Don't wait until Monday

1
Spietkop Spietkop Spietkop Spietkop Spietkop Deur Irma Wagner Hy kom na die blou Fordjie (ma sê steeds dis groen) aangestap, en die kyk op sy donker gesig sê: Hier kom moeilikheid! Sy badge flits so in die sonlig dat ek na my sonbril moet gryp soos die Maq-eende in die waspoeieradvertensie. Sy skoene is so blink gepoets dat ek op my knieë in die teerpad kan gaan en in die weerkaatsing daarvan, my lipstiffie kan aansmeer. Maar vir myself sê ek “Irma jy het jou tjops gehad!. Die man sal vandag iets onwettigs of onpadwaardig aan moeder se tjorrie kry! O, gonna! Ek gaan vir ‘n baie lang tyd werk toe moet loop. En ek gaan vir my baas moet werk tot ek oor ses jaar op pensioen kan gaan, net om die lening by die werk afbetaal te kry.” Ek draai die ruit stadig af en probeer hom terugflits met my beste tandepasta-smile. Maar dit blyk nie te werk nie. Hy begin rondom die karretjie loop en bekyk dit asof hy in trane gaan uitbars van jammerte vir my. Toe kry ek die plan. As ‘n tandepasta-smile nie werk nie, dan gaan ek stupid probeer. Dit werk altyd in die ander Afrika-lande. My oë volg hom en ek weet hy gaan die agterlig sien wat nie werk nie. Hy beveel my om al wat ‘n ding is aan en af te sit, en ek wou net op aandag spring toe ek onthou ek sit in die kar. Vervlaks! Net laasweek het ons dit laat regmaak, en vanoggend nadat oom Jan die kar uit die motorhuis getrek het, sê hy vir my die lig werk weer nie. 'Wat kan ek sewe uur in die oggend daaraan doen?' dink ek en begin hard daaraan werk om die trane in my baie droë oë te forseer. Hy kom na my venster toe gestap en my glimlag het plek gemaak vir ‘n baie hartseer uitdrukking. Ek probeer steeds die trane na my oë dwing. Ek sou ‘n slegte aktrise gewees het. Sal spoeg nie dalk beter werk nie? Maar dis te laat, want die groot oom buk hier voor my. Hy glimlag nie, en lyk skielik baie jammer vir my. “Your tail lights are not working madam. Your drivers license please.” Met bewende hande, nou bewe hulle regtig, gee ek die plastiekkaartjie aan. Ek hoop dis nie die een wat al tien jaar terug verval het nie, dink my brein in overdrive. Hy bekyk dit asof dit iets is wat die Ebola-virus bevat. Dan buk hy weer hier voor my. “Sir”, ek probeer geskok lyk, “I had it fixed last week, I did not know it was not working again.” probeer ek in my beste Engels. En toe moet my gewete ook nog ‘n eiertjie kom lê oor die leuen. Sies Irma! Jy jok mos nou hier. En ek hoor Aggie van Sewende Laan se stem: Sies jy gaan nooit in die hemel kom nie. Maar ek sien in my geestesoog, hoe was ek vloere vir my baas, vir die volgende ses jaar. En toe kom die besorgde woorde terwyl sy oë weer oor die ou karretjie beweeg. “Get if fixed today madam. You can go.” You can go! refrein dit deur my kop. Wel ek laat my nie twee maal nooi nie. En toe ek wegtrek, voel ek soos ‘n leerling, wat skielik nie weet waar wat is nie. Ek dink daaraan dat die man baie ordentlik en bedagsaam was, en dat my verbeelding met my op hol gegaan het. Vir die verkeersbeamptes moet dit ook seker baie keer moeilik wees om so blootgestel te wees aan so ‘n groot verskeidenheid publieke persoonlikhede. En meestal dink ek is almal net reg om te slaan, hetsy dit met ‘n handsak, kierie of wielspanner is. Toe ek wegry, onthou ek meteens, dat ek graag die uniformmanne sou wou vertel, hoe die groot trokke so van 4 uur soggens af, in Dan Pienaarstraat afry, oor die nuwe steenpad, deur die woongebied en alle padtekens verontagsaam. Ek het nie een slaggat vorentoe gesien oppad na Antonette se huis twee straatblokke verder nie. Ek wou net afstand kry tussen my en die oom met die flitsende badges. Terug by die werk dink ek aan die drie jaar wat ek aan die begin van die eeu in die noorde van Mosambiek gebly het, op ‘n groot sendingstasie. Een van die Suid-Afrikaanse NG-dominees , is tydens ‘n besoekie aan een van die ander klein dorpies, net buite die sendingstasie, afgetrek deur ‘n polisiebeampte. Nou, kom ek vertel julle; niemand anders se wit hemde is witter as die polisie in Suiderlike Afrika s'n nie. Ek het gesien in die OERWOUDE van Tanzanië, Uganda, Kenia, Malawi, hoe trots die manne op hulle wit uniforms is. Jy kan hulle ‘n myl vêr sien. Die Maq-eendjies sal moet sweisshelmets opsit om in die verhewe manne se teenwoordigheid te kom. Die liewe dominee is voorgekeer deur een van die verhewe ooms. Jy kyk hom nie in die oë en jy hou jou nie slim nie. Jy is nie cheeky en jy speel dom, en vra baie vrae. En so loop die polisiebeampte om die voertuig, en kom terug tot by die venster. Hy is baie opgeruk. Nee, dis sag gestel, hy is sommer baie kwaad. In geen sagte woorde vertel hy die liewe dominee dat nie een van sy agterligte werk nie. Wat glad nie onverstaanbaar is nie. Want die spesifieke stuk pad daardie jare, was nog 50% grondpad en 50 % stukke teer. Jy het as jy iewers heen moes ry, die vorige dag al begin ween, en die Here gevra wat jy in jou lewe verkeerd gedoen het, dat Hy jou daar laat beland het. En dan het jy in jou gedagtes, jou tot die politici gewend en hulle almal verwens tot by oom Daantjie in die kalwerhok, oor die verval. Die dominee het die groot bedrag boetegeld (jy ry nooit sonder geld daar nie, want boetes word net daar en dan betaal), net oorhandig toe daar ‘n windskewe trok verby kom. Die goeie dominee, toe baie opgeruk oor die ongenadiglike polisieman, sien toe dadelik dat die trok GEEN agterligte het nie, dis net die swart gate wat daar sit. Hy sien toe dat die polisieman die trok ook agterna kyk, maar glad nie reageer nie. Die liewe dominee, wat toe nou ‘n kwaai dominee geword het, vra die polisieman in baie ergerlike Portugees, waarom hy die trok nie stop nie, want dié het dan geen ligte nie. Die polisieman, het die dominee aangekyk asof hy nie kan glo die man van God wat so geleerd is, kan so stupid wees nie. En in vlot Engels vertel hy die dom dominee; “ I noto give vat man fine. You have lights, but not working. But vat a man no lights. I can not give vat a man fine foro noto having se lightes.” Soos ek sê, jy hou jou nie slim nie. En so volstaan ek dan nou vir eers met die Nutsforum stories. Ek gaan ‘n bietjie “uitstedig” wees. Baie dankie aan die Recorder-span wat my stories altyd geplaas het en gesorg het dat dit redelik respektabel gebly het, en baie dankie aan al die Volksrusters wat my stories gelees het. Die doel wat ek altyd wou bereik was om ‘n glimlag te gee in hierdie moeilike tye van ons. En dan ook ‘n stukkie hoop te bring d.m.v ‘n bietjie Woord. ‘n Baie geseënd Kersfees en nuwe jaar wat voorlê. En ek vra dat die behoeftes van die nie-winsgewende Nutsform sal onthou word. Hier is baie behoeftige mense en skenkings in die vorm van kos, klere, beddegoed of enige hardeware word dringend benodig. In die Woord is daar ‘n belofte wat sê; gee en aan jou sal gegee word. Daardie “brood” wat jy op die waters werp, SAL na jou toe terugkom op die regte tyd, wanneer jy dit die nodigste het. Ek het dit in my eie lewe oor en oor gesien. Groete Irma. Nuts Forum I don’t know if you’ve noticed, but we as a species like to procrastinate and lie to ourselves. Especially when it comes to the important things like family, health and wealth. Do these excuses sound familiar? I’ll start this on Monday… … if we don’t take some kind of action almost immediately, we know what’s going to happen, don’t we? Nothing! The longer we take to act on a decision/goal the more our fire burns out and our enthusiasm wanes. Take some kind of action immediately just to get the ball rolling. As you know, it is hard to get the ball rolling, but once you do, it is easier to keep it in motion. I don’t have any time now and will get to it when my schedule clears … … if you use “I don’t have time” as an excuse, grow up! Nobody has time but we will all make time if it is important enough. If you don’t believe me, think what you would do in this situation … you win an all-expenses paid trip to Disneyland for you and the family for a week. Do you think you’re not suddenly going to have time? Don’t ever make the excuse of no time, rather be honest and just say that it is not important enough for you to stop doing what you are doing. I’m not going to do it unless I can do it 100% … … Doing something 100% is even more mythical than the Easter Bunny. Can you imagine if you said to yourself when you were crawling around your parent’s house as a baby, “I’m not going to walk unless I can do it 100%”. Nothing’s ever 100% - we learn, we make mistakes, we stumble and we fall. But, if we consistently try something, we could really succeed at something worthwhile. Why do you think we procrastinate? The harsh truth is that we procrastinate because we really don’t want to do the thing we say we want to. If it was fun and meaningful, we would start it in a heartbeat, wouldn’t we? I remember getting really upset with a friend of mine when I mentioned that I would like to go on holiday to Spain. He said, “No you don’t”. I said, “Yes I do”. He said, “Seriously, if you really wanted to be in Spain you’d stop talking about it and you would already be there”. It’s five years later and I still haven’t been to Spain. So, maybe I just don’t want to go because it is just not that important to me. So, don’t wait until Monday or next month to tackle your goals. Take some kind of action immediately and, maybe, just maybe, you’ll be able to change your story. Change Change Change Change Change Y Y Your our our our our with Jacques de Villiers Don't w Don't w Don't w Don't w Don't wait ait ait ait ait until until until until until Monda Monda Monda Monda Monday y y Story Story Story Story Story "I "I "I "I "Insanity: doing the same thing over and nsanity: doing the same thing over and nsanity: doing the same thing over and nsanity: doing the same thing over and nsanity: doing the same thing over and over again and expecting different over again and expecting different over again and expecting different over again and expecting different over again and expecting different results." - results." - results." - results." - results." - Albert Einstein Albert Einstein Albert Einstein Albert Einstein Albert Einstein Visit www.jacquesdevilliers.co.za for more informatuion about Jacques de Villiers. Volksrust Recorder - News/ Column 17 October 2014 Recorder 4 Contact Recorder Great Story? 017 735 1532

Transcript of Don't wait until Monday

Page 1: Don't wait until Monday

SpietkopSpietkopSpietkopSpietkopSpietkopDeur Irma Wagner

Hy kom na die blou Fordjie (ma sê steeds dis groen) aangestap, en die kyk op sy donker gesig sê: Hier kommoeilikheid! Sy badge flits so in die sonlig dat ek na my sonbril moet gryp soos die Maq-eende in diewaspoeieradvertensie. Sy skoene is so blink gepoets dat ek op my knieë in die teerpad kan gaan en in dieweerkaatsing daarvan, my lipstiffie kan aansmeer.Maar vir myself sê ek “Irma jy het jou tjops gehad!. Die man sal vandag iets onwettigs of onpadwaardig aanmoeder se tjorrie kry! O, gonna! Ek gaan vir ‘n baie lang tyd werk toe moet loop. En ek gaan vir my baas moetwerk tot ek oor ses jaar op pensioen kan gaan, net om die lening by die werk afbetaal te kry.”Ek draai die ruit stadig af en probeer hom terugflits met my beste tandepasta-smile. Maar dit blyk nie te werknie. Hy begin rondom die karretjie loop en bekyk dit asof hy in trane gaan uitbars van jammerte vir my. Toekry ek die plan. As ‘n tandepasta-smile nie werk nie, dan gaan ek stupid probeer. Dit werk altyd in die anderAfrika-lande. My oë volg hom en ek weet hy gaan die agterlig sien wat nie werk nie. Hy beveel my om al wat‘n ding is aan en af te sit, en ek wou net op aandag spring toe ek onthou ek sit in die kar. Vervlaks! Netlaasweek het ons dit laat regmaak, en vanoggend nadat oom Jan die kar uit die motorhuis getrek het, sê hy virmy die lig werk weer nie. 'Wat kan ek sewe uur in die oggend daaraan doen?' dink ek en begin hard daaraanwerk om die trane in my baie droë oë te forseer.Hy kom na my venster toe gestap en my glimlag het plek gemaak vir ‘n baie hartseer uitdrukking. Ek probeersteeds die trane na my oë dwing. Ek sou ‘n slegte aktrise gewees het. Sal spoeg nie dalk beter werk nie? Maardis te laat, want die groot oom buk hier voor my. Hy glimlag nie, en lyk skielik baie jammer vir my. “Your taillights are not working madam. Your drivers license please.” Met bewende hande, nou bewe hulle regtig, geeek die plastiekkaartjie aan. Ek hoop dis nie die een wat al tien jaar terug verval het nie, dink my brein inoverdrive. Hy bekyk dit asof dit iets is wat die Ebola-virus bevat. Dan buk hy weer hier voor my. “Sir”, ekprobeer geskok lyk, “I had it fixed last week, I did not know it was not working again.” probeer ek in my besteEngels. En toe moet my gewete ook nog ‘n eiertjie kom lê oor die leuen. Sies Irma! Jy jok mos nou hier. En ekhoor Aggie van Sewende Laan se stem: Sies jy gaan nooit in die hemel kom nie. Maar ek sien in mygeestesoog, hoe was ek vloere vir my baas, vir die volgende ses jaar.En toe kom die besorgde woorde terwyl sy oë weer oor die ou karretjie beweeg. “Get if fixed today madam.You can go.” You can go! refrein dit deur my kop. Wel ek laat my nie twee maal nooi nie. En toe ek wegtrek,voel ek soos ‘n leerling, wat skielik nie weet waar wat is nie. Ek dink daaraan dat die man baie ordentlik enbedagsaam was, en dat my verbeelding met my op hol gegaan het. Vir die verkeersbeamptes moet dit ookseker baie keer moeilik wees om so blootgestel te wees aan so ‘n groot verskeidenheid publiekepersoonlikhede. En meestal dink ek is almal net reg om te slaan, hetsy dit met ‘n handsak, kierie ofwielspanner is.Toe ek wegry, onthou ek meteens, dat ek graag die uniformmanne sou wou vertel, hoe die groot trokke so van4 uur soggens af, in Dan Pienaarstraat afry, oor die nuwe steenpad, deur die woongebied en alle padtekensverontagsaam.Ek het nie een slaggat vorentoe gesien oppad na Antonette se huis twee straatblokke verder nie. Ek wou netafstand kry tussen my en die oom met die flitsende badges. Terug by die werk dink ek aan die drie jaar wat ekaan die begin van die eeu in die noorde van Mosambiek gebly het, op ‘n groot sendingstasie. Een van dieSuid-Afrikaanse NG-dominees , is tydens ‘n besoekie aan een van die ander klein dorpies, net buite diesendingstasie, afgetrek deur ‘n polisiebeampte. Nou, kom ek vertel julle; niemand anders se wit hemde iswitter as die polisie in Suiderlike Afrika s'n nie. Ek het gesien in die OERWOUDE van Tanzanië, Uganda,Kenia, Malawi, hoe trots die manne op hulle wit uniforms is. Jy kan hulle ‘n myl vêr sien. Die Maq-eendjiessal moet sweisshelmets opsit om in die verhewe manne se teenwoordigheid te kom.Die liewe dominee is voorgekeer deur een van die verhewe ooms. Jy kyk hom nie in die oë en jy hou jou nieslim nie. Jy is nie cheeky en jy speel dom, en vra baie vrae. En so loop die polisiebeampte om die voertuig, enkom terug tot by die venster. Hy is baie opgeruk. Nee, dis sag gestel, hy is sommer baie kwaad. In geensagte woorde vertel hy die liewe dominee dat nie een van sy agterligte werk nie. Wat glad nie onverstaanbaaris nie. Want die spesifieke stuk pad daardie jare, was nog 50% grondpad en 50 % stukke teer. Jy het as jyiewers heen moes ry, die vorige dag al begin ween, en die Here gevra wat jy in jou lewe verkeerd gedoen het,dat Hy jou daar laat beland het. En dan het jy in jou gedagtes, jou tot die politici gewend en hulle almalverwens tot by oom Daantjie in die kalwerhok, oor die verval.Die dominee het die groot bedrag boetegeld (jy ry nooit sonder geld daar nie, want boetes word net daar endan betaal), net oorhandig toe daar ‘n windskewe trok verby kom. Die goeie dominee, toe baie opgeruk oordie ongenadiglike polisieman, sien toe dadelik dat die trok GEEN agterligte het nie, dis net die swart gate watdaar sit. Hy sien toe dat die polisieman die trok ook agterna kyk, maar glad nie reageer nie. Die liewe dominee,wat toe nou ‘n kwaai dominee geword het, vra die polisieman in baie ergerlike Portugees, waarom hy die troknie stop nie, want dié het dan geen ligte nie. Die polisieman, het die dominee aangekyk asof hy nie kan glo dieman van God wat so geleerd is, kan so stupid wees nie.En in vlot Engels vertel hy die dom dominee; “ I noto give vat man fine. You have lights, but not working.But vat a man no lights. I can not give vat a man fine foro noto having se lightes.” Soos ek sê, jy hou jou nieslim nie.En so volstaan ek dan nou vir eers met die Nutsforum stories. Ek gaan ‘n bietjie “uitstedig” wees. Baiedankie aan die Recorder-span wat my stories altyd geplaas het en gesorg het dat dit redelik respektabel geblyhet, en baie dankie aan al die Volksrusters wat my stories gelees het. Die doel wat ek altyd wou bereik was om‘n glimlag te gee in hierdie moeilike tye van ons. En dan ook ‘n stukkie hoop te bring d.m.v ‘n bietjie Woord.‘n Baie geseënd Kersfees en nuwe jaar wat voorlê. En ek vra dat die behoeftes van die nie-winsgewendeNutsform sal onthou word. Hier is baie behoeftige mense en skenkings in die vorm van kos, klere, beddegoedof enige hardeware word dringend benodig. In die Woord is daar ‘n belofte wat sê; gee en aan jou sal gegeeword. Daardie “brood” wat jy op die waters werp, SAL na jou toe terugkom op die regte tyd, wanneer jy dit dienodigste het. Ek het dit in my eie lewe oor en oor gesien.Groete Irma.

NutsForum

I don’t know if you’ve noticed, but we as a species like toprocrastinate and lie to ourselves. Especially when it comes to theimportant things like family, health and wealth.Do these excuses sound familiar?I’ll start this on Monday…… if we don’t take some kind of action almost immediately, we knowwhat’s going to happen, don’t we? Nothing! The longer we take toact on a decision/goal the more our fire burns out and our enthusiasmwanes. Take some kind of action immediately just to get the ballrolling. As you know, it is hard to get the ball rolling, but once youdo, it is easier to keep it in motion.I don’t have any time now and will get to itwhen my schedule clears …… if you use “I don’t have time” as an excuse, grow up! Nobodyhas time but we will all make time if it is important enough. If youdon’t believe me, think what you would do in this situation … youwin an all-expenses paid trip to Disneyland for you and the familyfor a week. Do you think you’re not suddenly going to have time?Don’t ever make the excuse of no time, rather be honest and justsay that it is not important enough for you to stop doing what youare doing.I’m not going to do it unless I can do it 100% …… Doing something 100% is even more mythical than the EasterBunny. Can you imagine if you said to yourself when you werecrawling around your parent’s house as a baby, “I’m not going towalk unless I can do it 100%”. Nothing’s ever 100% - we learn, wemake mistakes, we stumble and we fall. But, if we consistently trysomething, we could really succeed at something worthwhile.Why do you think we procrastinate? The harsh truth is that weprocrastinate because we really don’t want to do the thing we saywe want to. If it was fun and meaningful, we would start it in aheartbeat, wouldn’t we?I remember getting really upset with a friend of mine when Imentioned that I would like to go on holiday to Spain. He said, “Noyou don’t”. I said, “Yes I do”. He said, “Seriously, if you reallywanted to be in Spain you’d stop talking about it and you wouldalready be there”.It’s five years later and I still haven’t been to Spain. So, maybe I justdon’t want to go because it is just not that important to me.So, don’t wait until Monday or next month to tackle your goals.Take some kind of action immediately and, maybe, just maybe, you’llbe able to change your story.

Change Change Change Change Change YYYYYourourourourour

with Jacques de Villiers

Don't wDon't wDon't wDon't wDon't waitaitaitaitaituntiluntiluntiluntiluntil

MondaMondaMondaMondaMondayyyyy

StoryStoryStoryStoryStory

"I"I"I"I"Insanity: doing the same thing over andnsanity: doing the same thing over andnsanity: doing the same thing over andnsanity: doing the same thing over andnsanity: doing the same thing over andover again and expecting differentover again and expecting differentover again and expecting differentover again and expecting differentover again and expecting different

results." - results." - results." - results." - results." - Albert EinsteinAlbert EinsteinAlbert EinsteinAlbert EinsteinAlbert Einstein

Visit www.jacquesdevilliers.co.za for more informatuion aboutJacques de Villiers.

Volksrust Recorder - News/ Column 17 October 2014 Recorder 4

Contact Recorder

Great Story?

017 735 1532