GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se...
Transcript of GRAAD 8 KWARTAAL 2 · As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se...
GR
AA
D 8
: K
W 2
GESKIEDENIS DEEL 1
Aktiwiteite:
GRAAD 8
KWARTAAL 2
16 Mei: DEEL 1
Aktiwiteite vir kwartaal 2. Dit is nie nodig om die werk te print nie. Leerders kan dit van hul foon of van die rekenaar af doen. Die aktiwiteite is nie huiswerk nie. As leerders graag wil voorkom kan hulle nou met dit begin. Dit sal hulle baie help as hulle nou kan begin. Die werk sal weer in die klas behandel word en die antwoorde sal vir hulle gegee word. Skryf asseblief deel 1 en jou aktiwiteite as opskrifte met datums in jou skrif. Jy hoef nie die vrae neer te skryf nie, behalwe as jy wil. As julle klaar is met deel 1 kan julle begin met deel 2. Die bladsye se nommers waar jy die antwoorde kan kry in jou handboek, staan regs bo in die blokkies van elke aktiwiteit. Daar is whatsapp groepe gemaak vir die graad 8`s vir kuns en geskiedenis. Daar is vir elke klas `n groep. As jul iets nodig het asseblief laat weet. Onthou om jul geskiedenis take te stuur as jul nie het nie. Dit word gemerk en na jou teruggestuur. As jy nie nou kan inhandig nie – Daar sal geleentheid wees as die skool begin. Whatsapp nommer vir Juffrou M. Taljaard : 063 398 5031 Geskiedenis e-pos: [email protected] Kuns e-pos 8.1 – 8.4: [email protected] Kuns e-pos 8.5 – 8.7: [email protected]
1. Verduidelik wat geslote kampongs was en waarom dit opgerig is.
2. Hoe het die wit mynwerkers se situasie verskil van swart werkers s'n?
3. Waarom was die trekarbeidstelsel so voordelig vir die mynmaatskappye?
4. Lees Bron A, B en C en beantwoord hierdie vrae.
4.1 Wat het Merriman (Bron A) te sê gehad oor die kampongs?
4.2 Wat sê Van Zyl (Bron B) van die kampongs?
4.3 Gebruik inligting uit die teks en Bron C om te verduidelik waarom die arbeidsmag in Kimberley teen die
1880's op grond van ras verdeel was.
4.4 Stem Bron C saam met dit wat in Bron A of Bron B gesê word? Verduidelik.
BRON A: ń Uittreksel uit ń brief van J.X. Merriman.
Hierdie uittreksel kom uit 'n brief wat 'n vooraanstaande politikus, J.X. Merriman, in Januarie 1886 aan sy vrou geskryf het en waarin hy die swak toestande in die geslote kampongs beskryf. Hy het
die brief geskryf net nadat die eerste kampongs opgerig is.
Foto van 'n uitgrawingsterrein in die vroeë dae van diamantontginning in Kimberley.
AKTIWITEIT 1 : bl 106 - 108 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:
BRON B: ń Uittreksel uit ń boek oor die lewe in ń
kampong.
Hierdie uittreksel kom uit 'n boek met die titel - The Discovery of Wealth (bladsy 46). Dit is deur D. van Zyl
geskryf en is in 1986 uitgegee. Vir die meeste mynwerkers het die kampongs groot voordele ingehou. Hier het hulle
ordentlike behuising gehad, hulle kon items soos komberse, skoene en klere teen redelike pryse koop, hulle het
behoorlike mediese sorg ontvang wanneer hulle siek was en in hul vrye tyd het hulle die geleentheid gehad om te leer lees en skryf. Tydens 'n werker se verblyf in die kampong
kon hy ook £5 tot £10 spaar vir die een ding wat swart werkers die graagste wou hê - 'n geweer. Gewapen met 'n
geweer, kon 'n mynwerker as 'n man van aansien na sy eie gemeenskap
terugkeer.
1. Verduidelik die metodes wat die Britte gebruik het om arbeid vir die myne te verseker.
2. Gee redes waarom die Mfengu's en Swazi's aan die Britte se kant geveg het.
3. Gebruik die teks, sowel as die bronne en hul byskrifte, om te verduidelik waarom dit verkeerd sou wees om te sê
dat dit maklik was vir die Britte om die Afrikakoninkryke te verslaan. (Skryf drie paragrawe wanneer jy hierdie
vraag beantwoord: een paragraaf oor elke koninkryk. Elke paragraaf moet ongeveer 40-60 woorde bevat.)
4. Brittanje. Die ontginning van diamante en toenemende arbeidsbeheer:
Af
1 Geld wat aan die regering betaal moet word
2 Wat jy behaal wanneer jy `n veldslag of oorlog teen jou
vyand wen
3 Iemand wat `n terrein ondersoek om te kyk of daar
minerale soos goud en diamante is
Dwars
4 Jy word gedwing om jou geboorteplek weens politieke
redes te verlaat
5 Kampe waarin swart mynwerkers moes woon
6 Word in 1879 deur die Britse magte onderwerp
7 Vuurwapen wat jy met albei hande vashou en teen jou
skouer vasdruk wanneer jy skiet
BRON C: ń Uittreksel uit ń boek
oor arbeiders.
Hierdie uittreksel kom uit die geskiedkundige Nigel Worden in sy boek, The Making of Modern South Africa, Blackwell Uitgewers, 2007,
bladsy 43. Die arbeidsmag in Kimberley was teen die 1880's verdeel op grond van ras. Wit arbeiders, wat toenemend
as toesighouers en vakarbeiders aangestel is, het in die losieshuise en huise op Kimberley gewoon. De Beers
het feitlik die hele dorp besit en dus beheer. Swart trekarbeiders het in die geslote kampongs gewoon, waar die
lewensomstandighede aanvanklik skokkend was.
AKTIWITEIT 2 : Bl 109 - 111 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:
1
3
2
4
7
6
5
BRON D: ń Foto van Britse amptenare
wat belastinggeld van Zoeloe-
hoofmanne invorder.
Hierdie foto wys hoe Britse amptenare belastinggeld by die Zoeloes invorder. Hierdie
belasting is gebruik om dorpe, paaie en spoorweë te ontwikkel, maar die belangrikste
rede waarom mense gedwing is om belasting te betaal, was om hulle deel te maak van die
kontant-ekonomie. Hulle moes loonarbeiders word om geld te verdien.
BRON F: Tekening van Britse soldate
wat teen die Zoeloes veg.
Hierdie skets wys 'n geveg tussen die Britte en Zoeloes tydens die Slag van Rorke se Drif in die
Anglo-Zoeloe-oorlog. Die Britte het 'n groot voordeel gehad omdat hulle met gewere
gewapen was, maar die Zoeloes nie.
BRON E: Foto van Xhosa – hoofmanne
wat op Robbeneiland aangehou is.
Hier is 'n foto van die Xhosakapteins wat in die 1880's op Robbeneiland gevange gehou is nadat hulle deur die Britte verslaan is. Die Xhosas het nege keer oorlog gevoer in hul
poging om hul onafhanklikheid te behou: eers teen die Hollanders en toe teen die Britte.
1. Assesseer waarom goud deur al die eeue heen so waardevol gebly het.
2. Waarom het mense papiergeld begin druk in plaas daarvan om met goue munte handel te dryf?
3. Verduidelik hoe papiergeld en goud verband hou met mekaar.
BRON H: Foto van die Mapungubwe- renoster.
In die suidelike Afrika is goud reeds in die 13de eeu ontgin. Hierdie goue renoster is in daardie tyd in Mapungubwe in Limpopo gemaak. Daar is argeologiese bewyse dat mense van die suidelike Afrika, die kus en lande anderkant die Indiese Oseaan toe reeds met goud handel gedryf het.
'n Kaart van suidelike Afrika in die 1800's waarop die grootste goud- en diamantvelde aangedui word.
BRON I: Skets van ń goudmyn.
Dit is belangrik om te verstaan hoe goud in Suid-Afrika ontgin word, want die behoeftes van die goudmynbedryf in die land
het beduidend verander. Hoe presies word goud ontgin? 1. In die eerste plek word twee skagte loodreg in die grond
gesink deur groot boormasjiene wat die grond uitgrawe.
Hierdie skagte kan 300 tot 400 meter diep in die grond
geboor word.
2. Uit hierdie skagte word tonnels gegrawe. Hierdie tonnels loop
sywaarts uit die skagte. Die afbouplekke sny oor die dun
goudriwwe heen wat dieper en dieper ondergronds loop.
3. Die myners sien die stukkies goud in die erts dadelik, hoewel
dit so klein is dat dit soms skaars met die oog gesien kan
word. Hulle boor dan gate in die rots rondom die erts wat
goud bevat en sit dinamietkerse hierin sodat hulle 'n tonnel
kan oopskiet met springstof.
AKTIWITEIT 3 : BL 112 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:
4. Al die stukke rots wat losgeskiet is by die afbouplek, moet eers verwyder word. Die myners verwyder die
stukke gouddraende erts en rots van die werkplek en laai dit op trems (ook koekepanne genoem), wat op
spore loop.
5. Die trems neem die erts ondergronds na die naaste groot skag, waar die inhoud van die trem in 'n groot
hysbak of 'skip' gegooi word sodat dit na die oppervlak getrek kan word.
6. Op die oppervlak word die gouderts op trokke gelaai en na 'n ander deel van die myn vervoer. Daar word
die erts deur spesiale masjiene fyn gebreek om die goud van die rotse te skei. Chemikalieë word
bygevoeg om soveel as moontlik goud te herwin.
7. Aangesien daar steeds goud in die gouderts vassit, word die goud nou gesmelt. Die warm, vloeibare
goud word dan in houers uitgegooi om af te koel.
8. Om ongeveer 21 gram goud te maak, moet myners ongeveer twee ton gouddraende erts oopskiet en
vergruis.
BRON J: Sjangaanlied.
Die liedjie langsaan is gesing deur
Sjangaanwerkers van Mosambiek. Baie mynwerkers
het van buurlande af gekom, veral van
Mosambiek, wat tot in 1975 as
Portugees-Oos- Afrika bekend
gestaan het. (Joana beteken
Johannesburg.)
1. Identifiseer in watter land in die
suidelike Afrika groot hoeveelhede goud
in 1886 ontdek is.
2. Waarom het die bevolking aan die
Witwatersrand in die laat 19de eeu
begin toeneem?
3. Verduidelik waarom dit so duur geword
het om goud aan die Rand te ontgin.
4. Lees die inligting in die teks oor die
toestande onder die grond, asook Bron I
en J, en beantwoord dan hierdie vrae:
4.1 Watter inligting in die teks word ook in
Bron I aangedui?
4.2 Op watter manier bevestig die inligting
in Bron J dit wat in die teks staan?
4.3 Identifiseer watter bron (I of J) die beste
is om te gebruik as jy wil weet: >
4.3.1 hoe 'n myn gewerk het
4.3.2 wat mynwerkers se gedagtes is.
BRON K: Spotprent wat wys hoe Die Kamer
van Mynwese Swart Werkers eet.
Hierdie spotprent kom uit 'n koerant Umvikele Thebe (die Afrikaan se Verdediger), wat in 1936 uitgegee is.
In hierdie spotprent word die Kamer van Mynwese uitgebeeld as 'n groot wit man wat swart werkers met
'n lepel eet.
AKTIWITEIT 4 : BL 112 - 114
ANTWOORD DIE
VOLGENDE VRAE:
1. Verduidelik die betekenis van elk van die
volgende begrippe deur na die mynbedryf in die
suidelike Afrika te verwys:
1.1 ondergrondse myne
1.2 groot mynmaatskappye
1.3 aandele
1.4 mynmagnate
1.5 Kamer van Mynwese
2. Gebruik Bron I, die teks en jou eie kennis om te
verduidelik wat 'n myneienaar nodig sou hê om 'n
myn te begin.
3. Bestudeer Bron K en beantwoord die volgende
vraag: Die mynmagnate het nie rêrig mynwerkers
geëet nie. Wat, dink jy, wou die
spotprenttekenaar sê deur die prent so te teken?
BRON L: Vertaling van ń gedig geskryf
deur Gouveia Lemos.
'n Gedig wat deur Gouveia Lemos geskryf is. Hy was 'n trekarbeider van Mosambiek wat op
die goudmyne gewerk het. Die myneienaars het graag werkers uit Mosambiek aangestel, want hulle was bereid om kontrakte te teken om vir lang tye op die myne te werk. Teen 1910 het
meer as die helfte van die trekarbeiders op die myne van Mosambiek af gekom.
Ek trek 'n skoon hemp aan en gaan werk soos my kontrak bepaal
Wie van ons Wie van ons sal terugkeer?
Vier en twintig maande sien ek geen vroue nie sien ek nie my osse nie sien ek nie my land nie.
Wie van ons Wie van ons sal sterf?
Om die myneienaars te help, het die regering 'n passtelsel ingestel. Hiervolgens moes alle
trekarbeiders 'n pas hê wat sê by watter myn hulle werk. Dit het beteken dat hulle nie van een myn na 'n ander kon gaan om hoër lone te soek nie. Wanneer hul kontrak verstryk het, kon hulle
nie in die dorpe aanbly nie - hulle moes terugkeer na hul tuistes op die platteland.
Hierdie landelike gebiede het later as reservate bekend gestaan.
BRON M: Foto van lewe in ń
kampong.
Hierdie foto beeld die lewens- omstandighede in 'n kampong uit, Dit wys dat daar net mans
gewoon het. Bale mans moes een kamer deel. Toestande was baie eenvoudig en die mans
het geen privaatheid gehad nie
BRON N: Gedeelte van ń Zoeloe lied
oor ń pas.
Langsaan is 'n uittreksel uit 'n Zoeloelied oor die vrae wat 'n persoon moes beantwoord
wanneer hy vir 'n pas aansoek doen. Dit word 'Paskantoor' genoem.
AKTIWITEIT 5 : BL 115 - 116
ANTWOORD DIE VOLGENDE
VRAE:
1. Hoe het die myneienaars werkers van die landelike gebiede sover gekry om op die myne te gaan werk?
2. Die myneienaars het gesukkel om mense te kry om op die myne te werk omdat die werk so moeilik en
gevaarlik was. Bespreek hoe die kontrakte, kampongs en passtelsel die myneienaars gehelp het om werkers te
kry.
3. Lees in die wenkekassie hier bo - hoe jy primêre bronne moet bestudeer. Bestudeer dan Bron L en M en
beantwoord hierdie vrae.
3.1 Waarvandaan kom die werker wat Bron L geskryf het?
3.2 Hoe lank is sy kontrak geldig?
3.3 Waaroor is hy bekommerd?
3.4 Wat kom jy in Bron M agter omtrent die mynwerkers se lewensomstandighede?
3.5 Verduidelik waarom jy meer as twee bronne nodig het om vas te stel of die inligting wat daarin gegee word,
korrek is.
4. Wat was die passtelsel en hoe het dit mense se vryheid van beweging beperk?
5. Bestudeer Bron N en O en verduidelik wat jy daaruit agterkom oor mense se houding teenoor die passtelsel.
6. Waarom is primêre bronne, soos Bron K, L, M, N en O,nuttig wanneer jy meer wil agterkom oor hoe dit was
om op die myne te werk?
Wenk! Hoe om primêre bronne te bestudeer Primêre bronne is bewysstukke uit die tydperk wat jy bestudeer. Dit kan enige van die volgende wees:
o 'n amptelike lys name van die werkers in 'n
kampong)
o Mondelinge bronne (byvoorbeeld 'n
onderhoud met `n mynwerker waarin hy sy
lewe op die myn beskryf)
o Visuele bronne (byvoorbeeld 'n skets van
'n myn se uitleg)
o 'n Voorwerp (byvoorbeeld 'n ou boor wat
gebruik is om gate vir dinamietkerse te
maak)
Primêre bewysstukke is nuttig, want: o Dit wys ons hoe die lewe op daardie stadium
was en wat die mense gedink het
Primêre bronne het egter ook nadele: o Dit gee een mens se mening, en skets nie die
groter prentjie nie.
BRON O: ń Opmerking oor passe en
hoe mense daaroor gevoel het.
Hierdie opmerking oor die passtelsel is deur 'n swart man gemaak wat in 1919 in 'n stedelike gebied gewoon het. Mense het die passtelsel gehaat, want net swart mense met die regte pas, is in stedelike gebiede toegelaat. As 'n polisieman jou voorgekeer en jou pas gevra het, kon jy tronk toe gaan of na die reservate teruggestuur word > as jy dit nie by jou gehad het nie. 'n Pas is veronderstel om swart mense te beskerm. Dit word beskou as 'n ooreenkoms wat by die Paskantoor tussen die werkgewer
en werknemer aangegaan word. Vrae: 1. As dit die geval is, waarom word ek
gedwing om hierdie ooreenkoms of
dokument by my te dra?
2. Waarom agtervolg die polisie my dag en
nag om my pas te vra en waarom laat dit
my heeltyd onrustig voel?
3. Waarom kan ek dit nie in my kas bêre waar
dit veilig is nie?
AKTIWITEIT 6 : Bl 116 – 117 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:
Foto:
Hierdie foto wys hoe vroue in 'n landelike gebied harde, fisiese werk doen. Die vroue moes alles doen wat die mans
gewoonlik gedoen het.
1. Doen 'n rolspel wat 'n spesifieke situasie in 'n landelike
gebied uitbeeld. Beeld uit hoe die vroue en kinders se
lewens beinvloed is nadat die mans op die myne gaan
werk en hulle alleen agtergebly het. Jy sal jou kennis en
verbeelding moet gebruik.
2. Wat sou die kinders alles vir hul pa's vra oor die stad en
hulle werk in die myn wanneer hulle huis toe kom?
3. In baie gemeenskappe is mans wat op die myne gewerk
het, met groot respek behandel wanneer hulle
teruggekeer het huis toe. Waarom dink jy was dit so?
4. Verduidelik waarom wit mynwerkers beter ooreenkomste
met die myneienaars kon beding as die swart werkers.
5. Watter wette is gemaak om die wit werkers se posisie te
beskerm?
6. Analiseer waarom wit werkers se gesinslewe nie so erg
geraak is soos swart werkers s'n nie.
7. Hoe het die regering van daardie tyd teen Indiërs
gediskrimineer?
Foto’s
Baie mynwerkers het geweier om toe te laat dat hul situasie
hulle ongelukkig maak. Hulle het byvoorbeeld hulle eie musiek
gemaak. \
'n Vroeë foto van 'n straat in een van die nuwe myndorpe aan die
Rand.
AKTIWITEIT 7 : Bl 118 - 121
ANTWOORD DIE
VOLGENDE VRAE:
1. Beskryf die maniere waarop mynwerkers hulle teen oorheersing verset het.
2. Wat is 'n staking, en waarom gebruik werkers dit as 'n vorm van verset?
3. Waarom, dink julle, het die regering die myneienaars ondersteun en teen die mynwerkers opgetree
wanneer hulle gestaak het?
4. Bestudeer Bron P en beantwoord hierdie vrae.
4.1 Wat kom jy agter uit die sleutel?
4.2 Die afmetings regs onder in die hoek word 'n skaal genoem. Gebruik die skaal, 'n stukkie tou en 'n liniaal om
die afstand per spoorlyn tussen Johannesburg en Durban te meet.
4.3 In watter eeu is die meeste spoorlyne gebou?
4.4 Verduidelik waarom dorpies langs die spoorlyne ontwikkel het.
4.5 Waarom verbind die spoorlyne die binneland met die kus?
1. Gebruik die inligting in die teks, Bron Q en die byskrifte om hierdie vrae te beantwoord.
1.1 Op watter maniere het Brittanje magtiger geword as gevolg van die Minerale Revolusie?
1.2 Watter politieke organisasies is na 1902 gestig, en wat wou hulle hé?
1.3 Watter vorme van verset het nd 1902 plaasgevind en hoe suksesvol was dit?
2. Vergelyk die kaart van Suid-Afrika in 1913 met die kaart van suidelike Afrika in 1860 op Bron P. Maak 'n lys
van die belangrikste verskille wat jy kan sien.
3. Skryf 'n paragraaf waarin jy verduidelik waarom die Minerale Revolusie as 'n keerpunt in die Suid-Afrikaanse
geskiedenis beskou word.
4. Gebruik die woorde wat onder die letterruit is en omkring dit in die ruit. Maak dan met elke woord ń sin.
BRON P: ń Kaart wat die ontwikkeling van die spoorweë toon. (Kyk na die kaart op
vorige bladsy links onder)
Hierdie kaart wys die ontwikkeling van die Spoorweë as gevolg van die mynbedrywighede in Suid-Afrika. Dit het beteken dat goedere vinniger vervoer kon word. Spoorlyne het dorpe in die binneland (veral
Johannesburg) met die kus verbind, wat dit makliker gemaak het om goedere uit te voer. Let op hoe baie dorpies langs
hierdie spoorlyne ontstaan het. Met verloop van tyd is paaie ook gebou.
AKTIWITEIT 8 : Bl 122 - 124 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:
AKTIWITEIT 9 : Bl 125 - 129 ANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE:
BRON Q: Foto`s wat die verskuiwing van die magsbasis uitbeeld.
Foto`s wat die verskuiwing van die magsbasis uitbeeld
Die Boererepublieke word verslaan (1902). Soldate wat tydens die Suid-Afrikaanse oorlog bymekaar kom. Met die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) het Brittanje die Boererepublieke verslaan, en hulle het Britse kolonies geword. Baie mense het gehoop dat Brittanje sy beheer oor die hele Suid-Afrika sou gebruik om
seker te maak dat alle mense, swart en wit, gelyke regte kry, byvoorbeeld die reg om te stem.
African Political Organisation (1902). Foto van APO-afgevaardigdes in 1912. Swart mense het politieke organisasies gevorm om protes aan te teken teen diskriminasie en om hulle vir gelyke regte te beywer. Die
African Political Organisation (APO) is in 1902 in Kaapstad gestig deur Abdullah Abdurahman, en in 1903 het Mohandas Gandhi die Transvaal Indian Congress gestig. In 1912 is die SANNC (wat later die ANC genoem
sou word) in Bloemfontein gestig. Hierdie foto is in 1912 by die 10de verjaardag van die APO geneem.
Bambatha-rebellie (1906). Foto van die 96-jaar oue Sigananda wat gevange geneem word. In 1906 het
gewapende verset onder leiding van kaptein Bambatha plaasgevind omdat mense ontevrede was oor 'n nuwe belasting wat die regering van die destydse Natal ingestel het. Die doel van die belasting was om
Zoeloemans te dwing om op wit boere se plase te gaan werk om geld te verdien om die belasting te betaal. Die regering het die Bambatha-rebellie met geweld onderdruk. Byna 4 000 van Bambatha se volgelinge is
doodgemaak, 7 000 is in die tronk gegooi en 4 000 is tot lyfstraf gevonnis vir hul aandeel in die rebellie. Hier word die 96-jarige Sigananda gevange geneem omdat hy geweier het om vir die owerhede te sê waar
Bambatha is.
Die Wet op Grondbesit van 1913. Foto wat die swaarkry van die Wet op Grondbesit van 1913 illustreer. Die Wet op Grondbesit van 1913 het baie mense gedwing om van hulle grond afstand te doen en na reservate te trek. Die reservate was oorbevolk en kon nie so baie mense onderhou nie; daarom is baie mense gedwing om as trekarbeiders op die myne, in fabrieke op die dorpe of op wit boere se plase te gaan werk.
Satjagraha-veldtog van 1913-1914. Foto van die Satjagraha-veldtog. In 1912 en
1913 het Indiërs 'n veldtog van geweldlose verset georganiseer as protes teen wette wat teen hulle diskrimineer. Dit
is die Satjagraha-veldtog genoem. Indiërwerkers het begin staak en Gandhi het 'n onwettige optog in die Transvaal ingelei, soos op hierdie foto gesien kan
word. Gandhi en ander leiers is in hegtenis geneem, maar daarna het die regering ingestem om sekere wette te
verander.
Stiging van die South African Native National Congress (SANNC). in 1912. Foto van SANNC-afvaardiging na Londen, 1914. Die south African Natives National Congress (later die ANC genoem), is in 1912 gestig en het sonder sukses probeer om die regering te oortuig om nie die Naturelle-grondwet van 1913 goed te keur nie. In 1914 het 'n groep leiers van die SANNC na Londen gegaan om Brittanje se hulp te vra in hul verset teen hierdie Grondwet, maar Brittanje het geweier om betrokke te raak. In die middel van die foto is eerwaarde
John Dube, die eerste president van die SANNC.
Begin nou met DEEL 2
Totstandkoming van die Unie (1910). Kaart van Suid-Afrika in 1913. Toe die Unie van Suid-Afrika in 1910 tot stand gekom het, het net wit mans die reg gehad om te stem. (In die Kaap kon swart mans wat grond besit het, ook
stem.) Volgens die Wet op Grondbesit van 1913 is 7% van die grond as
'naturellereservate' opsygesit. Dit was die enigste gebiede waar swart mense
grond kon besit.