iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana...

20

Transcript of iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana...

Page 1: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),
Page 2: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

22 slingervel februarie 2020

SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1015, Februarie 2020

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...3 Redakteursbrief

4 Verjaardaghoekie

8 Prediker 9 en 10: Blokkiesraaisel

10 Soek die verskille

11 Die Rigters (4)

12 Offers in die Ou Testament (2):

Die Brandoffer

14 Woordsoek

15 Oplossing: Soek die verskille

16 Oplossings:

Blokkiesraaisel Prediker 9 en 10

Woordsoek

17 Wat kan ek lees?

19 Op hierdie dag in Februarie

As julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of

oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle

baie welkom om vir my 'n sms te stuur of te whatsapp na 084 551 2107, of 'n e-pos te stuur na [email protected], of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660

slsliningegervrvelel ffebebruruararieie 22020200

REDAKTEURDr. Hennie van Wyk

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSMaryke CoetseeSusan LourensTannie TienieOom Abraham

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 [email protected]

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR349,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)R126,00 per jaar

(elektroniese intekening)

Die RedakteurBydraes en briewe

Posbus 20008Noordbrug, 2522

Jaargang 61, Nommer 1015Februarie 2020

ISSN 0037 685 XLees meer oor die Brandoffer op

bladsy 12

Page 3: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

slingervel februarie 2020 3

Die redakteur skryf ...Die redakteur skryf ...Hello maats!

Nou is die jaar volstoom aan die gang. Julle is seker al amper gewoond aan die nuwe skooljaar, sport is heerlik.

Ek het die voorreg om elke jaar by die skool vir die Graad 7s ’n Bybelklassie aan te bied. Hier is kinders van elke geloof en kerk – maar ons het een ding in gemeen: die Bybel.

Wat my egter hartseer maak, is dat ek agterkom dat kinders al minder en minder lees – veral hardop. So kom ek agter dat daar sekere woorde is wat ons kinders nie eers ken nie! Het jy gesien wat ek hierbo gesê het? “Ons het die Bybel in gemeen.” Dit is iets wat ons dieselfde het.

Aan die ander kant sê die tannies en die omies: “Ons kinders word slim gebore! As ek nie reg kom met my selfoon nie, fieks my kleinkind dit sommer tjop-tjop!” Ja, maats, jou oupa en ouma het nie as kinders iets soos TV’s, selfone, rekenaars, tablette of internet gehad nie. Wifi en bluetooth is goed wat hulle nie eers altyd mooi verstaan nie. En julle het dit!

Nou ja, wat dink jy het Ouma en Oupa gedoen as hulle nie ’n foon gehad het om ’n “game” mee te speel nie? Baie het gelees, gebrei, gehekel of geteken. As hulle iets nie geweet het nie, moes hulle biblioteek toe en daar tussen die boeke gaan delf en kyk of hulle die antwoord kry. Jy kan sommer gou iets google, en die antwoord kry nog voor Oupa en Ouma destyds die kar se sleutels gekry het om te ry.

Nou wonder ek: Sê nou elektrisiteit raak weg. Verdwyn. Binne ’n dag of twee sal jou selfoon pap wees. Die internet, wifi en al die oulike goed gaan nie werk nie. Niks. Wat gaan jy dan met jouself aanvang?

Ek dink dit sal oulik wees as mens meer dinge kan doen. Vat so ’n kwartiertjie op ’n dag en kyk wat kan jy lees of teken of maak waar jy nie elektrisiteit gebruik nie. Doen dit buite.

O ja – en onthou om te probeer om hardop te lees. Nie net jou Bybel nie, maar sommer jou skoolwerk ook. Die slim mense sê jy onthou beter as jy lees en jouself hoor. Probeer dit en laat weet my.

Ek groet julle tot volgende maand! SV

Page 4: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

44 slingervel februarie 2020

verjaardaghoekieverjaardaghoekie2020 is nou goed op dreef en ons Februarie-maats hou reeds hulle asems op vir ’n spesiale verjaardag! Baie, baie geluk aan al ons maats wat vandeesmaand verjaar – mag jou spesiale dag vol verrassings wees. 2020 is boonop ’n skrikkeljaar, wat beteken dat Februarie 29 dae het, in plaas van 28. Daar is dus 366 dae in 2020! Oor die jare heen is daar hope animasiefi lms vrygestel. Weet julle egter watter een die heel eerste Disney-tekenrolprent was? Ek is seker daarvan dat elkeen van ons Velliemaats al hierdie fl iek gesien het. Lees elders in Slingervel oor ’n ou, ou gunsteling. As jy nog nie ingeskryf is as verjaardagmaat nie, stuur asb. vir my ’n briefi e met jou besonderhede:

Vonkpos: [email protected]: Posbus 1233, Noordheuwel, Krugersdorp, 1756

Faks: 086 224 8748

Groete, tannie Maryke Coetsee

1 Alexia Enslin (Pretoria-Brooklyn), Andries Pelser (Pretoria-Brooklyn), Chanel Snyman (Centurion),

Chris Vogel (Lyttelton), Christo van der Walt (Rietvallei), Danther Jacobs (Bloempark), Hannah Venter (Hart-bees poort), Jacques du Plessis (Derdepoort), Janhu Hamelink (Oos-Moot), Jody van der Merwe (Wapad-rant), Karel van der Walt (Nylstroom), Kaytlin Erasmus (George), Lardus Jacobs (Bloempark), Lelana Reinecke (Middelburg Mpumalanga), Mia Mulder (Bergbron), Willie Coetzee (Reddersburg).

2 Cameron Graham (Vaalpark), Charlene Read (Bloemfontein-Suid), Daniel Vorster (Potchef-

stroom Die Bult), Deodat le Roux (Centurion), Jan Dal huysen (Strand), Janneke Prinsloo (Kleinmond),

Kay la Kotze (Welkom), Leander van der Westhuizen (Riet vallei), Louisca Wilsenach (Rooihuiskraal), Mia Botha (Wapadrant), Minke Vlok (Wapadrant), Morgan van Tonder (Bronkhorstspruit), Paul Kotze (Centurion), Pierre de Ru (Wapadrant).

3 Abbigail Botha (George), AJ du Plessis (Potchef-stroom-Oos), Anke Rossouw (Benoni), Elaine

Wijn beek (Wilropark), Emma Cilliers (Bellville), Esri Scholtz (Potchefstroom-Oos), Jeandré Botha (Wapad-rant), Josua Botes (Krugersdorp), Marilet Groot (Bell-ville), Marné du Toit (Windhoek-Suid), Marthinus van Staden (Rietvallei), Miane de Jager (Centurion), NJ du Preez (Alberton-Wes), Philip Nel (Bloemfontein-Noord), Xaviër Kearns (Benoni).

Page 5: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

slingervel februarie 2020 5

verjaardaghoekie

4 Ané Pretorius (Naboomspruit), Benjamin Kruger (Port Elizabeth), Johnny Koekemoer (Rustenburg),

Justin Strauss (Hartbeespoort), Kiara Taljaard (Gobabis (Ghanzi)), Lara Oosthuizen (Wapadrant), Marcus Clas-sen (Rietvallei), Martené Lessing (Waterberg), Regardt du Plessis (Benoni), Ryan Eagar (Wapadrant).

5 Dedré Pretorius (Messina), De Wet Erasmus (Oos-Moot), Eben Botma (Naboomspruit), Elbe van der

Walt (Klerksdorp), Helene Laufs (Potchefstroom Die Bult), Henog Jansen van Vuuren (Middelburg Mpu-malanga), Jaiden Pereira (Kameeldrift), Jané de Witt (Pietersburg), Jayden van Niekerk (Aliwal-Noord), Julie Labuschagne (Gobabis), Karla Reyneke (Wilropark), Layla Brink (Pretoria-Brooklyn), Lemé Holtzhausen (Wa pad rant), Marko Werkman (Potchefstroom Die Bult), Markus Havenga (Potchefstroom Die Bult), Mar kus van der Merwe (Magol), Mathys Snyman (Hart bees poort), Megan Moss (Port Elizabeth), Miané Bloem hof (Centurion), Nauta van der Gryp (Laeveld), Nicolé Janse van Rensburg (Pretoria-Montanapoort), Tiha nie Verwey (Bloemfontein-Suid).

6 Alexa van der Merwe (Kaapstad), Bernhard de Beer (Centurion), Bernice van der Merwe (Wa-

pad rant), Bianka Coetzee (Windhoek-Suid), Cherise van Niekerk (Welkom), Divan van Schalkwyk (Kru-gers dorp), DJ Coetzee (Reddersburg), Elize Knol Potgieter (Totiusdal), Enzo Naudé (Oos-Moot), Es-telle Marx (Burgersdorp), Gerrit Zwemstra (Strand), Hanroe de Villiers (Oos-Moot), Hendrik Momberg (Totiusdal), Jan-Adriaan du Plessis (Rietvallei), Joslynn Koekemoer (Derdepoort), Leanne Putter (Bloempark), Miné Hermann (Totiusdal), Minke Badenhorst (Kathu), Rene Coetzee (Krugersdorp-Wes), Rii Spoelstra (Rooi-huiskraal), Ryno Oberholzer (Hartbeespoort), Sofie van den Berg (Centurion), Suné de Jager (Nylstroom), Wian Booyse (Waterberg), Zenell van Zyl (Pretoria-Brook lyn).

7 Abrielle Kotze (Frankfort), Christiaan Cohen (Ali wal-Noord), CJ Benadie (Magol), CJ Preto-

rius (Pretoria-Brooklyn), Deon Spies (Totiusdal), De-vonne Lazenby (Potchefstroom-Oos), Dinieke du Ples sis (Wapadrant), Eben Müller (Kameeldrift), Floris Coetzee (Bloemfontein-Suid), Jano Troskie (Pretoria-Magalieskruin), Johanique Hutten (Wapadrant), Johan-nes Wijnbeek (Boksburg), Kevin Watt (Benoni), Nikko Heystek (Wapadrant), Oliver Viviers (Rietvallei), Piper Pauwels (Krugersdorp), Willem du Plessis (Derdepoort), Winay Venter (Bloemfontein-Noord).

8 Ané Venter (Rietvallei), Anriette van Tonder (Wa-ter kloofrand), Bernard Cilliers (Rietvallei), Cara

Erasmus (Centurion), Carmen Kruger (Wapadrant),

Ehann Calitz (Benoni), Francois Admiraal (Centurion), Hein rich Nel (Rietvallei), Henco Kruger (Wapadrant), Jan-Hendrik Bester (Rietvallei), Karli Mocke (Hartbees-poort), Klare Stapelberg (Hartbeespoort), Marianca Neve ling (Rooihuiskraal), Martin van Rooyen (Centu-rion), Mia du Plessis (Ermelo), Wiandre Gericke (Vaal-park).

9 Adriaan Bonthuys (Reitz), Ané Coetzee (Rietvallei), Carel-Gert Steenkamp (Ermelo), Cristian Snyman

(Naboomspruit), Elmené Havenga (Potchefstroom Die Bult), Emmeri Coetzee (Rietvallei), Ingrid Burger (Gobabis), Isabelle Steyn (Noordrand), Lafras Gerber (Barberton), Larduz Snyman (Naboomspruit), Marika Blom (Kameeldrift), Michael van der Veen (Pretoria-Mon tanapoort), Willem Claase (Krugersdorp), Xander Wei demann (Pietersburg), Zane Cloete (Centurion).

10 Amberleigh Wright (Derdepoort), Anni ka Pretorius (Messina), Divan Styger (Potchef-

stroom-Oos), Elizabeth Breed (Durban-Noord), Jané Pouwels (Wilropark), JG Vlok (Wapadrant), Leanne Wolmarans (Welkom), Liesje Fourie (Port Elizabeth), Lize Marais (Wapadrant), Marli Snyman (Hermanus), Marnika van Heerden (Postmasburg), Phillip Kotze (Pretoria-Montanapoort), Wilmarie Pouwels (Wilro-park), Zalincha Stassen (Wapadrant), Zander Brough (Mosselbaai).

11 Ané Basson (Wapadrant), Anneke Coetzee (Paarl), Annique Gerber (Barberton), Dian

Ham man (Strand), Dylan Willemse (Pretoria-Montana-poort), Frans Marx (Burgersdorp), Handré Olivier (Wa-padrant), Heinrich Reynders (Waterkloofrand), Jamon van Wyk (Frankfort), Jana van Jaarsveld (Potchefstroom-Oos), Karabo Zathu (Rustenburg), Leah Pretorius (Na boomspruit), Leo Hamman (Strand), Liam van Schalkwyk (Wapadrant), Luke Rautenbach (Wapadrant), Marthinus Breed (Wapadrant), Mekaylin Coetzee (Krugersdorp), Mimi van der Merwe (Windhoek-Suid), Niane van der Westhuizen (Rietvallei), Shaun Nell (Wa padrant), Stèan Raubenheimer (Port Elizabeth), Wal ter van Leeuwen (Durban-Noord), Wian Olivier (Cen tu rion).

12 Alexander Gierke (Noordrand), Anna-mart Erasmus (Lyttelton), Annebelle Kruger (Mid-

del burg Mpumalanga), Annette Coetzee (Redders-burg), Clarissa Otto (Hartbeespoort), Corlet Venter (Mid delburg Mpumalanga), Daniël Coetzee (George), Dillan van Wyngaardt (Messina), Elmie van der Walt (Lichtenburg), Hendrik Roodt (Wapadrant), Juné Carstens (Pietersburg), Karlie Venter (Rustenburg), Lehann van Tonder (Wapadrant), Liam Berling (Vaal-park), Luca Mulder (Kaapstad), Marius Douglas (Bell-

Page 6: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

66 slingervel februarie 2020

ville), Stephan Lagrange (Bloemfontein-Suid), Ste fan du Plessis (Krugersdorp), Zander Ludeman (Strand).

13 Alri Verster (Potchefstroom Die Bult), Amoré Human (Benoni), Annelé Aucamp (Wa pad-

rant), Danielle Smith (Magol), Deo Erasmus (Bronk-horstspruit), Eathan Schlebusch (Lyttelton), Juvan Kruger (Hartbeespoort), Lientjie Bezuidenhout (Pot-chef stroom-Oos), Lize Jacobs (Pietersburg), Luan Oli-vier (Strand), Pieter van der Merwe (Pretoria-Brooklyn), Rachelle Coetzee (Wapadrant), Regardt van der Riet (Centurion), Zané Parsons (Wapadrant).

14 Christiaan du Plessis (Thabazimbi), Kallie Louw (Bronkhorstspruit), Kaylin Hearn (Wind hoek-

Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei).

15 Amé van der Walt (Paarl), Chiara Kotze (Frank fort), Christiaan de Beer (Middelburg

Mpumalanga), Clarice van Schalkwyk (Boksburg), Cla-rissa Bezuidenhout (Bloempark), Danishka Roberts (Port Elizabeth), Dorie Johnson (Frankfort), Elmané van der Walt (Krugersdorp), Franco Wolfaardt (Magol), Gené Pretorius (Wapadrant), Jaco Breedt (Noordrand), Jan-Hendrik van den Berg (Potchefstroom Die Bult), Janco Venter (Lyttelton), Johan Nel (Rietvallei), Karla Venter (Centurion), Luke Fourie (Rietvallei), Marika Dzomlija (Lichtenburg), Marné Millard (Wapadrant), Marnoux de Beer (Wilropark), Miya Fourie (Rietvallei), Rikus Ungerer (Kuruman), Tammy Vorster (Bergbron), Ulrich van der Westhuizen (Derdepoort), Zelda du Toit (Magol).

16 Aarian Blokland (Wilropark), Alissa Dykema (Warmbad), Andri Potgieter (Meyerspark),

Antoinette de Lange (Potchefstroom Die Bult), Ewald de Scande (Burgersdorp), Hendre Nieuwoudt (Kuru-man), Hendrik Ras (Naboomspruit), Jacobus Pretorius (Naboomspruit), Jan-Frans Fourie (Aliwal-Noord), Karli Nel (Wapadrant), Lané Verwey (Bloemfontein-Suid), Nico Slabbert (Kameeldrift), Ruben Booyens (Potchefstroom-Oos), Sanmarie Velloen (Potchef-stroom-Oos), Talia Grimsehl (Centurion), Tinus du Plessis (Bellville), Webster Austin (Middelburg Mpu-ma langa), Wilco Lubbe (Wolmaransstad), Zander van Zyl (Vaalpark).

17 Alex Helberg (George), Anelia Botha (To-tius dal), Christian van der Westhuizen (Ka-

meeldrift), Christo Labuschagne (Vaalpark), Conrad Snyman (Pretoria-Brooklyn), Gabrielle Smit (Bellville), Kylie Abrie (Waterberg), Marcel Rossouw (Laeveld), Maryke Hennop (Krugersdorp), Nolien Labuschagne

(Port Elizabeth), Renier Scott (Stilbaai), Samantha von Weidtz (Windhoek-Suid), Ziané Breedt (Ermelo).

18 Amê Keyser (Noordrand), Amy Johnson (Wa pad rant), Elisna van Wyk (Wapadrant),

Gideon Immelman (Bloempark), Hanro Nel (Wolma-rans stad), Heinrich Steffen (Nylstroom), Isabella Ven ter (Krugersdorp), Jacques Jansen van Rensburg (Wapadrant), Jacques Joubert (Magol), Juanru Reid (Wapadrant), Kate Bron (Oos-Moot), Klara van Ton der (Rietvallei), Marlize Erasmus (Lichtenburg), Michaela Jonker (Bloemfontein-Suid), Mienke Buys (Wilro-park), Mignon Potgieter (Pietersburg), NC de Beer (Middelburg Mpumalanga), Nicholas Schreck (Pot-chef stroom-Oos), Pieter Pretorius (Upington), Regardt Roos (Bronkhorstspruit), Schalk van der Merwe (Lae-veld), Tiné Els (Strand).

19 Adriaan Erasmus (Centurion), Alric Kriel (Riet-vallei), Annemie de Bruyn (George), Bianca

Esterhuizen (Mosselbaai), Christiaan Jansen van Vuu-ren (Wapadrant), Christiaan Labuschagne (Wapad-rant), Craig Lightfoot (Middelburg Mpumalanga), Eckhard van der Walt (Welkom), Fransie Preto rius (Derdepoort), Hailey van Buren-Schele (Hartbees-poort), Heine Morton (Heilbron), Ivhanke Kalp (Kuru-man), Janienke Viviers (Frankfort), Juandri Lubbe (Strand), Justine Lange (Reddersburg), Justin de Vries (Bloem park), Kayla Schoeman (Centurion), Leon Tal-jaard (Rietvallei), Lorika Kruger (Kuruman), Melissa Swanepoel (Rustenburg), Michael van Schalkwyk (Vaal park), Mikayla Gentle (Rooihuiskraal), Mizahn Pot gieter-Claassens (Postmasburg), Righardt Smidt (Cen turion), Zané de Lange (Rooihuiskraal).

20 Alissa Nieuwoudt (Rietvallei), Amelia Venter (Wapadrant), Anné Struwig (Centurion),

Charlett du Plessis (Stilbaai), Chris Pienaar (Derdepoort), Daleen Cronje (Stellenbosch), Elana Roets (Centurion), Emma Kruger (Mosselbaai), Esias Meyer (Rietvallei), Evan Klaver (Meyerspark), GD du Plessis (Port Eli za-beth), Gerrid Badenhorst (Reddersburg), Gert Stem-met (Bethal), Hanco Bonthuys (Lichtenburg), Han-nah Oosthuizen (Port Elizabeth), Herman Joubert (Beno ni), Jaydon Wheeler (Frankfort), Marli Olivier (Bloemfontein-Noord), Ruané Ranft (Bloemfontein-Suid), Ruben Muller (Kathu), Sebastian Miller (Port Eli-za beth), Wessel Oelofse (Potchefstroom-Oos).

21 Amoné Jansen (Hartbeespoort), GJ van den Berg (Kathu), Henrico Wolmarans (Rietvallei),

Juvan Odendaal (Bloemfontein-Noord), Kara Venter (Wapadrant), Marlize Lubbinge (Oos-Moot), Maurnet Mulder (Rietvallei), Pieter Roux (Warmbad), Pieter

Page 7: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

slingervel februarie 2020 7

Zwemstra (Hartbeespoort), Riekie Kruger (Centurion), Tiaan Diederiks (Bronkhorstspruit).

22 Carli Strauss (Paarl), Carli Visser (Klerksdorp), Carmin Lubbe (Wolmaransstad), Chrisstie

Bam (Reddersburg), Cornelia van der Smit (Centurion), Darius Engels (Rooihuiskraal), Deoné Benade (Pretoria-Montanapoort), Elri van Aarde (Bronkhorstspruit), Emma le Roux (Pretoria-Brooklyn), Hanno Krüger (Uping ton), Henco Coetsee (Kuruman), Hendré Bye (Cen turion), JZ van Heerden (Burgersdorp), Lidené Kru ger (Zeerust), Marcus Vink (Wapadrant), Markus du Toit (Stellenbosch), Roark Pretorius (Magol), Sebas-tiaan van der Merwe (Klerksdorp), Stefan Carr (Potchef-stroom-Oos).

23 Andries Janse van Rensburg (Pretoria-Mon-tanapoort), Annerie van der Merwe (Centu-

rion), Bauke Jansen (Hartbeespoort), Bernice van der Merwe (Vaalpark), Beuhla van der Merwe (Vaalpark), Danel van Heerden (Bultfontein), Daniel Smit (Riet-vallei), Gerald Uys (Mosselbaai), Gerben Klapwijk (Oos-Moot), Gerhardt van Niekerk (Koster), Gustav Bond (Centurion), Henru Smit (Waterkloofrand), Izak Fourie (Stellenbosch), Jacques Mulder (Pretoria-Magalieskruin), Jayden Bow (Rooihuiskraal), Jonathan van Biljon (Centurion), Lambert Naude (Rietvallei), Liam Vorster (Middelburg Mpumalanga), Lisa Louw (Meyerspark), Philip du Preez (Stellenbosch), Pieter Smits (Bloemfontein-Noord), Ruben Pienaar (Wapad-rant), Ruben-Charl du Toit (Wapadrant), Saskia de Klerk (Kameeldrift), Thomas van Biljon (Centurion), Ylis ma Uys (Hartbeespoort).

24 Andre Visser (Klerksdorp), Christiaan van Wyk (Thabazimbi), Corné Dreyer (Derde-

poort), Dianè Rheeders (Centurion), Edik Jansen van Vuuren (Rietvallei), Elmien Coetzee (Reddersburg), Eunice de Beer (Hartbeespoort), Frans Roedolf Skawran (Meyerspark), Handré Vermeulen (Noordrand), Hanro Snyman (Bloempark), Henko Venter (Lydenburg), James Briel (Naboomspruit), Kobus Vorster (Middelburg Mpumalanga), Lizé van Wyk (Kameeldrift), Lukas Smit (Rietvallei), Martin Coetzee (Paarl), Paul Cronje (Kathu),

Rikus Kruger (Oos-Moot), Shash Visser (Barberton), Zak Nel (Centurion).

25 AJ du Plessis (Derdepoort), Anzelle Patterson (Bloemfontein-Noord), Aria Grobler (Riet-

vallei), Divan Raubenheimer (Boksburg), Esté Ober-holzer (Laeveld), Femke Breed (Wilropark), Ger hard van der Linde (Wapadrant), Herman Reinecke (Centu-rion), Johannes van Jaarsveld (Rietvallei), Karsten le Roux (Port Elizabeth), Kayleigh Joubert (Lydenburg), Kimi Langer (Oos-Moot), Lika Koegelenberg (Bellville), Lize Combrink (Pietersburg), Marius Dippenaar (Bloem-park), Mea Koelewyn (Wapadrant), Mikayla van der Mer we (Boksburg), Victor Correia (Oos-Moot).

26 Adriaan van der Westhuizen (Centurion), Anika Holtzhausen (Nylstroom), Cristoff Sny-

man (Totiusdal), Dianke de Beer (Bloemfontein-Noord), Divan van der Merwe (Waterkloofrand), Elsabè Steyn (Rietvallei), Heinrich Grobler (Pietersburg), Henru van der Walt (Lichtenburg), Kiané Venter (Bloempark), Mieke Moraal (Wapadrant), Millie Jacobs (Windhoek-Suid), Rozenka du Toit (Kaapstad).

27 Bernard Erasmus (Stilbaai), Evan Coetzee (Be noni), Francois Wyma (Potchefstroom

Die Bult), George van Zyl (Thabazimbi), Henry Oudts hoorn (Paarl), Izabell Fouché (Totiusdal), Janika Venter (Kathu), Johanni du Plessis (Nylstroom), Katryn Bezuidenhout (Lyttelton), Kyla Engelbrecht (Rietvallei), Lisa van Jaarsveld (Centurion), Lize Cilliers (Bellville), Peter O’Reilly (Pietersburg), PJ Potgieter (Gobabis), WJ Rossouw (Kathu), WT Kotze (Aliwal-Noord).

28 Carmien Langenegger (Lydenburg), Erika Hu man (Centurion), Hannah Dednam

(Noord rand), Hayley Vermeulen (Kleinmond), Janco van der Linden (Lichtenburg), Jac-Hendri Engelbrecht (Wil ro park), Juané Cilliers (Rooihuiskraal), Liané Smit (Vaalpark), Nathan Botha (Hartbeespoort), Nicholas Taljaard (Bellville), Nicolas Swart (Hermanus), NJ Ras (Rietvallei), Sandrie Olivier (Potchefstroom-Oos), Xan-der Roux (Laeveld).

Page 8: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

88 slingervel februarie 2020

Prediker 9 en 10 – blokkiesraaisel

MaatsHier is die voorlaaste blokkiesraaisel, uit Prediker 9 en 10. Oplossing op bladsy 16.

Page 9: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

slingervel februarie 2020 9

teken in op Slingervel!teken in op Slingervel!Individuele intekeningR349.00 – 10 uitgawes [posgeld + BTW ingesluit]

Elektroniese intekeningR126.00 – 10 uitgawes

Om in te teken: Kontak Angie Mokobi by [email protected] of tel. 018 297 3986

Dwars1. Dis nie hulle wat die resies wen nie.4. Niemand weet of dit vir hom wag nie.5. As jy doodgaan, is jy ook klaar hiermee.6. Dis nie hulle wat die oorlog wen nie.7. Hiermee vang jy voëls.14. So moet jy alles doen wat jou hand vind om te doen.16. Hierdie woorde word beter gehoor as die geskree van 'n heerser.17. Dit laat dooie vlieë met salf gebeur.18. Dra altyd hierdie kleur klere.20. As hy stomp word en nie geslyp word nie, moet jy meer krag gebruik.21. Hulle word in 'n net gevang.23. Die pe onsin waarmee die dwaas se woorde eindig.24. Hy is beter as 'n dooie leeu.27. Drink dit met 'n bly gemoed.29. Niemand weet of dit vir hom wag nie.30. Sy wysheid word geminag.

31. Hy pik jou as jy 'n muur a reek.Af1. Dis nie hulle wat ryk word nie.2. Moenie die ryke in hierdie vertrek verwens nie.3. Die einde van die mens.8. Wysheid is beter as hierdie instrumente.9. Dit laat die dak inval.10. Breek dit af - dit sal jou beseer.11. Hulle kan oorvertel wat jy gesê het.12. Ellende wag vir 'n land as 'n dwaas hierdie posisie beklee.13. Dit laat dooie vlieë met salf gebeur.15. Moet dit nie verlaat as die heerser vir jou kwaad word nie.19. Die mens is vol hiervan.20. Eet dit met vreugde.22. As jy dit grawe, val jy self daarin.25. Hy kry hoë aansien, rykes geen eer nie.26. Versorg dit met olie.28. Wysheid is beter as dit.

Page 10: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

1010 slingervel februarie 2020

MaatsDaar is 10 verskille tussen dié twee prente. Kry hulle en kleur die prente in. Oplossing is op bladsy 15.

Page 11: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

slingervel februarie 2020 1111

Page 12: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

1212 slingervel februarie 2020

Oom Abraham

Offers in die Ou Testament (2)

Die Brandoffer

Die Brandoff er is die eerste off er waarvan ons in Levi kus lees. Enige Israeliet kon vrywillig so ’n off er aan die Here bring. Wanneer ’n persoon besluit om ’n brandoff er te bring, het hy

daarmee gewys dat hy homself vrywillig aan die Here toewy en oorgee. Dan kon hy een van drie diere off er: hy kon sy persoonlike brandoff er uit sy beeste vat. Dan moet dit ’n bul wees wat geen gebrek aan sy liggaam gehad het nie (Lev. 1:3). Hy kon ook besluit om ’n skaapram of ’n bokram te off er wat geen gebrek aan sy liggaam het nie. ’n Mens moet mos die heel beste wat jy het, vir die Here gee!

As hy nie ’n bul of ’n skaap- of bokram kon bekos g nie, kon hy ’n tortelduif of ’n ander duif (Lev. 1:14) gebruik. Die off erdier moet ’n mak dier wees. Jy kan nie ’n bok gaan skiet om te off er nie, want jou off er aan die Here moet jou iets kos!

Wat moet hy met die off erdier doen?As ’n Israeliet ’n brandoff er aan die Here wil bring, moet hy ’n bul of ’n skaap- of bokram vat. Hy moes die off erdier na die ingang van die tent van ontmoe ng bring. Die brandoff eraltaar het by die deur van die tent van ontmoe ng gestaan. Die brandoff ers en graanoff ers moes daarop aan die brand gesteek word (Eks. 40:29).

Die een wat die off er bring, moet sy hand op die kop van die off erdier lê. So het hy gewys dat die off erdier in sy plek doodgemaak word! Daarom moet hy self die off erdier slag en in stukke sny. Die priester het die bloed opgevang en dit teen die onderkant van die altaar gesprinkel. Die priester moes die vuur op die altaar aan die brand steek. Dan sit hulle al die vleis, die kop en niervet daarop. Die een wat die off er bring, moes al die vuil van die off erdier se binnegoed en pote afwas, voor dit ook op die altaar gesit word. Daardeur het hy gewys dat hy ook skoongewas moet word van sy sonde. Dan is alles verbrand!

Die een wat off er, kon niks vir homself vat nie. Onthou, maats: ’n brandoff er het mos gewys dat ’n mens jou hele lewe aan die Here toewy en oorgee. Net die vel is nie verbrand nie. Dit is vir die priester gegee. Hy moes sorg dat die vuur aanhou brand tot die off erdier heeltemal verbrand is. Die vuur op die altaar mag nooit doodgaan nie!

Page 13: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

slingervel februarie 2020 1313

As iemand baie arm was, kon hy ’n duif as off er bring. Dan het hy die duif by die ingang van die tent van ontmoe ng vir die priester gegee. Die priester moes die duif se kop a nyp, die bloed onder teen die altaar laat uitloop, die duif oopbreek om sy krop en binnegoed uit te haal en dit dan op die altaar verbrand.

Die priesters moes ook oggend en elke aand (Num. 28:3, 4) ’n brandoff er aan die Here bring, namens al die Israeliete. So moes hulle wys dat hulle aan die Here behoort.

Wat leer ons hieruit?Ons bring nie meer brandoff ers nie, maats! Ons Here Jesus het Homself as Brandoff er in ons plek oorgegee. Ons gee nou ons hele lewe in diens van die Here, soos die Jode in die Ou Testament die brandoff er heeltemal vir die Here gegee het. Ons hele lewe is nou soos ’n brandoff er – dit behoort aan die Here.

Paulus verduidelik dit mooi vir ons in Romeine 12:1. Gee julleself aan God as lewende en heilige off ers wat vir Hom aanneemlik is. Ons moet ons hele lewe, met alles wat ons elke dag doen, aan die Here toewy en oorgee. Dit beteken dat ons die Here moet eer met alles wat ons elke dag doen.

Tot volgende keer, maats! Dan praat ons oor die graanoff er. SV

Page 14: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

1414 slingervel februarie 2020

Woordsoek

Page 15: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

slingervel februarie 2020 1515

soek

die v

ersk

ille

oploss

ing

Maats

Trek julle Psalmboek nader en kyk wa er woorde ontbreek. Hulle is in ons woordsoek versteek. Die oplossing is op bladsy 16.

Ar kel 4: DIE KANONIEKE BOEKE VAN DIE HEILIGE SKRIFOns vat die * skrif in twee * saam: die Ou en die * Testament. Dit is die * boeke waarteen niks * kan word nie. Hulle * in die kerk van God is soos volg:

Die boeke van die Ou Testament, nl. die * boeke van Moses: Genesis, *, Levi kus, * en Deuteronomium; die boeke *, Rigters, *, 1 en 2 Samuel, 1 en 2 *, 1 en 2 Kronieke (genoem *), Esra, *, Ester, *, die Psalms van *, drie boeke van *: Spreuke, * en Hooglied; die * groot profete: Jesaja, *, Esegiël en *; en vervolgens die * klein profete: *, Joël, *, Obadja, *, Miga, *, Habakuk, *, Haggai, * en Maleagi;

Die boeke van die Nuwe Testament, nl.: vier *: Ma eus, *, Lukas en *; die Handelinge van die *; die veer en briewe van die apostel *: aan die *, twee aan die Korin ërs, aan die Galasiërs, die Efesiërs, die *, die Kolossense, twee aan die *, twee aan Timoteus, aan *, Filemon en die Hebreërs; die * briewe van die * apostels: die brief van *, twee van *, drie van Johannes en die brief van * en die * van die apostel Johannes.

Page 16: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

1616 slingervel februarie 2020

blokkiesraaisel oplossingwoo

rdso

ek

oploss

ing

Page 17: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

slingervel februarie 2020 1717

Wat kan ek lees?Wat kan ek lees?Tannie Susan

HEESE, MARIÉ. 2019. PETER PAN EN LAURIE. ILLUSTRASIES DEUR MARJORIE VAN HEERDEN. PRETORIA: PROTEA BOEKHUIS. 213 P. PRYS:

R195,00. ISBN: 978 1 4853 1005 1.

Hierdie boek deur Marié Heese is eintlik “’n vervolg op Peter and Wendy deur JM Barrie. Meer as ’n honderd jaar nadat Peter and Wendy (1911) deur JM Barrie in Engeland gepuliseer is, verskyn Marié Heese se

opvolg storie Peter Pan en Laurie in Suid-Afrika.” (Opsomming op agterblad.) Dit is terselfdertyd ook in Engels uitgegee.

Laurie se oumagrootjie was Wendy, wat oorspronklik al die avonture saam met Peter Pan in Nimmerland beleef het. Laurie het al die stories gehoor, want haar ouma Jane en later ook haar ma, Margaret, het ook al ’n draai in Nim mer-land saam met Peter Pan gemaak.

Laurie wou dolgraag ook eendag vir Peter Pan ontmoet, leer vlieg en saam met hom Nimmerland toe gaan. Wat ’n heerlike verrassing was dit nie vir haar toe Peter Pan en Klokkelokkies, sy feetjie, haar een aand kom haal het vir avonture in Nimmerland nie. Sy het ook die verlore seuns leer ken, naam-lik Langes, Win e, Sproete, Kierie, Timmie, Tommie en Snoekie en ’n heer-like kameraadskap, asook spannende avonture en lekker tye saam met hulle beleef.

In Nimmerland was daar nog steeds kabouters en die Nimmervoël en bere, maar daar het ook ander vreesaanjaende en wrede inwoners gekom. Daar was nou ook die Grillergaaie, ’n stam reuse, en die Skookasems, ’n bende dwa-lende geeste. Dan was daar ook die Mompelmaaiers en ’n nuwe gevaar, ’n klomp dinosourusse, naamlik Stegosourusse en Triceratopse, asook ’n aantal Ptero dak ele. Baie dapper het Peter Pan en die verlore seuns al die aanslae teen hulle afgeweer en telkens as wenners uit die stryd getree.

Die outeur gee erkenning aan Barrie, die oorspronklike skepper van Peter Pan, vir die gebruik van sy intellektuele eiendom, deur die konsepte, karakters, skryfstyl en uitdrukkings wat sy in hierdie nuwe boek nagevolg het (Afrikaanse en Engelse vertalings). Die swart-en-wit illustrasie is voortrefl ik. Kinders (en Peter Pan-aanhangers) gaan verras wees en hierdie nuwe Peter Pan-verhale ter deë geniet.

GRIFFITHS, ANDY. 2019. DIE BOOMHUIS MET 26 VLOERE. ILLUSTRASIES DEUR TERRY DENTON EN UIT ENGELS VERTAAL DEUR KOBUS

GELDENHUYS. PRETORIA: PROTEA BOEKHUIS. 242 P. PRYS: R195,00. ISBN: 978 1 4853 1097 6.

Andy moet die storie skryf en Terry moet dit illustreer, en dan moet hulle die manuskrip blitsvinnig by die redakteur, mnr. Grootneus, kry. Die huis waarin hulle bly, het eers 13 vloere bevat, maar hulle het die huis

intussen opgeknap en vergroot, sodat hulle huis nou 26 vloere bevat. Hulle het byvoorbeeld ’n stampkarretjiebaan bygebou, asook ’n skaatsplankbaan (met ’n gevaarlike krokodilput daaronder), ’n moddergeveg-arena, ’n an -gravitasie kamer waarin ’n mens kan rondsweef, ’n meganiese bul om op te ry, ’n roomyskroeg met 78 verskillende geure en ’n Doolhof waaruit ’n mens nie mak lik weer kan kom nie, en nog talle ander dinge, bygewerk.

In hierdie boek vertel (en illus-treer) hulle die verhaal hoe Andy en Terry by mekaar uitgekom het en besluit het om saam ’n boomhuis op hulle eiland te bou. Hulle vertel ook hoe hulle en Jill, wat alles van diere af weet omdat sy so versot is op diere, se paadjies gekruis het. Een van die nagmerries uit hulle verlede, die seerowerbende met Kaptein Kopaf as die leier, kruis egter nou weer hulle pad en neem intrek in hulle boomhuis. Dit het nogal vernuf van Andy, Terry en Jill gekos om van die spul seerowers ontslae te raak – maar het hulle werklik daarin ge-slaag? In die proses om van die seerowers ontslae te raak, is hulle boomhuis nogal eff ens beskadig en hulle sal dit sekerlik moet herstel – nog stof vir ’n nuwe boek vir hulle, dalk, wie weet?

Hierdie skreeusnaakse kinder-boek met sy magdom ewe komiese illustrasies sal lesers se humorsin prikkel en hulle avontuurlus aan-wak ker. Dit beloof om net so ’n ge-wilde boek te wees soos sy voor-ganger. Selfs trae lesers sal ook die eenvoudige verhaal kan verstaan en geniet deur slegs die illustrasies te “lees”. Die dikte van die boek ten spyt, sal hierdie ’n gewilde leesboek vir jong lesers (6 – 10) wees. Die “Boomhuis”-reeks is in meer as 30 tale vertaal en het ook talle boekbe-kronings gewen.

WALLIAMS, DAVID. 2019. DIE AARDIGSTE KINDERS OP AARDE.

ILLUS. DEUR TONY ROSS EN UIT ENGELS VERTAAL DEUR

KOBUS GELDENHUYS.PRETORIA: PROTEA BOEKHUIS. 260 P. PRYS:

R275,00. ISBN: 978 1 4853 1034 1.Hierdie bundel deur die “baasver-

Page 18: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

1818 slingervel februarie 2020

teller” David Walliams bevat 10 verskillende verhale oor kinders se eienaardige gewoontes.

Die boekbekendstelling lui: “Ontmoet vyf stui ge seuns en vyf mislike meisies!” Daar is verhale soos Dries wat aanmekaar net wou slaap en gesukkel het om wakker te bly, en wanneer hy geslaap het, gekwyl het; Sanet wat altyd geskree het om haar sin te kry en gemaak het asof haar jonger boe e haar afgeknou het; Krista wat so vol energie was dat sy gesukkel het om s l te sit of te staan en aanmekaar gekriewel het; Moira wat slordig was en nooit haar kamer wou opruim nie; erns ge Ernst wat nie vir pret kon lag nie; en Ruda wat so versot op TV-kyk was dat sy naderhand nie meer van die rusbank af kon op-staan nie, maar daaraan vasgegroei het, en nog meer.

Hoewel kinders heel moontlik sal skaterlag as hulle van al die rariteite lees en dinge wat aangevang word, mag hulle dalk ook bietjie bang word, byvoorbeeld wanneer die Gemorsmonster in Moira se kamer begin oorneem. Die gene wat fyner lees, sal dalk by sommige verhale ’n les kan leer, of besef dat sulke gedrag tot rampspoed kan lei. Tog bly Walliams se taalgebruik (met Geldenhuys se ver taling daarvan) soms sonder inhibisies en ondeund gestel.

Daar word ’n tweede boek van aardige kinders in die vooruitsig gestel.

KATRYN & KIE. 2018. JAAP WIL GAAN SLAAP; LEEN EN KEES; JOOP LOOP EN DROOM; DIE NUUS OOR DIE VUUR. ILLUS. DEUR BLANCHÉ DESIGNS ADRIEN . ICHTUS CHRISTELIKE SKOOL. 19 P. ELK.

PRYS: R50,00 ELK. ISBN: 978 0 6399697 0 1; 978 06399697 1 8; 978 0 6399697 2 5; 978 0 6399697 3 2.

Die volledige stel bestaan uit 8 leesboekies en is ideaal vir aanvangslesertjies. Dit fokus op die basiese klanke in Afrikaans. Hierdie eerste vier

boe kies fokus hoofsaaklik op enkelklanke en die dubbel-klanke -aa-, -ee-, -oo-, en -uu-. Elke boekie fokus op ’n ander dubbelklank. Die prag ge volkleurillustrasies dra by tot die genot van die leeswerk. Hierdie vier boekies sal uitstekend vir Graad 1 se aanvangslees gebruik kan word – asook vir Graad 3 se Eerste Addisionele taal.

Die storielyn van elke boekie is eenvoudig met ’n rede like mate van herhaling van dieselfde woorde, sodat leser tjies genoeg oefening kan kry en die woorde gou sal her ken. Sodoende sal hulle met genot en vreugde kan lees. Hierdie stel boekies is hoogs aan te beveel. SV

Page 19: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

slingervel februarie 2020 1919

Op hierdie dag in Februarie

Tannie Maryke

Sneeuwitjie en die Sewe Sneeuwitjie en die Sewe DwergiesDwergies

Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies (Snow White and the Seven Dwarfs) is ’n Amerikaanse musiek-tekenprent wat op 4 Februarie 1938 aan die publiek vrygestel is – 82 jaar gelede! Die fliek is deur storie-kunstenaars aangepas en in 1937 deur Walt

Disney Produksies vervaardig. Hierdie bekende fliek, gebaseer op die Duitse sprokie van die Grimm Broers, was die eerste vollengte speelfilm wat met die hand geteken was en ook die eerste Disney animasie-speelfilm.

Die rolprent was ’n reuse sukses, en met ’n internasionale inkomste van $8 miljoen tydens die aanvanklike vrystelling, het dit destyds die rekord gehou vir die klankfilm wat nog die meeste geld gemaak het. Die gewildheid van die film het daartoe gelei dat dit telkemale in fliekteaters vertoon is, totdat die tuisvideo in die negentigerjare vrygestel is.

Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies is tydens die Oscar-toekennings in 1938 vir die beste musiekproduksie genomineer, en in die volgende jaar is die vervaardiger, Walt Disney, met ’n ere-Oscar vir die film bekroon. Hierdie toekenning was uniek en anders as die gewone Oscar-beeldjie, en het uit een normale grootte en sewe miniatuur Oscar-beeldjies bestaan (om Sneeuwitjie en die sewe dwergies voor te stel).

In 1989 beskou die Library of Congress van die Verenigde State van Amerika die film as “kultureel histories” of as ’n baie belangrike kunsfliek, en word dit vir bewaring in die National Film Registry gekies. Die Amerikaanse film-instituut het dit onder die 100 grootste Amerikaanse rolprente gerangskik en het die film in 2008 as die grootste Amerikaanse animasieprent wat nog ooit gemaak is, aangewys!

10 interessante feite oor Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies:

Sneeuwitjie het in die begin blonde hare gehad. Haar pikswart hare het eers later een van haar belangrikste eienskappe geword, aangesien die towerspieël haar skoonheid in fyn detail aan die Bose Koningin beskryf het: “… sy is mooier as jy: lippe so rooi soos ’n roos, hare so swart soos ebbehout, vel so wit soos sneeu.”Die sewe dwergies se name is Bashful (Skaamjan), Dopey (Domkop), Grumpy (Knorpot), Happy (Sonskyn), Sleepy (Slaapkous), Sneezy (Snuiter) en Doc (Dok).

Page 20: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - SSPlus · Suid), Leonardo Pretorius (Pretoria-Montana poort), WJ Maree (Lydenburg), Zander du Toit (Rietvallei). 15 Amé van der Walt (Paarl),

2020 slingervel februarie 2020

Walt Disney het besluit om ’n fliek van Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies te maak toe hy 15 jaar oud was, nadat hy ’n stilfilmweergawe van die klassieke sprokie gesien het.Daar is beplan dat die film $250,000 sou kos om te maak, maar as gevolg van ’n hele paar haakplekke het dit op die ou end $1,5 miljoen gekos – ’n groot hoop geld in daardie tyd. Disney het later sy huis verpand om geld in die hande te kry om die fliek klaar te maak.Die rolprent het ongeveer drie jaar geneem om te maak, van 1934 tot 1937.Meer as 750 kunstenaars het meer as 2 miljoen sketse voltooi. Die film bevat 250,000 tekeninge.Happy is die enigste dwergie vir wie Sneeuwitjie nie op sy naam noem nie.In die dwergies se huis is daar ’n diertjie uit byna elke houtoppervlak gekerf.25 liedjies is vir die film geskryf, maar slegs agt is gebruik.Die rolprent was as té skrikwekkend vir kinders in Engeland jonger as 16 jaar beskou. Kan jy dit glo? Daarom kon jong kinders die fliek slegs saam met ’n volwassene gaan kyk het.

(Aangepas en vertaal vanaf: https://en.wikipedia.org/wiki/Snow_White_and_the_Seven_Dwarfs_(1937_film) enhttps://www.eonline.com/news/901665/20-fun-facts-about-snow-white-and-the-seven-dwarfs-on-its-80th-anniversary)