Die Rondebossie Februarie 2019 · 2019. 2. 1. · 3 Februarie ‘19 Jeremia 1:4 -10 Psalm 71:1 -6 1...

4
DIE RONDEBOSSIE Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com Maandblad van die NG Kerk Rondebosch Februarie 2019 * Wie verjaar? 1 * Gebed vir Feb. 1 * Koinonia 2 * Nuwe Intrekkers 3 * Koos verjaar 3 * Tuin en terrein 4 Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik. We are an inclusive family which reaches out to our community with joy and with open doors. - PSALMS 19 - n Gebed vir die nuwe jaar! PSALMS 19:3 -4 Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem. en PSALMS 19: 14 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. Vierde Sondag ná Epifanie 3 Februarie ‘19 Jeremia 1:4-10 Psalm 71:1-6 1 Korintiërs 13:1-13 Lukas 4:21-30 Die Psalm is ’n verkla- ring dat die Here ’n skuilplek is. Ook ’n dringende gebed om be- skerming. Uiteindelik ’n loflied en getuienis. In Lukas weer die teen- stand teen Jesus. 1 Korintiërs 13 beskryf die liefde as die belang- rikste gawe. Vyfde Sondag ná Epifanie 10 Februarie ‘19 Jesaja 6:1-8, (9-13) Psalm 138 1 Korintiërs 15:1-11 Lukas 5:1-11 Lukas vertel die verhaal van die roeping van die eerste dissipels. Sesde Sondag ná Epifanie 17 Februarie ‘19 Jeremia 17:1-10 Psalm 1 1 Korintiërs 15:12-20 Lukas 6:17-26 In Lukas 6 verkondig Jesus wie die ware geseëndes is en wat die hart van die koninkryk van God is. Sewende Sondag Epifanie 24 Februarie ‘19 Genesis 45:3-11, 15 Psalm 37:1-11, 39-40 1 Korintiërs 15:35-38, 42-50 Lukas 6:27-38 Liefde vir die vyand! Sondag van die Verheerliking Feesdiens 3 Maart ‘19 Eksodus 34:29-35 Psalm 99 2 Korintiërs 3:12-4:2 Lukas 9:28-36, (37- 43) In 2 Korintiërs word die bedienaars van die nu- we verbond aange- spreek. Lukas getuig van die verheerliking op die berg. In Psalm 99 word God as heilige Here aanbid. * ArrowWords 5 * Bevestiging ... 6 * Iemand word 80 6 * Welkom InVia 6 * Week van gebed 7 * Leesrooster 8 Dowrie Matilda 02/03 Morkel Francois 02/03 Slabber Saretha 02/10 Marais Neill 02/11 Gaffley Gwendoline 02/12 Oosthuizen Henning 02/13 Underhill Francina 02/13 Smith Michael 02/16 Steenkamp Lectus 02/16 Plaatjies Elsabe 02/18 Williams Ida 02/19 Duddy Grant 02/21 James Ella 02/21 Theron Lukie 02/21 Van der Merwe Gerrit 02/22 Momsen Talita 02/23 Du Toit Ina 02/27 Van Zyl Magda 02/27 Johnson Urshula 02/28

Transcript of Die Rondebossie Februarie 2019 · 2019. 2. 1. · 3 Februarie ‘19 Jeremia 1:4 -10 Psalm 71:1 -6 1...

Page 1: Die Rondebossie Februarie 2019 · 2019. 2. 1. · 3 Februarie ‘19 Jeremia 1:4 -10 Psalm 71:1 -6 1 Korintiërs 13:1 -13 Lukas 4:21 -30 Die Psalm is ’n verkla-ring dat die Here

DIE RONDEBOSSIE

Tel: 021 686 4315 E-pos: [email protected] Besoek ons by: www.ngrondebosch.com

Maandblad van d ie NG Kerk Rondebosch Februarie 2019

∗ Wie verjaar? 1 ∗ Gebed vir Feb. 1 ∗ Koinonia 2 ∗ Nuwe Intrekkers 3 ∗ Koos verjaar 3 ∗ Tuin en terrein 4

Ons is ‘n inklusiewe familie wat met oop deure jubelend na die gemeenskap uitreik.

We are an inclusive family which reaches out to our community with joy and with open doors.

- PSALMS 19 -

‘n Gebed vir die nuwe

jaar!

PSALMS 19:3 - 4

Die een dag gee die berig deur aan die ander en die

een nag deel die kennis aan die volgende mee. Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem.

en

PSALMS 19: 14

Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik

wees, Here, my Rots en my Verlosser.

Vierde Sondag ná Epifanie

3 Februarie ‘19

Jeremia 1:4-10

Psalm 71:1-6

1 Korintiërs 13:1-13

Lukas 4:21-30

Die Psalm is ’n verkla-ring dat die Here ’n skuilplek is. Ook ’n dringende gebed om be-skerming. Uiteindelik ’n loflied en getuienis. In Lukas weer die teen-stand teen Jesus. 1 Korintiërs 13 beskryf die liefde as die belang-rikste gawe.

Vyfde Sondag ná Epifanie

10 Februarie ‘19

Jesaja 6:1-8, (9-13) Psalm 138

1 Korintiërs 15:1-11

Lukas 5:1-11

Lukas vertel die verhaal van die roeping van die eerste dissipels.

Sesde Sondag ná Epifanie

17 Februarie ‘19

Jeremia 17:1-10

Psalm 1

1 Korintiërs 15:12-20

Lukas 6:17-26

In Lukas 6 verkondig Jesus wie die ware geseëndes is en wat die hart van die koninkryk van God is.

Sewende Sondag ná Epifanie

24 Februarie ‘19

Genesis 45:3-11, 15

Psalm 37:1-11, 39-40

1 Korintiërs 15:35-38, 42-50

Lukas 6:27-38

Liefde vir die vyand!

Sondag van die Verheerliking – Feesdiens 3 Maart ‘19

Eksodus 34:29-35

Psalm 99

2 Korintiërs 3:12-4:2

Lukas 9:28-36, (37-

43)

In 2 Korintiërs word die bedienaars van die nu-we verbond aange-spreek. Lukas getuig van die verheerliking op die berg. In Psalm 99 word God as heilige Here aanbid.

∗ ArrowWords 5 ∗ Bevestiging ... 6 ∗ Iemand word 80 6 ∗ Welkom InVia 6 ∗ Week van gebed 7 ∗ Leesrooster 8

Dowrie Matilda 02/03

Morkel Francois 02/03

Slabber Saretha 02/10

Marais Neill 02/11

Gaffley Gwendoline 02/12

Oosthuizen Henning 02/13

Underhill Francina 02/13

Smith Michael 02/16

Steenkamp Lectus 02/16

Plaatjies Elsabe 02/18

Williams Ida 02/19

Duddy Grant 02/21

James Ella 02/21

Theron Lukie 02/21

Van der Merwe Gerrit 02/22

Momsen Talita 02/23

Du Toit Ina 02/27

Van Zyl Magda 02/27

Johnson Urshula 02/28

Page 2: Die Rondebossie Februarie 2019 · 2019. 2. 1. · 3 Februarie ‘19 Jeremia 1:4 -10 Psalm 71:1 -6 1 Korintiërs 13:1 -13 Lukas 4:21 -30 Die Psalm is ’n verkla-ring dat die Here

Op 19 Januarie 2019 het ons

drie gebedshuise gehad waar

gemeentelede bymekaar ge-

kom het om saam te bid. On-

geveer 30 mense woon onder-

skeidelik hierdie geleentheid

by. Regs onder is die ge-

meentelede wat by Lorna en

Herbert Pfeiffer se huis

saam kom bid het.

Lorna Pfeiffer is die fotograaf.

14 tot 17 Januarie het ons

‘n gemiddeld van 30 per-

sone gehad wat die week

van gebed bygewoon het.

Dr Johan van den Heever

het ‘n aanbieding gedoen

oor stil word en meditasie.

Diegene wat dit bygewoon

het, het dit insiggewend

gevind.

Terugvoering: Koos Venter

“Vir my was dit insig-

gewend en ek het nou ʼn

beter begrip van ‘stilte-tyd’

en probeer dit reeds.”

“Ek het waardering vir

dr Johan en die wyse

waarop hy ons kom leer

het. Dankie dr Johan.”

Elf Koinoniastappers het op Saterdag

12 Januarie 2019 die onderste Kontoer-

pad onder die hange van Tafelberg ge-

stap, van die Ceciliabos parkeerterrein

tot by die Rhodes Gedenkteken. Dit was

‘n mooi dag en ‘n heerlike stap van am-

per nege kilometer, meestal in die skadu-

wee van die natuurlike bos.

Regs: Raai wie loop die stappers raak...?

Agter (vlnr): Gerrit vd Merwe, Neill Marais, Pieter Janse v Rensburg, Ds Jan Momsen.

Voor (vlnr): Grant Duddy, Duncan Martin, Joey Anderson, Carien Ras, Paula Marais,

Neill Marais (jnr) en Dr Johan vd Heever.

Page 3: Die Rondebossie Februarie 2019 · 2019. 2. 1. · 3 Februarie ‘19 Jeremia 1:4 -10 Psalm 71:1 -6 1 Korintiërs 13:1 -13 Lukas 4:21 -30 Die Psalm is ’n verkla-ring dat die Here

Baie geluk aan Gerrit vd Merwe wat op 13 Januarie 2019 bevestig is as ouderling verantwoordelik vir Ondersteuningsdienste (finansiële bediening van die kerkraad).

Regs staan Gerrit en luister terwyl dr Johan die formulier van bevestiging as kerkraadslid voorlees.

Dankie vir jou bereidwilligheid Gerrit!

VEELS GELUK

Die 24ste Januarie het Koos 73 jaar oud geword.

Baie geluk met jou verjaardag, Koos. Dankie vir alles wat jy vir ons gemeente doen en beteken.

Dis met opgewonde harte dat ons

die nuwe lidmate by Huis Lückhoff

aan julle bekend stel.

Links: Bettie Lambert

Links onder: Annelie en Deon

Strydom.

Regs onder: Elmie Visser

Baie welkom by ons familie!

Hierdie is dalk ‘n ou bekende gesig vir ons

gemeente, maar sy is ook nou lidmaat van

ons gemeente.

Joey Retief is die suster van Marie Coetzee

en alhoewel sy nie nou gesond is nie, kan

julle haar by ons gemeentever welkom.

Martha Janse v Rensburg

het op 7 Januarie 80 jaar

oud geword. Links: Om-

ring deur al 5 haar

kinders!

Dit was 'n groot fees en

baie het van vêr gereis om

teenwoordig te wees .. haar

een seun het selfs as

verrassing van Engeland

gekom!

Page 4: Die Rondebossie Februarie 2019 · 2019. 2. 1. · 3 Februarie ‘19 Jeremia 1:4 -10 Psalm 71:1 -6 1 Korintiërs 13:1 -13 Lukas 4:21 -30 Die Psalm is ’n verkla-ring dat die Here

KYK AGTERTOE EN VORENTOE

Die rolprent “The Light Between Two Oceans “ speel in Australië af en vertel die verhaal van gebeure rondom ‘n vuur-toring wat op ‘n eiland tussen twee oseane staan. Vreemd is sy naam, nl. JANUS, want sien, hy skyn sy lig na beide oseane.

Daar is ‘n Romeinse legende van ‘n baie gesiene ou man wat ‘n goeie indruk op die Romeine gemaak het, soveel so dat hulle ‘n tempel vir hom gebou het. Hulle het selfs munte, met sy kop op, laat druk. Sy naam was JANUS , maar die vreem-de van die munte was dat sy gesig op weerskante afgebeeld was --- die een gesig het VORENTOE gekyk en die ander een AGTERTOE. So het Januarie toe sy naam gekry: die maand wat terugkyk na die verlede, nl. die ou jaar, en die een wat vorentoe kyk, na die nuwe jaar.

Die groot sendeling, Paulus, skryf in Filippense 3: 13 “D.Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.” Aldus die betekenis van Janus se tweegesig-muntstuk.

Die ou kerkvader, Augustinus, het gesê : “ Vertrou die verlede aan die Genade van God toe, die hede aan Sy liefde en die toekoms aan Sy voorsienigheid “

My bede vir elkeen van u, kom uit ‘n ou Ierse toekomswens:

Mag die pad saam met jou styg Mag die wind agter jou rug wees Mag die son jou aangesig koesterend bestraal Mag die reën saggies op jou velde daal En totdat ons weer ontmoet, mag God jou in die holte van sy hand hou!

ARRO ORDS

Gaan kyk gerus hoe vorder ons projek by ons gedenkmuur. Ons wil

graag noem dat ons geseënd was om in die laaste twee maande,

twee erflatings te ontvang. Daar is besluit om een van die erfla-

tings aan te wend ten opsigte van die herstelwerk van die kerk-

vensters by die konsistorie aan die weste-

kant van die gebou. Dit gaan gerestoureer

word na hoe die vensters oorspronklik gelyk

het. Ons is besig om met die “heritage” or-

ganisasie te onderhandel oor die herstel

van ons kerkgebou. Tot tyd en wyl ons te-

rugvoering ontvang, gaan ons slegs die ven-

sters, wat nou uitwaai en in ʼn slegte toe-

stand is, restoureer.

Ons hoop om ook die ingang, agter die or-

rel, by die gedenkmuur in ʼn klein

gebedskapel te omskep.

Onthou: Jy kan reeds ʼn nis by die kerk-

kantoor bespreek.