Glitter July 2015
-
Upload
glitter-magazine -
Category
Documents
-
view
297 -
download
0
description
Transcript of Glitter July 2015
No: 45 • Julie 2015 • FreeGAAN JY NOG KERK TOE?
JY HOUJOU NIEUPSTAIRS NIETania Snymanse lucky packet–leefstyl
My SPrOKIE eindig inmisdaadstatistiek
MAN VErMOOr
Dis als
in die
brul– vrouens
op Harleys
READ • ENJOY • CONNECT
www.glitter-magazine.com
Glitter
Kimberley-
dokter help
uit in
NEPAL
Glitter Cover:Glitter Template 2015-06-19 10:58 AM Page 1
www.glitter-magazine.com glitter 3
ons voorblad10 voorblad: Jy hou Jou nie upstairs nie
18 coffee break: my sprokie eindig in
misdaadstatistiek
32 talks about: dis als in die brul
46 praat saam: gaan Jy nog kerk toe?
bly in kontak04 redakteur: leer iets nuuts
elke maand06 spirit: die prentJie in Jou kop
09 regspraatJie: wie is aanspreeklik vir
agterstallige eiendomsbelasting?
15 ’n aand saam met: maksima-skool
23 Jou storie: lewe met gewas op brein
36 10 minute met: mense is my passie
38 leefstyl: help so Jou vierpootvriende
42 dekor: stoepstories
49 leser: venessa heunis
51 beste man: francois vermeulen
53 tuin: gee steggies weg as geskenke
56 fokus op: music is my being
58 resep: ongelooflike lekkerte
60 sport: volg Jou hartklop en dans
62 muishond: nee! dit kan nie wees nie!
volg ons op
http://www.facebook.com/kimberley.glittermag
glitterPuBLiSHer independent newspapers ltd, rudi ferreira eDitor Jana grobbelaar ProjeCt ManaGer
melanie moore ContriButorS wilmarie koortzen, karen van der berg, karen retief, ronelle van der
sandt PHotoGraPHer malitza de kock aDvertiSinG 053 832 6261 SynDiCation ManaGer harold pholoholo
SynDiCation exeCutive ulrich sylvester aCCountS ManaGer keshia strauss
Layout Johan du plessis DeSiGn archetype media PrinterS sa print group, 086 1000 730, quotes@saprint-
group.co.za SuB eDitor una engelbrecht DiStriBution diamond fields advertiser, cnr bean & villiers
streets, kimberley, 8301, tel: 053 832 6261 SuBSCriPtion enQuirieS harold pholoholo, tel: 053 832 6261
ContaCt eDitoriaL [email protected] or faX 086-568-2918
dfa independent magazines subsists in all work published in this magazine. any reproduction or adaptation, in whole or in part, without the written permission of the publisher is strictly prohibited and is anact of copyright infringement, which may, in certain circumstances, constitute a criminal offence. dfa independent magazines cannot be held responsible for unsolicited material.
Stuur jou Storie aan
[email protected] of faks dit na
086-568-2918. skakel 053-832-6261
vir advertensie navrae
of stuur ’n e-pos aan
X3 Index:Glitter Template 2015-06-18 12:17 PM Page 1
Om nuwe dinge te leer, is vir my opwindend. Ek
het dalk so ’n effense “probleem” om dan met
dié dinge aan te hou, want ek is geneig om
redelik vinnig verveeld te raak. As kind het ek
ballet, karate, netbal, atletiek, Voortrekkers, SKJA,
koor, lewensredding, you name it, gedoen. Al
waarmee ek regtig aangehou het, was swem,
maar swem was meer ’n passie as ‘n sport vir my
- wat vir my bewys as iets jou passie, jou hartklop
is, dan is niks te veel moeite nie.
Elk geval, soos ek ouer word, is tyd om nuwe
dinge te leer minder. Ek het drie kinders onder
ses, is met verskeie projekte besig en dan het ek
ook onlangs weer ’n kursus aangepak.
Een van my beste vriendinne woon op Karasburg
in Namibië. Ons praat elke dag met voice notes
en het albei ’n baie groot passie vir wat ons
doen. Dis so lekker om met iemand te praat wat
dit verstaan. Wat verstaan hoekom mens dinge
aanpak waarvoor jy eintlik glad nie gekwalifiseer
is nie, waarvoor jy eintlik glad nie tyd het nie en
wat, wanneer jy dit aanpak, jou vrekbang maak.
Maar nuwe dinge maak my opgewonde. Dis mý
hartklop. Ek raak so opgewonde oor nuwe dinge,
ek wil in die lug opspring. Ek het laasweek geleer
hoe om baie basies sound editing te doen – iets
wat ek nooit in my hele lewe gedink het ek mee
betrokke sou raak nie.
Ek het nog altyd daarvan gehou om mense te
inspireer. Behalwe vir skryf, is ek mal daaroor om
mense te motiveer, te laat glo in hulleself en hulle
te druk om daai ekstra sprong te waag. Daai
sprong in die donkerte in, waar jy nie weet of jy
op jou voete gaan land nie. Maar jy gáán op jou
voete land. Dalk nie dadelik nie, dalk nie soos jy
gehoop het nie en dalk op ’n heeltemal ander
manier as wat jy oorspronklik beplan het. Dus: as
jy vandag oor iets
wonder en jy is bang om
daai kans te vat, gaan
dink bietjie waarvoor jy
bang is. Dit kan dalk net
jou lewe verryk én jy kan
daardeur groei. Tot
volgende maand!
van die redakteur
4 Glitter www.glitter-magazine.com
Leer iets nuuts
27 Junie
Wat? Hoffepark-markWaar? HoffeparkKontak: LIa by 084 840 1189.
Uitstallers welkom.
4 Julie
Wat? Denim & Diamonds damesoggend.Waar? Flamingo Casino-konferensiesaal,
Kimberley
Tyd: 10h30 vir 11h00.
Koste: Kaartjies @ R100.Kontak: Marthie by 073 637 6023 na 14:00.
31 Julie
Wat? Proe-aand van Vrouwees met ’n Verskil, ten
bate van West End-hospitaal. Waar? Hoffepark
Koste? R80 vir volwassenes, R35 vir kinders
onder 10 en gratis vir kinders onder twee.
Kontak: Nadine by 072 424 4226, Maritza
by 0832751940 of Lizmari by 082 929 8560.
1 Augustus
Wat? Hoffepark-mark
Waar? HoffeparkKontak: Lia by 084 840 1189.
25 en 25 September
Wat? Hoërskool Noord-Kaap se matrieks van
1995 se 20-jaar-reünie. Waar? By die skool.
Kontak: Elmarie Delport (voorheen Theron) by
082 497 8706.
10 Oktober
Wat? Sally Aucamp-pretstap
Waar? Horseshoe-motel
Tyd: Vanaf 09:00.
Kontak: Babsie by 083 725 1644.
wat gebeur in kimberley
X4 Editor:Glitter Template 2015-06-18 12:20 PM Page 1
Sien mense vir wie hulle regtig is
Die man wat blind gebore is, het al die woorde watek en jy tot ons beskikking het, maar geenprentjies om dit te ondersteun nie. Hy het nie ’nidee hoe sy pa en ma lyk nie, nie eers hoe hy selflyk nie. As ons skielik blind word, sal ons steedsweet hoe lyk die meeste goed, maar iemand watblind gebore word, het geen verwysing nie.Behalwe vir ouderdom, het ek baie goeie oë en ekhet ook geglo my kinders het “my oë”. Die eerstekeer wat ons seun Pieter Bloemfontein toe geryhet met sy motor, het hy, as hy verby ’n motor wilgaan, gevra of die pad skoon is. Ek besef toe virdie eerste keer hy kan nie ver sien nie. Luk 11:34:“Jou oë is soos ’n lig. As jy op die regte manierdaarmee kyk, maak dit alles in jou lewe helder.Maar as jy jou oë nie deur God laat instel om regte kyk nie, maak jou oë jou hele lewe pikdonker.”
Ons kyk met vooropgestelde idees na mense.Van kleins af hoor ons ons ouers en andervolwassenes ander se foute bespreek. So kyk onsna mense en sien net hul foute. Die man wat blindgebore is, se oë gaan oop en hy sien mense virwie hulle regtig is: wonderwerke.
Ons sien die wêreld soos ons is
Ons moet God vertrou om die wêreld deur Sy oëte begin sien en nie deur my eie nie. Joodserabbi’s praat van die ‘good eye’ en die ‘bad eye’.Dit verwys na hoe jy iemand en iets sien. Watteroog gebruik jy? Die kompleksiteit van die oog isso wonderlik. Die retina maak ongeveer 10 biljoenberekeninge om een prentjie weer te gee. Dit iseintlik te groot om dit werklik te kan verstaan, maarwat ek wel verstaan, is Spr. 20:12 “Om te kan hooren sien is gawes van die Here.” Ek het nie genoegkennis hieroor nie, maar menslik gesproke is ditamper onmoontlik vir iemand wat blind gebore isom wel te kan sien.
Dis dié geleenthede wat God juis gebruik om Syalmag ten toon te stel. So ook Sara wat menslikgesproke nie meer kon kinders hê nie, maar virGod is niks onmoontlik nie. Soms is dit nodig ommy omstandighede te aanvaar en eerder by Godte hoor wat wil Hy daardeur bereik. GOD WILDALK HOMSELF DEUR JOU OMSTANDIGHEDEVERHOOG. En dit vat ongelooflik baie geloof omte weet wanneer moet ek aanvaar en wanneer nie.
Jesus stel alles reg
Ons sien so mooi in dié geval dat menseaannames maak. Here, wie het gesondig? Hy ofsy ouers? ’n Kind word blind gebore en almal wilweet wie het gesondig. Maar Jesus kom en stelalles reg. Joh. 9:3 “En Jesus antwoord: Dit is niedeur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’nnie, maar hy is blind sodat die werke wat Goddoen, in hom gesien sal kan word.” As dinge niegaan soos ek dit wil hê nie, wil ek ten minste netiemand kan blameer. Dit gaan al so van die tuinvan Eden af. En ons doen dit daagliks. Somtydsmoet ons aanvaar dat hierdie omstandighede watons so graag wil verander, juis die omstandighedeis wat God wil gebruik om van ons ’n beter menste maak. Want Hy weet die beste.
Leef volgens my verduideliking
Max Lucado skryf in sy boek “You’ll get through
this” die volgende wat hom en baie ander deurmoeilike tye help:“God is still sovereign, no matter what. He still
knows my name. Angels still respond to His call.
The hearts of rulers still bend at His bidding. The
death of Jesus still saves souls. The Spirit of God
still indwells saints. Heaven is still only heartbeats
away. The grave is still temporary housing. God is
still faithful. He is not caught off guard. He uses
everything for His glory and my ultimate good. He
uses tragedy to accomplish His will and His will is
right, holy, and perfect. Sorrow may come with the
night, but joy comes with the morning.”
Daar sal altyd baie verduidelikings vir elke ervaringwees. Terwyl jy nie jou ervarings kan beheer nie,kan jy wel jou verduideliking beheer. As iets slegsmet my gebeur, is my verduideliking belangriker asmy ervaring. Want ek leef volgens myverduideliking. Josef kom in Gen. 50:20 “You
intended to harm me, but God intended it for good
to accomplish what is now being done, the saving
of many lives.”
Ek weet nie hoekom gebeur slegte goed metgoeie mense nie, maar ek weet wel dat my God,volgens Rom. 8:38, die vermoë het om alles tengoede te laat meewerk. Soms is daar meer vraeas antwoorde, maar as ons vir God ’n kans gee,verander Hy ons omstandighede, gee Hy vir onsinsig. Een stap van gehoorsaamheid kan jou oëoopmaak. Een stap van gehoorsaamheid kan dievloek afweer. Een stap van gehoorsaamheid begin’n nuwe hoofstuk in jou lewe. – Lynette Kühn
Boodskap
Die
Ek weet nie hoeveel mense in diewêreld blind gebore word nie, maar1:30 000 is kleurblind. Op die eilandPingelap word 1:12 mense kleurblindgebore. Daar was ’n tifoon en slegs10% van die inwoners het oorleef.
Hulle het met mekaar getrou en dit het’n genetiese mutasie veroorsaak.
Kinders begin ’n geheue van realiteiteopbou op die ouderdom van ses
maande. Dis ’n interne prentjie vaneksterne realiteite. Kort voor lank is hulle
hele geheue opgebou. As ek sêWITHUIS, kry jy ’n sekere prentjie. Onsgaan almal dieselfde ding in ons kophê, maar die prentjies gaan verskil.
6 Glitter www.glitter-magazine.com
prentjie in jou kop
06 Spirit:Glitter Template 2015-06-18 10:24 AM Page 1
Met die winter om die draai neem dit meer as ’n
appel ’n dag om die dokter te laat wag. ’n Goeie,
gesonde immuunsisteem is noodsaaklik om die
winterkieme te beveg, asook om jou risiko vir
ander siektes soos kanker, artritis en allergieë te
verminder.
Vir die immuunsisteem om normaal te kan
funksioneer, het dit ’n goeie balans van
makronutriënte (proteiene, koolhidrate en vet) en
mikronutriënte (vitamiene en minerale) nodig. Dus,
’n tekort aan ’n enkele nutriënt kan jou vatbaar vir
kieme en siektes maak. Die media is ook propvol
inligting oor die sogenaamde supervoedsels,
maar ’n gesonde dieet wat ’n verskeidenheid
voedselsoorte insluit, is net so effektief om jou
immuunsisteem te versterk. Hier volg ’n paar
wenke om ’n gesonde immuunsisteem te
verseker:
Handhaaf ’n gesonde leefstyl
Die eerste stap om ’n gesonde en sterk
immuunsisteem te bou en te handhaaf, is om
gesonde leefstylpatrone aan te leer. Soos elke
sisteem in die liggaam, funksioneer die
immuunsisteem baie beter as dit beskerm word
teen slegte gewoontes en toksiene. Klein
veranderinge in ’n mens se leefstyl, soos om agt
ure per nag te slaap, op te hou rook en alkohol
matig te gebruik, kan ’n kragtige uitwerking op die
immuunsisteem hê.
Hou aan oefen
Gedurende die winter is mense minder geneig om
aan te hou met ’n oefenprogram, maar daarenteen
kan gereelde fisiese aktiwiteit jou weerstand
versterk. Oefening bewerkstellig veranderinge in
teenliggaampies en witbloedselle wat jou liggaam
meer paraat teen kieme maak. Verder beskerm
oefening jou teen verkoue en longontsteking deur
gevaarlike bakterieë uit jou longe te spoel.
Vul jou groente- en vrugtevoorraad aan
Groente en vrugte bevat waardevolle
immuunversterkende vitamiene, minerale en
antioksidante. Ten minste die helfte van jou bord
moet met vrugte of groente
gevul word. Probeer elke dag
vyf of meer groente en vrugte eet. Kies
helderkleurige groente en vrugte soos beet,
spinasie, botterskorsie, tamatie en bessies om die
maksimale immuunversterkende effek te kry. Vir
variasie kan dit vars, gevries of gedroog geëet
word. Vars vrugte of groente is goeie opsies vir ’n
gesonde en vullende happie tussen maaltye. Moet
ook nie van groentesop vergeet nie! Tuisgemaakte
groentesop is ’n heerlike en gesonde manier om
jou groente-inname te verhoog.
Sluit ’n verskeidenheid voedsels in jou dieet in
Voorkom dat jou dieet vervelig raak deur ’n
verskeidenheid voedselsoorte in te sluit. ’n Mens
kan deur ’n gesonde en gebalanseerde dieet
alleen aan al jou liggaam se behoeftes voldoen
sonder om ekstra voedingstowwe aan te vul.
Verseker dat jy genoeg van die volgende
voedingstowwe inneem wat veral belangrik is vir
die versterking van die immuunsisteem:
• Sink maak deel uit van immuunselle en -
ensieme en speel ’n belangrike rol in die
onderhoud van gesonde selle. Veral die
immuunsisteme van kinders en ouer volwassenes
is kwesbaar wanneer nie genoeg sink ingeneem
word nie. Goeie bronne van sink sluit in: maer
beesvleis, oesters, lewer, spinasie en
pampoensade.
• Vitamien C is veral belangrik om weerstand te
bou teen kieme deur die vorming van
teenliggaampies. Interessant toon studies dat
vitamien C-aanvulling nie noodwendig keer dat ’n
mens verkoue kry nie, maar wel die duur van die
siekte verkort. Maak seker jou vitamien C-inname
is voldoende deur die volgende voedsels in te
neem: sitrusvrugte, geel soetrissies, koejawels en
brokkoli.
• Vitamien E werk as ’n kragtige antioksidant deur
skadelike vryradikale te neutraliseer. Vitamien E
speel ook ’n belangrike rol in die
immuunmodulering van immuunonderdrukte
persone en ouer volwassenes. Goeie bronne van
vitamien E sluit in: spinasie, amandels,
sonneblomsade, avokado’s en seekos.
Vitamien A speel ’n belangrike rol in weerstand
teen kieme deur die vel, mondweefsel, maag- en
dermwand en longweefsel gesond en intak te
hou. Bou vitamien A-reserwes op deur die
volgende voedsels: patats, wortels, donker
blaargroente, botterskorsies en appelkose.
Kies jogurt
Daar is goeie bewyse wat daarop dui dat
probiotika (lewendige mikro-organismes wat
gesondheidsvoordele bied wanneer in die regte
hoeveelhede toegedien word) in jogurt die
immuunsisteem moduleer en gesondheid
verbeter. In vetsugtige persone, wat chroniese
laegraadse inflammasie het, verbeter jogurt
spysvertering en die imuunrespons. Jogurt is ’n
praktiese opsie vir tussenvoedings en kan met
gemak in kospakkies ingesluit word.
Neem genoegsame proteine in
Dieetproteiene is nodig om gesonde liggaamselle,
insluitend dié van die immuunsisteem, te maak.
Goeie bronne van proteiene sluit in: vleis, vis,
hoender, seekos, eiers, melkprodukte en bone.
Sluit daagliks van hierdie proteienbevattende
voedsels in jou dieet in.
Kies aanvullings sorgvuldig
Met talle vitamien-, mineraal-, en kruie-aanvullings
beskikbaar, kan dit moeilik wees om te weet watter
aanvulling om te kies. Probeer altyd eers jou dieet
optimaliseer voor ’n aanvulling oorweeg word.
Indien jy wel voel dat jou dieet aangevul moet
word, kies weens die gevaar van toksisiteit eerder
’n aanvulling wat alle mikronutriënte aanvul
(multivitamien-mineraal) as ’n enkele
mikronutriënt. – Carike Fouché
advertensie
Gee jou immuunsisteemdié winter ’n hupstoot
Telefoon: 072 690 6990 • 187 A Du Toitspan Rd, Belgravia, Kimberley
www.glitter-magazine.com Glitter 7
07 Carike:Glitter Template 2015-06-18 10:25 AM Page 1
Is jy aanspreeklik vir historiese agterstallige
eiendomsbelasting op jou eiendom?
Wie is verantwoordelik vir historiese agterstallige
eiendomsbelasting en –heffings op jou eiendom? Die
goeie nuus is dat die persoon wat die eiendom besit
het toe die skuld aangegaan is aanspreeklik is. Maar het
jy geweet dat 'n munisipaliteit in sommige gevalle jou
eiendom in eksekusie kan laat verkoop vir agterstallige
skulde van 'n vorige eienaar?
Munisipaliteite is verplig om kostes wat aan hulle
betaalbaar is vir eiendomsbelastings en –heffings en vir
die voorsiening van munisipale dienste in te samel. As jy
'n huis koop, sal die betrokke munisipaliteit - nadat die
verkoper die verskuldigde bedrag betaal het - 'n
uitklaringsertifikaat uitreik wat sertifiseer, onder andere,
dat alle skulde vereffen is ten opsigte van die eiendom
vir twee jaar voor die datum van aansoek vir die
sertifikaat. Nou ontstaan die vraag: Wat van skulde aan
die munisipaliteit verskuldig wat ouer is as twee jaar?
Die kort antwoord is natuurlik dat die persoon wat die
eiendom besit het toe die skuld aangegaan is
aanspreeklik is. Ten spyte hiervan bestaan daar 'n
bedreiging vir die nuwe eienaar van die eiendom
gebaseer op die berugte artikel 118(3) van die Wet op
Munisipale Stelsels wat 'n munisipaliteit met 'n
retensiereg verskaf oor 'n eiendom binne sy jurisdiksie
ten einde die betaling van agterstallige gelde op
daardie eiendom te bewerkstellig.
Wat dit beteken, is dat indien daar gelde verskuldig is
aan die munisipaliteit wat verband hou met die
eiendom, kan die munisipaliteit vonnis neem teen die
persoon aanspreeklik vir die skuld (onthou dit sal die
persoon wees wat die eiendom besit het toe die skuld
aangegaan is), maar as gevolg van artikel 118(3) sal die
munisipaliteit die reg hê om die eiendom in eksekusie te
laat verkoop om gelde wat verskuldig is te laat verhaal.
En hierdie eiendom mag dalk jou droomhuis wees wat
pas in jou naam geregistreer is.
Ons appèlhof het beslis dat die oordrag van
eienaarskap nie die retensiereg geskep deur artikel
118(3) vernietig nie en dat die retensiereg in werklikheid
"die eiendom volg". Die vreeslike gevolg hiervan is dat 'n
nuwe eienaar gedwing kan word om sy eiendom te
beskerm deur die munisipale skuld van iemand anders
te betaal. Jy kan later probeer om die geld te verhaal
van 'n vorige eienaar, maar dit kan 'n futiele oefening
wees, wat jou dalk nog meer uit die sak kan jaag.
'n Uitsondering op die bogenoemde reël is waar
eiendomme gekoop word by ’n eksekusieverkoping
waar die munisipaliteit nie sy regte uitgeoefen het in
terme van sy retensiereg nie. Ons howe het onlangs
beslis dat in so ’n geval die retensiereg van 'n
munisipaliteit oor die eiendom sal verval. Gevolglik, waar
'n munisipaliteit bewus is van die verkoping in eksekusie
van 'n eiendom en die munisipaliteit reik 'n
uitklaringsertifikaat uit sonder enige beswaar of sonder
die uitoefening van sy regte in terme van artikel 118(3),
sal die koper die eiendom verkry met ’n skoon titel.
Nie alle skuld ouer as twee jaar is verhaalbaar deur die
munisipaliteit nie en dit is nodig om te onderskei tussen
die volgende tipes skuld: belastings en heffings vir
elektrisiteit, water, gas en riool- en vullisverwydering. Die
rede vir die onderskeid is dat sekere skulde na drie jaar
in terme van die Wet op Verjaring verjaar en dus nie
meer afdwingbaar is indien ouer as drie jaar nie.
Heffings en belastings verjaar slegs na 30 jaar terwyl
elektrisiteit-, water- en gaskostes reeds na 3 jaar verjaar.
Vir die huidige blyk dit dat riool- en
vullisverwyderingkostes ook tel as heffings en
belastings en dus slegs na 30 jaar sal verjaar.
As jy 'n potensiële koper is, moet jy jou prokureur
raadpleeg om te help om die nodige bepalings in te
sluit in die koopkontrak ten einde die verkoper te verplig
om alle skulde verskuldig aan die betrokke munisipaliteit
te vereffen, en nie net die skulde aangegaan
gedurende die twee jaar voor die datum van die
aansoek vir die uitklaringsertifikaat nie.
As 'n verkoper sal dit belangrik wees dat jy jou prokureur
raadpleeg om enige bepaling in die koopkontrak te
bespreek, wat neerkom op ’n waarborg deur jou vir die
vereffening van alle munisipale skulde op die eiendom.
Ook eiendomsagente moet kennis neem en seker
maak dat hul pro-forma kontrakte hierdie geval dek en
dat hulle die partye inlig oor die effek van artikel 118(3)
soos hierbo bespreek.
Die aanspreeklikheid vir ou munisipale skulde teen ’n
eiendom is 'n omstrede kwessie en sal sterk emosies
van beide verkopers en kopers ontlok.
Dit is dus noodsaaklik dat partye die bewoording van
enige koopkontrak noukeurig oorweeg en waar nodig
die situasie met 'n eiendomspesialis voor die aangaan
van enige ooreenkoms bespreek.
advertensie
Is jy aanspreeklik vir historiese agterstallige
eiendomsbelasting op jou eiendom?
� � � � � � � � � � �� � � � � � � � � �
� � � � � � � �� � � � � �
� � � � � �� � � � � � �� � � � � �
� � � � � � �� � � � � � � �
� � � �
� � � � � � �� � � � � � �� � � � � � � �
� � � � � � �� � � � � � � �
� � � � � �
� � � � � � � � �� � � � � �
� � � � � �� � � � � � � �� � � � � �� � � � � � �� � � � � � �
� � � � � � � � � �� � � � � � � �
� � � � � � � �� � � � � � �
� � � � � � �� � � � � � �
� � � � � � � �� � � � � � �
� � � �
� � � � � �� � � � �
� � � � �� � � � � � �
� � � � � �� � � � � � �
� � � � � � �� � � � � � �
� � � � � �� � � � � � �
� � � �� � � � �
� � � � �� � � � � � �
� � � � � �� � � � � �
� � � � � �� � � � � � �
� � � � �� � � �
� � � � �
� � � � � �� � � � � � �
� � � � � � � � �� � � � � � � �
�
� � � �� � � � �
� � � � � �� � � � �
� � � � � � � �� � � � � � �
� � � � � �� � �
� � � � � � �� � � � � �
� � � � � � � �� � � � � �
� � � � � � �� � � � �
� � � � � � �� � � � � � � �
� � � � � � �� � � � � � � � �
� � � � � � � � � �� � � � � � �
� � �� � � �
�� �����
� � � �
Mnr Spangenberg en sy dames.
www.glitter-magazine.com Glitter 9
09 VD Wall:Glitter Template 2015-06-18 10:26 AM Page 1
ons mense wat glitter
As jy met ’n professionele rugbyspeler getroud is, is die lewe nie altyd net glitz en glamournie. Só vertel Tania Snyman (32), wat in Kimberley vir haar ma, Annemarie Markgraaff, kom
kuier het. Tania, haar man, Brendon en hulle twee kinders, Brendon jr. (twee jaar en agtmaande) en Ammelie (17 maande), het ’n jaar gelede sak en pak Frankryk toe getrek.
Terwyl sy hier in Kimberley kuier, hoor sy toe sy gaan nie weer terug Frankryk toe nie, maarhulle trek nou Engeland toe! Tania het ’n bietjie met Glitter gesels.
Jy hou jou nie
Tania, haar ma,Annemarie en Taniase twee kinders,Brendon jr. enAmmelie.
10 Glitter www.glitter-magazine.com
“Brendon het vir die Luiperds gespeel toe onshoor ons gaan Frankryk toe. Hoekom gaanalmal oorsee? Vir die geld. Ons jaag nie ’nspesifieke leefstyl na nie, nie op ons ouderdomnie, so die skuif Frankryk toe was vir die geld.Brendon het ook gevoel hy wil sy laaste jaredaar speel. Wie gaan nie die geleentheidaangryp om Frankryk te sien nie?” Tania sehande beweeg terwyl sy praat. “Dis die Fransese manier. Hulle praat so met hulle hande,veral as jy nog nie ordentlik Frans kan praatnie,” verduidelik sy vinnig. “As hulle hoor jy isvan Suid-Afrika, raak hulle sommer warmerteenoor jou. En as hulle hoor jy probeer hulle
taal aanleer...” Sy en Brendon praat na ’n jaarvlot Frans. Dit kon ook nie anders nie. “Ons hetbuite Montauban, in Leojac, in ’n huis gebly.Brendon speel in Montauban, maar daar is netwoonstelle. Jy kan nie in ’n woonstel in metkleintjies nie; ons moes in ’n huis woon. Leojacis ’n voordorpie van Montauban – ’n militêredorp – niemand daar praat eers Engels nie. Soek het ’n Franse vriendin wat wou Engels leeren ek wou Frans leer. Ons is toe gedwing ommekaar se taal te leer praat. Daai Franse kennet thank you en dis extreme vir hulle. Brendonis baie taalvaardig. Hy laat waai.”
Moenie jouself jammer kry nie
Aan die begin was dit ’n challenge, erken sy.“Gelukkig het my ma saam met my soontoegevlieg en toe so drie weke daar gebly om tehelp. Onthou, ons het sonder meubelsgegaan, niks. Ek moes alles daar gaan koop.Dis ’n moerse aanpassing. Ons het ’n week in’n hotel gewoon en so die huis volgemaak. Ekis ’n neat freak en perfeksionis. As my kindersnie uit ’n bord kan eet nie, dan eet hulle nie. Ditklink baie high en mighty, maar ek probeer ditso gerieflik moontlik vir my kinders maak. Ditklink great om in Frankryk te bly en dit is, maar
upstairs nie
10-11 Voorblad:Glitter Template 2015-06-18 12:21 PM Page 1
www.glitter-magazine.com Glitter 11
ons mense wat glitter
Ammelie met die bos rooi krulhare en Brendon
wat nou al ’n regte seuntjie is. “As jy jouself
gaan jammer kry, gaan jy nie oorleef nie,”
waarsku sy en sit die foon neer.
Leer vinnig bestuur
’n Tipiese dag vir haar begin deur Brendon wat
die kinders ontbyt gee en sy wat vinnig
klaarmaak en aantrek. “Anders lyk ek heeldag
soos ’n hobo!” Sy lag, maar voeg by:
“Brendon is amazing, hy help met alles. As jy
en jou man nie ’n span is nie, gaan jy dit nie
maak nie. Julle het net mekaar. Hy móét jou
ondersteun en help. Op die ou end los hy jou
heeldag met twee kleintjies. Ons probeer twee
keer ’n week in die middae saam eet, dan
speel die kinders by die unie. Alles is ingerig vir
kinders. Die Franse is mal oor kinders. As ons
klaar is in die oggend – gelukkig begin
Brendon eers 09:00 oefen, nie so vroeg soos
hier in SA nie – dan gaan laai ons hom af. Ons
het net die een kar. Ek het al op dag twee gesê
gee my die karsleutels, ek wil leer bestuur aan
die ander kant van die pad. Nou maak dit vir
my sin. Ek het op my SA-lisensie gery, want die
Franse neem so lank met alles, ek sou te lank
wag vir ’n Franse lisensie. Die Franse is soos
die Kapenaars. Niks jaag hulle nie. Almal stop
by die voetoorgange. Ek het vinnig geleer ry.”
Jy doen alles self
As hulle Brendon afgelaai het, gaan maak sy
huis skoon. “Hier doen jy alles self. Ons maak
soggens die beddens op en ek kom maak
skoon as hy afgelaai is, maar ek doen ook
goed met die kinders in die oggend. Ek leer
hulle tel en doen alles in Afrikaans. Dan gaan
stap ons ’n ent. Jy is veilig. Jy hoef nie bang te
wees nie, niemand agtervolg jou nie. Dis oop,
dis skoon, dit ruik lekker. Oral is parke. In die
middae slaap my kinders en dan maak ek kos.
Alles gebeur sag, want Ammelie slaap so lig.
Ek stofsuig soggens, want smiddae sal sy
wakker raak. As hulle wakker is, is alles klaar.
Dan speel ons of gaan stap weer of kuier
êrens. Daar is maatjies vir hulle. Jy kleef half
aan die mense wat ook klein kinders het. Ek
het agter sintetiese gras gelê. Die kinders gaan
skoon uit en kom skoon in. As hulle wil vuil
word, kan hulle net oor die straat stap. Vyfuur
gaan haal ons vir Brendon en dan gaan doen
ons iets. Vanaand agtuur, as die kinders weer
slaap, was ek wasgoed en Brendon stryk.”
Lyk soos jy wil lyk
Oor die unies kan sy nie uitgepraat raak nie.
“Hulle kyk na jou. Betaal vir my om hier te kom
kuier. Hulle betaal jou om in die land in te kom.
Medies is verniet. Dis hoekom jy kan lyk soos
jy wil lyk. Jy kan bietjie op jouself spandeer.”
Maar al trek jy hoe mooi aan, moet jy nederig
bly, beklemtoon Tania.
“As jy vir jou gaan upstairs hou, skuif hulle jou
uit. Almal daar is gelyk. Of jy nou ’n
skoonmaker of prokureur is. Jy kan mooi
aantrek en jou ding doen, maar jy moet nog
steeds sê asseblief, dankie, plesier. Ons kan
baie daaruit leer. Hulle het empatie met almal,
veral as dit by kinders en ma’s kom. Jy hou jou
nie fancy daar nie, dit mag nie gebeur nie.
Daar is rye vir ma’s wat swanger is, rye vir
rolstoele, rye vir ma’s wat klein kindertjies het.”
Nie net pak en ry
Op ’n af-naweek vir Brendon doen hulle iets
saam as gesin, maar dis ook nie net vir pak en
ry nie. “Dis beplanning, dis die stootwaentjie –
moet jy hom los of moet hy saam? Ons het ’n
gesponserde kar, ’n Juke. Ek kyk die klein
karretjie so, maar jy kan nie met ’n halwe
suitcase gaan nie, jy pak vir hom. Jy wil ook nie
lyk of jy van die plaas af kom nie.” Party dae kry
sy haar afdae, want “jy mis jou ma en jy raak
kwaad. Ons sit ook maar vas. Die grootste
ding is jy moet oopkop bly. Brendon doen dit
vir ons en gelukkig is ons kinders nog klein.”
Pak met die iPhone
En die skuif nou New Castle, Engeland toe?
“Ja, ons het gehoor terwyl ons hier is. Dis in die
Noorde van Engeland. Zelda, my vriendin,
noem dit die lucky packet-leefstyl. Jy weet
nooit wat jy gaan kry nie. Dis exciting, maar
challenging omdat mens klein kinders het.
New Castle het gelukkig dubbelmediumskole
wat Afrikaans en Engels is. Ek gaan nie weer
terug Frankryk toe nie, so ek is op die iPhone
en wys Brendon pak dit, pak dat, los daai.
Daar is belangrike goed, wat sentimentele
waarde het, wat ek wil inpak. Ek gee nie om
oor die meubels nie. Ons kan tien bokse
volmaak. Ek wil nie weer daar anderkant so
groot gaan bly nie. Ek ken darem nou al die
drill en my ma kan nie weer saamgaan nie. Dit
gaan makliker wees, want alles is in Engels.
Brendon het vir twee jaar geteken, maar daai
unies is strenger en jou liggaam word heeltyd
getoets. Hulle is bang hulle teken jou vir Aviva
Premiership Rugby en jy kom op krukke daar
aan. Dis superprofessioneel en meer geld. Ek
moes net ingee.”
Worry nie hoe weird nie
Tania hoor die Noorde van Engeland kan nogal
common wees, maar “ek gee nie om hoe
weird jy is nie. Ek praat met almal. Jy hou jou
nie upstairs nie, want daai ou vir wie jy jou
upstairs hou, moet dalk môre weer ’n klip uit
jou pad rol. Ek gaan Frankryk so mis, maar dis
nou weer ’n nuwe uitdaging.”
Tania se ma hou vir haar al die Glitters. “Ek lees heel eerste die redaksie, ek wil hoor watis op jou mind. Dan gaan ek Muishond toe. Hy sê nugter wat ander wil sê as jy dronk is.”
10-11 Voorblad:Glitter Template 2015-06-18 12:27 PM Page 2
053 832 0734
TA
LITA| 076 982 45
94
TA
L ITA| 076 982 45
94
MA
RT IE | 072 386
2406
MA
RT IE | 072 386
2406
NA
TASSIA | 082 933 4030
NA
TASSIA | 082 933 4030
LE
AN
NE | 072 26271
55
DE BEERS TERRACE
HOME LOANS #FINDYOURPEACEINWARRENTON
MODERN, BRAND NEW DEVELOPMENT! CHOOSE
YOUR OWN PLOT AND PLAN
Swift
Prin
t732
99
RESIDENTIAL | COMMERCIAL | FARMSGWK PROPERTIES - 053 832 0734
FOR THE SALE OR LISTING
OF YOUR PROPERTY CONTACT ANY
OF OUR AGENTS
CRAWFORD ESTATE
MAGERSFONTEIN MEMORIAL
GOLF ESTATE
The PalmsBe secure in splendour
BR
EN
DA | 0 8 4 4 0075
47
AN
SOPH
I | 0 83 557 2924
AN
NEL IZE | 071 680
9969
JAC
QU
ES | 0 83 98352
00
LIN
DA
| 0 83 636 4229
RENTALS
2 / 3 BEDROOM APARTMENTS, PHASE 1 UNDER CONSTRUCTION
LE
AN
NE | 072 26271
55
Vaalharts
Douglas
2 / 3 BEDROOM UNITSIN TUSCAN STYLE
VIL
MA
| 0 82 498 2989
VIL
MA
| 0 82 498 2989
NA
TASSIA | 082 933 4030
#F EF# INDYOURRPEACEINIECAPUOYNIhh tthll
AARRRERENTONOTNEAWWNN
D lD ll
2 / 3 BEDROOM A AARTMENTS,PPHASE 1 UNDERCONSTRUCTIO
gwk properties:Layout 1 6/18/2015 11:11 AM Page 1
’n aand saam met . . .
www.glitter-magazine.com Glitter 15
’n Aand saam met die Maksima-skoolDie Maksima-skool het ’n fondsinsameling by die Kimberley-klub gehou. Dié skool is virkinders wat op die outismespektrum is. Die skool is by die Taberna-Dei. Glitter het diefunksie bygewoon en ’n paar van ons lesers daar afgeneem.
Charl en Maryna van Niekerk
Johan en Charlette Lategan
Marius en Helena Malherbe
Mike en Marina Smith Marina en André LootsSuzanne en Marius Botha
Lizelle en Werner Strauss
Lizelle en Werner Strauss, prof. David Griesel, Elize van der
Walt en Elsabe Ettwien.
Judy en Deon du Plessis
Hentie en Lizane van Niekerk
15 Aand:Glitter Template 2015-06-18 12:35 PM Page 1
�5)�<38�6758++0-2+�73�036)�:)-+,7��)9)27,38+,�<38�,%9)�75-)(�.867�%&387�)9)5<7<4)�3*�:)-+,7�0366�453+5%11)���*�<38
:%7',�:,%7�<38�)%7�%2(�*3003:�%�,)%07,<0-*)67<0)��<38�6,380(�036)�:)-+,7��&87�-*�7,)'%86)�3*�7,)�:)-+,7�+%-2�-6�2)9)5�%((5)66)(�<38�.867�/))4�32�75)%7-2+�7,)�6<147316��2())(��1%2<�4)340)�,%9)�%�733�03:�0)47-2�0)9)0-2�7,)-5�&3(<��%''35(-2+�73�5)6)%5',�(32)�%7�7,)�3'/)*)00)5��267-787)�%2(�7,)�"2-9)56-7<�3*�,-0%()04,-%�
!,)�6)'5)7�73�68'')66*80�:)-+,7�0366�0-)6�:-7,7,)�0)47-2�4537)-2�,35132)��%6�-7�45)9)276�7,)6735%+)�3*�*%7�%2(�-6�*351)(�-2�7,)�*%7�')006��)47-2�,)046�73�5)+80%7)�*33(�-27%/)�%2(�86%+)�%2(�+-9)6�7,)�&3(<�7,)�2)')66%5<�-2();�3*2875-7-32���%7�1)7%&30-61�-6�-2())(�'3275300)(�&<0)47-2�%2(�-*�7,)�&3(<�(3)6�237�,%9)�)238+,�3*7,)�4537)-2�,35132)��-7�0)%(6�73�%�*))0-2+�3*,82+)5�%2(�135)�*33(�6735%+)�
�351%0�0)47-2�0)9)06�'%2�&)�03:)5)(�&)'%86)�3*1)234%86)��675)66�%2(�%2;-)7<��)137-32%075%81%��82,)%07,<�)%7-2+�,%&-76��9-5%0�-2*)'7-326�%2%)67,)7-'6�%663'-%7)(�:-7,�032+�685+)5-)6%2(�,35132%0�',%2+)6�-2�:31)2���7,)5*%'7356�7,%7�'3275-&87)�73�%�03:�0)47-2�0)9)0-2'08()�7,)�7%/-2+�3*�%27-�()45)66%276��')57%-2%27-&-37-'6��+)2)7-'�*%'7356��,<67)5)'731<�4,<6-'%0�75%81%��%2(�,35132%0�1)(-'%7-32��%6:)00�%6�45)+2%2'<�
�3:�73��)6735)�7,)��)47-2��)9)0�<�68440)1)27-2+�:-7,�%�'31&-2%7-32�3*�7,)5-+,7�7<4)6�3*�68440)1)276�%2(�*3003:-2+�%2875-7-32%00<�&%0%2')(�)%7-2+�40%2��7,)�&3(<�+)76%�',%2')�73�+)2)5%7)�)238+,�0)47-2�%2(�73�86)-7�4534)50<��#-7,�68',��<38�5)+%-2�'327530�39)5<385�)%7-2+�,%&-76�%2(�)2,%2')�:)-+,7�0366�
��8855���3300))
#)�,)04�<38�73�5%-6)�7,)�0)47-2�0)9)0�-2�<385&3(<�7,538+,�%�6)5-)6�3*�(%-0<�-2.)'7-326�73+)7,)5�:-7,�7,)�7%/-2+�3*�68440)1)276�-2�385
5%2+)��%2(�4539-(-2+�<38�:-7,�%�,)%07,<&%0%2')(�1)%0�40%2��!,)�-2.)'7-326�,)04�73�'85&,82+)5�%2(�'5%9-2+6�%2(�%063�,)04�*35�%2)**)'7-9)�*%7�1)7%&30-61��!,)�1)%0�40%2-2'35435%7)6�%�4537)-2�4086�1)%0�5)40%')1)276,%/)��73�)2685)�7,%7�<38�+)7�%00�3*�7,)�2875-7-327,%7�<38�2))(�(85-2+�:)-+,7�0366��:,-0)�7,)68440)1)276�-2�7,)�#32()5��%2+)�,)04�*35�7,)2351%0-6%7-32�3*�*%7�1)7%&30-61�%2(�+%-2-2+347-1%0�)2)5+<��%6�:)00�%6�,)%07,�5)6735%7-32��4%57�*531�7,)�%&39)��7,)�40%2�-2'08()6�%2);)5'-6)�40%2�68-7%&0)�*35�+<1�35�,31)%440-'%7-32��:,-0)�:)�4539-()�32+3-2+137-9%7-32�%2(�)137-32%0�6844357�
��������������� ������������������ ��������� ������������
#-7,�7,)�5-+,7�)%7-2+�40%2��5)6735%7-32�3*�<3850)47-2�0)9)0��);)5'-6)��68440)1)27-2+�%2(�*8006844357��:)�7,86�,)04�<38�73�5)+%-2�'327530�39)5<385�,)%07,�%2(�:)-+,7��$38�:-00�);4)5-)2')�%2
-14539)(�6)26)�3*�:)00�&)-2+�%2(�);4)5-)2')*):)5�*33(�'5%9-2+6�%2(�133(�6:-2+6���;4)'7347-1%0�)2)5+<�7,538+,387�7,)�(%<��%�*%67)51)7%&30-'�5%7)��03:)5�',30)67)530��-14539)(3;<+)2�68440<�73�7,)�')006�%2(�*-51-2+�84�3*0)%2�186'0)���35132%0�&%0%2')�-6�5)6735)(�%2(45)1)26758%0�6<147316�%5)�6-+2-*-'%270<5)(8')(��$38�:-00�237�320<�036)�*%7��&87�%063�+%-2&)77)5�,)%07,�
�4%57�*531�7,)�0)47-2�-2.)'7-326�%2(�4537)-26,%/)��:)�3**)5�<38�7,)��)5&%&3367�*%7�&852)5��<589-7)��*35�5)6735%7-32�3*�7,)��5)&6�'<'0)�%2(&)2)*-76�68',�%6�-2'5)%6)(�3;<+)2�*03:�%2(*):)5�133(�6:-2+6���1)+%�������*35�*086,-2+3*�*%76��-14539)1)27�3*�-1182)�6<67)1�%2(45)9)27-32�3*�7,)�,%5()2-2+�3*�%57)5-)6��%2(1%+2)7-2)�%6�%2�-14357%27�4%57�3*�7,)��5)&6'<'0)�%2(�7,86�*%7�&852-2+��!,)�%&39)�%5)�.867631)�3*�7,)�68440)1)276�-2�7,)� 0)2()5#32()5��%2+)��*531�:,-',�<38�:-00�&)2)*-7�%64%57�3*�7,)�:)-+,7�0366�453+5%11)���327%'7�86*35�453*)66-32%0�%66-67%2')�73�:-2�7,)�&%770)%+%-267�:)-+,7�+%-2�
�����������
��������������������������� ���������
������������ ���%%22((55==���3322''%%0099))66�,,%%((�%%��������33**�������3322������%%2288%%55<<�����������
����!!���� ���))55��������::%%66��������3322���� ))4477))11&&))55::--77,,�%%�773377%%00�::))--++,,77�00336666�33**��������//++��
Dr Ingrid Human: 053 832 7245 www.slenderwonder.co.zaSlender Wonder Where your health is a way of life
������������������� �� �����������������
16 Glitter www.glitter-magazine.com
BEFORE: On 1 November 2014 Janke
Steenkamp had a BMI of 31,25.
AFTER: Her BMI was 28 in February 2015 with
a total weight loss of 12,7 kg.
XX Slender:Glitter Template 2015-06-18 10:29 AM Page 1
For more information on the purchasing of property, or to view a property, visit REMAX Kimberley at Shop 4 (next to Spur), on the Cape Town road, Roylglen.You can contact them at 053 832 2361/4201; fax to 086 615 3933; email to [email protected] or visit their website at www.remax.co.za
The RE/MAX referral network covers over
85 countries with nearly 90,000 Agents
who list properties on one global
property website where buyers can
search for their dream home in their own
language and in their local currency.
RE/MAX in Southern Africa is a highly
rated BBBEE company and we endorse
the growth and development of our
multicultural Agents and the Real Estate
industry in all communities in our
country.
RE/MAX offer its Agents the best
international training available through
our Global Education Centre which is
available to Agents 24/7 through our
Intranet. Well trained Agents are able to
get sellers the best prices in the shortest
period of time.
RE/MAX has a strong ethos of giving
back to our local communities and
those in less fortunate situations and
has established the RE/MAX Foundation
to coordinate the charitable initiatives of
our Agents.
RE/MAX offers sellers the widest
exposure of their properties both locally
and internationally in print media, TV and
online.
Our experienced RE/MAX Agent
comprise approximately 6% of all Real
Estate Agents in the country but sell
approximately 29% of all residential Real
Estate sales.
It would seem like listing your home with
RE/MAX Agents TODAY would be a
good decision.
www.glitter-magazine.com Glitter 17
17 Remax:Glitter Template 2015-06-18 10:31 AM Page 1
SPROKIE EINDIGVir Jolanda Labuschagne (31) was trou haar happy ever after en sou sy nooitkon dink dat haar gesin deel van die misdaadstatistiek sou wees nie. Haar en
Riaan se paadjies het gekruis toe sy uit ’n verhouding gestap en saam met haarsussies begin kuier het.
time to take a coffee break with
in misdaadstatistiek
Riaan, of Lappies soos almal hom geken het,was absoluut mal oor haar, maar aanvanklikwou sy niks van hom weet nie. Toe syuiteindelik instem om saam met hom op ’n date
te gaan, het sy geweet hierdie is die man virhaar. Min het sy geweet sewe jaar later sou sy
sy lyk moes gaan uitken.
Jayden, hulle seuntjie (2) lyk op ’n druppel soossy pappa en Jolanda sê dit was baie moeilik indie begin. “Alles van hom het my aan sy palaat dink en ek kon nie daarmee deal nie.”
’n Voorgevoel
In November 2013 het hulle familie op ’nDonderdagoggend Bloemfontein toe gegaan.Sy het vir haar ma en sussies gesê dat sy ’nslegte gevoel het dat daar met iemand na aan
Jolande en Jayden.
18 Glitter www.glitter-magazine.com
18-19 Coffee Break:Glitter Template 2015-06-18 10:32 AM Page 1
haar iets gaan gebeur. Op Kersdag is Riaan se
suster se babadogtertjie wat vir ’n lang tyd baie
siek was, oorlede. Alles tot en met Riaan se
skietdood het vir Jolanda gevoel asof die Here
haar daarop voorberei. Die Saterdag voor Riaan
se dood het hulle gou by haar ma gestop op
pad huistoe. Haar ma het aangedring dat hulle
daar eet, maar Riaan wou niks weet nie.
Jolanda sê hulle was almal so verbaas, want dit
was net glad nie hoe hy was nie. Die aand het
hulle by die swembad gesit en Riaan het vir
Jolanda gesê as daar ooit iets met hom
gebeur, moet sy aangaan met haar lewe, maar
daar was een voorwaarde: wie ookal die
persoon is, moet vir haar en Jayden so goed
sorg soos hy vir hulle sorg.
Liedjie se woorde
Die daaropvolgende week het hy nagskof
begin werk en die Dinsdagoggend het Jolanda
klaargemaak vir werk terwyl Riaan nog gelê het.
Sy het gehoor hy luister na ’n liedjie op sy foon
en hy sê toe vir haar dit is iets wat haar ma vir
hom gestuur het – Emma’s Song van Dillon
Lerm. Sy het nie besef wat hierdie liedjie se
woorde inhou nie. Sy en Jayden het saam met
Riaan kantoor toe gery. “Jayden wou nie sy pa
los nie.”
Jolanda het die volgende oggend wakker
geword en vir Riaan probeer gebel. Sy foon
was af en sy het aangeneem hy is oppad
huistoe en dat hy nie sein het nie. Haar sussie
het gebel en vir haar gesê dat sy en haar man
na hulle ma se huis moet gaan. Jolanda kon
nie verstaan waarom nie en het dadelik haar ma
gebel. Sy het Jolanda verseker dat daar niks
fout is met een van hulle nie.
“Ek het in elk geval besluit om soontoe te gaan,
maar net toe ek wou ry, lui die klokkie. Toe ek
die motorhuisdeur oopmaak, het my ouers en
my een sussie en haar man daar gestaan.”
Jolanda het dadelik vermoed iets het met Riaan
gebeur, want almal het gehuil. Sy wou net weet
of hulle hom MediClinic toe gevat het, want
hulle het ’n mediese fonds. Jolanda sê sy weet
nie hoekom sy dit gevra het nie. Haar pa het
gesê hy is geskiet en hy het dit nie gemaak nie.
“Net daar het my lewe tot stilstand
gekom.”Jolanda het nie presies geweet wat
gebeur het nie, behalwe dat Riaan noodlottig
gewond is tydens ’n skietery op die delwery.
Hulle kon ook nie na die misdaadtoneel gaan
nie, want dit was vir die ondersoek afgesper.
Jolanda moes later Riaan se lyk gaan uitken.
“Jy berei jouself voor vir wat by die lykshuis wag,
soos in die movies, dat hulle hom uit ’n
yskaslaai gaan trek. Dit was glad nie so nie.
Daar tref die harde realiteit van die dood jou
vierkantig in die gesig.” Sy lyk is op ’n trollie in
die gang geplaas en die sak is oopgemaak.
“Dit het gelyk of hy slaap, sy hande was nie
eens vuil nie. Daar was net ’n bietjie bloed by
sy neus, maar toe ek hom soen, het ek geweet
hy is nie meer daar nie.” Riaan is deur die
rowers, wat hurkend by die sorteerhuis gewag
het om op hom toe te slaan, geskiet. Die koeël
is by sy linkersy in, deur sy hart en by sy
regterskouer uit. Die speurder het bevestig dat
hy op slag dood is.
Aanhou lê of opstaan?
Die dag na Riaan se dood moes hulle begin
met begrafnisreëlings. Koerantopskrifte in die
strate het vir Jolanda net weereens die
werklikheid van die moord laat insink. “Hoekom
my man?” Jolanda se suster en haar man het
dadelik by haar ingetrek en haar bygestaan. Die
Saterdag is hulle huistoe om te gaan klere haal
en net daar het Jolanda oorgegee aan al haar
emosies.
“Ek het na Riaan geroep in die huis, geskreeu.”
Jayden het na sy ma toe geloop, maar sy het
hom weggestoot. Drie keer het haar seuntjie
huilend na haar toe geloop, maar sy wou hom
nie naby haar hê nie.
“Toe is dit asof die Here my net geruk het en
my laat besef het wat ek besig is om aan hom
te doen. Hy was ’n jaar en twee maande. Hoe
moes hy alles verstaan? Ek het dan nie
verstaan nie.”
Sy het vir Jayden net daar opgetel en vir die
Here om vergifnis gevra. “Later die aand, toe
almal in die televisiekamer sit, het ’n liedjie op
Jukebox begin speel en ek besef toe dit is die
Emma’s Song waarna Riaan vroeër die week
geluister het. Ek het na die woorde geluister en
geweet dis ’n boodskap vir my. Daar het ek
weer besef ek kan óf aanhou lê óf opstaan.”
“Lappies-dag”
Op die herdenking van Riaan se eerste jaar in
die hemel het Jolanda ’n “Lappies-dag” gehou
(sy wil dit graag elke jaar doen) en skenkings
gevra vir behoeftiges. Sy het die ingesamelde
klere self geneem na dié wat nodig het. Met
baie ondersteuning van vriende en familie kom
Jolanda deur elke dag.
“Ek leef dag tot dag en dink nie te veel aan
môre nie. Ek waardeer nou die alles wat Jayden
van sy pa het, want dis ’n stukkie van Riaan wat
ek nog het. En ek wil praat oor hom en nie die
onderwerp vermy nie, want dit is hoe ek dit
verwerk. Ek het in sewe jaar meer geluk saam
met hom gehad as sommige vrouens in ’n
leeftyd saam met hul huweliksmaats.” Haar
uitlaatklep is ’n Facebook-blad wat ’n vriendin
geskep het. “Ek praat daardeur met hom, veral
as dinge te veel raak. Ek wil hom altyd onthou.
Die wete dat ek hom nie nou hier op aarde
weer kan sien nie, is die ergste, maar ek weet
eendag sal hy vir my wag.” – Ronell van der
Sandt
coffee break
“Ek is so dankbaar dat ons vandag nog ’n verhouding kanhê en ek weet my kinders is gelukkig waar hulle nou is.”
www.glitter-magazine.com Glitter 19
18-19 Coffee Break:Glitter Template 2015-06-18 10:33 AM Page 2
POSITIONSpacious family home, open plan
living areas, neat kitchen.Pool with cover & neat garden.
RHODESDENER1 670 000
POSITIONIdeally situated for businesspremises. Spacious rooms,
recently renovated. A must to see.
BEACONSFIELDR1 690 000
REDUCEDSpacious d/storey home in popular area.Open plan living areas, modern kitchen,immaculate garden. A must to view.
HILLCRESTR2 950 000
ALLEENMANDAATPosisie, Posisie! Moderne kombuis, ruimleefareas, buite kantoor, braai / onthaal
vertrek. Swembad, klein tuin.
MONUMENTHOOGTER2 968 000
ENTERTAINER’S DREAMGrand ‘Golden Oldie’ in popular area.Lovely kitchen, spacious living areas,built-in braai & pool in lush garden.
MEMORIAL ROAD AREAR4 725 000
4 2½ 2
4 2 1 4 2½ 2
4 2½ 2 4 3 3
082 822 9387 082 756 8928 083 451 1004 083 395 3551079 525 3495083 649 9964
Leola Annalee Karen LizelleDotHubré
BELEGGINGS GELEENTHEIDKommersiële gebou met bestaande
huurkontrakte, goed geleë, naby nuweUniversiteit. Skakel vir meer inligting.
NEW PARKPOA
NUUT IN DIE MARKReg om in te trek, geen werk nodig.Groot woonhuis in gesogte area
met swembad, ’n moet om te sien.
BELGRAVIAR2 000 000
4 3 3
COUNTRY LIVINGSmall farm, 16,62 ha, ideal for cash crops.
2 x Double-storey houses, individually fenced withdevil’s fork and electric fencing. Call today!!
FARM - BOSHOF ROADR2 150 000
POSITIONFlat with 1 spacious bedr, enclosed balcony.
O/plan living area and kitchen. U/coverparking. Ideal for the beginner family.
BELGRAVIA – CBDR495 000
1½ 1 0
Homes@Kbly 26x6 june 2015:Layout 1 6/18/2015 11:13 AM Page 1
Hoewel hy nou kan grappies maak oordaardie vreeslike dag, 13 Desember 1997,op sy 37ste verjaarsdag, toe hy ’n ampersedoodsvonnis ontvang het, weet ’n mensTyronse lewe is beslis nie ’n grap of toevalligheidnie. Sy pad met die gewas op sy brein is eenwat hy baie nou saam met die Here stap enhy is baie bewus van die Here se ingrypingen doel in sy lewe.
Hy was in die fleur was sy lewe, getroud met“Kimberley se mooiste diamant” Roslyn, en
die egpaar het ’n dogter en seun gehad. Aswerknemer by die Suid-Afrikaanse weermag,was sy lewe presies soos wat hy gehoop het,maar dinge het vinnig verander. “Ek het op 11Desember 1997 soos gewoonlik opgestaan,badkamer toe geloop en ure later in diehospitaal wakker geword,” vertel hy.
Eers ’n paar dae later, op sy verjaarsdag, enna ’n hele aantal toetse, het die uitslaggekom: breingewas en daar moetgeopereeer word. Die operasie, het dokters
hom meegedeel, is nie sonder risiko’s nie.Na baie twyfel, gebede en ingrypings enbeloftes van God is hy toe wel geopereer.Een van die ingrypings was dat hy bly lewehet. “Ek het werklik beleef hoe ’n kring vangebede my lewe gered het. Mense vanregoor die land, baie van hulle totalevreemdelinge, het vir my gebid en my leweaan die Here opgedra. As ek terugkyk nadaardie dae in die hospitaal en al daardiegebede, besef ek keer op keer hoe kosbaardit was. ”Sy hele lewe is een van genade, sê
jou storie
“Prys die Here!”, het hy uitgeroep toe hy sowat 17 en ’n half jaar gelede gehoor het daar is ’ngewas tussen sy twee breinlobbe. Tyron Knight (54) vertel van die dag toe Bloemfonteinse
dokters vir hom vertel het van die gewas. “Vir die eerste keer in my lewe kon niemand my weerdaarvan beskuldig dat ek niks tussen die ore het nie,” skerts hy.
“Ek lEwE al 17 jaar met ’n gewas op my brein”
www.glitter-magazine.com Glitter 23
23-24 Jou Storie:Glitter Template 2015-06-18 10:35 AM Page 1
jou storie
hy. Dit het hy al in die hospitaal besef toe hy
’n boodskap deur ’n kapelaan van die
weermag se beradingsboekie ontvang het.
“Ek het gelees hoe die Here daarin ’n belofte
gemaak het om my nog te laat lewe en nou is
dit al aan die einde van dié jaar 18 jaar later.”
Daar het ook al heelwat mense oor sy pad
gekom wat hom dikwels herinner het die Here
is getrou. So sal hy byvoorbeeld nooit vir
suster “Kloppertjie” in die hospitaal vergeet
nie. Alhoewel hy nie weet wat haar regte
naam was nie, en hy haar só gedoop het oor
die geluid wat dit gemaak het as sy in die
hospitaalgang loop, het sy hom inspireer en
laat glo hy sal bly lewe.
Na sy operasie, waartydens daar geen skade
aan enige van die senuwees aangerig is nie,
het die dokter hom ingelig daar is goeie en
slegte nuus. “Die goeie nuus was die gewas
is nie kwaadaardig nie. Die slegte nuus was
die gewas kon nie verwyder word nie, want
dit sit op ’n uiters delikate plek.” Die gewas is
net so gelos en Tyron het vir ses weke daarna
vir bestraling gegaan. Elke jaar word hy twee
keer ondersoek. Die gewas het in al die jare
nie gegroei nie en ook nie gekrimp nie, dit lyk
presies nog net soos dit destyds gelyk het.
“Dit is ongelooflik en die dokters sê hulle het
nog nooit so iets teëgekom nie. ”Vir Tyron het
die gewas egter gevolge ingehou. Hy het erg
moeg begin raak, hy kon nie sinne voltooi wat
hy besig was om te skryf nie, hy het sommer
net skielik aan die slaap geraak of sy bene
het onder hom meegegee. Dit het veroorsaak
dat hy reeds destyds op mediese pensioen
geplaas is.
Tyron het egter besluit dit gaan hom nie keer
om te lewe nie. “Ek weet vandag as ek nie
die gewas op die brein gekry het nie, ek nie
soveel tyd vir die Here sou gehad het nie. Dit
is daarom vir my makliker om my
gesondheidstoestand te aanvaar. Ek kan die
Here se Woord gaan uitdra en verkondig en
daardie opdrag van Hom nakom.”
Tyron sê sy liggaam het ook geleer om aan te
pas en saam met die gewas te lewe. “Die
mens is wonderlik geskape as ’n wonderlike
aanpasbare wese. Dit weet ek.”
Hy sê hy stel graag ’n uitdaging aan alle
mense. “Ek daag mense uit om die volgende
keer wanneer daar ’n siekte of slegte ding in
hulle lewens gebeur, nie vir God te vra
hoekom dit met hulle gebeur nie. Moenie
daaroor met God worstel nie. Vra Hom eerder
in nederigheid en diepe afhanklikheid hoe Hy
wil hê dat dit wat oor jou pad gekom het,
gebruik kan word om Hom te verheerlik.”
Miskien het Tyron met sy eenvoudige uitkyk
op die lewe die antwoord vir baie worstelende
mense. – Karen van der Berg
24 Glitter www.glitter-magazine.com
23-24 Jou Storie:Glitter Template 2015-06-18 10:36 AM Page 2
DON’T LEAVE YOUR FINANCIAL FUTURE TO CHANCE
Discovery InvestWant to boost your investment immediately up to 26% with Discovery Invest?
Discovery LifeStop paying your life policy premiums at age 65, but enjoy life cover for the rest of your life (FREE cover a er 65).
Discovery VitalityWe do vitality checks every month at your o ces.
Discovery InsureGet up to 50% back of your fuel spend per month. Up to R750 per vehicle.
Amanda DeyzelFinancial Adviser
082 550 [email protected]
Amanda JovnerInsure Specialist
083 613 [email protected]
Charlie Heathcote CFP®Pla num Pres geFinancial Adviser
083 653 [email protected]
Riaan DerksFinancial Adviser
083 456 [email protected]
discovery life:Layout 1 6/18/2015 11:14 AM Page 1
fotoblad
Vandeesmaand fokus Glitter op die diere by die DBV. Baie Kimberliete het vertel hoe lief
hulle vir hulle eie DBV-diere is. Hier wys ’n paar lesers hulle foto’s...
DBV-diere en hulle mense
Charene Azevedo saam
met Baku, ’n Weimeraner.
“Hy is in 2011 by die DBV
aangeneem, maar is toe
tragies in Febraurie met
die vlaag inbrake in
Hadisonpark vergiftig. Hy
word elke dag gemis.”
Adrian Sassin saam met sy hond wat hy
by die DBV aangeneem het. “He was in a
poor condition and he was barely able to
walk. But with enough love, we have been
able to nurse him back to his new self.”
Amelia Hayman saam met haar aangenome
“kind”, Kaptein. “Hy is my hart se punt!”
Michelle Campbell
saam met Chiquita,
Aimee en Rusty.
Kimberley Sassin en haar “seun” Oskar. “I adopted him about 18
years ago. He is still beautifullly fit and healthy!”
Gerhard le Roux saam met sy hond, Choccies.
Lizelle en Justin Hurter, saam met Haiko, Lexi en Rover.
28 Glitter www.glitter-magazine.com
28 Fotoblad:Glitter Template 2015-06-18 10:38 AM Page 1
Gariep Motors 112 Long Street, Kimberley, Tel: 0538312400, Email: [email protected]
Albert Rorhrbeck 0832915442, Jaco le Roux 0824640270, Renee Cross 0790672347
Standard with the new PremiumDrive Maintenance Plan. Finance Provided by Mercedes-Benz Finance and *Insurance, a division of Mercedes-Benz Financial Services South Africa (Pty) Ltd., an Authorised Financial Services Provider (Licence no. 18 604) and Credit Provider (Licence nr. NCRCP80).*Underwritten by either Regent Insurance Company Ltd. (FSB. 25 511) or Alexander Forbes
Welcome to the view from the top.
itself into bends for ultimate driving comfort. Unveil a vision of performance, poise, and unparalleled
nearest dealer or www.mercedes-benz.co.za/s-coupe
The S-Class Coupé.
gariep motors mercedes page 29:Layout 1 6/18/2015 11:14 AM Page 1
jamclothingsa
©Di
sney
Clothing for the whole familywww.famousforless.co.za
KIMBERLEY: 053 831 3305
Now open in York Street(Next to Capitec Bank)�
jam clothing:Layout 1 6/18/2015 11:14 AM Page 1
talks about
Dis als indie brul
Ria
Ria du Plooy (50) het nadat die kinders uit die huis is,
besef sy en haar man, wat elk hul eie sportsoorte
beoefen het, moet iets kry om saam te doen. “Ek besef
toe hy is so mal oor sy BMW-motorfiets, hoekom nie
motorfietse nie? Ek het so ’n bietjie saam met hom gery,
maar dit was nie vir my nie. Na ’n maand wou ek my eie
bike hê, een wat ek self gekies het. My keuse het
dadelik op ’n Harley geval. My man het my fiets so
geniet dat hy sy BMW vir ’n Harley verruil het. Dis
aansteeklik; baie van sy vriende ry ook nou Harleys. Ek
het omtrent ’n veldbrand onder die manne ontketen.”
As jy op jou Harley ry, sien jy nie net die mooi om jou raak nie. Jy ruik dit, jy voel diten jy is deel daarvan. Dis wat dit so ongelooflik maak! Jy gee elke maand jou laastebietjie geld uit op iets moois vir jou fiets. Op die ou end kan jy regtig sê: “My bike is
nicer than me!”
32 Glitter www.glitter-magazine.com
In die Steelwings Harley
Davidson-klub in Kimberley is
daar ses vrouens wat op die
oomblik aktief op hulle eie
motorfietse ry. Babsie Corns
(57) erken: “Ek het begin ry om
my man te impress. Nou is dit
so lekker, ek kan my nie weer
voorstel om agterop saam met
hom te ry nie. Ek is nou meer
passievol oor die ry as hy.”
Die vroue staan nie terug nie
XX Talks About:Glitter Template 2015-06-19 02:52 PM Page 1
Ineke
Ineke Koegelenberg (43) is seker die laaste vrou wat jy op ’n bike sou
voorstel. Haar man het ’n Harley gery “en hy het altyd met my geraas,
want ek waai vir almal soos ons ry. Hy was bang ons val omdat ek nie
kon stilsit nie. Hy het nie gedink ek is ernstig toe ek hom vra om dan
my eie bike vir my te koop nie - ek het net genoeg geld gehad om die
tossels te koop. Almal het my gewaarsku dat jy net nie jou man moet
vra om jou te leer nie, want geen huwelik hou dit nie. My man is
ongelooflik geduldig en ondersteunend en met sy hulp het ek dit
reggekry. Met my eerste langpad was dit die vorige week sonskyn en
die mooiste weer, maar die oggend toe ons Laeveld toe vertrek, het dit
begin reën. Ons het hael ook op die pad gekry - dit was vir my ’n
vuurdoop, maar ek is daar deur.” Volgens die groep is Ineke definitief
gejinx, want “as jy iets saam met haar beplan, dan gaan dit altyd reën
of hael of iets gebeur.”
Annette
Annette Labuschagne (46) is die een wat al die langste haar Harley ry.
“Vir my kan geen ander bike met ’n Harley vergelyk nie. Ek ry ’n stukkie
grondpad voor ek op die teer kom en moet sê Harleys is nie vir die
grondpad gebou nie, ook nie vir spoed en gemak nie - dis vir die klank
en die mindblowing experience.”
Christine
Christine Spangenberg (56) het agterop haar man se bike begin ry. “Hy
het vir hom ’n nuwe bike gekoop, maar wou weens sentiment nie die ou
een verkoop nie. Ek het vir niemand gesê nie, maar het my
talks about
www.glitter-magazine.com Glitter 33
XX Talks About:Glitter Template 2015-06-19 02:52 PM Page 2
Babsie Florence Christine
leerlinglisensie gaan skryf en dit gekry. Nadat ek
hom vertel het, het hy vir my die ou fiets gegee.
Ek het hom laat oorspuit en vir myself meer
vroulik mooigemaak. Ek ry nou so 18 maande
alleen.” Volgens almal ry sy baie goed.
Goeie ondersteuning
“My en Ria se mans was ongelooflik
ondersteunend aan die begin,” vertel Babsie.
“Die groepleier, of marshall ry ook versigtiger
en stadiger tydens ’n rit as hy weet daar is
iemand wat onervare is. Almal ondersteun
mekaar, moedig mekaar aan, en die mans
beskou jou as deel van die groep, daar is
geen kompetisie nie. Hulle is almal besorg en
help graag as iets fout gaan.”
Dis alles waarvoor Harley staan
Vir Florence van Zyl (52) is dit “nie net die bike
nie, maar als waarvoor Harley staan en wat oor
Harley gaan - dis die Harley-geskiedenis wat
dit so special maak.”
Sy het ook in die begin agter haar man gesit.
“Dit was vir my vreeslik boring, ek kon net nie
meer nie. Ek het later die backup voertuig gery
net om nie vir ure agterop te sit nie. Toe kry ek
my eie bike en dit is fantasties! Dit doen ons
verhouding ook baie goed. Ons het ’n
kommunikasiestelsel en praat met mekaar op
die pad. Ek luister ook graag na musiek terwyl
ek ry.”
Staan op en stof af
Ria het so twee jaar gelede haar enkel
gebreek toe sy van die fiets afgeval het. ’n
Harley is swaar, so ’n fiets weeg enigiets vanaf
300 kg. Selfs twee manne sukkel soms om
hom regop te kry. “Daar is geen manier hoe jy
as vrou jou fiets sal kan optel nie.”
Florence meen “dis gelukkig dat Harleys nie
die spoed kan ry wat speed bikes doen nie; jy
het ’n groter kans en voel veiliger. Ria sê: “Jy is
meer opsigtelik omdat ons in ’n groep ry, oor
die geraas en grootte. Mense ry soos hulle wil,
so jy moet oë orals hê.”
Christine vertel as sy en haar man alleen ry, dra
34 Glitter www.glitter-magazine.com
XX Talks About:Glitter Template 2015-06-18 12:38 PM Page 3
hulle klere wat weerkaats, maar mens voel
veiliger in die groep.
Naweekdraaie
Die klub het een maal ’n maand ’n
georganiseerde uitrit. “Daar is nie genoeg
paaie vir ons om te ry nie. Al die paaie is reguit
in die Noord-Kaap, met bitter min draaie, so
ons kry min oefening en as jy draaie moet ry by
die kus of in die Kaap, dan skrik jy jou in ’n
plug in,” lag Ineke.
Dis rowwe mense, my kind
Babsie en Ineke se kinders is baie trots op
hulle. Florence se kleinkind is baie trots en
opgewonde oor die motorfietse, sy sien
onmiddellik motorfietse raak. Almal voel dit
eens dat hulle nie wil hê hulle kinders moet
motorfiets ry nie. “Nie eers fiets nie, eintlik mag
hulle nie eers loop langs die pad nie.”
Christine vertel: “My kinders was tieners toe ek
my fiets gekry het en hulle was glad nie
beïndruk daarmee nie. Ek moes tog net nie
naby die skool kom nie. As ek klere gaan
koop, vra hulle of ek daarin wil ry of is dit vir
dra, hulle het spesifieke idees gehad van wat
ek waar moet aantrek. Die skoonseuns ry en
die meisiekinders het al gery. Hulle assosieer
dit met rowwe mense.”
Florence vertel haar seun se vriende het gedink
sy ouers is baie cool. “Ek het met een uitry ’n
tattoo op my rug gekry en voor die volgende
een het my man een op sy rug gekry. Toe ons
weer gaan ry en die aand voor die tyd saam
met die kinders uiteet, vra hulle: “Net nie weer
’n tattoo nie, asseblief!” Hulle is so bang hulle
ouers rafel uit, jy moet ordentlik bly.”
Van outlaw tot breipen
As egpaar voel almal jy deel ’n
gemeenskaplike belangstelling saam met jou
maat en mens doen meer dinge saam en dit
gee jou iets om saam aan te beplan en oor te
gesels. As vrouens hou hulle waarvan die
meeste vrouens hou: salonbehandelings,
parfuum en natuurlik kinders. Sommiges hou
van kook, sommiges van brei en
scrapbooking, maar daar is ook dié wat ’n
draai om ’n breipen sal loop. “Sommige
mense is beïndruk, maar soms op facebook
kry bikers baie lelike kritiek,” vertel Florence.
Toe Ria se fisioterapeut gehoor het sy ry ’n
Harley, het dié vir ’n oomblik met die
behandeling opgehou en gesê: ”Ag nee Ria, jy
is dan so ordentlik.”
Die geheim van jonkbly
Om op jou eie motorfiets te kan ry, gee vir
Florence “’n totale gevoel van vryheid en
beheer.” Babsie erken: “Jy sorteer ’n klomp
gemors in jou kop uit.” Vir Christine voel dit “of
jy jonk is en in staat om enigiets te doen. Dis
my passie, my kick.” Annette “kan met God
praat, sing, skree en net jouself wees. Daar’s
geen druk van enige kant nie. Dis jou tyd en
jou space.” Dis dalk hoekom die vrouens
almal hulle jare so goed dra, hoekom daar ’n
besonderse blos op hulle gesigte is en
hoekom mens twee maal na hulle kyk. Maak
nie saak hoe of wat nie, die geheim in hulle tas
wil almal weet en ook van hê, want dit werk!” –
Karen Retief
talks about
www.glitter-magazine.com Glitter 35
XX Talks About:Glitter Template 2015-06-18 12:39 PM Page 4
Wie is Hennie Naude?
“Ek het op Griekwastad grootgeword en skoolgegaan,waarna ek gaan swot het. Na my studie het ek by diepolisie aangesluit. Ek was in Pretoria gestasioneer,daarna Kimberley, Vryburg en weer terug Kimberley toe.“Griekwastad was ‘n klein skooltjie en ons was in ’nstadium sewentien hoërskoolseuns wat ’n rugbyspanmoes volmaak. Dan moes jy op ’n jong ouderdomalreeds teenoor veel groter ouens speel en dit het maardie wear en tear veroorsaak wat daartoe gelei het datek in die polisie medies ongeskik verklaar is. Na drierugoperasies het ek ’n stukkie in die Kimberley-omgewing geboer en vir vyf jaar by Office Worldgewerk.”
Hoe het jy by Stillerweë beland?
“My passie vir mense het my na Stillerweë gelok. Mymotto is as jy met kinders en met bejaardes werk, werkjy vir die Here. Die afgelope vier jaar het ek agtergekomal wat hulle nodig het, is liefde. As jy nie liefde en tydhet vir mense nie, kan jy dit maar los.”
Hoe lyk ’n dag in jou lewe?“My dag begin soggens so 7h10. Vernaamlik Maandaeis dit blou, want dan bestaan die eerste deel van diedag uit die hantering van klagtes en kyk dat alles goedgaan. So teen tienuur is dit teetyd vir die bejaardes indie sitkamer. Almal wat nog mobile is, kom danbymekaar. Ek doen moeite om hier met hulle te gesels.Die res van die dag hou papierwerk my besig. Diepapierwerk is baie en alhoewel dit nie lekker is nie, is ekgemaklik daarmee.”
Wat leer jy by die ouer mense met wie jy te doen kry?“Dankbaarheid. Hier was ’n oom, wat altyd, as ek gevrahet hoe dit gaan, geantwoord het sy bed is leeg en syskoene vol. Jy moet dankbaar wees vir elke dag, virgoeie gesondheid, genade en seëninge. Dis diebelangrikste. Die mensies het baie klagtes, maar diefeit dat jy geluister het, is kosbaarder vir hulle as dat dieklagte opgelos word.”
Watter projekte doen julle?“Daar is vrywilligers wat kom lees of versorg. Dinsdae isbreiklas vir enigeen wat belangstel. Daar word ookbasaar en kindernaweek gehou, ’n ‘vonkeltee’,potjiekosetes. Daar heers ’n lekker samesyn by diefunksies. Elke middag word ’n DVD in die sitkamergespeel. Ons het ’n inwonende dominee wat diebidure, Bybelstudie en kerkdienste hanteer. Die werkhier is net lekker.”
Hoe betrokke is die families?
“In dié stadium is al die families van die mense wat indie sentrum woonagtig is, betrokke. Al is sommigesver, is daar meelewing.”
Wat is die hoogtepunt en die laagtepunt van jou werk?“Om met die bejaardes te werk en met hulle tekommunikeer, bly my hoogtepunt. Partykeer raak mensongeduldig. Bejaardes het nie tyd nie, so dit laat jousoms jouself dwing om vas te steek en geduldig teluister. Personeelprobleme bly die slegste om tehanteer. Nie almal is volmaak nie en mens moet dituitsorteer en die probleme aanspreek. Ek dink ons het’n goeie personeelkorps.”
Hoe lyk jou gesin?
“Ek is getroud met Marieta, sy werk by die polisie. Onshet twee meisiekinders. Die oudste is ’n onderwyseresby Diamantveld-laerskool en die ander een swot nog.Soms word ek vir ’n noodgeval in die nag uitgeroep,dan is dit gerieflik, want ons woon naby Stillerweë. Ekmaak ook ’n punt daarvan om gereeld daar te weesindien iemand op sterwe lê.”
Het jou werk ‘n invloed op jou verhoudings, veral in jou
gesin?“Ek dink nogal so, ek leer hier geduld wat my in myverhoudings help. Die empatie syfer deur na almalrondom jou. Met die drie vrouens by die huis wat opmy kop sit, en nie stilsit nie, kan ek nie anders as bleswees nie!” – Karen Retief
10 minute met . . .
Mense
Ouer mense is soos ’nverlengstuk van die Here. Jou
eerste gebod is van liefde, dat jyjou vader en jou moeder moet
liefhê sodat jou dae verleng kanword. Hulle is jou ouers, dis diemense by wie jy leiding kan kry,waar jy raad kan kry. Hulle het
reeds uit ervaring die antwoorde.As jy in hul teenwoordigheid is,
besef jy net hoe dankbaar jy moetwees vir wat jy het. Ongelukkiglaat die gejaagdheid van ons
samelewing ons nie toe om lankgenoeg tyd by ons geliefdes deur
te bring nie. – Hennie Naude,bestuurder van Stillerweë.
is my passie!
36 Glitter www.glitter-magazine.com
Trippel van Rensburg,Fienie Visagie, Hennieen Riana Rossouw.
36 10 Min:Glitter Template 2015-06-19 10:57 AM Page 1
Help só jouvierpootvriende
leefstyl
(Glitter doen!)
Lizelle is 'n vrywilliger
by die DBV.
38 Glitter www.glitter-magazine.com
38-39 Leefstyl:Glitter Template 2015-06-18 12:40 PM Page 1
Daar word gesê ’n hond is die mens se beste
vriend, maar is dit nie miskien tyd dat die mens
beter vriende word vir hulle vierpootvriende nie?
Die Kimberley-dierebeskermingsvereniging
(DBV) kort altyd ’n bereidwillige en helpende
hand. Daarom het Glitter besluit om in te gryp
en hier betrokke te raak. Doy Pretorius, hoof
van advertensies, sê die nood van die DBV het
Glitter laat besluit om te help.
Daarom moedig ons mense aan om ’n dier by
die DBV aan te neem en vir elke adverteerder
wat vir die volgende jaar in Glitter of die DFA
adverteer, word daar ’n hele sak kos aan die
DBV geskenk.“Ons hoop ons kan op dié
manier help dat ’n klompie diere huise kry en
dat mense ook as vrywilligers by die DBV gaan
help,” sê Doy.
Uitdaging is min personeel
Lizelle Hurter, ’n vrywilliger by die DBV, sê enige
vorm van hulp aan die DBV is baie welkom en
baie nodig.“Een van die grootste uitdagings vir
die DBV is die min personeellede. Dit is ’n
welsynorganisasie en daarom kan nie baie
mense aangestel word nie. ’n Vrywillige hand is
altyd baie nodig, eintlik noodsaaklik. Daar is
altyd iemand nodig wat met die honde of katte
kan speel, hulle kan borsel, kan help om vir
hulle kos te gee en om met die honde te gaan
stap.” Lizelle sê baie van die diere kom reeds
daar aan wanneer hulle baie klein is en hulle
ken nie al daardie “huislike” dinge nie.
“Vrywilligers kan op dié manier help om vir die
diere ’n huislike omgewing te skep en te help
dat hulle nie te wild word nie.” Sy sê mense wat
by die DBV help, leer ook die hele opset van
die DBV ken en hulle help op hulle beurt weer
om ’n bewustheid oor die organisasie te skep.
“Om diere aan te neem, is ook vir ons
ontsettend belangrik. Dit is ’n moeilike situasie,
maar ons wil graag hê mense moet minder
honde en katte vir die snaaksigheid teel. Ons
verstaan natuurlik daar is ’n plek vir opregte
telers, maar nie vir mense wat dit nie
professioneel kan doen of bekostig nie.” Lizelle
sê ’n wanpersepsie verhoed mense baiekeer
om honde of katte aan te neem. “Ons kry
mense wat sê hulle wil nie DBV-diere hê nie,
want hulle ken nie ’n huis-opset nie. Maar dit is
nie waar nie. Die diere val mos nie uit die lug uit
nie. Hulle kom almal uit huise uit.”
Daar geld ook baie streng voorwaardes voor
mense enige diere kan aanneem. “Die
regulasies is ingestel sodat die DBV kan seker
wees die diere word in goeie en veilige sorg
geplaas. Die DBV sal nooit opsetlik mense
verbied om ’n dier aan te neem nie.”
Hoop vir goeie huise
Mense moet eers ’n aansoekvorm voltooi en
word daar ook ’n inspeksie by die nuwe huis
gedoen. As daar byvoorbeeld nie genoeg
spasie is nie, of daar is gate in die heining waar
die hond sal kan uitkom, kan die hond
ongelukkig nie daar gaan woon nie. Maar Lizelle
sê baiekeer bied die DBV ook nog oplossings
aan en as mense dan hulle heining regmaak,
sal hulle steeds die hond of kat kan kry. Alle
honde wat van die DBV aangeneem word, word
ook gesteriliseer en kry al hulle inentings.
Op die oomblik is daar heelwat honde en katte
wat nog huise benodig. “Dit is maar altyd
redelik vol by die DBV. Die diere is regtig almal
so oulik en ons word so lief vir hulle. Ons kan
net hoop hulle kry goeie en liefdevolle huise.”
Lizelle sê dit is wonderlik dat mense nog wil
help en die opofferings en ondersteuning is
goud werd.
Red hulle lewe
Abrencia le Roux (30) het sowat twee jaar
gelede vir haar ’n Yorkie-reun, Choccie, by die
DBV aangeneem.“Sjoe, ja. Ek is nog nie ’n dag
spyt nie. Choccie bring soveel liefde in ons huis
in. Ek en my man is oneindig lief vir ons
hond.”Choccie is reeds sowat nege jaar oud,
maar het elke dag nuwe streke. Op ’n ernstige
noot vertel Abrencia die hond het eintlik ook
hulle lewe kom red.
“So twee jaar gelede is ons seuntjie dood
nadat hy op 24 weke van swangerskap gebore
is. Dit was hartverskeurend. Choccie se
teenwoordigheid het alles beter gemaak.”
Abrencia is weer swanger en die nuweling word
in September gebore.
“Ons is baie opgewonde, maar ek het al
baiekeer vir Choccie vertel hy sal nie die plek in
ons harte verloor wanneer daar ’n nuwe
babatjie is nie.” Sy sal enigiemand aanmoedig
om vir hulle ’n hond by die DBV aan te neem.
Miley, Cyrus en Niekie
Met die uitsondering van een hond wat sy
present gekry het, is al haar honde DBV-honde,
vertel Madelein Pretorius (43). Sy het drie
honde, twee kom van die DBV af. “Ek het reeds
toe ek ’n kind was vir my ouers gesê as ek
groot is, wil ek al die honde koop wat
weggegooi word. So my liefde vir honde lê baie
diep.”
Miley, Cyrus en Niekie is haar trots en haar
groot liefdes. “Ons honde verskaf ons net
plesier. Die DBV het nog altyd net die beste
diens aan ons gelewer. Ek wens meer mense
wil betrokke raak.” – Karen van der Berg
leefstyl
“Ek is so dankbaar dat ons vandag nog ’n verhouding kanhê en ek weet my kinders is gelukkig waar hulle nou is.”
www.glitter-magazine.com Glitter 39
Abrencia en
Choccie.
38-39 Leefstyl:Glitter Template 2015-06-18 12:41 PM Page 2
dekor
Wat vir ander nie sal werk nie, neem Annelize Heyneke van Douglas en doen net iets
daarmee om dit tot sy volle reg te laat kom. Die huis met sy grys mure en oop dakstruktuur
spog met unieke meubels en is propvol kreatiewe idees. – Karen Retief
Stoep-stories
42 Glitter www.glitter-magazine.com42 Glitter www.glitter-magazine.com
42-43 Dekor:Glitter Template 2015-06-18 10:41 AM Page 1
dekor
Saartjie die kat sit verwelkomend voor dietuinhekkie en wag ons in. Mens kan nie glo hier
in Kimberley is daar ‘n huis met so ’n lekkerplaasatmosfeer nie. “Op die stoep begin eneindig mens se dag, ek kan die heeldag hierdeurbring.” Die meubels is handgemaak en
elkeen het sy plekkie - dit sluit Saartjie in!Mariaan van Wyk kom van die plaas af en is met
Dirk getroud. Hulle het twee woeligeseunskinders wat heeldag besig kan bly. “Ek
wou vir my kinders die ruimte en rustigheid vandie plaas gee.” Sy is baie lief vir oud en nuut,
maar restoureer graag self die meubels.Sy is ook baie lief vir kosmaak en bak gereeld ’n
plaasvars broodjie in haar koolstoof. Die ou,verweerde deur was net te mooi om af te skuur,so sy het al die gesinsfoto’s daarop uitgestal.
Die kombuistafel is iets besonders, met pote sodik soos sommige vrouens se middels. Hierkan Mariaan haar passie vir kook uitleef, maar
hulle as gesin of vriende kuier ook lekker om dietafel. Sy het ‘n oog vir eenvoud en die kleinstedetail en saam gee dit die huis sy besonderseatmosfeer wat jou dadelik tuis laat voel. Daar isaltyd kookwater op die koolstoof as die krag afis, sodat niemand koffie en stoepstories hoef
mis te loop nie. – Karen Retief
www.glitter-magazine.com Glitter 43
42-43 Dekor:Glitter Template 2015-06-18 10:42 AM Page 2
Hy het eers tien jaar as ’n algemene praktisyngewerk voordat hy in 2001 besluit het om hom as’n chirurg te kwalifiseer. Dit het beteken hy en sygesin moes alles prysgee wat hulle in Kimberleygeken het en sak en pak Kaapstad toe verhuiswaar hy voltyds aan die Universiteit van Kaapstadgaan studeer het. “Dit was moeilike tye metverskeie uitdagings, maar ons het dit gedoen.Daarom probeer ek altyd mense om my inspireerom hulle drome na te jaag. Al gaan dit metverskeie uitdagings gepaard, is dit doenbaar. Jououderdom moet jou nooit afskrik nie.”
Ondersteuning deur dik en dun
Vir sy gesin het dr. Bhyat baie lof. Hy is getroudmet Mishkah en die egpaar het vyf kinders: ’nseun Ziyaad (27), wat die eienaar van ’nkitskosrestaurant in die Diamantstad is; ’n dogterShameelah, ’n tweedejaarstudent in arbeidsterapieaan die Universiteit van die Vrystaat; Aaieshah, wathaar studies in somaterapie aan die UV doen, endan ook twee laatlammetjies - ’n seun, Shakeel (7)en dogtertjie, Rumaanah (5). Sonder hulle sou sylewensdroom dalk nooit waar geword het nie, sêhy. Hulle ondersteun hom deur dik en dun. Dit isook sy gesin wat hom toelaat om sy werk asvrywillige werker by die Suid-Afrikaansenoodlenigingsorganisasie Gift of the Givers tedoen.
Verwoestende aardbewing
Dr. Bhyat het in 1997 vir die eerste keer saam metdie organisasie, wat hom beywer om hulp inrampgebiede te bied, in Albanië, ’noorloggeteisterde gebied, gaan werk. Toe ’nverskriklike aardbewing Haïti in 2010 tref, waar diedodetal meer as 100 000 was, het dr. Bhyat weergaan help. En na die onlangse verwoestendeaardbewing in Nepal, wat 7,3 op die Richterskaalgemeet het, was hy uiteraand weer aan boord omhulp te verleen. Hy het tien dae daar deurgebring.
“Die verwoesting in daardie land is iets verskrikliks.Derduisende mense is dood. Dit is ’n baie, baiearm land. Die inwoners is regtig arm. Suid-Afrikaken nie die skaal van armoede wat daardie landbeleef nie. Tog het die medemenslikheid daar mygetref.” Hy sê die mense se bereidwilligheid omdie bietjie wat hulle het, te deel, het hommeegevoer. “Ek het ook nooit onveilig of bedreiggevoel nie. Niemand het ons probeer leedaandoen nie. Hulle was almal diep dankbaar virenige vorm van hulp.”
Sorg vir mekaar
Dr. Bhyat sê een ding wat hy bly opmerk het, is tenspyte van die armoede en ellende in die land, nieeen mens gebedel het nie. “In my tyd daar het eknie een enkele bedelaar teëgekom nie, want hullesorg vir mekaar. Suid-Afrikaners kan gerus daargaan leer hoe om vir mekaar te sorg.”Hy was in ’nnedersetting waar slegs een huisie uit nagenoeg40 bly staan het. “Daardie huis se inwoners het viralmal van die nedersetting gesorg. Elke liewemens daar het kos by daardie een huisie gekry.Almal het gedeel. Dit was vir my aangrypend.”
Vir hom is dit altyd moeilik om weer normaal aan tegaan nadat hy pyn, lyding en ellende op so ’ngroot skaal beleef het. “Dit is moeilik om weer telewe in ’n huis waar daar lopende water, beddens,soveel kos as wat jou hart begeer en luukshede is.’n Mens bly dink aan hulle wat nie het nie.” Dit iswaarom hy so graag vir mense wil vertel hoeveelhulle het om voor dankbaar te wees. Maar tog klaalmal soveel. “Mense kyk na ander se huise, karreen leefstyl en begeer dit ook in plaas daarvan dathulle kyk na dié wat niks het nie.”
Nepal was vir hom ’n ervaring wat hom vannederigheid geleer het. “Ons was ’n groot groepmense wat gaan help het. Daar was onder meerchirurge, verpleegsters en paramedici, maar onswas een groep. Niemand het geweet wie is wienie. Almal het net gegaan met een doel voor oë endit is om te help. Dit is wonderlik om eenheid so tebeleef.”
As Moslem is dit vir dr. Bhyat belangrik om ander tehelp. “Ek voel daar is ’n sekere talent aan my gegeeen ek kan dit gebruik om ander mense te help. Eksal altyd bereid wees om te help en ’n bietjiemenswaardigheid aan mense wat alles verloor het,te help teruggee.” Natuurlik met die ondersteuningvan sy gesin wat nie noodwendig altyd gerus voeloor waarmee hy besig is nie, maar dit ten vollebegryp. “Ek hoop mense leer daaruit - daar is altydietsie wat jy kan doen om ander te help.”
Dr. Bhyat sê hy is baie lief vir Kimberley. “In diéstad ervaar ’n mens ook nog van daardie eenheiden medemenslikheid. En dit is hoekom ek na mystudies in Kaapstad teruggekeer het. Dié is maarons plek.”En as hy nie besig is om ander te helpnie, of om te werk nie, hou hy baie daarvan om tereis, tyd saam met sy gesin deur te bring en in diewinter gun hy hom dit om vir ’n lekker voorraadbiltong te gaan jag. – Karen van der Berg
Inspirasie
Kimberley-dokter
As daar een les is wat hy graag virstudente leer, is dit dat dit nie
saakmaak waar jy op jou lewenspadloop nie; as jy ’n droom het, kan jy ditbewaarheid. Hy gebruik graag sy eielewe as ’n voorbeeld vir ander, sê dr.Ahmed Bhyat (54), algemene chirurg
van Kimberley.
ervaar nederigheid in Nepal
www.glitter-magazine.com Glitter 45
45 Inspirasie:Glitter Template 2015-06-18 10:43 AM Page 1
Fellowship, Woord, voed jou siel
Annelize Smit sê sy gaan graag kerk toe. Dis nie net ’n gebou nie,
maar dis die mense. “Vir my is kerk wat ek daarvan maak. Dis lekker
om saam te praise en worship, Woord te ontvang en saam te
fellowship.”
Jade Maas, wat BTh studeer het, sê haar hart is seer as sy hoor mense
wil nie meer kerk toe gaan nie. “Aan die een kant sê die Woord dat ons
nie moet wegbly van die samekomste van gelowiges nie. Aan die
ander kant verstaan ek dat mense in die kerk ons die seerste kan
maak. Ek wens dat ek ’n kerk kon stig vir al die stukkende, seer mense
- dié wat moeg is vir wêreldpreke oor geld en goed, dié wat net Jesus
praat saam
’n Warm besprekingspunt regoor Suid-Afrika is tans of jy nog kerk toe gaan.Indien nie, hoekom nie? Die algemene sinode van die NG Kerk het ’n reeksvideo’s bekendgestel wat deur bekendes soos Nataniël en die aktriseLeandie du Randt opgeneem is. Dié bekendes is genader om te help metinnoverende idees oor hoe om lidmate in die kerk te kry.
Verskeie mense – en so ook Glitter-lesers – voel kerk toe gaan is deesdae ’n“parade” waar mense met mekaar kompeteer oor wie die beste lyk of in dievoorste ry van die kerk sit. Ander voel die kerke is nie intiem genoeg nie en ismeer op soek na ’n gemeenskap waar jy regtig inpas. Daarteenoor is baielesers weer positief oor die geestelike voedsel, hulp, bystand enbemoediging wat hulle by hulle kerke kry. Ons het Kimberliete gevra wathulle in die kerk hou.
Gaan jy nog kerk toe?
46 Glitter www.glitter-magazine.com
46-47 Facebook:Glitter Template 2015-06-18 12:45 PM Page 1
se woorde wil hoor: Kom na My toe. Dis wat kerk moet wees.”
Marilize Combrinck sê dis baie onaangenaam om te lees dat mense
nie meer wil kerk toe gaan nie. “Die kerk is waar mens heen gaan om
jou siel te voed en meer van die Here in te neem en van jou vleeslikheid
ontslae te raak en in die gees van die Heilige Gees te wandel. Meeste
van julle dink miskien dat kerke net oor geld gaan en dat daar ’n sekere
persentasie van julle salarisse aan die kerk geskenk moet word. Hier
gaan dit nie oor status nie, maar oor gehoorsaamheid aan wat die Here
van ons vra in Sy Woord. So ek voel mense moet minder in hulle eie
wêreldjies leef en net ’n pad saam met Jesus begin stap. Dis life
changing, julle sal dit love!”
Georme Germishuys voel die belangrikste ding is nie wat jy as mens wil
hê of soek of verwag nie, maar dat jy uit dankbaarheid gaan. “Ons
gaan kerk toe vir God en as jy werklike liefde vir Hom het, sal jy altyd
iets ontvang en gemaklik wees. Jy is daar vir Hom en oor Hy dit van jou
verwag uit Sy omgee en liefde vir jou sodat jy meer van Jesus kan leer
en ’n dieper verhouding kan hê met Hom.”
Ontegemoetkomend, veroordelend, ’n show
Die vraag of kerke tegemoetkomend genoeg teenoor byvoorbeeld
ma’s met kinders is, het opgeduik. Baie kerke het moederskamers,
maar soos enige ma kan getuig, is dit baie moeilik om na ’n diens te
luister terwyl jy nie lekker kan hoor nie. Jou aandag word ook gereeld
afgetrek deur ’n peuter of kleuter wat jou aandag nodig het.
Nadine Barnard Cloete sê sy is op soek na kerke waar ma’s nie in ’n
moederkamer moet sit en probeer luister na ’n diens nie. Dit terwyl
ma’s na hulle eie kleingoed, asook ’n groep ander kinders wat raas,
moet kyk. “Sit jy binne, kry jy net kyke. Hulle het seker nie kinders
gehad nie. Ek stap meer vies as kalm daar uit.”
Mariska Ferreira sê sy wil graag kerk toe gaan, maar sy voel deesdae is
kerk ’n modeparade om te kyk wie die meeste geld gee en wie die
beste lyk. “Dis minder kerk en meer ’n sosiale event.”
Alice VL sluit af: “I think people think that Christianity and religion is the
same thing ... and that you cannot have one without the other. A religion
cannot make a Christian out of you ... and following a group and their
interpretation of the Bible or the Word is not the interpretation that you
as an individual understand. You can be a Christian without being
religious. There are too many religions forcing interpretations on you
which are too different from one another. Who is right? Who do you
follow? Who gets to decide that the way they read and understand the
Bible, is actually the right way?”
www.glitter-magazine.com Glitter 47
46-47 Facebook:Glitter Template 2015-06-18 12:45 PM Page 2
Venessa Heunis (37)
het ’n passie vir
bejaardes. Sy dien in
die komitee van
Acaciapark-aftreeoord
en wil graag meer
artikels oor bejaardes in Glitter sien. Sy is met
Bertus getroud en hulle het ’n seuntjie, De
Wet. Sy is dié maand Glitter se leser van die
maand.
Watter werk doen jy?
Ek werk al 13 jaar by Moto-Net waar ek die
finansierings- en versekeringsbestuurder is.
Waarvan hou jy in Kimberley?
Kimberley is nie ’n stad wat stagneer nie en
daar is baie potensiaal vir ondernemings.
Wat doen jy gedurende beurtkrag?
Spandeer tyd saam my seuntjie! Vertel stories,
lag en gesels sommer oor alles.
Hoe voel jy oor die toekoms van SA?
Op hierdie gegewe tyd is ek nie optimisties
oor die toekoms van die land nie. Gelukkig is
daar mense wat nog opstaan en baklei vir reg
en geregtigheid. Dit is darem verblydend.
Wat is jou grootste droom?
Om gelukkig te wees en voluit te kan lewe vir
my Skepper en my medemens en elke dag
op te staan met innerlike geluk.
Wat is jou grootste vrees?
Onsekerheid. (Ek hou van sekuriteit.)
Wat is jou gunsteling-ding om oor ’n naweek
te doen?
Om saam met my familie en vriendinne te
kuier. Of as ek ’n geleentheid kry, gaan kuier
ek by my ouers.
Hoe oorkom jy vrees?
Bid, glo en vertrou.
Hoe oorkom jy stresvolle tye?
Ek is geseën met wonderbaarlike innerlike
krag en ek hou net altyd daaraan vas, want dit
maak van my die sterk mens wat ek is.
Drink jy koffie of tee?
Kan nie sonder my koffie deur ’n dag kom nie.
Wat is die laaste fliek wat jy gaan kyk het?
Ballade vir ’n Enkeling.
Watter stokperdjies het jy en hoe baie tyd
spandeer jy daaraan?
Ek is baie lief vir lees en draf (gewoonlik ’n uur
per dag) en wanneer ek dit nie doen nie, kuier
ek saam met die spesiale mense in my lewe.
Ek leef absoluut vir mense.
Watter plekke wil jy nog graag besoek?
Amerika.
Wat is jou all time gunsteling-storie in Glitter?
Ida Sonnenberg – Ek wou net ’n plasie hê!
leser van die maand
Venessa Heunis
www.glitter-magazine.com Glitter 49
49 Leser vd Maand:Glitter Template 2015-06-18 11:19 AM Page 1
botox dermal fillers permanent hair removal pigmentation vein treatment chemical peels collagen induction therapy scar stretch mark treatment mesotherapy cellulite fat removal acne treatments gel nails acrylic nails gel on toes manicures pedicures paraffin wax massages waxing facials make-up
S K I N & B E A U T Y C L I N I C
Avalon welcomes Anje to the team
Anje’s schedule is filling fast. Make your appointment today and meet Avalon’s charming new, talented therapist.
Dr Naomi Claydene Tania Anje
our appoharmins c’
our appoyyhs scAnje’
elcoon w
Dr Nao
y and meetapisted theralentt,ww,ng ne
y and meetodaodaointment tointment tast.lling fhedule is fi
eamo the tAnje tomes
Claydeneomi aniaT Anje
avemoovat re fy cellulitappy cellulitmesotherrapllers permanent hair rx dermal fioox dermal fibot
S K I N & B E A
ylic nails gel on teatments gel nails acral acne trreatments gel nails acreein tration val pigmentvemoent hair rremo
U T Y C L I N I CE A
es pares pedicuroes manicurails gel on themical peels collagen induction thereatment c
acials makaxing fax massages wfin wafarrafeatmenth mark tretcy scar strapuction therrap
e-upmakment
tabernakel avalon:Layout 1 6/18/2015 11:16 AM Page 1
Hoekom wil jy graag jou man as man van die maand nomineer?
Hy is ’n wonderlike pa vir ons seun. Soos met enige huwelik hetons al deur diep waters gegaan, maar God het ons gedra.Francois is die wonderlikste man. Hy is baie ondersteunend in almy besluite – goed of sleg. So om jou vraag te beantwoord, eknomineer my man omdat ek weet en uit my hart voel dat hy diewonderlikste man is. Ek kon nie vir ’n beter man of pa gevra het nie.
Hoe het julle ontmoet? Ons twee het deur ’n vriendin van my wat sy broer ken, ontmoet.Ek het hulle toevallig eendag saam gesien en hulle het my aanhom voorgestel. Van daar af het ons twee gaan pizza eet en netmeer en meer tyd saam deurgebring.
Wat van hom het jy heel eerste raakgesien? Sy voete. Ek hou van ’n man wat skoon en netjies op homself is.
Wat dink jy is die resep vir ’n suksesvolle huwelik? Eerlikheid en opregtheid teenoor mekaar. Kommunikasie en altydtyd maak vir mekaar.
Wat beteken dit as mens hoor “dit vat werk om ’n suksesvollehuwelik te hê”?
Hoe langer ’n mens getroud is, hoe meer gewoond raak ’n mensaan mekaar. Gewoonte raak vinnig vervelig , so ’n mens moetaltyd tyd maak vir mekaar deur byvoorbeeld ’n date night. Of selfsas die kinders slaap, saam sit en bietjie oor jou dag gesels of oordinge wat moet besluit word.
Wat doen julle saam om te connect?
Ons sit ons telefone af en gaan eet iets en gesels lekker.
Hoe kommunikeer julle?
Daar is al baie vir my gesê ek praat te veel, maar ek hou daarvanom met Francois te gesels – al is dit ’n vinnige oproep om te hoorof hy nog okay is. Deur die dag SMS ons baie vir mekaar, al is ditnet ’n klein soenprentjie. Dit beteken baie.
Wat het jy die afgelope paar jaar van jou man geleer wat jy nooit
geweet het nie? Hy hou nie van lewer nie.
Hoe maak julle julle seun groot? Ons leer vir Jean-Pierre van kleins af van respek,gehoorsaamheid en gee baie, baie liefde.
Stem julle saam oor dissipline en godsdiens? Hoe belangrik dinkjy is dit?
Ja natuurlik, dit is vir albei van ons ongelooflik belangrik.
Het julle onlangs gaan fliek of uiteet?
Ja, gaan uiteet. Ons albei hou eerder daarvan om by die huis ’nlekker DVD te kyk.
Het julle ’n ondersteuningsnetwerk in Kimberley?
Ja, ons kerk, die Biker’s Church.
Wat is julle gesamentlike droom?
Om nog ’n bababoetie of sussie vir Jean-Pierre te kan kry.
Hoe hanteer julle moeilike tye of stres?
Ons twee praat daaroor en dan gaan ons saam op ons knieë enpraat met ons God en vra vir hulp en leiding.
Wat is julle liedjie?
Ellie Goulding- Love me like you do.
Watter kos is sy gunsteling en kook jy dit gereeld?
Braaivleis – ons braai gereeld!
Wat is julle lewensmotto?
Lewe en geniet elke dag asof dit jou laaste dag is.
beste man
Francois VermeulenMarianna (31) Vermeulen, ’n mediese
tegnikus by Pathcare, nomineer vandeesmaand haar man Francois
(37) as man van die maand. Francois is’n sersant in die polisie en Marianna sê
sy kon nie vir ’n beter man gevra het nie.Hulle het ’n vyfjarige seun, Jean-Pierre.
www.glitter-magazine.com Glitter 51
51 Beste Man:Glitter Template 2015-06-18 10:51 AM Page 1
Glitter Gaan Groen
Vir Suzanne Muller was tuinmaak nog nooitwerk nie. Christo, haar man, het sy eieonderneming en Suzanne is ’n tuisbly-ma virhul twee dogters, Sage en Fennel. Suzannevertel dat sy haar liefde vir tuinmaak by haarma en ouma gekry het. “Ek was van kleinsaf baie geïnteresseerd in tuinmaak en planteen het vroeg al begin vra wat die name vandie verskillende plante is. Ek wou ook altydbaie graag saam in die tuin werk.”
Romantiese tuin vol hoekies
Sy en Christo het ses jaar gelede die huiswaarin hul nou woon gebou en sy vertel datsy van nuuts af moes begin tuinmaak.Suzanne beskryf haar tuin as ’n romantiesetuin wat vol hoekies is waar jy kan sit endagdroom en sommer net afskakel. Haartuin bestaan hoofsaaklik uit konifere, rose,bloureën (Wisteria sinensis) en natuurlik ookbaie bome. “My gunsteling-deel van my tuinis onder die wilgerboom; hier kan ek rustigontspan en net my tuin geniet,” vertel sy.
Vra vir steggies
Suzanne doen al die plantwerk enbeplanning van die tuin self en Kobus, haartuinier, doen slegs die skoonmaakwerk.Suzanne vertel dat haar tuin vir haar sobesonders is, want sy het self elke plantgeplant en gesien hoe dit deur die jaregroei. Daar is wel hier en daar iets wat syanders sou wou doen. “As ek iets in my tuinkon verander, sou ek nie die wilgerboom indie voortuin geplant het nie; dit het nouheeltemal te groot geword. Die wilger was ’ntakkie wat ek by my ma se boom gepluk heten toe self hier in my tuin kom plant het.”Suzanne vertel ook dat jy nie bang moetwees om by familie en vriende te vra virsteggies nie. Self is sy mal daaroor omsteggies te kweek en dit as geskenke wegte gee. – Wilmarie Koortzen
Glitter het met Homes@Kimberley hande gevat om die mooiste, kreatiefste enindrukwekkendste tuine in Kimberley raak te sien. Wees op die uitkyk vir ons bordjie!
Gee steggies weg as geskenke
www.glitter-magazine.com Glitter 53
53 Groen:Glitter Template 2015-06-18 10:46 AM Page 1
Cell: 082 494 2696 Hester [email protected]
Tel/Fax: 053-842 100322-26 Main Road,
Jules Katz Complex, Beaconsfield
Roelien Faber073 341 6660Shop 44
Diamond Pavilion MallKimberley
053-831 2628Louis 072 236 5437Byron 079 491 502414 Hobson Crescent
Tel: 053 861 9000Sel: 082 800 0693
E-pos: [email protected] 17d
Kimberley
36 Landbou RoadKimberley
053-833 1681www.stoneartsa.co.za
2 Farraday Street,Ashburnham, KimberleyTel: 053-841 0378Fax: 053-841 0379
Tel: 053-831 1929Choctaw Spur Complex
Shop 16Kimberley 8301
Kontak Lia084 840 1189Groot kinderpreten stalletjies!
Alle uitstallers welkom
Teresa 082 568 4721E-mail: [email protected]: www.cwpsa.co.za
Lettie van der Merwe(Principal) NQF5082 491 8744
6 Edmeades Str, Labram, KimberleyTel: 053-832 8016
Waterproofing, painting andtreatment of roofsReuben: 072 114 2526
1 Delfos Street, KimdustriaTel: 053-831 7544Fax: 086 509 7397Cell: 082 781 2470
SAVE A LIFE, GAIN A FRIEND! All pets are available at the SPCA – Tel: (053) 831-7625
spca page:Layout 1 18/06/2015 15:40 Page 1
These days, he works on the creative
content and sponsorship department at the
Gariep Arts Festival. That entails working
with any aspect that involves creativity and
sponsors. Glitter asked him a few
questions…
Where do you see yourself in five years?
In five years, if I am based in Kimberley, I
hope to be a part of the Sol Plaatje
University, possibly developing the music
department and creating an awareness for
music throughout the Northern Cape. I
believe intrinsically that music has the
power to change the world. If I am out of
the country I hope to be involved in an
university and lecturing.
What do you love about Kimberley?
The people. The realism and empathy of
the people of Kimberley and the Northern
Cape is something I have never
experienced before. We are blessed to
have some of the most real people that this
country has to offer. Nothing against
Johannesburg, Cape Town or Pretoria –
where I have lived before – but the people
here are truly beautiful and lovely.
How did you get involved in the Gariep Arts
Festival?
My involvement with the Gariep Arts Festival
is actually because of Glitter magazine. I
played background music for the birthday
function of the Glitter Magazine, some two
years ago, where one of the festival
committee members saw me. With the
help and guidance of Bernice Sutton we
began the Gariep@Mayibuye stage, an
initiative of Theuns Zimmermann. This
stage is based at the Mayibuye
Multipurpose Centre.
Where do you want to go with your music?
To be frank I would like to travel the world
with my compositions and performances.
Are you available to play music at events?
Any time, I am thrilled to be involved in the
arts and I would gladly perform wherever
the need is. The beauty of being a pianist is
that I can work with any medium - from solo
playing, background playing, ensemble
playing, accompanying instrumentalists or
choirs - even working with an orchestra.
What about your work do you find stressful?
I find dealing with irrationality the most
stressful. It is not specific to any person or
type of work, but rather towards the
misperceptions that lead to irrational
thoughts.
Which places would you like to visit and
why?
I would like to go back to Paris and Varna in
Bulgaria, as well as Moscow and visit the
East – China, India, Japan and Thailand.
My brother and I travelled to Australia this
year to watch the ICC Cricket World Cup.
Locally I would like to go to Namaqualand
and the west coast of the Northern Cape.
Where do you see SA going?
The country needs a lot of work where
people become more responsible and
active in uniting the diversities of culture and
heritage. Creatively the country is growing,
the tension throughout our land has helped
to fuel the inspiration of all the artists.
Economically there have been struggles,
but it will develop. From an educational
perspective I believe the country needs to
head in a more “motherly” and nurturing
direction. My personal view is that South
Africa has the ability and potential and as a
country we have done phenomenally well.
Do you think there's a future here?
In Kimberley, yes. No doubt. I think there is
so much work available and that more and
more of the right people will migrate to the
platteland as time goes on. In my view the
cosmopolitan areas such as Cape Town,
Johannesburg and Durban have become
saturated with many skilled workers and
these skills need to migrate to the platteland.
Does anything scare you?
Many things scare me, but my biggest fear
is disappointing myself. I realise that human
nature has an impact on this, but truly, I
hate disappointing myself. I think that my
perfectionism does affect this side of my
character. Lacklustre apathetic people also
scare me immensely – I just don’t
understand how one can be inactive. –
Jana Grobbelaar
focus on
Matthew Hartdegen began playing piano at the age of seven. He went on to major in music for his honours degree and took part in choirs, instrumental ensembles and performances.
“Music ismy being”
56 Glitter www.glitter-magazine.com
XX Fokus Op:Glitter Template 2015-06-18 12:15 PM Page 1
Resep – Dina noem dit “Ongelooflike lekkerte”
Metode
Voorverhit die oond tot 180˚C. Spuit jou bak goed vooraf.Sif meel en kakao saam, gooi res van die kors se bestanddele by en meng goed. Druk diekors in jou voorbereide bak en bak vir so ± 15 min.Laat die kors heeltemal afkoel.Sodra die kors heeltemal afgekoel is, smeer die karamelkondensmelk oor die kors, dan dievoorbereide roomkaas,Smeer dan die voorbereide vanieljekitspoeding oor en dan volg die voorbereidesjokoladekitspoeding en laastens die voorbereide room.Krummel die Flake oor en laat die poeding verder in die yskas stol.Sit voor saam met roomys indien verkies. – Karen Retief
resepte
Ongelooflike lekkerte
Dina Lategan is in Kimberley gebore en het hierskoolgegaan. “Ek is al dertien jaar getroud met diewonderlikste man, Pieter Lategan, wat ook hiergebore is en skoolgegaan het. Ons het driepragtige seuns - De Wet (11), Pieta (8) en Liam (5)- hulle is my grootste rykdom. Ek werk as adviseurby Keuro-finansiële dienste. Soggens is eksakevrou en smiddae net ’n besige mamma watskoolkar ry vir sport en huiswerk doen. Ons is baielief vir onthaal en ek is baie, baie lief vir bak enbrou en sommer net lekker interessante kos temaak; ek eksperimenteer graag met kos.”
KORS2 eetlepels kakao1 koppie pekanneute(fyngemaak)3 eetlepels suiker½ koppie botter1 koppie meel
DIE LAE1ste laag1 blik karamelkondensmelk
2de laag1 houer gewone roomkaas½ koppie versiersuikerKlits die roomkaas tot sag enromerig en sif dan dieversiersuiker by en klits viningdeur.3de laag2 pakkies vanieljekitspoeding,gemeng met 600ml kouemelk en in yskas gestol
4de laag2 pakkiessjokoladekitspoeding ,gemeng met 600ml kouemelk en in yskas gestol 5de laag1 houertjie room, styfgeklitsmet 1/3 koppie versiersuiker.6de laag1 Flake, gekrummel
Ongelooflike lekkerte
58 Glitter www.glitter-magazine.com
58 Resepte:Glitter Template 2015-06-18 12:50 PM Page 1
As vierjarige het Charlene Bouwer dieeerste keer ballet gesien toe dit op diedestydse kinderprogram Wielie Waliegewys is. “Dit is wat ek wil doen,” hetCharlene toe al aan haar ma verklaar.En ballet en dans is presies wat systeeds vandag doen. Charlene is geenonbekende in Kimberley nie. Sy isgetroud met Hennie Burger en dieegpaar het twee dogters, Chaniel (14)en Hencha (11).
“My grootste droom was altyd om ’nballerina te word, maar ek het in ’nbesigheidswêreld grootgeword.”Gelukkig het dinge in haar gunsgedraai. In 1994 het nog ’n danser,Carin Theunissen, vir Charlene genaderom haar dansateljee by haar oor teneem.
Sedertdien het baie Kimberley-dansersby die Charlene Bouwer-ateljee leerdans. Charlene sê ballet is die basisvan enige dansvorm. “Die liggaamlikeasook die geestelike eienskappe vandie danssoort is baie belangrik. Balletverg baie jare van intense oefening omregtig die moeilike passies tebemeester. Die beste ouderdom om
sport
Volg jou hartklop en dans!intensief met ballet te begin, is op 6jaar.”
Sy sê mense moenie geïntimideer deurdans voel nie. “Almal kan dans. Ditbevorder fisiese dissipline, ritme,spiertonus, tegniek, selfvertroue, goeiepostuur, sosiale ontwikkeling asookindividuele genot.”
Maar om as dansintrukteur tekwalifiseer, is nie sommer net ’noornagding nie. Charlene het toe sy diedansateljee wou koop, eersgekwalifiseer en lidmaatskap by dieSuid-Afrikaanse Dansakademie (DASA)ontvang en sy het ook by dieVereniging vir InternasionaleDansonderwysers (AIDT) gekwalifiseer.
In 2002 het sy kursusse voltooi omritmiese gimnastiek af te rig en begin syook lesse hierin aanbied. In 2003 tot2007 verteenwoordig Charlene dieNoord-Kaapse span by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir ritmiesegimnastiek. Sowat twee jaar gelede hetnog een van Charlene se drome waargeword toe sy die Dance Mouse-
franchise in die Noord-Kaap bekom het.
Dans het vir Charlene as mens ook baie beteken.“Dans het my selfdissipline, uithouvermoë enperfeksionisme geleer. Dit het my ook gewys hoe ompositiewe en negatiewe kritiek te hanteer. Haar raadaan almal wat wil dans, is: Volg jou hartklop! - Karenvan der Berg
60 Glitter www.glitter-magazine.com
60 Sport:Glitter Template 2015-06-18 12:53 PM Page 1
Nee! Dit kan
nie wees nie!Die uwe staar voor hom uit soos ’n dors
donkie wat afdraande drink. 20 – 13! Huh?
Nee, skree die uwe histeries soos ’n tiener-
dogter wat haar ma vertel sy is swanger
van die buurman se pa. Dit kan nie wees
nie, nie my geliefde Kwassies nie. Wat het
dan verkeerd gegaan, waar het Muishond
in sy opvoeding gefaal? Ek slaan my oë op
na die berge, waar sal my hulp vandaan
kom?
muishond moleste
Antwoord op al ons vrae
Markies, ja Markies, is die antwoord op al
ons vrae. Nou vir dié van julle wat nie die
ridder op die wit perd ken nie ... Nee, wag.
Miskien moet die uwe nie sê “wit perd” nie,
dis net te rassisties – ma hoe sal ons dan
nou vir Markies anders beskryf? In die jare
90 het sy Griekwa-spannetjie almal in ons
landjie opgedonner! Die Leeus, WPee,
Sharks en die ANC. Kimberley was elke
week in die nuus en om die regte redes.
Tot een môre, ai, die uwe sal dit nie vergeet
nie ... het so ’n ou vet mannetjie wat
Markies sy vriend genoem het ’n ou tape
deck uitgeruk en ’n gesprek wat hy
opgeneem het vir die SAUK gespeel. Ai,
net daar moes Markies uit als bedank. Uit
rugby, die beheerliggaam, die kerk en
Bolandbank. Dit was geweldig pynlik!
Markies is terug!
Vandag kan Muishond aankondig Markies
is terug! Maties het so sleg gespeel in die
laaste drie Varsity-bekers, hulle kon net
score lank na die eindfluitjie geblaas het. En
nie agter die opponente se doellyn nie,
maar by The Brazen Head, ’n lekker ou Irish
pub. Die rugby reus is genader om sake
reg te ruk. Markies het kla begin met ’n plan
deur vir Hectic Hawies by die studente te
betrek. Ja, jy het reg gehoor. Hawies. Nou
niks aan dié afrigter was positief nie. Nie
eers sy bloedtoetse nie, maar Markies het
’n oog vir talent en hy sien onwillekeurig
potensiaal in die mens wat baie
diepgewortel is. Remember to back your
boytjies!
Dankie, dankie
Gun die uwe ook dan die geleentheid om
Markies te bedank vir die meulsteen wat hy
om ons nek met sy groot ball cutter kom
afsny het. Hawies, wat ’n baie duur, tydelike
en doellose coach was en wat meer ure op
die pad spandeer het as op die rugbyveld.
Dankie, Markies, dankie.
Drinkskoentjies uitpak
Dan moet Muishond ok darem sê dat dinge
tog beginne gestalte kry by Kwassies en
die nuwe besems wend werklik 'n poging
aan om dinge by ons unie te verbeter. ’n
Gesogte Noord-Kaapse wyn het kom
gestalte vind by die Kwassies en alhoewel
die naam so ’n bietjie lank is vir ’n borg, is
ons dankbaar vir die bydrae. Dink tog so
daaraan, die borg kon aangedring het op
naamregte wat meer betrekking het op
hulle handelsmerk, maar dit kan dalk sleg
Maak jou naam gat
Dan is dit ok weer tyd dat ons Cravenweek-
spanne hulle name deeglik gat maak op
nasionale TV. Griekwas se
verteenwoordigende spanne het klaar houe
gevat teen Vrystaat en Griffons. Nou die
helfte van die Griffons-span is so klein hulle
check-hemde het net een blokkie en hulle
slotte is so maer soos hoenders op ’n
grondhervormingsplaas. Nou sien, die uwe
is nie baie slim nie en my ma het gesê ons
dom muishonde moet nie aanteel nie, maar
wanneer gaan ons leer dat indien ons nie ’n
span op meriete kies nie, sal hy nooit op
meriete kan presteer nie? Die coach kom
blykbaar uit De Aar uit. Waar is Markies as jy
hom nodig het?
62 Glitter www.glitter-magazine.com
op die span reflekteer as ons nie resultate
kry nie. Die bekende wyn kom in ’n hele
verskeidenheid boksies voor. Die uwe mag
dalk net weer sy drinkskoentjies uitpak.
Verward, man
Die dun Engelse koerantjie se voorblaaie is
besig om Muishond in ’n depressiewe
sprinkaan te verander. As ons hof nie nog ’n
raper gratis kosgee nie, beweer die staat hy
het niks gesteel nie, sê Sol ons tariewe
gaan op en die DA ons dienslewering
neem af. Elke nou en dan staan daar ’n
diknek op met ’n hanggat soos ’n
dakspinnekop en kondig ’n nuwe era aan.
Muishond is verward, man!
Ten einde laaste los die uwe julle met
hierdie wyse woorde: die gemiddelde
meisie sal liewers mooi as slim wees, want
sy weet die deursnee-man kan beter sien
as wat hy kan dink. – MM
62 Rubriek:Glitter Template 2015-06-18 06:41 PM Page 1
Tel: 053-861 1822www.htaa.co.zaCartersweg 23, KimberleyFaks: 053-861 [email protected]
OPKOMENDE VEILING: Hou media dop virOPKOMENDE VEILING: Hou media dop viropkomende veiling in Kimberley en omgewing!opkomende veiling in Kimberley en omgewing!
ALLEENMANDAATR1 400 000,00
4 Slaapkamers, 2 badkamers,sitkamer, TV-kamer, eetkamermet dakwaaier, spens, kombuis,stoof ingesluit, opwaskamer,waskamer, 3 x motorhuise,stoorkamer, 36 perske bome(3 soorte), okkerneutboom,druiwe, kweperbome en vye
bome. Sluit verskeie toerusting in.Kontak: Albert 084 574 0101
ALLEENMANDAATPOA
Barkly-WeseiendomPrys opaanvraag
Kontak: Anton 083 250 4146
ALLEENMANDAATPOA
Spog lusernplaas van 220 ha.
130 ha Jong gevestigde lusernonder besproeiing uit Vaalrivier.Koop en produseer vir u ’n
inkomste.
Kontak: Anton 083 250 4146
GORGEOUS HOUSE!R1 995 000,00
Absolutely stunning, neat and sturdy family house invery good area. Just move into this four bedroombeauty with 3 bathrooms. The living areas are open-plan and the kitchen is an absolute delight withmodern finishes. To round off this pretty picture,there is a lovely garden. There is a double garageand outbuildings; good security and near the newhospital and schools. Do not miss out on thisopportunity to own the perfect family home!Contact: Albert 084 574 0101
PRAG PLAAS TE KOOPR6 400 000,00
Petrusburg Plaas - 873 ha
Baie goeie weiding enaangeplante Smutsvingergras.8 ha Pekaneute. Baie goeie4 slaapkamer huis, groot
toegeboude stoor, werkershuise.Net instap en begin boer.
Kontak: Kobus 082 770 0565
GOEIE HUIS IN GOEIE BUURTR1 440 000,00
Billike prys vir hierdie 3slaapkamer woning. Ideaalvir die beginner, naby skoleen ander geriewe geleë.
Kontak: Albert 084 574 0101
hta 26x6:Layout 1 6/18/2015 11:18 AM Page 1