GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie /...

18
1 GRAAD 12 – LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EKSAMENVRAE EN ANTWOORDE – 2020 NEDERSETTINGSTUDIE Konsepte van: Nedersetting / Standplaas / Ligging / Landelike en stedelike Klassifikasie van nedersettings volgens: Grootte en kompleksiteit / Patroon / Funksie VRAAG 1. 1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat landelike nedersettingspatrone toon. Pas die beskrywings hieronder by die landelike nedersettingspatroon A of B. Skryf slegs A of B langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) neer, bv. 1.1.9 B. FIGUUR 3.1: LANDELIKE NEDERSETTINGSPATRONE 1.1.1 'n Kernnedersettingspatroon 1.1.2 Geen privaatheid nie 1.1.3 Plaasimplemente word gedeel 1.1.4 Veiligheids- en sekuriteitsrisiko 1.1.5 Gefragmenteerde (opgebreekte) landbougrond 1.1.6 Ver van basiese dienste, soos winkels en skole, af 1.1.7 Produseer groot oeste 1.1.8 Benodig groot bedrae geld om te kan boer (8 x 1)(8) ANTWOORDE: 1.1.1 A (1) 1.1.2 A (1) 1.1.3 A (1) 1.1.4 B (1) 1.1.5 A (1) 1.1.6 B (1) 1.1.7 B (1) 1.1.8 B (1)

Transcript of GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie /...

Page 1: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

1

GRAAD 12 – LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

EKSAMENVRAE EN ANTWOORDE – 2020

NEDERSETTINGSTUDIE Konsepte van: Nedersetting / Standplaas / Ligging / Landelike en stedelike Klassifikasie van nedersettings volgens: Grootte en kompleksiteit / Patroon / Funksie VRAAG 1. 1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat landelike nedersettingspatrone toon. Pas die beskrywings hieronder by die landelike nedersettingspatroon A of B. Skryf slegs A of B langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) neer, bv. 1.1.9 B. FIGUUR 3.1: LANDELIKE NEDERSETTINGSPATRONE 1.1.1 'n Kernnedersettingspatroon 1.1.2 Geen privaatheid nie 1.1.3 Plaasimplemente word gedeel 1.1.4 Veiligheids- en sekuriteitsrisiko 1.1.5 Gefragmenteerde (opgebreekte) landbougrond 1.1.6 Ver van basiese dienste, soos winkels en skole, af 1.1.7 Produseer groot oeste 1.1.8 Benodig groot bedrae geld om te kan boer (8 x 1)(8) ANTWOORDE: 1.1.1 A (1) 1.1.2 A (1) 1.1.3 A (1) 1.1.4 B (1) 1.1.5 A (1) 1.1.6 B (1) 1.1.7 B (1) 1.1.8 B (1)

Page 2: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

2

1.2 Dui aan of ELK van die stellings hieronder 'n STEDELIKE of 'n LANDELIKE nedersetting beskryf. Skryf slegs STEDELIK of LANDELIK langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.2.1 Enkelfunksionele nedersetting 1.2.2 Sluit dorpe, stede, 'n metropool en 'n megalopolis in 1.2.3 Geassosieer met sekondêre, tersiêre en kwaternêre aktiwiteite 1.2.4 Sluit plaasopstalle, gehuggies en boeredorpies in 1.2.5 Toon 'n verspreide nedersettingspatroon 1.2.6 Het 'n verskeidenheid funksies, soos winkels, skole en aanbiddingsplekke 1.2.7 Gekenmerk deur primêre ekonomiese aktiwiteite 1.2.8 Vervul die rol van 'n sentrale plek (8 x 1)(8) ANTWOORDE: 1.2.1 Landelik (1) 1.2.2 Stedelik (1) 1.2.3 Stedelik (1) 1.2.4 Landelik (1) 1.2.5 Landelik (1) 1.2.6 Stedelik (1) 1.2.7 Landelik (1) 1.2.8 Stedelik (1) 1.3 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.8 D.

1.3.1 'n Los groepering van plaasopstalle word 'n … genoem. A boeredorpie B gehuggie C metropool D dorp 1.3.2 Die presiese grond waarop 'n nedersetting gebou word: A Ligging B Standplaas C Situasie D Gebied 1.3.3 Nedersettingdigtheid verwys na die getal nedersettings per … A m². B km². C cm². D mm². 1.3.4 'n Kulturele faktor wat die ligging van 'n standplaas beïnvloed, is … A water. B weiding. C brandstof. D godsdiens. 1.3.5 'n Nedersetting word as landelik geklassifiseer as gevolg van die … A aantal mense wat in die nedersetting woon. B aantal hoë-orde-aktiwiteite. C funksie van die nedersetting. D aantal lae-orde-aktiwiteite. 1.3.6 Droëpuntnedersettings kom naby … voor. A riviere B oases C moerasse D hoogliggende gebiede

Page 3: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

3

1.3.7 'n Nedersetting wat geleë is langs 'n rivier waar dit maklik oorgesteek kan word: A Ontspanningsnedersetting B Poortnedersetting C Oorbrugpuntnedersetting D Kruispadnedersetting (7 x 1)(7) ANTWOORDE: 1.3.1 B/landelike gehuggie (1) 1.3.2 B/standplaas (1) 1.3.3 B/km2 (1) 1.3.4 D/godsdiens (1) 1.3.5 C/funksie van die nedersetting (1) 1.3.6 D/hoërliggende gebiede (1) 1.3.7 C/Oorbrugpuntnedersetting (1)

1.4 Verwys na FIGUUR 1.4. Pas die beskrywings hieronder by nedersetting A of B. Kies die antwoord en skryf slegs die letter A of B langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.7) neer, byvoorbeeld 1.4.8 A. FIGUUR 1.4: NEDERSETTINGSTIPES

1.4.1 Word met verspreide plaasopstalle geassosieer 1.4.2 Maak dit moontlik dat plaastoerusting en idees gedeel word 1.4.3 Het gefragmenteerde stukke grond 1.4.4 Het groot hoeveelhede kapitaal nodig om volhoubaar te wees 1.4.5 Gebrek aan privaatheid in hierdie tipe nedersetting 1.4.6 Toon 'n kernpatroon 1.4.7 Groter sekerheidsrisiko in hierdie tipe nedersetting (7 x 1)(7) ANTWOORDE: 1.4.1 B (1) 1.4.2 A (1) 1.4.3 A (1) 1.4.4 B (1) 1.4.5 A (1) 1.4.6 A (1) 1.4.7 B (1)

Page 4: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

4

LANDELIKE NEDERSETTINGS Hoe standplaas en ligging die vestiging van landelike nedersettings beïnvloed Klassifisering van landelike nedersettings volgens: Patroon / Funksie / buitelynvorms VRAAG 2. 2.1 Kies 'n term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – H) langs die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 = J.

KOLOM A KOLOM B

2.1.1 Landelike nedersettings met een hooffunksie A sentrale plek

2.1.2 'n Nedersetting wat uit 'n paar geboue bestaan wat deur een gesin bewoon word

B kernnedersetting

2.1.3 'n Nedersettingspatroon waar geboue ver uit mekaar geplaas word

C lineêr

2.1.4 Plaashuise wat langs 'n pad geleë is D kruispadnedersetting

2.1.5 'n Nedersetting wat in die stedelike behoeftes van die omliggende landelike gemeenskap voorsien

E enkelfunksioneel

2.1.6 'n Nedersetting wat by 'n natuurlike deurgang in 'n bergreeks/-ketting ontwikkel

F verspreid

2.1.7 'n Nedersettingspatroon wat beïnvloed word deur die manier waarop paaie by mekaar aansluit

G geïsoleerde plaasopstal

H

poortdorp

(7 x 1)(7) ANTWOORDE: 2.1.1 E/enkelfunksioneel (1) 2.1.2 G/geïsoleerde plaasopstal 2.1.3 F/verspreid (1) 2.1.4 C/lineêr (1) 2.1.5 A/sentrale plek (1) 2.1.6 H/poortdorp (1) 2.1.7 D/kruispadnedersetting (1) 2.2 Bestudeer FIGUUR 2.2. Kies ʼn beskrywing in KOLOM A wat pas by ʼn nedersetting in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (2.2.1 – 2.2.7) neer, byvoorbeeld 2.2.8 = J. FIGUUR 2.2 NEDERSETTINGS

Page 5: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

5

KOLOM A KOLOM B

2.2.1 Die patroon by D waar die pad die vorm van die nedersetting bepaal

A Verspreid

2.2.2 Die dorp by G wat ontwikkel by die oorgang van ʼn rivier B Oorbruggingsdorp

2.2.3 Die nedersetting by H waar die waterbron die bepalende faktor is

C Droë-punt nedersetting

2.2.4 Die terrein by A is gekies in ʼn poging om water te vermy. D T-aansluiting dorpie

2.2.5 Die vorm van die paaie by I is die rede vir die vorm van die dorp.

E Liniêre vorm

2.2.6 Die nedersetting by K het ontstaan as gevolg van die kruising van die paaie.

F Verdedigingsdorp

2.2.7 Die dorp by C het ontwikkel as gevolg van veiligheidsredes gedurende tydperke van oorlog.

G Nat-punt nedersetting

H Kruispad-dorpie

I Kerndorp

(7x1)(7) ANTWOORDE: 2.2.1 E / liniêre vorm (1) 2.2.2 B / oorgangsdorp (1) 2.2.3 G / nat-punt nedersetting (1) 2.2.4 C / droë-punt nedersetting (1) 2.2.5 D / T-aansluiting dorpie (1) 2.2.6 H / kruispad dorpie (1) 2.2.7 F / verdedigingsdorp (1) 2.3 Voordat 'n boer 'n standplaas vir sy/haar plaas kies, sal die boer verskeie standplaas- en liggingsfaktore in berekening bring.

2.3.1 Onderskei duidelik tussen die terme standplaas en ligging. (2 x 1)(2) 2.3.2 Water kan beide 'n trekpleister of 'n afskrikmiddel wees wanneer 'n standplaas vir die plaasopstal gekies word. Verduidelik hierdie stelling. (2 x 2)(4) 2.3.3 Noem en bespreek EEN ander fisiese faktor wat 'n boer sal oorweeg wanneer hy/sy 'n standplaas vir 'n plaas kies. (2 x 2)(4) 2.3.4 Bespreek die rol van marktoeganklikheid as 'n liggingsfaktor wanneer 'n standplaas vir 'n plaas gekies word. (2 x 2)(4) ANTWOORDE: 2.3.1 Standplaas verwys na die presiese posisie wat vir die nedersetting gekies is (1) Ligging verwys na hoe die standplaas gekies is in verhouding net die omliggende landskap (1) [KONSEP] 2.3.2 Waar water skaars is sal die plaasopstal naby aan die waterbron geleë wees/ nat standplaas nedersetting (2) Waar water 'n bedreiging is sal die plaasopstal verder weg van die water geleë wees, bv. gevaar van oorstromings/droë standplaas nedersetting (2) 2.3.3 Topografie/Reliëf (2) Die gradiënt van die helling sal die tipe boerdery wat op die standplaas beoefen word beïnvloed (2) Gelyk gebied makliker om te bewerk (2) / Daar is minder erosie op gelyk grond (2) Grond (2) / Mikroklimaat (2) Die tipe grond bepaal die tipe gewasse wat op die standplaas van die plaas verbou sal word (2) Vrugbare grond verhoog produksie (2) Hellings in die skadusone word vermy a.g.v. gebrekkige sonlig (2) Hellings wat in die suidelike halfrond noordwaarts front word verkies, want dit ontvang meer sonlig en dit is goed vir bewerking (2) [ENIGE TWEE – MOENIE WATER AANVAAR NIE]

Page 6: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

6

2.3.4 Toegang tot die mark om produkte te verkoop (2) Toegang tot winkels om voorrade aan te koop (2) Toegang tot banke en dienste (2) Om op reistyd en brandstofkostes te bespaar (2) Bederfbare goedere wat op plase geproduseer word moet naby aan die mark wees (2) [ENIGE TWEE] 2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 wat 'n satellietbeeld van 'n landelike nedersetting toon wat op die binnelandse plato in Suid-Afrika geleë is. FIGUUR 2.4: SATELLIETBEELD VAN 'N LANDELIKE NEDERSETTING WAT OP DIE BINNELANDSE PLATO IN SUID-AFRIKA GELEË IS 2.4.1 Identifiseer die landelike nedersettingspatroon in FIGUUR 2.4. (1 x 1)(1) 2.4.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1. (1 x 2)(2) 2.4.3 Waarom word hierdie tipe nedersettingspatroon met grootskaalse boerdery geassosieer? (1 x 2)(2) 2.4.4 Waarom maak hierdie tipe nedersettingspatroon boere kwesbaar vir plaasaanvalle? (1 x 2)(2) 2.4.5 Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die moontlike faktore wat die ligging van hierdie nedersetting kon beïnvloed het. (4 x 2)(8) ANTWOORDE: 2.4.1 Verspreid/geïsoleerd (1) 2.4.2 Geen ander nabye sigbare nedersettings nie (2) Ver van naburige nedersettings/Geen naburige nedersettings sigbaar (2) [ENIGE EEN] 2.4.3 Die groot grote van die plaas (2) Toon baie velde aan (2) Groot dam (2) Toon baie geboue aan wat vir verskillende funksies by die plaasopstal (2) Privaat grondbesit (2) [ENIGE EEN] 2.4.4 Groot afstand vanaf ander plase (2) Geïsoleerd en kan maklik geteiken word (2) [ENIGE EEN]

Page 7: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

7

2.4.5 Gelyk grond geskik vir verbouing (2) Gelyk grond maak die gebruik van masjinerie moontlik vir kommersiële boerdery (2) Beskikbaarheid van water uit die dam (2) Intensiewe boerdery is 'n teken dat die grond vrugbaar is (2) Toegang tot pad om produkte vanaf die plase te vervoer (2) Groot ruimtes beskikbaar vir landbou (2) [ENIGE VIER]

LANDELIKE NEDERSETTINGSKWESSIES Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne / Grondhervorming VRAAG 3. 3.1 Verwys na die artikel in FIGUUR 3.1 oor die toemaak van Pelgrimsrus. FIGUUR 3.1 PELGRIMSRUS “MAAK TOE”

3.1.1 Pelgrimsrus staar die status van spookdorp in die gesig. Wat is ʼn spookdorp? (1x1)(1) 3.1.2 Haal ʼn moontlike rede aan waarom die Departement van Openbare Werke opdrag gegee het dat besighede moet toemaak. (1x1)(1) 3.1.3 Stel voor hoe die toemaak van besighede in Pelgrim's Rest gevolge vir landelike-stedelike migrasie na ander dele in Mpumalanga sal hê. (1x2)(2) 3.1.4 Stel TWEE negatiewe sosiale gevolge voor wat die toemaak van besighede op die bevolking van Schoonplaas sal hê. (2x2)(4) 3.1.5 Verduidelik hoe die Departement van Toerisme kan ingryp om te verhoed dat hierdie dorp ʼn spookdorp word. (3x2)(6) ANTWOORDE: 3.1.1 ʼn Verlate dorp met min of geen oorblywende inwoners (2) 3.1.2 Afname in toerisme (1) 3.1.3 Daar sal ʼn toename in landelike-stedelike migrasie wees (2) 3.1.4 Geen toegang om kos en kruideniersware te koop nie (2) Moet ver reis om hul lae orde goedere te kry (2) / Armoede neem toe (2) Mense verloor hulle werk (2) / Misdaad verhoog (2) (Enige TWEE kan voorbeelde gee) 3.1.5 Subsidieer die sake-eienaars vir huur / elektrisiteit / water rekeninge. (2) Skep inisiatiewe om toeriste na hierdie gebied te lok. (Kan voorbeelde gee) (2) Bou van hotelfasiliteite in die omgewing (2) Verander ongebruikte myne in toeriste-aantreklikhede. (2) Gebruik die kuns en kunsvlyt van die plaaslike bevolking om meer werksgeleenthede te skep. (2) (Enige DRIE)

Page 8: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

8

3.2 Verwys na FIGUUR 3.2, 'n uittreksel oor landelik-stedelike migrasie. FIGUUR 3.2: LANDELIK-STEDELIKE MIGRASIE

3.2.1 Wat is landelik-stedelike migrasie? (1 x 1)(1) 3.2.2 Die uittreksel impliseer 'hoop' uit landelik-stedelike migrasie. Wat verwag die migrante in die stedelike gebiede? (1 x 2)(2) 3.2.3 Verduidelik waarom landelik-stedelike migrasie nie altyd tot 'n verbetering in lewenstandaard van landelike migrante lei nie. (2 x 2)(4) 3.2.4 Evalueer in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die negatiewe uitwerking van landelik-stedelike migrasie op stede. (4 x 2)(8) ANTWOORDE: 3.2.1 Die beweging van mense van landelike na stedelike gebiede (1) [KONSEP] 3.2.2 Werksgeleenthede (2) Beter salarisse (2) Verbeterde behuisingstoestande (2) Verbeterde opvoedkundige dienste (2) Verbeterde dienslewering (2) Verhoogde lewenstandaarde (2) [ENIGE EEN] 3.2.3 Gedwing om werk in die informele sektor te soek wat minder betalend is (2) Kan nie werk kry nie (2) Onvoldoende vaardighede vir formele werksgeleenthede in die formele sektor (2) Gebrekkige behuising (2) Soek skuiling in informele nedersettings om lewenskostes te verlaag wat tot swakker lewensomstandighede lei (2) Lewenskoste in stedelike gebiede is hoog (2) Verwagte dienslewering word nie aan voldoen nie want dit is oorlaai (2) Wanneer mense stad toe kom, is hulle aan maatskaplike euwels blootgestel (2) [ENIGE TWEE] 3.2.4 Gebrek aan behuising lei tot die ontstaan van informele nedersettings (2) Hoë vlakke van werkloosheid (2) Toename in misdaad/sosiale verval omdat ongeskoolde mense nie werk kan kry nie (2) Onvoldoende dienste soos water, elektrisiteit (2) Onhigiëniese toestande, want vullisverwydering in die stad is onder druk (2) Verkeersopeenhopings en besoedeling neem toe (2) Oorbevolking en gebrekkige skuiling lei tot die vinnige verspreiding van siektes soos tuberkulose (2) [ENIGE VIER]

Page 9: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

9

3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 wat landelik-stedelike migrasie toon. FIGUUR 3.3: LANDELIK-STEDELIKE MIGRASIE

3.3.1 Definieer die term landelik-stedelike migrasie. (1 x 1)(1) 3.3.2 Waarom word 'n magneet in die diagram gebruik om landelik-stedelike migrasie uit te beeld? (1 x 1)(1) 3.3.3 Noem TWEE stootfaktore, wat in die diagram sigbaar is, wat landelik-stedelike migrasie tot gevolg het. (2 x 1)(2) 3.3.4 Noem TWEE maniere waarop landelik-stedelike migrasie die landelike gemeenskap negatief beïnvloed. (2 x 2)(4) 3.3.5 Bespreek, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare maatreëls wat in landelike gebiede ingestel kan word om landelik-stedelike migrasie te verminder. (4 x 2)(8) ANTWOORDE: 3.3.1 Beweging van mense van landelike na stedelike gebiede (1) [KONSEP] 3.3.2 Dit verteenwoordig die TREKfaktore (wat mense na stede toe lok) (1) 3.3.3 Gronderosie (1) Geen paaie (1) Swak oeste (1) [ENIGE TWEE] 3.3.4 Landelike ontvolking (2) Bevolking word ouer (2) Bevolkingswanbalans (2) Afname/toemaak van dienste (2) Agteruitgang van infrastruktuur (2) Ongebruikte hulpbronne/landbougrond (2) Afname in landbou-uitsette (2) Afname in arbeidsmag (2) Werksgeleenthede word minder (2) Vernietiging/afname in die ekonomie (2) Families word van mekaar geskei (2) Spookdorpe (2) Minder beleggings (2) ‘Brain drain’ vind plaas (2) Tekort aan sekuriteit op plase (misdaadkoers a.g.v isolasie) (2) Afname in eiendomswaarde (2) [ENIGE TWEE] 3.3.5 Voorsiening van basiese dienste/HOP (2) 'n Omvattende Landelike ontwikkelingsprogram/Comprehensive Rural Development Programme (CCRP) Agenda 21(2) Voorsien kwaliteitdienste (2) / Opgradeer infrastruktuur (2) Nywerheidsontwikkeling (2) / Toerisme en spesiale geleenthede (2) Ontwikkel wildreservate /Eko-toerisme (2) / Lok pendelaars om hier te kom woon (2) Ontwikkel kunstefeeste (2) / Ontwikkel toeristeverblyf soos bed-en-ontbytplekke (2) Verbeter salarisse (2) / Ontwikkel landbouskole (2) Regeringstoelae/-hulp (2) / Hef plaasgemeenskappe op (2) Skep werksgeleenthede (2) / Verander boerderypraktyke om te verbeter (2)

Page 10: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

10

Wetenskaplike tegnologie om landelike gebiede te verbeter (2) Verbeter toegang tot kapitaal vir boere (2) Vaardigheidsopleiding vir boere (2) [ENIGE VIER] 3.4 Bestudeer FIGUUR 3.4 wat 'n strokiesprent oor landelik-stedelike migrasie toon. FIGUUR 3.4: LANDELIK-STEDELIKE MIGRASIE

3.4.1 Noem die stootfaktor in die strokiesprent wat tot landelik-stedelike migrasie gelei het. (1 x 1)(1) 3.4.2 Noem die trekfaktor wat John na die stad gelok het. (1 x 1)(1) 3.4.3 Verwys na die strokiesprent (raampie 4). Waarom was Joan verbaas oor John se aangetrokkenheid tot die stad? (1 x 1)(1) 3.4.4 Noem TWEE ander verwagtinge wat John gehad het waaraan NIE voldoen is toe hy stad toe getrek het NIE. (2 x 2)(4) 3.4.5 Plaaslike regerings (munisipaliteite) moet hulle jaarlikse begrotings verhoog om vir 'n instroming van landelike migrante voorsiening te maak. Verduidelik hierdie stelling in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls. (4 x 2)(8) ANTWOORDE: 3.4.1 Droogte/Plaas het opgedroog/gebrek aan reënval (1) Verlies aan eiendom/werkloosheid (1) Swak lewenstandaard in die landelike gebied (1) [ENIGE EEN] 3.4.2 Hoër lewenstandaard (1) 3.4.3 Nie alle mense het ‘n hoër lewenstandaard in strokie 4 nie (1) Sommige mense woon in krotte/informele nedersettings (1) Sommige mense het swak lewensomstandighede (1) Hoë vlak van werkloosheid (1) [ENIGE EEN] 3.4.4 Werksgeleenthede (2) Basiese dienste (2) Onderwys/mediese dienste (2) Formele behuising (2) Kulturele/ontspanning/vermaak/'helder liggies' (2) [ENIGE TWEE] 3.4.5 MAAK VOORSIENING VIR 'N INSTROMING VAN MIGRANTE Nuwe lae koste behuising/om behuisingstekort te voorkom/beperk die ontwikkeling van informele nedersettings (2) Formalisering van bestaande informele nedersettings (2) Verbeterde infrastruktuur (2) Verbeterde basiese dienste (2) Geld om sonverhitte geyser/JoJo Tenks te installeer (2) Geld om wateropgaarsisteme te installeer/JoJo tenks (2) Verbeterde openbare vervoer (2) Verbeterde sanitasie (2) Toegang tot onderwys (2) Gereelde rommelverwydering (2)

Page 11: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

11

Voorkom die verspreiding van siektes as gevolg van onhigiëniese lewensomstandighede (2) Toegang tot klinieke (2) / Verbeterde dreineerstelsels (2) Programme om vaardighede te verbeter (2) Verbeterde misdaadsvoorkoming en polisiëring (2) Toegang tot maatskaplike dienste (2) Moet werksgeleenthede skep (2) Om bestaande dienste in stand te hou (2) Voorkom swak diensleweringsopstande (2) Voorsien beter lewenskwaliteit vir inwoners (2) [ENIGE VIER] 3.5 Bestudeer FIGUUR 3.5 wat die neiging van die landelike bevolking vanaf 2004 tot 2015 in Suid-Afrika toon. FIGUUR 354: LANDELIKE BEVOLKING (2004–2015) 3.5.1 Lewer kommentaar op die neiging van 2004 tot 2015 in die grafiek ten opsigte van mense wat in landelike gebiede in Suid-Afrika woon. (1 x 1)(1) 3.5.2 Watter persentasie Suid-Afrikaners het in 2015 in landelike gebiede gewoon? (1 x 1)(1) 3.5.3 Gee 'n geprojekteerde persentasie vir die Suid-Afrikaanse landelike bevolking in 2018. (1 x 2)(2) 3.5.4 Watter impak sal die neiging in VRAAG 3.5.1 in die toekoms op landelike gebiede hê? (2 x 2)(4) 3.5.5 Indien die neiging in VRAAG 3.5.1 voortduur, kan Suid-Afrika in die nabye toekoms 'n voedseltekort in die gesig staar. In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke volhoubare maatreëls om volgehoue voedselsekerheid te verseker. (4 x 2)(8) ANTWOORDE: 3.5.1 Die neiging toon 'n afname in die aantal landelike mense (1) 3.5.2 35,20 % (1) 3.4.3 Minder as 35% (2) 3.5.4 Landelike ontvolking (2) Landelike sal nie langer in terme van groei en onwikkeling volhoubaar wees nie (2) 'n Gebrek aan belegging in landelike ontwikkelingsprojekte (2) Lewenskwaliteit neem af (2) Basiese dienste soos winkels en skole maak toe (2) Produksie neem af, want daar is minder mense (2) Spookdorpe ontwikkel (2) Jong mense sal waarskynlik na stedelike gebiede toe verhuis (2) Bevolking verouder (2) Siklus van armoede word nie verbreek nie (2) Minder veilig om in te bly (2) [ENIGE TWEE]

Page 12: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

12

3.5.5 Moedig beleggings in landelike ontwikkelingsplaasprojekte aan (2) Ontwikkel plaasskole en -kolleges (2) Verbeter vaardighede en verskaf opleiding aan boere (2) Meer navorsing om voedselproduksie te verbeter (2) Toegang tot waterbesparings besproeiingskemas (2) Wateroordragskemas om boerdery in droë gebiede te verseker (2) Verbeterde plaasimplemente (2) Gee aan mense grond om te kan boer (2) Voorsien toelaes/lae rentekoerslenings aan boere (2) Toegang tot versekering teen gewasverliese (2) Toegang tot hibriede/geneties aangepaste saad (2) Plant droogtebestande gewasse (2) Beweeg weg daarvan om enkelgewasse te plan en plant verskeidenheid van gewasse (2) Berg surplusse vir tye van tekorte (2) Beskerm boere om plaasmoorde te verminder (2) [ENIGE VIER] 3.6 Lees die uittreksel in FIGUUR 3.6 wat na die impak van landelike ontvolking verwys. FIGUUR 3.6: DIE IMPAK VAN LANDELIKE ONTVOLKING

3.6.1 Definieer die begrip landelike ontvolking. (1 x 1)(1) 3.6.2 Haal TWEE bewyse uit die leesstuk aan wat die sosiale impak van landelike ontvolking aandui. (2 x 1)(2) 3.6.3 'Plase word groter terwyl minder arbeidskrag benodig word.' (a) Stel EEN moontlike rede voor waarom plase groter word. (1 x 2)(2) (b) Bespreek hoe 'groter plase' landelike ontvolking kan laat toeneem. (1 x 2)(2) 3.6.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik hoe grondhervorming landelike ontvolking in Suid-Afrika kan verminder. (4 x 2)(8) ANTWOORDE: 3.6.1 Landelike ontvolking is die afnemende aantal mense in landelike gebiede (1) [KONSEP] 3.6.2 ʹNou is daar vyf plase waarvan vier slegs een bewoner het.ʹ (1) ʹDie kerke verdwyn …ʹ (1) ʹ… skole konsolideerʹ (1) ʹ… gemeenskappe verloor hulle identiteite (1) [ENIGE TWEE] ] 3.6.3 (a) Konsolidasie van kleiner ekonomiese plaaseenhede (1) Kommersiële boere koop grond by bestaansboere wat groter plaaseenhede skep/fasiliteer meganisasie (1) ENIGE EEN] (b) Meganisasie vind plaas wat die vraag na arbeiders laat afneem (2) Werkers word dan geforseer om die landelike gebiede te verlaat om werk te vind (2) Gesinne verloor hulle bron van inkomste en word gedwing om te verhuis(2) [ENIGE EEN]

Page 13: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

13

3.6.4 Dit sal bestaans-/kommersiële)-boerdery aanmoedig en dus voedsel-sekerheid en meer werksgeleenthede skep (2) Dit sal grond na mense oordra wat hulle sal aanmoedig om in die landelike gebiede te bly (2) Dit sal grond teruggee aan mense en hulle dus aanmoedig om na die landelike gebiede terug te keer of te bly (2) Dit bied gemeenskappe die geleentheid om inkomste te skep en dienste in landelike gebiede te verbeter (2) Dit stel gemeenskappe in staat om grond uit te verhuur vir kommersiële doeleindes en vervolgens meer werksgeleenthede skep (2) Dit kan voorkom dat mense van grond wat deur ander mense in landelike gebiede besit word, afgedwing word (2) [ENIGE VIER] 3.7 Die toenemende tempo van landelik-stedelike migrasie veroorsaak baie probleme vir landelike en stedelike nedersettings.

3.7.1 Definieer die term landelik-stedelike migrasie. (1 x 1)(1) 3.7.2 Noem TWEE omgewingstootfaktore wat vir landelik-stedelike migrasie verantwoordelik is. (2 x 1)(2) 3.7.3 Hoe sal landelik-stedelike migrasie veroorsaak dat die ekonomie van landelike gebiede stagneer (ophou groei)? (2 x 2)(4) 3.7.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik waarom trekfaktore 'n las vir stedelike munisipaliteite (plaaslike regerings) is. (4 x 2)(8) ANTWOORDE: 3.7.1 Die beweging van mense van landelike na stedelike gebiede toe (1) [KONSEP] 3.7.2 Droogte (1) / Oorstromings (1) / Onvrugbare grond (1) / Gronderosie (1) Siektes en pestilensies (1) [ENIGE TWEE] 3.7.3 Landelike ontvolking verminder die arbeidsmag (2) Onvoldoende drempelbevolking om basiese dienste te onderhou (2) Besighede/dienste maak toe, want daar is minder klante (2) Afname in kwaliteit van dienste (2) Minder werksgeleenthede/werkloosheid (2) Bevolking verouder, want jong mense verlaat die gebied (2) Breindrein omdat geleerde mense landelike gebiede verlaat (2) Hulpbronne (plaasgrond) bly onbenut (2) Gebrek aan produktiwiteit (afname in winste) met 'n ouer arbeidsmag (2) Minder beleggings omdat die koopkrag afneem (2) [ENIGE TWEE] 3.7.4 Groter munisipale begrotings/meer geld word benodig om voorsiening te maak vir groter bevolkings (2) Verhoogde druk op die munisipale dienste (of voorbeelde) (2) Ondervoorsiening van mediese personeel (2) Nie genoeg spesialiste vir die verhoogde aantal mense nie (2) Groter behoefte aan openbare vervoer (2) Behoefte om infrastruktuur te verbeter/vermeerder soos bevolking groei (2) Meer verkeersknope op paaie/meer verkeer (2) Toename in die aantal ongelukke (2) Groter aanvraag vir lae koste behuising (2) Meer informele nedersettings (2) Oorbesetting as gevolg van instroom van mense (2) Hoër werkloosheid/minder werk (2) Hoër misdaadvlakke en ander sosiale euwels (2) Hoër vlakke van lug-/geraas-/land-/grondbesoedeling (2) Al moeiliker om afvalbestuur te behartig (2) Meer afvalterreine geskep en grond word vernietig (2)

Page 14: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

14

Toenemende druk op onderwys/oorbesette skole in stedelike gebiede (2) Meer geld benodig om stedelike gebiede in stand te hou bv. Polisiëring en die skepping van buffersones (2) Munisipale wette moet aangepas word (2) Toename in dienslewering protesaksies (2) Meer mense wat onwillig is om vir dienste te betaal (2) [ENIGE VIER]

3.8 FIGUUR 3.8 toon water as 'n maatskaplike ongeregtigheid in landelike gebiede. FIGUUR 3.8: WATER AS 'N MAATSKAPLIKE ONGEREGTIGHEID IN LANDELIKE GEBIEDE

3.8.1 Hoe is water voor die uitvinding van die waterwiel wat in FIGUUR 3.8 getoon word, in landelike gebiede vervoer? (1 x 1)(1) 3.8.2 Hoe het die waterwiel van Wello toegang tot water in landelike gebiede verander? (1 x 2)(2) 3.8.3 Watter rol kan toegang tot water in landelike gebiede speel om armoede te verlig? (1 x 2)(2) 3.8.4 Gee 'n rede vir die swak water-infrastruktuur in Suid-Afrika se landelike gebiede. (1 x 2)(2) 3.8.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en maak volhoubare voorstelle om toegang tot water in landelike gebiede te verbeter. (4 x 2)(8) ANTWOORDE: 3.8.1 Kruiwaens, donkiekarre /op hulle koppe/emmers/dromme/bottels (1) [ENIGE EEN] 3.8.2 Vervoer van water is makliker/meer toeganklik (2) Spaar tyd om water te gaan haal (2) Meer water kan versamel word, dus minder ritte (2) Geslote houer daarom gaan minder water verlore (2) Geslote houer daarom is die water varser (2) [ENIGE EEN] 3.8.3 Toename in landbou/help bestaansboere (2) Volhoubare boerdery (2) Groter winste (2) Spandeer minder tyd om water te gaan haal, dus meer tyd om skooltoe te gaan (2) Meer werksgeleenthede/genereer inkomste (2) Verminder die las van tyd en volume benodig om die lewenstandaard en ekonomiese vatbaarheid op te hef (2) Ontwikkeling van tuisnywerhede (2) [ENIGE EEN] 3.8.4 Apartheidsnalatenskap oor toegang tot water (2) Gebrek aan befondsing vir verbeterde infrastruktuur (2) Nie ekonomies vatbaar in ylbevolkte gebiede nie (2) Gebrekkige beplanning en ontwikkeling in landelike gebiede (2) Bevolking neem vinniger toe as infrastruktuurontwikkeling (2)

Page 15: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

15

Swak onderhoud aan die bestaande infrastruktuur netwerk (2) Wanbestuur van fondse (korrupsie) deur die regering (2) Boorgate nie toeganklik nie/in privaatbesit (2) / Diefstal van water-infrastruktuur (2) Te min gekwalifiseerde mense om water-infrastruktuur in stand te hou (2) Fokus is op stedelike gebiede en nie landelike gebiede nie (2) Omleiding van waterhulpbronne (2) Swak/goedkoop materiaal word gebruik om water-infrastruktuur in stand te hou (2) [ENIGE EEN] 3.8.5 Infrastruktuur moet ontwikkel word vir gepypte water na huise toe (2) Bou meer/opgradering van damme om water op te gaar (2) Installeer meer Jo-Jo tenks om water te versamel en op te gaar (2) Boor meer boorgate om ondergrondse waterreserwes te benut (2) Moedig die hergebruik van gryswater aan om vermorsing te bekamp (2) Filtreer besoedelde water (2) Omgekeerd osmose om vars water te voorsien (2) Regering moer meer fondse bewillig om vars water te verseker Gebruik tussen-bekken wateroordragskemas waar daar 'n gebrek aan water is (2) Opgradering en onderhoud aan bestaande waternetwerkestelsels (2) Opvoeding in die slim gebruik van water (2) Verbeterde boerderymetodes om infiltrasie aan te moedig (2) Gebruik organiese bemesting om die besoedeling van water te voorkom (2) Verbeter opvangbeheerstelsels (2) Vul voorrade in akwifers aan om grondwatervolumes te handhaaf (2) Verwyder eksotiese/uitheemse plantegroei om watergebruik te verminder (2) Verbeterde besproiingstegnieke om water te bespaar (2) Subsidieer die Wellowaterwiel (2) [ENIGE VIER] 3.9 Verwys na FIGUUR 3.9, 'n spotprent oor die 1913 Naturelle Grond Wet in Suid-Afrika. FIGUUR 3.9: 1913 NATURELLE GROND WET 3.9.1 Definieer die term grondrestitusie. (1 x 1)(1) 3.9.2 Wat was die doel van die Naturelle Grond Wet, 1913 (Wet 27 van 1913)? (1 x 1)(1) 3.9.3 Wanneer is die 1913 Naturelle Grond Wet herroep? (1 x 1)(1) 3.9.4 Verduidelik waarom grondrestitusie op gepaste wyse met die slak verbind word. (2 x 2)(4) 3.9.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en beskryf kortliks enkele van die faktore wat die grondhervormingsproses in Suid-Afrika vertraag het. (4 x 2)(8)

Page 16: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

16

ANTWOORDE: 3.9.1 Grond is teruggegee(1) Grondrestitusie is die proses waardeur grond teruggegee word (1) [KONSEP] 3.9.2 'n Wet wat rassegroepe van mekaar geskei het op grond van waar hulle in Suid-Afrika mag gewoon het. 3.9.3 1994 (1) 3.9.4 Grondrestitusie in Suid-Afrika vind baie stadig plaas (2) Grondrestitusie is nog nie orals in Suid-Afrika toepas nie (2) Verskeie groepe mense is steeds besig om kwessies rondom grondrestitusie te bespreek (2) Baie restitusie-eise is nog nie opgelos nie (2) [ENIGE TWEE] 3.9.5 Die regering en tradisionele leiers wat nie saamstem oor die hoeveelheid grond wat aan gemeenskappe teruggegee moet word nie (2) Daar is 'n gebrek aan post-hervestiging ondersteuning van die regering se kant af (opleiding, toerusting, infrastruktuur, finansiële bystand (2) Dit is ‘n duur proses (2) / Neem lank om landeisdispute op te los (2) Grond wat teruggegee is, word nie produktief gebruik nie en word dikwels nie eers bewerk nie (2) Herverdeling het nie ekonomiese groei in landelike gebiede gestimuleer of armoede verminder nie (2) / Gapings in grondhervormings beleid (2) Die verwagte skuif van bestaans- na kommersiële boerdery op grond wat teruggegee is, het nie plaasgevind nie (2) Grond word teruggegee aan mense wat geen landboukennis het of wil boer nie (2) Ten spyte van nuwe grondbesitwette word werkers steeds van plase af verjaag (2) Grond word nie genoeg ontwikkel sodat mense 'n bestaan kan voer nie (2) Ondersteuning deur die regering vir landbouproduksie is nie genoegsaam nie (2) Die gewillige koper/verkoper beleid (2) / Omkoop en korrupsie (2) Die grondeienaars is onwillig om grond te verkoop (2) Sommige restitusiebevoordeeldes trek nie terug na die grond toe nie (2) [ENIGE VIER] 3.10 FIGUUR 3.104 toon data oor grondrestitusie in die verskillende provinsies in Suid-Afrika. FIGUUR 3.10: DATA OOR GRONDRESTITUSIE 3.10.1 Definieer die term grondrestitusie. (1 x 1)(1) 3.10.2 Gee die totale getal grondeise wat tot op hede gemaak is. (1 x 1)(1) 3.10.3 Watter provinsie het tot dusver die grootste hoeveelheid grond vir grondrestitusie toegeken? (1 x 1)(1) 3.10.4 Lewer kommentaar op die totale grondkoste in verhouding tot die totale hoeveelheid wat vir die grondrestitusieproses toegestaan is. (1 x 2)(2) 3.10.5 Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 3.10.4. (2 x 2)(4) 3.10.6 Verduidelik die belangrike rol wat grondrestitusie in die sosiale regsproses in 'n demokratiese Suid-Afrika speel. (3 x 2)(6)

Page 17: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

17

ANTWOORDE: 3.10.1 Dit is die proses waardeur mense wat hulle grond as gevolg van gedwonge verskuiwings verloor word, gekompenseer word (1) [KONSEP] 3.10.2 75 400 grondeise (1) 3.10.3 KwaZulu-Natal (1) (1 x 1) (1) 3.10.4 Die totale bedrag toegestaan is groter as die grondwaarde (2) Die totale grondwaarde is minder as die totale bedrag toegestaan (2) [Die verhouding moet uitgelig word] [ENIGE EEN] 3.10.5 Grondeienaars wou 'n hoër prys as die markwaarde hê (2) Grond is ontwikkel en het daarom 'n hoër prys geëis (2) Om seker te maak dat grondrestitusie suksesvol is, moes die regering 'n hoër prys betaal (2) Omkopery en korrupsie (2) [ENIGE TWEE] 3.10.6 Om die ongeregtighede van Apartheid aan te spreek (2) Om armoede in landelike gebiede te verminder (2) Om groei en ekonomiese ontwikkeling aan te moedig (2) Vir rekonsiliasie en stabiliteit in die land (2) [ENIGE DRIE] 3.11 Verwys na FIGUUR 3.11, 'n artikel oor grondhervorming. FIGUUR 3.11: GRONDHERVORMING

3.11.1 Definieer die term grondhervorming. (1 x 1)(1) 3.11.2 Waarom het die grondhervormingsprogram misluk, volgens die artikel? (1 x 1)(1) 3.11.3 Bespreek kortliks TWEE faktore wat verduidelik waarom grondhervorming in Suid-Afrika noodsaaklik is. (2 x 2)(4) 3.11.4 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek metodes wat die regering kan gebruik om die mense wat na grondhervorming hervestig is, te ondersteun. (4 x 2)(8) ANTWOORDE: 3.11.1 'n Proses om die ongeregtighede van verplasing en gedwonge verwydering wat tydens Apartheid voorgekom het aan te spreek (1) [KONSEP] 3.11.2 Die begunstigdes het weinig of geen verbetering in hulle lewensomstandighede gesien nie (1) Herverdeelde grond word nie produktief gebruik nie (1) Suid-Afrika se grondhervormingsproses fokus nie op sukkelende boere nie (1) [ENIGE EEN] 3.11.3 Om ekonomiese groei van diegene wat benadeel is aan te moedig (2) Om selfonderhoudende boere te ontwikkel (2) Om ongeregtighede van die verlede aan te spreek (2) Die nalatingskap van Apartheid het die onregverdige verspreiding van grond gedomineer en grondhervorming wil dit regstel (2)

Page 18: GRAAD 12 LENDELIKE- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS … · Konsep van landelik-stedelike migrasie / Konsep van landelike ontvolking: Maatskaplikegeregtigheid-kwessies: Toegang tot hulpbronne

18

Nasionale versoening (2) Deur voedselproduksie in die voorheen randgemeenskappe van die bevolking te verbeter (2) Grondhervorming sal mense help om toegang tot grond te verkry (2) Om armoede te verlig, want die meeste gemeenskappe het tydens Apartheid op gemeenskaplike grond gewoon (2) [ENIGE TWEE] 3.11.4 POST-NEDERSETTING HULP VIR DIE GRONDHERVORMINGSPROSES Hersien grondhervormingsbeleide (2) Maatreëls om te verseker dat herverdeelde grond produktief gebruik word (2) Insluiting van plaaslike gemeenskappe om behoeftes deur konsultasie te bepaal (2) Vestiging van opleidingsentra in hierdie nedersettings om die geneemskappe se vaardighede te verbeter (2) Opleiding en ontwikkeling in moderne boerderymetodes (2) Hersien die beleide van grondaankope (2) Subsidieer kleinskaalse boerderygemeenskappe om hulle aan te moedig tot die koop en verkoop van hulle produkte (2) Skep markgebiede vir handel (2) [ENIGE VIER]