JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL 17 en 2015.docx  · Web viewOuers en leerders word uitgenooi na die...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 17 5 – 12 Junie 2015 OUERS: BEDANKING: Baie dankie aan ons rugby- en netbalafrigters, asook ouers wat gehelp het met noodhulp by wedstryde die afgelope seisoen. Baie dankie aan al ons ouers wat gehelp het om kinders na wedstryde op ander dorpe te vervoer. Ons skool waardeer dit opreg. SKOOL- EN SPORTKLERE: Sommige leerders dra nie die korrekte skool- en sportdrag soos op die skoolreëls uiteengesit nie. Ouers moet asseblief leerders se klere kontroleer. BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 11:00, (onderhoude) en die Beheerliggaamvergadering om 14:00. EKSAMENROOSTER / EKSAMENWERK: Die eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit vir ouers se kennisname. Leerders het ook reeds skriftelik hulle eksamenwerk vir elke vak ontvang. BUITEMUURS: Alle buitemuurs het gestaak behalwe die 0/13 netbalgroep wat nog volgende week oefen, die 0/13 rugby (wedstryd @ Bloemfontein Laerskool op 10 Junie - weg) en die 0/9 tennisseuns wat Maandae rondomtalie speel. Slegs Gimnastiek gaan normaal voort. REDENAARSKOMPETISIE: Ouers en leerders word uitgenooi na die Redenaarskompetisie wat op Dinsdag, 9 Junie om 14:30 in die Biblioteek plaasvind. Leerders (ook toeskouers) moet asseblief almal skoolklere aanhê. AFRIGTERS VIR KRIEKET: Ons is dringend op soek na ouers wat ons kan help met afrigting van die 0/11 en 0/13 krieketspanne van die skool. Indien u bereid is om te help kan u met Alfred Hodgson kontak maak. HANDSKOENE EN SERPE: [AFSKEURSTROKIE] Ouers wat belangstel kan vir hulle kinders bottelgroen serpe en/of handskoene bestel waarop die volgende geborduur word: Handskoene: (slegs een grootte beskikbaar): Voorletters van die kind se naam en van (R40) bv. H v R (Hennie van Reenen) Serp: Naam en voorletter van die kind se van (R50) bv. Hennie v R Sluitingsdatum vir bestellings: Vrydag, 12 Junie om 13:30. (Slegs een week) Kontant met bestelling asseblief. Geen laatbestellings. BYBELPROJEK: Ons herinner die klasse aan die Bybelkompetisie wat op Vrydag, 19 Junie eindig. Onthou julle het nog twee weke kans om geldjies in die pienk blikke te gooi. Die wenklas kry ‘n prys! Koop jou skapie vir R10 en spaar saam om Bybels aan te koop vir kinders wat nie ‘n Bybel het nie. KOSHUIS: Kennis geskied hiermee van ‘n Koshuiskomiteevergadering om 7:30 in die eetsaal. Ouers moet asseblief kyk dat koshuiskinders genoeg warm klere en beddegoed saambring koshuis toe. Dit is baie koud in die koshuis.

Transcript of JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL 17 en 2015.docx  · Web viewOuers en leerders word uitgenooi na die...

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 17 5 – 12 Junie 2015OUERS:BEDANKING:Baie dankie aan ons rugby- en netbalafrigters, asook ouers wat gehelp het met noodhulp by wedstryde die afgelope seisoen. Baie dankie aan al ons ouers wat gehelp het om kinders na wedstryde op ander dorpe te vervoer.Ons skool waardeer dit opreg.

SKOOL- EN SPORTKLERE:Sommige leerders dra nie die korrekte skool- en sportdrag soos op die skoolreëls uiteengesit nie. Ouers moet asseblief leerders se klere kontroleer.

BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 11:00, (onderhoude) en die Beheerliggaamvergadering om 14:00.

EKSAMENROOSTER / EKSAMENWERK:Die eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit vir ouers se kennisname. Leerders het ook reeds skriftelik hulle eksamenwerk vir elke vak ontvang.

BUITEMUURS: Alle buitemuurs het gestaak behalwe die 0/13 netbalgroep wat nog volgende week oefen, die 0/13 rugby (wedstryd @ Bloemfontein Laerskool op 10 Junie - weg) en die 0/9 tennisseuns wat Maandae rondomtalie speel. Slegs Gimnastiek gaan normaal voort.

REDENAARSKOMPETISIE:Ouers en leerders word uitgenooi na die Redenaarskompetisie wat op Dinsdag, 9 Junie om 14:30 in die Biblioteek plaasvind. Leerders (ook toeskouers) moet asseblief almal skoolklere aanhê.

AFRIGTERS VIR KRIEKET:Ons is dringend op soek na ouers wat ons kan help met afrigting van die 0/11 en 0/13 krieketspanne van die skool. Indien u bereid is om te help kan u met Alfred Hodgson kontak maak.

HANDSKOENE EN SERPE: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat belangstel kan vir hulle kinders bottelgroen serpe en/ofhandskoene bestel waarop die volgende geborduur word:Handskoene: (slegs een grootte beskikbaar):

Voorletters van die kind se naam en van (R40) bv. H v R (Hennie van Reenen)Serp: Naam en voorletter van die kind se van (R50) bv. Hennie v RSluitingsdatum vir bestellings: Vrydag, 12 Junie om 13:30. (Slegs een week) Kontant met bestelling asseblief. Geen laatbestellings.

BYBELPROJEK:Ons herinner die klasse aan die Bybelkompetisie wat op Vrydag, 19 Junie eindig. Onthou julle het nog twee weke kans om geldjies in die pienk blikke te gooi. Die wenklas kry ‘n prys!Koop jou skapie vir R10 en spaar saam om Bybels aan te koop vir kinders wat nie ‘n Bybel het nie.

KOSHUIS:Kennis geskied hiermee van ‘n Koshuiskomiteevergadering om 7:30 in die eetsaal.Ouers moet asseblief kyk dat koshuiskinders genoeg warm klere en beddegoed saambring koshuis toe. Dit is baie koud in die koshuis.

LEERDERDEELNAME:RUGBY EN NETBAL TEEN EUREKA / KOFFIEFONTEIN: Netbal:

SPAN: EUREKA: KOFFIEFONTEIN:0/9 --- Wen 2 – 1 0/11A Wen 6 – 5 @ 0/12B Wen 13 – 0 0/11B Wen 10 – 1 @ 0/10A ---0/13 Gekomineerd Wen 5 – 4 ---

Rugby:

SPAN: EUREKA: KOFFIEFONTEIN:0/9B --- Wen 47 – 0 0/11B Verloor 20 – 10 Gelykop 15 – 15 0/13B Verloor 25 – 21 Wen 45 – 5

0/9 TENNISRONDOMTALIE:Die 0/9 seuns word herinner aan hulle tennisrondomtalie wat elke Maandag vanaf 14:30 plaasvind.

TENNIS:Die seuns se daagtydperk eindig op Vrydag, 12 Junie. Julle het nog net een week oor om julle posisie op die tennisrangleer te verbeter. Die dogters se daag is oop en sluit eers in die derde kwartaal. Onthou om heel eerste jou daagwedstryd by juffrou Tersia te gaan registreer.

GIMNASTIEK: [AFSKEURSTROKIE]Gimnaste wat aan die Bloemfontein Gimnastiekklub se kompetisie op Saterdag, 20 Junie wil deelneem, moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 8 Junie by juffrou Madeleine inhandig.

SWEM:Ons het nou eers sertifikate ontvang vir Theunie vd Merwe en Wessel van Niekerk as bewyse dat hulle Noordkaap kleure in swem verwerf het. Geluk julle twee. Liewer laat as nooit!

SKAAK: Baie sterkte aan die skaakspelers wat die naweek aan ‘n kwalifiserende skaaktoernooi op Philippolis gaan deelneem.

NAUTILUS:Sterkte aan ons leerders wat op Saterdag, 6 Junie aan die Nautiluskompetisie te Bloemfontein gaan deelneem.

BYBELVASVRA:Baie geluk aan ons Bybelvasvraspan wat na die eerste rondte van die Nasionale Bybelvasvrakompetisie eerste plek in die Vrystaat behaal het. Ons is baie trots op julle! Sterkte met julle voorbereiding vir die tweede rondte.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan die graad 4-mammas wat lekker eetgoed gestuur het met hulle koekieverkoping. Die klas het ‘n pragtige bedrag van R1 710.40 ingesamel.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

EKSAMENROOSTER17 - 26 Junie 2015

Dag: Dat: Gr 4: Gr 5: Gr 6: Gr 7:

Wo: 17 SW ENG 1Language SW AFR 2

Taal/Begrip

Don: 18 NWT AFR 1Taal/Begrip NWT ENG 2

Language

Vry: 19 WISK SW AFR 1 Taal/Begrip WISK

Maan: 22 AFR 1Taal/Begrip NWT

ENG 1 Language/

Comprehension

ENG 1WritingSW

Dins: 23 ENG 1Language LV WISK

AFR 1Skryfwerk

SK

Wo: 24 LV ENG 2Writing

AFR 2Skryfwerk NW

Don: 25 AFR 2Skryfwerk WISK LV EBW

Vry: 26 ENG 2Writing

AFR 2Skryfwerk

ENG 2Writing LO

GEBEDSLYS:Al ons siek kinders.

AFSKEURSTROKIE: SERPE EN HANDSKOENE (Sperdatum: Vry, 12 Junie om 13:30)

OUER SE NAAM EN VAN:

_____________________________________________________

LEERDER/S SE NAAM EN VAN: (Drukskrif asseblief)

_____________________________________________________

LEERDER/S SE NAAM EN VAN: (Drukskrif asseblief)

_____________________________________________________

WIL GRAAG DIE VOLGENDE BESTEL:

SERP @ R50: _________ (AANTAL)

HANDSKOENE @ R40: __________ (AANTAL)

BEDRAG INGESLUIT: R_________

HANDTEKENING: ________________________________

DATUM: _______________________ PALiERSTRAAT 53MOEDERSDAG/VADERSDAG PROMOSiE:

Bederf moeders/vaders tot 12 Junie 2015 Mammas: Kom kleur/sny & blaas vir R450

en ouma kry ‘n blaas gratis of oupa ‘n haarsny gratis.

PENSIONARISSE PROMOSIE: Mei maandPerm: R200

AFSKEURSTROKIE: BLOEMFONTEIN GIMNASTIEK (20 JUNIE)

NAAM VAN OUER: ______________________________________

NAAM VAN GIMNAS: _________________________________

WIL INSKRYF VIR DIE BLOEMFONTEIN GIMNASTIEKKLUB KOMPETISIE OP 20 JUNIE.

EK VERVOER SELF MY KIND:

EK BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

INSKRYWINGSGELD VAN R _______ HIERBY INGESLUIT.

OUER SE HANDTEKENING: __________________________ INSKRYWINGSGELD: R180

BUSGELD: R50