Is jy dalk ‘n leeu, ‘n sprinkaan, ‘n “ladybird”, ‘n bytjie of ‘n vrolike lente blom? Alle fondse ten bate van gestremde persone. JAKKIES KOORFEES: Ouers en belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Jakkies Koorfees wat op Donderdag, 3 September om 18:00 plaasvind. Ons Senior en Junior Kore tree saam met 5 ander skoolkore op. Kaartjies kos R30 vir volwassenes en R15 vir Laerskoolkinders. Die Senior Koor moet om 18:00 by tannie Hannelie aanmeld. IDOLS: [AFSKEURSTROKIE] Leerders word herinner aan die IDOLS Kompetisie wat op Maandag, 7 September plaasvind. Die graad 7- klas se ouers bied hierdie jaar die Idols aan. Leerders wat wil inskryf kan die afskeurstrokie invul en hulle liedjies en die kunstenaar wat dit sing, daarop invul. Tannie Sanet Goosen gaan sorg dat jou liedjie gespeel word. Jy hoef nie ‘n CD in te handig nie. Inskrywingsgeld beloop R10 en toegang by die deure is ook R10. LEERDERDEELNAME: TENNIS: Ons 0/13A en 0/11A & B seunspanne speel op Woensdag, 2 September teen Douglas op hulle bane. Ouers kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 31Augustus na die klasonderwysers terugstuur. R50 busgeld is vooraf betaalbaar. Leerders verdaag om 12:15 en die bus vertrek om 12:30. UITSLAE TEEN HOPETOWN:

Transcript of JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com en 2015.docx  · Web viewDinsdag, 1. September om 11:30....

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com en 2015.docx  · Web viewDinsdag, 1. September om 11:30. ... Tannie Sanet Goosen gaan sorg dat jou liedjie gespeel word. Jy hoef nie ‘n CD

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 26 28 Aug – 4 Sept 2015KURSUS:As gevolg van ‘n verpligte Departementele kursus wat ons leerkragte moet bywoon, verdaag die skool vir alle leerders opDinsdag, 1 September om 11:30.

AFWESIGE LEERDERS:Ons herinner ouers daaraan om die skoolhoof vroegtydig (verkieslik ‘n dag voor die tyd), skriftelik in kennis te stel indien u, u kind in skoolure gaan uitneem.Stel die kantoor asseblief, indien moontlik, voor 7:20 in kennis indien u kind siek is. Op die derde dag van afwesigheid, moet ‘n doktersertifikaat voorsien word.

HERREGISTRASIE VIR 2016: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat nog nie ‘n herregistrasievorm (2016) vir huidige leerders ingevul het nie, kan dit nog vir oulaas met die afskeurstrokie doen.

SOMERSDRAG:Leerders mag vanaf Maandag, 31 Augustus somersdrag aantrek as die weer dit toelaat. Koshuiskinders moet steeds genoeg warm klere + winterskooldrag inpak, ingeval dit weer koud word.

LOSLITDAG: 4 September 2015Daar is nog net een week oor voor Loslitdag! Opskud en gaan koop ‘n plakker @ R10 by tannie Maryka. Daar is vyf verskillendeplakkers. Kom neem deel aan die pret en trek volgens die prentjie van jou plakker aan of maak ‘n masker. Is jy dalk ‘n leeu, ‘n sprinkaan, ‘n “ladybird”, ‘n bytjie of ‘n vrolike lente blom?Alle fondse ten bate van gestremde persone.

JAKKIES KOORFEES:Ouers en belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Jakkies Koorfees wat op Donderdag, 3 September om 18:00 plaasvind. Ons Senior en Junior Kore tree saam met 5 ander skoolkore op. Kaartjies kos R30 vir volwassenes en R15 vir Laerskoolkinders. Die Senior Koor moet om 18:00 by tannie Hannelie aanmeld.

IDOLS: [AFSKEURSTROKIE]Leerders word herinner aan die IDOLS Kompetisie wat op Maandag, 7 September plaasvind. Die graad 7-klas se ouers bied hierdie jaar die

Idols aan. Leerders wat wil inskryf kan die afskeurstrokie invul en hulle liedjies en die kunstenaar wat dit sing, daarop invul. Tannie Sanet Goosen gaan sorg dat jou liedjie gespeel word. Jy hoef nie ‘n CD in te handig nie. Inskrywingsgeld beloop R10 en toegang by die deure is ook R10.

LEERDERDEELNAME:TENNIS: Ons 0/13A en 0/11A & B seunspanne speel op Woensdag, 2 September teen Douglas op hulle bane. Ouers kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 31Augustus na die klasonderwysers terugstuur. R50 busgeld is vooraf betaalbaar. Leerders verdaag om 12:15 en die bus vertrek om 12:30.UITSLAE TEEN HOPETOWN:0/13A verloor 4 – 2, 0/13B gelykop 3 – 3 maar verloor met twee spelle, 0/11A verloor 6 – 0, 0/11B verloor 5 – 1 en 0/9A verloor 6 – 0.

TWEEKAMP:Inskrywings vir die Tweekampkampioenskappe sluit op Dinsdag, 1 September.

GIMNASTIEK:Sterkte aan al ons gimnaste wat op Vrydag en Saterdag, 4 en 5 September vir die Suid-Vrystaat aan die Sone Gimnastiekkampioenskappe te Centurion deelneem.

MINI-KRIEKET: Baie geluk aan ons drie mini-krieketspanne wat pragtige krieket gespeel het met die KFC Minikrieketdag. Ons is baie trots op julle!0/7 en 0/8 het nie op Maandag, 31 Augustus oefening nie, maar wel op Dinsdag, 1 September om 14:15.

KRIEKET: [AFSKEURSTROKIE]Die 0/13-span wen met 4 paaltjies en die 0/11-span verloor met 5 paaltjies teen De Aar.Die 0/11 en die 0/13 krieketspanne speel op Dinsdag, 1 September teen Hopetown op hulle velde. Ouers kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 31 Augustus terugstuur na die klasonderwysers. R50 busgeld is vooraf betaalbaar. Leerders verdaag om 12:45 en die bus vertrek om 13:00

SKAAK:Baie geluk aan die volgende spelers wat vir die Vrystaat Skaakspan gekies

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com en 2015.docx  · Web viewDinsdag, 1. September om 11:30. ... Tannie Sanet Goosen gaan sorg dat jou liedjie gespeel word. Jy hoef nie ‘n CD

Fisioterapeut in Jacobsdal Irene le Roux, OMT gekwalifiseerde fisioterapeut van Kimberley, is nou beskikbaar vir sessies in Jacobsdal. Slegs per afspraak. Sportbeserings, Nek-, Rug- of hoofpyn, Gewrigsbeserings of pyn, Sinusitis, Long kondisies. Adres: AM Bekker Praktyk, Boustraat 14, Jacobsdal Irene: 0731517474

is en later vanjaar aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem:Fransien Steenkamp: 0/16AJohandré van der Berg: 0/14APhillip Noeth: 0/12B

LAPEZA TENNIS:Gelde vir September beloop R280 per speler.

KUMON WISKUNDE:Geluk aan Anica Ueckermann wat met Kumon Wiskunde ‘n tweede plek in Afrika verwerf het.

SKIET:Baie geluk aan Anso Ludwick wat vir die Noordkaap Skietspan gekies is en hiermee kwalifiseer om aan die SA Kampioenskappe deel te neem. Ons is trots op jou, Anso!

ALGEMEEN:Die graad 2 koekieverkoping vind op Maandag, 31 Augustus plaas. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Alissa Geldenhuys (hospitaal)Dippenaar gesin (Dewald se sussie oorlede)

Heckroodt gesin

Baie dankie aan die volgende ouers wat ‘n spesiale projek geloods het om geld vir die Koorfees in te samel:

Lucille Bruwer, Sonja van Niekerk, Wilna Roelofse, Lizette Jacobs, Esmé Flemming, Anéle Hugo, Alida Dekker, Adéle

Lübbe en Lizette Krause

ONS WAARDEER JULLE!Die Koorleiers- en kinders

EKSTRA KLASSE IN AFRIKAANS

AFRIKAANS ekstra klasse vir leerders – aangebied deur

Miranda van der Walt van Biolink

Kontak haar by:0837090688

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com en 2015.docx  · Web viewDinsdag, 1. September om 11:30. ... Tannie Sanet Goosen gaan sorg dat jou liedjie gespeel word. Jy hoef nie ‘n CD

AFSKEURSTROKIE: Voltooi asseblief en stuur op 31 Augustus 2015 terug.My kind/ers:

___________________________ / _________________________ /

sal in 2016 terugkeer na hierdie skool, (Onderstreep die korrekte opsie)

sal nie in 2016 terugkeer na hierdie skool toe nie.

Hiermee doen ek aansoek vir ‘n oorplasingsertifikaat:

OUER SE HANDTEKENING: ______________________

DATUM: _______________(VOORSKRIFTELIKE DEPARTEMENTELE VORM)

AFSKEURSTROKIE: SEUNSTENNIS TEEN DOUGLAS (Woensdag, 2 September)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(LEERDER SE NAAM EN VAN) ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA DOUGLAS VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA DOUGLAS:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R50

AFSKEURSTROKIE: IDOLS (Maandag, 7 September)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(LEERDER SE NAAM EN VAN) ______________________________

WIL GRAAG VIR DIE IDOLS KOMPETISIE INSKRYF

LIEDJIE SE NAAM: ____________________________________

KUNSTENAAR WAT DIT SING: ______________________________

HANDTEKENING VAN OUER: _____________________________

INSKRYWINGSGELD: R10 Toegang: R10

AFSKEURSTROKIE: KRIEKET TEEN HOPETOWN (Dinsdag, 1 September)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(LEERDER SE NAAM EN VAN) ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA HOPETOWN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA HOPETOWN:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R50

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com en 2015.docx  · Web viewDinsdag, 1. September om 11:30. ... Tannie Sanet Goosen gaan sorg dat jou liedjie gespeel word. Jy hoef nie ‘n CD
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com en 2015.docx  · Web viewDinsdag, 1. September om 11:30. ... Tannie Sanet Goosen gaan sorg dat jou liedjie gespeel word. Jy hoef nie ‘n CD

BIOLINKOorbruggingskursus – Gr 3 tot Gr 4

Die aanpassing van Graad 3 tot Graad 4 is dikwels vir die leerder sowel as die ouers ‘n emosionele en moeilike aanpassing. Dit hoef nie te wees nie!

Biolink bied in die laaste kwartaal van 2015 ‘n oorbruggingskursus vir leerders aan om al die aspekte van hierdie oorgang tussen grade te vergemaklik.

Die kursus bestaan uit 5 tot 6 sessies, maar datums sal nog later deurgegee word.

Bespreek solank nou u plek in hierdie belangrike kursus. Landwyd word hierdie kursus deur ouers en leerders as ‘n uitstekende hulpmiddel gebruik. Ouers is baie welkom om dit ook by te woon, maar dit is nie verpligtend nie.

Die koste van die kursus is R1 300.

Skakel my gerus om u plek te verseker.

Biolink bied hierdie kwartaal ook ‘n studiemetodekursus vir Gr 4 tot Gr 7 aan. Hierdie kursus is al reeds suksesvol deur leerders van Jacobsdal Primêre Skool voltooi.

Lees gerus die aangehegte stuk oor Biolink. Biolink is reeds besig om ‘n reuse verskil te maak in Jakkie-leerders se skoolprestasie.

Skakel Miranda van der Walt van die Jacobsdal Biolink-sentrum by 083 7090 688 of stuur ‘n epos na [email protected]. Besoek gerus ook Biolink se webwerf by www.bio-link.co.za.