Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID · Web viewTEMA: MY EIE WINKEL. OPDRAG : Verbeel jou...
Transcript of Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID · Web viewTEMA: MY EIE WINKEL. OPDRAG : Verbeel jou...
SKEPPENDE KUNS GR.9 KWARTAAL 2 2020
TEMA: MY EIE WINKEL
OPDRAG :
Verbeel jou jy is die eienaar van ń winkel of besigheid
Eerstens moet jy vasstel waste tipe winkel of besigheid jy “besit”
Dan moet jy bepaal WAAR hierdie winkel of besigheid gaan wees. (Hierdie gaan die agtergrond of omgewing van jou winkel bepaal.
Jy gaan ń skildery maak van jou winkeltjie.
Daar moet Perspektief wees van die straat se kant af, dus kan jy die voorkant van jou winkel uitbeeld, of soos dit bv. in ń straat geleë is.Jy kan ook tweepunt – perspektief hê.
Die naam van jou winkel moet sigbaar wees en die tipe gebou en voorkoms, moet alles deel wees van jou konsep.
Ekstra elemente wat bydraend is tot die idee kan bv. op die sypaadjie wees.
Jy moet ń fokuspunt hê. Perspektief moet uitgebeeld word. Jy moet kleur gebruik. Jy mag enige elemente en beginsels in jou kunswerk insluit, solank dit op die ou
end eenheid of harmonie weerspieël.
JY GAAN VIR HIERDIE TYDPERK NET JOU BEPLANNING DOEN.
SKRYF OP ń A4 BLADSY JOU BEPLANNING EN IDEES NEER.
OP DIE AGTERKANT OF OP ń ANDER A4 BLADSY DOEN JOU BASIESE SKETS.GEBRUIK SOMMER KLEURPOTLODE SODAT JY GOED KAN BEPLAN,
Wanneer jy terug is by die skool, gaan jy hierdie op A3 oorteken en skilder met jou Akriel verf.
Hierdie is wat jy dan moet saambring:
BENODIGHEDE:
Verf en kwaste Houer vir water Palet om verf op te sit Ou t-hemp o moor jou klere aan te trek Toilet- of kombuispapier Koerantpapier
Hierdie is die riglyne waarmee jy geassesseer gaan word
Assesseringsriglyne:
Onvolledig of nie volgens standaard
Toon basiese begrip en hantering
Toon ń sterk begrip en beter vlak van kreatiwiteit
Uitstekende begrip, toepassing en kreatiwiteit
Puntetelling: 0-3 4-6 7-8 9-101. Voorbereiding en
beplanning2. Komposisie met
perspektief3. Gebruik van elemente
soos bv.kleur, asook tegniek
4. Interessante detail, afronding en voltooiing
5. Algehele gevoel, kreatiwiteit en estetiese waarde
TOTAAL: 50/ 2.5 = 20
Hier volg ń paar tipes winkels op verskillende plekke. Dit kan enigeiets wees van ń Spaza shop tot ń “Pimp my Ride” winkel.Dit hang alles af van jou belangstellings en / of voorkeure:
WEES KREATIEF! Dink aan jou eie belangstelling, stokperdjies! Kies ń oulike naam , doen iets wat jou eie idee is! Sterkte en geniet hierdie droom, dit mag dalk net waar word eendag!