Die oes is groot, maar die arbeiders min · 2020. 10. 7. · Die oes is groot, maar die arbeiders...

6
Die oes is groot, maar die arbeiders min Wanneer teologiese opleiding op die voorgrond van ons gesprekke tree, is die eerste gedagte wat by my opkom die woorde van ons Here Jesus in Lukas 10: 2: Die oes is groot, maar die arbeiders min. Die huidige uitdaging vir die Kuratorium is om inskrywings van studente wat in 2021 teologie wil studeer, te ontvang. Die ontwrigting wat hierdie jaar met die Covid-19-pandemie gepaardgaan, het nie net ’n reuse-impak op hoër onderwys in die algemeen nie, maar het ook weer ’n ingrypende uitdaging vir teologiese opleiding aan die lig gebring. Daar is ’n beweging waarvan die Kerk kennis moet neem: Daar is die afgelope paar jaar kleiner getalle studente wat afstudeer. Die volgende vyf jaar skets die uitdaging vir die Kerk tot 2025, wanneer 42 predikante dan op die ouderdom van 65 geëmeriteer het en daar tans 13 studente met hul teologiese opleiding besig is wat die moontlikheid bied dat hulle teen 2025 wel tot die bediening kan toetree. Dit laat die Kerk teen 2025 met ’n duidelike tekort aan predikante. Uiteraard het teologiese opleiding ’n direkte invloed op die manier hoe daar oor God gedink en gepraat word, meer kennis van die Woord van God opgedoen word, en predikante in die praktyk begelei en opgelei word vir hul dienswerk in die kerk en in die wêreld. Binne die werkruimte van predikante en gemeentes is daar die eskalerende sneeubaleffek van die sosiale, ekonomiese en politieke onstabiliteit wat die nood wat mense elke dag ervaar, verhoog. Vanuit ’n pastoralesorgperspektief is die kerk dan juis ’n plek van hoop, troos en geestelike heelwording in alle fasette van die lewe, wat emosionele, fisiese en geestelike welstand insluit. Die kerk hou verband met ’n gemeenskap van gelowiges wat poog om wedersydse sorg uit te brei, te onderrig, te bou, die behoeftes van mense te deel en oplossings te bied wat Christus-gesentreerd is vir die daaglikse krisisse wat mense in hierdie leeftyd ervaar. Die uitdagings van byvoorbeeld die huidige Covid-19-tyd en voortdurende veranderinge in die samelewing vergroot die behoefte aan meer opgeleide predikante, en tog moet ons ook die realiteit raaksien, naamlik: Die oes is groot, maar die arbeiders min. Binne kerkkonteks is teologiese opleiding vir die Kerk van uiterste belang – om predikante op te lei vir hul dienswerk in die Kerk, gemeente en gemeenskap. Soos die visie van die Kerk lui: In ons leef die hoop dat alle mense in Jesus Christus sal glo as Verlosser vir die wêreld. Die oproep aan voornemende studente wat in 2021 teologie wil studeer, is om so gou moontlik die Kuratorium te kontak en in te skryf as teologiese student van die Kerk. Die oes is groot, maar die arbeiders min, daarom dan ook die versoek vanuit Lukas 10: 2 aan lidmate en gemeentes van die Kerk: Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Dr Rudy Denton Voorsitter van die Kuratorium Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.za Teken in om ’n skakel na blitspos te ontvang blitspos Jaargang 13 – Uitgawe 36 8 Oktober 2020 Die redaksie aanvaar verantwoordelikheid vir die inhoud. Menings deur skrywers uitgespreek, is egter nie noodwendig die beleid of standpunt van die Hervormde Kerk nie.

Transcript of Die oes is groot, maar die arbeiders min · 2020. 10. 7. · Die oes is groot, maar die arbeiders...

  • Die oes is groot, maar die arbeiders min

    Wanneer teologiese opleiding op die voorgrond van ons gesprekke tree, is die eerste gedagte wat by my opkom die woorde van ons Here Jesus in Lukas 10: 2: Die oes is groot, maar die arbeiders min.

    Die huidige uitdaging vir die Kuratorium is om inskrywings van studente wat in 2021 teologie wil studeer, te ontvang. Die ontwrigting wat hierdie jaar met die Covid-19-pandemie gepaardgaan, het nie net ’n reuse-impak op hoër onderwys in die algemeen nie, maar het ook weer ’n ingrypende uitdaging vir teologiese opleiding aan die lig gebring. Daar is ’n beweging waarvan die Kerk kennis moet neem: Daar is die afgelope paar jaar kleiner getalle studente wat afstudeer.

    Die volgende vyf jaar skets die uitdaging vir die Kerk tot 2025, wanneer 42 predikante dan op die ouderdom van 65 geëmeriteer het en daar tans 13 studente met hul teologiese opleiding besig is wat die moontlikheid bied dat hulle teen 2025 wel tot die bediening kan toetree. Dit laat die Kerk teen 2025 met ’n duidelike tekort aan predikante.

    Uiteraard het teologiese opleiding ’n direkte invloed op die manier hoe daar oor God gedink en gepraat word, meer kennis van die Woord van God opgedoen word, en predikante in die praktyk begelei en opgelei word vir hul dienswerk in die kerk en in die wêreld. Binne die werkruimte van predikante en gemeentes is daar die eskalerende sneeubaleffek van die sosiale, ekonomiese en politieke onstabiliteit wat die nood wat mense elke dag ervaar, verhoog. Vanuit ’n pastoralesorgperspektief is die kerk dan juis ’n plek van hoop, troos en geestelike heelwording in alle fasette van die lewe, wat emosionele, fisiese en geestelike welstand insluit.

    Die kerk hou verband met ’n gemeenskap van gelowiges wat poog om wedersydse sorg uit te brei, te onderrig, te bou, die behoeftes van mense te deel en oplossings te bied wat Christus-gesentreerd is vir die daaglikse krisisse wat mense in hierdie leeftyd ervaar. Die uitdagings van byvoorbeeld die huidige Covid-19-tyd en voortdurende veranderinge in die samelewing vergroot die behoefte aan meer opgeleide predikante, en tog moet ons ook die realiteit raaksien, naamlik: Die oes is groot, maar die arbeiders min.

    Binne kerkkonteks is teologiese opleiding vir die Kerk van uiterste belang – om predikante op te lei vir hul dienswerk in die Kerk, gemeente en gemeenskap. Soos die visie van die Kerk lui: In ons leef die hoop dat alle mense in Jesus Christus sal glo as Verlosser vir die wêreld.

    Die oproep aan voornemende studente wat in 2021 teologie wil studeer, is om so gou moontlik die Kuratorium te kontak en in te skryf as teologiese student van die Kerk. Die oes is groot, maar die arbeiders min, daarom dan ook die versoek vanuit Lukas 10: 2 aan lidmate en gemeentes van die Kerk: Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.

    Dr Rudy DentonVoorsitter van die Kuratorium

    Webblad van die Hervormde Kerkwww.nhka.org

    Nuus, berigte en kort kommentaar

    (uiters 100 woorde) aan

    [email protected]

    Teken in om ’n skakel na blitspos te

    ontvang

    blitsposJaargang 13 – Uitgawe 36 8 Oktober 2020

    Die redaksie aanvaar verantwoordelikheid

    vir die inhoud. Menings deur

    skrywers uitgespreek, is egter nie

    noodwendig die beleid of standpunt van die Hervormde

    Kerk nie.

    [email protected]://chi.mailblaze.com/index.php/lists/kd488lljhjac8/subscribe

  • 2

    Dr Annelie Botha

    Ds Joleen Marx

    Ds Pieter Rossouw

    Mev Ierene van Wyk

    Dr Anneke Viljoen

    Dr Johan Bester

    Lief en leed

    • Mev Ierene van Wyk (84), vrou van prof Wouter (emeritus) en moeder van dr Wouter (sekretaris: Kommissie van die AKV), is Maandagoggend 5 Oktober in die Eugene Marais-hospitaal oorlede. Sy het verlede maand ’n heupoperasie ondergaan, en is ’n week gelede teruggeneem na die hospitaal van die rehabilitasiesentrum af nadat sy infeksie in die wond ontwikkel en geleidelik verswak het. Die roudiens vind Vrydag 9 Oktober om 10:00 plaas vanuit Gemeente Pierneef, 29ste Laan, Pierneefrant, Pretoria. Ds Petri de Kock sal die diens lei. Ons innige meelewing gaan aan die Van Wyk-familie.

    • Die volgende predikante verjaar tot 16 Oktober, en word hartlik geluk gewens:

    ○ Donderdag 8 Oktober: Prof JD (John) Gericke (79) (emeritus/Setlaars) en dr WA (Willie) Strydom (59) (Eikenhof/Johannesburg-Suid)

    ○ Vrydag 9 Oktober: Prof WA (Wim) Dreyer (62) (UP) en ds LJ (Sakkie) Meyer (81) (emeritus)

    ○ Sondag 11 Oktober: Ds HJM (Hennie) Breedt (71) (emeritus) ○ Maandag 12 Oktober: Di GDJ (Gert) Macdonald (51) (Nelspruit),

    BC (Barrie) Oberholzer (56) (Grootfontein/Tsumeb) en M (Milankie) van der Walt (57) (Namib-Suid)

    • #hoop vir almal. Voorbidding vir Bybelgenootskappe ○ Hongkong: Ons loof die Here vir die Revised Chinese Unified vertaling en vir die

    samehorigheid en groei wat dit onder Christene tot gevolg gehad het. Ons dank die Here ook vir verlede jaar se eeufeesvieringe.

    ○ Taiwan: Bid dat die werk wat ons beplan wel teen 2025 voltooi sal word. Ons vra ook voorbidding vir ons redaksie en vir seën op hul werk. Bid ook asseblief vir die nodige fondse.

    Gemeentes en bediening

    • Die Oudit- en Risikokomitee, ’n subkomitee van die Raad van Finansies, beskik oor ’n benoemingspos vir ’n afgestudeerde geoktrooieerde rekenmeester (GR) wat bereid is om vier keer per jaar vergaderings by te woon. Die vergaderings vind kwartaalliks virtueel plaas, naamlik in Februarie, Mei, Julie en Oktober. Die Oudit- en Risikokomitee hou toesig om te verseker dat aan die nakomingsvereistes van die Kerk voldoen word en dat risiko’s wat binne die Kerk mag ontstaan, bestuur word. Vir meer inligting, kontak mnr Johan Hattingh by [email protected] of 012 322 8885 x3012.

    • Die Kommissie van die AKV neem met instemming kennis van die samewerkingsooreenkoms tussen gemeentes Mafeking en Zeerust. Albei gemeentes sal voortaan bedien word deur dr Annelie Botha.

    • Ds J (Joleen) Marx is losgemaak van Gemeente Welgelegen-Pietersburg en vanaf 1 April 2020 beroepbaar gestel in die Kerk.

    • Ds P (Pieter) Rossouw is losgemaak van Gemeente Sannieshof en vanaf 13 April 2020 beroepbaar gestel in die Kerk.

    • Ds WA (Willie) Botha is op 2 Februarie 2020 losgemaak van Gemeente Lydenburg. Dit is ook die datum waarop hy van sy ampsplig vrygestel word.

    • Die Kommissie van die AKV het dr A (Anneke) Viljoen se aansoek om van lewenstaat te verander, met onmiddellike effek aanvaar. Sy was sedert 2018 beroepafwagtend.

    • Die Ringskommissie van Pretoria-Noord het goedgekeur dat dr JP (Johan) Bester se ooreenkoms met Gemeente Pretoria Noorderlig verleng word tot 31 Julie 2021.

    mailto:[email protected]

  • 3

    • Gemeente Magaliesmoot is dankbaar om op 15 en 22 November 2020 haar 50ste bestaansjaar te vier. Die gemeente is op 20 November 1970 gestig. Op 15 November om 09:00 tree Piet Smit tydens ons Nagmaaldiens op. Die 22ste vanaf 09:00 kuier ons saam rondom die Woord en met sanger Marietjie du Plessis. Daar sal ’n vingerete na die diens in die saal aangebied word. Alle oudlidmate en ander belangstellendes is welkom om saam te kuier. Indien u interessante staaltjies met ons wil deel of foto’s het wat die gemeente se aktiwiteite oor die laaste 50 jaar uitbeeld, stuur dit asseblief na [email protected] of [email protected]. Indien u die feesprogramme wil bywoon, RSVP asseblief na [email protected].

    • Preekgeleenthede. Teologiestudente met preekvergunning, predikante en dosente wat gedurende Desember 2020 of Januarie 2021 in die omgewing van Sabie en Witrivier vakansie hou, word genooi om van die volgende eredienste waar te neem:

    ○ Sondag 6 Desember 2020: Sabie 08:00 en Witrivier 10:00 ○ Sondag 13 Desember 2020: Sabie 08:00 en Witrivier (Sangdiens) 18:30 ○ Sondag 20 Desember 2020: Sabie 08:00 en Witrivier 10:00 ○ Vrydag 25 Desember 2020 (Kersdag): Witrivier 07:00 en Sabie 09:00 ○ Sondag 27 Desember 2020: Sabie 08:00 en Witrivier 10:00 ○ Sondag 3 Januarie 2021: Sabie 08:00 en Witrivier 10:00 ○ Sondag 10 Januarie 2021: Sabie 08:00 en Witrivier 10:00

    U sal vergoed word teen die tariewe soos vasgestel deur die Kerkkantoor. Kontak die gemeente by [email protected] / 060 635 4706 / 013 750 2259.

    Beplande vergaderings

    • Vrydag 9 Oktober: Oudit- en Risikokomitee • Dinsdag 13 Oktober: TOIBO Dagbestuur • Donderdag 15 Oktober: Rata Bestuur Werkwinkel

    ADV Dagbestuur Moderamen Kommissie van die AKV

    • Vrydag 16 Oktober: Kommissie van die AKV

    Studentesake

    • Studentebehuising by Gemeente Philadelphia. Veilige behuising is beskikbaar vir studente in 2021 op die terrein van die gemeente in Pretoria. Dit is 200 m van die UP-kampus en binne stapafstand van winkels en ander besighede. Kamers met gemeenskaplike ablusie en kombuis sowel as enkelwoonstelle is beskikbaar. Kontak Elize Fourie by [email protected] vir meer inligting.

    mailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]

  • 4

    Kerklike publikasies

    ’n Gedig

    Leerskool

    Woorde alleen spreek my nou skaars aanen kom glad spookasem uit my mondal sit ek elkeen noukeurig neertussen die lyne van my Eclipsesoos van kleins af einde van die maandas ons terug van die dorp af isen ek met potlood en tekenboekwoorde my maters maak op papier.Ek het doodgetrek en weer begin,vry om my hand te volg en te voelhoe die alfabet moeisaam herskiktoe ’n boom vir my net ’n boom wasén die jeuk na woorde oop kon krap.In skoonskrif sou ek wel konformeerop Mont Pelaan tussen die bergeen mooier sinne as Moira skryf:in ’n sandsteenskool onder dennegrammatika leer en sinne skaafoor dinge wat goed uitgedink is.Die stemme van ’n kind sal altydsoos wind in bome na my toe kom.

    Johann Lodewyk Marais(Uit: Die somer is ’n dag oud, 1983)

  • 5

    Barmhartigheid

    • NHSV beurse en lenings vir 2021. Die NHSV beskik oor beurse/lenings vir studente in enige studierigting. Slegs lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk kwalifiseer vir die toekennings. Aansoekvorms kan hier afgelaai word. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 November 2020.

    • Gerrieshof in Rustenburg het ’n eenslaapkamerwoonstel vir ’n bejaarde persoon beskikbaar teen R2 306 per maand. Dit is ’n ruim grondvloereenheid. Kontak mev Hannelie Fourie by 012 325 1857 x202.

    • Louis Trichardt-behuisingskompleks vir bejaardes in Danville, Pretoria, bied kamergeriewe met drie etes per dag teen R4 435 per maand. Vir meer inligting, kontak mev Vicky Muller by 012 386 5310.

    • Ons Tuis (Andries Marié Oosthuizen) in Parys het tans plek beskikbaar in die tehuise vir versorging van verswakte bejaardes teen R9 760 per maand. ’n Volledige versorgingsfasiliteit sluit in 24-uur-versorging, drie maaltye per dag en sekuriteit. Behuisingsfasiliteite teen R5 990 per maand is ook beskikbaar op dieselfde perseel; dit sluit drie etes en weeklikse wasgoed en skoonmaak van kamers in asook gratis deelname aan sosiale programme. Vir meer besonderhede, skakel matrone Teresa Broodryk by 056 811 2185.

    • Seniordal-aftreeoord Kieserstraat 126, Rietondale2 eenslaapkamerwoonstelle te koop teen R520 0001 eenmanwoonstel te koop teen R510 0001 eenslaapkamerwoonstel te huur Navrae: Ansie Joubert 012 329 4318 / 084 920 [email protected]

    Allegaartjie

    Vraag aan Riaan Cruywagen: As jy ’n massiewe buitelugadvertensiebord iewers kon oprig wat miljoene mense sou bereik, wat sou dit sê en hoekom? “Die spreekwoordelike wag voor ’n mens se mond behoort ook voltyds by jou ore diens te doen – nié om te sensureer wat jy hoor nie, maar om jou te help om méér inligting in te neem as wat by jou mond uitgaan. Sê dus minder as wat jy weet, en weet meer as wat ander vermoed. Dit is die gulde reël. Te veel mense se verstand staan botstil terwyl hulle tonge lustig luier. Só blaker hulle dikwels dinge uit wat liefs ongesê moes gebly het. Dit het ook maklik ’n aweregse gevolg, want ydel pogings om te spog met wat jy weet, kan uiteindelik ’n gebrekkige kennis of erbarmlike oningeligtheid blootlê. Ware wysheid is om meer te weet as wat jy laat blyk, om elke geleentheid te benut om kennis en inligting in te neem. My advertensiebord sou dus in vet letters lui: Wees wys – spits jou ore en beteuel jou tong!” (Afrikaans.com, 30 September 2020)

    Toerusting  • Excelsus (Sentrum vir Bedieningsontwikkeling)

    Oktober 2020 ○ 13-15 Sertifikaat in bedieningsvernuwing (3) ○ 20-22 Sertifikaat in bedieningsvernuwing (7) ○ 27-29 Sertifikaat in bedieningsontwikkeling (7)

    November 2020 ○ 3-4 Liturgiewerkwinkel (3) ○ 11 Kerk van die toekoms (2) ○ 12-13 Opleiding van begeleiers van ’n bedieningsdiagnose in gemeentes

    Navrae: Rika van Rensburg by [email protected]

    https://nhsv.org.za/wp-content/uploads/2020/09/NHSV-BL-Aansoekvorm-21.pdfmailto:[email protected]:[email protected]

  • 6

    • Sentrum vir Kontekstuele Bediening (UP)BrugbedieningWeek 1: 9-12 November 2020Week 2: 22-25 Februarie 2021Kursusleier: Prof Malan NelKoste: R2 500 (BTW ingesluit)Kursuspunte: 70Navrae: Hesmarie Bosman 012 420 [email protected]

    • Aanlynkursusse in pastorale berading ○ Pastorale sorg en krisis-intervensie ○ Fokus op die vrou ○ Treurberading en sterwensbegeleiding ○ Fokus op die huwelik ○ Trauma en krisisse ○ Fokus op kinders en jongmense

    Registreer enige tyd van die jaar – afstandonderrig Leraars ten minste 50 VBO-punte vir elke kursus Lede van CPSC (Beradersvereniging) 20 punte vir elke kursus Bou krediete op vir verdere studieNavrae: Prof Wentzel Coetzer [email protected] 294 7457 / 083 660 0409

    Betaalde advertensies in hierdie nuusbrief

    Die koste vir advertensies is R250 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + blitspos. Neem kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om ’n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder segeld terug te betaal.

    Meer besonderhede oor advertensies kan aangevra word van [email protected].

    Gebed vir die week

    Hemelse Vader, red my van myself,hierdie ligsinnige self wat met u skepping speel;hierdie verwaande self wat my so slim hou oorhoe u skeppingswerk verloop het;hierdie baasspelerige self wat u skepping manipuleer;hierdie hebsugtige self wat u skepping uitbuit;hierdie lui self wat u skepping net benut, maar nie bewerk nie.Here, hierdie self gooi sy skadu óral waar ek kyk,sodat ek nie kan sien, o God, op watter pad U my wil lei nie.O Here, help my om terug te staan,sodat die lig van u nuwe dag vir my die pad kan wys.

    Austin Farrer(Uit: Die groot gebedeboek, Piet Naudé 2014)

    Ds Willem SauerDs Etienne Fourie en dr Johan van StadenMev Tessa OppermannMnr Hugo van Niekerk

    Redakteur:Subredakteurs:Koördineerder:

    Uitlegkunstenaar:

    mailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]