GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg...
Transcript of GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg...
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2014
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150 TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
*ILFSCA1*
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK neer. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
4. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag. 5. ALLE tekeninge moet in potlood en die byskrifte in blou of swart ink
gedoen word.
6. Teken diagramme of vloeidiagramme slegs wanneer gevra word om dit te
doen.
7. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken NIE.
8. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar. 11. Rond alle berekeninge af tot twee desimale na die komma.
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die toerusting hieronder word gebruik om die versaking van
watter van die volgende organe te behandel?
A Hart B Nier C Lewer D Longe 1.1.2 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn direkte oorsaak van
nierskade NIE? A Hoë bloeddruk B Bilharzia parasiet C Diabetes D Hoë cholesterol
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.1.3 Die onderstaande spotprent illustreer die moontlike menslike
impak op die omgewing. Bestudeer die spotprent en beantwoord VRAE 1.1.3–1.3.5.
Watter EEN van die volgende basiese vereistes vir menslike
oorlewing word deur die innoverende ontwerp, soos in die spotprent geïllustreer, vervaardig?
A Water B Teenliggaampies C Suurstof D Optimale liggaamstemperatuur 1.1.4 Die bio-chemiese reaksie wat die neweproduk, soos genoem in
VRAAG 1.1.3, vrystel is … A selrespirasie. B proteïensintese. C transpirasie. D fotosintese.
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.1.5 Bestudeer die onderstaande stellings. (i) ʼn Ligbron word dag en nag verskaf. (ii) ʼn Bestendige voorsiening van water. (iii) Die ligbron word in die nag afgeskakel. (iv) ʼn Bestendige voorsiening van koolstofdioksied is
gewaarborg. Watter EEN van die volgende kombinasies is ontwerp om te
verseker dat daar ʼn voortdurende toevoer is van die neweproduk, genoem in VRAAG 1.1.3, vir menslike oorlewing?
A (i), (ii), (iii) en (iv) B Slegs (i), (ii) en (iv) C Slegs (i), (ii) en (iii) D Slegs (i), (iii) en (iv) 1.1.6 Waar vind die emulsifisering van vet plaas? A In die lewer. B In die kolon. C In die galblaas. D In die dunderm. 1.1.7 Watter genommerde deel skei ʼn hormoon af wat ʼn verhoogde
produksie van glikogeen veroorsaak?
A W B X C Y D Z
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.1.8 Watter strukture vergroot die oppervlakte in die longe? A Alveoli B Bronchii C Die villi D Die pleurale membraan 1.1.9 Watter EEN van die volgende verteenwoordig digtheidsafhanklike
en digtheidsonafhanklike faktore? Digtheidsafhanklike
faktore Digtheidsonafhanklike
faktore A Siekte en kompetisie Vloede en droogte B Vuur en vloede Voedselvoorsiening en
predasie C Voedselvoorsiening en
siekte Kompetisie en predasie
D Kompetisie en vuur Vloede en droogte (9 x 2) (18) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die kraakbeenstruktuur waar die stembande aangetref word 1.2.2 Die bloedselle wat suurstof vervoer 1.2.3 Geleidelike verhoging in die gemiddelde temperatuur van die
aarde se biosfeer 1.2.4 Die maksimum aantal individue wat deur die hulpbronne van ʼn
bepaalde habitat ondersteun kan word 1.2.5 Die beweging van individue, of die gedeelte verantwoordelik vir
voortplanting, in of uit ʼn bevolkingsgebied 1.2.6 ʼn Groep organismes van dieselfde spesies wat dieselfde gebied
beset en ewekansig kan teel 1.2.7 Die tipe plastiede wat stralingsenergie tydens fotosintese
absorbeer 1.2.8 Die suur wat in die spiere van die mens ophoop gedurende
deurlopende strawwe fisiese aktiwiteite (8 x 1) (8)
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I op slegs A, slegs B, beide A
en B, of geeneen van die items in KOLOM II van toepassing is. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.9) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Oksidasie van glukose in ʼn
lewende sel A Anabolisme
B Katabolisme
1.3.2 Ligafhanklike fase van fotosintese
A Grana
B Stroma
1.3.3 Anaërobiese respirasie in gisselle
A Koolstofdioksied
B Etielalkohol
1.3.4 Blokkeer die vloei van urine A Galstene
B Nierstene
1.3.5 Groot ekologiese voetspoor A TV bly dag en nag aan
B Lekkende kraan word nie herstel
1.3.6 Hulpbron-verdeling A Verminder oorvleueling van ekologiese nisse
B Verhoog die biodiversiteit
1.3.7 Veranderinge in gemeenskapsontwikkeling met verloop van tyd in ʼn gebied wat nie voorheen deur organismes bewoon is nie
A Kommensalisme B Mutualisme
1.3.8 Eenvoudige toetsmonster A Indirekte tegniek B Direkte tegniek
1.3.9 Die gemiddelde aantal geboortes in een generasie van vroulike individue vanaf vrugbare leeftyd
A Fertiliteitskoers
B Fekunditiet
(9 x 2) (18)
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.4 Die onderstaande diagram illustreer interne gaswisseling. Bestudeer die
diagram en beantwoord die vrae wat volg.
1.4.1 Watter respiratoriese gasse word onderskeidelik deur X en Y
verteenwoordig? (2) 1.4.2 Watter fisiologiese proses is verantwoordelik vir die beweging
van gasse soos deur die pyltjies aangedui? (1) 1.4.3 Noem TWEE maniere waarop die gas aangedui as X in die
bloed vervoer word. (2) 1.4.4 Watter proteïen speel n belangrike rol in die vervoer van die gas
aangedui as Y? (1) TOTAAL AFDELING A: 50
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die onderstaande diagram verteenwoordig aërobiese respirasie in die
mens. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae.
2.1.1 Identifiseer fases 1, 2 en 3. (3) 2.1.2 Benoem die dele genommer X en Y. (2) 2.1.3 Verklaar die oorsprong van X en Y. (2) 2.1.4 Identifiseer die produkte 1, 2 en 3. (3)
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.2 Die diagram hieronder illustreer die meganisme van asemhaling.
Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae.
2.2.1 Watter apparaat (A of B) verteenwoordig inaseming? (1) 2.2.2 Beskryf die meganisme van inaseming by die mens. (6) 2.2.3 Watter menslike strukture word deur die glasbuis, klokglas en
rubberplaat onderskeidelik verteenwoordig? (3) 2.2.4 Een van die leerlinge het met ʼn spyker ʼn gat in die rubberplaat
gemaak. Wat sal die gevolg wees wanneer hierdie rubberplaat afgetrek word? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn glukose toleransietoets
op ʼn gesonde persoon (Persoon A) en ʼn diabeet (Persoon B). Nadat hulle vir tien ure gevas het, is elkeen ʼn glukosedrankie wat 50 g glukose bevat gegee. Die hoeveelheid glukose in hul bloed was toe elke 30 minute vir die volgende 3 ure gemeet.
2.3.1 Wat was die hoogste konsentrasie glukosevlak in die bloed van
die diabeet? (1) 2.3.2 Na aanleiding van die grafiek, voorspel hoe lank dit sal neem vir
die glukose konsentrasie van: (a) Die gesonde persoon om terug te keer na die vlak toe die
glukose-oplossing geneem is. (2) (b) Die diabeet om terug te keer na die vlak toe die glukose-
oplossing geneem is. (2) 2.3.3 Hoe sal die resultate van die toets beïnvloed word indien ʼn
diabeet met insulien ingespuit word? (1) 2.3.4 In watter tipe verbinding word die bloedglukose weens die
invloed van insulien verander? (1) 2.3.5 Verduidelik kortliks waarom insulien, wat ʼn proteïen is, ingespuit
moet word eerder as om dit mondelings toe te dien. (2)
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.4 Die meegaande diagram verteenwoordig ʼn struktuur wat met die menslike
spysverteringstelsel verband hou. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae.
2.4.1 Identifiseer die bostaande diagram. (1) 2.4.2 In watter orgaan word hierdie struktuur aangetref? (1) 2.4.3 Wat is die hooffunksie van die bostaande struktuur? (1) 2.4.4 Gee die name van TWEE stowwe wat in hoër konsentrasies in C
as in D aangetref word. (2) 2.4.5 Benoem die dele genommer A en B. (2) 2.4.6 Noem enige EEN strukturele eienskap wat die bostaande
diagram in staat stel om sy funksie effektief te verrig. (2) [40]
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
VRAAG 3 3.1 Die onderstaande tabel verteenwoordig ʼn sekere tipe ekologiese
interaksie tussen twee wilde diere in ʼn wildreservaat. Bestudeer die tabel met die gegewe inligting en beantwoord die vrae wat volg.
JARE HAASBEVOLKING ROOIKATBEVOLKING 1975 350 200 1980 450 210 1985 250 350 1990 400 150 1995 250 370 2000 500 100 2005 250 400 2010 400 200 3.1.1 Trek n lyngrafiek om die ekologiese verhouding tussen die haas-
en rooikatbevolking aan te dui. (7) 3.1.2 Gebruik die inligting op die grafiek en identifiseer die groeifase
wat die rooikatbevolking tussen 1975 en 1980 aandui. (1) 3.1.3 Verskaf TWEE redes vir die vorm van die grafiek, soos in
VRAAG 3.1.2 genoem. (2) 3.1.4 Gee ʼn kort beskrywing van die interaksie tussen die haas- en die
rooikat bevolking. (4) 3.1.5 Bereken die persentasie afname van die haasbevolking tussen
1990–1995. Toon ALLE berekeninge. (3) 3.2 ʼn Leerder het ʼn eksperiment in die klas uitgevoer en verskeie stappe
gevolg. Bestudeer die prosedure en bestudeer die diagram om die vrae te beantwoord.
(a) ʼn Veelkleurige plant was vir 3-4 dae in donkerte geplaas. (b) Een van die blare was verwyder en ʼn styseltoets is gedoen. (c) Die plant was toe vir 4 uur in die lig geplaas. (d) ʼn Blaar was verwyder en ʼn tekening is daarvan gemaak om die
verspreiding van die groen en wit gedeeltes aan te dui. (Diagram 1). (e) Die blaar is daarna getoets vir die teenwoordigheid van stysel. (f) ʼn Paar druppels verdunde jodiumoplossing is op die blaar gegooi
waarna ʼn tweede tekening gemaak is om die verspreiding van blou-swart en bruin gedeeltes aan te toon. (Diagram 2)
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.2.1 Wat is die doel van die eksperiment? (1) 3.2.2 Waarom was die plant vir 3-4 dae in donkerte geplaas? (1) 3.2.3 Waarom moet die plant na stap (a) getoets word vir die
teenwoordigheid van stysel, voor dit aan lig blootgestel word? (2) 3.2.4 Maak ʼn benoemde tekening van Diagram 2 wat die resultaat van
die tweede styseltoets, soos genoem in stap (f), aandui. (Diagram 1 moet as templaat gebruik word.) (5)
3.2.5 Is dit nodig om ʼn kontrole vir hierdie ondersoek op te stel? (1) 3.2.6 Verskaf ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 3.2.5. (2) 3.2.7 Watter gevolgtrekking kan uit die ondersoek gemaak word? (2)
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.3 In baie ontwikkelende lande, is die menslike bevolking besig om teen ʼn
eksponensiële koers te vermeerder. ʼn Verhoging in die menslike bevolking lei tot ʼn vermeerdering van verskeie industrieë en gepaard met dit verhoogde koolstofvrystelling. Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Wetenskaplikes aan die Universiteit van Almeria is besig om ʼn nuwe
sisteem te ontwikkel om koolstofvrystelling te verminder deur van die fotosintetiese aktiwiteite van mikro-alge gebruik te maak. Die proses word as volg deur die navorsers verduidelik: “ʼn Watertenk word by die gasvrystellingspunt geïinstalleer om sodoende die besoedelde gas, afkomstig van bepaalde nywerheidsprosesse, op te vang. Die besoedelde water beweeg dan deur ʼn sisteem van bio-reaktore wat mikro-alge bevat. Deur die fotosintese proses verander die mikro-alge die CO2 vrystellings in plantmateriaal en suurstof.” [Bron:http://www.science20.com/news_releases/using_microalgae_photosynthesis_to_el
iminate_CO2_emissions] 3.3.1 Watter natuurlike proses kan volgens navorsers gebruik word om
die koolstofvrystelling van nywerhede te verminder? (1) 3.3.2 Identifiseer die lewende organismes wat gebruik kan word om die
besoedelde industriële gasse in minder gevaarlike lug te omskep. (1) 3.3.3 Noem TWEE nuttige eindprodukte wat tydens die proses
geproduseer word. (2) [4]
16 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.4 Die onderstaande foto’s verteenwoordig verskeie tipes wanvoeding.
Bestudeer die foto’s en beantwoord die vrae.
3.4.1 Identifiseer die tipe wanvoeding wat deur die foto’s A, B en C
onderskeidelik geïllustreer word. (3) 3.4.2 Wat is die hoofoorsaak van die toestande in foto’s B en C? (2) [40] TOTAAL AFDELING B: 80
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 17
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING C VRAAG 4 Skryf ʼn kort opstel om die homeostatiese werking van die nefron te beskryf indien ʼn persoon groot hoeveelhede water oor ʼn kort tydperk drink. (17)
Sintese (3)
TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2014
LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING A VRAAG 1 1.1 1.1.1 B 33 1.1.2 D 33 1.1.3 C 33 1.1.4 D 33 1.1.5 B 33 1.1.6 D 33 1.1.7 D 33 1.1.8 A 33 1.1.9 A 33 (9 x 2) (18) 1.2 1.2.1 Larinks 9 1.2.2 Eritrosiete/rooibloedselle 9 1.2.3 Aardverwarming 9 1.2.4 Drakapasiteit 9 1.2.5 Verspreiding 9 1.2.6 Bevolking 9 1.2.7 Chloroplaste 9 1.2.8 Melksuur 9 (8 x 1) (8) 1.3 1.3.1 Slegs B 99 1.3.2 Slegs A 99 1.3.3 Beide A en B/Albei 99 1.3.4 Slegs B 99 1.3.5 Beide A en B/Albei 99 1.3.6 Slegs A 99 1.3.7 Geeneen 99 1.3.8 Slegs A 99 1.3.9 Slegs B 99 (9 x 2) (18)
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
1.4 1.4.1 X = CO2 9 Y = O2 9 (2) 1.4.2 Diffusie 9 (1) 1.4.3 x In die vorm van bikarbonaatione. 9
x Verbind met hemoglobien in die rooibloedselle. 9 x As opgeloste gas in die bloedplasma. 9 (Enige 2 x 1) (2)
1.4.4 Hemoglobien 9 (1) TOTAAL AFDELING A: 50
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING B VRAAG 2 2.1 2.1.1 Fase 1 – Glikolise 3
Fase 2 – Krebs siklus 9 Fase 3 – Oksidatiewe fosforilasie 9 (3)
2.1.2 X – Glukose 9
Y – Suurstof 9 (2) 2.1.3 X – Inneem van voedsel 9 (eindproduk van vertering van
koolhidrate) Y – Inaseming van suurstof 9 (2)
2.1.4 Produk 1 – CO2 9
Produk 2 – Hoë energie waterstofatome 9 Produk 3 – Water 9 (3)
2.2 2.2.1 B 3 (1) 2.2.2 x Tydens inaseming trek die diafragma saam 9 en word plat,
die volume van die borskas neem toe van bo na onder. 9 x Die uitwendige tussenribspiere trek saam 9 en lig die
ribbekas boontoe en buitentoe wat die volume van die borskas vergroot van voor na agter. 9
x Veroorsaak dat die borsholte van kant tot kant en van agter na voor vergroot. 9
x Die totale volume van die borsholte neem toe 9 en die lugdruk in die longe verminder. 9
x Aangesien die atmosferiese druk hoër is as die lugdruk in die longe 9 vloei suurstofryke lug deur die lugweë in die longe. 9 (Enige 6 x 1) (6)
2.2.3 Glasbuis – Tragea 9
Klokfles – Borskas/ribbekas 9 Rubberplaat – Diafragma 9 (3)
2.2.4 Die ballon sal nie opblaas nie. 9 Die gat in die rubberplaat
veroorsaak dat die lugdruk in die klokfles dieselfde is as die atmosferiese druk. 9 (2)
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
2.3 2.3.1 300 9 mg/100 cm3 (1) 2.3.2 (a) 2 uur 30 minute/150 minute 99 (2) (b) 3 uur 30 minute/210 minute 99 (2) 2.3.3 Insulieninspuitings sal die bloedglukose konsentrasie van die
diabeet na normaal verlaag. 9 OF Sal die tydperk verkort wat dit neem vir die bloedglukose konsentrasie om na normaal na ingestie terug te keer. 9 (1)
2.3.4 Glikogeen 9 (1) 2.3.5 Insulien is ʼn proteïen en sal deur die menslike
spysverteringstelsel verteer word. 9 Sal dus nie as insulien geabsorbeer word nie, maar as aminosure. 9 (2)
2.4 2.4.1 Struktuur van ʼn villus 9 (1) 2.4.2 Dunderm 9 (1) 2.4.3 Absorpsie van verteerde voedingstowwe (1) 2.4.4 C – Groot hoeveelhede glukose 9 en aminosure 9 (2) 2.4.5 A – Kolomepiteel 9
B – Lakteaal/limfkapillêre 9 (2) 2.4.6 x Die dun kolomepiteel 9 van die villus vergemaklik die
absorpsie van verteerde voedingstowwe d.m.v diffusie. 9 x Die kolomepiteel selle bevat mikrovilli 9 wat die absorpsie-
oppervlak vergroot. 9 x Die kolomepiteel selle produseer draermolekules, 9 wat
aktiewe absorpsie van voedingstowwe teen die diffusie gradiënt verseker. 9
x Die bekerselle 9 tussen die kolomepiteel selle skei ʼn waterige mukus af wat wrywing voorkom en die selle klam hou. 9
x Die villi bevat baie kapillêre vate en lakteale wat in noue kontak met die absorpsie oppervlakte is 9 vir die vinnige vervoer van geabsorbeerde voedsel en verseker sodoende dat skerp konsentrasie-gradiënte behou word vir vinnige diffusie. 9 (Enige 1 x 2) (2)
[40]
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
VRAAG 3 3.1 3.1.1
(2) Kontrolelys vir die puntetoekenning vir die grafiek: Korrekte tipe grafiek met punte verbind 1 Titel van grafiek 1 Korrekte byskrif vir X-as 1 Korrekte byskrif vir Y-as 1 Geskikte skaal vir X-as en Y-as 1 Plot van punte 1 punt: 4–8 punte korrek geplot
2 punte: 9–16 punte korrek geplot
NOTA: Indien die verkeerde grafiek getrek is:
x Verbeur punte vir “korrekte grafiek”. Indien die asse omgekeer is: x Verbeur punte vir byskrifte van Y-as en X-as (7)
3.1.2 Sloerfase 9 (1)
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.1.3 x Groeikoers is stadig. 9
x Roofdiere nog besig om aan te pas by die nuwe omgewing/ akklimatiseer. 9
x Dit is moeilik om maats te vind. 9 x Organismes is nog nie seksueel volwasse/jong bevolking. 9
(Enige 2 x 1) (2) 3.1.4 x Deur op die haasbevolking te voed, verminder die
rooikatbevolking die aantal prooi. 9 x Soos die getalle van die haasbevolking (prooi) verminder 9 x heers daar meer kompetisie 9 onder die rooikat (predator)
bevolking. x Dit lei tot ʼn vermindering 9 in die getal roofdiere (predatore). x en ʼn toename 9 in die aantal haasbevolking asook ʼn
ooreenstemmende toename in die rooikat (predator) bevolking.
x Uiteindelik stabiliseer die prooi-predator bevolkings 9 onder die drakapasiteit 9 van die habitat wat lei tot ʼn stabiele bevolking. 9 (Enige 4 x 1) (4)
3.1.5 ( ) 9
9 =
= 37,5% 9 (3) 3.2 3.2.1 Om te bepaal of chlorofil vir fotosintese nodig is. 9 (1) 3.2.2 Om die plant te ontstysel. 9 (1) 3.2.3 Om te verseker dat die blare heeltemal ontstysel is. 99 (2)
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
3.2.4
Riglyne vir merk van diagram. Kriteria Punte Opskrif 1 Korrekte byskrifte 2 Korrekte skakering 2 (5) 3.2.5 Nee 9 (1) 3.2.6 Die resultate verkry van die gedeelte van die blaar sonder
chlorofil 9 kan vergelyk word met die resultate van die gedeelte wat chlorofil bevat. 9 (2)
3.2.7 Chlorofil is nodig 9 vir fotosintese. 9 (2) 3.3 3.3.1 Fotosintese 9 (1) 3.3.2 Alge 9 (1) 3.3.3 Organiese materiaal 9 en suurstof 9 (2) 3.4 3.4.1 A – Anorexia nervosa 9
B – Kwasjiorkor 9 C – Vetsug 9 (3)
3.4.2 B – Tekort aan proteïene in die dieet 9
C – Oormatige inname van energieryke voedsel 9 (2) [40] TOTAAL AFDELING B: 80
(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
AFDELING C VRAAG 4 x Wanneer baie vloeistof ingeneem word, word die bloed en
liggaamsvloeistowwe meer verdun. 9 x Indien die waterinhoud van die liggaam bo die normale styg 9 x verminder die osmotiese potensiaal van die bloed 9 x wat die osmoreseptore in die hipotalamus, 9 wat ADH produseer, 9
stimuleer x om impulse na die hipofise te stuur om minder ADH in die bloed vry te stel 9 x Daarom bereik minder ADH die niere wat veroorsaak dat x die wande van die distale kronkelbuis en versamelbuis 9 minder 9
deurlaatbaar 9 word x minder water word sodoende vanuit die filtraat herabsorbeer 9 x en ʼn groot hoeveelheid verdunde urine word uitgeskei 9 x Die byniere (adrenale kliere) skei minder aldosteroon af 9 x wat veroorsaak dat minder natrium-ione vanuit die filtraat aangetref 9 x in die opwaartse tak van die Henlé-lus 9 x in die weefselvloeistof van die medulla gepomp word x Dit veroorsaak ʼn hoë waterpotensiaal of ʼn minder negatiewe osmotiese-
potensiaal 9 x Minder water 9 word sodoende vanuit die nefronbuis in die weefselvloeistof
van die medulla 9 geabsorbeer x Meer water word dus as urine uitgeskei. Inhoud (17) Sintese (3) Assessering van die aanbieding van die opstel. Kriteria Relevansie (R) Logiese
volgorde (L) Samevattend (C)
Algemeen
Alle inligting verskaf is relevant tot die onderwerp.
Idees is logies gerangskik/ oorsaak – gevolg.
Alle aspekte wat deur die opstel vereis is, is voldoende aangespreek.
In hierdie opstel
Slegs inligting relevant tot homeostase (Osmoregulasie) is gegee. (Geen irrelevante inligting.)
Verskeie strukture en hul gekoördineerde funksionering om die korrekte hoeveelheid water in die liggaam te bereik, word bespreek.
Die rol van die hipofise, byniere en die effek van hul hormone op die teikenstruktuur van die nier word deeglik bespreek.
Punte 1 1 1
TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150