Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam,...

12
1 WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 34 12 Oktober 2018 Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie. OUERAANDE Gr. 1-3 Maandag, 15 Oktober 17:00-17:20 Oop tyd Indien u nie spesifiek uitgenooi is nie, is u welkom om tydens die oop tyd by u kind se klasonderwyser in te loer. 17:20-18:00 Afsprake op uitnodiging Personeel gaan by hierdie geleentheid ouers spesifiek uitnooi om op n afgespreekte tyd te kom gesels, indien hulle dit sou nodig ag. Beskou asb. hierdie afsprake in n ernstige lig en doen asb. moeite om u kind se juffrou te kom sien, indien sy u sou uitnooi. INLIGTINGSESSIE: Gr. 4’s van 2019 Maandag, 5 November om 18:00 (skoolsaal) Let asb. op dié baie belangrike inligtingsessie vir al die Gr. 3-ouers (wat volgende jaar kinders in Gr. 4 het). Waardevolle inligting oor die Gr. 4-jaar word met u gedeel en die klasindelings word ook bekend gemaak. Huidige Gr. 3-leerders mag dus die inligtingsessie saam met hul ouers bywoon. Gr. 4-7 Maandag, 15 Oktober 17:30-19:00 (Skoolsaal) Ons maak tyd vir jou kind VAKAFBAKENING Vakafbakening vir die November-eksamen word deur die loop van volgende week aan die Gr. 4-7 leerders uitgedeel. Dit sal ook op ons webwerf en Skoolkommunikeerder beskikbaar wees.

Transcript of Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam,...

Page 1: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

1

WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 34 12 Oktober 2018

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

OUERAANDE Gr. 1-3

Maandag, 15 Oktober

17:00-17:20 Oop tyd

Indien u nie spesifiek uitgenooi is nie, is u welkom om tydens die oop tyd by u kind se klasonderwyser in te

loer.

17:20-18:00 Afsprake op uitnodiging

Personeel gaan by hierdie geleentheid ouers spesifiek uitnooi om op ‘n afgespreekte tyd te kom gesels,

indien hulle dit sou nodig ag. Beskou asb. hierdie afsprake in ‘n ernstige lig en doen asb. moeite om u kind

se juffrou te kom sien, indien sy u sou uitnooi.

INLIGTINGSESSIE: Gr. 4’s van 2019

Maandag, 5 November om 18:00 (skoolsaal)

Let asb. op dié baie belangrike inligtingsessie vir al die Gr. 3-ouers (wat volgende jaar kinders in Gr. 4 het).

Waardevolle inligting oor die Gr. 4-jaar word met u gedeel en die klasindelings word ook bekend gemaak.

Huidige Gr. 3-leerders mag dus die inligtingsessie saam met hul ouers bywoon.

Gr. 4-7

Maandag, 15 Oktober

17:30-19:00 (Skoolsaal)

Ons maak tyd vir jou kind

VAKAFBAKENING Vakafbakening vir die November-eksamen word deur die loop van volgende week aan die Gr. 4-7 leerders

uitgedeel. Dit sal ook op ons webwerf en Skoolkommunikeerder beskikbaar wees.

Page 2: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

2

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ons maak tyd vir jou kind

EKSAMENROOSTER: NOVEMBER 2018

DATUM GRAAD 4 GRAAD 5 GRAAD 6 GRAAD 7

Maandag, 12 Nov. EBW

Dinsdag, 13 Nov. Kuns praktiese sketse

Woensdag, 14 Nov. Wetenskap en Teg Wetenskap en Teg Wetenskap en Teg. Wetenskap

Donderdag, 15 Nov. Kuns en Kultuur Kuns en Kultuur Kuns en Kultuur Kuns en Kultuur

Vrydag, 16 Nov. Wiskunde Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Maandag, 19 Nov. Engels Engels Engels Engels

Dinsdag, 20 Nov.

Woensdag, 21 Nov. Sosiale Wetenskap Sosiale Wetenskap Sosiale Wetenskap Sosiale Wetenskap

Donderdag, 22 Nov. Afrikaans Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Vrydag, 23 Nov. Tegnologie

Maandag, 26 Nov. LV LV LV LV

Page 3: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

3

KENNISGEWING

Algemene Jaarvergadering:

2019 Begroting Datum: Woensdag, 7 November 2018 om

18:00 in die skoolsaal. Indien ‘n kworum nie

bereik word nie, sal daar ‘n opvolgvergadering

op 21 November gehou word.

KULTUURUITSLAE: Inhandiging van prestasies

Die vorm waarop leerders se kultuurprestasies

aangedui word, is op die Skoolkommunikeerder

en ons webwerf beskikbaar.

SKOOL BENODIG KWOTASIES VAN

OUDITEURE Volgens departementele regulasies word dit

vereis dat alle skole 3 kwotasies moet voorlê

vir die dienste van ‘n Ouditeursfirma.

Indien u belangstel en u firma rééds voorheen ‘n

skool se finansiële state hanteer het, is u welkom

om ‘n kwotasie voor te lê aan ons Finansiële

Kantoor by [email protected]

SKRYFBEHOEFTES 2019 Volledige skryfbehoeftelyste vir Gr. 1 tot 7 is op

ons webwerf en die Skoolkommunikeerder

beskikbaar.

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ons maak tyd vir jou kind

Page 4: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

4

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ons maak tyd vir jou kind

ENVIROUW & HERWINNING Herwinningsterrein

Baie dankie vir elkeen se getroue herwinning - Wouwtjies maak beslis ‘n verskil in die bewaring van ons

natuur! Vanaf 15 Oktober het ons ‘n voltydse terreinwerker wat gaan help met die sortering van

herwinning. ONTHOU ASB: Slegs blikkies, plastiek, uitgespoelde bottels- en houers word in die

herwinningsakke geplaas!

Papier– en kartonherwinning

Onthou asseblief dat ons karton en witpapier apart herwin. Dit word in die blou hokke geplaas.

Glass Recycling Company: Glaskompetisie

Glas word steeds apart herwin

in die groen glasbanke.

Envirouwgroete

Juf. Anè Friedrich

0825619389

(Wouwtjies, lees gerus die interessante feite oor

herwinning en water op bladsy 5!)

Page 5: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

5

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ons maak tyd vir jou kind

Page 6: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

6

Ons maak tyd vir jou kind

Voorslag-uitslae

Baie geluk aan ons Gr. 7-Penkoppe en Drawwertjies met hul pragtige Voorslag-uitslae. Julle harde

werk is positief beloon! ‘n Groot dankie aan ons spanoffisiere, Johann, Karin en Carien - jul

toewyding word opreg waardeer.

Jaarafsluiting

Ons jaarlikse afsluiting word vir Vrydagaand, 26 Oktober 2018 beplan. Alle spesialisasies,

toekennings en inlywing van nuwe Voortrekkers sal tydens dié geleentheid plaasvind. Ons beplan

’n heerlike kuieraand... dagboek asseblief nou reeds die datum. Die program sal om 18:30 begin.

Meer inligting volg later.

Voortrekker-verjaarsdag en boomplantdag

Alle Voortrekkers mag eerskomende Maandag, 22 Oktober in hul formele Voortrekkerdrag skooltoe

kom. ‘n Kort boomplantseremonie sal pouse by die Spansentrum plaasvind - daar wag ook ‘n lekker

verrassing vir al die Vories wat saam met ons die Voortrekkers se verjaarsdag vier.

Groete

Pieter van der Zwaard

082 556 3596

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Page 7: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

7

Ons maak tyd vir jou kind

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

WêRELD ONDERWYSERSDAG

Verlede week is Wêreld Onderwysersdag gevier. Met hierdie humoristiese artikel, bring ons graag hulde

aan Laerskool Anton van Wouw se onderwysers.

Jy is meer as NET ‘n onderwyser

As ‘n onderwyser moet:

Ek na kinders se probleme oplet, nes ‘n sielkundige. Ek moet pleisters plak, nes ‘n verpleegster. Ek moet geld

insamel en boekhou daarvan, nes ‘n rekenmeester. Ek moet seker maak ek gee nie onwettige drukkies of

briewe uit nie, nes ‘n prokureur. Ek moet seker maak al my elektroniese data is op datum en ek moet die virus

op die rekenaar probeer uitwis, nes ‘n rekenaartegnikus. Ek moet kinders met leerprobleme akkommodeer,

nes ‘n arbeidsterapeut.

Ek moet kinders wat swak sig het, voor in die klas laat sit en seker maak hulle kan sien, nes ‘n oogarts. Ek

moet na hartseer verhale luister oor liefdesprobleme, nes ‘n vriend/vriendin. Ek moet seker maak dat alle

administrasie gedoen word, nes ‘n klerk. Ek moet seker maak die regte boodskappe van die regte ouers kom

by die regte afrigters en onderwysers uit, so spoedig moontlik, nes ‘n sekretaresse. Ek moet my klasse inter-

essant hou, nes ‘n dramaturg. Ek moet lesplanne en opstelle kan uitlê, nes ‘n skrywer.

Ek moet atlete en swemmers en redenaars kan help, nes ‘n professionele afrigter. Ek moet geestelik sterk kan

wees sodat ek nie in slaggate kan trap nie, nes ‘n dominee. Ek moet tafels en stoele kan skuif om die klein

spasies optimal te kan gebruik, nes ‘n ingenieur. Ek moet dissipline kan toepas en maniere leer, nes ‘n ouer.

Ek moet krane op die speelgrond toedraai, nes ‘n loodgieter. Ek moet kospakkies en sportsakke wat verlore

raak, aandra nes ‘n koerier.

Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet

briefies van ouers, leerlinge en mede-onderwysers ontsyfer, nes ‘n vertaler. Ek moet vraestelle aantreklik laat

lyk en sketse op werkkaarte teken, nes ‘n grafiese ontwerper. Ek moet help met verskeie funksies se uitleg en

reëlings, nes ‘n stadsbeplanner. Ek moet my klas mooi maak en voldoen aan al die vereistes vir ‘n positiewe

leeromgewing, nes ‘n binnehuisversierder. Ek moet netjies en professioneel aantrek, nes ‘n voorkomskonsult-

ant. Ek moet keer dat kinders agter die pawiljoen baklei, skelm in die badkamer rook of die verkeerde

skooldrag aanhet, nes ‘n polisieman.

Ek moet deurentyd geduldig wees, geen kind voortrek nie, ‘n goeie voorbeeld stel, nie kwaad word nie, nie op

Facebook sigbaar wees nie, nie my selfoon gebruik nie, nie in die klas eet nie, nie kaalvoet op die skoolgrond

loop nie, nie skree nie, nie hoofpyn kry in skoolure nie, seker maak my eie kinders word net in skoolvakansies

siek.

Hierdie humoristiese tong-in-die-kies skrywe is fiktief, maar gee tog vir ons blik in die lewe van ‘n

toegewyde onderwyser. Baie dankie aan elke onderwyser van Laerskool Anton van Wouw, julle is ware

wenners.

Page 8: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

8

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Ons maak tyd vir jou kind

Page 9: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

9

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Feit van die week Die wêreld se kleinste slang is van die

Karibiese eiland, Barbados, afkomstig. Dié

klein slangetjie, Leptotyphlops carlae, is

so dun soos ‘n spaghetti stokkie en word

slegs sowat 10cm lank. Dié slang is

nie giftig nie.

Die wêreld se grootste slang is die reuse Anakonda wat in die tropiese

reënwoude van Suid-Amerika woon. ‘n Volwasse Anakonda kan tot

soveel as 250kg. weeg en tussen 5m en 9m lank word.

Die Anakonda kan goed swem. ‘n Anakonda is nie giftig nie - hy

gebruik sy massiewe spiere om sy lyf rondom sy prooi te draai en te

versmoor.

PRETBLAD

Idioom van

die week

Iets is nie reg nie; dinge lyk

verdag.

Daar’s ‘n slang in

die gras.

Barbados

Amazone

Soek 5 verskille in die prentjies hieronder.

Suid-Amerika

WHAT IS A SNAKE’S FAVOURITE LESSON AT

SCHOOL?

Ons maak tyd vir jou kind

Page 10: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

10

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

KARATE Adriaan Venter het onlangs aan die JSKA 9de Wêreld

Karatekampioenskap in St. Petersburg, Rusland, deel-

geneem. Hy verower ’n brons medalje in die Kihon Ippon

Kumite.

Adriaan se mede SA-deelnemers eindig onderskeidelik 2de

en 1ste. Suid-Afrika stap dus met die louere weg in die

afdeling 13 tot 14 jaar - voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie!

Adriaan spog ook met ‘n brons medalje in die Kata-

spanafdeling. Hartlik geluk, Adriaan!

SPORT

RUITERSPORT Hartlik geluk aan die volgende ruiters met hul

uitstekende prestasies:

Talitha Schoeman ontvang ‘n sertifikaat van lof asook

Gauteng provinsiale kleure. Talitha is nou lid van die

Gauteng Nasionale Core League Ruiterspan vir

SANESA, Tydens haar eerste jaar van SANESA-

deelname, behaal Talitha Gauteng-Noord Streekskleure

sowel as Gauteng Provinsiale kleure.

Leandry Smith het aan die SANESA Skoleskou

deelgeneem en soos volg presteer:

Showmanship (1ste plek)

Trail (1ste plek)

Horsemanship (3de plek)

Bo: Leandry in aksie.

TENNIS Elge Coetzee het as trotse

wenner uit die Tshwane Tennistoer-

nooi getree.

Ons is trots op jou, Elge!

Links: Elge het rede om breed te

glimlag!

ATLETIEK Oefening:

Maandae, Dinsdae en Donderdae

Tyd:

14:00-15:00

LW: Maandae is UITERS BELANGRIK. Dan

oefen elke atleet sy/haar prioriteit item.

Datums:

Do. 25 Oktober - Interhuis (Tuis)

Do. 1 November - Atletiekbyeenkoms

Ons maak tyd vir jou kind

SKAAK Baie geluk aan Miané Friedrich wat haar Tshwane

skaakkleure verwerf het. Sy neem later vanjaar in

aan die Suid-Afrikaanse Juniorkampioenskappe

(o.8 span) deel. Altesaam 6 Wouwtjies het nou

reeds provinsiale kleure in skaak verwerf!

Ons is baie trots op julle!

Page 11: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

11

at wou jy adverteer? Jy kan ook in die Wouwtjienuus adverteer! Kontak: [email protected]

LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

EKSAMEN:

VOORBEREIDING &

HULPVERLENING

Oud-onderwyseres bied lesse op

die skoolterrein aan.

Beperkte plek op Ma. en Do.

beskikbaar.

Kontak: Me. Lynette Pretorius

082 445 6781

Ultimate Upholstery Meubels herstoffering

Maak van kussings

Ottomans/headboards

Pelmits

Gordyne en blindings

Binnehuisversiering

CHRISTA: 082 376 7605

Koelkamers, vrieskamers, houerbakke vir verkoelingstrokke en ander geïsoleerde

ruimtes. Piet Pretoriusstraat 1, Rosslyn, Pta.

Tel (012) 541 1797/8

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

The most COST EFFECTIVE

way to find Au Pairs in your

area, matching your unique

requirements.

www.localaupairlink.co.za

[email protected]

0824410439

Betroubare tuinman soek

werk vir Ma. en Vry. Ook handig

met nutswerk.

Kontak: 082 3715477

Ultimate Kitchens Kombuise

Ingeboude kaste

Studeerkamers

Dry-walling en Plafonne

Teëlwerk en Verfwerk

3D-program.

GRATIS KWOTASIES

Glen Lord: 0827882772

Ons maak tyd vir jou kind

Page 12: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies

Kontak ons L/s Anton van Wouw

Deystraat

Nieuw Muckleneuk Pta.

Tel: 012 460 6181/3024

Bemarking:

Marica Botha

[email protected]

Wouwtjienuus: Navrae &

Advertensies:

Lisa Potgieter

[email protected]

Verhuring van fasiliteite:

Simone Wallace

[email protected]

Sport:

[email protected]

Volg ons op:

DAGBOEK Vry. 12 Oktober

Entrepreneursmark

Do. 25 Oktober

Atletiek Interhuis (Tuis)

Do. 1 November

Atletiekbyeenkoms

Ma. 12 Nov.-Ma. 26 Nov.

Eksamen Gr. 4-7 Ons maak tyd vir jou kind

WOUWTJIEGROETE

MNR. CR HENNING

HOOF

Onthou om jou MySchool kaart te gebruik!

Ons maak tyd vir jou kind

Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.