Inwoners van egipte

8
“ Maak gereed die Koning kom! “ Jy kan gered word uit ‘n verlore wereld, gereinig word van alle sondes & ongeregtighede & ‘n pad van heiligmaking saam met jou Verlosser Jeshua die Messias stap na die beloofde land! ‘n Geestelike reis van Egipte tot Kanaan

Transcript of Inwoners van egipte

Page 1: Inwoners van egipte

“ Maak gereed die Koning kom! “

Jy kan gered word uit ‘n verlore wereld, gereinig word van alle sondes & ongeregtighede & ‘n pad van heiligmaking saam met jou

Verlosser Jeshua die Messias stap na die beloofde land!

‘n Geestelike reis van Egipte tot Kanaan

Page 2: Inwoners van egipte

Die Tweede boek van die Bybel beskryf die uittog van God se volk, die kinders van Israel, uit Egipteland na die beloofde land Kanaan

In Egipte het die volk swaar geleef nadat hulle die God van hul vaders verruil het om Egiptiesegode te dien. Farao, die Egiptiese Koning het gemerk hoedat die Hebreeuse volk vermeerder &

wou deur harde dwang arbeid beheer oor hul getalle behou . . .

Uiters moeilike omstandighede & swaar verdrukking dwing die volk om met verlange te roep na die Lewende God wat eens op ‘n tyd hul voorgeslagte in liefde versorg& beskerm het, teen die siele vyand

Page 3: Inwoners van egipte

Die onderstaande word as metafoor gebruik in ons geestelike reis vanuit Egipte na Kanaan, die land van melk & heuning:

Egipte : Verlore wereld van sonde, ongeregtigheid & afgodediensPasga : Redding van my siel: Die Lam van God dra die straf vir my sondeWoestyn : Reiniging (afle van die verkeerde & opneem van God se geregtigheid)Kanaan : Geestelike oorwinning

Net soos wat God destyds Sy volk uit die hand van Farao verlos het, kom Hy vandag nog die mens te hulp wanneer Hy die weg tot geestelike vryheid vir jou bied

Die land Egipte waarin die volk nou woon, verwys na die toestand van verlorenheidwaarin ons vandag gebore word. ‘n Wereld waar die God van hemel & aarde

nie geken of gedien word nie, maar waar die vader van leuns ‘n reg het oor mense lewens as gevolg van ons sondes & ongeregtighede

Page 4: Inwoners van egipte

Exodus vertel dat Egipteland bewoon word deur verskillende volksgenote

• Egiptenare;• Israeliete ; en • mense met gemende bloed . . .

Die wereld waarin ons vandag beweeg word deur dieselfde groepe mense bewoon

Page 5: Inwoners van egipte

Die volbloed Egiptenare is mense tussen ons wat geen behoefte na die Almagtige Skepper het nie

• Hulle dien afgode (ander gode & aardse rykdom)• Het geen plan om van hul gode en aardse rykdom af te sien nie• Hierdie mense woon tussen ons in die verlore wereld en gaan selfs kerk toe• Hul neem geen notisie van die Evangelie nie, alhoewel hul telkemale die boodskap van redding hoor• Volbloed Egiptenare is baie gelukkig & tevrede in die verlore wereld van Egipte & het geen behoefte aan verlossing of ‘n nuwe lewe in Christus nie

Page 6: Inwoners van egipte

Dan is daar die mense tussen ons wat Suiwer Joodse bloed het . . .

Dit is mense wie se familie reeds geslagte lank die God van Abraham, Isak & Jakob vrywilliglik en met oorgawe dien

• Hulle het geen twyfel wie God is nie en hul het geen behoefte daaraan om ander gode te dien nie• Hulle verlang na die God van hul Voorvaders en het ‘n groot behoefte na Sy Woord en Waarhede• Hulle luister met groot belangstelling en gewilligheid na die Evangelie• Aanvaar Christus sonder twyfel as persoonlike Verlosser en wil nie langer in die verlore wereld aanbly as hul God persoonlik ontmoet het nie, daarom soek en vind hulle maklik die weg na Kanaan deur die “woestyn lewe” van reiniging van sonde en heiligmaking

Page 7: Inwoners van egipte

Die laaste groep mense wat in die wereld woon is mense met gemengde bloed

• Kinders gebore uit ‘n geestelik gemengde huwelik is verdeel tussen twee gelowe

• Hul sukkel geestelik & kannie werklik verbind tot die Skepper God nie

• Hulle kry nie veel vat aan afgode of die Christelike geloof nie

• Hulle vind dit moeilik om die rede & doel van die Kruisdood van Christus te verstaan & begryp glad nie hul sondige toestand voor ‘n Heilige God nie

Hulle vind dit dikwels moeilik of onmoontlik om ‘n oorgawe te maak; of om geestelik te groei & te volhard in die geloof

Hierdie mense is gebore uit ‘n huwelik tussen‘n gelowige (Jood) & ongelowige (Egiptiese) ouerpaar

Page 8: Inwoners van egipte

EGIPTENAAR Dien afgode

JOOD Ten volle oorgegee aan Christus

GEMENGDE BLOEDVerdeel tussen afgode & die God van Israel

Egiptenaar, Israeliet of uit gemengde huwelik gebore:

ALLE mense word gered deur die kosbare bloed

van Jesus Christus wanneer jy ‘n eie keuse maak

om voor God te buig jou sondes te belei en

Christus Jesus as jou Verlosser aan te neem . . .

Watter een van hierdie inwoners verteenwoordig jou?

Wil jy uit jou ongeredde toestand gered word, of is jy tevrede met ‘n lewe sonder God? WORD VERVOLG . . .