Fenomenologie en hermeneutika

16
68 HOOFSTUK 3 FENOMENOLOGIE EN HERMENEUTIKA 3.1 INLEIDING Die mens poog voortdurend om sin te maak van alles wat beleef word. Deur geestes- en verstandsprosesse poog die mens om betekenis aan die wêreld toe te ken. Die mens se bewustheid en aanvaarding van hierdie enorme kapasiteit lei die mens tot die mees basiese filosofiese vraagstuk, naamlik: Wat is werklik? (Spinelli, 1989). Die objektiewe waarheid bestaan egter nie en bly onbekend vir die mens. Dit wat die mens as realiteit beskou en wat deur die mens as werklik beleef word, word onlosmaaklik deel van die verstandelike proses van die mens in die algemeen en meer spesifiek van die ingebore vermoë om betekenis te konstrueer. Hierdie siening kan beskou word as die beginpunt van ‘n fenome- nologiese ondersoek (Spinelli, 1989). 3.2 RASIONALISME Die Rasionalisme van René Descartes (1596-1650) was ‘n poging om helderheid te verkry oor die aard van die mens en hoe daar tot kennis gekom word. Vir Descartes vorm die subjektiewe ervaring en die bewustheid van kennis oor die self die basis van alle kennis, soos dit in sy bekende stelling “Cogi o, ergo sum” (‘Ek dink, daarom bestaan ek’) verwoord is. Hy stel dus subjektiewe ervaring eerder as die eksterne wêreld as ‘n basiese voorwaarde vir kennis, omdat die bestaan van die eksterne wêreld, volgens Descartes, nie bewys kan word nie. Descartes was van mening dat die bestaan van alles (insluitende die eksterne wêreld) betwyfel kan word. Hy was van mening dat daar wel iets of iemand is (dit wil sê ‘ek die twyfelaar’) wat bestaan en wie se bestaan nie weggewyfel kan word nie; dit wil sê daar bestaan ‘n subjektiewe realiteit en ervaring. Gevolglik t

description

Fenomenologie en hermeneutika

Transcript of Fenomenologie en hermeneutika

  • 68

    HOOFSTUK 3

    FENOMENOLOGIE EN HERMENEUTIKA

    3.1 INLEIDING

    Die mens poog voortdurend om sin te maak van alles wat beleef word. Deur

    geestes- en verstandsprosesse poog die mens om betekenis aan die wreld toe

    te ken. Die mens se bewustheid en aanvaarding van hierdie enorme kapasiteit lei

    die mens tot die mees basiese filosofiese vraagstuk, naamlik: Wat is werklik?

    (Spinelli, 1989). Die objektiewe waarheid bestaan egter nie en bly onbekend vir

    die mens. Dit wat die mens as realiteit beskou en wat deur die mens as werklik

    beleef word, word onlosmaaklik deel van die verstandelike proses van die mens

    in die algemeen en meer spesifiek van die ingebore vermo om betekenis te

    konstrueer. Hierdie siening kan beskou word as die beginpunt van n fenome-

    nologiese ondersoek (Spinelli, 1989).

    3.2 RASIONALISME

    Die Rasionalisme van Ren Descartes (1596-1650) was n poging om helderheid

    te verkry oor die aard van die mens en hoe daar tot kennis gekom word. Vir

    Descartes vorm die subjektiewe ervaring en die bewustheid van kennis oor die

    self die basis van alle kennis, soos dit in sy bekende stelling Cogi o, ergo sum

    (Ek dink, daarom bestaan ek) verwoord is. Hy stel dus subjektiewe ervaring

    eerder as die eksterne wreld as n basiese voorwaarde vir kennis, omdat die

    bestaan van die eksterne wreld, volgens Descartes, nie bewys kan word nie.

    Descartes was van mening dat die bestaan van alles (insluitende die eksterne

    wreld) betwyfel kan word. Hy was van mening dat daar wel iets of iemand is

    (dit wil s ek die twyfelaar) wat bestaan en wie se bestaan nie weggewyfel kan

    word nie; dit wil s daar bestaan n subjektiewe realiteit en ervaring. Gevolglik

    t

  • 69

    vorm die subjektiewe ervaring eerder as empiriese waarneming vir Descartes die

    grondslag van geldige kennis (Meyer, et al., 1997).

    Die werk van Descartes het die riglyne neergel vir sielkunde as introspektiewe

    (subjektiewe) geesteswetenskap wat om die bestudering van hor bewus-

    synsprosesse van die mens sentreer. Hierdie siening is in die moderne sielkunde

    voortgedra in die rigtings en teorie wat die subjektief-kwalitatiewe benadering

    voorstaan en wat die suiwer menslike prosesse as die terrein van die sielkunde

    beklemtoon. In sy filosofiese sisteem onderskei Descartes twee vlakke van

    handeling in die heelal:

    Die fisiese wreld bestaande uit waarneembare materie wat volgens meganistiese wetmatighede verklaar en ondersoek kan word en wat tot die

    ontwikkeling van die natuurwetenskappe gelei het.

    Die spirituele wreld bestaande uit nie-materile, nie-waarneembare bewussynsprosesse van die mens wat veral deur die menslike rede

    gekenmerk word en wat tot die ontwikkeling van geesteswetenskappe gelei

    het.

    Hierdie onderskeiding maak hy ook op die siel/liggaam-verhouding van toe-

    passing. Die siel is die nie-stoflike, nie-materile entiteit wat volgens hom

    makliker as die liggaam ondersoek kan word, aangesien dit volgens die metode

    van selfrefleksie (subjektiewe ervaring) geken kan word. Daarteenoor is die

    liggaam n fisies-materile entiteit wat teenoor die eksterne wreld reageer

    volgens meganisties-fisiologiese beginsels. Descartes was die eerste moderne

    denker wat die studie-objek van die sielkunde afgebaken en omskryf het as die

    bestudering van menslike geestesprosesse (Meyer, et al., 1997).

  • 70

    Franz Bretano (1838-1917) het teen die reduksionisties-atomistiese benadering

    (dit wil s die redusering van alle bewussynsinhoude tot die samestellende

    elemente) van die strukturalisme in opstand gekom. Bretano was van mening dat

    sielkunde gedefinieer moet word as die bestudering van psigiese prosesse wat n

    uitvloeisel van die menslike wil is. Aangesien die menslike wil of intensionaliteit

    nie deur middel van n eksperimentele metodologie ondersoek kan word nie, het

    Bretano die beskrywende kwalitatiewe metode in die bestudering van psigiese

    verskynsels toegepas. As sodanig kan hy as die vader van die fenomenologiese

    benadering in die sielkunde beskou word (Meyer et al., 1997).

    Pretorius en Segal (2000) stel dat dit blyk dat n ander benadering, wat verskil

    van die radikale wetenskaplike benaderings, nodig is om die mens te probeer

    verstaan. Husserl (in Valle, et al., 1989) postuleer dat die mens moet terugkeer

    na die objek self en tot hoe die lewe werklik beleef word. Hierdie benadering

    vewys na fenomenologie (Valle et al., 1989).

    3.3 DEFINISIE VAN FENOMENOLOGIE

    Die begrip fenomenologie het deels oorsprong aan die Griekse woord

    phainomenon, wat letterlik voorkoms beteken (Spinelli, 1989, p.2). Immanuel

    Kant het gestel dat die bewussyn nooit die objek self ken wat waargeneem word

    nie, maar dit net kan ken soos wat dit voorkom of as n verskynsel. Die ware

    aard van die realiteit was vir Kant nie net ver van vanselfsprekend nie, maar ook

    verby die menslike vermo om dit direk te verstaan en te ervaar (Spinelli, 1989).

    Die begrip fenomenologie word reeds vanaf die middel van die agtiende eeu

    gebruik en verwys na n homogene en sistematies ontwikkelde filosofiese posisie

    (Pretorius & Segal, 2000). In kontemporre filosofie is daar geen skool wat

    bekend staan as fenomenologie nie en wat deur n duidelike struktuur

    gekenmerk word nie. Fenomenologie is dus nie n skool of beweging in

  • 71

    kontemporre filosofie nie, maar eerder n beweging wat voortspruit uit

    verskillende kenmerkende rigtings en gevolglik verskillende betekenisse inhou vir

    verskillende mense. Met fenomenologie word daar gepoog om n direkte

    beskrywing van die belewenis self te verkry sonder om die psigologiese

    oorsprong en basiese verklaring daarvan te verken (Pretorius & Segal, 2000).

    Merleau-Ponty (1962) verwys na fenomenologie as n transendentele filosofie

    waar n denkstyl gebruik word om te fokus op die verkryging van direkte en

    eenvoudige kontak met die wreld deur tradisionele wyses waarop die individue

    en haar wreld verstaan word, te verwerp. Dit word bereik deur die beperking

    van voorafopgestelde idees van die mens se ware aard. Merleau-Ponty (1962,

    p.vii) verklaar dit soos volg: Phenomenology is the study of essencesit is also

    a philosophy for which the world is always already there before reflection

    beginsand all its efforts are concentrated upon re-achieving a direct and

    primitive contact with the worldit tries to give a direct description of our

    experience as it is, without taking into account its psychological origin and the

    causal explanations which the scientist, the historian or the sociologist may be

    able to provide.

    Fenomenologie poog om die subjek-objek digotomie op te los deur direkte,

    vooroordeelvrye ervaring van die verskynsel te bied (Pretorius & Segal, 2000).

    Die Duitse filosoof Husserl (in Pretorius & Segal, 2000) postuleer dat die

    verskynsel moet spreek. Husserl moedig die mens aan om na na die onderwerp

    self terug te keer (in Pretorius & Segal, 2000). As n filosoof wys Husserl daarop

    dat vooropgestelde idees verwerp moet word om n wyer perspektief en

    openheid te verkry. Hierdie proses staan as bracketing (samekoppeling) bekend

    of fenomenologiese epoche (die Griekse term vir bracketing) of fenomeno-

    logiese reduksie (Polkinghorne, 1989). Samekoppeling is die onthouding van

    bestaanplasing van die natuurlike wreld onafhanklik van die mens se ervaring

    daarvan. Deur reduksie word die wreld nie steeds vanselfsprekend aanvaar nie,

  • 72

    maar word verstaan in terme van die fenomenologiese, of die transendentele

    houding (Valle, King & Halling, 1989). Husserliaanse fenomenologie word

    gebruik om die bewuste te analiseer eerder as om die oorsaaklike oorsprong te

    verduidelik, byvoorbeeld in breinaktiwiteit of elders. Bewussyn moet ondersoek

    word soos wat dit werklik beleef word en die betekenis wat aan hierdie ervaring

    gegee word, word ook gekenmerk soos wat dit weergegee word, sonder enige

    metafisiese interpretasies. Die self is eintlik saamgestel vanuit haar wreld

    sonder enige skeiding (Brazier, 1995).

    Die begrip fenomenologie kan so wyd gedefinieer en verstaan word, dat daar

    volgens Richardson (1980) n sekere mate van afbakening van die betekenis

    nodig is vir die voorafbepaalde doel. Merleau-Ponty (1962, p. viii) stel: Pheno-

    menology can be practised and identified as a manner or style of thinking, that it

    existed as a movement before arriving at complete awareness of itself as a

    philosophy. Fenomenologie kan dus as n denkwyse gebruik word.

    3.4 FENOMENOLOGIE EN EKSISTENSIALISME

    In die inleidende hoofstuk van die boek deur May, Angel en Ellenberger, poog

    May (1958, p.11) om eksistensialisme te definieer as the endeavour to

    understand man by cutting below the cleavage between subject and object

    which has bedevilled western thought and science en wys daarop dat

    eksistensialisme verband hou met being (syn).

    Die mens se unieke betekenis word gevorm deur haar verskillende wyses van in-

    die-wreld-te-wees (Pretorius & Segal, 2000). Merleau-Ponty (1962) wys daarop

    dat die mens se kennis van die wreld, selfs wetenskaplike kennis deur die

    individu se bepaalde waarneming daarvan verkry word. Hychner (in Pretorius &

    Segal, 2000) stel dat die navorser of terapeut nie waarlik die deelnemer of klint

    se wreld kan betree tensy sy bereid is om haar vooropgestelde stellings

  • 73

    agterwe te laat nie en stel dit gelyk aan die bracketing (samekoppeling)

    proses.

    Eksistensialisme is soos fenomenologie, n benadering waardeur gepoog word

    om die filosofiese dualisme van die subjek-objek digotomie te oorkom (Pretorius

    & Segal, 2000). Die mens en die wreld waarin sy bestaan, word as n unitre,

    strukturele geheel beskou. May (1958, p.59) stel: The two poles, self and world,

    are always dialectically related. Self implies world and world self; there is neither

    without the other, and each is understandable only in terms of the other. It

    makes no sense, for example, to speak of man in his world (though we often do)

    as primarily a spatial relation.

    Eksistensialisme en fenomenologie is komplimenterende benaderings in die

    studie van mens. Die fenomenologiese benadering berus op eksistensile filoso-

    fiese beginsels. Eksistensialisme en fenomenologie vorm saam die filosofiese

    benadering bekend as eksistensile-fenomenologie. Wanneer dit op menslike

    verskynsel toegepas word, word eksistensile fenomenologie eksistensile-

    fenomenologiese sielkunde, wat poog om die kern, struktuur of vorm van

    menslike ervaring en gedrag te verklaar deur beskrywende navorsingstegnieke te

    gebruik (Valle, King & Halling, 1989).

    3.5 FENOMENOLOGIE EN INTENSIONALITEIT

    Martin Heidegger (1889-1976) maak van fenomenologie gebruik om die vraag

    van what is the meaning of being te beantwoord, en brei hierdeur ook uit op

    die idee van intensionaliteit wat voor hom bekend gestel is deur Husserl (1859-

    1938) (Kruger, 1989).

    Volgens Husserl (in Segal, 1999, p.31) bestaan bewussyn nie vanself nie.

    Consciousness means an intentional act, through which man lets the world

  • 74

    appear to him. Bewussyn bring mee dat die mens kan fokus op dit wat sy graag

    meer van te wete wil kom. Hierdie proses bring mee dat die intensionele objek

    aan die mens bekend gemaak word. Omdat dit in die menslike aard is om die

    wreld vir die self te opbenbaar deur dit direk te beleef, kan menslike bewussyn

    beskou word as n spel van openbaring. Dit behels n proses waardeur die

    waarnemer en die verskynsel wat waargeneem word, betekenis verkry eerder as

    die afsondering van bewussyn van die eksterne wreld.

    Martin Heidegger het Husserl se idee van intensionaliteit verder uitgebrei om die

    subjek-objek digotomie te bowe te kom en gevolglik probleme van idealisme

    (absolutering van die bewussyn) en materialisme te vermy (Kruger, 1989). Die

    mens kan in die wreld verstaan word in terme van haar intensionele verhouding

    daarmee, eerder as n objek in die wreld. Persepsie is een bestanddeel in die

    proses van in die wreld te wees en is dit volgens Kruger (1989) een van die

    wyses waarop die mens intensioneel met die wreld omgaan. Volgens Kruger

    (1989) is die wreld soos wat dit in die mens se persepsie bestaan reeds n bete-

    kenisvolle struktuur, wat gedrag uitlok. Die implikasie hiervan is dat die wreld

    wat reeds bestaan nie enige interpretasie verg nie en nie deur die subjektiewe

    waarnemer akkuraat ervaar en geken kan word nie. Die wreld bestaan voor

    interpretasie, wag om te ontvou vir diegene wat sien sonder voorveron-

    derstellings.

    Van den Berg (1972) beskryf twee vlakke van waarneming wat hy pathic en

    gnostic noem. In die eersgenoemde bring die individu se waarneming n

    onmiddellike, konkrete en ongedifferensieerde belewenis, mee. Hierna word ook

    verwys as die eerste struktuur van realiteit. In gnostic waarneming kom

    artikulasie deur vorm en struktuur voor en staan bekend as die tweede struktuur

    van realiteit, wat by die wetenskaplike en tegnologiese wreld pas.

  • 75

    In die beskrywing van konseptualisering van ervaring van die wreld, stel Van

    den Berg (1981, p.34) it is not out there in the world that all of what we call

    subjective takes place. In the things, in the objects around us we find our inner

    being. Soortgelyk stel Valle et al. (1989, p.258) intentionality directly addresses

    and reflects the felt quality of what we normally describe as our consciousness,

    awareness, or experience, and its contents.

    f

    3.6 FENOMENOLOGIESE SIELKUNDE

    Fenomenologiese sielkunde is n benadering wat die mens se vermo om die

    gebeure en objekte raak te sien ondersteun, asook die beperkinge van wat deur

    die mens beskou word. Fenomenologiese sielkunde verskil van die ander

    sielkundige perspektiewe deurdat daar die geloof is dat menslike gedrag die

    uitdrukking van betekenisvolle ervaring is, eerder as meganistiese geleerde

    respons tot stimuli (Polkinghorne, 1989). So word mee gebring dat mens die

    dieper betekenisstrukture sien. Die mens is wat sy kan sien (Van Vuuren,

    2001). Kruger (1989) stel dat die mens as liggaam bestaan en nie daaroor

    bekommer nie. Die mens word net van die feit dat sy n liggaam het bewus

    wanneer die liggaam n objek vir haar raak, onder sekere omstandighede,

    byvoorbeeld wanneer sy medies ondersoek word of wanneer sy bewus is dat sy

    nie gesond is nie. Kruger (1989, p.40) stel dit treffend: The body in which he

    lived so unawarely, so matter-of-factly, suddenly becomes a barrier to the

    fulfillment of his needs. Man then becomes conscious of the fact that he has a

    body as an object, rather than of his pre-reflective mood o being a body.

    In fenomenologie is die psige of siel worldness (Van Vuuren, 2001) Die mens

    leef in n wreld en n kosmos, nie n heelal nie. n Objek besit nie n wreld nie.

    Psige en wreld hou verband met mekaar. Vanuit n fenomenologiese perspektief

    impliseer die psige wreld. Die mens se worldness is intrinsiek deel van wie sy

    is. Dit is nie n oorsaak-gevolg verhouding nie, maar n intensionele verhouding

  • 76

    tussen bewussyn en die objek wat aan die bewuste voorgegee word. Waar daar

    bewussyn is, is n verhouding. Bewussyn openbaar menslikheid as n basiese

    openheid tot ander in die vorm van self. Husserl (in Van Vuuren, 2001) stel dat

    die mens nooit n suiwer psige het nie. Daar is altyd n fisiese infrastruktuur vir

    die psige. Dit beteken nie dat die psige tot die fisiese infrastruktuur afgebreek

    kan word nie. Die psige bestaan as die geleefde wreld tussen die biologiese en

    die rasionele wrelde. Daar is nie n universele of ware werklikheid nie. Daar is

    egter voorkoms of teenwoordighede van die werklikheid en Merleau-Ponty

    (1962, p.318) stel: appearances are for me appearances of a certain true

    spectacle. Dus voorkoms of verskynsels is nie die werklikheid nie, maar die

    wyse waardeur die werklikheid geken word. Voorkoms is net gedeeltelik maar vir

    die fenomenoloog l kennis in voorkoms. Die mens verwag om dinge te ontdek

    op die basis wat dit voorkom.

    Van Vuuren (2001) stel dat die ontwikkeling van empiriese en hermeneutiese

    metodes vir fenomenologiese navorsing ten opsigte van sielkundige verskynsels

    begin toeneem. Hierdie benadering het ten doel om die betekenis van menslike

    ervaringe in situasies, soos dit spontaan voorkom in die daaglikse lewe, te

    bestudeer. Die klem val op die bestudering van geleefde ervaring, hoe die mens

    dit verstaan en daaruit probeer sin maak (Van Vuuren, 2001). Die filosofiese

    antropologie wat deur eksistensile en fenomenologiese filosowe van die vorige

    dekade verwerk is, bied aan huidige sielkundiges insigte wat potensieel hersien

    kan word. Van die belangrikste insigte is die poging om die mens as biologiese

    objek, wie se gevoel en gedrag deur n komplekse oorsaaklike netwerk bepaal

    word, te verwerp (Van Vuuren, 2001). Die soeke na oorsaaklike verbande en die

    wetmatige verbande tussen veranderlikes, het deel van sistematiese, sielkundige

    kennis wat Husserl (in Van Vuuren, 2001, p.6) as die natural attitude beskryf,

    geword.

  • 77

    Navorsers in sielkunde wat gebruik maak van natuurwetenskaplike beginsels kan

    nie menslike vryheid en die betekenis van menslike ervaring verklaar nie (Van

    Vuuren, 2001). Hulle maak staat op kwantitatiewe, meganistiese modelle van

    menslike aard, wat verskillende verduidelikings en voorspellings van gedag bied

    en maak inbraak op selfbegrip. Die raamwerk van die natuurwetenskappe het n

    beperkte bruikbaarheid vir die bestudering van die betekenisvolle karakter van

    geleefde ervaringe (Van Vuuren, 2001). Die mens moet bewus wees dat die

    bevoorregte toegang tot betekenis nie deur numeriese berekeninge verkry word

    nie, maar deur persepsie, kognisie en taal. Vir die daaglikse lewenservaringe

    verwys Husserl na die metafoor van life-world (Van Vuuren, 2001). Die

    beginpunt van eksistensile-fenomenologiese sielkunde is die terrein van

    daaglikse lewenservaring en aksie. Die leefwreld is die fokus van interaksie

    tussen die mens en haar waargenome omgewing en die wreld van horisonne

    wat beleef is waarin die mens betekenisvol beweeg. Van Vuuren (2001, p.7) stel

    it is the wor d as we find i as i is given to consciousness, prior to any explici

    theoretical conceptions.

    l t, t t

    t

    Van Vuuren (2001, p.12) stel dat fenomenologie n sielkunde is that has the

    power to evoke thougthful reflection about a world in which every aspect is

    potentially awake to all others. Every aspect of an object can be seen to refer to

    all possible other aspects. All objects or situations can be seen to refer back to

    humanity as incarna e things and all individual perceptions can be seen to

    contain references to a shared human world.

    3.7 HERMENEUTIKA

    Hermeneutiese metodologie dui oorspronklik op uitlegkunde om die Bybel te

    interpreteer. Volgens die hermeneutiese metode word menslike gedrag gelees en

    genterpreteer soos wat n literre teks gelees en genterpreteer word. Soos wat

    die skrywer nie altyd bewus is van die verskuilde betekenis van die teks wat

  • 78

    geskryf is nie, so moet die navorser of terapeut die gedrag van die persoon lees

    om die verskuilde betekenis daarvan te konstrueer en te interpreteer (Meyer et

    al., 1997).

    Plug et al. (1997, p.140) definieer hermeneutiek as n studieveld wat gemik is

    om die betekenis van tekste en ander simboliese voorstellings te interpreteer. Di

    sluit verskeie benaderings tot die geesteswetenskappe in, wat berus op die besef

    dat die betekenis van taal en ander kultuurprodukte deur individue aangepas

    word volgens hulle persoonlike waarde- en betekenisstelsel.

    t

    Hermeneutika, wat afgelei is van die Griekse woord hermeneuo (om te verklaar

    of te interpreteer) hou verband met betekenis en interpretasie (Palmer, 1969).

    Hermeneutika is deel van die Griekse mitologie waar die god Hermes beide

    boodskapper en interpreteerder was van die boodskappe wat van die gode na

    die mense gestuur (Valle, et al., 1989). Hermeneutika kan ook gedefinieer word

    as die studie van begrip met verwysing na die begrip van woorde of teks (Valle,

    et al., 1989).

    Om te interpreteer is moontlik die mees basiese gevolg van menslike denke, om

    te bestaan is n voortdurende proses van interpretasie (Palmer, 1969).

    Interpretasie behels meer as die linguistiese wreld wat die mens uitleef, want

    selfs diere interpreteer. Die mens bestaan nie voortdurend deur taal nie en

    daarom behoort enige teorie van menslike interpretasie met die verskynsel van

    taal te deel. Taal gee vorm aan dit wat deur die mens gesien word asook

    menslike denke, beide die begrip van die self en die wreld. Die mens se siening

    van die realiteit word gevorm deur taal. Palmer (1969, p.9) stel if the matter is

    considered deeply, it becomes apparent that language is the medium in which

    we live, and move, and have our being.

  • 79

    Packer (in Pretorius & Segal, 2000) stel dat met hermeneutika gepoog word om

    menslike gedrag te verklaar en dit duidelik te maak deur dit te interpreteer. Om

    te interpreteer behels drie verskillende dele, naamlik: n verbale voordrag of

    opsomming; n redelike uiteensetting of verduideliking en die vertaling van n

    ander taal beide Grieks en Engels (Palmer, 1969). Die interpretasie van teks

    behels twee uit die drie prosesse en dikwels n derde. Literatuur bied die

    voorstelling van iets wat verstaan moet word. Palmer (1969) stel dat die stryd

    met die begrip van verskynsel verby die interpretasie van teks strek. Die doel van

    interpretasie is om dit wat onbekend, verwyderd en onduidelik in betekenis is te

    verander in iets werklik en verstaanbaar (Palmer, 1969).

    Hermeneutiese beginsels bied n teoretiese grondslag vir geesteswetenskaplike

    navorsing. Palmer (1969) verwys na hermeneutika wat ten doel het dat die mens

    verstaan word, spesifiek deur teks. Wanneer die boodskap of teks gelees word,

    is daar n spontane en natuurlike interpretasie ten opsigte van betekenis. Om die

    teks te verstaan berus op die interpreteerder se persoonlike, eksistensile

    betrokkenheid by die teks, afsonderlik van n akademiese of intellektuele

    benadering daarvan. Palmer (1969, p.9) stel dat a work of literature is not an

    object we understand by conceptualizing or analyzing it; it is a voice we must

    hear, and through hearing (rather than seeing), understand.

    Daar word vanuit hermeneutika geglo dat die historiese werklikheid misleidend is

    en dat die situasie wat geanaliseer word net n narratiewe waarheid toelaat

    (Spence, in Silverman, 1996). Die mens is in interaksie, hetsy met tekste,

    narratiewe, of die eksterne realiteit en interpreteer hierdie interaksies vanuit hul

    simboliese, sosio-kulturele uitgangspunte. Dit beklemtoon die menslike uniekheid

    van individuele narratiewe, waar daar altyd betekenis gegee en gebeure

    genterpreteer word, lewensstories word gekonstrueer van en sluit die soeke na

    universile waarhede uit.

  • 80

    3.7.1 Hermeneutiese beginsels in fenomenologiese navorsing

    Twee spesifieke hermeneutiese beginsels, naamlik die hermeneutic circle en

    pre-understanding (voorveronderstelling) hou sekere implikasies vir sielkunde

    en sielkundige navorsing in (Valle, et al., 1989). Wanneer n teks oorspronklik

    gelees word, lees of sien die navorser net n deel daarvan, wat tot n mate van

    wanbegrip lei, omdat begrip van die geheel tekort skiet. Soos wat die navorser n

    mate van begrip van die geheel vorm, word die dele beter begryp. Die proses

    waar daar tussen die dele en die geheel beweeg word en weer terug by die

    begin staan as die hermeneutic circle bekend. n Dieper insig in die teks word

    hierdeur mee gebring soos wat dit oor en oor gelees word (Valle, et al., 1989).

    Die navorser se bewustheid van haar voorveronderstelling van die teks sal

    verder bydra tot die begrip van die teks. Dit is van uiterste belang dat die

    navorser toegerus sal wees om sekere vrae oor haar eie voorveronderstellings

    van die teks te vra. Valle et al., (1989, p.16) stel dat vrae soos what have I

    already assumed which may account for my failure to make sense of this

    section? en are there specific assumptions which this writer takes for granted

    and which someone from my tradition would not take for granted? gevra kan

    word. Hierdie proses van selfondersoek bring mee dat die navorser bewus word

    van haar eie voorkeure en voorveronderstellings en is soortgelyk aan die proses

    van bracketing (samekoppeling) (Polkinghorne, 1989).

    ,

    3.8 FENOMENOLOGIE, EETVERSTEURINGS EN DIE GESIN VAN

    OORSPRONG

    Die fokus van fenomenologiese navorsing is menslike ervaring. Die eksklusiewe

    fokus op ervaring bied toegang tot alles wat direk geken kan word, want alle

    kennis is uiteindelik gesetel in menslike ervaring (Husserl, in Pretorius & Segal,

    2000). Die funksionering van die gesin is vir elke individu n unieke ervaring.

  • 81

    Daar is egter sekere ontwikkelingstake wat die adolessent in haar gesin van

    oorsprong moet bemeester, wat universeel is. Die bemeestering van hierdie take

    of die redes hoekom sekere adolessente nie hierdie take suksesvol bemeester nie

    kan net verstaan word deur die individuele ervaring van die individuele

    gesinslede.

    Een van die adolessent se belangrikste ontwikkelingstake is om haar verhoudings

    en rolle binne die gesin te herdefinieer. Ten einde hierdie ontwikkelingstaak

    suksesvol te bemeester moet die adolessent haarself sielkundig van haar ouers

    losmaak. Hierdie ontwikkelingsproses word gedefinieer as die individuasieproses

    en gaan met toenemende outonomie, individualiteit, eksplorasie en n

    differensiasie tussen die self en ander gepaard (Anderson & Flemming, 1986).

    Individuasie word as n eienskap van die gesinsisteem beskou, veral wanneer die

    klem op die hantering van gesinsprobleme binne die konteks van bestaande

    verhoudings val. Die fokus val op die netwerk van verhoudings waarbinne die

    adolessent met haar ouers in interaksie verkeer en waarbinne sy sekere

    veranderinge ondergaan (Anderson & Flemming, 1986).

    Die ouer-kindverhouding dien tydens individuasie as die verwysingsraamwerk

    wat die adolessent in staat stel om sekere aspekte van haarself te onderskei. Ten

    einde haarself as n individu te ontdek, moet die adolessent haarself in

    verhouding tot haar ouers definieer. Sodoende kan sy betekenis gee aan haar eie

    individualiteit. Omdat die adolessent haar ontwikkelingstake meestal tydens

    inwoning by haar gesin moet bemeester, is dit noodsaaklik dat haar gesin haar

    hierin sal ondersteun. Hierdie ondersteuning behels veral n aanpassing in die

    gesinsisteem se funksionering ten einde aan die ontwikkelingsbehoeftes van

    individuele gesinslede te voldoen. Die versterking van grense tussen die

    adolessent en haar ouers is van die mees fundamentele veranderinge wat op

    sistemiese vlak plaasvind. Wanneer die adolessent probleme ondervind om te

    funksioneer en aan te pas tydens hierdie fase, kan haar probleme parallel gestel

  • 82

    word aan die probleme wat die gesinsisteem ondervind om aan die behoeftes en

    eise van die adolessent te voldoen. In terme van die sisteemteorie word die

    probleem van n individuele lid van die gesin beskou as n weerspieling van

    problematiese gesinsfunksionering en nie n individuele probleem as sodanig nie.

    Omdat die interaksieprosesse wederkerig is, dra die adolessent sowel as haar

    ouers by tot n bepaalde soort gesinsfunksionering (Shulman & Klein, 1982).

    Die mens se funksionering in haar gesin en haar ervaring daarvan is uniek. Dit is

    ook in die gesin wat die mens rondom die etenstafel n besondere verhouding

    met mekaar en voedsel openbaar. Dit blyk dat die vrou se verhouding met kos

    veel meer gekompliseerd is as die van die mans. Vroue en mans ervaar ook

    verskillende sosiale verwagtinge. In n vrou se taal is maer sinoniem met

    suksesvol, aanvaarbaar en mooi. Hierdie kognisie is dikwels so verterend by

    vroue dat hul enigiets sal doen om maer te wees. Die beheptheid het tot

    lewensgevaarlike eetsteurnisse soos anorexia en bulimia gelei. Hoewel nie alle

    vroue eetsteurnisse het nie, voer die meeste lewenslank n ingewikkelde en

    uitmergelende stryd met hul liggaam en kos (Hume, 2001).

    Die unieke belewenis van drie laat-adolessente meisies van hul ervaring van

    eetsteurnisse en hul gesin van oorsprong gaan in hierdie studie ondersoek word.

    3.9 SAMEVATTING

    In hierdie hoofstuk is die basiese uitgangspunte van fenomenologie en

    hermeneutika uiteengesit. Die waarde van fenomenologie in die sielkunde is dat

    die mens nie as n blote objek beskou word nie, maar menslike ervaring word

    ook in ag geneem. Van Vuuren (2001) stel dat sielkunde terug moet keer na die

    dinge self, terug na die fenomenologiese vlak om weer te ontdek hoe die mens

    die wreld waarin sy bestaan, beleef. Die mens moet leer om vrae te stel oor

  • 83

    die verskynsels wat voorkom om uiteindelik die mens in haar wreld te probeer

    verstaan.

    HOOFSTUK 3