DIE TYD GENEES In Augustus 2020 uitgawe · man neem pasiënt na Bloemfontein. Sy is ontslaan op 18...

7
Moedeloos – vra die Here se hulp Palliatiewe Sorg & Sterwensbegeleiding Tuisversorging Kankerpasiënte Versorging: Algemeen Blood Pressure Categories Hoor die hartklop! – Raak betrokke Suster Adri se herdenking stap Skeer- en/of Kleur Projek: Voortrekkers In Maart 2021 uitgawe: Home Based Care Caregivers Empowerment Berading Sterwensbegeleiding Emotional Support Ondersteunings Groepe NPO No: 056-352 A Registered ARTICLE 18A Organisation PBO No: 930032175 Sarel Cilliersstraat 13B 13B Sarel Cilliers Street KROONSTAD 9499 056 212 3415 084 206 8912 Website: www: nfscaregivers.co.za e-mail: [email protected] facebook: facebook.com/pages/NFS-Caregivers- Kroonstad/426533817415878?fref=nf

Transcript of DIE TYD GENEES In Augustus 2020 uitgawe · man neem pasiënt na Bloemfontein. Sy is ontslaan op 18...

Page 1: DIE TYD GENEES In Augustus 2020 uitgawe · man neem pasiënt na Bloemfontein. Sy is ontslaan op 18 Augustus 2020 en ontvang weer chemo op 19 Augustus 2020 waarop die erge diarree

Moedeloos – vra die Here se hulp

Palliatiewe Sorg & Sterwensbegeleiding

Tuisversorging Kankerpasiënte

Versorging: Algemeen

Blood Pressure Categories

Hoor die hartklop! – Raak betrokke

Suster Adri se herdenking stap

Skeer- en/of Kleur Projek: Voortrekkers

In Maart 2021 uitgawe:

Home Based Care Caregivers Empowerment

Berading Sterwensbegeleiding

Emotional Support Ondersteunings Groepe

NPO No: 056-352 A Registered ARTICLE 18A Organisation

PBO No: 930032175

Sarel Cilliersstraat 13B 13B Sarel Cilliers Street KROONSTAD

9499

056 212 3415

084 206 8912

Website: www: nfscaregivers.co.za e-mail: [email protected]

facebook: facebook.com/pages/NFS-Caregivers-Kroonstad/426533817415878?fref=nf

Page 2: DIE TYD GENEES In Augustus 2020 uitgawe · man neem pasiënt na Bloemfontein. Sy is ontslaan op 18 Augustus 2020 en ontvang weer chemo op 19 Augustus 2020 waarop die erge diarree

PALLIATIEWE SORG & STERWENSBEGELEIDING

Ons het TWEE sterfgevalle gehad gedurende Maart 2021 Lewerkanker pasiënt vertel vir Felicity en Suster Jorietha dat sy nie kan slaap agv pyn in haar rug wat na haar sy toe strek. Dalk kan dit wees agv van die gewas aan die lewer maar ons moedig haar aan om al haar onsekerhede met haar onkoloog te bespreek. Ons bespreek met haar al die newe effekte van chemo behandeling en wat sy te wagte kan wees. Felicity verkry ‘n vorm om haar bloed te gaan trek. Haar man het Felicity weer geskakel om raad te vra omdat sy vrou niks slaap nie agv die pyn. Felicity neem die pasiënt na haar plaaslike dokter wat vir haar morfien voorskryf. Sy verkry egter geen verligting nie en die toediening word aangepas. Broekie doeke word vir pasiënt gegee vir inkontinensie. Sy ontwikkel newe-effekte van die chemo wat sy ontvang het. Vanaf 16 Maart 2021 begin NFSCG met 24-uur versorging. Pasiënt verswak egter en benodig ‘n suurstof apparaat, hospitaalbed met linne en ‘n mediese matras vir haar versorging. Ons tref reëlings dat die onkoloog die pasiënt op 25 Maart 2021 tuis sal besoek. Intussen het haar seun vanaf Australië ge-arriveer. Die pasiënt sterf op 27 Maart 2021. Felicity skakel AVBOB om haar oorskot te kom haal en stel ook die pasiënt se predikant en onkoloog in kennis van haar afsterwe. Pasiënt met metastase na brein, rug, nek en longe: NFSCG het met hom gaan kennis maak op 11 Maart 2021. Hy vertel dat hy aanvanklik met beroerte en toe met Guillain Barre sindoom gediagnoseer was maar uiteindelik is toe vasgestel dat hy metastase het. Hy het vir ses weke bestraling van die brein gehad en sy volgende afspraak is geskeduleer vir 25 Maart 2021. Felicity vertel vir die pasiënt van Christelle Hoffman Dieetkundige. Sy mediese fonds betaal wel voedsel aanvullings. Hy sal ‘n afspraak maak. Sy werkgewer is besig met prosedure vir medies ongeskik vir hom. Die pasiënt se broer neem hulle see toe vir die langnaweek wat hulle terdeë geniet. Dit was vir ons ‘n groot skok om hom by die daaropvolgende onko kliniek se besoek te sien! Hy was rolstoel gebonde en baie, baie swak. Hy sukkel om die pille te sluk en onkoloog skryf morfien voor. Hy ervaar baie pyn. Sy vrou skakel op 31 Maart 2021 om vir hulp te vra. Ons besluit om ‘n hospitaalbed, mediese matras en commode te neem vir die pasiënt se versorging. Sy vrou skakel op 1 April 2021 om ons mee te deel dat hy oorlede is om 21h45. Felicity skakel AVBOB met sy werkgewer se toestemming om sy oorskot te kom haal.

Nuwe Kankerpasiënt Verwysings

Ons het vier nuwe verwysings ontvang vir die genoemde tydperk. Borskanker pasiënt het ‘n regter mastektomie gehad en vanaf Januarie 2021 ongeveer 21 bestraling sessies ontvang. Ons het haar as ‘n nuwe pasiënt ontvang by die onkologie kliniek. Sy het brandwonde opgedoen agv die bestraling waarvan die area baie rou en vol stukkende blase is. Sy woon in Huis Eden en beskik nie oor enige finansies nie. Ons verseker haar dat ons dienste gratis is. Op 4 Maart 2021 het sy weer die kliniek besoek en haar wonde is versorg. Wollie het vir haar ‘n kospakkie gepak waarvoor sy baie dankbaar is. Sy bied haar dienste weer aan in ruil om behulpsaam te wees by die kliniek. Die volgende nuwe kankerpasiënt het ‘n bloeiende gewas aan sy dikderm gehad wat die chirurg verwyder het. Die uitslag bevestig dat dit kanker is. Felicity verduidelik hoe die prosedure werk by Nasionale Hospitaal en sy verduidelik ook die behandeling wat vir hierdie tipe kanker moontlik gegee kan word. Die chirurg stel hom in kennis dat kolonkanker positief ge-identifiseer is en dat ‘n operasie, chemo en bestraling onvermydelik is. Hy sal op 21 April 2021 die operasie ondergaan in Nasionale Hospitaal, Bloemfontein. Die derde kankerpasiënt het ‘n kankergewas aan die nek. Sy moet na Rosepark Hospitaal, Bloemfontein toe gaan vir bestraling. Die sessie was bespreek vir 30 Maart 2021 maar ongelukkig was die hospitaal se bestralings apparaat buite werking tot die volgende dag. Hulle gaan tuis by vriende in Bloemfontein totdat die bestraling afgehandel is. Ons vierde kankerpasiënt beskik nie oor ‘n mediese fonds nie. Sy het ‘n afspraak met die besoekende onkoloog van Bloemfontein wat haar moontlik kan help met ‘n verwysing na Nasionale Hospitaal. Die knop in haar bors is chirurgies verwyder. Sy is baie emosioneel want haar eggenoot het ook Alzheimer se siekte en sy kan hom nie inlig nie. Haar afspraak by Nasionale Hospitaal is geskeduleer vir 24 Mei 2021.

Ons innige meegevoel met die families met hulle groot verlies

Page 3: DIE TYD GENEES In Augustus 2020 uitgawe · man neem pasiënt na Bloemfontein. Sy is ontslaan op 18 Augustus 2020 en ontvang weer chemo op 19 Augustus 2020 waarop die erge diarree

Versorging: Kankerpasiënte

Felicity: “Wat ‘n wonderlike ervaring om met hierdie kankerpasiënt in gesprek te tree. Sy borrel oor die goedheid en guns van die Vader en vertel dat elke aspek van haar en haar man se lewe getuienis daarvan is. Haar verhouding met God het verdiep sedert die kanker diagnose. Sy was bang, depressief en angstig. Sy weet dat sy Hom met alles kan vertrou en dat Hy haar nooit in die steek sal laat nie”. Sy is geskeduleer vir 4 Maart 2021 vir chemo terapie. Felicity voorsien haar van al die inligting t.o.v. ‘n spesiale dieet en byvoedings wat sy by Christelle Hoffman Dieetkundige kan verkry per afspraak.

varia kankerpasiënt word nog steeds versorg na haar heup operasie. Haar opvolg afspraak by die onkoloog is geskeduleer vir 03 Maart 2021 wanneer sy dan met ‘n reeks chemo pille gaan begin. Die pasiënt kontak Felicity om haar mee te deel dat sy en haar gesin besluit het om vir eers NFSCG se dienste te staak vanaf 15 Maart

2021 want sy is nou selfversorgend. Nog ‘n ovaria kankerpasiënt van NFSCG se eggenoot kontak Felicity ivm komplikasies wat sy vrou ervaar. Felicity beveel aan dat hy haar na hulle dokter toe moet neem. By die spreekkamer is sy op ‘n drip geplaas vir intraveneuse vog.

Ons bejaarde bedleênde pasiënt met die ge-amputeerde voet se huislike probleme is nimmereindigend! Sy is onvergenoegd en verbitterd. Felicity het haar toestemming gevra om ‘n student by haar te plaas gedurende ‘n Saterdag oggend omdat die student eers wil vasstel of sy wel in tuisversorging sal belangstel want sy beplan om vir so ‘n kursus in te skryf. Aanvanklik het die pasiënt haar toestemming gegee maar die voorafgaande Vrydag soek sy niemand by haar nie want volgens haar is die skoolkind ‘n Covid risiko en is pasiënt werklik baie moeilik maar sy vergeet dat haar seun op ‘n daaglikse basis

na drinkplekke toe gaan en ‘n groter risiko vir Covid is as die leerling!

orskanker pasiënt se bloeddruk is ongekontroleerd. Sy ervaar baie pyn in haar arm wat edeem het en lae buik pyne. Ons monitor haar morfien verbruik om haar pynvry te hou. Verskeie oplossings is probeer om haar bloeddruk meer konstant te verkry, maar helaas bring niks die bloeddruk af nie. Sy verswak daagliks. Sy is op doeke en byna

bedleênd met ‘n wisselvallige bloeddruk. Felicity skakel Nasionale Hospitaal se onkologie afdeling waar die suster aanbeveel dat pasiënt Bloemfontein toe moet kom en dat sy sal reël met onkologie dat pasiënt oppad is. Pasiënt se susters en broer neem haar na Bloemfontein. Daar aangekom gee hulle haar net intraveneuse vog en stuur haar huis toe omdat die suster wat die voorstel gemaak het nie toestemming of magtiging gehad het nie! Dit laat ‘n mens magteloos!!! Hulle moes al die pad weer terug ry Kroonstad toe. Haar bloeddruk lesings bly geweldig hoog. Ons reël met doktor Hannes Els vir ‘n beradingsessie vir die pasiënt. Borskanker pasiënt in remissie se seun het Felicity kom spreek ivm raad oor plekke van versorging vir sy moeder. Sy is tans in Johannesburg waar sy bestraling ontvang vir ‘n massiese gewas aan die voorlob van haar brein. Felicity stel voor dat hy haar liewers in haar bekende omgewing moet hou. NFSCG kan haar 24-uur versorg en ons dienste is gratis. Ons fondse kom van ons gemeenskap af. Hy kan dan evalueer of hy tevrede is en dan ‘n ingeligte besluit neem. Sedert 21 Maart 2021 doen ons 24-uur versorging by die pasiënt se huis. Op 26 Maart 2021 het ons reëlings getref dat haar hare net eers baie kort gesny word. Sy het egter nog steeds haar pruik toe sy borskanker behandeling ontvang het en op 29 Maart 2021 is ons genoodsaak om haar haarkapster te versoek om al die hare te kom afsny.

ydens Felicity en suster Jorietha se besoek by ovaria- en buik kankerpasiënt merk hulle op dat sy baie pyn verduur. Sy gebruik nie haar morfien reg nie omdat sy bang is sy raak verslaaf daaraan. Ons werk vir haar ‘n skedule uit om haar pynvry te probeer hou. Ons beveel ook aan dat sy haar dokter moet besoek aangesien daar moontlik ‘n

infeksie kan wees. NFSCG verskaf broekie doeke aan pasiënt.

O

B

T

Page 4: DIE TYD GENEES In Augustus 2020 uitgawe · man neem pasiënt na Bloemfontein. Sy is ontslaan op 18 Augustus 2020 en ontvang weer chemo op 19 Augustus 2020 waarop die erge diarree

KORT NUUSBROKKIES:

Kankerpasiënte

• Borskanker pasiënt wat ‘n dubbele mastektomie gehad het, het brandwonde opgedoen na die bestraling in haar nek area. Suster Jorietha doen wond versorging by haar en is die wond amper genees.

• Ovaria kankerpasiënt se laaste chemoterapie is geskeduleer vir 10 Maart 2021. Sy het al meer as 22 chemo sessies agter die rug en moet ook moontlik ‘n heupvervanging kry.

• Die 25-jarige jongman wat ons in Februarie 2021 aan die dood afgestaan het se moeder kontak Felicity vir hulp met berading vir haar en haar kinders. Felicity beveel doktor Hannes Els aan.

• Borskanker pasiënt met baie lae witbloedselle se bloedtellings word gereeld gemonitor. Chemoterapie behandeling word bepaal na die uitslag van haar bloedtoetse.

• Pasiënt met ovaria, buik en lewerkanker se plaatjie telling was te laag om chemo te kon kry. Sy is geskeduleer vir skandering wat dan sal bepaal wanneer chemo behandeling sal plaasvind.

• Buik- en ovaria kankerpasiënt se stoma word op ‘n daaglikse basis versorg. Felicity het vir twee maande gesukkel om goedkeuring by haar mediese fonds te verkry vir pasiënt se stoma benodigdhede. Dankie Liana dat jy haar uitgehelp het met jou eie voorraad! Goedkeuring is uiteindelik verkry.

• Ons geliefde pasiënt met rektale kanker by wie ons ook stoma versorging doen, het NFSCG se blikkie-projek oorgeneem by Tobias van Heerden. Sy doen ‘n uitstekende werk!

Versorging: Nie-Kankerpasiënte NFSCG is betrokke by ‘n pasiënt wat met ‘n baie rare siekte gediagnoseer is wat haar breinselle vernietig. Ons leen vir haar ‘n hospitaalbed, mediese matras en ‘n rolstoel. Pasiënt se eggenoot kontak Felicity op 4 Maart 2021 met ‘n versoek dat hul dokter gevra het of NFS Caregivers vir sy vrou ‘n voedingsbuis kan passeer aangesien sy nie meer kan sluk nie. Suster Jorietha het dit gaan doen die volgende dag en ons verskaf ook Christelle Hoffman Dieëtkundige se kontaknommer aan pasiënt se eggenoot. Christelle kan hulle verder help met resepte, hoeveelhede ens. vir die voedingsbuis. Ons bring ‘n besoek aan die pasiënt en voorsien ‘n mondversorgings pak aan haar Caregiver. NFSCG is glad nie betrokke by haar fisiese versorging nie. Dit is werklik hartseer om die pragtige vrou so te sien verswak! Dan neem ons elke Vrydag ‘n oorlede kankerpasiënt se vrou na haar haarsalon en neem ook haar bloeddruk. Sy het ‘n rug probleem en beweeg baie moeilik. Felicity het haar weer op 23 Maart 2021 na die tandarts geneem.

Page 5: DIE TYD GENEES In Augustus 2020 uitgawe · man neem pasiënt na Bloemfontein. Sy is ontslaan op 18 Augustus 2020 en ontvang weer chemo op 19 Augustus 2020 waarop die erge diarree

Raak Betrokke Kontak gerus vir Felicity Combrinck by 084-206-8912 of [email protected] of besoek ons kantoor gedurende 09:00 – 13:00 weeksdae te Sarel Cilliers-straat 13B, Kroonstad indien jy belangstel of meer wil weet van die organisasie.

ONTHOU DAT ARTIKEL 18A KWITANSIES UITGEREIK WORD AAN DIE EINDE VAN ‘N FINANSIëLE JAAR VIR ALLE FINANSIëLE DONASIES

AAN DIE ORGANISASIE WAARVAN ‘N SEKERE PERSENTASIE VERHAALBAAR IS VAN BELASTING.

Bankbesonderhede: Northern Free State Caregivers ABSA Bank Kroonstad Taknommer 632005

Rekeningnommer Lopende Besigheidsrekening 40-6838-7301

Sou u dit oorweeg om NFS Caregivers in u testament te benoem, kontak gerus u prokureur of instansie waar die testament gehou word om meer besonderhede uit te vind. Ons wil byvoorbaat u bedank vir u uitsonderlike vrygewigheid en nagedagtenis om ons organisasie as begunstigde te benoem. Wees verseker van ons opregte en lojale ondersteuning. Daar is baie geleenthede - geen nalatenskap is te klein of te groot nie!

U KAN GERUS DIE NUUSBRIEF VERSPREI AAN U VRIENDE.

INDIEN DAAR MENSE IS WAT BELANGSTEL OM ‘N NUUSBRIEF

TE BEKOM, LAAT WEET ONS GERUS BY 056 212 3415 of

084-206-8912 OF STUUR ‘N E-POS AAN:

[email protected]

BESOEK ONS WEBWERF BY nfscaregivers.co.za

Liefdegawes word uitgedeel

Page 6: DIE TYD GENEES In Augustus 2020 uitgawe · man neem pasiënt na Bloemfontein. Sy is ontslaan op 18 Augustus 2020 en ontvang weer chemo op 19 Augustus 2020 waarop die erge diarree

Vroeg Saterdag oggend van 27 Maart 2021 het ongeveer 15 vrywilligers van NFS Caregivers ‘n herdenking stap gehou vir Suster Adri van Heerden wat verlede jaar oorlede is. Haar 75ste verjaarsdag sou op Sondag 28 Maart 2021 gewees het. Die idee het gekom van haar dogter Esta wat in Bloemfontein woonagtig is. Dit was ‘n heerlike oggend en het almal getooi in ‘n Wit T-hemp met suster Adri se foto daar op gedruk bymekaar gekom by die Rotariërs se Vlooimark terrein. Ons het toestemming ontvang by die Rotariërs vir een rondte se rustige stap om die vlooimark terrein. Susan, Cathy en Attie het vir Liana en Wendy ondersteun alhoewel hulle hulself as die “support team” gesien het! ☺ Daar is by die “kwart-merk” gerus en weer by die “halfpad-merk” onder ‘n koelteboom. Die stap het goed verloop ten spyte daarvan dat ‘n perdeby besluit het om vir Cathy te piets op haar arm tussen al die besoekers/stappers by die terrein. Liana het haar voorgeneem om die rondte te voltooi en het daarin geslaag! Baie geluk Liana – ons is trots op jou!!

Liana met haar wandelstok gereed

vir die stap!

Die fotograaf, Pieter Lubbe, het voorgestel dat almal ‘n “denkbeeldige A” moet vorm ter aandenking vir suster Adri.

Wendy en Liana by

die “halfpad” rusplek!

Page 7: DIE TYD GENEES In Augustus 2020 uitgawe · man neem pasiënt na Bloemfontein. Sy is ontslaan op 18 Augustus 2020 en ontvang weer chemo op 19 Augustus 2020 waarop die erge diarree

KROONHEUWEL PRIMêR KROONSTAD se Voortrekkers het ‘n fondsinsamelings projek gehou tbv NFS Caregivers by die Rotariërs se Vlooimark terrein op Saterdag 27 Maart 2021. ‘n Gesellige atmosfeer het geheers tussen die besoekers en eienaars van die stalletjies. Mense kon hulle hare skeer- en/of kleur. Na die herdenking stap was Liana en Wollie braaf genoeg om hulle hare pienk te laat spuit!

Baie dankie aan die

Voortrekker span van Kroonheuwel Primêr vir

hierdie oulike projek! Dit is voorwaar ‘n riem onder die

hart dat sulke flukse jong mense uitreik na ons

organisasie! Ons wens julle alle sterkte toe met julle

werksaamhede vir 2021.