Highlands Panorama Page 4 (12 May)

1
ASSOCIATION OF INDEPENDENT PUBLISHERS vir Gemeenskapsjoernaliste of Community Journalists Highlands Panorama News holds accredited membership ofthe following bodies / Highlands Panorama Nuus is ’n geakkredi- teerde lid van die volgende organisa- sies: Printed by Paarl Coldset (Pty) Ltd, 83 Heidelberg Road, City Deep Production Park, City Deep. Kontaknommers / Contact Numbers: Direkteur: Editor/ Redakteur: Michelle Boshoff - Nuus: 082 450 4876 Advertensies / Advertising: Reinet Bell 082 450 4875 Accounts: Jill Du Preez - 013 235 2287 email: highlandspanorama@ yahoo.com Andre Coetzee - 083 626 6305 Grafies / Graphics: Marike Geldenhuys - 013 235 2287 Copyright exists on all material published in the Highlands Panorama. Written permission must be obtained to use it in any form. Kopiereg bestaan op alle materiaal in die Highlands Panorama. Skriftelike toestemming moet vir enige gebruik daarvan bekom word. Owners/Eienaars: Highlands Panorama cc/bk. (CK 2006 / 199045/23) Office/Kantoor: 65 Viljoen- Str/str 65 (C/o - h/v Viljoen- & Jansen-Str’s/str’e); PO Box/Posbus 4418, LYDENBURG, 1120 MONITORING SA Member of MEDIA REPRESENTATIVES Rubrieke / Columns 04 Roekelose bestuur 1 Samuel 14:6 Want by die Here is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie. Ons Vader, wees met ons tydens hierdie komende verkiesing - Amen. Letters Policy: THE Highlands Panorama News welcomes letters from our readers. Letters must be short and to the point (maximum 200 words). It must be accompanied with the writer’s name, postal address, telephone number and be signed even if placed anonymously. The editorial team reserves the right at all times to shorten letters, to only publish letters when space is available or to use their discretion in placing letters at all. The Highlands Panorama News is not responsible for the content of letters published. Postal Address: Highlands Panorama News P.O. Box 4418, Lydenburg 1120. Office: 65 Viljoen Str (corner of Jansen Str.) ELKE week is daar in beide ons plaaslike koerante stories van motorongelukke, beide in die dorp en op ons omliggende paaie. Baie van hierdie stories eindig tragies, met die dood van geliefdes, van ons eie mense. Die persentasie toeriste of mense van elders wat in sulke ongelukke betrokke is, is op die oog af relatief klein. In hulle geval kan mens die ongelukke dikwels toeskryf aan nat, gladde paaie en slaggate. Maar wat van ons eie mense? Ek praat van dié mense wat in Lydenburg, Steelpoort en Burgersfort woon en werk. Mense wat daagliks dié paaie ry en hulle goed ken, slaggate, gladde kolle en al. In die meeste gevalle blameer ons die slaggate en die algemene vrot toestand van ons paaie en strate. Reg, maar is dit werklik so? Ek ry ook elke dag hierdie paaie, beide met my eie motors en motorfiets, sowel as met handelaars se motors en motorfietse. Ek soms druk ek toetsmodelle so ’n bietjie wyd oor die spoedgrens, om te kyk na aspekte soos stabiliteit, veiligheid, remvermoë ens. En dit bring my by my punt. Die aantal idiote op die pad. ’n Oom in sy Sportage wat doodluiters teen 80 km/u oor die stopstraat op die hoek van Jansen en Viljoen jaag. Die laaitie in die wit Golf wat besete raak as hy agter die wiel inklim. Die “biker” in Goodmanstraat wat die hele buurt onststig met sy gejaag en “gerev” van sy fiets. Stupid! En gaan luister maar na hulle as hulle wegtrek in Voortrekkerstraat by die Paul Krugerstraat stopstraat, op pad uit Chekers / Longtompas toe. Of ry oor die Watervalsrivierpas, Longtompas of op die pad Roossenekal toe, wat meeste ouens wat op die myne werk, ry. Dit is soos die Operasionele gebied van ouds in Angola. Lewensgevaarlik soos die sotte jaag, op blinde draaie en hoogtes verbysteek en te kere gaan. Nee, ek dink die koerante en mense moet gaan kyk waar die probleem regtig lê. Dit lê by mense wat eenvoudig te dom is om die risiko van reën, slaggate en ander padgebruikers in ag te neem. Wat reken hulle voertuie is die vinnigste en veiligste. Toe nie. Hulle weet nie dat daar ’n snotterige gladde lagie op teerpaaie vorm nadat dit bietjie gereën het nie. Dit word deur voertuie veroorsaak wat olie en diesel lek. In dié omstandighede neem hulle nie in ag dat ’n motor se stopafstand of draaivermoë drasties ingekort word nie - ABS en elke ding ten spyt. Ouens wat voor jou insny by die duikweg neuk ook jou stopafstand op. Hulle is pleinweg onnosel en behoort van roekelose en nalatige bestuur aangekla te word! 12 May / Mei 2011 Gavin Wade van der Merwe 31 Augustus 1988 - 27 April 2011 Wyle mnr. Gavin Wade van der Merwe (regs) saam met sy verloofde me. Chantel Theron Waardering vir almal se bystand in hierdie moeilike tyd Familie skryf: Graag wil ons die volgende mense bedank wat ons werklik in hierdie moeilike bedroefde tyd in ons lewens bygestaan het en alles wat hulle moontlik kon doen, vir ons gedoen het. Martin’s Begrafnisondernemers, maar veral vir David vir al sy tyd wat hy aan Chantel en die familie spandeer het. Vir al sy gebede en beter begrip en kennis van die wêreld wat ons nie ken nie. Aan Baksteen Nel, baie dankie vir die wonderlike mens wat jy is. Jy was ons groot steunpilaar deur ’n moeilike tyd. Jy was elke beskikbare oomblik daar vir die hele familie - en dit sluit in dag en nag. Dankie dat jy so baie van jou tyd afgestaan het en ons gelei het toe alles baie donker was. Dankie vir al jou gebede vir ons Gavin liefling. Dan wil ons ook vir ds. Willie Botha bedank vir al sy ondersteuning en gebede. Vir Eugene en Sandra Botha, van Johannesburg, wat hulle reëlings gekanselleer het om vir Gavin ter ruste te lê. Dankie vir alles wat julle vir Gavin en Chantel beteken het. Dit sal altyd onthou word. En aan John en Maritsa vir al die reëlings wat hulle getref het. Vir die moeite, die ondersteuning, die raad en bo alles die liefde wat julle aan ons gegee het. Dit wat julle die aand kom doen het was nie maklik nie. God seën julle daarvoor. Dan wil ons almal bedank wat gesorg het vir kos aan die familie. Dankie aan Piet en Ista asook Pick ‘n Pay. En dan baie belangrik, almal se gebede. Sonder julle sou ons nie die mas opgekom het nie. Aan almal wat vêr gekom het sê ons baie dankie en hoop julle het ’n veilige terugreis. Dankie aan almal wat gehelp het met die verversings en die tee skink en so ook aan die Verkeersdepartement. Aan Grinaker, LTA en PRP ook Danté vir al die finansiëlehulp saam met Gavin se mede-kollegas. Dankie aan my seuns Derick en Wesley wat so ongelooflik lief was vir hul boetie. Aan my man Neil Hunter wat as pa ingetree het en my seun begrawe het. Dit sal nooit vergeet word nie. Dan laaste en ook die belangrikste: Dankie liewe Here dat U vir Gavin vir 22 jaar aan ons kon leen. Dankie vir al die liefde wat hy aan ons almal gegee het. Niks was ooit vir hom te veel nie. U het die mooiste blom kom pluk, maar ons berus ons in die wete data ons hom weer sal sien. Ek, eintlik ons, het haar self gesien! Ons eie spook! Die meeste van Lydenburg se inwoners weet van haar maar min het haar spooklyf al gesien. Sy staan gewoonlik in die nag van Vrydag die 13de en duimgooi in die omgewing van die padbord waar die Roossenekalpad met n T-aansluiting in die Dullstroom-pad doodloop. Een van die gelukkige persone wat wel al met haar kennis gemaak het, was mnr. Marius Joubert. n Samaritaan sonder bedrog, wat haastig in die nag van Vrydag die 13de op pad Middelburg toe was. Dit was n reënerige, sterlose nag en bitter koud. Die donderweer het onheilspellend gerammel en kort-kort het n weerligstraal die hemelruim deurklief en die omgewing verlig. Dit was in hierdie oomblik van helder lig dat Marius die huilende, witgeklede vrou sien duimgooi het. Dit het skielik hard begin reën en hy het met spyt gedink aan die bekleedsels van sy splinternuwe motor en die papnat vrou. Hy het teruggestoot, maar toe hy langs haar stilhou, het hy met verligting opgemerk dat sy glad nie nat is nie. Ook die wit kopdoekie om haar blonde hare was droog. Hy klim toe uit sy motor, hardloop om en gaan maak vinnig in die gietende reën die voorste deur vir haar oop, maar tot sy verbasing sit sy toe alreeds op die agterste sitplek. Intussen het die hondjie wat voor langs hom op die sitplek geslaap het, hardop begin tjank en uit vrees onder die motor se brandstofpedaal ingekruip. Toe Marius egter aan sy kant uitklim, was die vrou weg! Dit was toe die hare op sy kop begin rys het en die hoendervleis en koue sweet op sy lyf uitgeslaan het, dat hy besef het dat hier iets bonatuurliks aan die gebeur was. Om so vinnig moontlik weg te kom, was by hom n allesoorheersende begeerte, maar met die tjankende hond in die donker onder die brandstofpedaal, was wegkom onmoontlik. Weghardloop was n ander oplossing en so na n paar vlieënde tree het hy tot besinning gekom toe die steeds-tjankende hond hom agterna sit. Gelukkig het hy toe weer die gebruik van sy motor teruggekry en hy sweer dat hy van daar af net een keer gestop het en dit was binne in sy motorhuis in Middelburg. As latswaaier het ek, soos al my ander kollegas, nog baie ander takies ook wat gedurig afgehandel moet word, soos onder andere die heen-en-weer vervoer van leerlinge – alles ten bate van die opvoeding. Dit was op Vrydag die 13de dat ek en n spannetjie dogters met die skool se minibussie redelik laat die terugtog vanaf Middelburg aangepak het. Toe die donker ons al op Vrydag die 13de Aangesien Vrydag die enigste Vrydag die 13de van die jaar is, plaas ek graag tannie Marie Joubert se Bobaas Spookstorie in plaas van my Hoorhierso-rubriek. Tant Marie is ’n oud-onderwyser van die Lydenburg Hoërskool en een van die bekendste en bemindste inwoners van Lydenburg. (RED) Roossenekal bekruip het, het ek geweet dat vanaand die aand gaan wees dat ek voor n keuse gaan staan om n huilende vrou wat n saamrygeleentheid gaan soek, op te laai of nie op te laai nie! Al die bestanddele was daar vir ons spook se lyfwys resep! Dit was n pikdonker, bittere koue nag. Die wind het stormsterk gewaai en het met wilde geweld deur die kreunende bome gedans en gefluit van plesier as hy skoppelmaai ry, op die jong eiketakke en die tamboekiegras platvee. Die donderweer het onheilspellend aangerammel gekom en blitse het heen en weer deur die hemelruim geklief. Nadat ons die voet van die berg bereik het, het dit hard begin reën. Ja, alles was daar – gemeng en gereed. Net die laaste bestanddeel, wat by die padbord gewag het, moes nog bygevoeg word. Ek was oortuig dat sy daar sal wag, want geen regdenkende spook sal in so n stormagtige nag wil voetslaan of windop wil sweef na haar bestemming nie. Ja, ongetwyfel sal sy en haar duim daar staan. Die spreekwoord van 'prewarned is prepared', is ingeweef in elke opvoeder se opleidings- program en daarom het ek dit my plig geag om die leerlinge vooraf in te lig oor wie by die Roossenekal-Dullstroom-T-aansluiting gaan duimgooi. Hul reaksie was uit die aard van die saak oorweldigend, maar ek het hulle so kalm as moontlik probeer verseker dat die vrou hulle geen kwaad sal aandoen nie en dat hulle darem ook begrip vir haar probleme moet hê. Ook het ek hulle hart en mond belowe dat ek haar beslis nie sal oplaai nie. Daar was buitendien nie plek in die bussie nie en bowendien soek sy n raamrygeleentheid Pretoria toe. Volgens oorlewering het sy baie jare gelede op Vrydag die 13de by die T-aansluiting met n perdekar verongeluk en haar drie klein kindertjies is na n weeshuis in Pretoria geneem. Die uur het aangebreek en die minibus se ligte het vol op die padbord geval! Daar was niks, net gietende reën, wind en weerlig, maar toe kom sy skielik vinnig agter die padbord uit en swaai albei arms wild in die lug. Sy was baie maer, wit rok, wit kopdoek en het aanhoudend woes dorp toe beduie. Toe die minibussie by die stopteken stilhou het die gedaante met so ’n verstommende spoed oor die teerpad deur die waterplasse aangehardloop gekom dat die water in alle rigtings gespat het. “Juffrou ry”! het dit soos een mond weergalm en die verskrikte juffrou het gery. Ons was al amper in Lydenburg toe eenetjie bewend sê: “Maar Juffrou, sy was dan swart met rooi tekkies aan en het n lift dorp toe gesoek,” Wel, of dit ons eie spook was of nie, dit was Vrydag die 13de. Die spook by die padbord Hierdie klein woefie het oor die naweek by die Parkeraad se kantore (Visserye) in Lydenburg aangekom. Skakel Willem van Staden as jy die hondjie herken by 013 235 2395/6/7 of 082 780 5172.

Transcript of Highlands Panorama Page 4 (12 May)

Page 1: Highlands Panorama Page 4 (12 May)

ASSOCIATION OF

INDEPENDENT PUBLISHERS

vir Gemeenskapsjoernalisteof Community Journalists

Highlands Panorama News holds accredited membership ofthe following bodies /Highlands Panorama Nuus is ’n geakkredi-teerde lid van die volgende organisa-sies:

Printed by Paarl Coldset (Pty) Ltd, 83 Heidelberg Road, City

Deep Production

Park, City Deep.

Kontaknommers /

Contact Numbers:

Direkteur:

Editor/ Redakteur:

Michelle Boshoff -

Nuus: 082 450 4876

Advertensies /

Advertising:

Reinet Bell

082 450 4875

Accounts:

Jill Du Preez -

013 235 2287

email:

highlandspanorama@

yahoo.com

Andre Coetzee -

083 626 6305

Grafies / Graphics:

Marike Geldenhuys -

013 235 2287

Copyright exists on all material

published in theHighlands Panorama.

Written permissionmust be obtained touse it in any form.Kopiereg bestaan

op alle materiaal in die Highlands Panorama.

Skriftelike toestemmingmoet vir enige gebruikdaarvan bekom word.

Owners/Eienaars: Highlands

Panorama cc/bk. (CK 2006 / 199045/23)

Office/Kantoor:65 Viljoen-Str/str 65

(C/o - h/v Viljoen- & Jansen-Str’s/str’e);

PO Box/Posbus 4418,

LYDENBURG, 1120

MONITORING SA

Member of

MEDIA REPRESENTATIVES

Rubrieke / Columns04

Roekelose bestuur

1 Samuel 14:6Want by die Here is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.Ons Vader, wees met ons tydens hierdie komende verkiesing - Amen.

Letters Policy: THE Highlands Panorama News welcomes letters from our readers. Letters must be short and to the point (maximum 200 words). It must be accompanied with the writer’s name, postal address, telephone number and be signed even if placed anonymously. The editorial team reserves the right at all times to shorten letters, to only publish letters when space is

available or to use their discretion in placing letters at all. The Highlands Panorama News is not responsible for the content of letters published. Postal Address: Highlands Panorama News P.O. Box 4418, Lydenburg 1120. Office: 65 Viljoen Str (corner of Jansen Str.)

ELKE week is daar in beide ons plaaslike koerante stories van motorongelukke, beide in die dorp en op ons omliggende paaie.Baie van hierdie stories eindig tragies, met die dood van geliefdes, van ons eie mense. Die persentasie toeriste of mense van elders wat in sulke ongelukke betrokke is, is op die oog af relatief klein. In hulle geval kan mens die ongelukke dikwels toeskryf aan nat, gladde paaie en slaggate.Maar wat van ons eie mense? Ek praat van dié mense wat in Lydenburg, Steelpoort en

Burgersfort woon en werk. Mense wat daagliks dié paaie ry en hulle goed ken, slaggate, gladde kolle en al. In die meeste gevalle blameer ons die slaggate en die algemene vrot toestand van ons paaie en strate. Reg, maar is dit werklik so?Ek ry ook elke dag hierdie paaie, beide met my eie motors en motorfiets, sowel as met handelaars se motors en motorfietse. Ek soms druk ek toetsmodelle so ’n bietjie wyd oor die spoedgrens, om te kyk na aspekte soos stabiliteit, veiligheid, remvermoë ens. En dit bring my by my punt. Die aantal idiote op die pad. ’n Oom in sy Sportage wat doodluiters teen 80 km/u oor die stopstraat op die hoek van Jansen en Viljoen jaag. Die laaitie in die wit Golf wat besete raak as hy agter die wiel inklim. Die “biker” in Goodmanstraat wat die hele buurt onststig met sy gejaag en “gerev” van sy fiets. Stupid! En gaan luister maar na hulle as hulle wegtrek in Voortrekkerstraat by die Paul Krugerstraat stopstraat, op pad uit Chekers / Longtompas toe.Of ry oor die Watervalsrivierpas, Longtompas of op die pad Roossenekal toe, wat meeste ouens wat op die

myne werk, ry. Dit is soos die Operasionele gebied van ouds in Angola. Lewensgevaarlik soos die sotte jaag, op blinde draaie en hoogtes verbysteek en te kere gaan.Nee, ek dink die koerante en mense moet gaan kyk waar die probleem regtig lê. Dit lê by mense wat eenvoudig te dom is om die risiko van reën, slaggate en ander padgebruikers in ag te neem. Wat reken hulle voertuie is die vinnigste en veiligste. Toe nie.Hulle weet nie dat daar ’n snotterige gladde lagie op teerpaaie vorm nadat dit bietjie gereën het nie. Dit word deur voertuie veroorsaak wat olie en diesel lek. In dié omstandighede neem hulle nie in ag dat ’n motor se stopafstand of draaivermoë drasties ingekort word nie - ABS en elke ding ten spyt. Ouens wat voor jou insny by die duikweg neuk ook jou stopafstand op. Hulle is pleinweg onnosel en behoort van roekelose en nalatige bestuur aangekla te word!

12 May / Mei 2011

Gavin Wade van der Merwe31 Augustus 1988 - 27 April 2011

Wyle mnr. Gavin Wade van der Merwe (regs) saam met sy

verloofde me. Chantel Theron

Waardering vir almal se bystand in hierdie moeilike tydFamilie skryf: Graag wil ons die volgende mense bedank wat ons werklik in hierdie moeilike bedroefde tyd in ons lewens bygestaan het en alles wat hulle moontlik kon doen, vir ons gedoen het. Martin’s Begrafnisondernemers, maar veral vir David vir al sy tyd wat hy aan Chantel en die familie spandeer het. Vir al sy gebede en beter begrip en kennis van die wêreld wat ons nie ken nie. Aan Baksteen Nel, baie dankie vir die wonderlike mens wat jy is. Jy was ons groot steunpilaar deur ’n moeilike tyd. Jy was elke beskikbare oomblik daar vir die hele familie - en dit sluit in dag en nag. Dankie dat jy so baie van jou tyd afgestaan het en ons gelei het toe alles baie donker was. Dankie vir al jou gebede vir ons Gavin liefling. Dan wil ons ook vir ds. Willie B o t h a b e d a n k v i r a l s y ondersteuning en gebede. Vir Eugene en Sandra Botha, van Johannesburg, wat hulle reëlings gekanselleer het om vir Gavin ter ruste te lê. Dankie vir alles wat julle vir Gavin en Chantel beteken het. Dit sal altyd onthou word. En aan John en Maritsa vir al die reëlings wat hulle getref het. Vir die moeite, die ondersteuning, die raad en bo alles die liefde wat julle aan ons gegee het. Dit wat julle die aand kom doen het was nie maklik nie. God seën julle daarvoor. Dan wil ons almal bedank wat gesorg het vir kos aan die familie. Dankie aan Piet en Ista asook Pick

‘n Pay. En dan baie belangrik, almal se gebede. Sonder julle sou ons nie die mas opgekom het nie. Aan almal wat vêr gekom het sê ons baie dankie en hoop julle het ’n veilige terugreis. Dankie aan almal wat gehelp het met die verversings en die tee skink en so ook aan die Verkeersdepartement. Aan Grinaker, LTA en PRP ook Danté vir al die finansiëlehulp saam met Gavin se mede-kollegas. Dankie aan my seuns Derick en Wesley wat so ongelooflik lief was vir hul boetie. Aan my man Neil Hunter wat as pa ingetree het en my seun begrawe het. Dit sal nooit vergeet word nie. Dan laaste en ook die belangrikste: Dankie liewe Here dat U vir Gavin vir 22 jaar aan ons kon leen. Dankie vir al die liefde wat hy aan ons almal gegee het. Niks was ooit vir hom te veel nie. U het die mooiste blom kom pluk, maar ons berus ons in die wete data ons hom weer sal sien.

Ek, eintlik ons, het haar self gesien! Ons eie spook! Die meeste van Lydenburg se inwoners weet van haar maar min het haar spooklyf al gesien. Sy staan gewoonlik in die nag van Vrydag die 13de en duimgooi in die omgewing van die padbord waar die Roossenekalpad met n T-aansluiting in die Dullstroom-pad

doodloop. Een van die gelukkige persone wat wel al met haar kennis gemaak het, was mnr. Marius Joubert. n Samaritaan sonder bedrog, wat haastig in die nag van Vrydag die 13de op pad Middelburg toe was. Dit was n reënerige, sterlose nag en bitter koud. Die donderweer het onheilspellend gerammel en kort-kort het n weerligstraal die hemelruim deurklief en die omgewing verlig.Dit was in hierdie oomblik van helder lig dat Marius die huilende, witgeklede vrou sien duimgooi het. Dit het skielik hard begin reën en hy het met spyt gedink aan die bekleedsels van sy splinternuwe motor en die papnat vrou. Hy het teruggestoot, maar toe hy langs haar stilhou, het hy met verligting opgemerk dat sy glad nie nat is nie. Ook die wit kopdoekie om haar blonde hare was droog. Hy klim toe uit sy motor, hardloop om en gaan maak vinnig in die gietende reën die voorste deur vir haar oop, maar tot sy verbasing sit sy toe alreeds op die agterste sitplek.Intussen het die hondjie wat voor langs hom op die sitplek geslaap het, hardop begin tjank en uit vrees onder die motor se brandstofpedaal ingekruip. Toe Marius egter aan sy kant uitklim, was die vrou weg!Dit was toe die hare op sy kop begin rys het en die hoendervleis en koue sweet op sy lyf uitgeslaan het, dat hy besef het dat hier iets bonatuurliks aan die gebeur was. Om so vinnig moontlik weg te kom, was by hom n allesoorheersende begeerte, maar met die tjankende hond in die donker onder die brandstofpedaal, was wegkom onmoontlik. Weghardloop was n ander oplossing en so na n paar vlieënde tree het hy tot besinning

gekom toe die steeds-tjankende hond hom agterna sit. Gelukkig het hy toe weer die gebruik van sy motor teruggekry en hy sweer dat hy van daar af net een keer gestop het en dit was binne in sy motorhuis in Middelburg. As latswaaier het ek, soos al my ander kollegas, nog baie ander takies ook wat gedurig afgehandel moet word, soos onder andere die heen-en-weer vervoer van leerlinge – alles ten bate van die opvoeding. Dit was op Vrydag die 13de dat ek en n spannetjie dogters met die skool se minibussie redelik laat die terugtog vanaf Middelburg aangepak het. Toe die donker ons al op

’’

Vrydag die 13deAangesien Vrydag die enigste Vrydag die 13de van die jaar is, plaas ek graag tannie Marie Joubert se Bobaas Spookstorie in plaas van my Hoorhierso-rubriek. Tant Marie is ’n oud-onderwyser van die Lydenburg Hoërskool en een van die bekendste en bemindste inwoners van Lydenburg. (RED)

Roossenekal bekruip het, het ek geweet dat vanaand die aand gaan wees dat ek voor n keuse gaan staan om n huilende vrou wat n saamrygeleentheid gaan soek, op te laai of nie op te laai nie!Al die bestanddele was daar vir ons spook se lyfwys resep! Dit was n pikdonker, bittere koue nag. Die wind het stormsterk gewaai en het met wilde geweld deur die kreunende bome gedans en gefluit van plesier as hy skoppelmaai ry, op die jong eiketakke en die tamboekiegras platvee. Die donderweer het onheilspellend aangerammel gekom en blitse het heen en weer deur die hemelruim geklief. Nadat ons die voet van die berg bereik het, het dit hard begin reën. Ja, alles was daar – gemeng en gereed. Net die laaste bestanddeel, wat by die padbord gewag het, moes nog bygevoeg word. Ek was oortuig dat sy daar sal wag, want geen regdenkende spook sal in so n stormagtige nag wil voetslaan of windop wil sweef na haar bestemming nie. Ja, ongetwyfel sal sy en haar duim daar staan. Die spreekwoord van 'prewarned is prepared', is ingeweef in elke opvoeder se opleidings-program en daarom het ek dit my plig geag om die leerlinge vooraf in te lig oor wie by die Roossenekal-Dullstroom-T-aansluiting gaan duimgooi. Hul reaksie was uit die aard van die saak oorweldigend, maar ek het hulle so kalm as moontlik probeer verseker dat die vrou hulle geen kwaad sal aandoen nie en dat hulle darem ook begrip vir haar probleme moet hê. Ook het ek hulle hart en mond belowe dat ek haar beslis nie sal oplaai nie. Daar was buitendien nie plek in die bussie nie en bowendien soek sy n raamrygeleentheid Pretoria toe. Volgens oorlewering het sy baie jare gelede op Vrydag die 13de by die T-aansluiting met n perdekar verongeluk en haar drie klein kindertjies is na n weeshuis in Pretoria geneem. Die uur het aangebreek en die minibus se ligte het vol op die padbord geval! Daar was niks, net gietende reën, wind en weerlig, maar toe kom sy skielik vinnig agter die padbord uit en swaai albei arms wild in die lug. Sy was baie maer, wit rok, wit kopdoek en het aanhoudend woes dorp toe beduie. Toe die minibussie by die stopteken stilhou het die gedaante met so ’n verstommende spoed oor die teerpad deur die waterplasse aangehardloop gekom dat die water in alle rigtings gespat het. “Juffrou ry”! het dit soos een mond weergalm en die verskrikte juffrou het gery. Ons was al amper in Lydenburg toe eenetjie bewend sê: “Maar Juffrou, sy was dan swart met rooi tekkies aan en het n lift dorp toe gesoek,” Wel, of dit ons eie spook was of nie, dit was Vrydag die 13de.

’’ ’

Die spook by die padbord

Hierdie klein woefie het oor die

naweek by die Parkeraad se

kantore (Visserye) in Lydenburg

aangekom. Skakel Willem van Staden

as jy die hondjie herken by 013 235

2395/6/7 of 082 780 5172.