INSTRUKSIES EN INLIGTING · Web viewGrey-KollegeLangafstandonderrig Afrikaans Eerste Addisionele...
Transcript of INSTRUKSIES EN INLIGTING · Web viewGrey-KollegeLangafstandonderrig Afrikaans Eerste Addisionele...
Grey-Kollege
Langafstandonderrig
Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 9
Vraestel hersiening
Week 1: 15 – 19 Februarie 2021
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings wat gedurende die week gedoen moet word.
Maandag
15 Februarie
Lees die begripstoets en beantwoord die vrae.
Vraag 1.1 – 1.12
Dinsdag
16 Februarie
Doen die inligtingstuk en die opsomming
Vraag 1.13 -1.15
asook die opsomming
Woensdag
17 Februarie
Doen taalleer
Vraag 3.1 – 3.8
Donderdag
18 Februarie
Doen taalleer
Vraag 4.1 – 5.22
Vrydag
19 Februarie
Merk jou werk met ‘n potlood.
Graad 91Afrikaans EAT
AFDELING A:LEESBEGRIP
VRAAG 1:ARTIKEL
Lees die artikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
1 Coca-Cola, ook Coke genoem, is ’n tipe gaskoeldrank. Die koeldrank is die wêreld se topverkoper drankie en word in meer as 200 lande oor die wêreld verkoop. Dit word deur die Coca-Cola-maatskappy gemaak.
2Coca-Cola is in 1886 deur ‘n apteker (parmasist), John Styth Pemberton, uitgevind en was eers gemeng om medisyne te wees. Pemberton het ‘n apteek in Atlanta, Amerika, gehad waar hy medisyne, pille en haarkleurmiddels verkoop het.
3In 1885 het Pemberton ‘n tonikum gemaak wat hy “Frech Wine Cola” genoem het. ‘n Tonikum is ‘n soort medisyne wat ‘n mens ekstra energie gee. Hy het dit sommer in ‘n driebeenpot by sy huis gemeng en dit ook as ‘n medisyne vir hoofpyn verkoop. Dit was nie lank nie, of sy personeel het hierdie “lekker” medisyne met water gemeng en gedrink om hulle dors te les.
4Op Saterdag 8 Mei 1880 het Pemberton ‘n beker vol van hierdie medisyne na ’n ander apteek, “Jacobs Pharmacy” toe gevat. Hierdie winkel het ‘n sodapomp gehad wat koolsuurgas (carbon dioxide) by water gevoeg het om sodawater te maak. Hierdie sodawater is dan met gegeurde stroop gemeng vir die heerlike drankie. Pemberton het sodawater by sy medisyne gevoeg en al die mense in “Jacob’s Pharmacy” het daarvan geproe. Almal het gedink dit was baie lekker. Pemberton se boekhouer(accountant) het voorgestel dat hulle dit Coca-Cola moet noem.
5Pemberton het begin om Coca-Cola teen 5 Amerikaanse sent ‘n glas te verkoop. Pemberton is in 1888 oorlede. Pemberton het voor sy dood die resep aan ‘n besigheidsman, Asa G. Chandler, verkoop. Chandler het Coke begin adverteer en skielik wou almal Coke drink. Chandler het die Coca-Cola Maatskappy tot ‘n baie groot maatskappy opgebou en is vandag die grootste koeldrankmaatskappy in die wêreld.
6Die Coca-Cola-maatskappy maak ’n konsentraat, wat dan aan gelisensieerde botteleerders (bottlers) oor die hele wêreld verskaf word. Die botteleerders vervaardig die eindproduk uit die konsentraat, water en versoeters in bottels of blikkies. Hulle verkoop en versprei ook die Coke.
7Van tyd tot tyd word ander koladrankies deur die Coca-Cola-maatskappy onder die Coke-naam gemaak, soos Diet Coke, kafeïenvrye Coke en Coke Zero. Volgens ’n studie deur Interbrand in 2015 was Coca-Cola die wêreld se handelsnaam met die derde hoogste waarde, naas Apple en Google.
(Verwerk uit: Wikipedia)
Blaai om assebief
Graad 92Afrikaans EAT
VRAE:
1.1Wat is die korter naam vir Coca-Cola? (1)
1.2 Vul die ontbrekende woorde in. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.
Coca-Cola was eintlik eers medisyne wat in die jaar 1.2.1 _____ deur ‘n apteker in die
dorp 1.2.2 _____ uitgevind is. (2)
1.3Noem ENIGE TWEE goed wat Pemberton in sy apteek verkoop het. (2)
1.4Kies die woorde uit KOLOM B wat by die sinne in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.4.1 – 1.4.4) neer, bv. 1.4.1 E.
1.15.1 Pemberton se tonikum se naam.
1.15.2 Die ding wat hy gebruik het om die tonikum in te meng.
1.15.3 ‘n Soort medisyne wat energie gee.
1.15.4 Die rede waarvoor die medisyne gemeng is.
A. driebeenpot
B. tonikum
C. French Wine Cola
D. hoofpyn
E. agterplaas
(4)
1.5Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (1.5) en die letter (A – D)
neer, bv. 1.5 E.
Die woorde “om jou dors te les” beteken:
A.dat jy iets ‘n les leer.
B.dat jy iets gedrink het.
C.dat jy dors is.
D.dat jy honger is. (1)
1.6Wat het Pemberton by die water gevoeg om sodawater te maak? (1)
1.7Wie het voorgestel dat hulle die Tonikum, Coca-Cola noem? (1)
1.8Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (1.8) en die
antwoord neer.
Pemberton het Coca-Cola teen 5 sent ‘n (glas / bottel / blikkie) verkoop. (1)
1.9Haal EEN SIN aan om te bewys dat die onderstaande sin ONWAAR is.
Coca-Cola se resep was verlore (lost) toe Pemberton oorlede is. (1)
1.10Skryf ENIGE WOORD uit paragraaf 5 neer, wat Chadler se maatskappy beskryf. (1)
Blaai om asseblief
Graad 93Afrikaans EAT
1.11Die Coca-Cola maatskappy vervaardig die eindproduk wat verkoop kan word.
Stem jy saam met die bo-genoemde stelling? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)
1.12Noem jou gunsteling Coca-Cola produk. (1)
(17)
INLIGTINGSTUK
Bestudeer die inligtingstuk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS B:
DIE COCA-COLA MAATSKAPPY
ONS PRODUKTE IS BESKIKBAAR IN 200+ LANDE
134
JAAR VAN GELUK
3500+
PRODUKTE
WêRELDWYD
1,322,000
TWEETS
PER KWARTAAL
(Uit: www.grafika24.com)
VRAE:
1.13Haal TWEE AGTEREENVOLGENDE woorde aan wat vir ons aandui dat daar vier keer ‘n jaar, 1 322 000 tweets getweet word.(1)
1.14Hoeveel jaar bestaan die Coca-Cola-maatskappy alreeds? (1)
1.15Hoe weet ons dat Coca-Cola wêreldwyd beskikbaar is? (1)
(3)
TOTAAL VIR AFDELING A: 20
Blaai om asseblief
Graad 94Afrikaans EAT
AFDELING B:OPSOMMING
VRAAG 2:
TEKS C
WOORDESKAT
herwinningsentrum – recycling centre
meestal - mostly
toeganklik - accessable
deksel - lid
handwerk -
spoel - rinse
halfpad – half way
skud - shake
versprei- spread
gooi - throw
Sak - bag
Vervoer - transport
Verwyder - remove
Gewig - weight
Handwerkprojek – hand work project
Hoe om plastiekbottels te herwin
1. Neem die bottels na `n herwinningsentrum. Jy sal moet uitvind waar die naaste sentrum is. Dit sal meestal by gemeenskapsentrums wees omdat dit toeganklik moet wees vir motors of trokke.
2. Verwyder die deksel. Sommige herwinningsentrums aanvaar nie die botteltjies se deksels nie. As dit die geval is, kan jy die deksel weggooi of `n plek soek wat die deksels aanvaar of dit in `n handwerk projek gebruik.
3. Spoel die bottel met water uit. Vul die bottel halfpad met water en maak dit toe. Skud dit om die water te versprei en maak dan die bottel weer oop en gooi die water uit. As die bottel nog vuil is, moet jy dit een of twee keer doen.
4. Plaas die bottels in `n sak. U sal die sak nie herwin nie, maar dit sal dit baie makliker maak om die bottels na `n herwinningsentrum te vervoer.
5. Verwyder die etiket indien daar een op die bottel is. Sommige plekke aanvaar nie bottels met etikette nie veral as hulle die bottels volgens gewig koop. As u van plan is om die bottel vir `n handwerkprojek te gebruik, moet u die etiket verwyder om dit skoon te maak.
(Verwerk uit: www.dmylogi.ru)
2.1Lees die bostaande teks deur en som hoe om plastiekbottels te herwin op.
· Skryf die hoofgedagtes puntsgewys neer.
· Nommer die hoofgedagtes van 1 – 5.
· Jou opsomming mag nie langer as 50 woorde wees nie.
· Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
· Laat ‘n reël tussen die sinne oop.(10)
TOTAAL VIR AFDELING B: 10
Blaai om asseblief
Graad 95Afrikaans EAT
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3:STROKIESPRENT
TEKS D
Ek het dit klaar gedrink.
Ek is (3.1 moeg)! Nou kan ek uiteindelik my Coke drink.
VRAE:
3.1Gee die INTENSIEWE VORM vir die woord tussen hakies.
Ek is (moeg)!(1)
3.2Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
Jon is (in die aand) moeg as hy van die werk afkom.(1)
3.3Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Coke is vir Jon die (lekker) drankie.(1)
3.4Skryf die AFKORTINGS tussen hakies in woorde uit.
Garfield kry (3.4.1 asb.) die (3.4.2 dr.) se (3.4.3 nr.) want ek voel siek.(3)
3.5Skryf die sinne oor en rangskik die gedeelte tussen hakies in die KORREKTE WOORDORDE.
3.5.1 Garfield (elke dag / steel / ‘n blikkie Coke).(1)
3.5.2 Jon (gister / baie hard / het / gewerk).(1)
3.5.3 Garfield en Odie (vinnig / soggens / stap / in die tuin).(1)
3.6Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies.
3.6.1 Ek is baie trots (op / met / oor) die skool.(1)
3.6.2 Ek het baie hard (vir / met / aan) die eksamen geleer.(1)
Blaai om asseblief
Graad 96Afrikaans EAT
3.7Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Garfield dink Odie is (mooi) as enige ander hond. (1)
3.8Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.
Garfield is (deur die dag) alleen by die huis. (1)
(13)
VRAAG 4: STROKIESPRENT
TEKS E
4.4.1 Die seun sê: “Dit was ’n lekker kamp.”
Dit is só warm, maar hierdie koeldrank is (4.6 koud).
4.1Gee die AFKORTING vir die onderstreepte woord in die sin.
Ons moet by die volgende straat links draai. (1)
4.2Skryf die sinne in die VERLEDE TYD oor.
4.2.1 Die kinders ry saam met die skoolhoof.(1)
4.2.2 Meneer het ‘n koeldrank.(1)
4.3VERBIND die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
4.3.1Die kinders is moeg. Hulle was die hele naweek op ‘n skoolkamp. (omdat)(1)
4.3.2Dit is somer. Dit is warm. (dus)(1)
4.3.3Die skoolhoof is vriendelik. Hy deel sy koeldrank. (want)(1)
4.4Skryf die sinne in die INDIREKTE REDE oor.
4.4.1 Die seun sê: “Dit was ‘n lekker kamp.”(1)
4.4.2 Die man vra: “Hoe laat is dit?” (1)
Blaai om asseblief
Graad 97Afrikaans EAT
4.5Skryf die sinne in die ONTKENNENDE VORM oor.
4.5.1 Die kinders geniet die kamp.(1)
4.5.2 Die seuns gaan nou huis toe.(1)
4.5.3 Iemand is moeg gery.(1)
4.6Skryf die volgende sinne in die LYDENDE VORM oor.
4.6.1 Die kinders sing ‘n liedjie.(1)
4.6.2 Meneer het die kamp bygewoon.(1) (13)
VRAAG 5: SPOTPRENT
TEKS F
5.1Skryf die volgende sinne in die INFINITIEF oor:
5.1.1 Die haai sit in die swembad.
Begin so: Die haai blyk ...(1)
5.1.2 Die swembad is baie vol.
Begin so: Dit skyn ...(1)
5.2Skryf die volgende sinne in die TOEKOMENDE TYD oor:
5.2.1 Die haai gesels met Sap.(1)
5.2.2 Haaie swem baie goed.(1)
(4)
__
TOTAAL VIR AFDELING C: 30
__
GROOTTOTAAL: 60
______________________________________________________________________________