Die Muskiet

10
Die muskiet Sheila Cussons. “ ‘n Gedig kom nie altyd soos die wind op nie. Soms moet dit gehaal, gesoek word, Oop gedink word uit ‘n enkele suinige gegewe, Soos die uitpluis, fyn en geduldig, van ‘n digte sy kokon Of sommer ‘n bolletjie wol.” Uit Teesuiker

Transcript of Die Muskiet

Page 1: Die Muskiet

Die muskietSheila Cussons.

“ ‘n Gedig kom nie altyd soos die wind op nie.Soms moet dit gehaal, gesoek word,Oop gedink word uit ‘n enkele suinige gegewe,Soos die uitpluis, fyn en geduldig, van ‘n digte sy kokonOf sommer ‘n bolletjie wol.”

Uit Teesuiker

Page 2: Die Muskiet

Sheila Cussons

Page 3: Die Muskiet

O, WAT IS DIE BRAND?Die digters wie se werk ek bewonder, ontgin albei die bonatuurlike deur middel van woord én beeld. By sowel Breyten Breytenbach (skilder digter) as Sheila Cussons (digter en etser) vind ons in bundel na bundel ‘n behoefte om in die bo-tydruimtelike in te beweeg. Gestaltes 1947In haar prosabundel, Gestaltes 1947 herroep Cussons ‘n herhaalde kinderdroom: “Dis ‘n brandende see en ek daarin, ‘n klein geparaliseerde liggaam ongeveer ses jaar oud… Ek is, êrens in ‘n helder kol binne my paniek, bewus dat die enigste lig in my spartelende liggaam gekonsentreer is, want alleen die vlamme wat naaste aan my beweeg, is ‘n donker deursigtige rooi… Agter strek ‘n waterduisternis of ‘n duisternis van vuur – ‘n swart vuur met ‘n rooi hart en binne die hart my blink sparteling, terwyl ek herhaaldelik na my vader roep” (1982:5).In 1974, ongeveer 45 jaar ná die vuurdroom, word “’n jarelange vermoede bevestig” toe ‘n gasoond in haar gesig ontplof. Twee jaar van hospitalisasie volg. Veloorplantings. Amputasies. En verse oor verminking en die herskepping van liggaam, siel, gees en aarde.Ek was veertien jaar oud toe ek “Christ of the Burnt men” vir die eerste keer raakgelees het in haar bundel, Die swart kombuis (1978). Dié gedig gryp my sedertdien aan die hart. Die titel verwys na Thomas Merton: eens Cambridge student en agnostikus, later priester, Trapistemonnik, sosiale aktivis en digter. Cussons is sterk beïnvloed deur sy meditatiewe joernale en boeke oor die kontemplatiewe lewe. In The sign of Jonas skryf Merton: “I know well the burnt faces of the Prophets and Evangelists, transformed by the white-hot dangerous presence of inspiration… they are the burnt men.” (1961:220.)

Page 4: Die Muskiet

Culex

Page 5: Die Muskiet

Culex is a genus of mosquito, and is important in that several species serve as vectors of important diseases, such as West Nile virus, filariasis, Japanese encephalitis, St. Louis encephalitis and avian malaria.The adult mosquito can measure from 4–10 millimetres (0.16–0.39 in), and morphologically has the three body parts common to insects: head, thorax, andabdomen. As a fly, it has one pair of wings.Scientists at the University of California, Davis and the Swedish University of Agricultural Sciences (SLU), have identified nonanal as a compound that attracts Culexmosquitoes.[1][2][3][4] Nonanal acts synergistically with carbon dioxide.[5]

Page 6: Die Muskiet

Strofe 1

1. Haar fyn piekerende gedrein

2. het my uit ligte slaap gewek : toe draai

3. sy om my, sirkel-sirkel sy op soek,

4. angstig na ’n landingstrook.

middelrym piekerend, beteken om te kla. Die geluid van die

muskiet klink soos iemand wat kla. (klanknabootsing)

Na die dubbelpunt volg dit wat haar uit

haar slaap gewek het.

herhalingsamestelling. Let op die alliterasie van die “s” om die klank van die muskiet uit te

beeld. Sirkel-sirkel dui ook op aanhoudendheid.

rymdwang, sodat fyn kan rym met gedrein.

Die regte woord is : gedreun.

Page 7: Die Muskiet

strofe 1 (vervolg)

5. En dan, o die verligting, vind sy

6. geskikte terrein : sink sy haar

7. verbluffende perfekte instrument

8. deur die huid en diep-o-heerlik in,

9. - swel uit haar dun lyfie al ronder

10. en ronder die rooi deursigte bel -

parentese. (Inlassin) Sê meer oor die verligting omdat sy ’n geskikte plek

gekry het om te land.

vel

Die emotiewe “o” word hier gebruik om die verligting aan te dui. Die

bevrediging van ’n behoefte.

kontraswerking. swel en dun

metafoor. Die “swelsel” lyk soos ’n bel (klok)

Page 8: Die Muskiet

Strofe 2

11. Nog ’n wyle, van wellus stil, sit sy net,

12. voor sy met ’n innige dank aan die Groot Culex

13. uitskroef en met haar buit

14. in die wye vrugbare nag verdwyn.

15. Haar lankal onnodige mannetjie

16. sal wel ook iewers wees, as hy nog leef,

17. beneweld duttend van nektarwyn.

rukkiegenot

Die spesie waaraan die muskiet

behoort.

bloed. Beteken, dit wat sy gesteel het.

Die nag is vrugbaar , want die bloed is nodig om haar

kleintjies te voed.

Hy slaap, want hy het die wyfie reeds

bevrug.

Nektarwyn, dui op die liefdesdaad.

Page 9: Die Muskiet

Strofe 3

18. Muskiet, vaarwel, vaar baie wel,

19. ek sal van ons vlugtige kennis simpatiek

20. geruime tyd nog jeuk. Toegewyde

21. goggatjie, ek wens jou ’n goeie bevalling,

22. en dit sal my niks verwonder nie as ek intussen

23. boonop nog, sentimenteel die dae tel.

Personifikasie. Muskiete het nie

bevallings soos mense nie

Sy was slegs die gasheer. As die wyfie haar eiers gelê

het, sterf sy ook.

boonop beteken

afgesien van. In hierdie geval

van die gejeuk.

tot die bevalling.

Dit is wat die spreker bewonder.

Page 10: Die Muskiet

Beantwoord die vrae op bl. 186 ( Ou handboek)