In Getsemane en daarna - NG Gemeente Meyerspark · van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656...
Transcript of In Getsemane en daarna - NG Gemeente Meyerspark · van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656...
Jesus, in Getsemane het U gebid,
gevra, gepleit
Dat ons Vader moet verander aan
sy besluit,
Dat die bitter beker by U verby
moet gaan…
En tog het U die hele tyd verstaan
Dat U deur u lyding die weg van
verlossing baan.
So word U met ‘n soen verraai
Deur iemand in u klein kring wat
manteldraai…
So het Judas vir dertig
silwerstukke probeer
Om U van God se weg te keer…
Hy het dit vir geen oomblik in
kon dink
Dat die Vader self hierdie bitter
beker vir U skink.
So het U voor God se wil gebuig
Al het dit beteken dat elke
stukkie lewe uit U suig…
Deur die weg wat U sou loop
Gee U aan ‘n verlore wêreld hoop
Dit wat U gedoen het, gee
betekenis aan elke preek
Want deur u gehoorsaamheid
word ons vrygespreek.
Ruwe soldaathande het U gegryp
en rondgeruk
Hulle het U met swepe stukkend
geslaan terwyl U vooroor buk.
Hulle het U geskop en U gespoeg
Terwyl die katspunte diep vore in
u liggaam ploeg
Uiteindelik is U met harde
hamerhoue aan die kruishout
vasgekap
Om daarmee vir ons die pad
hemel toe oop te trap.
U uitroep: Eloi Eloi lema
sabagtani…
Beteken U was van God verlaat
en nie die mensdom nie.
U het hard u laaste asem
uitgeblaas
En so gewys U is oor die lewe
baas.
U het u lewe afgelê… op presies
die tyd wat U wou hê.
So word U, die paaslam, vir ons
geslag…
Ons Verlosser wat met ope arms
vir ons wag.
Naskrif: Ds Awie was van 1982 tot 1984 ‘n leraar van ons
gemeente.
Tans is hy verbonde aan
Umhlanga NG Gemeente.
NG Gemeente Meyerspark April 2012 - Jaargang 9 Uitgawe 3
In Getsemane en daarna...– Ds Awie Erxleben
In hierdie uitgawe: My kamera en ek Winterwarmprojek Paasfees in die vreemde Senior Bediening is goed op dreef Belangrike aankon-diging!
P2 P3 P4 P5 P6
31 Mei 1994. ‘n Woensdag.
Republiekdag en kermis by
Laerskool Meyerspark. Fonds-
insameling met pannekoek,
tombola, skaapbraai. ‘n Vrolike
atmosfeer heers.
Die hoogtepunt is 3 valskerm-
springers wat om 14:45 op die
rugbyveld gaan land na spronge
uit ‘n vliegtuig. Die kinders het
vooraf, teen R5 elk, ‘n papierbord
gekoop. Naam en telefoonnommer
is daarop geskryf. Die borde is
daarna op die suidelike kwart-
gebied van die rugbyveld gestrooi.
Die bord waarop die eerste
valskermspringer sou land, wen
die eerste prys: ‘n paar dae gratis
verblyf by ‘n gewilde vakansie-
oord. So ook met die tweede en
derde pryse (Nie op Bronkhorst-
spruit nie!)
Die kinders en ouers sit in die
gebied met chevron-strepe afge-
baken in die noordelike kwart van
die rugbyveld. Die middelste twee
kwartgebiede is om veiligheids-
redes ‘n niemandsland.
Om 14:40 is die ligte vliegtuig
in posisie bokant Meyerspark.
Springer nommer een, wat tevore
al meer as 500 spronge uitgevoer
het, se valskerm ontplooi. Ek
staan met my Pentax-kamera in
die niemandsland om die landing
vas te vang. Geen wind of wolke
nie. ‘n Perfekte herfsdag. ‘n
Oordeelsfout? Moet wees. Ek
staan vasgenael – hy land
verkeerd! Reg tussen die toe-
skouers met sy volle gewig en
groot stewels.
Een besoekende dogter van ‘n
naburige skool is op slag gedood.
Drie ander kinders is hospitaal toe
geneem met ernstige beserings.
Die springer self het nie weer ná
die landing sy bewussyn herwin
nie en is ‘n paar dae later oorlede.
Drs Deo Smit en Christo
Swanepoel was teenwoordig en
kon binne minute hulp verleen aan
die beseerdes.
Johan Fouche het dadelik met
sy selfoon (toe nog vir ons ‘n
vreemde instrument van baksteen-
formaat!) die nooddienste ge-
skakel. Twee ambulanse en ‘n
helikopter was spoedig daar om
die beseerdes te vervoer.
Ek was verslae oor die gebeure
enkele meters vanaf my. Ek het
dadelik foto’s geneem, want ek
het besef ons sal in die volgende
paar ure vrae moet beantwoord.
Burgerlugvaart, die Direkteur van
Onderwys, en andere sal wil weet
wat ons gedoen het om so ‘n
ernstige ongeluk te verhoed. My 8
foto’s (toe was die 24 raamfilm
vol) het later getoon dat alle
toeskouers in hulle afgebakende
gebied was. Nogtans is ons later
vir ure ondervra!
Die Inspekteur van Onderwys,
mnr Döhse, was binne ‘n uur by
die skool nadat ek Johan se
selfoon gebruik het om die nuus
oor te dra. My eerste selfoon-
oproep!
Dit was my slegste en swakste
dag in 44 jaar in die onderwys. Ek
het myself dae lank verwyt, maar
my kamera kon die bewys lewer
dat die reëlingskomitee alle
voorsorgmaatreëls getref het. Ek
is dankbaar dat ek met die Here se
genade hierdie rampspoedige
gebeure korrek kon hanteer.
Naskrif: Lourens Grobler was vanaf 10 Januarie 1984 tot 28
Februarie 1997 die hoof van die
Laerskool Meyerspark. Hy is ook
’n bekwame fotograaf wat dikwels
op kort kennisgewing foto’s moet
neem vir Goeie Nuus en vir die
gemeente.
My kamera en ek - Lourens Grobler
Goeie Nuus 2
STIENIE NAUDé EIENDOMME
Koop en verkoop van eiendomme
Skakel Stienie Naudé (082 335
0720) (Eiendomsagent)
BOOMSLOPING
Boomsloping en snoei
van bome en struike. Kontak
Ernst by 083 656 4992
Die winter is sowaar weer om
die draai. Stof die breimasjiene af
wat daar eenkant in die hoekie
staan en kry die hekelpenne en
breipenne nader. Hoekom? Ons
beplan ‘n winterwarmprojek vir
die behoeftige mensies, groot en
klein, oud en jonk in die plakkers-
kampe en in Silverton, East Lynne
en omgewing hierdie winter. Ons
benodig warm komberse, musse,
handskoene, serpe en sokkies om
te oorhandig. Spring sommer
môre al aan die werk om van hier-
die items te brei of te hekel. In-
dien jy nie kan brei of hekel nie,
sal enige donasies van hierdie
items ook baie help. Enige dona-
sie van wol, is ook welkom. Ons
sal dit gee aan persone wat kan
brei of hekel. Die items kan afge-
lewer word by die kerkkantoor.
Merk dit asb duidelik “winter-
warmprojek”. Kom ons kyk of ons sommer ‘n wavrag vol by-
mekaar kan maak sodat dit teen
einde Mei oorhandig kan word,
net betyds vir die koue winter wat
voorlê. Verdere besonderhede kan
gekry word by Margaret Koeke-
moer 012 803 8183 / 083 966
3022
Goeie Nuus 3
Winterwarmprojek—Mei 2012 – Margaret Koekemoer
Bybelverspreiding - Johan Pretorius Hierdie jaar is die twintigste
herdenking van die Bybelprojek
van die gemeente: Koop-’n-
Bybel-Skenk-’n-Bybel. Ons is dankbaar teenoor ons Hemelse
Vader vir sy seën op hierdie
projek waarmee reeds bykans
25 000 Bybels versprei is. Die oop
hande en gesindheid van die harte
van gemeentelede het bygedra tot
die sukses van hierdie projek.
Gedurende die eerste twee weke
in Maart is reeds R33 012 ingevorder om met die projek
voort te gaan. Die belofte in 2 Kor
9:7-8 dat God die blymoedige
gewer liefhet en dat Hy by magte
is om aan ons alles in oorvloed te
skenk sodat ons in alle opsigte
genoeg kan hê en volop kan bydra
vir elke goeie werk, word deur u
gawes bewaarheid.
Verlede jaar is R38 753
ingesamel. 803 Bybels is versprei
teenoor 1 614 die vorige jaar. Die
kleiner getal Bybels moet daaraan
toegeskryf word dat die Bybel-
kiosk vir die eerste sewe maande
van die jaar nie ten volle kon
funksioneer nie, omdat die Kiosk
nie voltyds beman kon word nie.
Met die bedrag wat ingevorder is
met Bybelverkope (ons verkoop
die kleiner standaard Bybel vir
R30 en R40 vir die gewone
grootte) en die geloofsoffer wat
ontvang is, is R58 755 bestee om
Bybels aan te koop. Die kleiner
Bybel word aangekoop teen R52
en die gewone grootte teen R79.
Vanaf 1 Maart is Princes
Gavu elke weeksdag vanaf 14:00
tot 17:00 aan diens by die Kiosk.
’n Interessante brokkie oor
Bybelverspreiding word hierby
aangehaal. Wyle Orrie de Ridder
wat met die projek begin het, het
dit in die Goeie Nuus geplaas
(datum ongelukkig onbekend):
Terloops Meyerspark is nie die
eerste kerk om die verspreiding
van Bybels te subsidieer nie. In
die jaar 325 n.C. het Konstantyn
die Grote opdrag gegee dat 50
Bybels op die al lerbeste
perkament gemaak moet word vir
Eusebius, ’n biskop in die vroeë
kerk en die 50 Bybels is
gesubsidieer uit die Staatskas. Een
van die Bybels is vandag in die
Britse Museum in Londen te sien.
Goeie Nuus
Van jongs af was Paasfees in my
ouerhuis baie belangrik – trouens dit
het gelyk gestaan, of was selfs hoër
geag as Kersfees. Goeie Vrydag is
die kruisiging van Jesus herdenk en
dit was dan ook gewoonlik ‘n
redelike somber “fees”. Paassondag,
was egter Opstandingsondag en is
dan ook feestelik gevier, maar op ‘n
baie “gereformeerde” manier. My
ouers was baie konserwatief. Hierdie
viering van Paasfees het my die res
van my lewe bygebly.
Nou wat maak jy as jy jouself in
die buiteland, en veral in die totaal
“vreemde” bevind oor die Paas-
naweek? Met die ingewortel-
de gereformeerdheid, wat dan ook
sterk anti-Rooms is, is die eerste
gedagte: Bly weg van die Katolieke.
Maar as daar niks anders is nie, wat
dan?
Gedurende ‘n amptelike oorsese
reis bevind ek my op Goeie Vrydag
in Athene. Met geen ander opsie nie,
woon ek die diens in die Grieks-
ortodokse kerk by (dis baie naby die
Roomse) en alhoewel ek nie veel van
die diens verstaan het nie, het ek tog
onder die indruk van Christelikheid
gekom en belewe dat God ook daar
teenwoordig was. Nooit het ek na die
diens gevoel dat ek die Hervorming
verloën het nie.
Twee dae later is ek in Rome en
dit op Paassondag. Weer eens oortree
ek die wette van my voorgeslag en
gaan na ‘n “Roomse” byeenkoms,
naamlik waar die pous, Pous
Johannes XXIII, in die meeste
bekende tale die seën uitspreek oor ‘n
skare van omtrent 150 000 wat voor
die Vatikaan op die St. Peters plein
vergader het. Ek kon darem die
Duits, Nederlands en Engels verstaan
(ongelukkig was daar geen Afrikaans
nie) en weer eens het ek die
teenwoordigheid van God ervaar en
pla my gewete my nie. Ek dink nie
dat daar ‘n verskil is in die God wat
deur die Katolieke of deur ons aanbid
word nie.
Jare later is ek en Monica in
Nederland en dis weer Goeie Vrydag.
Die dag word daar nie as
vakansiedag gevier nie en ons vind
uit dat daar in die Anglikaanse kerk
wel eredienste is. Die diens is in
Engels en word deur drie predikante
waargeneem. Die sewe kruiswoorde
word om die beurt deur die drie
predikante behandel en elkeen
“preek” sowat 25 minute oor een
kruiswoord. Die totale diens duur
sowat drie uur, maar gedurende die
diens kom en gaan van die
gemeentelede in die kerk. Ons het
ongeveer ‘n uur en ‘n half daar
vertoef en na drie “preke” geluister.
Ek het vandag nog die “program”
met die sewe teksverse en temas van
die verskillende preke.
Baie jare later bevind ons onsself
op Goeie Vrydag, in ‘n Indiaanse
dorpie op die eiland Techila in die
middel van die hoogste meer in die
wêreld, naamlik die Titicacameer,
sowat 14 000vt bo seespieël, in die
Andesgebergte tussen Peru en
Bolivië. Hier is geen sprake van ‘n
diens van enige aard nie, en die
groepie reisgenote waarin ons beland
het, is lede van die New Age
beweging en het geen erg aan enige
Christelike waardes nie. Daar is egter
so ‘n klein kapelletjie op die eiland
(die bevolking is Katoliek vanweë
die Spaanse verowering eeue gelede),
en ek en Monica gaan toe maar daar
in die stilte sit en probeer op ons eie
die kruisiging herdenk.
Twee dae later, op Paassondag, is
ons in die stad Cusco, wat die
hoofstad was van die Inkas sowat
vierhonderd jaar gelede. Daar is ‘n
pragtige Katolieke katedraal op die
stadsplein, maar geen ander
Protestantse kerk in die stad nie. Tot
dusver het ons gevoel ons het slegs
seën ontvang met Paasfeeste en
besluit om die nagmaalsdiens in die
katedraal by te woon. Met so ‘n
bietjie kennis van Latynse woorde en
verder Engels, kon ons op ‘n manier
die diens volg. Ek onthou dit tot
vandag nog – dit het gegaan oor
Maria wat by die ope-graf was en
gewonder het wat van Jesus geword
het. Saam met die Katolieke het ons
hulle nagmaal bygewoon en het die
priester die koekie of skyfie of wat
mens dit ook sal noem, op ons tonge
geplaas. Weer eens het ons die
teenwoordigheid van God beleef. As
my streng gereformeerde oupa nog
sou geleef het, sou hy my seker nooit
vergewe het nie. Ek is tot vandag
oortuig dat ek nie verkeerd was nie
en ek glo vas dat God daar is waar jy
hom soek.
Paasfees herdenk die kruisdood
van Jesus Christus, wat vir ons aan
die kruis gesterf het, sowel as sy
opstanding uit die graf om vir ons ‘n
ewige lewe voor te berei. Jesus het
waarlik opgestaan! Presies hóé ons Paasfees vier is nie die belangrikste
nie. Wat wel saak maak, is dat ons
dit wél vier.
Paasfees in die vreemde - Nils Anderson
4
Sedert die begin van die jaar
het ons verskeie persone in ons
geledere verwelkom – ons hoop
dat hulle tuis sal wees!
Die program van ons bediening
is ook by die kerkkantoor
beskikbaar en ek kan u verseker
dit hou vele verrassings in. Kom
kyk sélf op ’n Woensdagoggend!
Vanaf 09:00 tot 10:00 word
Bybelstudie deur ds Niekie Rothmann aangebied in die sysaal.
Ons het so pas met ’n nuwe boek
“Hebreërs vir Vandag” begin.
Kom neem gerus deel aan hierdie
interessante bespreking. Vanaf
10:00 volg die res van die program in die kerksaal.
By die Dienssentrum is
mediese hulpapparate, soos
krukke, rolstoele, looprame en ’n
badstoel op leenbruik beskikbaar.
Reël asseblief vooraf met die
kerkkantoor sodat dit vir u
bespreek kan word.
Daar is permanent ’n rolstoel in
die moederskamer wat gebruik
kan word tydens kerkdienste,
veral as ’n persoon nie meer so
flink kan loop nie.
Onthou ons deure staan wawyd
oop en met ons leuse Omgee
Sonder Grense sal ons graag van hulp wil wees. Vir enige navrae
skakel Antoinette Herbst 012
803 3370 / Susan du Preez 012
803 5884
Goeie Nuus 5
Senior Bediening is goed op dreef - Antoinette Herbst
Dis vir my altyd lekker om te
dink met ‘n glimlag wat gaan God
vandag in my lewe laat gebeur
wat goed is… want ek wil net
fokus op die goeie dinge en dit
wat in lyn is met God se
Woord….
Dan herinner die Heilige Gees
my – al doen ek NOOIT weer iets
vir jou nie, het ek vir jou die
Ewige Lewe gegee! Ek kan net
dankie sê dat Jesus vir my, ‘n
sondaarmens, so lief was, en nog
steeds is, dat Hy sy lewe vir my en
vir jou gegee het sodat ons die
ewige lewe kan hê. Dit gee my die
sekerheid vir die toekoms wat min
mense vandag het.
Die wete dat ek die ewige lewe
het, behoort genoeg vir my en jou
te wees - en dit ís. Maar, God wil ons nog meer seën en Hy doen dit
elke dag deur vir ons ‘n nuwe
sonskyndag te gee net sodat ons
vir Hom kan sê: “Môre Jesus,
dankie vir die pragtige dag wat U
gemaak het.” En al wat Hy van
ons verwag, is om in Hom te glo,
om gehoorsaam te wees en om
natuurlik ‘n band met Hom te
vorm, want Hy is tog ons Here en
Verlosser.
Dit is tog wat ek as ouer van
my kinders verwag - om te luister.
En as hulle dit nie doen nie, dan
vra ek myself net weer af: Luister
ek altyd na God? Dan besef ek dit
is makliker gesê as gedaan, maar
ek gee nie op nie. Ek vra God om
my te vergewe en natuurlik lei die
Heilige Gees my en wys my op
my foute en dis hoe ek weet ek
groei en leer elke dag!
Ek wil net weer vandag vir
God dankie sê dat Hy vir my en
vir jou aan die kruis gesterf het:
“Sonder U kan ek nie leef nie,
want U is my begin en my
einde…”
Geniet u Paastyd en ek glo en
bid dat die Heilige Gees weer die
vuur in jou en my sal wakker
maak sodat ons sal besef wat God
vir ons gedoen het en nog steeds
doen en dat ons Hom die eer sal
betoon wat Hy verdien!
Ewig dankbaar - Zelma Erasmus
Die Here het vir my en Chantel
geseën met ‘n pragtige gesonde
babaseuntjie! Albert is gebore op
5 Maart 2012 om 10:13. Hy was
53cm lank en het 3,65kg geweeg.
Ons is verskriklik dankbaar dat
alles rondom die geboorte goed
afgeloop het.
Terwyl Chantel nog swanger
was, het ek haar eendag gevra:
“Hoe is dit moontlik dat ‘n mens
klaar só lief kan wees vir iemand
wat jy nog nie ken nie, wat nog
nie eers in die wêreld gebring is
nie?” Ons kon lekker gesels oor
God wat ons ook so liefgehad het
nog voordat ons was, en dat ons
daardie hele konsep dalk nou ‘n
bietjie beter verstaan. Na Albert
se geboorte het ons soveel te meer
‘n beter begrip van God se
onvoorwaardelike Vaderliefde vir
ons en sy sorg sonder om iets
terug te verwag. Met die tong in
die kies verstaan ek ook nou nog
beter hoedat sekere goed waarvan
ons nie hou nie tog weerspieël dat
God ons belange op die hart dra -
Albert hou nie daarvan as sy doek
omgeruil word nie, maar as sy
ouers doen ons hom tóg die
ongerief aan, vir sy eie beswil!
Baie dankie vir al die gebede
wat vir ons opgegaan het, vir die
sms’e, oproepe en kaartjies! Baie
dankie ook vir soveel geskenke
wat ons ontvang het! Ons beleef
Meyerspark gemeente werklik as
‘n omgee-gemeente - julle liefde
en ondersteuning beteken vir ons
meer as wat mens in woorde kan
sê…
Goeie Nuus 6
Die Venters se babaseun - Ds Dirk Venter
Praise be to the Lord God
almighty! With the assistance of
Lourens Grobler, Victory Live
Tabernacle (VLT) was officially
launched on the 17th of April 2011
at the magnificent NG Gemeente
Meyerspark.
Having started with a small
group of about five people every
Sunday, VLT membership has
grown to an average of twenty
people every Sunday service.
Since its inception, we have
continued to witness people of
different languages coming to join
us, bearing testimony to the words
of our Lord Jesus Christ, “to
preach the gospel to all nations”.
Indeed, VLT is a home to all who
love and seek the Lord!
One of the notable events on
the calendar of VLT in 2011
includes a fruitful week’s revival
with Apostle M A Madindi from
10 to 16 October followed by
another three day revival with
Overseer H Moyo from 2 tot 4
December. Both these events were
held at NG Gemeente Meyerspark
church, thanks to the church
authorities, who have continued to
accommodate us at their premises
to conduct our church services.
Over the short time of its
existence in this community, VLT
has witnessed the lives of
individuals restored, family values
strengthened, and the hopeless
regaining their ‘position’ in Christ
regardless of their ‘condition’.
Be still and know that I am the Lord… Ps 46:10 - Gibson Chimamiwa Belangrike
aankondiging! Die Basuin, Nuuskierig en Goeie
Nuus is nou in volkleur
beskikbaar op ons webwerf
www.ngmeyerspark.co.za onder
Argief.
Laat gerus vir u vriende, familie
en kennisse wat oorsee en elders
woon, hiervan weet. Hulle kan
dus nou al die nuus en berigte lees
en na die foto’s in volkleur kyk
sodra dit hier by ons verskyn het!
Kyk gerus self hoe mooi dit lyk
indien u toegang tot die internet
het.
Elektroniese bank inbetalings: NG Gemeente Meyerspark
Absa Bank, Rek nr 070 580 470
Tak nr 632005
As verwysing asb: U naam en wyk nr