Groen voer ‘n volhoubare oplossing...Groen voer ‘n volhoubare oplossing. March 2015 37. Die...

1
March 2015 37 Die huidige droogte wat Namibië teister, bring mee dat veeboere dringend op soek is na voer en lusern teen pryse wat partykeer onbekostigbaar is. Droogtes is ‘n werklikheid wat al meer gereeld voorkom, veral in Suider-Afrika. Dit is ‘n gegewe dat klimaatverandering ‘n wesenlike invloed op die volhoubaarheid van landbou-aktiwiteite gaan hê. Sowat 70% Namibiërs is direk afhanklik van natuurlike hulpbronne vir selfonderhouding. Dit is dus die meerderheid van die bevolking wat direk geraak word deur klimaat- verandering. Agri GreenGrow bied ‘n volhou- bare oplossing vir boere wanneer dit kom by die daaglikse beskikbaarheid van voer met hoë voedingswaardes vir alle tipes vee teen ‘n bekostigbare prys. Met die toenemende behoefte aan kostedoeltreffende en volhou- bare teenvoeters teen droogtes is groen voer, geproduseer deur middel van lug- kweking (aeroponics), ‘n ekonomiese oplossing. Dit is die proses waarvolgens plante in ‘n water- sproei-omgewing groei sonder die gebruik van grond of ‘n totale medium. Die groeikamers is losstaande, selfonder- houdende eenhede en ten volle geïsoleer teen weersomstandighede daar buite. Die interne omgewing en besproeiing word outomaties be- heer en gereguleer vir optimale ontkieming en groei. Hoë kwaliteit groen voer is dus 365 dae van die jaar beskikbaar, ongeag seisoene, droogtes of klimaatverandering. ‘n Verskeidenheid saad kan gebruik word waar- onder hawer, alfalfa, tef en mielies, maar gars het die hoogste voedingswaarde. Vergeleke met konvensionele boerdery- metodes waarvolgens sowat 80 liter water gebruik word om 1 kg voer te produseer in ‘n tydperk van agt tot twaalf weke, gebruik Agri GreenGrow se eenhede 2,5 liter water vir ‘n kilogram voer in ‘n groeitydperk van sewe dae. Altesame 3 460 ha grond sal nodig wees om 10 ton gars per dag vir voerdoeleindes te produseer. Hierteenoor is ‘n Agri GreenGrow-lugkweekeenheid van 480 vier- kante meter voldoende om presies dieselfde hoe- veelheid gars per dag te produseer. ‘n Boer wat groen voer gebruik kan 200 vleis- beeste tot drie keer per jaar verkoop, waar ‘n boer met goeie weiding net 200 vleisbeeste een keer per jaar kan verkoop. Nog voordele van Agri GreenGrow se groen voer is: Boere het meer beheer oor ongunstige mark- toestande en kan verkope beperk tydens die groot aanbod net voor die winter. Geen plaag- of onkruiddoders word gebruik nie. Versnelde groei en gesonde diere is ‘n gegewe. Suksesvolle beheermaatreëls teen bek-en-klou- seer en malkoeisiekte is ingestel. Dit bevorder vrugbaarheid en pasgebore oor- lewingskoerse. Dit verseker doeltreffende vertering en absorp- sie terwyl minder energie gebruik word, wat die dier dan kan aanwend vir gewigstoename, melkproduksie of reproduksie. Groen voer word met sukses vir vleisbeeste, melkbeeste, skape, perde, bokke, varke en selfs hoen- ders gegee. Agri GreenGrow bied twee op- sies: Kliënte kan ‘n eie groei-een- heid koop en saad self spruit vir die kweek van groen voer. Agri Green- Grow verleen bystand tot en met die suksesvolle oorhandiging daarvan aan die kliënt tesame met die verskaffing van goeie gehalte saad. Indien daar genoeg belangstelling in ‘n spesi- fieke omgewing is vir die aankoop van groen voer, sal Agri GreenGrow ‘n eenheid opsit, die produksie van groen voer hanteer en dit daag- liks aan kliënte verskaf. (Kontak Keith Thompson by +27 72 198 7270 of [email protected] of Beata Xulu by 081 633 5325 [email protected] vir meer besonderhede oor ‘n demonstrasie in Mei in Windhoek.) Groen voer ‘n volhoubare oplossing Met die toenemende behoefte aan koste- doeltreffende en volhoubare teenvoeters teen droogtes is groen voer, geproduseer deur middel van lugkweking ( aeroponics), ‘n ekonomiese oplossing.

Transcript of Groen voer ‘n volhoubare oplossing...Groen voer ‘n volhoubare oplossing. March 2015 37. Die...

Page 1: Groen voer ‘n volhoubare oplossing...Groen voer ‘n volhoubare oplossing. March 2015 37. Die huidige droogte wat Namibië teister, bring mee dat veeboere dringend op soek is na

March 2015 37

Die huidige droogte wat Namibië teister, bring mee dat veeboere dringend op soek is na voer en lusern teen pryse wat partykeer onbekostigbaar is.

Droogtes is ‘n werklikheid wat al meer gereeld voorkom, veral in Suider-Afrika. Dit is ‘n gegewe dat klimaatverandering ‘n wesenlike invloed op die volhoubaarheid van landbou-aktiwiteite gaan hê. Sowat 70% Namibiërs is direk afhanklik van na tuurlike hulpbronne vir selfonder houding. Dit is dus die meerderheid van die bevolking wat direk geraak word deur klimaat-verandering.

Agri GreenGrow bied ‘n volhou-bare oplossing vir boere wanneer dit kom by die daaglikse beskikbaarheid van voer met hoë voedingswaardes vir alle tipes vee teen ‘n bekostigbare prys. Met die toenemende behoefte aan kostedoeltreffende en volhou-bare teenvoeters teen droogtes is groen voer, geproduseer deur middel van lug-kweking (aeroponics), ‘n ekonomiese oplos sing. Dit is die proses waarvolgens plante in ‘n water-sproei-omgewing groei sonder die gebruik van grond of ‘n totale medium.

Die groeikamers is losstaande, selfonder-houdende eenhede en ten volle geïsoleer teen weersomstandighede daar buite. Die interne omgewing en besproeiing word outomaties be-heer en gereguleer vir optimale ontkieming en groei. Hoë kwaliteit groen voer is dus 365 dae van die jaar beskikbaar, ongeag seisoene, droogtes of klimaatverandering.

‘n Verskeidenheid saad kan gebruik word waar-onder hawer, alfalfa, tef en mielies, maar gars het die hoogste voedingswaarde.

Vergeleke met konvensionele boerdery-metodes waarvolgens sowat 80 liter water gebruik word om 1 kg voer te produseer in ‘n tydperk van agt tot twaalf weke, gebruik Agri GreenGrow se eenhede 2,5 liter water vir ‘n kilogram voer in ‘n groei tydperk van sewe dae. Altesame 3 460 ha grond sal nodig wees om 10 ton gars per dag vir

voerdoeleindes te produseer. Hierteenoor is ‘n Agri GreenGrow-lugkweekeenheid van 480 vier-kante meter voldoende om presies dieselfde hoe-veelheid gars per dag te produseer.

‘n Boer wat groen voer gebruik kan 200 vleis-beeste tot drie keer per jaar verkoop, waar ‘n boer met goeie weiding net 200 vleisbeeste een keer per jaar kan verkoop.

Nog voordele van Agri GreenGrow se groen voer is:• Boere het meer beheer oor ongunstige mark-

toestande en kan verkope beperk tydens die groot aanbod net voor die winter.

• Geen plaag- of onkruiddoders word gebruik nie.• Versnelde groei en gesonde diere is ‘n gegewe.• Suksesvolle beheermaatreëls teen bek-en-klou-

seer en malkoeisiekte is ingestel.• Dit bevorder vrugbaarheid en pasgebore oor-

lewingskoerse.• Dit verseker doeltreffende vertering en absorp-

sie terwyl minder energie gebruik word, wat die dier dan kan aanwend vir gewigstoename, melkproduksie of reproduksie.

Groen voer word met sukses vir vleisbeeste, melkbeeste, skape, perde, bokke, varke en selfs hoen-ders gegee.

Agri GreenGrow bied twee op-sies: • Kliënte kan ‘n eie groei-een-heid koop en saad self spruit vir die kweek van groen voer. Agri Green-Grow verleen bystand tot en met

die sukses volle oorhandiging daarvan aan die kliënt te same met die verskaffing van goeie gehalte saad.

• Indien daar genoeg belangstelling in ‘n spesi-fieke omgewing is vir die aankoop van groen voer, sal Agri GreenGrow ‘n eenheid opsit, die produksie van groen voer hanteer en dit daag-liks aan kliënte verskaf.

(Kontak Keith Thompson by +27 72 198 7270 of [email protected] of Beata Xulu by 081 633 5325 [email protected] vir meer besonder hede oor ‘n demonstrasie in Mei in Windhoek.)

Groen voer ‘n volhoubare oplossing

Met die toenemende behoefte aan koste­doel treffende en volhoubare teenvoeters teen droogtes is groen voer, geproduseer deur middel van lugkweking (aeroponics), ‘n ekonomiese oplossing.