Graad 9 Wiskunde - Grey College · GRAAD 9 GREY KOLLEGE 2020 WISKUNDE Klas 9 29 APRIL 2020 Doen die...
Transcript of Graad 9 Wiskunde - Grey College · GRAAD 9 GREY KOLLEGE 2020 WISKUNDE Klas 9 29 APRIL 2020 Doen die...
1
Graad 9
Wiskunde
Basiese inligting
Klas 8 28 April 2020 - Waarskynlikheid opdrag
Klas 9 29 April 2020 - Waarskynlikheid opdrag
Klas 10 30 April 2020 - Waarskynlikheid opdrag
2
GRAAD 9 GREY KOLLEGE WISKUNDE
Agtergrond inligting oor waarskynlikheid
Definisies
Waarskynlikheid Waarskynlikheid behels die berekening, skatting of voorspelling van wat moontlik in die toekoms kan gebeur. Dit gaan oor hoe waarskynlik dit is dat iets kan gebeur, of oor die kans dat dit gaan gebeur.
Eksperiment Hierdie eksperiment behels die opskiet van een muntstuk, gevolg deur die opskiet van ’n tweede muntstuk.
Proefneming Elke opskiet van een muntstuk gevolg deur ’n die opskiet van ’n ander word ’n proefneming genoem
Uitkoms ‘n Uitkoms is die resultaat van ’n proefneming. Steekproefruimte Die versameling van alle moontlike uitkomste word genoem
die steekproefruimte. Gebeurtenis ‘n Gebeurtenis is ’n versameling van een of meer uitkomste in
’n eksperiment. Dit bestaan uit een of meer uitkomste van die steekproefruimte.
Waarskynlikheid = 𝒂𝒂𝒏𝒕𝒂𝒂𝒍 𝒈𝒖𝒏𝒔𝒕𝒊𝒈𝒆 𝒖𝒊𝒕𝒌𝒐𝒎𝒔𝒕𝒆 𝒊𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒈𝒆𝒃𝒆𝒖𝒓𝒕𝒆𝒏𝒊𝒔
𝒕𝒐𝒕𝒂𝒂𝒍 𝒂𝒂𝒏𝒕𝒂𝒍 𝒈𝒖𝒏𝒔𝒕𝒊𝒈𝒆 𝒖𝒊𝒕𝒌𝒐𝒎𝒔𝒕𝒆 𝒊𝒏 𝒅𝒊𝒆 𝒔𝒕𝒆𝒆𝒌𝒑𝒓𝒐𝒆𝒇
3
Voorbeeld 1
Voorbeeld 2
4
Voorbeeld 3
5
6
7
Voorbeeld 4
8
9
Voorbeeld 5
10
11
GRAAD 9 GREY KOLLEGE 2020
WISKUNDE Klas 8 28 APRIL 2020
Doen die volgende op bladsye (Handig in by onderwyser, as skool heropen)
Deel 1 WAARSKYNLIKHEID
VRAAG 1 1.1 Een kaart word uit ‘n pak speelkaarte getrek wat uit 52 kaarte bestaan. Wat is die waarskynlikheid dat die soort kaart: 1.1.1 ‘n 7 sal wees? 1.1.2 ‘n Diamant sal wees? 1.1.3 ‘n Koningin van Harte sal wees? 1.1.4 ‘n rooi kaart sal wees? 1.1.5 ‘n Swart Koning sal wees? 1.2 Die woord waarskynlikheid is in Duits WAHRSCHEINLICHKEIT. As ‘n letter ewekansig
gekies word, bepaal die waarskynlikheid om:
1.2.1 die letter W te kies.
1.2.2 ‘n klinker te kies.
1.2.3 die letter H of C te kies.
VRAAG 2
2.1 Die Tuckshop het ‘n spesiale aanbod wat een maaltyd, een koeldrank en een nagereg insluit. ‘n Kliënt kan enige van die volgende opsies neem: Maaltyd opsies: Hamburger of Tuna slaai Koeldrank opsies: Coke of Lemoensap Nagereg opsies: Roomys met sjokolade sous of Vrugteslaai.
2.1.1 Teken ‘n boomdiagram om die moontlike uitkomstes te illustreer. 2.1.2 Wat is die totale aantal uitkomstes? 2.2 Wat is die waarskynlikheid dat Johan, ‘n graad 9-leerder ‘n: 2.2.1 Tuna slaai en ‘n Coke sal kies? 2.2.2 Hamburger, Coke en Roomys met sjokolade sous sal kies? 2.2.3 Vrugteslaai sal kies?
12
GRAAD 9 GREY KOLLEGE 2020
WISKUNDE Klas 9 29 APRIL 2020
Doen die volgende op bladsye (Handig in by onderwyser, as skool heropen)
Deel 2 VRAAG 3
3.1. ‘n Spinwiel genommer 1-8 word gedraai tesame met die opgooi van ‘n muntstuk met ‘n kop- en stertkant.
3.1.1 Teken ‘n tweerigtingtabel om al die uitkomstes aan te dui. 3.1.2 Bereken die waarskynlikheid om die volgende te kry: a) ‘n kop b) ‘n onewe getal c) ‘n stert en ‘n getal groter as 3 d) ‘n kop en ‘n priemgetal
VRAAG 4
4. Hierdie diagram toon die aantal leerders wat aan verskillende sportsoorte deelneem: Hokkie (H), sokker (S) en rugby (R). a) Hoeveel leerders is daar altesaam?
b) Hoeveel leerders neem aan al drie sportsoorte deel?
c) Hoeveel leerders speel rugby en sokker, maar nie hokkie nie?
d) Bereken die waarskynlikheid om ‘n leerder te kies wat net sokker speel.
S
16 2
3
1
R
8
H
0
6
13
GRAAD 9 GREY KOLLEGE 2020
WISKUNDE Klas 10 30 APRIL 2020
Doen die volgende op bladsye (Handig in by onderwyser, as skool heropen)
Deel 3
VRAAG 5 5.1 Verminder 2𝑐 + 3𝑏 − 6𝑎 met 2𝑏 − 4𝑎 + 9𝑐
5.2 Vereenvoudig die volgende: 5.2.1 (2𝑎 − 3𝑦)(𝑎 + 5𝑦) 5.2.2 −3(𝑎2 − 4)2 5.2.3 2(𝑥 + 3)2 + (𝑥 − 4)(−3)
VRAAG 6
Los op vir x: 6.1. 3(2𝑥 + 3) = 4𝑥 + 3 6.2. 3(𝑥 − 4) = 6(𝑥 − 1) − 5(𝑥 − 2)
6.3. 12𝑥−15
8−
15𝑥−20
12=
1
6
6.4 𝑥+2
2−
𝑥−3
3= 6
14
VRAAG 7
7.1 Die kwosiënt van twee getalle is 30 412. Die een getal is 246, bepaal die ander getal.
(Toon alle berekeninge)
7.2 Die verskil tussen twee getalle is 569 313. Die een getal is 17 456, bereken die ander
getal (Toon alle berekeninge)
7.3 Skryf die volgende wetenskaplike notasie as desimale getal:
14,205 × 103
7.4 Skryf die volgende getal in wetenskaplike notasie:
322 000 𝑘𝑔