JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB22 en 2015.docx  · Web viewOns herinner lede...

10
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 22 31 Jul – 7 Aug 2015 OUERS: JEUGWERKER: Baie welkom aan ons nuwe Jeugwerker, Wilma Appelgryn wat diens aanvaar het by ons skool. Ons wens haar ‘n aangename en geseënde tyd by ons skool toe. BEHEERLIGGAAM: Ons herinner lede aan die Finansiële vergadering op Maandag, 3 Augustus om 12:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00. AFWESIGHEID MET TOETSE: Ouers moet asseblief kennis neem dat indien u kind/ers gedurende die week ‘n toets mis, hulle dit op eerste Maandag daarna (in die eerste periode) moet skryf. Daar is ‘n leerkrag teenwoordig wat die toetse afneem. Indien hy/sy wéér afwesig is,moet die ouers ‘n doktersbrief indien en kry die leerder nog een kans die volgende Maandag om die toets af te lê. As die leerder die toets mis sonder ‘n goeie rede, kry hy/sy ‘n 0-punt vir daardie toets. TOELATINGS VIR 2016: [HERREGISTRASIEVORM] Inskrywings vir nuwe leerders (2016) sluit op 31 Augustus 2015. Indien u kennis dra van ouers wat leerders by ons skool wil inskryf, moet u hulle asseblief hiervan in kennis stel. Inskrywings vir graad R in 2016 (by Kammaland/Laaities en Ladies of van ander dorpe af) moet asseblief van Jacobsdal Primêr se toelatingsvorm gebruik maak. Alle inligting is op ons webtuiste: www.jakkies.com beskikbaar. Graad R-leerders (Kammaland en Laaities en Ladies) van 2015 is outomaties ingeskryf vir graad 1 - 2016. Hulle hoef nie weer ‘n toelatingsvorm te voltooi nie, aangesien hulle graad-R toelatingsvorms net so oorkom Laerskool toe. Ons Bekendstellingsdag vind op Vrydag, 11 September plaas en ouers wat van voornemende leerders weet (buite Jacobsdal), kan die sekretaresse van kontakbesonderhede voorsien sodat uitnodigings aan hulle gestuur kan word. Alle huidige leerders in ons skool (gr R – 6) moet herregistreer vir 2016. Dit is ‘n opdrag van die Onderwysdepartement. Die herregistrasievorm word by die nuusbrief ingesluit. (Alle kinders in ‘n gesin word op een vorm ingevul. Nie gr 7 nie) TENDERS VIR DIE VERSKAFFING VAN VERVERSINGS: Tenders vir die verskaffing van verversings tydens ons Mini-krieketdag op Saterdag 22 Augustus word hiermee ingewag. Die tendervorm word by die nuusbrief ingesluit. Tenders sluit op Vrydag, 7 Augustus om 13:30. VERKOPING: [BESTELVORMPIE] ‘n Paar vrywillige mammas hou ‘n verkoping op Vrydag, 7 Augustus (pouse) om geld in te samel vir die Jacobsdal Koorfees. Bestellings kan tot Woensdag, 5 Augustus om 14:00 geplaas word. Die korrekte kontantbedrag moet die bestelvorm vergesel. Die volgende produkte word verkoop: “Chip twirl”: R8 Warm “chips”: R10 Pannekoek: R3 Ondersteun ons asseblief!

Transcript of JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB22 en 2015.docx  · Web viewOns herinner lede...

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB22 en 2015.docx  · Web viewOns herinner lede aan die Finansiële vergadering op ... 082 632 5197 en 082 636 ... gebruik gemaak

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 22 31 Jul – 7 Aug 2015OUERS:JEUGWERKER:Baie welkom aan ons nuwe Jeugwerker, Wilma Appelgryn wat diens aanvaar het by ons skool. Ons wens haar ‘n aangename en geseënde tyd by ons skool toe.

BEHEERLIGGAAM:Ons herinner lede aan die Finansiële vergadering op Maandag, 3 Augustus om 12:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00.

AFWESIGHEID MET TOETSE:Ouers moet asseblief kennis neem dat indien u kind/ers gedurende die week ‘n toets mis, hulle dit op eerste Maandag daarna (in die eerste periode) moet skryf. Daar is ‘n leerkrag teenwoordig wat die toetse afneem. Indien hy/sy wéér afwesig is,moet die ouers ‘n doktersbrief indien en kry die leerder nog een kans die volgende Maandag om die toets af te lê. As die leerder die toets mis sonder ‘n goeie rede, kry hy/sy ‘n 0-punt vir daardie toets.

TOELATINGS VIR 2016: [HERREGISTRASIEVORM]Inskrywings vir nuwe leerders (2016) sluit op 31 Augustus 2015. Indien u kennis dra van ouers wat leerders by ons skool wil inskryf, moet u hulle asseblief hiervan in kennis stel. Inskrywings vir graad R in 2016 (by Kammaland/Laaities en Ladies of van ander dorpe af) moet asseblief van Jacobsdal Primêr se toelatingsvorm gebruik maak. Alle inligting is op ons webtuiste: www.jakkies.com beskikbaar.Graad R-leerders (Kammaland en Laaities en Ladies) van 2015 is outomaties ingeskryf vir graad 1 - 2016. Hulle hoef nie weer ‘n toelatingsvorm te voltooi nie, aangesien hulle graad-R toelatingsvorms net so oorkom Laerskool toe.Ons Bekendstellingsdag vind op Vrydag, 11 September plaas en ouers wat van voornemende leerders weet (buite Jacobsdal), kan die sekretaresse van kontakbesonderhede voorsien sodat uitnodigings aan hulle gestuur kan word.

Alle huidige leerders in ons skool (gr R – 6) moet herregistreer vir 2016. Dit is ‘n opdrag van die Onderwysdepartement. Die herregistrasievorm word by die nuusbrief ingesluit. (Alle kinders in ‘n gesin word op een vorm ingevul. Nie gr 7 nie)

TENDERS VIR DIE VERSKAFFING VAN VERVERSINGS:Tenders vir die verskaffing van verversings tydens ons Mini-krieketdag op Saterdag 22 Augustus word hiermee ingewag. Die tendervorm word by die nuusbrief ingesluit. Tenders sluit op Vrydag, 7 Augustus om 13:30.

VERKOPING: [BESTELVORMPIE]‘n Paar vrywillige mammas hou ‘n verkoping op Vrydag, 7 Augustus (pouse) om geld in te samel vir die Jacobsdal Koorfees. Bestellings kan tot Woensdag, 5 Augustus om 14:00 geplaas word. Die korrekte kontantbedrag moet die bestelvorm vergesel. Die volgende produkte word verkoop:“Chip twirl”: R8Warm “chips”: R10Pannekoek: R3Ondersteun ons asseblief!

KWARTAALPROGRAM:U kan die volgende datum by u kwartaalprogram inskryf:Seuns tennisliga teen Hartswater: 16 September. (Tuis)Spanne: 0/9A, 0/11A en 0/13A en B.

ATKV LEESPROJEK:‘n Paar leerders uit graad 6 en 7 skryf op Woensdag, 5 Augustus gedurende Afrikaanse periodes toetse as deel van die ATKV se leesprojek.

LOSLITDAG (JAKKIES OPWAARTS SENTRUM):Loslitdag vind op Vrydag, 4 September plaas en leerders kan Loslitplakkers @ R10 by die boekstoor kom koop. Vanjaar se tema is “Loslit in die Lente”. Vyf plakkers kan deur leerders versamel word en sal dan gratis deur die Sentrum vir jou gelamineer word.Oulike geskenkies is by die Jakkies Opwaarts Sentrum te koop wat ook by die Volksblad Kunstefees te koop was. Maak ‘n draai by hulle en ondersteun hulle asseblief.

HPV PROGRAM:Ouers word hiermee in kennis gestel dat die tweede reeks inentings vir graad 4 dogters tussen 11 Augustus en 4 September plaasvind. Slegs die dogters wat gedurende Maart ingeënt is, is hierby betrokke.

KOSHUIS: ‘n Skrywe in verband met die gholfdag wat die koshuis gaan hou, is

by die nuusbrief ingesluit. Ons vra ons ouers se ondersteuning vir hierdie projek.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB22 en 2015.docx  · Web viewOns herinner lede aan die Finansiële vergadering op ... 082 632 5197 en 082 636 ... gebruik gemaak

Koshuisouers mag vanaf Maandag, 3 Augustus op Maandae en Vrydae gebruik maak van die suidelike syhek (by die kombuis) om hulle kinders af te laai om die druk verkeer tussen die skool en koshuis te verminder.

Nuwe selfoonnommers by die koshuis:Meisieskant: 082 632 5197 en 082 636 5705Seunskant: 081 848 7223 en 072 145 5078

Toesigkrag en Koshuisvader en –Moeder: 0609610073

DAGSKOLIERE IN KOSHUIS:Dagskoliere wat etes koop, moet hulle name in die lêer skryf en hulle etekaartjies van nou af by die koshuis ingee as hulle gaan eet. Kaartjies word nie meer by tannie Maritza in die bottel gegooi nie. Onthou dat jy jou kaartjie voor 10:00 koop, anders gaan jy nie kos kry nie. Dagskoliere moet registreer by die kantoor.

LEERDERDEELNAME:GIMNASTIEK: UITSLAE VAN DIE VORIGE KOMPETISIE:Vlak 2:Izeldi Jacobs: 5de plekAnkia van Schalkwyk: 3de plekKayla van der Linden: 3de plekElza van Graan: 4de plekCarma Burger: 3de plekCarlien McLachlan: 5de plekVlak 3:Nicolene Scholtz: 2de plekMonique van Zyl: 3de plekChrisna Roelofse: 6de plekSterkte aan al ons gimnaste wat op Saterdag, 1 Augustus aan ‘n Suid-Vrystaat Gimnastiekkampioenskappe in Bloemfontein deelneem.

TENNIS: Baie geluk aan Danie Botha wat as gevolg van ‘n onttrekking by die Suid-Vrystaat B-span ingesluit is en Stiaan Heyman wat opskuif na die A-span. Die volgende spelers speel Interprovinsiale wedstryde in Bloemfontein (B-span) en Welkom (A-spanne) op 14 en 15 Augustus:A-span:Lodewyk du Toit Stiaan HeymanB-span:Wico Oberholzer

Danie BothaMichela SteenkampSterkte aan ons 0/13A seuns en dogters tennisspelers wat volgende week aan ‘n tennistoernooi op Bethlehem gaan deelneem. Dankie aan Lanie Steenkamp en Adri du Toit wat as spanbestuurders optree en ander ouers wat hulle vergesel en help met toesig.UITSLAE TEEN NEWTON:0/9A en B verloor albei 6 – 0. Vir baie van hierdie seuntjies was dit hulle heel eerste tenniswedstryd en hulle het almal pragtig gespeel!0/11A en B en 0/13B verloor almal 6 – 0 en 0/13A verloor 5- 1. Kompetisie teen so ‘n groot skool is maar altyd baie sterk.

OUERS BY TENNISWEDSTRYDE:Dankie vir al die ouers wat hulle kinders ondersteun by tenniswedstryde. Anders as rugby en netbal, mag ouers by tenniswedstryde glad nie met spelers op die bane kommunikeer behalwe om ‘n goeie hou te erken nie. Opmerkings word as afrigting beskou, wat glad nie mag plaasvind nie. Spelers kan ook nie op hulle wedstryde konsentreer nie. ‘n Speler is self in beheer van sy wedstryd en moet balle op of af roep. (U mag dit nie vir hulle doen nie, al roep hulle dit verkeerd.) Ons hoop dat ouers hierdie tennisreël verstaan en hulle volle samewerking in hierdie verband sal gee.

LAPEZA TENNIS:Gelde vir Julie beloop R140 per speler en vir Augustus, R280. Ouers moet asseblief onthou dat hierdie gelde op die eerste dag van die maand vooruit betaalbaar is.

SWEM:Alle ouers wat hulle kinders (gr. 1 – 7) by die Jakkie Swemklub wil inskakel in die komende swemseisoen, asook ouers wat hulle kinders wil registreer vir NCWASA (Noordkaap swemgala’s) moet asseblief op Maandag, 3 Augustus om 18:00 in die Sportkamer wees vir die invul van die nodige registrasievorms. Baie belangrik dat u dit nie mis nie!!Ouers moet in gedagte hou dat die skool nie meer in die middae skoolswem gaan aanbied nie (behalwe vir graad 1 – 3 beginners). Die swemklub hanteer alle swemmers van ons skool.Privaat swemlesse kan by Clivé Burger geneem word. Kontak haar gerus by 0837083974.

NAUTILUS:Leerders wat aan die volgende Nautiluskompetisie op 22 Augustus wil deelneem, kan R150 inskrywingsgeld by die finansiële kantoor inbetaal.Sperdatum: Vrydag, 14 Augustus om 13:30.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB22 en 2015.docx  · Web viewOns herinner lede aan die Finansiële vergadering op ... 082 632 5197 en 082 636 ... gebruik gemaak

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Sterkte aan ons skaakspelers wat op Maandag, 3 Augustus aan ‘n vriendskaplike toernooi teen Staats in Kimberley deelneem. Spelers het briefies ontvang. Ouers van hierdie spelers moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 3 Augustus na die klasonderwysers terugstuur, sodat vervoer gefinaliseer kan word. Busgeld van R30 is betaalbaar.UITSLAE VAN TOERNOOI 24/25 JULIE:Rian Steenkamp wen 3 uit 6Johandre van der Berg wen 3 uit 6Fransien Steenkamp wen 1½ uit 6Marli Coetzee wen ½ uit 6

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Ignus Jacobs (mangeloperasie)

Oom Henning van Wyk

TE KOOP:

Hasies@

R20 elk

Kontak: Jacqueline van Eck

0823269344

Langhaar Angora konyne

@R30

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB22 en 2015.docx  · Web viewOns herinner lede aan die Finansiële vergadering op ... 082 632 5197 en 082 636 ... gebruik gemaak

BESTELVORM: VERKOPING OP 7 AUGUSTUS (KOORFEES)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

(LEERDER SE NAAM) _______________________________ GR.: ____

WIL GRAAG DIE VOLGENDE BESTEL:

“CHIP TWIRL” @ R8 _______ (AANTAL) R _________ (BEDRAG)

WARM “CHIPS” @ R10 _______ (AANTAL) R _________ (BEDRAG)

PANNEKOEK @ R3 _______ (AANTAL) R _________ (BEDRAG)

TOTALE BEDRAG INGESLUIT: R __________

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

AFSKEURSTROKIE: SKAAK TEEN STAATS (3 Aug)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

(SPELER SE NAAM EN VAN) _________________________________

GAAN MY EIE KIND/ERS NA STAATS VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND/ERS BENODIG VERVOER NA STAATS:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R30

Stuur asseblief enige noodhulptoerustingwat u nie meer gebruik nie, skool toe.Ons het nut daarvoor by die skool en

koshuis.

KRUKKE, TRAUMABORD, ROLSTOEL, ENS. ENS.

WERKSGELEENTHEID:Global Logistics Alliance

Klerk by die nuwe “Solar Plant Site”

Vereistes:

CVMatrieksertifikaat

Eie vervoer

Kontak: Atwell Willemse021 9110100

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB22 en 2015.docx  · Web viewOns herinner lede aan die Finansiële vergadering op ... 082 632 5197 en 082 636 ... gebruik gemaak

PALiERSTRAAT 53

SPESIALE AANBIEDINGE VIRVROUE MAAND: 1 – 30 Augustus 2015

KORT HARE: “Highlights”, sny en blaas – R400

PENSIOENARISSE: Perm en blaas – R250

WERKSGELEENTHEID:Global Logistics Alliance

Klerk by die nuwe “Solar Plant Site”

Vereistes:

CVMatrieksertifikaat

Eie vervoer

Kontak: Atwell Willemse021 9110100

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB22 en 2015.docx  · Web viewOns herinner lede aan die Finansiële vergadering op ... 082 632 5197 en 082 636 ... gebruik gemaak

REGISTRASIE EN TOELATING VAN LEERDERSBY PUBLIEKE SKOLE IN 2016

OMSENDBRIEF: BYLAAG E

BEVESTIGING VAN INFORMASIE VAN ‘N LEERDER WAT REEDS BY HIERDIE SKOOL GEREGISTREER IS

Geagte Ouer/Voog

Maak asseblief seker van die korrektheid van die informasie wat by die skool van u kind beskikbaar is. Indien informasie soos u adres of telefoonnommer verander, moet u die skool daarvan verwittig sodat ons dit op die toelatingsregister (SA SAMS) kan verander.

Vul die onderstaande afskeurstrokie in en handig dit terug voor die volgende datum:

Dag: 31 Maand: Augustus Jaar: 2015

Indien u kind hierdie skool gaan verlaat, moet u ‘n oorplasingsvorm aanvra om toelating tot ‘n volgende skool te verkry.

Die uwe

_____________SKOOLHOOFJacobsdal Primêre Skool

_________________________________________________________________________

AFSKEURSTROKIE:

Voltooi asseblief en stuur voor bostaande datum terug.

My kind/ers:

_________________ / _________________ / _________________/ __________________

sal in 2016 terugkeer na hierdie skool, (Onderstreep die korrekte opsie)

sal nie in 2016 terugkeer na hierdie skool toe nie.

Hiermee doen ek aansoek vir ‘n oorplasingsertifikaat:

OUER SE HANDTEKENING: ______________________

DATUM: _______________

(VOORSKRIFTELIKE DEPARTEMENTELE VORM)

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB22 en 2015.docx  · Web viewOns herinner lede aan die Finansiële vergadering op ... 082 632 5197 en 082 636 ... gebruik gemaak

Liewe Borg/Donateur/Ouer Datum: 28/07/2015

Kareehof Koshuis hou op SATERDAG, 7 NOVEMBER 2015 ‘n gholfdag te Jacobsdal Gholfklub. Daar gaan ook lekker tennis uitdagings vir die dames en “nie” golfers wees.

Ons beoog om opgraderingswerk in en om die koshuis te doen. Ons beplan ook om die pype van die koshuis te vervang, wat reeds al 60 jaar lank diens doen.

U kan dus sien dat ons baie fondse hiervoor sal benodig en neem ons dus die vrymoedigheid om u te versoek vir ‘n bydrae deur een of meer van die onderstaande opsies:

Borg R10 000 as hoofborg en ontvang vrye teuels vir die oprigting van u advertensiemateriaal, gratis natgat en 1 x 4-hand inskrywing gratis.

Borg R5000 – advertensiemateriaal mag opgerig word en 1 x 4-hand inskrywing gratis. Die borg van ‘n gaatjie beloop R1000 ‘n Natgat beloop R1500, waarby u enige advertensiemateriaal mag oprig met die verversings

van u keuse wat u aan die spelers verskaf. ‘n 4-Hand inskrywing beloop R1000 (“Better Ball Scramble”). Halfweg-ete en aandete

ingesluit. – BEPERKTE AANTAL SPELERS!! Skenk enige artikel of item wat aangewend kan word as ‘n prys. Net n klein donasie sal ook help.

Ek hoor graag van u hierin!! Kom geniet die dag saam met ons en ervaar plattelandse gasvryheid.

Jakkie groeteElderei Steenkamp076 790 4878

Skeur strokie af en faks tesame met bewys van betaling na 086-6328467

Hiermee borg ek _____________________________ namens ___________________________

die bedrag van _____________________________ vir Kareehof Koshuis Jacobsdal se Gholfdag.

Bank: Eerste Nasionale BankTakkode: 230303Rekening nommer: 52560006664Rekening naam: Kareehof KoshuisTipe rekening: Tjekrekening

Posbus 107JACOBSDAL8710

Tel. no.: 076 790 4878Faks: 086-6328467E-pos: [email protected]

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB22 en 2015.docx  · Web viewOns herinner lede aan die Finansiële vergadering op ... 082 632 5197 en 082 636 ... gebruik gemaak

TENDERVORM Verskaffing van verversings by Tuiswedstryde

Naam en van (verantwoordelike persoon): ____________________________________________

Instansie: _______________________________________

Tender vir kwartaal: __________ 20 _______.

Ek verstaan die tendervoorwaardes en onderneem om my daaraan te onderwerp. Indien die tender aan my toegestaan word onderneem ek om vir die res van 2015 my stalletjie by tuisbyeenkomste te Jacobsdal Primêre Skool te bedryf.

Hiermee tender ek vir die volgende produk/te:

Naam van produk: _____________________________ Verkoopprys: ________

Naam van produk: _____________________________ Verkoopprys: ________

Naam van produk: _____________________________ Verkoopprys: ________

Naam van produk: _____________________________ Verkoopprys: ________

Naam van produk: _____________________________ Verkoopprys: ________

Naam van produk: _____________________________ Verkoopprys: ________

Naam van produk: _____________________________ Verkoopprys: ________

HANDTEKENING: _________________________________ DATUM: ____________________

TENDERVOORWAARDES:

1. Die tender wat aanvaar gaan word hang af van die persentasie (van die wins) wat die persoon bereid is om aan die skool af te staan. Minimum persentasie is 10%.

2. Die Beheerliggaam van Jacobsdal Primêr behou hom die reg voor om ‘n