Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging...
Transcript of Die Skadukol # 23v12 - SAWA · Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging...
Die SkadukolNovember 2010 Volume 23
“IN DIE SKADU”
DRIE BERGE
KARAVAANPARK
Die “Colim”
Lees meer op Bl. 10Biltong Pot - Bl. 1
1
Kers-Uitgawe
Regte KOS vir Mans...- - Colours of Life in Motion - -
Bladsy 2 : InhoudsopgaweBladsy 2 : Die Redaksie sêBladsy 3 : Uit die pen van die VoorsitterBladsy 4 : Boskaptein/eBladsy 4 : Nabetraging: Drie BergeBladsy 5 : VerjaarsdaeBladsy 5 : Lief en LeedBladsy 5 : PitkosBladsy 6 : BoskameraBladsy 7 : Boskamera 2Bladsy 8 : Boskamera 3Bladsy 9 : VermaakBladsy 9 : Lag jou “Kol” af...Bladsy 10: Wat’s NuutBladsy 11: Bos KombuisBladsy 11: Toekennings, Plaatjies en TrofeesBladsy 12: Jaar ProgramBladsy 13: Bestuur Inligting en Bank Besonderhede
Inhoudsopgawe
Die Skadukol“IN DIE SKADU”
Die Redaksie Sê
Volume 23 Bladsy 2
o is nog ‘n jaar verby, en ons sit nou met die laaste Skadukol van 2010...
Gelukkig is 2011 nie te ver weg nie.
Dan spring ons weg met Buffelspoort op die 28ste Januarie.
Dié kamp beloop R 450.00 vir die naweek. Kyk asseblief gerus na die inligting op Bladsy 12.
Ons wil ook net dankie se vir al die terugvoering oor die nuwe formaat van die boekie.
Enige voorstelle is baie welkom, of dit nou iets is wat julle graag wil sien, nuwe aktiwiteite,
briewe, enige-iets is welkom.
Ons wil ook net vir ons mede Sawanante ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe
Jaar toewens.
Ons sien uit na al die manewales en uitdagings wat in 2011 vir ons voorle.
Geseënde Kersgroete tot volgende keer.
Die Redaksiespan
¡
Roelf & Lizelle Brewis
S
¡
Uit die pen vandie Voorsitter...
agsê Bosvelders,
Drie Berge is iets van die verlede, …..
Dit beteken die laaste saamtrek van 2010 is verby. Nog 'n jaar in die geskiedenis van Bosveld.
'n Jaar waar daar laagtepunte was, maar 'n jaar vol hoogtepunte, met die klem op die hoogtepunte.
Om 'n paar op te noem, …. dis moeilik om uitsonderings te maak, want elke saamtrek was 'n hoogtepunt.
Ek gaan wel 'n paar uitsonder...
Nkwe, ons as bestuur het besluit dat Bosveld 'n nuwe lewe gaan kry. Dit het gebeur, kyk na ons saamtrek bywoning,
veral die Senior Burger getalle het die hoogte in geskiet.
Dankie oom Buks en oom Neels. Die saamtrekke by Dube was uiters lekker, veral die bywoning van die JAV was
uitsonderlik.
Manyane was 'n reuse sukses, op aanvraag van verskeie streke moes ons die hele oord vir 2011 bespreek.
Dit alleen spreek boekdele.
Die Kongres te Buffelspoort. Die nuwe “Skadukol”, 'n puik poging deur Roelf Jnr en Lizelle.
Die afsluiting by Drie Berge, dankie aan Babs, Anne-Marie en hul span vir die Kersboom en die Kersboodskap.
Ons as Bosvelders het gebuk gegaan onder leed deur die jaar, van die normale verkoues tot ernstige siekte, selfs
geliefdes aan die dood afgestaan, inbrake, finanisiële teëspoed, om slegs 'n paar op te noem.
Gelukkig was daar lief ook betrokke, verjaarsdae, nuwe oupa's en ouma's, die gesond word na siekte, nuwe lede wat
aangesluit het, en vele meer.
Maar die grootste is seker die genade dat ons saamtrekke kon bywoon, net 'n bietjie kon afskakel van die gejaagde lewe,
die saam kuier met vriende, die ontspan in die natuur.
Ek wil dankie sê aan elke Bosvelder, dankie sê aan al julle gaste wat saamtrekke bygewoon het, vir 'n lekker 2010.
Toe ek die Voorsitterskap by Nkwe oorgeneem het, het ek dit met 'n benoude gevoel gedoen. Julle het dit egter vir my
maklik gemaak, dankie daarvoor.
Dankie aan Bosveld bestuur, en hier wil ek ook die name van Oom Pieter en Tannie Johanna van Beljon insluit, ons
gebiedsvoorsitters paar. Sonder julle sou my taak baie moeilik gewees het. Dankie vir julle harde werk, raad en bystand,
ek waardeer dit regtig baie.
2011 is om die draai. Kom ons maak van hierdie nuwe jaar werklike nog ‘n lekkerder jaar as die een wat verby is.
2011 hou vir ons 'n paar uitdagings in. Ek gaan 'n paar by die naam noem en hiermee doen ek 'n GROOT beroep op alle
Bosvelders, Pa, Ma en kinders dat ons hulle by die horings, of wat ookal pak en van hulle Bosveld suksesse sal maak.
kom ons werf “kwaliteit” lede maar kom ons behou ook al ons huidige lede en moedig en ondersteun
ons onaktiewe lede om saamtrekke by te woon.
kom ons maak ons saamtrekke lekker vir “al” die Bosvelders. Saambraai, potjiekos kompetisies,
vroue/manne naweke, Dik Marias se boeresports, ens...
Ek weet dit is moeilik om na almal se grille en geite te voldoen, die een hou nie van “dit” nie en die ander nie van “dat”
nie, maar kom ons probeer, êrens moet jy iets lekkers ondervind, al lag jy net vir “ ’n bakkie in die swembad ”.
Hier vra ek mooi, en wragtig, (verskoon die woord) baie mooi.
Kom ons trek in groot getalle op na die saamtrek. Kom help asseblief met die tjips gaarmaak of bak of wat jy dit ookal
wil noem. Hoor my lied ek sal kla, kerm, soebat, dreig tot julle ingee….
Wat kan ek sê, die hele oord is bespreek en klaar byna vol. Ek, oom Buks en oom Neels gaan
“orders” uitdeel, ons het julle hulp nodig. Ons weet egter dat ons op julle kan reken.
Ek sluit 2010 af met die volgende.
Vir die van julle wat met vakansie gaan, reis veilig, geniet dit kom veilig tuis.
Vir die van julle wat by die huis bly vir die Desember vakansie, rus lekker.
Vir die van julle wat deur Desember moet werk, innige simpatie.
Mag elkeen egter 'n Geseënde Kersgety ervaar en ‘n uiterse voorspoedige 2011 vir elkeen van julle.
JJJ en Sansie van Rensburg en gesin.
Lede werwing
Kamp programme
Presidente 2011
Manyane Kuier week
Volume 23 Bladsy 3
D
Volume 23 Bladsy 4
Bos-Kaptein/e
VLNR: Babs & Theo Senekal, Anne-Marie & Marius Engelbrecht, JJJ van Rensburg (Voorsitter)
Drie Berge
2010 Kerskamp
Nabetraging : Drie Berge
Wat 'n wonderlik naweek was dit nie om die geboorte van Jesus te vier en om die kinders met Kersvader te verras.
Dit was drie weke van beplanning en ons kon nie vir beter resultate gevra het nie.
Oud en jonk het die verrigtinge geniet.
Ons is Vrydag middag met die intrap slag deur Tannie Martie herinner dat ons die naweek program so gou moontlik moet
uitdeel. O gonna wat 'n gemors, Anne-Marie en Babs het skoon vergeet om die program te print.
Gelukkig het Marius en JJJ tot ons redding gekom en kon ons die program print en uitdeel.
Saterdag oggend het die kinders krieket gespeel by die swembad tewyl die laaste voorbereidings getref is vir die Kers-funksie.
Die middag 4 uur het Marius en Theo gereël vir rugby op die “Big screen” almal het dit geniet om te sien hoe wen Suid-Afrika
teen Engeland. Die rugby in die bos het die regte atmosfeer geskep vir die Kers-funksie wat direk na die rugby begin het.
Ons het die kersboodskap oorgedra, met die kinders se hulp.(Lidia, Kyla, Bianca, Marli, Lynette en Moniqeu)
Die Maria en Josef rolle is vertolk deur Elmarie en Eben.
Almal het die opvoering geniet, veral ons 2 Klein skaap wagtertjies Kylie en Anicke.
Hulle was pragtig!!!!
Daarna het Kersvader (Marius) en Elfie (Theo) ons vermaak met die uitdeel van geskenke aan die stroop soet kinders van
Bosveld. Daar was darem genoeg geskenke sodat Kersvader vir elke karavaan ook 'n geskenk kon gee.
Die arme Kersvader het sy bril vergeet, gelukkig het Elfie saam gekom om te help lees en uitdeel.
Na die verrigtinge het ons lekker gesit, geëet en gesels om die piekniek mandjies.
Wat 'n fees was dit nie!
Die park was pragtig en die rivier mooi. Ons bedank Drie Berge vir die voorreg om hulle geriewe te kon gebruik.
Sondag het ons nog lekker gekuier in die park waarna almal begin opgepak het en die pad huis toe aangedurf het.
Baie dankie aan almal wat Saterdag deel geneem het aan die funksie en hulp aangebied het.
Bosveld Groete
Marius, Anne-Marie, Theo en Babs
Verjaarsdae
Lief&
Leed
Januarie:9 - Jacomien Pienaar
9 - Elrie Barnard
11 - Jalome Groenewald
11 - Karin vd Schyff
12 - Pieter Labuschagne
13 - Jonathan J v Rensburg
14 - Leon Nortje
19 - Johan Pace
19 - Bridget Gouws
22 - Louis Blom
23 - Tracy Gouws
26 - Johanna v Wielligh
30 - Pieter Labuschagne (jnr)
31 - Jaco Briel
31 - Simone vd Merwe
Desember:1 - Gawie Venter
1 - Pieter Coetzee
2 - Suriana Groenewald
4 - Jolene Marais
5 - Riaan Pretorius
5 - Ewald Pretorius
6 - Gawie du Toit
7 - Dewald Engelbrecht
7 - Emma Visagie
15 - Riana Rosema
16 - George Green
28 - Lynette Blom
Pitkos:
Lief:
Leed:
Oom Neels en Tannie Leonie gaan twee keer weer Oupa en Ouma word.
Baie geluk aan almal wat verjaar het, en gaan verjaar.
Anette vd Merwe is in die Hospitaal, ons wens haar en haar gesin sterkte toe.
Volume 23 Bladsy 5
Laat weet ons asseblief indien ons nie julle verjaarsdae op ons lys het nie...
God staan by die deur van jóú hart en Hy klop.
As jy sy stem herken en die deur vir Hom oopmaak, sál Hy
inkom en ‘n feesmaal saam met jou geniet.
Moenie langer wag om die deur van jou lewe vir Hom oop te
maak en saam met Hom fees te vier nie!
Bos-Kamera
‘n Lekker Rustige Watertoneel
Dis hoe Kers-Woonwaens moet lyk...
Goggatjies...Wat sou Kamp tog sonder hul wees?...
Lig op die “onderwerp” (Bosveld)
Die braai-vure brand hoog...
Martie Smit vang Kerfees gees...
Ons Voorsitter, so ontspan
‘n mens na ‘n lang jaar...
Volume 23 Bladsy 6
Bos-Kamera2
Dis Rugbytyd...
... op die “Big Screen”
Ons toneelspelers maak reg vir aksie...
Klein Kylie, een van die skaapwagtertjies
‘n Donkie is ‘n wonderlike ding
‘n Stukkie toneel...
Die hele span.As hierdie lap tog net wil op bly...
Ons eie Josef en Maria
Ons herders en wyse manne... Vroue
Volume 23 Bladsy 7
Bos-Kamera
3
Kyk al die Geskenke...
Kersvader en sy Helper “Elfie”...
Al die soet kindertjies... Opgewonde oor kersvader
Ja, kersvader het ook ‘n werk...
Volume 23 Bladsy 8
Vermaak
LagJou “Kol” Af
Kry
Verskille
10
Ek weier dat
vandag se ekonomie
en petrol-pryse my
kamp aktiwiteite
bederf...
Pappa...
Mamma
roep!!...
Volume 23 Bladsy 9
Wat’s Nuut
ie “Toekoms” van Karavaan-sleep is dalk om glad nie te
sleep nie...
Hierdie snaakse voertuig is die breinkind van die 36 jarige
duitser Mnr. Christian Susana kan heel moontlik die toekoms
van kampeer wees.
D
ie “Colim” (Afkorting vir “Colors of Life in Motion) soos
wat hierdie voertuig gedoop is, bestaan uit twee dele.
Die grootste is een van die luukste en mees modernste woon-
waens, en die tweede, ‘n klein twee-sitplek karretjie wat ‘n
kruising is tussen ‘n Mini Cooper en ‘n Golf karretjie wat ‘n
indruwekkende top snelheid van 145 km/h kan haal.
Die sitplekke is nou nie van die grootste en gemaklikste nie,
so Mnr Susana sal aanbeveel dat ritte met die “Colim” so kort
as moontlik gehou moet word.
D
ie woonwa afdeling is nou weer ‘n ander storie...
Dit bestaan uit ‘n groot kuier-area, wat omskep kan
word in beddens, ‘n kombuis, ‘n stort en badkamer.
Die groot venster sorg vir genoegsame lig, maar die
“Colim” is beslis nie vir diegene wat skaam is nie.
D
ngelukkig kan ons nog nie begin uitsien na “more”
se kampvoertuig nie...
Mnr. Susana is tans nog op soek na ‘n maatskappy om
die taak van massa-produksie van die “Colim” in hulle
hande te neem...
Tot dan sal ons maar net droom om in een van hierdie
outjies te kampeer.
O
Bron: Internet
(Verskeie Webblaaie)
Woorde: J. R. P. Brewis (jnr)
Volume 23 Bladsy 10
Bos
Kombuis
Toekennings,
Plaatjies en Trofees
André en Anna J.v. Rensburg
60 Eie Kampe
Volume 23 Bladsy 11
André gee vir elk van die Bestuurslede
‘n boekmerkie wat hul self gehekel het.
Olie
2 uie
2 groen soetrissies
1 pakkie / blikkie sampioene
1 kg repiespek (die spek kan verminder word indien dit te ryk is)
1 kg effens klam, gekerfde biltong (wild of bees)
1 pakkie Denny Mushroom and Bacon Cook in Sauce
1 liter room
1 blikkie suikermielies
baie kaas (ongeveer 2 koppies)
Bestandele:
Metode:
Braai die uie en groen soetrissies in ‘n bietjie olie.
Braai die spek en sampioene saam tot gaar.
Gooi die biltong, Denny-sampioensous, room en suikermielies by
Roer goed en laat staan tot die room dik is.
Gooi die kaas oor, maak die deksel toe en laat staan tot tot die kaas gesmelt is
Verwyder van die hitte en laat ‘n paar minute staan.
Wys die potinhoud vir die gaste, roer die kaas in en skep op!
Baie vinnig, smullekker ... maar ryk.
Bedien saam met broodrolletjies en ‘n mengelslaai
Die resep is genoeg vir ongeveer 10 mense.
Biltong PotjieGeneem uit: SA Jagter: Bos en Kombuis VI
Jaar Program
WS,
KS,
WG
B, T
,
R,W
KS,
ST,
T, W
WI,
ST, F
, RB
,
WS,
KS,
BB
, T, W
WS,
RB
, V, T
, W
WI,
V, K
S, W
WI,
R, K
S, P
P,
ST, R
, W
WI,
V, K
S, W
WI,
R, K
S, P
P ,
ST, R
, W
WI,
ST, F
, RB
,
WS,
KS,
BB
, T, W
KS,
T
WS
- War
m W
ater
Sw
emba
d
KS
- Kou
e W
ater
Sw
emba
d
BB
- B
orre
lbad
W
GB
- W
ater
Gly
baan
T
- Tr
ampo
lien
ST
- S t
apro
etes
F - F
iets
ritt
e / F
iets
r oet
es
W
I - W
ild /
Wild
srit
te
RB
- R
oei B
ootj
ies
V
- V
isva
ng
PP
- Put
-Put
R
- R
est a
uran
t
W -
Win
kel
WI,
ST, F
, RB
,
WS,
KS,
BB
, T, W
Ja Ja Ja Ja Ja Ja Ja Ja
JaJa Ja
Pres
iden
te
N-P
resi
dent
e
Geb
ied
Kon
gres
R 4
50.0
0 / N
a wee
k
R 4
00.0
0 / W
eek
R 3
80.0
0 / N
awee
k
R 1
10.0
0 / N
ag
+ R
10.
00 A
dmin
R 7
0.00
/ P
erso
on p
er N
ag
+ R
10.
00 A
dmin
R 1
10.0
0 / N
ag
+ R
10.
00 A
dmin
R 3
80.0
0 / N
awee
k
R 7
0.00
/ P
erso
on p
er N
ag
+ R
10.
00 A
dmin
www.b
uffels
poor
t.co.z
a
www.k
leinp
arad
ys.co
m
www.d
ubeg
ame.c
o.za
www.d
ubeg
ame.c
o.za
www.g
olden
leopa
rdres
orts.
co.za
www.g
olden
leopa
rdres
orts.
co.za
www.d
ubeg
ame.c
o.za
(014
) 572
100
6
(012
) 252
193
8
(012
) 397
339
8
(01 2
) 397
339
8
(014
) 555
100
0 of
079
881
9796
(014
) 555
100
0 of
079
881
9796
(012
) 327
375
6 of
082
458
4503
(012
) 327
375
6 of
082
458
4503
(012
) 397
339
8
Kam
p Pr
ogra
m 2
011
Akt
iwit
eite
Ver
k ort
ings
28 to
t 30
18 to
t 20
4 t o
t 6
2 1 to
t 24
15 to
t 20
20 to
t 22
17 to
t 19
25 to
t 28
29 to
t 31
24 to
t 26
26 to
t 28
9 t o
t 11
28 to
t 30
25 to
t 27
7 to
t 9
Maa
ndD
atum
Oord
Akt
iwit
eite
Eie
Kam
pA
lgem
ene
Kam
p**
Tar
ief
Web
-Adr
esTe
l No.
Janu
arie
Febr
uari
e
Maa
rt
Apr
il
Mei
Mei
Juni
e
Julie
Julie
Aug
ustu
s
Aug
ustu
s
Sept
embe
r
Okto
ber
Okto
ber
Nov
embe
r
Buf
f els
poor
t
Kie
pers
ol K
uier
-Naw
eek
Veek
raal
Kle
in P
arad
y s
P otc
h D
am
Dub
e
Seni
or B
urge
r W
eek
Dub
e
Eila
nd
Man
yane
Seni
or B
urge
r W
eek
Bos
veld
Kui
er-N
awee
k
Man
yane
Tam
boti
e V
reug
de
Seni
or B
urge
r W
eek
Tam
boti
e V
reug
de
J.A
.V.
Em
mer
enti
a
Gel
denh
uis
Kon
gres
Dub
e
Ker
s-A
fslu
itin
g
Omar
amba
Volume 23 Bladsy 12
R 4
50.0
0 / N
awee
k
**
Le
t a
ss
eb
lie
f: T
arie
we
is
ko
rr
ek
op
ty
d v
an
dr
uk
, m
aa
rk
an
da
lk v
era
nd
er
oo
rd
ie l
oo
p v
an
ty
d !
!!
Bestuur
Kontak Besonderhede van Bestuurslede:
Voorsitter:
Ondervoorsitter:
Penningsmeester:
Sekretaresse:
Addisioneel:
Seniorburger
Verteenwoordiger:
JJJ van Rensburg
Neels Roodt
Hettie Brewis
Martie Smit
Andre J van Rensburg
Rina du Toit
Buks Moller
Buks Moller
079 692 1817
073 071 9734
082 442 2671
082 411 6906
083 449 8281
082 824 5987
012 259 1257
012 259 1257
Bank Besonderhede:
Standard Bank Montana
Naam van rekeninghouer: SAWA Bosveld
Rekening Nommer: 20-03-93-32-4
Tak Kode: 01-5945-00
Tipe Rekening: Tjek
Fax Nommer: (012) 252 7934
Proeflesers: Lizelle Brewis
Roelf Brewis (snr)
Volume 23 Bladsy 13