Hoofstuk 14 Petrus Jacobus Pretorius (e5) (1797...

8
©R. J. du Preez Petrus Jacobus Pretorius (e5) Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75 95 Hoofstuk 14 Petrus Jacobus Pretorius (e5) (1797 1846) Oriëntasie Petrus 1 Pretorius is in 1797 gebore en is oorlede in 1846 toe hy 48 jaar en 10 maande oud was. Petrus was ’n boer. Hy trou in 1816, toe hy 19 jaar oud is, met Francina 2 Kruger wat toe 15 jaar en 9 maande oud is. Sy is gebore in 1801 en oorlede in 1826 toe sy 25 jaar oud was. Hulle het vier kinders gehad. Daarna trou die 29-jarige Petrus in 1826 met die 22-jarige Johanna 3 Venter. Sy is gebore in 1803 en oorlede in 1828, toe sy amper 25 jaar oud was. Hulle het een kind gehad. Petrus gaan in 1828 ’n derde huwelik aan, toe hy 31 jaar oud is, met die 20-jarige Jacoba 4 Coetzee. Sy is gebore in 1808 en oorlede is 1870 toe sy 61 jaar oud was. Hulle het in ’n huwelik van meer as 17 jaar tien kinders gehad. Genealogiese gegewens e5 PRETORIUS, Petrus Jacobus: *Graaff-Reinet Dist. 17.7.1797 5 ; ≈Tulbagh 21 Oktober 1797 6 ; †Venterstad Dist., Wyk Agter-Suurberg, Ezelsgat (hoek?) 7 23.5.1846 8 . x Graaff-Reinet 3.11.1816: KRUGER, Francina Margaretha: * 19.1.1801 9 ; ≈Kaapstad 4.10.1801 10 : †10.4.1826 11 . Dogter van Jacobus Stephanus Kruger en Hester Cornelia Coetzee 12 . xx Somerset-Oos 2.7.1826 13 : VENTER, Johanna Catharina: * 31.10.1803 14 ; ≈Graaff-Reinet 21.5.1804 15 ; †c. 1828 16 . Dogter van Andries Venter en Huibrecht Kruger. [Sy – x Cradock 4.8.1822 17 : COETZEE, Johannes Hendrik: *27.5.1801 18 ; ≈Graaff-Reinet 10.11.1801 19 . Seun van Abraham Jacobus Coetzee en Alida Kruger.] xxx Graaff-Reinet 7.9.1828 20 : COETZEE, Anna Elizabeth Jacoba: *Middelburg KP Dist. Driefontein 24.8.1808 21 ; ≈Graaff-Reinet 4.12.1808 22 ; †Middelburg KP Dist. Nooitgedacht 24.2.1870 23 . Dogter van Johannes Coetzee en Anna Elizabeth Kruger. [Sy – xx c. 1854 24 : VAN DER WALT, Andries Johannes: *Graaff-Reinet Dist. 22.8.1807 25 ; ≈Graaff-Reinet 18.4.1808 26 ; †Middelburg KP Distr. Nooitgedacht 29.11.1880 27 . Andries Johannes van der Walt: x Cradock 4.10.1824 28 :KRUGER, Susanna Lasya: *21.4.1808 29 ; ≈Graaff-Reinet 1.5.1808 30 ; †Grootevallei 20.12.1842 31 . Dogter van Stephanus Johannes KRUGER en Sophia Margaretha STEENKAMP. xx Colesberg 1.5.1843 32 :VAN TONDER, Martha Johanna Jacoba 33 : *Colesberg Dist. Wyk Agter- Suurberg 22.8.1828 34 ; ≈Colesberg 12.10.1828 35 ; †Colesberg Dist. Wyk Renosterberg

Transcript of Hoofstuk 14 Petrus Jacobus Pretorius (e5) (1797...

Page 1: Hoofstuk 14 Petrus Jacobus Pretorius (e5) (1797 1846)familiestories.co.za/.../2017/12/...Pretorius_02.pdf · Petrus Jacobus Pretorius (e5) Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Petrus Jacobus Pretorius (e5)

Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75 95

Hoofstuk 14

Petrus Jacobus Pretorius (e5)

(1797 – 1846)

Oriëntasie Petrus1 Pretorius is in 1797 gebore en is oorlede in 1846 toe hy 48 jaar en 10 maande oud was. Petrus was ’n boer. Hy trou in 1816, toe hy 19 jaar oud is, met Francina2 Kruger wat toe 15 jaar en 9 maande oud is. Sy is gebore in 1801 en oorlede in 1826 toe sy 25 jaar oud was. Hulle het vier kinders gehad. Daarna trou die 29-jarige Petrus in 1826 met die 22-jarige Johanna3 Venter. Sy is gebore in 1803 en oorlede in 1828, toe sy amper 25 jaar oud was. Hulle het een kind gehad. Petrus gaan in 1828 ’n derde huwelik aan, toe hy 31 jaar oud is, met die 20-jarige Jacoba4 Coetzee. Sy is gebore in 1808 en oorlede is 1870 toe sy 61 jaar oud was. Hulle het in ’n huwelik van meer as 17 jaar tien kinders gehad.

Genealogiese gegewens e5 PRETORIUS, Petrus Jacobus: *Graaff-Reinet Dist. 17.7.17975; ≈Tulbagh 21 Oktober 17976; †Venterstad Dist., Wyk Agter-Suurberg, Ezelsgat (hoek?)7 23.5.18468. x Graaff-Reinet 3.11.1816: KRUGER, Francina Margaretha: * 19.1.18019; ≈Kaapstad 4.10.180110: †10.4.182611. Dogter van Jacobus Stephanus Kruger en Hester Cornelia Coetzee12. xx Somerset-Oos 2.7.182613: VENTER, Johanna Catharina: * 31.10.180314; ≈Graaff-Reinet 21.5.180415; †c. 182816. Dogter van Andries Venter en Huibrecht Kruger. [Sy – x Cradock 4.8.182217: COETZEE, Johannes Hendrik: *27.5.180118; ≈Graaff-Reinet 10.11.180119. Seun van Abraham Jacobus Coetzee en Alida Kruger.] xxx Graaff-Reinet 7.9.182820: COETZEE, Anna Elizabeth Jacoba: *Middelburg KP Dist. Driefontein 24.8.180821; ≈Graaff-Reinet 4.12.180822; †Middelburg KP Dist. Nooitgedacht 24.2.187023. Dogter van Johannes Coetzee en Anna Elizabeth Kruger. [Sy – xx c. 185424: VAN DER WALT, Andries Johannes: *Graaff-Reinet Dist. 22.8.180725; ≈Graaff-Reinet 18.4.180826; †Middelburg KP Distr. Nooitgedacht 29.11.188027. Andries Johannes van der Walt:

x Cradock 4.10.182428:KRUGER, Susanna Lasya: *21.4.180829; ≈Graaff-Reinet 1.5.180830; †Grootevallei 20.12.184231. Dogter van Stephanus Johannes KRUGER en Sophia Margaretha STEENKAMP. xx Colesberg 1.5.184332:VAN TONDER, Martha Johanna Jacoba33: *Colesberg Dist. Wyk Agter-Suurberg 22.8.182834; ≈Colesberg 12.10.182835; †Colesberg Dist. Wyk Renosterberg

Page 2: Hoofstuk 14 Petrus Jacobus Pretorius (e5) (1797 1846)familiestories.co.za/.../2017/12/...Pretorius_02.pdf · Petrus Jacobus Pretorius (e5) Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Petrus Jacobus Pretorius (e5)

Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75 95

Nooitgedagt 14.11.184436. Dogter en elfde kind van Johannes Jacobus VAN TONDER en Martha Jacoba VAN WYK. xxx Colesberg 9.6.184537:KRUGER, Johanna Francina Zacharia: *Albert Dist. Wyk Zuurberg Roosterfontein 24.7.182738; ≈Cradock 26.12.182739; †Albert Dist. Roosterfontein 17.1.185440. Dogter van Pieter KRUGER en Francina Susanna Lasya KRUGER. xxxx c. 185441:COETZEE, Anna Elizabeth Jacoba: Hierdie huwelik. xxxxx Middelburg KP GKSA 10.10.187042:VENTER, Hester Hendrina Catharina: *Cradock Dist. 18.1.182643; ≈Cradock 26.4.182644; †Middelburg KP Dist. Nooitgedagt 22.7.187845. Dogter van Andries VENTER en Martha STEYN.

[Hester Hendrina Catharina Venter was voorheen getroud: x Cradock 8.1.1842: VAN DER WALT, Nicolaas Tjaart: *15.9.1811; †Cradock Dist. Middelwater 19.6.1863. Seun van Nicolaas Tjaart van der Walt en Anna Sophia Pretorius. Dit was sy derde huwelik.46]]

Jeug Petrus is gebore op 17 Julie 1797 in die Distrik Graaff-Reinet en in Tulbagh gedoop in 1797. Hy was blykbaar die vyfde kind. Hy was nagenoeg vier jaar oud toe sy moeder oorlede is.

Doopregisyter Tulbagh: Petrus Jacobus – gedoop op 25 Oktober, gebore op 17 Julie 1797. Ouers. Petrus

Jacobus Pretorius en Johanna Adriane Pretorius. Getuies: Maarten Coetzee, Lasya Susanna Kruger, Jacob van Aswegen en Hester Pretorius.47

Dit kom voor asof Petrus sy jeug deurgebring het in die Wyk Voor-Sneeuberg van die Distrik Graaff-Reinet so tussen Graaff-Reinet en Middelburg, KP en voordat die Lootsbergpas bereik word vanaf Graaff-Reinet se kant. Volgens die beskikbare gegewens kon die gesin op een van die plase Quachasfontein of Babilinstoren gewoon het. Volgens die gegewens oor sy ouers, het Petrus in ’n welvarende gesin grootgeword. Petrus trou in 1816, toe hy 19 jaar oud is, met Francina Kruger wat toe 15 jaar en 9 maande oud is. Sy is gebore in 1801 en gedoop op 4 Oktober 1801 te Kaapstad. Sy is oorlede in 1826 toe sy 25 jaar oud was. Hulle het vier kinders gehad. Hulle eerste kind is oorlede in die jaar van geboorte. Toe Francina sterf was die ander drie kinders tussen vyf jaar en een maand oud. Petrus en Francina onderteken op 4 Januarie 1826 ’n testament48 waarin hulle die langslewende as erfgenaam aandui, maar met voorbehoud dat indien die langslewende weer trou, die kinders hule erfporsie moet kry. Die testament word onderteken aan “Brand…. aan de Grootrivier…” wat heelwaarskynlik Brandspruit is waarna later weer verwys word. Die testament is op 5 Mei 1826 ingedien na Francina se dood.

Woonplekke Die gegewens dui daarop dat die gesin in 1826 reeds op Ezelsgat aan die Brandspruit in die destydse Distrik Graaff-Reinet en latere Distrik Albert gewoon het en dat Petrus daar oorlede is. Daarna het sy derde vrou, Jacoba, na ’n tweede huwelik op Nooitgedagt in die Wyk Renosterberg van die huidige Distrik Middelburg, KP. gewoon.

Page 3: Hoofstuk 14 Petrus Jacobus Pretorius (e5) (1797 1846)familiestories.co.za/.../2017/12/...Pretorius_02.pdf · Petrus Jacobus Pretorius (e5) Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Petrus Jacobus Pretorius (e5)

Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75 95

Eiendom In ’n testament van 18 Oktober 1836 word gemeld dat dit onderteken is “… ten plaatse genaamd de Brandspruit in het Wyk Agter-Suurberg …” van die Distrik Graaff-Reinet49. Die woord “plaatse” sou eerder verwys na ’n plek as ’n plaas. Soos hieronder aangedui, loop die Brandspruit deur Ezelsgat en dit word vermoed dat die testament ook op Ezelsgat onderteken is. Inderdaad is daar ook ’n vroeëre verwysing na die Brandspruit in 1826. Op 18 Maart 1846 vermeld Petrus en Jacoba dat hulle ’n erfpagplaas Ezelsgat besit50. In Petrus se sterfkennis word aangedui dat hy op die plaas Ezelsgat in die Wyk Agter-Suurberg oorlede is. Daar kom nie tans meer ’n plaas met die naam Ezelsgat in daardie omgewing voor nie. In die Departement van Grondsake se register van eiendomme kom daar egter ’n plaas Ezelsgat plaas, maar die inskrywing is in 1964 gekanselleer51. Volgens die rekord is dit die plaas Ezelshoek 6552 in die huidige Venterstad Distrik. Daar is twee plase met die naam Ezelshoek53 in die distrik, maar No. 65 grens in die weste aan Vlakkefontein, soos hierbo aangedui. Die Brandspruit vloei daardeur. Dis dus die regte plaas. In die suide grens die plaas aan Driefontein 114 en in die ooste aan Roosterhoek 113. Ezelsgat is suid-oos en naby Venterstad geleë, suid van die pad tussen Venterstad en Burgersdorp.

Kerk Petrus en sy gesin was aanvanklik lidmate van die kerk te Graaff-Reinet en doop ook een kind te Cradock. Vandat die kerk in Colesberg gestig is in 1826 ressorteer hulle binne die grense van die gemeente en doop al hulle kinders daar. Jacoba en die kinders sou moontlik na haar huwelik in 1854 met Andries van der Walt, lidmate te Cradock gewees het. Op 28 Januarie 1860 kom Andries en sy vrou, Jacoba Coetzee, se name voor in die Lidmateregister van die Gereformeerde Kerk Middelburg KP54. (Die gemeente is in 1860 gestig.) Daar is geboekstaaf dat die familie Pretorius van die eerste lidmate van die Gereformeerde Kerk Burgersdorp was55.

Die gesin Nagenoeg drie maande na Francina se dood trou Petrus, wat toe 29 jaar oud is, op 2 Julie 1827 met die 22-jarige Johanna Venter. Sy is gebore in 1803 en oorlede in 1828, toe sy amper 25 jaar oud was. Na ’n kortstondige huwelik van bietjie meer as twee jaar is Johanna oorlede. Hulle het ’n dogter gehad, waaraan hulle mansname gegee het.

Landmeter-Generaalkaart van Ezelsgat 65

Page 4: Hoofstuk 14 Petrus Jacobus Pretorius (e5) (1797 1846)familiestories.co.za/.../2017/12/...Pretorius_02.pdf · Petrus Jacobus Pretorius (e5) Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Petrus Jacobus Pretorius (e5)

Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75 95

Huwelik van Petrus Pretorius en Jacoba Coetzee

Op 23 September 1826 maak Petrus en Johanna Venter ’n testament waarin hulle voorsiening maak vir vererwing aan die langslewende, maar ook met voorsiening vir uitbetaling aan die kinders indien ’n verdere huwelik aangegaan word56. Petrus trou weer in 1828, toe hy 31 jaar oud is, met die 20-jarige Jacoba Coetzee aan. Sy is gebore in 1808 en oorlede is 1870 toe sy 61 jaar oud was. Hulle het in ’n huwelik van meer as 17 jaar tien kinders gehad. Toe hulle getroud is, was daar reeds vier kinders in Petrus se gesin. Petrus het altesaam vyftien kinders gehad. Die vyftien kinders is gebore oor ’n tydperk van 28 jaar tussen 1818 en 1846 uit drie huwelike. Twee van die kinders word in 1826 en 1846 as Petrus Jacobus gedoop.Twee kinders is vroeg oorlede. Eerste huwelik.

o Dogter gebore 5 Maart 1818 en oorlede op die ouderdom van agt maande, blykbaar ongedoop57. o Hester Johanna Cornelia, getroud met Philippus Christoffel Snyman. o Petrus Jacobus, getroud met Cecilia Maria Snyman. o Jacobus Francois, getroud met Hilletje Jacoba Susanna Aucamp. Later bekend as Jacobus Stefanus

Francois. Tweede huwelik.

o Johannes Adriaan (vroulik), getroud met Frans Kruger en daarna met Hendrik Stefanus Coetzee. Pretboek en SAG geen

o nie Coetzee nie. Op 12 Junie 1846 is na haar verwys as Johanna Adriana in haar pa se sterfkennisgewing58.

Derde huwelik. o Anna Elizabeth, getroud met Dirk Jacobus Coetzee. o Johannes Jacobus, agtereenvolgens getroud met Margaretha Hendrina Nie in SAG Aucamp en Maria

Elizabeth Cecilia Kruger. o Martin Johannes Lodewikus, agtereenvolgens getroud met Martha Johanna Levina van der Walt en

Martha Petronella Coetzee. o Frans Albertus, getroud met Hesther Jacoba Kruger. o Gert Andries Louis, getroud met Alida Barendina Vorster. o Andries Michiel, agtereenvolgens getroud met Anna Maria Francina Vorster en Susanna Lasya Francina

Coetzee. o Hilletje (Heiltje) Petronella, oorlede op sesjarige ouderdom. o Anna Elizabeth Jacoba, getroud met Nicolaas Johannes van der Walt en daarna met Koert Petrus

Venter. o Johannes Gideon, getroud met Catharina Francina Sophia van der Walt. o Petrus Jacobus, agtereenvolgens getroud met Hesther Sophia Cornelia du Plessis en Helena Hendrina

du Plooy. SAG gee nie huwelik nie Ook nie SAG Du Plooy nie. Hy is 15 dae na sy vader se dood gebore.

Doop van Anna Elizabeth Jacoba Coetzee te Graaff-Reinet op 4.12.1808

Page 5: Hoofstuk 14 Petrus Jacobus Pretorius (e5) (1797 1846)familiestories.co.za/.../2017/12/...Pretorius_02.pdf · Petrus Jacobus Pretorius (e5) Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Petrus Jacobus Pretorius (e5)

Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75 95

Hester Johanna Cornelia Pretorius Anna Elizabeth Pretorius getroud met Dirk Jacobus Coetzee59

Drie dogters van Petrus60

Hester Johanna Cornelia: Getroud met Philippus Christoffel Snyman van Vlakplaas en later Koppieskraal, Bethulie. Die grootmoeder van die predikante dr. P C Snyman en oorgrootmoeder van prof. W J Snyman.

Anna Elizabeth: Getroud met Dirk Jacobus Coetzee van Eselshoek, Venterstad. Grootmoeder van Prof. J C Coetzee, Rektor van die PU vir CHO.

Anna Elizabeth Jacoba: Getroud met Nicolaas van der Walt van Watervoor, Middelburg KP. Die grootmoeder van ds. N H van der Walt

Anna Elizabeth Jacoba Pretorius

Page 6: Hoofstuk 14 Petrus Jacobus Pretorius (e5) (1797 1846)familiestories.co.za/.../2017/12/...Pretorius_02.pdf · Petrus Jacobus Pretorius (e5) Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Petrus Jacobus Pretorius (e5)

Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75 95

Die meeste van Petrus se kinders het in die Kaapkolonie gebly en in die Distrikte Albert en Middelburg, KP geboer. Drie kinders het na die Vrystaat getrek en daar geboer. Die derde kind, Petrus Jacobus (1824 – 1891), was een van die kinders wat na die Vrystaat getrek het en is oorlede op Kraaifontein naby Trompsburg in die Distrik Philippolis. Hy het deelgeneem aan die stigting van die Gereformeerde Kerk in die Vrystaat in Mei 185961. Sy naam kom op 20 Maart 1863 voor in die lidmaatregister vir Reddersburg62 en op 4 Mei 1868 in die register vir Bethulie63. Die tweede-jongste kind, Johannes Gideon, is as Vrystater in die Bethulie Konsentrasiekamp opgeneem tydens die Anglo-Boereoolog. Hy het op 2 Augustus 1901 in die Konsentrasiekamp aangekom en is op 4 Mei 1902 oorlede weens bronchitus64.

Laaste lewensjare Petrus en Jacoba maak op 18 Oktober 1836 ’n testament waarby hulle kodisille voeg waarvan die laaste een op 18 Maart 1846 is – nagenoeg twee maande voor Petrus se dood65. Daarin verklaar Petrus dat hy sy testamentêre verpligtinge ten opsigte van die kinders uit sy vorige huwelike nagekom het. Die egpaar maak die langslewende die erfgenaam, maar as die langslewende weer trou, moet die boedel deur ’n vendusie verkontant word en moet die kinders hulle erfporsie kry. In ’n kodisil van 18 Maart 1846 word bepaal dat die langslewende die erfpagplaas Ezelsgat erf en daarvoor Rsd. 4000 in die boedel moet inbetaal. Petrus sterf op 23 Mei 1846 in die ouderdom van 48 jaar en 10 maande op sy plaas Ezelsgat. In die Likwidasie- en Distribusierekening van sy boedel was daar £1268 ingesluit66. Toe Petrus sterf, was die kinders uit die eerste twee huwelike reeds groot. Die kinders uit die derde huwelik was egter tussen bykans 17 jaar en jonger as twee jaar oud en die laaste een is gebore 15 dae na Petrus se dood. Petrus se 45-jarige weduwee, Jacoba Coetzee, trou weer omstreeks 1854 met Andries Johannes van der Walt wat toe 46 jaar oud was. Dit was sy vierde huwelik. Hierdie Andries van der Walt het vyf huwelike aangegaan en het al sy vroue oorleef voordat hy in 1880 oorlede is! Jacoba en Andries het nie kinders gehad nie. Andries trou vir die vierde keer op ongeveer 46-jarige ouderdom omstreeks 1854 met Anna Elizabeth Jacoba Coetzee wat toe 45 jaar oud was. Sy is gebore in 1808 en sterf in 1870 toe sy 61 jaar oud was. Dit is moontlik dat agt kinders uit Jacoba se Pretoriushuwelik nog in die huis was toe sy en Andries getroud is. Daar sou ook nog drie Van der Waltkinders uit vorige huwelike in die huishouding gewees het. Blykbaar was Nooitgedagt Andries se woonplaas. Die plaas is geleë in die Wyk Renosterberg van die distrik Middelburg KP. noord van die pad tussen Middelburg en Steynsburg. In ’n testament van 187067 word melding gemaak van die plase Salpeterkrans (nr. 18)68, Popkloof (nr. 24)69, Rietpoort, Rietfontein en Nooitgedagt wat in Andries se besit is. Daar is ook ʼn aanduiding dat Andries Zuurfontein (nr. 27/127)70 in ʼn stadium besit het71. Die jonger Pretoriuskinders sou dus ook ’n deel van hul kinderjare deurgebring het op Nooitgedagt. Jacoba sterf op 24 Februarie 1870 op die plaas Nooitgedagt in die ouderdom van 61 jaar.

Petrus Jacobus Pretorius

(1824 – 1891)

Andries Johannes

van der Walt

Page 7: Hoofstuk 14 Petrus Jacobus Pretorius (e5) (1797 1846)familiestories.co.za/.../2017/12/...Pretorius_02.pdf · Petrus Jacobus Pretorius (e5) Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Petrus Jacobus Pretorius (e5)

Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75 95

1 Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 2 Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 3 Noemnaam onbekend. Gebruik eerste naam. 4 Noemnaam onbekend. Gebruik derde naam. 5 KAB VC 657. 6 KAB VC 657. 7 Kyk na die beredenering oor Ezelsgat onder Eiendom. 8 KAB MOOC 6/9/40. Verw. 8496. 9 Kruger, Barry. 2007. Die Kruger-familie van Suider-Afrika. GGSA CD Nr. 023. ISBN 978-0-620-40025-1. Bl. 754. 10 KAB VC 611. 11 Kruger, Barry. 2007. Die Kruger-familie van Suider-Afrika. GGSA CD Nr. 023. ISBN 978-0-620-40025-1. Bl. 754. 12 KAB VC 611. 13 TAB FK 2274. 14 SAG 14. Bl. 101. 15 SAG 14. Bl. 101. 16 KAB MOOC 7/1/105. Verw. 50. Daar word aangedui dat die testament op 18 Augustus 1828 by die Weesheer ingedien is. By SAG 1, Bl. 101 word aangedui dat Johanne Venter op 23.9.1828, maar dit is nie moontlik nie, want Petrus Jacobus

Pretorius se derde huwelik vind op 7 September 1828 plaas. 17 SAG 14. Bl. 101. 18 SAG 14. Bl. 101. 19 SAG 14. Bl. 101. 20 Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie eeue: 1600 – 1900. Barkly-Oos: Privaat uitgegee. Bl. 791. 21 TAB FK 2216. Datum. KAB MOOC 6/9/130.Verw. 6048. Plek. 22 TAB FK 2216. 23 KAB MOOC 6/9/130.Verw. 6048. 24 Van der Walt A. J. en Van Der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Potchefstroom: Uitgewery Lochwalt. ISBN 0 62023 218 8. Bl. 484/711. 25 TAB FK 2216. Datum. KAB MOOC 6/9/177. Verw. 1062. Plek. 26 TAB FK 2216. 27 KAB MOOC 6/9/177. Verw. 1062. 28 Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Potchefstroom: Uitgewery Lochwalt. ISBN 0 62023 218 8. Bl. 484/711. 29 Kruger, Barry. 2007. Die Kruger-familie van Suider-Afrika. GGSA CD nr. 023. ISBN 978-0-620-40025-1. Bl. 546. 30 TAB FK 2216. 31 Kruger, Barry. 2007. Die Kruger-familie van Suider-Afrika. Bl. 546. 32 Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 484/711. 33 TAB FK 2275. In die Doopregister kom die naam Johanna nie voor nie. 34 TAB FK 2275 en SAG 13. Bl. 323. Sy word verwar met haar oudste suster wat in 1811 gebore is. 35 TAB FK 2275. 36 KAB MOOC 6/9/35 Verw. 7697. 37 Kruger, Barry. 2007. Die Kruger-familie van Suider-Afrika. Bl. 440. 38 TAB FK 2260. 39 TAB FK 2260. 40 Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 484/711. 41 Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 484/711. 42 Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 485/711. 43 TAB FK 2259 dui die datum aan as 18 Junie 1825. Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 485/711 dui die datum aan as 28 Junie 1825. Plek: KAB MOOC 6/9/164 Verw. 5700. 44 TAB FK 2259. 45 KAB MOOC 6/9/164 Verw. 5700. 46 Van der Walt A. J. en Van der Walt C. M. 1998. Stamregister van die Familie Van der Walt: Geskiedenis en Genealogie 1727 tot 1998. Bl. 351/711. 47 KAB VC 611. 48 KAB MOOC 7/1/99. Verw. 3. 49 KAB MOOC 7/1/185. Verw. 126.

Page 8: Hoofstuk 14 Petrus Jacobus Pretorius (e5) (1797 1846)familiestories.co.za/.../2017/12/...Pretorius_02.pdf · Petrus Jacobus Pretorius (e5) Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75

©R. J. du Preez Petrus Jacobus Pretorius (e5)

Opdatering 31.5.2017 Vordering 25 50 75 95

50 KAB MOOC 7/1/185. Verw. 126. 51 http://csg.dla.gov.za/esio/listdocument.jsp 52 Madmappers. Kaart 3025 DD. (GEO WGS84) 30⁰50’54.59” S, 25⁰55’56.14” O. 53 Die ander een is Ezelshoek 4 op Madmappers Kaart 3125BA. 54 GKSA Argief. Lidmateregister Middelburg KP 1860 tot 1877. 3.1.1. 55 Krüger, B. R. 1959. Historiese Foto’s Versamel en van byskrifte voorsien deur Dr. B. R.Krüger. Gepubliseer in: Du Toit, S. (Voorsitter van Eindredaksie). 1959. Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika 1859 – 1959. Gedenkboek by geleentheid van die eeufees. Versprei deur Die Kerkblad. Noordbrug, Potchefstroom. Bl. 411. 56 KAB MOOC 7/1/105. Verw. 50. 57 Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie eeue: 1600 – 1900. Barkly-Oos: Privaat uitgegee. Bl. 791. 58 KAB MOOC 6/9/40. Verw. 8496. 59 Gereformeerde Kerk Venterstad. Eeufeesalbum 1875 – 1975. Bl. 65 60 Krüger, B. R. 1959. Historiese Foto’s Versamel en van byskrifte voorsien deur Dr. B. R.Krüger. Gepubliseer in: Du Toit, S. (Voorsitter van Eindredaksie). 1959. Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika 1859 – 1959. Gedenkboek by geleentheid van die eeufees. Versprei deur Die Kerkblad. Noordbrug, Potchefstroom. Bl. 411. 61 Pretorius, M E bygestaan deur Pretorius, Andre. 1992. Pretorius oor Drie eeue: 1600 – 1900. Barkly-Oos: Privaat uitgegee. Bl. 791. 62 Argief GKSA. Reddersburg 3.1.2. 63 Argief GKSA. Bethulie 3.1.1. 64 Van Heyningen, Elizabeth en andere. British Concentration Camps of the South African War 1900 – 1902. Webwerf http://www.lib.uct.ac.za/mss/bccd/ 65 KAB MOOC 7/1/185. Verw. 126. 66 KAB MOOC 13/1/125. Verw. 1. 67 KAB MOOC 7/1/308 Verw. 54. 68 Madmappers DVD 1. Kaart 3125AC. GEO (WGS84) –(25.09684763, -31.30581496) 31°18’20.93”S, 25°05’48.65”O. 69 Madmappers DVD 1. Kaart 3125AA en AC. GEO (WGS84) –(25.21345447, -31.22063996) 31°13’14.30”S, 25°18’54.76”O. 70 Madmappers DVD 1. Kaart 3125AA en AC. GEO (WGS84) –(25.31521032, -31.23962889) 31°14’22.66”S, 25°18’54.76”O. 71 Le Roux J. G., Niemandt J. J., Olivier, Mariana en Olivier, Ronel. Bewaarders van Ons Erfenis. Colesberg. (Versprei deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika.) Bl. 39.