Eldo-Info Nuusbrief 12 Junie 2020 · 2020. 6. 15. · ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 12...

8
ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief 12 Junie 2020 www.hseldo.co.za Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK Iets wat hierdie week treffend is, is die volgende gedeelte: "Jesus het hulle innig jammer gekry", wat mens 'n hele paar keer in die evangelies raaklees. Dis 'n uitdrukking wat my so aangegryp het en net vir my onderstreep het dat die Here ’n barmhartige God is. Net soos Jesus dit nie kon help om mense wat honger, siek en hartseer, verlore en blind, vuil en verwerp is, jammer te kry en diep meegevoel met hulle te hê nie, net so weet ek dat Hy dit vandag vir ons elkeen persoonlik ook sal doen. Sy arm is nooit te kort om te help nie, Sy genade is elke dag vars, Sy oor is nooit te doof om te luister nie, Sy hulp en uitkoms is nooit ver nie, Sy liefde is onbegrens, oneindig en onverstaanbaar groot. “Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde” – kyk maar bietjie hoeveel keer hierdie frase in die Bybel voorkom “Die Here gee graag goeie dinge aan ons. Sy hart word gou sag. Hy is geduldig en het sy kinders baie lief. Vir almal is die Here goed. Hy gee om vir alles wat Hy gemaak het ... Die Here sorg vir almal wat seerkry, Hy tel elkeen op wat swaarkry. Almal vestig hulle hoop op U. U versorg elkeen op die regte tyd. Omdat U goed is, gee U maklik goeie dinge aan ons. U gee meer as genoeg van u goedheid aan almal op aarde. (Ps. 145:9-16, Die Boodskap) Aangepas vanaf Wilna Botha se skryfstuk ELDO-INSPIRASIE Benodig jy ‘n emosionele opkikker? Gaan kyk gerus na die inspirerende video’s wat elke week op ons sosiale media gedeel word. Dit is spesiaal vir elke Eldo-leerder, ouer en die gemeenskap! Kyk hierdie week se video deur die onderstaande skakel te volg: https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/3221916781367102/

Transcript of Eldo-Info Nuusbrief 12 Junie 2020 · 2020. 6. 15. · ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 12...

  • ELDO-INFO 2017

    Eldo-Info Nuusbrief – 12 Junie 2020

    www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne

    GEDAGTE VIR DIE WEEK

    Iets wat hierdie week treffend is, is die volgende gedeelte: "Jesus het hulle innig jammer gekry", wat mens 'n hele paar

    keer in die evangelies raaklees. Dis 'n uitdrukking wat my so aangegryp het en net vir my onderstreep het dat die Here

    ’n barmhartige God is. Net soos Jesus dit nie kon help om mense wat honger, siek en hartseer, verlore en blind, vuil

    en verwerp is, jammer te kry en diep meegevoel met hulle te hê nie, net so weet ek dat Hy dit vandag vir ons elkeen

    persoonlik ook sal doen. Sy arm is nooit te kort om te help nie, Sy genade is elke dag vars, Sy oor is nooit te doof om

    te luister nie, Sy hulp en uitkoms is nooit ver nie, Sy liefde is onbegrens, oneindig en onverstaanbaar groot. “Genadig

    en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde” – kyk maar bietjie hoeveel keer hierdie frase in die Bybel

    voorkom “Die Here gee graag goeie dinge aan ons. Sy hart word gou sag. Hy is geduldig en het sy kinders baie lief. Vir

    almal is die Here goed. Hy gee om vir alles wat Hy gemaak het ... Die Here sorg vir almal wat seerkry, Hy tel elkeen op

    wat swaarkry. Almal vestig hulle hoop op U. U versorg elkeen op die regte tyd. Omdat U goed is, gee U maklik goeie

    dinge aan ons. U gee meer as genoeg van u goedheid aan almal op aarde. (Ps. 145:9-16, Die Boodskap)

    Aangepas vanaf Wilna Botha se skryfstuk

    ELDO-INSPIRASIE

    Benodig jy ‘n emosionele opkikker? Gaan kyk gerus na die inspirerende video’s wat elke week op ons sosiale media

    gedeel word. Dit is spesiaal vir elke Eldo-leerder, ouer en die gemeenskap! Kyk hierdie week se video deur die

    onderstaande skakel te volg:

    https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/3221916781367102/

    http://www.hseldo.co.za/https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/3221916781367102/

  • 2

    AKADEMIE

    Ons wil graag ons graad 12-leerders wat vanaf 8 Junie 2020 weer by ons aangesluit het by die skool, verwelkom. Baie

    dankie dat julle opdaag, aanteken en julle akademie met die erns bejeën wat dit verdien.

    Daar is ‘n skrywe rakende 15 Junie 2020 vir die leerders en ouers se aandag. Vergewis u asseblief van die inhoud van

    hierdie kommunikasie op die D6 Communicator.

    https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee145c12e932396276489.pdf?1591944

    114

    GRAAD 10 EN 11

    Ons herinner u dringend aan die skrywe vir graad 10- en 11-leerders wat op 11 Junie 2020 geplaas is op die D6

    Communicator.

    Hierdie skrywe gaan oor die moontlike versnelde terugkeer van die graad 10 en 11 leerders op Woensdag, 17 Junie 2020.

    (alternatiewelik tot en met 6 Julie 2020) Dit is egter onderhewig aan goedkeuring van die Departement van Basiese

    Onderwys.

    Daar is ‘n belangrike Google-vorm wat u asseblief moet voltooi, rakende u kind se terugkeer.

    https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee246836f425985069600.pdf?1591944

    114

    GRAAD 8 EN 9

    Die graad 8- en 9 leerders se skrywe word op 12 Junie 2020 geplaas op die D6 Communicator.

    Die graad 8 en 9 skrywe gaan oor die moontlike versnelde terugkeer van die graad 8 en 9 leerders op Maandag, 22 Junie

    2020, (alternatiewelik tot en met 3 Augustus 2020). Terugkeer is onderhewig aan goedkeuring van die Departement van

    Basiese Onderwys.

    Daar is ‘n belangrike Google-vorm wat u asseblief moet voltooi, rakende u kind se terugkeer.

    https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee32a785bfe7468281360.pdf?1591962

    093

    Ons sal u dadelik in kennis stel van enige amptelike veranderinge. Let asseblief daarop dat ons moontlik op kort

    kennisgewing met u sal kommunikeer rakende die moontlike versnelde terugkeer.

    NUWE SKOOLKALENDER VIR 2020

    Die nuwe skoolkalender vir 2020 is in die Gazette gepubliseer. Ons het hierdie inligting beskikbaar gestel in

    Addendum B.

    https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee15556959cd430300945.pdf?1591944

    114

    ASSESSERING

    Die voorlopige assesseringsdatums is op Addendum A en Addendum B aangedui. Die assesseringsdatums sal aangepas

    word, met inagneming van die moontlike versnelde terugkeer se goedkeuring.

    *Die datums van die Rekord eksamen en Eindeksamen sal nie verander nie.

    https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee145c12e932396276489.pdf?1591944114https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee145c12e932396276489.pdf?1591944114https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee246836f425985069600.pdf?1591944114https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee246836f425985069600.pdf?1591944114https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee32a785bfe7468281360.pdf?1591962093https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee32a785bfe7468281360.pdf?1591962093https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee15556959cd430300945.pdf?1591944114https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ee15556959cd430300945.pdf?1591944114

  • 3

    AANSOEKE: TERSIÊRE INRIGTINGS

    Graad 11- en 12-leerders wat ‘n voorlopige puntestaat benodig vir moontlike toelating en keuring, kan hulle behoefte

    kommunikeer aan die fasehoof van die betrokke graad. Tot die formele asssessering van kwartaal 1 afgehandel is, kan

    ons slegs ‘n voorlopige vakverklaring uitreik.

    Ons vertrou dat alle moontlike vrae beantwoord is. Indien daar verdere navrae is, kan elke graad se fasehoof gekontak

    word. Hiermee hul e-pos adresse:

    Graad 8: Mnr. Dave du Plessis ([email protected])

    Graad 9: Juf. Marié Joubert ([email protected])

    Graad 10: Juf. Hester Swart ([email protected])

    Graad 11: Juf. Anya Swanepoel ([email protected])

    Graad 12: Juf. Carla Repsold ([email protected])

    Ons moet leef met hoop en ‘n toekomsverwagting. Baie dankie dat ons leerders en ouers inkoop by hierdie visie vir

    ons akademie.

    TERUGKEER VAN DIE GRAAD 12’s

    Dit was vir die Eldo-personeel Maandag ‘n besonderse dag toe ons weer die helfte van die graad 12-graadgroep by die

    skool terug kon verwelkom! Elke vriendelike gesig en glimlag agter die maskers wat jy in elkeen se oë kan sien! Die nuwe

    normaal is iets om aan gewoond te raak, maar dit is ‘n voorreg om die nuwe uitdagings voor ons aan te pak met ‘n

    skoolspan en –gemeenskap wat positief, gedetermineerd en gefokus is. Ons sal hierdie nuwe normaal ook oorkom, Eldo’s!

    Kyk gerus na die video vir ‘n blik op die graad 12’s se eerste week terug by die skool en hoe ons “nuwe normaal” lyk:

    https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/197813411394329/

    Kyk bietjie na die volgende video om te hoor hoe lekker dit vir die leerders is om terug te wees by die skool, hoe die

    onderwysers dit geniet om weer te kan skoolgee vir leerders wat voor hulle sit en die uitdagings wat die “blindemolle”

    ervaar met maskers! Ons wys ook vir julle hoe die onderwysers nou klas gee vir leerders voor hulle en oor Teams op

    dieselfde tyd:

    https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/263613728385294/

    SPORT

    MUURBAL

    Die muurbalspelers van Hoërskool Eldoraigne maak seker hulle is fiks en gesond om hul bes te gee as hulle weer die

    muurbalbaan betree! Hier is ‘n oefenprogram wat min spasie nodig het en uiters effektief is wat alle spelers by die huis

    kan volg. Rus vir 30 sekondes tussen elke stel:

    3 × 1min tou spring

    3 × 15 sit ups

    3 × 10 russian twists

    3 x 10 squad jumps

    3 × 10 crunches

    3 × 45 sek plank

    3 × 10 pushups

    3 × 10 lunges per

    mailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/197813411394329/https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/263613728385294/

  • 4

    https://www.instagram.com/p/CBVp0G_ncJN/

    TROMPOPPIES

    Het jy al ooit gewonder hoe 'n top Suid-Afrikaanse trompoppiespan se optrede lyk? Kyk gerus na ons small-drill span se

    optrede. Jy kan ook deel word van hierdie gedugte span in 2021. Ons leer jou al die tegnieke en jy is ‘n hele familie

    ryker!

    https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/875962592910384/

    KRIEKET

    Die puik span by Cricket 101, ons krieketakademie, se volgende reeks video’s om seker te maak dat elke speler se

    vaardighede en vermoëns opgeskerp bly, is nou op ons webblad beskikbaar. Volg gerus die onderstaande skakel om na

    die video’s te kyk en aan jou vaardighede te werk tydens die langnaweek!

    https://www.hseldo.co.za/cricket101

    HOKKIE

    Die Eldo-hokkiespelers het nie tyd gehad om slap te lê tydens hierdie inperking nie! Nee, die hokkiebestuur het verseker

    dat elke speler genoeg oefening inkry en ook leer van die sielkundige kant van hokkie.

    Op Woensdag, 10 Junie, het die spelers ‘n Zoom-fiksheid- en kondisioneringsessie bygewoon. Die sessie is aangebied

    deur die Oostelike Provinsie manshokkiespeler en SA 0/16-afrigter, Jason Syce. Baie dankie dat jy tyd in jou besige

    skedule ingeruim het om seker te maak ons spelers bly tip top, Jason! Ons is opreg dankbaar.

    KULTUUR

    ENSEMBLE

    Carmie Arpin, ‘n besonderse begaafde klavierspeler in graad 12, het haar praktiese klaviereksamen by Trinity afgelê

    verlede naweek. Sy het graad 6 klavier gespeel en is ook die eerste leerder van Hoërskool Eldoraigne wat haar eksamen

    digitaal ingehandig het. Die eerste gedeelte van die eksamen het vereis dat sy ‘n hoë gehalte video moes maak waarin

    sy al 3 haar eksamenstukke aaneenlopend speel sonder enige redigering. Die tweede gedeelte van die eksamen is die

    tegniese gedeelte waarvoor daar ʼn platform ontwikkel word om dit te kan voltooi, aangesien eksaminatore nie vanuit

    London na Suid-Afrika mag vlieg nie.

    https://www.instagram.com/p/CBVp0G_ncJN/https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/875962592910384/https://www.hseldo.co.za/cricket101

  • 5

    Sedert die pandemie in Maart begin het, het Carmie op Zoom haar musieklesse geneem en op haar eie geoefen. Ure se

    harde werk is ingesit tydens die inperking!

    Baie geluk aan Carmie wat baanbrekerswerk gedoen het en nie toegelaat het dat die Coronavirus haar stuit nie. Sy is vir

    ons almal ʼn voorbeeld. Carmie, ons hou saam met jou asem op vir die uitslag en glo dat dit fantasties gaan wees!

    Carmie tydens die Eldo-Musiq konsert.

    ELDO’S IN DIE MEDIA

    KAYLA VOGLER

    Hoewel die Graad 12’s se “beste jaar nog” kort geknip is deur die COVID-19

    pandemie, was alles nie net negatief nie. Daar is nuwe geleenthede, nuwe

    manier van dinge doen en soos ons die heeltyd hoor: “’n nuwe normaal!”.

    Kayla, ons onderhoofdogter: kultuur, het haar ervaring met Maroela Media

    gedeel op dieselfde wyse soos ons haar ken: ‘n dame met sterk opinies en

    wat nog diep spore in die film- en teaterbedryf gaan trap!

    Lees gerus Kayla se meningstuk hier:

    https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/jongstemme-lesse-uit-

    corona/?fbclid=IwAR0MBhY4Oah_dm1uDxQM2LCaDX_uE6tIFXVo9VOsyu-

    YJuf4fAY24In27LQ

    https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/jongstemme-lesse-uit-corona/?fbclid=IwAR0MBhY4Oah_dm1uDxQM2LCaDX_uE6tIFXVo9VOsyu-YJuf4fAY24In27LQhttps://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/jongstemme-lesse-uit-corona/?fbclid=IwAR0MBhY4Oah_dm1uDxQM2LCaDX_uE6tIFXVo9VOsyu-YJuf4fAY24In27LQhttps://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/jongstemme-lesse-uit-corona/?fbclid=IwAR0MBhY4Oah_dm1uDxQM2LCaDX_uE6tIFXVo9VOsyu-YJuf4fAY24In27LQ

  • 6

    OUD-ELDO’S PRESTEER

    DANICA WHELAN

    Oud-Eldo, Danica Whelan, vertolk die rol van Sneeuwitjie in die Oak Youth Theatre se produksie van Sneeuwitjie en die

    sewe dwergies. Die produksie is op die planke gedurende 3-11 Julie. Welgedaan Danica, sterkte vir die repetisies. Ons is

    trots op jou!

    FINANSIES

    SKOOLGELDE

    Baie dankie aan elke ouer wat in hierdie moeilike tyd getrou hul skoolfonds vereffen. Ons verstaan en het begrip vir die

    huidige omstandighede, maar moedig u nog steeds aan om tog u skoolfonds te betaal, al is dit net ‘n gedeelte

    daarvan. Elke bydrae word opreg waardeer!

    Dankie ook aan die ouers wat bereidwillig is om ‘n bydrae te maak tot mede-leerders se skoolfonds. Indien u ‘n

    inbetaling wil doen t.o.v. ‘n mede-leerder, gebruik asb die volgende verwysing “910/470+skoolgeld borg”.

    PERSONEEL

    LIEF EN LEED

    Juffrou Drené Potgieter het ‘n operasie ondergaan en sterk tans aan. Ons wens Juffrou ‘n spoedige herstel toe!

    Hoërskool Eldoraigne bedank graag die NG Kerk Raslouw wat die Eldo-personeel hierdie week met heerlike

    kolwyntjies bederf het! Dit was ‘n besonderse gebaar wat ons koue week bietjie warmer gemaak het!

  • 7

    PERSONEEL VERJAARDAE

    Baie geluk aan die meneer Gerhard Stoop wat binnekort verjaar. Ons wens Meneer ‘n besonderse lewensjaar toe vol

    vreugde en voorspoed!

    Mnr. Gerhard Stoop

    (18 Junie 2020)

    MYSCHOOL

    Nou kan jy ons skool deur die MySchool App ondersteun. Laai vandag die MySchool App op jou selfoon af en registreer

    Hoërskool Eldoraigne as die skool van jou keuse. Dankie vir die volgehoue ondersteuning van ons skool!

    Volg gerus die volgende skakel vir ‘n volledig verduidelik oor hoe om die app te gebruik: https://youtu.be/LN9jJxkGI1o

    https://youtu.be/LN9jJxkGI1o

  • 8

    DIE ELDO’S WENS ELKE ONDERWYSER, LEERDER, OUER EN

    GEMEENSKAPSLID ‘N NAWEEK VAN RUS.

    LEKKER LEES!