Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se...

10
Hartklop 3 MAART 2019 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER KAN ’N MENS REGTIG VERANDER? (EFES 4:22-24) Is 'n mens so gemaak en so gelaat staan? Dit is 'n moeilike vraag. Sommige sal sê dat elkeen van ons ons streke het en daarmee sal doodgaan. Daar is selfs 'n spreuk wat lui: 'n Jakkals verander van haar maar nie van snaar nie. Siniese mense sal sê: Al dra 'n aap 'n goue ring, hy bly maar 'n lelike ding. Selfs die Bybel is skepties oor ons mense: Paulus bely: Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar dit wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. In ons teksgedeelte van Ef. 4:22-32 praat Paulus moedig oor 'n nuwe lewe: "Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het. Lewe as nuwe mense en wees heilig!" Hou jy jou heilig of is jy heilig? Ons dink Sondag na oor die vraag: Kan mense regtig verander? HARTLIK WELKOM! Vandag is die 3de Maart 2019 en die eerste dag van ons Sewe Lydensweke. Vir die volgende 46 dae volg ons die Here Jesus se voetspore totdat dit ons bring by Golgota. Dit sal wees DV Goeie Vrydag die 19de April. Sommige van ons sal – in die tradisie van gelowiges sover terug as die 4de eeu – ook ‘n vrywillige vas opneem. Die vas begin eerskomende Woensdag die 6de – op Aswoensdag. Baie reisigers op die voetspore van Jesus, mag op die Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid dat hulle wonder werkende Messias en Redder deur die Joodse volk verwerp sou word nie. Nog minder dat Hy magteloos aan ‘n kruis sou sterf nie. Hulle het ‘n totaal ander verwagtinge van hulle Redder gehad. As ons eerlik wil wees, sal ons moet erken dat ons hoop sommige dae soos ‘n bokser in die kruit, plat geslaan word, om net weer op te staan om net weer plat geslaan te word. Om hierdie rede nooi ons u uit om die boekie vir kleingroepe VAN WANHOOP TOT HOOP – by die kerkkantoor aan te koop en die in ’n kleingroep, óf in die gesin, óf op jou eie deur te werk. U hoef nie te vas deur iets prys te gee nie. U kan ook vas deur iets op te neem – soos VAN WANHOOP TOT HOOP. ‘n Slot gedagte: Kerk het soms ‘n weerhaan of ‘n kruis bo-op die toring. Kyk weer – daardie kruis is in werklikheid ‘n weerligafleier. Só is Jesus se kruis die oorspronklike weerligafleier – Die vloek op die sonde moes ons soos ’n weerligstraal getref het, maar toe tref dit genadiglik Jesus se kruis....! Soli Deo Gloria AANDDIENS VANAAND @ 18:00 BELYDENISAFLEGGING VAN ONS PRAGTIGE JONGMENSE U is almal baie welkom om saam in die vreugde te kom deel. DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spes Koll. Jeuguitreike KUDDE-KERK BY ONRUS MANOR @ 18:00 Dr Clifford nooi almal hartlik uit.

Transcript of Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se...

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid

Hartklop 3 MAART 2019

VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER KAN ’N MENS REGTIG VERANDER? (EFES 4:22-24) Is 'n mens so gemaak en so gelaat staan? Dit is 'n moeilike vraag. Sommige sal sê dat elkeen van ons ons streke het en daarmee sal doodgaan. Daar is selfs 'n spreuk wat lui: 'n Jakkals verander van haar maar nie van snaar nie. Siniese mense sal sê: Al dra 'n aap 'n goue ring, hy bly maar 'n lelike ding. Selfs die Bybel is skepties oor ons mense: Paulus bely: Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar dit wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. In ons teksgedeelte van Ef. 4:22-32 praat Paulus moedig oor 'n nuwe lewe: "Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het. Lewe as nuwe mense en wees heilig!" Hou jy jou heilig of is jy heilig? Ons dink Sondag na oor die vraag: Kan mense regtig verander?

HARTLIK WELKOM!

Vandag is die 3de Maart 2019 en die eerste dag van ons Sewe Lydensweke. Vir die volgende 46 dae volg ons die Here Jesus se voetspore totdat dit ons bring by Golgota. Dit sal wees DV Goeie Vrydag die 19de April. Sommige van ons sal – in die tradisie van gelowiges sover terug as die 4de eeu – ook ‘n vrywillige vas opneem. Die vas begin eerskomende Woensdag die 6de – op Aswoensdag.

Baie reisigers op die voetspore van Jesus, mag op die Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid dat hulle wonder werkende Messias en Redder deur die Joodse volk verwerp sou word nie. Nog minder dat Hy magteloos aan ‘n kruis sou sterf nie. Hulle het ‘n totaal ander verwagtinge van hulle Redder gehad.

As ons eerlik wil wees, sal ons moet erken dat ons hoop sommige dae soos ‘n bokser in die kruit, plat geslaan word, om net weer op te staan om net weer plat geslaan te word.

Om hierdie rede nooi ons u uit om die boekie vir kleingroepe – VAN WANHOOP TOT HOOP – by die kerkkantoor aan te koop en die in ’n kleingroep, óf in die gesin, óf op jou eie deur te werk. U hoef nie te vas deur iets prys te gee nie. U kan ook vas deur iets op te neem – soos VAN WANHOOP TOT HOOP.

‘n Slot gedagte: Kerk het soms ‘n weerhaan of ‘n kruis bo-op die toring. Kyk weer – daardie kruis is in werklikheid ‘n weerligafleier. Só is Jesus se kruis die oorspronklike weerligafleier – Die vloek op die sonde moes ons soos ’n weerligstraal getref het, maar toe tref dit genadiglik Jesus se kruis....! Soli Deo Gloria

AANDDIENS VANAAND @ 18:00 BELYDENISAFLEGGING VAN ONS

PRAGTIGE JONGMENSE U is almal baie welkom om saam in die vreugde

te kom deel.

DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spes Koll. Jeuguitreike

KUDDE-KERK BY ONRUS MANOR @ 18:00 Dr Clifford nooi almal hartlik uit.

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid

WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?

MAANDAG 4 MAART ALGEMEEN ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM is toe op Maandae.

DINSDAG 5 MAART ALGEMEEN SOPKOMBUIS 10:00 KUDDE-KERK BY KIDBROOKE 11:00 KUDDE-KERK BY NEGESTER

19:00 KAMERADE FOTOBEDIENING BYEENKOMS Ons nooi alle belangstellendes en toeskouers om die aand saam te kom geniet. Ons fotograwe gaan hul eerste onderwerp (Paasfees) se foto’s kom wys. En dan ... Vic Brink van Kleinmond kom vir ons vertel en foto’s wys van sy staptoer in en uit die Grand Canyon. Hy was voorheen Hoof Uitvorende beampte van die ACSV en het ‘n besondere aan-voeling vir die wonder van die natuur. Vertel asb vir jul vriende en bring soveel moontlik mense met julle saam. Dit gaan beslis die moeite werd wees om te sien! “ Die Grand Canyon ontbloot ’n onvergelykbare opstapeling van rotslae wat vir ons ’n venster op die verloop van baie tyd oop-maak. Die uitspoel van die ravyn (wat ongeveer 6 miljoen jaar gelede begin het) is die laaste hoofstuk, eintlik maar net ’n oogknip in ’n baie lang verhaal. Kom stap saam op 'n drie-daelange fotografiese toer vanaf die rand tot 1 430 meter diep onder in die ravyn op die oewer van die magtige Coloradorivier, en dan weer terug tot bo.“ Toegang is R20pp. Navrae: Gehard van Helsdingen 083 306 9332

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Gebedsgeleentheid om 09:00: Enige persoon is welkom om vir ‘n paar minute saam te kom bid vir ons bejaardes en al ons werksaamhede. Haarkapper: Mariaan Visser (082 877 8546) is ons haarkapper. Sy sny/doen hare op Dinsdae by die Dienssentrum. Kliniek: Ons kliniek is oop op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 vir 'n afspraak (slegs R20 vir lede per besoek). Kontak haar vir bedwas van bejaardes/siekes. Versorgers: Indien u ‘n versorger benodig om u eggenoot/e/moeder/vader te versorg wanneer u met vakansie gaan of wan-neer u hospitaal toe moet gaan of wanneer u uit die hospitaal kom en hulp tuis benodig, kontak vir sr. Ronel Calitz (073 152 5623). Maandae tot Vrydae van 8h00 – 13h00. Speletjies om 10h00: Kom speel speletjies soos Rummikub saam met tannie Hannie en tannie Joan.

10:00 ONDERSTEUNINGSGROEP: Ondersteuningsgroep vir almal wat aan MNS, MS, Spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Demensie ly en hulle familielede.

WOENSDAG 6 MAART ALGEMEEN 08:00 - 15:00 AFGETREE WERKSWINKEL BY VOLMOED. 11:00 - 13:00 DIE KLEREKAS IS OOP - WELKOM! 18:00 DIE BYBELSKOOL IS OOP (NG HERMANUS) Hierdie week begin ons met ‘n kort reeks oor Jesus se Name –

Jesus (Redder), Christus (Gesalfde), Seun van God, Seun van die

Mens en Here. En omdat die komende Woensdag as

ASWOENSDAG bekend staan, staan ons hierdie week stil by die

dieper betekenis van Aswoensdag.

Die erns-toegewyde lidmate het die behoefte om hul berou oor

sondes visueel uit te druk. Daarom is Aswoensdag ‘n dag van

afsondering, vas en gebed. En daarom die kruisteken op die

voorkop en die dra van ou klere (letterlik in sak en as). (Die

Dinsdag voor Aswoensdag is Pannekoekdag (Shrove Tuesday).

Vir oulaas eet en drink jy die lekker in die spens.) Almal is welkom. Dit is gratis. Ons stuur vir u notas via Vonkpos. Stuur asb. ‘n Epos (gemerk: Bybelskool) aan die kerkkantoor < [email protected] > en ons registreer. Navrae: Clifford by [email protected]

18:00 ASWOENSDAGDIENS IN DIE SENTRUM Kom word saam stil voor Vader God. Ons bedink die komende Lydensweke, ons gesels met God, ons bid vir leiding van die Heilige Gees. Ons ontvang Palmtak-as kruise op ons voorkop. U is almal baie welkom.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Voete- en handeversorging: Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Trimgim: Mathilda Roos (bio-kinetikus) sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R55 per maand vir lede van die Dienssentrum en R70 vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085.

DONDERDAG 7 MAART ALGEMEEN 09:00 DIE BYBELSKOOL IS OOP (NG ONRUSRIVIER)

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Naaldwerk om 9h30 - 10h00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Donderdagoggend en bespreek die verstellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is.

Sitkamer om 10h00: Die Boekklub. Kom luister na ‘n boekvoor-lesings/bespreking. Kom bied aan om ‘n nuwe boek wat u gelees het te kom bespreek.

VRYDAG 8 MAART DIENSSENTRUM 09:30 - 11:30 DIE KOLWYNTJIE TEETUIN IS OOP! WELKOM!!

SONDAG 10 MAART 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam! WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 6)

09:00 EREDIENS Ds Michiel de Kock nooi u hartlik uit. TEKS VAN DIE WEEK VAN VREES NA VREDE (LUK 22:39-52) Sou u dink dat Jesus as mens vrees of angs beleef het? Wat sou u sê het Jesus gehelp om tot vrede te kom? Wat is opvallend van Jesus se optrede toe alles om Hom donker gelyk het en wat kan ons leer van Jesus oor integriteit, wanneer dinge om ons donker lyk? Mag u nuwe diepte ervaar in u verhouding met ons Heer. Michiel

18:00 TEENTRIX AANDDIENS Kom geniet ‘n aand van “PRAISE & WORSHIP”. U is almal hartlik welkom!!!

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid

WAARNA KAN ONS UITSIEN?

KLEINGROEP 6 WEKE REEKS BEGIN 3 MAART 2019 VAN WANHOOP NA HOOP

Van wanhoop na hoop wil jou help om jou uitkyk op die lewe na die opgestane Christus te verskuif, om deur sy oë na jouself en die wêreld rondom jou te kyk, en om God dan toe te laat om hierdie wêreld deur jou te verander. Die meeste van ons voel vandag effens sonder hoop. Ons hoop het seergekry. Ons hoop is min. Soms voel dit selfs ons het geen hoop meer oor nie.

TEMAS WEEK 1: Van vrees na vrede (Preek op 10 Mrt) WEEK 2: Van toe deure na oop vensters (Preek op 17 Mrt) WEEK 3: Van uitgestoot na ingesluit (Preek op 24 Mrt) WEEK 4: Lof in gebrokenheid (Preek of 31 Mrt) WEEK 5: Vyande as vreemde vriende (Preek op 7 Apr) WEEK 6: Van onvergenoegdheid na tevredenheid (Preek op 14 Apr)

Ons moedig graag nuwe groepe aan - dalk vriende, bure, kennisse wat vir 6 weke gaan hande vat en saam deur die boekie werk. Kom kry gerus die boekie by die kerkkantoor teen slegs R30 elk.

ONS WIL GRAAG DIE GROEPE BYMEKAAR SIT OP SONDAG 3 MRT. KOM ASB DIREK NA DIE DIENS BY DIE NAGMAALTAFEL BYMEKAAR.

ANDERSINS LOS U NAAM BY DIE KERKKANTOOR. WELKOM!!

(Groep vir enkelouers: Kontak asb vir Cornel Jansen van Vuuren op 083 704 8636. Kom ons ondersteun mekaar).

AFGETREE! ‘N WERKSWINKEL OOR

LEWENSKWALITEIT

6 MAART 2019 Volmoed Kapel

08h30-15h00 (Koffie vanaf 08h00)

Koste: R100pp (middagete ingesluit) Daar is slegs plek vir 50 persone.

Hier is ‘n unieke geleentheid om saam met uitgelese sprekers na te dink oor die uitdagings van aftrede. Jy hoef nie reeds afgetree te wees nie en enkellopendes is ook welkom!

Geniet ‘n lekker middagete en ontspan in die vrede van Volmoed se kapel en tuine. Inskrywings by die kerkkantoor.

Verwelkoming en Inleiding Wat is lewenskwaliteit?

Tema 1 Hoe kom ons met mekaar klaar? Prof Malan Heyns

Tema 2 Hoe kom ek met myself klaar? Dr Hoepie Howell

Tema 3 Hoe kom ek met my kinders klaar? Prof Deon van Wyk

Tema 4 Hoe kom ek met my finansies klaar? Ulrich Joubert

Tema 5 Hoe kom God met my klaar? Dr Wilhelm Burger

Hermanus Medical Village

h/v Kerk en De Goedestraat

Verswakte en Bystandsversorging

Vir navrae en meer inligting kyk gerus op www.hospicare.co.za of

kontak Ronel Calitz.

Registreer asb jou bestaande groep

Ons hoop om in die toekoms beter met bestaande groepe te kan kommunikeer, inligting deur te gee en te ondersteun

waar ons kan.

Om dit te kan doen, het ons nodig om te weet van al die groepe. Ons vra dus alle

groepleiers om u naam deur te gee by die kerkkantoor asb.

Baie dankie vir ons Hartklopborg wat die druk van ons gemeenteblad moontlik maak.

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid

Vader God het elkeen van ons geseen met spesiale gawes. Ons wil u graag uitnooi en die geleentheid bied om hierdie gawes in SY diens te gebruik.

Onthou, elkeen van ons se plekkie is leeg totdat jy DIT VUL!

Daarom KOM, kom bring jou gawes, kom bring jou druppel, en saam maak ons die emmer vol wat dan kan oorloop na ander rondom ons.

JOU DRUPPEL MAAK DIE EMMER VOL

KOMMUNIKASIEBEDIENING

Hierdie bediening is besig om te ontplof en groot uit te brei. Maar, om al ons drome waar te maak, het ons spanwerk nodig. Ons het daarom die volgende

persone nodig wat deel van hierdie aksie-span kan word:

Werk op die webwerf, Video opnames, Klankpersoneel, Facebook fundi’s, Fotograwe, Grafiese ontwerpers

Die heel beste en goeie nuus is, as u graag wil help maar beskik dalk nie oor genoeg kennis nie, sal ons u gratis oplei!!!

Kontak asb vir Karin by die kerkkantoor so gou moontlik.

Ons sien uit daarna om die Goeie Nuus saam met u te gaan

verkondig!

ENGELTJIEPROJEK - ONS GEE OM! Ons gemeente het verlede jaar begin met die Engeltjieprojek wat wonderlik geseënd was en nog steeds is. Daarom rig ons ‘n uitnodiging aan enige persoon wat graag deel wil word van die uitreikprogram, om ons te kontak. Die uitnodiging is ook gerig aan diegene wat graag besoek van ‘n engeltjie wil ontvang ongeag jou ouderdom. Dit was eers net gerig op senior mense 80 en ouer, maar daar is veel jonger mense wat ook behoefte het aan ‘n besoek of telefoonoproep. (geen ouderdomsbeperking). Voel dus welkom om jou naam vir ons deur te gee. Ons sien uit om hande te vat en vriendskapsbande te smee. Onthou dit is ‘n omgee projek en nie versorging nie!

Naamlyste is by die kerkkantoor en dienssentrum beskikbaar.

NAVRAE: MARIETJIE LE ROUX (083 455 1455) BRENDA STRAUSS (083 3900 838)

KOSPAKKIES Baie dankie vir almal se bydraes wat ons die afgelope maand ontvang het. Dit sluit in produkte soos in die kalender aangedui, finansiële bydraes en verpakkers se tyd. Hierdie bydraes verlig die las op die Kospakkie rekening en maak dit moontlik dat ons vir die begunstigde gesinne van kos kan voorsien. Ons ontvang so mildelik van die Here. Die klein bydrae van ‘n boks melk (R10) of ‘n blikkie bone in tamatiesous of ‘n buis tandepasta ens. is binne die meeste van ons lidmate se finansiële vermoë. Gaan maak asb seker wat u wyk se produk is. U hoef dit net een maal per maand te gee. Ons ontvang dikwels produkte wat nie op die lys is nie, waarvoor ons baie dankie sê. Dit word gebruik om die nood kospakkies te pak. Die noodpakkies is vir daardie persone wat skielik in ‘n situasie is waar daar geen geld en ook geen kos is nie. Erika Oosthuizen ondersoek dan eers die huislike omstandighede voordat die persoon op die lys vir maan-delikse kospakkies kom. Vir enige navrae kontak Ronelle van Zyl, 0722881439

RENTMEESTER

Ons bid steeds vir ‘n Rentmeester (bedieningsleier) om by Con oor te

vat (wat in Mei aftree). Word gerus stil, luister by Vader,

dit is dalk nou die tyd waarvoor God u geroep het!

Kontak gerus vir ds Wilhelm.

Ons bid saam.

Page 5: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid

FINANSIËLE OORSIG 2018/19

Inleiding: Die gemeente van Onrusrivier is ‘n groeiende gemeente en het tans ongeveer 2500 lid-mate met ongeveer 650 besoekpunte. Ons ervaar dat die Here van die begin af ons be-gelei het met beloftes van sorg en onderskeiding. Die belofte is bevestig deur al die kere wat ons voor uitdagings te staan gekom het. God se voorsiening is deel van ons storie! Deel van ons roeping is om rentmeesters te wees van wat God aan ons toevertrou het. ‘n

Gemeente van die grootte vereis ‘n sekere infrastruktuur wat voldoende is om so ‘n groot gemeente op alle vlakke te kan bedien. Alhoewel ons ‘n kerk is, word die gemeente verseker dat die finansies van die gemeente op gesonde besigheids- en finansiële be-ginsels bestuur word. Daar word ‘n Bedryfsbegroting opgestel met inkomstes en uitgawes. Die Rentmeester het voldoende kontrole-maatreëls ingestel om te verseker dat geld met oorleg spandeer word. Uitbetalings word goedgekeur volgens die magte wat toegeken is aan sekere persone wat die finale goedkeurings kan verleen. Daar word maandeliks verslag gedoen aan beide die Bestuurspan en die Kerkraad. Aan die einde van die finansiële jaar word die “boeke” afgesluit en aan eksterne Ouditeure vir n volledige oudit oorhandig. Finansiële state is beskikbaar vir enige lid van die gemeente wat belangstel om meer detail inligting te bekom oor die finansies van die gemeente. Die afgelope jaar 2018/19

Tydens die aanbieding van die begroting aan die begin van 2018 het die Rentmeester gesê hy begroot vir ‘n tekort van R500,000, maar dat die Kerkraad glo en vertrou dat die tekort deur die finansiële jaar uitgewis sal word. Om ‘n gemeente soos Onrusrivier te bedryf, kos ongeveer R5m per jaar. Die fondse om die kostes te dek word deur die volgende bronne bekom: Maandelikse Dankoffer Kollektes tydens eredienste (sakkies) 10de Maand dankoffer (Oktober) Basaars en ander fondsinsamelings projekte Skenkings en Donasies Deurkollektes (Word by deure opgeneem vir spesifieke projekte en word direk aan die projekte oorbetaal. Dit vorm nie deel van die Bedryfsbegroting nie) GBO fondse (Word spesifiek aan Sending en Uitreike toegedeel en vorm nie deel van die bedryfsbegroting nie) Die jaarlikse be-groting vir Sending is R280,000. Ongelukkig het een van sending se groot donateurs, Mergon Trust, hul donasie van R180,000 pj met ingang 1 Maart 2018 gestaak. Dit stel ongelooflike uitdagings aan die bediening. Die grootste en belangrikste bronne van inkomste is die maandelikse Dankoffer en Kollektes tydens die eredienste. Dit verseker ‘n kontantvloei vir die gemeente waaruit maandelikse uitgawes gedek word. Die ander bronne is steeds belangrik, want dit vul die inkomste aan om te verseker dat die gemeente aan die einde van die finansiële jaar alle uitgawes gedek het.

Wat het gedurende die afgelope jaar gebeur?

Eerstens het die Sinode, wat ons jeugbediening met inbegrip van die Jeugleraar se kostes, vir twee jaar met ‘n paar honderdduisend rand gesubsidieer het, met ingang 1 Maart 2018 hul subsidie gestaak. Dit was hulle ooreenkoms met ons. Tweedens het ons, alhoewel ons nie daarvoor begroot het nie, geen groot donasies soos vorige jare vanuit die gemeente gekry nie. Derdens het ons gelukkig die basaar en 10de Maand dankoffer se begrote bedrae bereik alhoewel die konsert ongeveer R20,000 minder ingewin het as wat begroot is. Vierdens het ons agtergekom dat, ten spyte van die reële groei in ons gemeente se getalle, die maandelikse dankoffer en kollektes tydens die eredienste aansienlik afgeneem het. Dit het veroorsaak dat ons nie die tekort op ons begroting kon uitwis nie. Ons glo egter dat ons steeds ons begroting sal haal, maar wel met die tekort van ongeveer R500,000. Die tekort sal verhaal word van die gemeente se reserwefonds.

GEMEENTE FINANSIES

Page 6: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid

NUWE FINANSIËLE JAAR IN OËNSKOU 2019/20

Tydens die begrotingsvoorbereiding het die Kerkraad probeer om konserwatief te begroot en onnodige uitgawes tot die minimum te beperk. Dit het meegebring dat ons ongeveer R180,000 minder begroot het as in die vorige boekjaar.

Die Bedryfsbegroting maak egter weer voorsiening vir ‘n tekort van R380,000.

Hoe kan die tekorte uitgewis word? Die Kerkraad het ‘n groepie kerkraadslede en lede van die gemeente gevra om inisiatiewe te ondersoek om die fondse van die gemeente aan te vul. Soos wat dit na vore kom sal die ge-meente ingelig word. Verder kan die inkomste deur maandelikse dankoffers aangevul word, indien elke huishouding hul maandelikse bydrae met slegs R100 per maand kan verhoog. Die Kerkraad is deeglik bewus van die finansiële druk wat huishoudings ervaar en het baie be-grip dat daar huishoudings is wat nie hul bydrae kan verhoog nie. Daar is wel lidmate wat meer as R100 per maand kan bekostig. As ons dus ‘n gemiddeld van R100 pm per huishouding meer kan ingesamel, behoort die tekort heeltemal uitgewis te word! Ons dink hier aan Paulus se woorde in 2 Kor. 8:12 - “As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie.” Die gemeente word daarop gewys dat lidmate nie voorgeskryf word oor wat hul maandelikse bydraes tot die gemeente moet wees nie. Hoeveel elke lidmaat bydra, is ‘n saak tussen u en die Here. Elke druppel wat u gee maak ‘n verskil. Hoe kan u maandeliks u betalings maak? Die Kerkraad probeer om die hoeveelheid kontantbetalings tot die minimum te beperk. Groot hoeveelhede kontant plaas groot risikos op die veiligheid van personeel en persone wat die geld moet tel en hanteer totdat dit veilig by die bank inbetaal is. Daar is onlangs ‘n groot bedrag geld tussen die kerk en die bank geroof. Gelukkig het ons versekeraars die verlies aan ons terugbetaal. Dit het daartoe gelei dat ons gewapende dienste moes aanstel om ons kontant weekliks op te laai en by ons bank te gaan aflaai. Dit het tot aansienlike addisionele kostes gelei om ons eie mense te beveilig. Dankoffer Koevertjie Lidmate wat op geen ander manier as kontant in ‘n koevertjie hul bydrae kan maak nie, is welkom om steeds van die koevertjie gebruik te maak. Koevertjies is by die ingange beskikbaar en kan tydens dankoffertyd in die kollektesakkie geplaas word. U kan ook bel en vra dat die koevertjie by u huis afgelaai word.

Elektroniese Fonds oorplasing: (EFT) Die mees algemene manier van betalings vandag is om ‘n EFT te doen waar u deur middel van internet direk ‘n oorplasing uit u reken-ing na die kerk se Bankrekening kan oorplaas. Die kerk se bankbesonderhede is op die Hartklop beskikbaar.

Debietorder by u Bank Die metode is ook in gebruik, maar dit is moeilik om te verander indien u die bedrag wil aanpas. U kan dit met u bank reël.

Zapper & Snapscan Dit is ‘n toepassing op u selfoon en werk baie maklik as u geregistreer is. Dit is besig om die mees gewildste manier van betaling te word. Die metode is ook baie veilig. Kom gerus na die kerkkantoor, ons sal u wys hoe.

Krediet- of Debietkaart Die gemeente gaan twee kaartmasjiene installeer by die Ingangsportaal van die hoofingang sowel as by die ontvangstoonbank in die Maal-ruimte. U kan selfs u bydrae elke Sondag daarmee maak.

SAMEVATTING Die gemeente probeer om ‘n omgewing te skep waar nie net hoë kwaliteit geestelike bediening gebied word nie, maar wil ook ‘n geleentheid bied vir lidmate om hul bydrae te lewer. Dit hoef nie net geldelike bydraes te wees nie, maar

ook hul gebede, hul dienswerk en hul ondersteuning aan alles waarmee die gemeente besig is. Elkeen se druppel maak uiteindelik die emmer vol!

2 Kor. 9:10-11 “God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryke oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid

vrygewig te kan wees. So word God gedank!”

GEMEENTE FINANSIES (VOLG)

Verder kan die inkomste

deur maandelikse

dankoffers aangevul word,

indien elke huishouding hul

maandelikse bydrae met

slegs R100 per maand kan

verhoog.

KONTAK ONS GERUS

Indien u enige navrae het, kontak gerus vir Con Uys (Rentmeester) op

083 658 1168

Of

Piet Vorster (Voorsitter Kerkraad) op 081 399 0557

Page 7: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid

GEBEDE VIR NOOD, SIEKTE EN DANK

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING: Bennie Kotze, Sugnet Sieberhagen, Alet Gerber, Johann du Preez

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS: Lolla Stander, Zanmari (Joe en Sandra Nel se dogter), Johan Koekemoer (Fisherhaven), Marilyn Prinsloo, Willem Viljoen

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING Peet Geyser, Hanlie Chambers (Ina Erasmus se dogter in Brits), Leonie Koekemoer, Louis Scholtz, Cyril Gousaard, Jack & Maret van Dyk se seun Louis, Yvonne (Sheila du Toit suster), Werner Setzkorn, Helena Becker, Santie Oelofse, Attie en Bets Eksteen, Rita Janse van Rensburg, Steward McFarlane, Dirk & Lynette Niemand. Ons bid ook vir alle persone in ‘n siekeboeg en onthou ook hul versorgers. Ons bid vir alle persone wat tans pyn en hartseer, alleenheid of depressie ervaar - Here God, in U hande ...

MEEGEVOEL Met Karin en Leonard Stemmet en familie, na die skielike heengaan van hul swaer, Johan de Villiers (Rheezichsingel).

KOM ONS VAT HANDE IN GEBED

MAANDAG 4 MAART As ek stilword, om by U te wees, bedaar my hart se grootste

vrees. As ek U hartklop, teen my wang kan voel, verstaan ek wat

U woord bedoen. U is wonderbare Raadsman, U is magtige God,

U is ewige Vader, U is vredevors.

DINSDAG 5 MAART Aan U voete Heer, is die beste plek, daarom kniel ons voor U neer. Om by U te wees is die grootste eer, daarom buig ons voor U neer. Ja, ons verkies nou om by U te wees, en om na U te luister. In plaas van altyd maar net besig te wees, kom ons nou tot rus by U. WOENSDAG 6 MAART (ASWOENSDAG) BEGIN VAN LYDENSWEKE U is die Lewensbrood, Heiland vir my. U is die waarheid Heer, U maak my vry. U beeld straal uit die skrif, so helder voort. U soek ek Heer, U self, o Lewend Woord. DONDERDAG 7 MAART O Heer my God, as ek in eerbied wonder, en al U werk elke dag aanskou, die son en maan, die aarde sterre, wolke, hoe U dit elke dag so onderhou. Dan moet ek juig, my Redder en my God, hoe groot is U, hoe groot is U, want deur die hele skepping klink dit saam, hoe heerlik Heer, U grote naam. VRYDAG 8 MAART Here, U is my lewe, ek ken U veilige bewaring elke dag. Here, U is my vrede, as die storms om my woed met brute krag. En as ek val, is U by my, U het betaal, en ek is vry. Daarom sing ek, daarom gee ek U my stem. Daarom juig ek saam met snaar en instrumente! Daarom bring ek U my dank, sing ek heeldag lank, Daarom sing ek, hoor my lied vir U, o Heer!

Lydenstyd begin met Aswoensdag.

Die 40 dae voor Paassondag (wat op Aswoensdag begin) is die oud-ste fees in die kerk! Dit staan ook bekend as "LENT". Die woord “Lent” beteken oorspronklik “om te rek” … net soos die son in die noordelike hemisfeer besig is om elke langer effens langer te begin skyn, uit die donker van winter na lente. Die 40 dae sluit natuurlik Sondae uit (omdat alle Sondae reeds simbolies aan die opstanding herinner. Die laaste dag van lydenstyd is Swart Sa-terdag …Soos enige getal in die bybel is ook hierdie getal “40” ‘n uitdrukking van ‘n afskop + ‘n suiwering + uitkoms. Dink maar aan die Israeliete wat hulle reis begin met ‘n vertrek uit Egipte … ‘n suiwering in die woestyn … ‘n intog in Kanaan. Dieselfde met Jesus se woestynervaring; dieselfde met Noag in die ark.

Dit is ‘n tyd vir selfrefleksie. Dit is ‘n tyd van agterlaat. Dit is ‘n tyd van prysgee. (nie die maklike prysgee van sjokolade en kafein nie). Dit gaan oor prysgee van veel meer. Jou ego. Jou gehegtheid (attachments) aan dit wat jou steeds ‘n gevange hou.

Dit is waaroor lydenstyd gaan: om anders oor jouself en jou lewe te kyk vanuit die vergrootglas van die kruis. Paulus sê: “Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde” (2 Kor 2:2)

GEBED VIR LYDENSTYD

Vader, in hierdie tyd van stilword, van selfrefleksie, van agterlaat, prysgee en opneem, wil ons U vra om ons intens bewus te maak van U nabyheid. Heilige Gees, lei ons in gebed in hierdie tyd. Leer ons hoe om te bid, suiwer ons harte en leer ons van Jesus, van uself, van die Vader. Jesus, ons wil in hierdie tyd in U voetspore volg, U lydenspad wat U vir ons almal gestap het. Maak U hart vir ons oop, sodat ons beter kan verstaan en nader aan U kan kom. Ons eer U Drie-Enige God.

Page 8: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid

LYDENSTYD SIMBOLE EN GEBRUIKE

Lydenstyd is ‘n seisoen van 46 dae waarin die kerk die lyding van Christus in herinnering roep en daarop reageer in voorbereiding op Paasfees. Lydenstyd wys dat Christus in ons nood ingedaal het.

Die eerste lydensweek begin Sondag 3 Maart.

Wanneer vier ons Lydenstyd?

Omdat Christene nie op Sondae, die opstandingsdag gevas het nie, begin Lydenstyd op ‘n Woensdag (As Woensdag), 46 dae voor Paasfees (40 dae en 6 Sondae).

Aswoensdag: In dié tyd wy Christene reg oor die wêreld

hulself opnuut aan Jesus Christus en raak diep bewus van die onselfsugtige, onvoorwaardelike liefde wat Hy vir ons aan die Kruis bewys het.

Daarom is dit ook die gebruik van Christene om vanaf Aswoensdag te vas. In die tyd van vas kan ek iets belangrik vir myself prysgee of sekere doelbewuste dinge doen om my te herin-ner....... sommige mense gee in die tyd iets prys soos koffie, TV, sjokolade, wyn (of enigiets wat ons normaalweg daagliks gebruik en gewoond is aan) en vas daarvan vir die 40 dae tot Paastyd. Ander doen doelbewus iets soos om sekere geloofsgewoontes te beoefen deur ‘n vaste tyd opsy te sit vir Bybelstudie en gebed, betrokke te raak by ‘n bepaalde projek van die gemeente of gemeenskap. Dit wat ek prysgee of doen raak ’n deurlopende he-rinnering van die Here Jesus se groot offer vir my en van God se groot liefde.

SIMBOLE

Die Kruis is die sentrale simbool in Lydenstyd. Die kruis herinner ons aan die kruisiging van Jesus, ‘n teken van Sy lyding en sterwe. Sit ‘n houtkruis teen jou voordeur of in jou huis, of dra een om jou nek as herinnering aan Lydenstyd.

‘n Doringkroon of spykers kan saam met die kruis dien as simbole. ‘n Groot wit kers met doringdraad daarom gedraai, beeld uit hoe Christus gekom het om bevryding te bring van alle menslike nood. Oor die sewe Lydensweke kan 8 kerse gebrand word (7 vir Lydenstyd en 1 vir Goeie Vrydag). Elke week word een kers doodgeblaas om die don-kerte te simboliseer, todat al 8 op Goeie Vrydag doodgeblaas is, om die donkerte van Jesus aan die kruis en in die graf te simboliseer. Die kleure in hiedie tyd is somber – donker aardse kleure, veral pers. Lydenstyd is ‘n tyd van her-toewyding. Daarom staan dissipelskap sentraal. Dit is dus ‘n tyd van toerusting vir dissipelskap. Die gebruik om in hierdie tyd van voedsel te vas, staan in die teken

van hertoewyding. Hierdie gebruik kan met ‘n bietjie ver- beelding met vrug in ons huise gebruik word. As ‘n teken van ons bereidheid om op te offer vir die evangelie, kan ons byvoorbeeld besluit om in hierdie tyd te vas van ‘n gewoonte, soos die lees van tydskrifte of die kyk van televisie. Ons kan ook besluit om van sekere voedelsoorte te vas. Lydenstyd is ‘n tyd van bepeinsing en stilte. Afsondering is daarom baie nodig. Dit is ‘n tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as dié liefdesdaad van alle tye. Lydenstyd is ‘n gereedmaak om vernuwing in ons lewe te ontvang. Groot Lydensweek

Dit is die 7de en laaste Lydensweek en begin op die Sondag wat tradisioneel as Palmsondag bekend staan. Dit verwys na die intog van Jesus in Jerusalem wat gekenmerk is deur die skare wat palmtakke geswaai het en Jesus as die Messias verklaar het.

Die kleure van hierdie week verander na donkerrooi om die bloed van Jesus te simboliseer.

GEBED

Here God, kom reinig my hart, kom genees my seer en vul my met U LEWE!

Page 9: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid

WIT OLIFANT-ITEMS:

Gezina en haar span is be-hoorlik aan die woel vir die

basaar en ons vra asb skenkings van veral kom-buisware (borde, koppies, eetgerei, potte en panne, elektriese toestelle ens)

Tuingereedskap, kampgereedskap, enige elektroniese toestelle, re-

kenaars, musieksentrums, enige meubels, sporttoerusting. BAIE DANKIE vir die skenkings

wat reeds ingekom het. Ons waardeer elke persoon wat ‘n

verskil maak.

Ons benodig ook asb boeke,

DVD’s, CD’s

BASAAR 30 MAART 2019

VIR ENIGE NAVRAE OOR DIE BASAAR, KONTAK GERUS VIR FLORIS HAMMAN OP 082 524 8691

VLEIS VIR DIE BASAAR

Ons beplan om weer

heerlik skaap- en lamsvleis asook afval te verkoop vir die basaar. Die pryse sal nader aan

die tyd beskikbaar wees. Gee asb solank u naam

en kontaknommer by die kerkkantoor op indien u

belangstel. Dankie!

VRYDAGAAND 29 MAART

Ons beplan ook ‘n heerlike ontspan en

kuieraand vir die Vrydag voor die Basaar. Hou die

Hartklop dop!

TEETUIN BY DIE BASAAR Ons is soo dankbaar dat daar dames en here is wie weer wil help! ’n Paar het spontaan reeds kom aanmeld vir diens!! WOW!!! EENVOUDIG FANTASTIES! Dít is soos ons Onrusgemeente ken!…Ons gaan saam Oorlog [óf TeeTuin] toe! Ons voorvaders en -moeders het nie verniet kaalvoet oor die Drakensberge getrek nie!

Ons wil baie graag al die ou bekendes wie reeds saam met Muriël gewerk het en weet hoe hulle dinge gedoen het en sommer al die vriende en vriendinne wie nog nie saamgewerk het nie ook hartlik uitnooi om saam te kom “TeeTuin 2019”! ONS BEHOEFTES: 1] Ons het werkers nodig vooraf, tydens en agterna… 2] Kreatiewe ouens om ons tuin te beplan én dan te skep, én dan op en in te rig,… ONS SOEK HULLE IDEES OOK! 3] tafels mooi maak en dek, 4] tee- en koffie-makers, 5] kelners en kelnerinne, 3 spanne, dié wat bestellings neem, dié wat dit uitdra en dié wat opruim. 6] bakkers en baksters, 7] skinkers, 8] skottelgoed-wassers 9] kombuis-opruimers Hartlike groete in Jesus, SEËN EMILE MORKEL (082 555 6424)

Ons het baie hande-hulp nodig. Al is dit net vir ‘n uur of twee op Basaardag of selfs die vorige dag met voorbereiding en

gaarmaak. Kontak asb vir Floris of die kerkkantoor en gee u name op. Ons het ook nog persone nodig om Basaarlyste deur

wyke te neem.

Onthou, elke druppel maak die emmer vol en saam maak ons ‘n groot verskil in die Koninkryk van God. Welkom!!

PLANTE & VARS BLOMME

Ons het ook heelwat plante nodig. Gaan kyk gerus bietjie in u tuin waar dit al so oorgroei is en dun bietjie uit. Kyk ook sommer waar daar klein

plantjies is en sit dit in swart sakkies.

Vars blomme is ook altyd baie welkom. U kan dit Basaardag bring na die stalletjie buite. Baie dankie!!

TUISTESKEPPING

Ons benodig asb enige kunsgoed, skildergoed, handgemaakte items,

houtwerk, naaldwerk, juwel-iersware, klere - alle mooigoed!!

KOM DIEN ASB MET U HANDVAARDIGHEID!!!

Baie dankie!!

VARS GEBAK

Ons soek asb al die bakkers en baksters! Ons het heelwat koeke, terte, beskuit, vars brood ens nodig.

Baie dankie vir u skenkings en bederf!!

Kom reël gerus met Mervian by die kerkkantoor.

Page 10: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 2019. 3. 1. · Lydenspad, dieselfde hopeloosheid beleef wat Jesus se dissipels destyds beleef het. Immers, die dissipels was glad nie daarop voorbereid

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet Vorster 081 399 0557

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIEBEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Martie Verster 084 510 4618

[email protected]

KOSTER Deon van der Kooi

072 273 1494

KERKKANTOOR

Maandae - Vrydae

08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116

Bergstr 57, Onrus

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

ngkonrusrivier.co.za

Gaan “like” ons gerus

NG Onrusrivier

Posbus 25 Onrusrivier 7201

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA Rek. 406 215 2718

DIENSSENTRUM ALGEMENE INLIGTING

PLAASBOTTER is beskikbaar by die Dienssentrum teen R50 vir 500g van Dinsdae tot Vrydae vanaf 9h00 - 12h30. Daar is ook weer heerlike kaas beskikbaar. Kontak Hannie/Joan (028 316 1745) vir die prys.

Die Dienssentrum het ‘n FACEBOOKBLAD. Indien u wil gaan kyk na ons foto’s en berigte, word vriende van ons op die naam Onrusrivier Dienssentrum. LEDEGELD (LET WEL): LEDEGELD is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per indi-vidu en R600 per egpaar. Ongelukkig is daar vir alle organisasies/sportklubs waaraan ‘n mens be-hoort jaargelde te betaal. By die Dienssentrum is dit ook so. Ons probeer regtig om vir ons lede spesiale aanbiedings te maak. U kry goedkoper tee/eetgoed by die teetuin, goedkoper maaltye by ons wegneemetes, goedkoper fooie vir voete/hande/hare/trimgim. Daar is ook ‘n Lentetee jaarliks wat net vir ons lede is. So, as u bo 60 jaar is, kom sluit aan en geniet dit wat die Dienssentrum vir u bied. KOEKSISTERS: Bettie Lourens (076 129 3788) bak koeksisters op Maandag, 4 Maart 2019 teen R30 per dosyn. Kontak haar direk vir bestellings. KOSDEMONSTRASIE Dinsdag, 12 Maart 2019: Angelique Brink lewer ‘n kosdemonstrasie teen R40 per persoon. Lede woon dit gratis by.

ETES Woensdag, 13 Maart: Ons verkoop weer Dienssentrum Wegneemetes. Bestel asseblief voor Vrydag, 8 Maart by Joan/Hannie (028 316 1745).

Kom help ons om fondse op hierdie manier vir die Dienssentrum in te samel. Bobotie: R70 vir nie-lede (R60 vir lede)

Pasta: R65 vir nie-lede (R55 vir lede) Lasagne Hoender: R65 vir nie-lede (R55 vir lede) Lasagne Maalvleis: R65 vir nie-lede (R55 vir lede)

028 316 1745

Baie dankie vir hierdie Hartklopborg wat die druk van ons gemeenteblad moontlik maak.

HET U GEHOOR? Die heel beste koek en koffie in die dorp is beskikbaar by die Kol-wyntjie Teetuin op ‘n Vrydag! Kom geniet die heerlikste vars gebak deur die “kerktannies”!

En het u gehoor van die prys? Dit is slegs R35pp vir nie-lede (koffie en iets te ete). En nog beter - R25pp vir lede. ‘n Ekstra koppie koffie is R10.

Vir groepbesprekings, kontak gerus vir Siska Conradie op 082 762 2732 ten minste 14 dae voor die tyd . U is welkom!

OOP VRYDAE @ 9:30 - 11:30

Haal die onsekerheid uit die verkoop van u eiendom

Skakel gerus vir Jaap van Staden by Sel no: 083 259 2940 vir ‘n gratis konsultasie en sonder enige verpligting. Ek sal die bemarkings en verkoopsprosesse aan u ver-duidelik, asook alle dokumentasie benodig om aan al die wetlike vereiste te voldoen. Welkom!