grootword nie. Rondekerk? Ontwerper. Ronde 6.pdf · Maart Jeug Kategese sluit Kinderkerk 13 en 20...
Transcript of grootword nie. Rondekerk? Ontwerper. Ronde 6.pdf · Maart Jeug Kategese sluit Kinderkerk 13 en 20...
Ronde6 Maart 2016
Etienne Pheiffer 09:00 en 18:30
Ontmoet vir: Johannie Ras
Kleuterkerk Sondae 09:00-10:00 vir 3-6 jariges
O n s i s J e s u s - v o l g e l i n g e e n d a a r o m o o k Koninkryksvennote wat as Rondekerkfamilie ʼn geloofsreis onderneem om meer en meer ons identiteit in Jesus Christus te ontdek en te vier. Ons maandtema fokus daarop dat God al ons lof en eer sal ontvang. Daar is soveel fasette waarom ons dit wil doen! Kom deel saam in die voorreg om voor Hom te mag buig.Gedurende Maart vier ons as gemeente saam met die kerk dwarsoor die wêreld die hoogtepunt van ons christelike feesjaar naamlik Jesus se lyding en opstanding. Binne die verstaan van God se ingrype in die geskiedenis van die wêreld kan ons net met totale afhanklikheid en met groot dankbaarheid op Sy liefdesdaad reageer. Hy is Koning! en wil oor ons lewens regeer. In gehoorsaamheid gee ons mee aan Sy heerskappy en laat toe dat die Heilige Gees ons daagliks op hierdie reis omvorm om meer en meer soos Jesus te wees. Kom ons deel in hierdie seën. Mooi wense. - Etienne
Om fees te vier!
Lydenstyd as FeesseisoenDit is ʼn tydperk van 46 dae waarin die kerk met vreugde, erns en pyn die versoenende sterwe van Jesus verkondig deur Sy lyding in herinnering te roep en daarop te reageer in voorbereiding op die Paasfees.Ÿ Die kruis is die sentrale simbool in Lydenstyd. Die kruis herinner ons aan die kruisiging van Jesus, 'n teken van sy lyding en sterwe;Ÿ 'n Doringkroon of spyker as ander simbool kan saam met die kruis gebruik word;Ÿ Lydenstyd is 'n tyd van hertoewyding;Ÿ Lydenstyd is 'n gereedmaak om vernuwing in ons lewens te ontvang. Die pynlikheid van die erkenning van ons eie sonde is hiervoor noodsaaklik. Verootmoediging, skuldbelydenis en boetedoening is in hierdie tyd prominent, maar dit staan alles in die teken van die lewe wat ons simbolies op Paassondag ontvang.
Praktiese wenk: Neem deel aan hierdie seisoen deur êrens in jou huis 'n visuele voorstelling op te stel. Gebruik 'n houtkruis en drapeer dit met 'n lap van donker aardse kleure. 'n Dieprooi lap kan ook gebruik word om die bloed van Christus te simboliseer. Laat dit ons daagliks herinner aan die voorreg om Sy kind te mag wees.
1.Wie is Johannie Ek is gebore in Evander, ek was 3 maande oud toe verhuis ons na die Laeveld, daar het grootgeword in Malelane, matriek gemaak by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier in 2001.Toe my ma my vra wat ek wil gaan swat na skool, was my antwoord “ek wil prente teken vir 'n lewe” So het ek opge-eindig om Grafiese Ontwerp te gaan swat… Ek was baie bevoorreg om te gaan swat en die afgelope 12 jaar in my beroep nog net sukses gehad. My beroep het in 2005 begin in Nelspruit, einde 2014 het ek na Secunda verhuis om nader aan my familie te wees. Vandag is ek 'n ma van 'n pragtig vierjarige dogtertjie, Ivy. Ek is ook die peet-ma van 2 seuns, Torian (11jr) en Leith (6jr). Ek werk tans by Euro Bath & Tile in Trichardt as Bemarker en Grafiese Ontwerper.2.Vertel iets oor jou geloofsreis.Christenskap was nog altyd in ons huis. Alhoewel die pad wat ek gestap het nie altyd God se pad was nie. Ivy was 1jaar en 8maande toe sy deur 'n pofadder gepik was. Teen die tyd wat ons by die hospitaal gekom het was haar voet blou en die gif was al hoog in haar been op. Die dokters het gesê daar is nie 'n antidote in die hospital nie en al wat hulle kan doen om die gif te keer om verder te versprei en die weefsels wat die gif beskadig het moet weg gesny word. Toevallig het 'n vriend/kollega wat vir God werk by Geanker in Christus by die hospital opgedaag en gehoor wat die dokters sê. Hy het dadelik vir haar begin bid en God gevra dat niemand aan haar mag sny nie dat sy volkome moet genees. Ek het gesien
met my eie oë hoe die swelling in haar been sak, die kleur in haar voet begin terugkom, asof iemand die gif uit haar lyf uittrek, sy was binne minute wakker (sy was onder verdowing want sy het geskree van pyn) en met 'n glimlag het sy na Wessel gestaar wat besig was om vir haar te bid. Daar was geen skade aan haar weefsels nie, haar voet het tenvolle genees. Ek het daai dag besef dat ek my lewe moet verander en pad saam met God moet begin loop. En dat ek nie mag toelaat dat my kind sonder God grootword nie. Soos Wessel altyd sê: Toevallig beteken: Toe-val-God-se-lig 3.Hoe en wanneer het jy betrokke geraak by die Rondekerk?My ma is in die Rondekerk, so vanaf ek in Secunda bly het ek saam met haar dienste toe gekom. 4.Jy is betrokke by die kleuterkerk, wat is jou wens vir hierdie bediening?Dat die Kleuterkerk en kinderkerk uit sy nate sal bars, en ons al die kinders kan leer van God en sy liefde vir ons.5.Wat doen jy in jou vrye tyd?Ek doen freelance werk, my beroep is my passie. Ek hou ook daarvan om die omgewing te verken en om tyd saam met my kind te spandeer.6.Wat maak jou lag?'n Goeie komiese fliek7.As jy kon kies om enige iets vir een dag te doen, wat sou dit wees?Rond ry en verken
Kleuterbediening
Gelukkige verjaarsdag
-Hannetj ie Janse van Rensburg algehele gesondheid-Nico Nel vir herstelproses-Universiteite-Martie Jacobs se dogter Elmarie na komplikasies met operasie-Dolly Marais vir algehele gesondheid-Johan Smit se dogter, Tania, is in die hospitaal met bosluiskoors. Bid vir volkome genesing. -Clarke van der Walt herstel na hartomleiding kontak Louise 0714851251.Sending;Jan Grobbelaar- Petra De DoornsJan is gediagnoseer met prostaatkanker wat besig is om aggressief te groei. Hy kan nie geopereer word agv slaapapnee en asma nie, en hy sal nou inspuitings kry wat die prostaat te laat krimp, waarna hulle brachytarapie op hom gaan uitvoer. Die behandeling is baie duur en verg spesiale toestemming van die fonds. Dit lyk of dit in April op die gouste sal kan begin. Bid asb baie ernstig vir Jan en suksesvolle behandeling asook finansies. Marie, Jan se vrou is ook 22 Feb in die hospitaal opgeneem met `n gebarste blindederm, asook `n groot abses wat gedreineer moes word. Sy het nog baie pyn en hulle vra vir haar ook voorbidding vir spoedige genesing.Jan het ons laat weet dat Marie weer in die hospitaal opgeneem is met nog absesse, en sy is baie siek en swak. Sy sal dalk weer moet teater toe. Bid asb ernstig vir haar vir spoedige herstel.Arrie Preller- Komatipoort en Suid SoedanArrie en 2 kollegas is op die oomblik in Kenia en gaan Donderdag na Soedan waar hulle gaan bedien. Vanaf Vrydag tot Sondag bied hulle `n konferensie daar aan en kom Maandag weer terug. Bid asb vir veilige reise en seën op hulle werk daar.Corneille du Plooy en Christel van JaarsveldtCorneille du Plooy wie se Ma oorlede is asook Christel van Jaarsveldt wie se Pa hulle ontval het. Hannes was ook nog ten tye van die doodstyding in Panama op besoek. Bid vir bystand en troos vir albei gesinne.Bid asseblief vir al ons sendelinge wat règtig gebed en ander ondersteuning so nodig het.
Rondekerk Dagboek
Maart
JeugKategese sluitKinderkerk 13 en 20 MaartKleuterkerk hou aan deur die vakansie
Voorbereidingsdiens tot Paasfees 18:30 in kerk.
Goeie Vrydag erediens 09:00, Nagmaal.
Gebedsversoeke
Afkondigings
Kleuterkerk speelgoed Skenkings vir kleuterkerk speelgoed soos blokkies en legkaarte sal baie waardeer word.
ByeOns het 'n by probleem in die kerk. Wees asb versigtig, moet nie kaalvoet in die kerk loop nie.
9Informele Bybelstudie saam met ds Etienne 09:00 almal welkom.
13
24
25
Pitkos 18:00-18:4530
6
MeiHerfsdans18:30 vir 19:00. Tema: WesternKostes: R 150 pp, sluit ete in
Bring eie drinkgoedKoop jou kaartjie by INFO toonbank of kerkkantoor. Beperkte plek, vermy teleurstelling en koop jou kaartjie NOU!
Verjaar Noemnaam Van
06/ 03 Chris Botha
06/ 03 Susan Jacobs
06/ 03 Rianda Kersop
06/ 03 Tanya Maartens
06/ 03 Gustav Naude
06/ 03 Charlene Rautenbach
06/ 03 Natasha Schoeman
07/ 03 Juan-Pierre Booysen
07/ 03 Pieter De Vries
07/ 03 André Du Plessis
07/ 03 Adri Oosthuizen
07/ 03 De Wet Pretorius
07/ 03 Gerdie Schoonbee
07/ 03 Annatjie Stander
07/ 03 Ethan Van der Walt
07/ 03 Esté Van Huyssteen
07/ 03 Theunis Victor
08/ 03 Arlise Blignaut
08/ 03 Amanda Hurter
08/ 03 Lynnette Joubert
08/ 03 Heidi Kritzinger
08/ 03 Paul Potgieter
08/ 03 Gerrit Van Tonder
09/ 03 Elizna Coetzee
09/ 03 Adrian du Toit
09/ 03 Vlooi Jorden
09/ 03 Cornelia Le Roux
09/ 03 Gerhard Pretorius
09/ 03 Jc Ras
09/ 03 Hendrik Frederik Van den Heever
09/ 03 Elbe Van Wyk
09/ 03 Willie Van Zyl
10/ 03 Ria Botha
10/ 03 Juan-Pierre De Villiers
10/ 03 Chris Du Plooy
10/ 03 Robin Jones
10/ 03 Heike Malan
10/ 03 Lieward Smith
10/ 03 Hannes Van Eeden
10/ 03 Annemarie Van Heerden
10/ 03 Runardo van Jaarsveldt
10/ 03 Annelise Van Niekerk
10/ 03 Hasie Van Tonder
10/ 03 Leoni Van Tonder
10/ 03 Angelique Victor
10/ 03 Michelle Wright
11/ 03 Simoné Barnard
11/ 03 Marischke Groenewald
11/ 03 Salomé Hattingh
11/ 03 Francois Henning
11/ 03 Ernst Naude
11/ 03 Niki Van Der Merwe
12/ 03 Jj Hennop
12/ 03 Mariska Labuschagne
12/ 03 Marietha Marais
12/ 03 Benjamin Robinson
12/ 03 Charl Schnuir
12/ 03 Karlien Van Den Berg
12/ 03 Ida Van Der Walt
House of Mercy Baie dankie vir elkeen wat die vetkoek verkoping ondersteun het. 'n Bedrag van R8400 is ingesamel en daarmee kan 840 behoeftige kinders 'n bord kos ontvang.
Bydraes. 1. Debietorderstelsel 2. Internetbetaling.ABSA tjekrekening nr. 1510151506NG Kerk Secunda3.Per koevert in dankofferkissies.Sending ARK BoufondsNG Sendingprojek NG Kerk BoufondsABSA tjekr rek:1510591107 ABSA tjek rek:4072698748Algemene kontak inligting:Tel: 017 631 3470/8Faks: 088 017 631 3479E-Pos: [email protected]