Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Ons is in verkiesingstyd. Dit is 'n tyd waarin daar baie vrae gevra...
Transcript of Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Ons is in verkiesingstyd. Dit is 'n tyd waarin daar baie vrae gevra...
Wees Lig!
Hartklop 4 Mei 2014
Ons almal saam in diens van
JESUS CHRISTUS
oral, altyd en in alles
VANOGGEND SE EREDIENS
DR. WILHELM BURGER
DIE TOEKOMS IS OOK NIE MEER WAT DIT
VROEËR WAS NIE.
JOH. 18 : 33—40
Ons is in verkiesingstyd. Dit is 'n tyd waarin daar baie
vrae gevra word oor wat in ons land aan die gebeur is. Ons
almal sug: "Die toekoms is ook nie meer wat dit vroeër was
nie!"
Dit herinner ons aan Jesus en Pilatus se gesprek oor die
vraag: Wat is waarheid? Dit is dalk goed dat ons saam
weer oor hierdie vraag besin?
HARTLIK WELKOM
Woensdag gaan ons na die stembusse.
Ons gaan met verantwoordelikheid.
Ons gaan biddend.
Die Anglikaanse kerk se Prayer Book (Liturgy 75) moedig
gelowiges aan om vreesloos te bid: “As Christ has taught
us we are boldly to say ....” en dan volg die Ons Vader
gebed.
Onse Vader wat in die hemele is,
laat u Naam geheilig word,
laat u koninkryk kom,
laat u wil geskied,
soos in die hemel
net so ook op die aarde
Gee ons vandag
ons daaglikse brood,
en vergeef ons ons skulde,
soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in die versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid tot
in ewigheid.
Amen.
Matt. 6:9-13 (1933)
Wanneer ons hierdie gebed saam bid, word God se Agenda ook
ons agenda. Ons werk saam met die Here dat Sy Koninkryksbe-
ginsels op aarde erken sal word, dat Sy wil (ten koste van ons
wil) sal geskied. Werk ons saam vir brood op almal se tafels en
vir versoening wat ons herenig. Ja, werk ons saam sodat almal
eendag en saam, God sal aanroep as ‘Ons Vader’.
TEKS VIR DIE WEEK (Vir So. 11 Mei)
(Dr Clifford Heys) TEKS: GENESIS 41
1. Ons word genoem ‘n reënboognasie. Hoekom?
2. Vertel vir mekaar kortliks die verhaal van Josef.
3. Wat was God se doel met Josef se swaarkry?
(vergelyk Genesis 50 : 1 9 & 20)
4. Hoekom sou Josef sy Egipties-gebore kinders genoem het
Manasse (vergeet) en Efraim (vrugbaar maak)?
5. Wat is nóu jul na-verkiesings reaksie?
(vergelyk Jeremia 29 : 5 to 7 en 11—12) DEURKOLLEKTE VANOGGEND
SPES KOLL. VGK MOUNT PLEASANT
Ons bid vanoggend spesiaal vir ons susterskerk. Baie dankie vir u
ondersteuning en volgehoue gebede.
MA. 5 MEI DI. 6 MEI WO. 7 MEI
18:00 Gebedsbyeenkoms in die Sen-
trum. Kom ons verenig in gebed vir
die Verkiesing.
Sopkombuis
10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak
‘n afspraak by sr. Calitz (073 152 5623)
vir bloeddruk, suikertoetse ens.
18:00 ONRUS BUURTWAG verg in die
Ark. Alle belangstellendes BAIE welkom.
VERKIESINGSDAG
24een GEBEDSWAG VANDAG
08:00 Voete– en hande versorging. Maak asb.’n afspraak by Marilyn 082 532 6931
18h00 GEEN Egskeidingsondersteuningsgroep.
DO. 8 MEI VR. 9 MEI SA. 10 MEI
KERKKANTOOR GESLUIT
10:00 Dienssentrum - Groet en
ontmoet oggend saam met Kosie de
Kock. Kom ontspan lekker saam.
KERKKANTOOR GESLUIT
9:30-11:30 Die Kolwyntjie Teetuin is OOP!
Kom kuier gerus saam met ons.
08:30 - 12:30 Mergon Werkswinkel vir
Besigheidspersone.
WAT GEBEUR SONDAG 11 MEI?
09:00 Erediens: Dr Clifford Heys
gaan voor. Welkom!
Spes Koll. Kansa
15:00 Groep vir enkellopendes in sit-
kamer (Diensstentrum) Kom kuier
saam! Joan Ollewagen 082 710 2787)
WYKE DIENSBEURTE
Gebed (Konsistorie) (Wyk 16)
Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 5)
PO
LS
SA
LG
VI
R
D
IE
WE
EK
SIEKTE & NOOD 2 KRON 7 : 14
EN MY VOLK, OOR WIE
MY NAAM UITGEROEP IS,
HLLLE VEROOTMOEDIG EN
BID EN MY AANGESIG
SOEK....
VERSOEKE Annette 072 903 9189
NOODKETTING Sheila 084 800 0947
Vader, vandag loop ons harte oor van
lof en eer! Selfs in dae wat ons nie
altyd so goed voel nie, in dae wanneer
ons liggame pyn of as ons hartseer is -
Here selfs dan kan ons juig! Want ons
WEET dat U die bose oorwin het.
Ons WEET dat U ons losgekoop het
met U bloed en ons WEET dat ons vry
is - vandag reeds!
Here, ons eer U as die Lewende God.
(Ma.) Here, seën hierdie dag, en almal wat
vandag oor die wêreld lewe. Seën elke dag
en jaar wat vir ons voorlê. Laat ons elke dag
lewe tot u eer en verheerliking. Here, stort u
genade en deernis oor ons almal uit, en gee aan al
u mensekinders harte vol medelye, sagte hande en
gerustellende woorde. Here, maak ons oë oop vir
U liefde en genade.
(Dins.) Vader, maak ons bewus van die
fisieke en geestelike nood in ons land
waarvan ons in die media lees. Ons is moeg
en verslae voor soveel geweld in ons land.
Ons wil kla en bitter raak. Ons harte word hard
teenoor die pyn van ander. Here, wees ons genadig.
Ons bid vir die verkiesing wat gaan plaasvind.
Woens.) Ons Vader, gee ons vandag die
moed, om te wys waarvoor ons staan. Om op
te staan vir die reg van hulle wat hulself nie
kan verdedig nie. Help ons om geen ander
vorm van vrede te soek as dié wat net U kan gee nie.
Gebruik ons om ons ore en oë en ons harte oop te
maak sodat ons duidelik sal weet hoe U ons wil
gebruik om te werk vir U vrede op aarde.
(Dond.) Ons dank U dat U ons aangestel het
as U verteenwoordigers op aarde. Watter
groot verantwoordelikheid. Watter heerlike
voorreg! Dankie vir Leraars, Kerkraad,
Bedienings en dankie vir ons bidders. Dankie dat
ons na U toe kan kom met al ons bekommernisse,
en dat ons weet dat U ons gebede verhoor, al is dit
hoe gering. Ons loof en prys U wonderlike Naam.
(Vry.) Miga 7: 18-20: Wie is ‘n God soos U?
U vergewe sonde, U straf nie die sonde van
dié wat uit u volk oorgebly het nie. U bly nie
vir altyd kwaad nie, U betoon liefde. Hy sal
ons sondes tot niet maak, U sal al hulle sondes in
die diepsee gooi. U sal getrou wees teenoor Jakob,
liefde betoon aan Abraham, soos U in die voortyd
aan ons voorvaders met ‘n eed beloof het.
Rina vd Westhuizen
Willie du Toit Andries v Niekerk
Pieter de Leeuw
Neil Human
Danie Liebenberg
Ras & Cissy Coetzee
Leana Court
Sarel Roux
Malan Claassen
Katinka Barnard
Jaap Sadie
DANKIE HERE
KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)
BYBELGROEPE Gr 1 - 3 tydens die Erediens
Gr 4 - 7 direk na die Erediens
TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens
VRYDAG 9 MEI 2014 Die TEETUIN is oop en aan die gang! Kom beleef
JESUS se liefde en gasvryheid vanaf 09:30 - 11:30.
Lede: Slegs R10, Nie-lede: R20.
Koek & Tee ingesluit.
BRING GERUS U VRIENDE EN BURE. ALMAL IS MEER AS WELKOM!
ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Lidmaatskapfooie vir 2014 bly dieselfde. Kom betaal asb by Mervian.
MIDDAGETES BY DIE DIENSSENTRUM Bestel asb voor 12:00 die vorige dag by die kerkkantoor. Lede van die
Dienssentrum: persone wat hul etes by die Dienssentrum kom geniet, sal
voortaan sop as voorgereg saam met die maaltyd ontvang - dus ‘n tweegang
maaltyd vir dieselfde prys!
(Hierdie “winskopie” is nie vir wegneemetes nie.)
Kom geniet die geselskap oor middagetes en
eet heerlik saam. Welkom!
Liewe gebedsvriende Teen hierdie tyd mis julle ons seker al en wonder waar in Afrika ons onsself bevind.
Wel, ons is op die oomblik nog in die Strand besig om te pak, te wag vir ons polisie klaring en ons ryg die een tandarts afspraak na die ander in. Ons wil maar vir eers die Mosambiekse hospitaal/tandarts probeer vermy en ons het ons Suid-Afrikaanse polisieklaring nodig om vir ons werksper-mitte aansoek te doen.
Die afgelope twee maande het ons lekker gemeentebesoeke gehad en ons het die ongelooflikste mense ontmoet en plekke gesien. Baie dankie aan almal wat ons in hul huise ontvang het, ons bederf het met kos en liefde en na ons storie kom luister het. Ons is ook baie dankbaar om na die besoeke te kan weet dat daar so baie mense is wat getrou vir ons sal bid.
Ons sien verskriklik baie daarna uit om volgende jaar allerhande interessante stories met julle te kan deel, maar ook julle geloofstories te kan hoor. Ons hoop om ons polisieklaring spoedig te ontvang, sodat ons die pad na Milange kan aanpak. Op die oomblik handel ons alle administrasie af en beplan ons reis.
Gebedsversoeke: - Spoedige ontvang van polisieklaring - Tandarts afsprake. Carmen het nog volgende week `n tandartsafspraak. Tussen ons twee het ons drie wortelkanale gehad. - Reis na Milange, veral vir die grenspos by Komatipoort en slegte of moontlik verspoelde paaie in Mosambiek.
Ons is redelik aktief op facebook met foto`s en video`s indien jy daagliks/weekliks meer van ons wil weet.
Facebook: https://www.facebook.com/mosambiek.geletterdheid?fref=ts Epos: [email protected] Whatsapp: 072 775 4531 begin_of_the_skype_highlighting 072 775 4531 FREE end_of_the_skype_highlighting
Baie liefde
Niehan en Carmen Koekemoer (Mosambiek Geletterdheid)
Mission definition - a specific task or duty assigned to a person or group of people.
Dankie OPGESTANE JESUS vir die LIG wat
nooit weer uitgedoof kan word nie.
WEES LIG!
LOF AAN GOD “ Deur te sien op die Kruis is daar lewe en heil,
is daar lewe vir jou en vir my,
sien gelowig op Hom word gereinig en leef
want verlossing bied Jesus jou vry”
Lied 417 : Jesus ons eer U, opgestane Heer.
Lewensvors en Koning, U triomfeer!
Hoe was U verneder, hoe het U gely; hoe is U ver-
heerlik! U voer heerskappy. Jesus, ons eer U, op-
gestane Heer. Lewensvors en Koning, U het triomfeer!
WAG OP DIE HERE Ps 47 : 3 ”want aan U die Here, die Allerhoogste, kom
eerbied toe, Hy is die Groot Koning oor die hele aarde.”
Lied 510 : Wees stil en weet : Ek is die Heer.
Wees stil, neem tyd en kom in kontak met die Here.
Konsentreer op jou liefde vir Hom.
DINK HIEROOR NA KAN JY NOG STILBLY!!!
(As die tyd dit toelaat lees asb die hele Hand 3 en
Hand 4 tot vers 31)
Klem op Hand 3 : 22 – 23 en Hand 4 : 19 - 20
Hand 4 : 20 ---- “ Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie” Kan ons dit ook sê? / Wat kan ons vertel van wat
hierdie vastyd en paastyd met ons gebeur het? /
Het ons gehoor wie Christus is en wat Hy vir ons ge-
doen het / Op nuut gehoor ? / Op nuut gesien?
Weer op nuut besef dat “Hy bring die verlossing en nie-
mand anders nie. “ Daar is geen ander naam op die
aarde aan mense gegee waardeur God wil dat ons verlos
moet word nie” (Hand 4 : 12 ) / Almal van ons !
Word ons herken as volgelinge van Jesus ? / As ons
gedreig en verbied word
“ om in die Naam van Jesus met iemand te
praat,” ( Hand 4 : 17 ) wat sal ons doen ?
24een Gebedswag NGK & VGK GEMEENTES
WOENSDAG 7 MEI 2014
Sal ons met volle vrymoedigheid getuig en verkondig.
Ons moet ons keuse maak : “ Julle moet maar self besluit
wat voor God reg is : om aan julle (mense) gehoorsaam te
wees of aan God.”
(Lied 514 ) “Ek weet verseker; Jesus is Heer - Hy het
my sonde uit liefde vergeef. Ek was verlore maar is
gevind; nou het ek vrede – ek is Gods kind. Hy is my
Leidsman – Hy laat my leef. Hy is oorwinnaar – Hy is die
Heer. Uit sy genade, liefde en trou, weet ons hoe God sy
kinders behou.”
Mag ons met volle oortuiging en vol van die Heilige Gees
verkondig : “ dat die opstanding uit die dood deur Jesus
se opstanding 'n werklikheid geword het.”
“ HET JY MY WERKLIK LIEF ? “
(Lied 415 vers 2) “ Jesus leef - verheerlik Hom! Kyk,
geen graf hou Hom gevange. Jesus leef, en ek met Hom.
Weg is nou die dood se angel. Nuut sluit Hy die toekoms
oop. Hy gee my 'n vaste hoop.”
Ons bid vir ons dorp Hermanus. Bid asb vir die
mense wat langs u bly en vir die mense verder
af in die straat. Bid dat die nagevolge van die
Paasnaweekprojek sal wees dat mense hulle
weer op nuut sal toewy aan God. Ons bid dat
mense sondebelydenis sal doen en sal bid vir
vergifnis, sodat daar 'n gees van herlewing en
vrede in ons dorp sal wees.
Ons bid vir ons Kerk (die Kerk van Christus).
Ons dank God dat ons hier nog vry is om te
aanbid sonder bedreiging of vervolging. Ons
bid dat ons (hier) nie gerus sal raak en nie op
ons hoede is vir die insluiping van allerhande
donker praktyke nie.
Ons sê dankie vir die Paasnaweekprojek en al
die Kerkdienste wat in die dorp gehou is. Ons
sê dankie vir elke gewillige hand wat gehelp het.
Ons sê dankie vir die boodskap van HOOP en
BEVRYDING en almal wat daardeur gered en
verlos is ! Ons bid vir volharding en vir groei in
heiligmaking.
DANKIE “When Christ shall come, with shout of acclama-
tion, and claim his own, what joy shall fill my
heart! THEN I SHALL BOW IN HUMBLE
ADORATION AND THERE PROCLAIM,
'MY GOD, HOW GREAT THOU ART ! '
VOORBIDDING
SONDEBELYDENIS Sondebelydenis is die voorwaarde vir toegang tot
God. Ondersoek jou self en vra die Heilige Gees
om enige onbelyde sonde aan jou uit te wys.
Verlossing en vergifnis van sonde verkry ons
slegs deur die bloed van Jesus Christus op
grond van sy soendood aan die kruis. “ But when
I think that God his Son not sparing, sent Him to
die, I scarce can take it in, that on the cross, my
burden gladly bearing, he bled and died to take
away my sin; Then sings my soul, my Savior God,
to thee : HOW GREAT THOU ART ! “
Dit is vandag Verkiesingsdag. Ons bid dat
alles vandag vreedsaam en ordelik sal geskied.
Ons bid vir die amptenare en alle persone met
verantwoordelikhede by die stemlokale dat hulle
met integriteit sal optree in belang van die kie-
sers en die land. Ons bid dat die stembusse
veilig vervoer sal word. Ons bid dat geen knoei-
ery en manipulasie by die telling van stemme sal
plaasvind nie. Ons bid dat die uitslae aanvaar sal
word deur almal. Ons bid dat Christene sal
volhard in gebed vir ons land en vir Christene
wat leiers is en in die Regering dien.
Ons wil ook bid vir die mense in Suid-Afrika wat
in afgeleë plekke woon en nog nie van Jesus se
reddende liefdesdaad gehoor het nie, of dit nie
verstaan nie. Ons bid dat daar Christene oor
hulle pad sal kom om vir hulle te vertel en ons
bid dat die Heilige Gees self hulle harte sal aan-
raak om te glo en die Vader se genade te beleef.
4 Mei 2014 12:30 Groep vir enkello-
pendes kom bymekaar in sitkamer
(Diensstentrum) vir sop en brood. Han-
nie Koch
4 Mei - Onrus Manor Diens - 18:00.
6 Mei 2014 GOLDEN HARVEST byeen-
koms. 09:45 in sitkamer.
6 Mei - Wyksbyeenkoms Wyk 9
19:00 Aan’t huis van Gerhard en Gerda Burger,
Heron close 3. Ds. Michiel de Kock besoek
ons.
ROOIBUS KAAPSTAD 6 Mei
Moenie vergeet om jou inligtingstuk by
Mervian te kry nie!
Finale reëlings:
Ons kom 5:30 by die Kerk bymekaar
Bus vertrek stiptellik om 06:00
Bring hoed, sonroom, kamera, warm
baadjie & jou glimlag saam!
Vertrek weer 15:00 vanaf die Water-
front.
Arriveer tussen 17:00 & 18:00 by die
Kerk DV.
Mag ons Vader vir ons ‘n pragtige dag
gee met ‘n veilige reis heen en weer.
9 Mei - Wyksbyeenkoms Wyk 27 om
18:00 by Herman & Magda, China Maraislaan
8, Fisherhaven 079 802 4234.
9 Mei - DIE KOLWYNTJIE 9:30 - 11:30
DV
Teetuin by die Dienssentrum
Heerlike eetgoed om van te kies!
n Wortel-pynappelkoek ( kom probeer dit!)
Suurlemoenmeringetert ( altyd 'n treffer!)
Aarbei-maaskaastert asook 2 soorte heer-
like soutterte.
R10 vir lede van die Dienssentrum en R20
vir nie-lede.
ALMAL IS MEER AS WELKOM!
DANIEL KONFERENSIE - MAN NA GOD
SE HART 16 - 18 Mei (NG kerk Stanford)
Koste : R50 per persoon. Skoolkinders wat
saam met hulle pa kom, is gratis. Info :
www.facebook.com/groups/DanielStanford
Navrae en besprekings:
Nico Roos 083 230 1325
BYBELSKOOL:
Die Bybelskool het gesluit en sal eers einde
Julie weer heropen. (Behalwe vir Pase en
Pinkster is daar ‘n menigte vakansiedae voor
die wintervakansie)
WAAR kan WAAR kan
ek DIENek DIEN??
DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier
Bank: ABSA
Rek. 406 215 2718
SENDING Geloof Belofte Offer
Bank: ABSA
Rek. 916 9799 886
LIGBOEKLIGBOEK
DIENSSENTRUM BEHOEFTES
LIDMAATSKAPFOOIE VIR 2014: Kom betaal asb by Mervian (Kerkkantoor). Die ledegeld bly dieselfde as 2013 - ‘n winskopie ! ! !
OVERBERG DIERE PROJEK: ‘n Winterprojek ‘Kos en Komberse-rit’ vir rondloper/hawelose diere word geloods in die Kleinmond tot Gansbaai omgewing. U ondersteuning word gevra vir donasies van komberse en/of enige vorm van honde– en katkos. ’n Vol maag sit weer huppel in hul trip-pel. Kontak [email protected]
KOSPAKKIES 19 MEI DV
Mag ons julle herinner aan die baie
belangrike barmhartigheidsbediening?
Inteendeel. Baie dankie vir ELKEEN se
bydrae!
Koster
KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -
13h00
Tel (028) 316-2116
DS MICHIEL DE KOCK
028 316 4174 (K)
083 468 8194 [email protected]
DR WILHELM BURGER
028 316 2110 (K)
083 448 1651
DR CLIFFORD HEYS
028 316 4895
VOORSITTER KERKRAAD
Philip Opperman
082 900 0697
EVANGELIS
Chookie Naudé
072 355 9633 [email protected]
VERSORGINGSKOÖRD.
Dr Erika Oosthuysen
028 316 3115 (K)
079 322 0998
KOMMUNIKASIE BEST.
Karin de Bruin
084 305 2086 [email protected]
ONTVANGS
Mervian van der Merwe
084 875 7875
REK BEAMPTE
Rika Eveleigh 082 679 1312
ADMIN BEAMPTE
Hanna de Jager
082 441 9759 [email protected]
KOSTER
Hennie Davies
084 745 4531
Vir navrae en kommentaar
op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)
Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die
Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.
Hoofweg, Sandbaai (oorkant Sandbaai Superette) 028-316 3300 082 411 5505 [email protected]
www.hpsonrus.co.za Onrus * Vermont * Sandbaai
Hemel & Aarde Estate
KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00
Tel (028) 316-2116 [email protected]
www.ngkonrusrivier.co.za