FODB Company Profile New 2015 COMPRESSED FinalStellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in...

9
www.fodb.co.za Maatska F O D B G EOKTROOIEER

Transcript of FODB Company Profile New 2015 COMPRESSED FinalStellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in...

Page 1: FODB Company Profile New 2015 COMPRESSED FinalStellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in die Paarl gedoen. Hy is in 1994 as vennoot by PwC in die Ceres-kantoor aangestel.

www.fodb.co.za

Maatskappypro�elMaatskappypro�elMaatskappypro�elMaatskappypro�el

F O D BGEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS (SA) / OUDITEUREEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS (SA) / OUDITEUREEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS (SA) / OUDITEUREEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS (SA) / OUDITEURE

ING.

Page 2: FODB Company Profile New 2015 COMPRESSED FinalStellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in die Paarl gedoen. Hy is in 1994 as vennoot by PwC in die Ceres-kantoor aangestel.

1. Ons firma 2. Ons direksie 3. Ons dienste 4. Ons bestuurspan 5. Ons werkswyse en ouditbenadering 6. Kontakbesonderhede

Inhoudsopgawe

Page 3: FODB Company Profile New 2015 COMPRESSED FinalStellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in die Paarl gedoen. Hy is in 1994 as vennoot by PwC in die Ceres-kantoor aangestel.

Ons FirmaOns Firma

FODB Ing. is ‘n gevestigde �rma van geoktrooieerde rekenmeesters en geregistreerde ouditeure met kantore in Ceres, Moorreesburg en Malmesbury.

Fourie Oberg de Bruyn Ing. het in 2008 ontstaan toe die aanvanklike drie direkteure, Christie Fourie, Rudiger Oberg en Jannie de Bruyn, die Ceres- en Moorreesburgkantore van PricewaterhouseCoopers (PwC) oorgeneem het. In 2012 is ‘n kantoor in Malmesbury geopen wat later saamgesmelt het met ‘n bestaande rekenmeesters�rma, Coetzee, Rossouw en Viljoen. Gedurende 2015 smelt Charl Bezuidenhout en Vennote Ing. ook saam en staan die �rma voorts bekend as FODB Ing. Ons huidige direkteure is Christie Fourie, Rudiger Oberg, Jannie de Bruyn en Charl Bezuidenhout.Hulle word bygestaan deur ongeveer 60 personeellede. 'n Kultuur van deurlopende opleiding en professionele ontwikkeling verseker dat ons personeel toegerus word met die nodige kundigheid om tydige dienste van hoë gehalte aan ons kliënte te lewer.

Ons visie is dat FODB die nommer een besigheidsvennoot vir landbou-, familie- en verwante ondernemings sal wees.

Page 4: FODB Company Profile New 2015 COMPRESSED FinalStellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in die Paarl gedoen. Hy is in 1994 as vennoot by PwC in die Ceres-kantoor aangestel.

Ons DireksieOns DireksieOns Direksie

Ons �rma se direksie en bestuur beskik oor die ervaring, kundigheid en werksvernuf wat noodsaaklik is om die behoeftes van kliënte tydig en e�ektief te bevredig en

sodoende waarde aan hul ondernemings toe te voeg.

Die volgende oorsig verskaf ‘n opsomming oor die opleiding en agtergrond van elk van ons direkteure.

Al vier ons direkteure is geregistreer as geoktrooieerde rekenmeesters by SAICA en is ook geregistreerde ouditeure by IRBA.

Christie Fourie – GR (SA)

Jannie de Bruyn - GR (SA)

Jannie het in 2001 die graad BRekHons aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in Ceres gedoen. Hy was vanaf 2005 tot 2007 ouditbestuurder van PwC se Moorreesburg-kantoor en het in 2008 ‘n aanvangsdirekteur van Fourie Oberg de Bruyn Ing. geword.

Rudiger Oberg - GR (SA)

Rudiger het in 2001 sy klerkskap by PwC in Ceres begin en het in 2002 ‘n BComptHons aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf. Hy was vanaf 2004 tot 2007 ouditbestuurder van PwC se Ceres-kantoor voordat hy in 2008, met die ontstaan van die �rma, direkteur van Fourie Oberg de Bruyn Ing. geword het.

Charl Bezuidenhout - GR (SA)

Charl het sy klerkskap by PwC in Moorreesburg gedoen vanaf 2002 tot 2006. In 2006 verwerf hy ‘n BComptHons aan die Universiteit van Suid-Afrika. Na voltooiing van klerkskap werk hy 2 jaar by PwC in die Paarl en daarna 3 jaar as �nansiële bestuurder in ‘n korporatiewe omgewing. Hy open in 2010 ‘n praktyk in Malmesbury, Charl Bezuidenhout en Vennote Ing. In 2015 smelt Charl Bezuidenhout en Vennote Ing. saam met FODB Ing. en word Charl ‘n direkteur.

Christie het in 1990 die graad BRekHons aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in die Paarl gedoen. Hy is in 1994 as vennoot by PwC in die Ceres-kantoor aangestel. In 2008 het Christie saam met Rudiger en Jannie die PwC-kantore in Ceres en Moorreesburg oorgeneem en ‘n direkteur van Fourie Oberg de Bruyn Ing. geword.

Page 5: FODB Company Profile New 2015 COMPRESSED FinalStellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in die Paarl gedoen. Hy is in 1994 as vennoot by PwC in die Ceres-kantoor aangestel.

In ons daaglikse strewe om ons visie te verwesenlik maak ons ernstig werk daarvan om ons kliënte se omstandighede en behoeftes grondig te verstaan en professionele

dienste van topgehalte te lewer. Ons probeer om met toegewyde aandag en die deurlopende betrokkenheid van ons direkteure en bestuur, die sukses van ons kliënte te

maksimeer.

Ons �rma lewer die volgende dienste:

Oudit Oorsig

Opstel van �nansiële state vir individue, vennootskappe, trusts, beslote korporasies en maatskappye Maandelikse boekhouding en/of nasienfunksieBelastingadministrasieBTW-administrasieSalarisadministrasieSekretariële dienste: Oprigting en registrasie van entiteite en instandhouding van sekretariële rekordsKonsultasiedienste, onder andere belasting- en struktuurbeplanning Boedeladviesdienste in samewerking met onder andere Voogdy Trust (Edms) Bpk, wat insluit:* boedel-, skenkings- en kapitaalwinsbelasting; en* skep van toepaslike strukture, boedelbereddering en trustadministrasie

Ons fooie is markverwant en kompeterend met die fooie van ander �rmas. Fooie word bereken op grond van die tyd wat ons personeel aan die kliënt se sake bestee, teen tariewe wat die vaardigheids- en verantwoordelikheidsvlakke van die betrokke personeel weerspieël.

Ons dienste

Page 6: FODB Company Profile New 2015 COMPRESSED FinalStellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in die Paarl gedoen. Hy is in 1994 as vennoot by PwC in die Ceres-kantoor aangestel.

Ons BestuurspanOns Bestuurspan

Oudit / Oorsig:

Rekeningkundige werk:

Salarisadministrasie en sekretariële dienste:

Coenie Koch – GR (SA)Coenie Koch – GR (SA)[email protected]

Jolanda van CollerJolanda van CollerMalmesbury

[email protected]

Janine [email protected]

Elmari OdendalMoorreesburg

[email protected]

Chantal SmitCeres

[email protected]

Page 7: FODB Company Profile New 2015 COMPRESSED FinalStellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in die Paarl gedoen. Hy is in 1994 as vennoot by PwC in die Ceres-kantoor aangestel.

Ons werkswyse en ouditbenaderingOns werkswyse en ouditbenadering

Ons glo dat ons nie in die eerste instansie ‘n leweransier van dienste is nie maar eerder ‘n besigheidsvennoot van elke kliënt wat van ons dienste gebruik maak. Ons poog om kliënte se bedrywighede en risiko’s só te verstaan dat ons ‘n pad saam met hulle kan loop en bevrediging kan vind in die wete dat ons waarde aan hul besigheid toegevoeg het.

Die deurlopende betrokkenheid van ons direkteure by werksopdragte is vir ons van kritieke belang. Dit is dan ook ons beleid dat ‘n direkteur �sies teenwoordig moet wees op die kliënt se perseel vir die mees wesenlike gedeelte van ‘n oudit.

Met elke werksopdrag stel ons ons ten doel om

insette te lewer wat waarde toevoeg deur die strukturering van ‘n besigheid op ‘n wyse wat risiko’s tot die minimum beperk;tydige bystand aan bestuur en direksie te lewer oor enige kwessies waar ons kundigheid en ervaring tot nut kan wees; enwerk tydig en met die minste ontwrigting af te handel.

Professionele ontwikkeling

Dit is ons praktyk dat direkteure, bestuurslede en klerke jaarliks kursusse bywoon oor die volgende kritieke terreine:

Etiek en onafhanklikheid (SAICA se gedragskode);Rekeningkundige standaarde;Wetgewing : Inkomstebelasting, BTW, Maatskappywetwysigings; enOuditstandaarde.

Daar word verder intern opleiding aangebied om te verseker dat alle personeel op hoogte is met die jongste ontwikkelinge op die bogenoemde terreine.

Die getal ure wat direkteure en bestuur aan opleiding bestee oorskry die minimum vereistes wat deur SAICA gestel word.

Ons het ‘n formele beleid oor kwaliteitsbeheer in ons dienslewering wat voldoen aan die vereistes wat gestel word.

‘n Verdere kwaliteitsbeheermaatreël is dat ons vier direkteure ten nouste betrokke is by die uitvoer van ons dienste, en dat hulle saamwerk om te verseker dat e�ektiewe

oplossings vir kliënte aangebied word.

Professionele ontwikkeling en kwaliteitsbeheerProfessionele ontwikkeling en kwaliteitsbeheer

Kwaliteitsbeheer

DiensleweringDiensleweringDiensleweringDiensleweringDiensleweringDienslewering

Page 8: FODB Company Profile New 2015 COMPRESSED FinalStellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in die Paarl gedoen. Hy is in 1994 as vennoot by PwC in die Ceres-kantoor aangestel.

OuditbenaderingOuditbenaderingOuditbenadering

Ons ouditbenadering is daarop ingestel om aan die vereistes van die “International Standards on Auditing” te voldoen en word voorts gerig deur ons oogmerk om die maksimum waarde aan kliënte se besigheid toe te voeg.

Voorbeelde van hoe ons in hierdie verband te werk gaan is:

Deurlopende en tydige kommunikasie met bestuur oor ons bevindinge; enKontrole-gebaseerde terugvoer aan bestuur oor leemtes gevind in stelsels, asook die nagaan van uitvoering van kontroles wat deur bestuur ingestel is.

Ons maak gebruik van Caseware- en Probeta-metodologie vir die ontwerp en uitvoering van ons ouditprosedures. Hierdie metodologie word deur die meerderheid ouditeurs�rmas in Suid-Afrika gebruik. Dit word deurlopend aangepas namate standaarde verander of nuwe standaarde uitgereik word.

Ons vertrou dat u nou ‘n beeld het van wie FODB en sy personeel is, wat ons doen en hoe ons te werk gaan om in die behoeftes van ons kliënte te voorsien. Maak gerus ’n afspraak en kom gesels met een van ons direkteure oor hoe ons u �rma kan begelei op die pad vorentoe.

Page 9: FODB Company Profile New 2015 COMPRESSED FinalStellenbosch verwerf en daarna sy klerkskap by PwC in die Paarl gedoen. Hy is in 1994 as vennoot by PwC in die Ceres-kantoor aangestel.

Kontakbesonderhede

Ceres:

Tel: +27 (23) 312 1140 Faks: +27 (23) 316 1368 E-pos: [email protected]

Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 Posbus 99, Ceres, 6835

Malmesbury:

Tel: +27 (22) 482 2946 Faks: +27 (22) 482 3965 E-pos: [email protected]

Voortrekkerweg 99, Malmesbury, 7300 Privaatsak X10, Malmesbury, 7299

Moorreesburg:

Tel: +27 (22) 433 2274 Faks: +27 (22) 433 2846 E-pos: [email protected]

Langstraat 61, Moorreesburg, 7310 Posbus 162, Moorreesburg, 7310

Direkteur

Rudiger Oberg

Selfoonnommer

082 325 3480

E-pos

[email protected]

Jannie de Bruyn 082 940 6400 [email protected]

Christie Fourie 082 772 6777 [email protected]

www.fodb.co.za

Charl Bezuidenhout 082 440 6173 [email protected]