Inhoudsopgawe - NG Kerk in KZN · Web viewDie Msinga vennootskap word gevorm deur NG kerk gemeentes...

14
18 Julie 2014 Skakels wat saak maak Inhoudsopgawe SINODE NUUS Kalender Julie en Aug 2014 Spesiale uitgawe van die Kerkbode oor die NG Kerk se belydenisgrondslag Prosesdokumente vir wysiging van KO Artikel 1 beskikbaar KZN Outreach – waar die dinge gebeur Werkswinkel Misinga vennootskap Fresh Expressions KZN Outreach rubriek NUUS UIT GEMEENTES NG Gemeente Pinetown - Besoek van Rhé Jansen NG Gemeente Greytown – Ontvangs van nuwe leraar NG Gemeente Suidkus – Jannie du Toit Konsert NG Gemeente Dundee - Kersmark Predikante wat verjaar ANDER NUUS Gesoek NG Leraars wie se Grieks en Hebreeus nog nie opgeroes het nie Huldeblyk Ds V. Francis, RCA Pietermaritzburg Die A en F Kollege – Christelik behoudende skole Bybelmedia Jongste Bybelkor-Publikasies Kerkbode van 18 Julie LiG van Augustus-uitgawe Sinodale eNuusbrief : NG Kerk in KZN

Transcript of Inhoudsopgawe - NG Kerk in KZN · Web viewDie Msinga vennootskap word gevorm deur NG kerk gemeentes...

18 Julie 2014

Skakels wat saak maak

Inhoudsopgawe

SINODE NUUS Kalender Julie en Aug 2014Spesiale uitgawe van die Kerkbode oor die NG Kerk se belydenisgrondslagProsesdokumente vir wysiging van KO Artikel 1 beskikbaarKZN Outreach – waar die dinge gebeur Werkswinkel Misinga vennootskap Fresh Expressions KZN Outreach rubriek

NUUS UIT GEMEENTES NG Gemeente Pinetown - Besoek van Rhé Jansen NG Gemeente Greytown – Ontvangs van nuwe leraarNG Gemeente Suidkus – Jannie du Toit KonsertNG Gemeente Dundee - KersmarkPredikante wat verjaar

ANDER NUUS Gesoek NG Leraars wie se Grieks en Hebreeus nog nie opgeroes het nieHuldeblyk Ds V. Francis, RCA PietermaritzburgDie A en F Kollege – Christelik behoudende skole Bybelmedia

Jongste Bybelkor-PublikasiesKerkbode van 18 Julie LiG van Augustus-uitgawe

HERHALINGS NG Gemeente Durban Oos – Daniël KonferensieMentorskursusNG Gemeente Umhlanga – Daniël Konferensie

SINODE NUUS

Sinodale eNuusbrief : NG Kerk in KZN

Kalender vir Julie – Aug 2014  22 Julie – CMD Bestuurskomitee-vergadering29 – 31 SVL (Sinodale Visionêre Leierspan) vergadering 21 Julie SKOLE BEGIN5 Aug - SBS (Sinodale Bedieningspan) vergadering5 Aug – Emeriti Werkgroep Telefoonvergadering6 Aug - FASNET7 Aug – SOS (Sinodale Ondersteuningspan) vergadering7-9 Aug – Mentorskursus12 Aug – Kleingemeentesgroep15 Aug – Werkgroep Sentrum15-17 Aug SKV Wegbreeknaweek 19 Aug – LTP (Lidmaattoerusting) vergadering 26 Aug - Moderatuurvergadering27 Aug - Joint Moderamenvergadering28 Aug – KZN CMD UItvoerende Komitee31 Aug - Bybelsondag

Inhoud

Spesiale uitgawe van die Kerkbode oor NG Kerk se belydenisgrondslag kan bestel word.

Bestellings vir hierdie uitgawe moet asseblief voor of op 21 Julie gedoen word by Charlene Kruger by [email protected]. U kan haar ook bereik by 021-864-8278.

Kerkbode beplan om sy uitgawe van 1 Augustus 2014 in geheel te wy aan die NG Kerk se belydenisgrondslag en die beoogde wysiging daarvan deur die voorgestelde nuwe artikel 1 van die Kerkorde. Dit behels ook die insluiting van die Belydenis van Belhar op ʼn nie-dwingende wyse in die NG Kerk se belydenisgrondslag. Die gedagte is om die kerk daardeur te help om goeie inligting wyd beskikbaar te stel.

Neels Jackson, die redakteur van die Kerkbode laat weet dat daar beoog word om onder meer die volgende in te sluit:- Agtergrond oor belydenisskrifte (wat is ʼn belydenisskrif, hoe ontstaan hulle, die verskeidenheid van belydenisskrifte)- Die volledige teks van Belhar- Die volledige teks van die begeleidende brief- Iets oor die hart van Belhar- Die historiese aanloop tot Belhar- Kort besprekings van algemene kritiek en vrae oor Belhar en die kerkordelike proses- Boodskappe van al die moderators- Buitelandse kerke en Belhar- Die konsensusvoorstel van Port Elizabeth- Die verloop van die stemproses

Gemeentes en individue kan hierdie spesiale uitgawe bestelMeer as 15 000 kopieë van dié Kerkbode sal normaalweg versprei word na intekenare. Dit is egter vir gemeentes of sinodes moontlik om meer te bestel. Die prys vir 100 kopieë is R611.00 en vir 1000 is dit R5600.00. Die pryse word op ʼn glyskaal bereken, maar vir bestellings van 500 of meer is die prys R5.60 per kopie.

Bestellings vir hierdie uitgawe moet asseblief voor of op 21 Julie gedoen word by Charlene Kruger by [email protected]. U kan haar ook bereik by 021-864-8278.Inhoud

Prosesdokumente vir wysiging van KO Artikel 1 beskikbaar

Die prosesinligting vir die stemming oor die moontlike verandering van Artikel 1 in die Kerkorde is ontvang. Hierdie inligting is by die Sinodale Kantoor beskikbaar en sal gedurende Augustus in KZN versprei word.

NB: Maak dus ook asb seker dat die Spesiale Sinodesitting se datum van 5 November in jou dagboek aangeteken is.

Inhoud

KZN Outreach – Waar die dinge gebeur

KZN Outreach nooi u om van hul nuwe webwerf se blad te hou. U word ook uitgenooi om artikels, met fotos van gesamentlike werksaamhede met die familie van NG kerke (RCA en VGKSA) te plaas, en van te hou (like) Facebook skakel: https://www.facebook.com/pages/KZN-Outreach/247393835471320?ref=tn_tnmn Inhoud

KZN Outreach Werkswinkel gehouKZN Outreach is ‘n gesamentlike aksie van die familie van NG Kerke in KZN. Op 19 Junie by die

NG kerk Hayfields, het die moderator ds Bennett Shunmugam as fasiliteerder opgetree by ‘n goed verteenwoordigde afvaardiging uit die RCA, NGK, en VGKSA.  Tydens hierdie byeenkoms is besin oor ‘n verklaring van voorneme wat gebruik kan word in gesamentlik gesprekke waar lede van die verskillende kerke bymekaar is. Die verklaring is in die proses van finalisering, maar hieronder word van die hoofgedagtes weergegee. Dit word in Engels gedoen, aangesien dit ook die taal van kommunikasie by die werkswinkel was.

The mission of the church is the mission of every church member A missional lifestyle living in God’s presence accompanied by  a high moral lifestyle is needed The style of worship in the church should inspire every member Intentional missional and sacrificial lives are required from every church member

New and existing believers must be instructed in the ways and commands of Christ Gifts and ministries of the DRC family of churches in KZN need to be shared for the common good of God’s kingdom in KZN The youth need to be inspired to participate in the ongoing life of the church There is a call for the power of the gospel to be demonstrated in the life of the church The oikos principle need to be encouraged, i.e to reach the people around us and in our closest circles We need a fresh revelation of the work of the Holy Spirit in the church today Opportunities should be created to share stories of hope with each other and build relationships Compassionate service should include care for the environment (ecology) A missional lifestyle of being a disciple and intensively making disciples is needed A macro story written on a set of micro stories of hope is needed We should deal with the process of walking together in Christ We need to meet the total needs of people

Mike HeaneyInhoud

Msinga vennootskap

Die derde Julie het die jaarlikse Netwerkbyeenkoms van die Msinga vennootskap te Pomeroy plaasgevind. Die Msinga area is grootliks nog  landelik georiënteer. Die area waar die byeenkoms plaasgevind het is een van die armstes in die land. In 2006 het nog net 10% van die bevolking toegang tot lopende water gehad. Daar is geweldig baie uitdagings op kulturele, godsdienstige en maatskaplike gebied.

Die Msinga vennootskap word gevorm deur NG kerk gemeentes uit die Wes Kaap en KZN, wat saam hande vat met die VGKSA in die btrokke area van Msinga en omgewing. Die visie van die vennootskap is omtot eer van God,in eenheid en vertroue,  saam te werk aan die koninkryk van God, deur Woord en daad en gebed, in en van Msinga. Daar vind ook jaarliks ‘n uitreik vanuit die Wes Kaap plaas deur (veral) mediese studente. Saam word daar ook besin oor maniere waarop die koninkryk van God effektief uitgebrei kan word, deur gesamentlike aksies.  Sake soos CMD/Usizo se gesamentlike vennootkappe, korttermynuitreike, opleiding van lekewerkers, ens het veral geniet.

Veral NG gemeentes nabygeleë aan Msinga word uitgenooi om deel te word van die vennootskap.  Meld aan op die Facebook bladsy van KZN Outreach of kontak dr Lourens Schoeman direk.  https://www.facebook.com/pages/KZN-Outreach/247393835471320?ref=tn_tnmn       

Mike Heaney

Inhoud

Fresh expressions

Op 28 Junie 2014 het Biskop Graham Cray van die Anglikaanse kerk ‘n byeenkoms van Fresh Expressions by St Agnes kerk in Kloof toegespreek. Wêreldwyd is daar ‘n afname in die lidmaattal van hoofstroomkerke. In Engeland is die afname op plekke omgekeer en was daar selfs groei van 70% in nuwe lidmate. Die beweging Fresh expressions, het tot die groei bygedra. In kort het Biskop Cray die volgende uitgelig:

“Fresh Expressions” is ‘n gestalte/vorm  van kerkwees midde in ons snel veranderende wêreld wat tot stand kom en primêr gerig is op mense wat nie meer enige kerk besoek nie; dit kom tot stand veral deur goed te luister na die konteks en mense binne daardie konteks, diens, missionale inkarnasie en die maak van dissipels. Dit het die potensiaal om uiteindelik deel van die hoofstoomkerk te word, ‘n kerk gevorm deur die evangelie en eie aan die plaaslike konteks.“Fresh expressions” of innoverende maniere van kerkwees en pionier bedieninge is maniere waarop ons as kerk waarop ons sorg dra dat die samelewing die liefde van God in Chistus sal ontdek, op wyses wat vir hulle toeganklik is. Verhoudings bou met “buite kerklikes” is hier belangrik.Dit sou beteken dat ons as kerk van die Here ons vooroordele sal laat vaar en opnuut weer vertrou op die werking van die Heilige Gees, deur nederig onsself oop te stel vir wat God besig is om te doen binne elke konteks en daarby aan te sluit.Die belangrike van die hele proses van tot standkoming van uitdrukkings van Fresh Expressions is om te luister en nie “modelle” te wil kloon nie, maar bereid te wees om te improviseer. Uiteindelik gaan dit in “Fresh Expressions” nie om lidmate vir kerke te “wen” nie, maar om getrou te wees aan ons roeping as kerk om te gaan en nie net te sit nie.Eersdaags word ook aandag gegee aan die vorm van ‘n Netwerk vir Fresh Expressions in KZN.

Mike HeaneyKZN OutreachInhoud

KZN Outreach rubriekKZN Outreach het ‘n droom om met ‘n rubriek in die ePosduif te begin waar gemeentes hartlik kan saamgesels en berigte en fotos kan plaas oor hul samewerking op grondvlak met die RCA en URCSA. Ons wag graag om te hoor van gemeentes wat wil saamgesels en deel. Kom ons probeer om aanvanklik een keer ‘n maand nuus in hierdie verband te plaas. Inhoud

NUUS UIT GEMEENTES

NG Gemeente Pinetown – besoek van Rhé Janse op 20 JulieMarietjie Marais, gemeentebestuurder van Pinetown gemeente laat weet dat Rhe Janse die gemeente op Sondag 20 Julie 2014 besoek Sy gaan die erediens behartig en die boodskap bring ook deur haar sang.  Sy het die Pinksterdienste in 2009 in Pinetown gemeente waargeneem en dit was vir die gemeente tot groot seën gewees.  Toegang is gratis en daar sal tee en koffie bedien word na die tyd. Rhe sal ook van haar CD’s beskikbaar stel vir verkope by die geleentheid.Inhoud

NG Gemeente Greytown – ontvangs van nuwe leraarspaar – 26 Julie

Greytown gemeente nooi leraars en belangstellendes hartlik uit na die ontvangs-en bevestigingsgeleentheid van Ds. Rudolph en Jean-Mari Scharneck op Saterdag 26 Julie 2014 om 15.00 in die Greytown kerkgebou. Daarna  sal ons gesellig saam eet en kuier in die kerksaal. RSVP asb. voor Woensdag 23 Julie 2014,  aan Alet van der Merwe 071 1075 781 / 03341 32246 of [email protected].

Inhoud

NG Gemeente Suidkus aan: Jannie du Toit – 26 Julie

Jannie du Toit konsert met liedjies van Koos du Plessis:  Tema – “Dup is nie dood nie”Datum:  Saterdag 26 Julie om 19:00Kaartjies: R100 volwassene en R60 vir kinders.Skakel: 031-903 6567.Inhoud

NG Gemeente Dundee – Kersmark 29 Nov – bespreek nou reeds jou staanplek

, Inhoud

Predikante wat verjaar 18 Julie - 28 Julie 2014 27 Julie Gert Kok, Sel: 0834178323, ePos: [email protected] 27 Julie Magdaleen Sadie, Sel: 0827518579, ePos: [email protected]

Inhoud

ANDER NUUS

Gesoek – NG Leraars wie se Grieks en Hebreeus nog nie verroes is nie

Ds Pieter Kriel rig die volgende versoek: “Ek is betrokke by die opeiding van die VGK se leraar kandidate. Volgens die algmene sinode moet die ouens nog Grieks en Hebreeus ekstra doen. Die huidige studente het toe besluit om vir die tweede helfte van hierdie jaar almal daarvoor by Unisa in te skryf, sodat hulle saam daarmee kan worstel. Hulle het my gevra of ek nie vir hulle mense kan kry om hulle daarmee te help nie. Kan ons asseblief in die E-pos duif ’n versoek rig aan die N.G. leraars in Natal om te hoor of daar van hulle is wat op hoogte gebly het met Grieks en Hebreeus, wat dalk bereid sal wees om ons studente the help?”Kontakbesonderhede:Tel: 034 - 9814027Sel: 0832789755E-pos: [email protected]: 0866753983Inhoud

Huldeblyk – Ds V Francis, RCA Pietermaritzburg (1948-2014)Dr Eugéne Joubert stuur hierdie kort huldeblyk tesame met die persoonlike stukkie getuienis: “ek moet bely dat Ds Francis die laaste klompie jare met sy onwrikbare geloof en toewyding aan die Here, vir my werklik ʼn geestelike mentor was.  Ek mis hom geweldig.”

HULDEBLYKDs. V. Francis, RCA Pietermaritzburg (1948 – 2014)

Ds. Vardaraju Francis (Dharma) is op 11 Januarie 1948 in Durban gebore. Hy was die oudste van ses kinders en toe beide sy ouers vroeg oorlede is moes hy die rol van beide ouers vervul met die grootmaak van sy broers en susters.

In 1977 het Dharma sy hart aan die Here gegee en begin met sending werk, meeste hiervan op die Metro-treine. In 1981 begin hy werk as ʼn voltydse evangelis in die Moriah gemeente, Merewenth, Durban. Gedurende die vier jaar wat hy as evangelis gewerk het, sowel as gedurende sy vier jaar as student het hy nooit enige formele finansiële hulp ontvang nie, maar voortgegaan met die vaste vertroue datdie Here sal voorsien. En Francis het graag getuig dat die Here wel voorsien het.

Francis het in 1985 voltyds begin studeer aan die Universiteit van Durban Westville. In 1988 behaal hyʼn Baccalaureus graad in Teologie en doen gedurende 1989 sy praktiese werk. Hy word in 1990 bevestig as leraar in die RCA gemeente Pietermaritzburg. In 1992 begin Francis met die “TimotheanOutreachMission (TOM)” wat die sending aksie van die RCA gemeente in Pietermaritzburg is. Alhoewel hy voortdurend betrokke was by TOM, was dit sy droom dat hy sy aandag voltyds aan TOM sou kon wy met sy aftrede. Hy was egter reeds siek en is kort daarna oorlede op 20 Junie 2014.

Dharma laat sy weduwee Runjee, twee seuns en skoondogters na asook twee kleinkinders. Die jongste seun Theophilus is in 2013 gelegitimeer as leraar, ook in die RCA.Inhoud

Nuwe skool-, hulp en ondersteunings sentrums vir Graad 0 tot 12 Afrikaans en Engels – Christelik-behoudendDie A en F Kollege beplan om landwyd takke te open om ons kinders te help vir n beter toekoms en beter klaskamer omstandighede. Ons waarborg dat ons n maksimum van 20 kinders per onderwyser sal indeel en n addisionele hulp vir elke 20 vir die laer klasse soos graad 0 tot 3 sal verskaf. Alle kinders word by die Departement van Onderwys geregistreer, behalwe as die ouers dit nie verkies nie. Hul skryf ook die normale SACAI, UMALUSI eksamens of die addisionele keuses IEB of Internasionale Cambridge. Die diens is ook beskikbaar vir tuisskool kinders.Lees hier meer:Inhoud

BybelmediaJongste Bybelkor-publikasies... noodsaaklike hulpmiddels in elke gemeente!

Van voor die wieg tot na die graf ... Cas WepenerRituele roetemerkers vir die drumpels van die leweMet hierdie boek laat Cas Wepener ons opnuut nadink oor die heilige handelinge en aksies van die kerk waardeur die Here – gewoonlik in kombinasie met die Woord – ons wil leer om te glo, te hoop en lief te hê. Hy gee praktiese voorbeelde van wat ons kan doen, asook voorstelle vir liturgieë wat in gemeentes gebruik kan word.

’n Besonder kreatiewe boek met aangrypende insigte oor die geskiedenis van die doop en rituele wat daarmee gepaardgegaan het. Bevat ʼn wye verskeidenheid stof vir preke of preekreekse en interessante liturgiese voorstelle wat maklik vir ʼn eie situasie aangepas kan word. Die skrywer delf in die bestaande skat van kerk en akademie om ons praktyk ten opsigte van liturgie, aanbidding en rituele daardeur te verryk. Predikante kan die boek gebruik om ʼn preekreeks in die gemeente, by uitstek tydens Pinkster, aan te bied. Die doop as sakrament is tans druk onder bespreking, en daar word liturgies geëksperimenteer. Bestaande liturgiese rituele kan ons help om liturgieë en rituele te skep vir sekere (moeilike) oorgangstadiums waarvoor ons tans geen rituele het nie.

Prys: R 99,95 (BTW en posgeld ingesluit).

Gestuur ... Nelus Niemandt en Piet MeiringKerk-wees tussen gister en môreVerwerking: Siegfried Louw en Nico SimpsonGestuur vertel die storie van die nuwe droom oor die kerk.Voor die Algemene Sinode van 2013 het die NG Kerk besef daar is op baie plekke in die wêreld, ook in die kerk, lewendige gesprekke oor geloof en die kerk aan die gang. Hulle het toe die vars en nuwe gedagtes uit dié gesprekke in ’n beleids-dokument saamgevat sodat ons saam nuwe, verbeeldingryke moontlikhede vir die toekoms van die kerk kan ontdek. Die beleidsdokument van die Algemene Sinode van die NG Kerk 2013 oor

wat die kerk kan doen om deel van God se sending in die wêreld te word, is in hierdie in ʼn eenvoudige manifes verwoord. Gestuur verduidelik in algemene terme hoe die kerk kán werk. Gespreksvrae vir groepe by elke punt van die manifes. ʼn Relevante publikasie in hierdie tyd waarin begrippe soos “gestuurde gemeentes” en “missionale kerk” oral gehoor word.

Prys: R 40,00 (BTW en posgeld ingesluit) ... Verrykende leesstof vir elke lidmaat!Inhoud

Lees in die Kerkbode van 18 Julie ...

In Gochas in Namibië het daar ‘n merkwaardige projek tot stand gekom wat getuig van omgee vir die omgewing en omgee vir kinders. In ruil vir rommel wat hulle van die strate af optel, kan die kinders elke maand by die Reënboogwinkel noodsaaklik-hede aanskaf wat wissel van lineale en potlode tot skoene en onderklere. Conette le Roux vertel die storie. Twee vroue uit die Vrystaatse platteland, een ’n NG lidmaat uit die dorp en die ander ’n vrou uit die township, het hande gevat om ‘n sorgsentrum op die been te bring

vir “God se gestremde kinders”. En hulle het hul gemeenskappe agter hulle. Pelgrimstogte kry al hoe meer aandag as deel van spiritualiteitsvorming in die gereformeerde tradisie. Hier is ‘n kykie op ‘n paar persoonlike ervarings op die Camino de Santiago in Spanje wat wys hoe die pelgrimstog ‘n metafoor vir die lewe word. Lees ook: Hulde aan Adri-Louise van Renen-Fourie en Russel Botman.

Rustenburg sê dankie vir ‘n stortvloed hulp. Nelus Niemandt skryf oor Fresh Expressions. NG Kerk is terug in die Wêreldraad van Kerke. Inhoud

Augustus-uitgawe van LiG ...

‘n Nuwe (Kaapse) seisoen vir die Wincklers Dewald Wasserfall: “Dankie, Pa!” Bybelvertalers – vier vroue vertel Dankbare hart, gesonde hart Ons huwelik: Hoe kan ek jou (weer) vertrou?

Inhoud

Inligting, Navrae en Diensverskaffing:

Skakel 0860 26 33 42 óf 021 873 0822 Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected] Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

E-pos: [email protected]: 021 864 8223

Inhoud

HERHALINGS

NG Gemeente Durban-Oos - Daniël Konferensie– 1-3 AugustusWanda laat weet dat Durban-Oos ook ‘n Daniël Konferensie aanbied vanaf Vrydag 01 tot Sondag 03 Augustus in die Kerksaal van die Bluff Preekpunt te 49 Old Missionweg Bluff.   Dit is deel twee van die vorige konferensie.   Vrydag vind dit plaas vanaf 18:00 tot 21:00 en Saterdag vanaf 08:30 tot 14:40 en Sondag vanaf 09:00 tot 11:10.   Indien u hierdie konferensie  wil bywoon skakel asb so gou moontlik met Wanda Basson 031-4672392 tussen 08:00 en 12:00 daagliks om u plek te verseker.   Voorlopige kostes beloop R170.00 per persoon.Inhoud

Mentorskursus 7-9 AugustusKom leer hoe om 'n beter Reisgenoot te wees by die Mentorskursus

Predikante, kerkraadslede en lidmate is daagliks op 'n lewensreis saam met ander. In die Mentorskursus leer kursusgangers vaardighede en gewoontes aan om te help om 'n pad met mense te loop. Hierdie pad kan dié van 'n Mentor en Mentee wees, maar die kursus kan ook iemand help as geestelike begeleier, afrigter ('coach'), pastor of vriend.

Die besonderhede van die Mentorskursus:- Aanvanklike drie dae te Drakensville naby Bergville: 7-9 Augustus 2014- Daarna is jy vir 'n jaar lank deel van 'n Tutorgroep- Afrondingsgeleentheid: Derde kwartaal in 2015.- Koste vir eerste drie dae: R1200- Inskrywingsvorms hierby aangeheg. Skryf in voor 31 Julie 2014.

Enige navrae oor die kursus kan by my (Ben) gedoen word by 072 1438838 of by Barry Tolmay by 082 4110626.Ben van DykInhoud

NG Gemeente Umhlanga - Daniël Konferensie – 15-17 Aug 2014

Vir meer inligting klik op die banier hier langsaan of kontak Maryke SchreuderNG Gemeente Umhlanga031-5613191 (08h00 – 13h00)031-5613192 (f)[email protected]

http://www.ngumhlanga.co.za/home.phpInhoud

A&F Kollege

A & F Kollege (Eiendoms) Bpk Registrasie 2012/042729/07Hoofkantoor: Pretoria, President Street 333A, Silverton. + Korrespondensie Tel: 012 804 9160 Or 072 629 9705 Silverton Pretoria, Centurion, RandburgFax: 0867195304 Ferndale, Kaapstad. E-Pos [email protected] Web blad: www.afcol.co.za

30 Junie 2014LANDWYD - Nuwe skool, hulp en ondersteunings sentrums vir Graad 0 tot 12 Afrikaans en Engels – Christelik-behoudend

Ons beplan om landwyd takke te open om ons kinders te help vir n beter toekoms en beter klaskamer omstandighede. Ons waarborg dat ons n maksimum van 20 kinders per onderwyser sal indeel en n addisionele hulp vir elke 20 vir die laer klasse soos graad 0 tot 3 sal verskaf. Alle kinders word by die Departement van Onderwys geregistreer, behalwe as die ouers dit nie verkies nie. Hul skryf ook die normale SACAI, UMALUSI eksamens of die addisionele keuses IEB of Internasionale Cambridge. Die diens is ook beskikbaar vir tuisskool kinders.

Vir die doel benodig ons n klaskamer in u omgewining vir 5 tot 20 skoliere vanaf Januarie 2015 en een vertrek sal voldoende wees vir die doel. Ons versoek is dus om te verneem of dit moontlik is om een van die klaskamers wat u gebruik vir Sondag Skool, gedurende die week te kan gebruik en natuurlik die koste. Die tye sal normale skool ure van 7H00 tot 14H00 wees.

Indien u ons nie kan help met n klaskamer nie, sal ons dit hoog op prys stel indien u ons inligting kan gee van enige ander geboue of kantore of die naam en nommer van n eiendoms agent in u omgewing, wat ons moontlik kan gebruik. Ons wil ook terselfdertyd vra of u ons skool dienste in u maandelikse nuusbriewe kan adverteer sodat ouers vooraf kan bespreek.

In verdere samewerking met Solidariteit en Helpende Hand wil ons Graad 8 tot 12 se opleiding kombineer met ons Kollege studie rigtings en praktiese ondervinding vakansie tye by die besigheid sektor. Dit sal ons jeug dus meer voorberei vir werk na graad 12. Hulle het dus die keuse op byvoorbeeld as Pastel Boekhouer/Rekenmeester te kwalifiseer gedurende Graad 8 tot 12. As opleiding sentrum leer ons skoliere om selfstandig te werk met voltydse ondersteuning deur ons Onderwysers.

Indien u kan help sal ons dit baie hoog op prys stel.

Vriendelike groete

Francois VermeulenBesturende Direkteur Inhoud