Hervormingsfees - Wellington-Noord · 2019-10-28 · Ds Francois het Belydeniskamp aanstaande...
Transcript of Hervormingsfees - Wellington-Noord · 2019-10-28 · Ds Francois het Belydeniskamp aanstaande...
Predikant Ds. Francois Human
Orrelis Stefan van Hansen
Dienswerkers Robert King & Schalk Burger
09:00 Erediens
10:15 Kategese
19:00 Aanddiens: Moederkerk Baie welkom aan Edmund O’Ehley van
Amosbediening wat vanoggend by ons kuier!
Hervormingsfees
In die kerkkantoor is sleutelhouers met name
oor vanaf die basaar @ R25 elk. Indien dit u
naam is, kom koop asb die sleutelhouer.
Die volgende name verskyn daarop nl.
Pieter, Dawid, Pierre, Theo, Ernst, Ben, Albertus,
Jan, Cassie, Shaun, Charl, MC, Jaco, Schalk,
Chris, Jason, Koos, Bennie, NW, Jean en Helius.
Die Kweekskool vorm die fakulteit van Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sedert 1859 word predikante van die NG Kerk-familie hier opgelei. U voorbidding word gevra vir die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, veral hulle wat met hulle gemeentejaar besig is. Die dekaan, dosente en personeel moet ook aan God opgedra word, sowel as die nuwe studente wat tot die bediening geroep mag word.
G- Voucher projek. Hulle het gevra dat wanneer dit ons
beurt is (28 Oktober – 1 November) ons asb produkte vir die
week van ons diensbeurt moet verskaf. Produkte benodig is die
volgende: Vars groente, rys, speserye, sout, peper. Dalk vars
hoenderstukke, visolie. Skoonmaakmiddels. Soja maalvleis en
noodels asb. Produkte kan by die kerkkantoor afgegee word.
Baie dankie! Daar kom eet ongeveer 20 mense op ‘n daaglikse
basis.
BAIE GELUK aan Helius le Roux
wat tot nuwe kerkraadslid vir
Groenberg wyk gekies is in Shaun
Swanepoel se plek. Baie dankie aan
Shaun vir sy insette gelewer die
afgelope 2 jaar. Groot waardering
daarvoor!
Bangladesj: Bid dat die Adivasi die Bybel in hul hartstaal sal kan lees. Bid dat die
Here die Rohingyavlugtelinge wat onder moeilike omstandighede in Pakistan bly, sal
bystaan. Bid vir die land se leiers asook vir die bou van ’n nuwe hoofkantoor vir die
plaaslike Bybelgenootskap.
Sri Lanka: Bid dat die Here Bybelwerk in ons land sal seën en dat ons mense se
harte sal bereik. Bid ook vir die veiligheid van ons personeel en die Christene wat
hier woon. Bid dat ons werk elke persoon sal bereik en dat ons in hul Bybelbehoeftes
sal voorsien deur die gebruik van geskikte formate en vertalings.
KERKRAADSVERGADERING:
Maandag 28 Oktober 2019 om 18:00
in die konsistorie.
Ds Francois het Belydeniskamp
aanstaande naweek - 1-3 November
2019. Voorspoed!
Ds Attie Beetge van Christelike
Lektuurfonds preek aanstaande
Sondag 3 November 2019. Baie
hartlik welkom aan hom!
2019 DATUMS om te dagboek is as volg:
10 November– Nagmaal & Belydenisaflegging
17 November– Kerssangdiens om 19:00
17 November om 09:00 - Wit koevert Insameling –
& kleuterdiens
24 November – Kategese asook die Gemeente se
Jaareindfunksie in die vorm van ‘n gemeente Bring
en Braai;
4 Desember - Skole sluit
13 Desember - Senior Lidmate Kersete - 17:00.
Hiermee rapporteer ek dat ons Basaar hierdie jaar besonders goed gedoen het – alle eer
aan ons Hemelse Vader en ieder en elk se harde werk wat dit moontlik gemaak het. Sal
u so gaaf wees om teen einde November alle uitstaande gelde in te betaal by die
kerkkantoor.
Wamakers Opleidingsentrum nooi alle dames en dogters om op 2 November vanaf 10.00 tot 12.00 geïnspireer te word met interessante gedekte KERSTAFELS by Douglas Green Bellingham (DGB), Lady
Lochweg, Wellington. Toegangsfooi is R120 vir volwassenes en skoolkinders betaal 'n donasie van R50. Kom geniet ook 'n pragtige uitsig vanaf die proelokaal se stoep met 'n glas sjampanje/tee/koffie
en eetgoed in die hand. Gebruik die ingang by die groot sekuriteitshekke vanuit die Lady Loch pad. Bring 'n geldjie saam vir moontlike aankope by interessante uitstallings. Skakel Wamakers
Opleidingsentrum vir kaartjies by 021 873 5942 of Elsabe by 083 630 8201.
Graag herinner ons lidmate in die Distrik aan die Oktober Insameling waarvoor ons R 50 000 begroot het. Baie Dankie vir R 15 000 wat reeds
ontvang is.
Dries Tredoux (27) – Carl & Charl Lotze (27) – Connie Meynhardt (28)
– Elina van Dyk (28) – Martha van Zyl (29) – Rose-Marie Badenhorst
(29) – Susan Laubscher (29) – Louise Marra (29) – Philip Botha (29) – Deidre Wolmarans (29) –
Adele Joubert (29) – Jan du Plessis (29) – Lucar Marra (29) – Stephan Theron (30) – Nora Nel (30) – Elsje Myburgh (30) – Dirk Bester (30) –
Nikolaas de Klerk (30) – Pieter Coetzee (31) – Rudi Smit (31) –
Pieter Malan (31)
Stille Nag KERSSANGDIENS 2019
Sondag, 17 November 2019 om 19:00
NGK Wellington-Noord
met
Orreliste: Johann Enslin & Winand
Grundling
Slagwerk: Schalk
Wasserman
Gaskunstenaars: Gideon Lombard
André Terblanché
Jan Olivier
Kore van Hugenote Laerskool
en Hugo Rust Laerskool
Ons gastekunstenaar is die
bekende Gideon Lombard. Hy het bekendheid verwerf as veral akteur in Suidooster, Reuk van
Appels. Hy is ook ‘n uitmuntende kitaarspeler.
–Niemand het die reg om te steel nie.
Daar lê groot bevrediging in die lewe – om vir Christus te werk. Dit bly lekker om terug te kyk. Net so sleg is dat iets waarvoor jy hard gewerk het gesteel word. As iemand vir jou voorhou hoe goed’n sekere belegging is – maar dan is dit net ‘n bedrogspul. Dit is waarmee Paulus, Barnabas en Titus te doen gekry het – valse voorwendsels. Mans moes hulle besny – dit was onwaar. ‘n Valse manier van dinge doen. Die indringers wou weer slawe van mense maak. Mense werk met verskuilde agendas en verkondig valse waarhede. Paulus sê hy wil nie hê hulle moet weer slawe word nie, maar as vry mense in Jesus Christus lewe. Dieselfde God wat van Petrus ‘n apostel vir die Jode gemaak het, het van Paulus ‘n apostel vir nie-Jode gemaak. Vat jou gesag terug as kind van God. Mense probeer die vreugde van mense in Christus steel. In die proses ontdek hulle dat mense weer reëls wil maak. Wat maak dat mense soms jou vreugde steel? Mense verkondig onwaarhede en steel jou lewensvreugde. Niemand het die reg tot diefstal nie – ook nie die reg om die mooiheid wat die Here in jou geplaas het te steel nie. Ons moet nooit die armes vergeet nie, maar ons steeds vir hierdie liefdesdiens beywer. Mense moet nie ophou om die mooi dinge te doen nie. Beywer jou! Moenie ophou om die goeie te doen nie!
–