Ek Het Vir My n Komper Bestel

3
AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 10 KLASTOETS (20) 15 FEBRUARIE 2010 Ek het vir my ’n komper bestel George Weideman. 1. Ek het vir my ’n komper bestel 2. en die dae-een-een afgetel 3. en kort-kort opgewonde soos n kind gedink 4. aan liggies en knoppies en goeters wat blink. 5. Ek het in my kamer op en neer gestap 6. soos iemand wat op ’n ou vriend wag. 7. Ou woorde en muwwe vrae. My tong is dom 8. van antwoorde soek en mor; my lippe stom 9. van al die bar gesprekke met myself. 10. Ek sou die komper rooi en geel wou verf – 11. dis vrolik; ek hou van vrolike geselskap 12. met goeie wyn en af en toe ’n goeie grap. 13. Toe kom my komper my kom-peuter 14. wat glo met ritse syfers kan goël en speel 15. en ek verf en poets hom en begin my verkneuter 16. in al die gul woorde wat ons gaan deel. 17. Oor die wyn het ek hom begin voer en voer 18. en hy het geknabbel aan die bloedsmaak van my vrae: 19. Gotjong waaroor kan ons gesels my broer 20. oor lewe en dood? liefde? metafisika? 21. Toe kom sy antwoorde reëlmatig dog beslis: 22. ek is ’n komper ek is ’n komper ek is (29/7/70)

Transcript of Ek Het Vir My n Komper Bestel

Page 1: Ek Het Vir My n Komper Bestel

AFRIKAANS HUISTAALGRAAD 10KLASTOETS (20)15 FEBRUARIE 2010

Ek het vir my ’n komper bestelGeorge Weideman.

1. Ek het vir my ’n komper bestel 2. en die dae-een-een afgetel3. en kort-kort opgewonde soos n kind gedink 4. aan liggies en knoppies en goeters wat blink.

5. Ek het in my kamer op en neer gestap6. soos iemand wat op ’n ou vriend wag.7. Ou woorde en muwwe vrae. My tong is dom8. van antwoorde soek en mor; my lippe stom

9. van al die bar gesprekke met myself.10. Ek sou die komper rooi en geel wou verf –11. dis vrolik; ek hou van vrolike geselskap12. met goeie wyn en af en toe ’n goeie grap.

13. Toe kom my komper my kom-peuter14. wat glo met ritse syfers kan goël en speel15. en ek verf en poets hom en begin my verkneuter16. in al die gul woorde wat ons gaan deel.

17. Oor die wyn het ek hom begin voer en voer18. en hy het geknabbel aan die bloedsmaak van my vrae:19. Gotjong waaroor kan ons gesels my broer20. oor lewe en dood? liefde? metafisika?

21. Toe kom sy antwoorde reëlmatig dog beslis:22. ek is ’n komper ek is ’n komper ek is

(29/7/70)

Uit : Poskaarte, saamgestel deur Ronel Foster en Louise Viljoen.

VRAE:

1. 1 Skryf r.3 oor en omkring die assonansie wat daarin voorkom.1.2 Wat is die funksie van die halfrym? (2)

Page 2: Ek Het Vir My n Komper Bestel

2. By watter reëls in strofe 5 sluit ou woorde en muwwe vrae (r.7) direk aan? (1)3. Soek in die gedig kontrasterende woorde vir die woorde bar gesprekke (r.9) (1)4. Wat is die funksie van die aandagstreep in r.10? (1)5. Watter enkele woord in r.14 dui daarop dat die spreker nog nie vertroud is met

rekenaars nie?6. Bestudeer strofe 4. (1)6. 1 Gee die rympatroon en die6.2 rymskema van hierdie strofe. (2)7. Verklaar die volgende woorde in teksverband :7.1 poets (r.15)7.2 gul (r.16) (2)8. Die rekenaar word vermenslik in strofe 5.8.1 Haal ’n voorbeeld van personifikasie aan.8.2 Skryf twee woorde neer wat op progressie dui en verduidelik. (2)9. Wat is die funksie van die polisindeton in r 17? (1)10. Skryf in jou eie woorde wat bloedsmaak van my vrae r.18 beteken. (1)11. Bestudeer die slotstrofe noukeurig.11.1 Wat noem ons ’n strofe wat uit twee reëls bestaan?11.2 Verduidelik die gebruik van die dubbelpunt in r.21.11.3 Waarom eindig die gedig sonder enige leesteken na “ek is”? (r.22)11.4 Waarom is die komper se antwoord r.22 vir die ek-spreker teleurstellend? (4)12. Waarom is die datum (onderaan die gedig) belangrik om die gedig beter

te verstaan? (1)13. Verduidelik waarom word die woord “voer” r.17 herhaal? (1)

(20)