Die Kosmos - SAWA...Adres: [email protected]; Straatadres: Joubertstr 86, Balfour Kobus en...
Transcript of Die Kosmos - SAWA...Adres: [email protected]; Straatadres: Joubertstr 86, Balfour Kobus en...
DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 14
Die KOSMOS
Jaargang 38 Uitgawe 1 Desember 2016
Jaargang 35 uitgawe 6 Februarie 2013
Dit is Kersfees tyd
DIE KOSMOS BLADSY 2 VAN 14
OORDENKING
Geskryf deur Solly Ozrovech
God hou vol om sy vrede
te gee
Lees: 1 Petrus 1:1-9 “Soos God die Vader dit
vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en
deur die Gees afgesonder om aan Hom
gehoorsaam te wees en besprinkel te word
met die bloed van Jesus Christus. Mag
daar vir julle genade en vrede in oorvloed
wees!”
Sommige Christene het ‘n wegtrek-en-
stilhou- benadering tot hulle geestelike
lewe. Hulle spring weg met
entoesiasme, maar dan verflou hulle
energie en kom hulle geloofslewe tot
stilstand. Mettertyd dink hulle egter dat
hulle die saak moet regstel en trek weer
weg met vars ywer. Só fluktueer hulle
geloofslewe.
God hou egter voortdurend aan om vir
jou sy vrede te gee. God is ons
onfeilbare bron van genade en vrede:
“Daar is geen einde aan sy ontferming
nie, dit is elke môre nuut”
(Klaagl 3:22-23)
God is genadig wanneer dit goed
gaan met jou, en wanneer dit sleg
gaan met jou. Hy is genadig wanneer
jy Hom gehoorsaam én wanneer jy aan
Hom ongehoorsaam is. God skenk aan
jou sy vrede wanneer jy finansiële
sekuriteit het én wanneer dit finansieel
met jou sleg gaan. Hy is genadig
wanneer jy gelukkig is én wanneer jy
bedroef is. Hy gee vir jou vrede
wanneer oorlog dreig, maar ook
wanneer daar vrede heers. God skenk
aan jou sy vrede wanneer jy omring
word deur dierbares, maar ook
wanneer jy alleen en eensaam is. Hy is
genadig wanneer jy veilig voortseil,
maar ook wanneer jou wêreld
uitmekaarval.
GEBED: Getroue Here Jesus, ek dank U
vir U getrouheid onder alle
omstandighede. Maak my ook aan U
getrou.
INHOUDSOPGAWE
Voorbladnuus..............................1
Oordenking……….…............…..2
Redaksie………..…………..........3
Van die Voorsitter………..….......3
Voogdelys…………….….…........4
Verjaarsdae……………...............5
Huweliksherdenkings…..............5
In die Kombuis…...……...…........5
Lief en Leed................................6
Voorraad.....................................6
Goeie ou dae...………………….7
Saamtreknuus: AJV...….............8
Saamtreknuus: Badplaas............9
Saamtreknuus: Nasionaal.........10
Saamtreknuus: Kerskamp........11
Kleuters……………...…….…....12
Jaarprogram………..………......13
DIE KOSMOS BLADSY 3 VAN 14
i
‘n PAAR WOORDE VAN ANDRé
Dagsê Geagte Vriende Nog ‘n jaar wat aan ‘n einde kom. Dit voel partykeer dat tyd vlieg en dat daar soveel onvoltooide dinge is wat ons beplan het vir die jaar en nie kon voltooi het nie. Ons het vannaf die AJV nuwe planne in plek gesit vir 2017. Ek hoop dat al ons lede ten minste een of twee kampe kan bywoon in 2017. Daar was ook dan twee baie suksesvolle en lekker kampe die laaste twee maande by name die Nasionale saamtrek by Koppisol in September en die kerskamp saam met streek Luiperds by Bloekompoort. Sawanate het weer gewys dat hulle kan lekker kuier by die twee kampe. Daar was dan natuurlik ook twee werksnaweke wat ek en Marianne en van die ander bestuurlede moes bywoon. Die eerste een was die NUB wat hoofsaaklik gegaan het oor toekomsbeplanning. Daar is ‘n verslag in die uitgawe oor die laaste NUB. Die tweede werks- naweek was die Kongres, wat dan ook plaasgevind het by Koppisol waar die werksaamhede van SAWA in die geheel bespreek was en mense dan hulle toekennings ontvang het vir hulle bydrae tot SAWA gedurende 2016. Meer nuus rondom die saamtrek is beskikbaar later in die uitgawe. Met ons streek het dit goed gegaan deur die jaar. Ek hoop en vertrou dat volgende jaar vir ons ‘n jaar gaan wees waarin ons kan groei en weer lekker kan saam kuier by die saamtrekke. Aan al ons lede wie se kinders en kleinkinders betrokke was by eksamens, geluk met die prestasies en uitslae. Julle moet asseblief vir ons die nuus aanstuur sodat ons dit kan deel met almal. Aan die ouens wat ‘n lekker vakansie gereël het wens ek ‘n lekker rustyd toe , wees bedagsaam en veilig reis na julle bestemmings. Aan die ouens wat by die huis bly en wat nog moet werk “join the club” ons beurt sal ook kom. Sien julle by die volgende kamp. Ons beplan ‘n saamtrek einde Januarie 2017 by Bush Inn Springs saam met streek Suid Oos . Ons wil dan ook graag die kamp toewy aan al ons Senior Burgers so almal bo 60 spesiaal vir julle so daar is geen verskoning om nie te gaan kamp nie. “Mag barmhartigheid en vrede en die liefde vir julle vermenigvuldig word” Geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar aan almal.
Groete, Andre Erasmus
REDAKSIE
Hallo Vriende Ek vra omverskoning dat ek so lanklaas ‘n nuusbrief na julle gestuur het! Ek is so dankbaar dat Kobus Roets ingestem het om die Kosmos by my oor te vat van volgende jaar af!! Ek sien nogal uit daarna om die Kosmos uit iemand anders se oog te sien! Die stukkie van Solly Oztovech by die Oordenking was vir my baie treffend en ook toepaslik in hierdie tyd van die jaar. Mag julle almal die vrede van Christus beleef waar ons aan die einde van nog ‘n jaar kom en ook in ons vooruitsigte vir die nuwe jaar. Ek neem nou ook afskeid van julle na ‘n klompie jare wat ek die Redaksie gelei het. Baie dankie vir almal se insette wat julle gelewer het. Ek is darem nie weg nie! Sien jul by die volgende kamp!
Marianne Erasmus
DIE KOSMOS BLADSY 4 VAN 14
VOOGDELYS
André en Marianne Erasmus (Tel André 0833007706; Marianne 0828902019) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Middelbultstr. 25, Secunda
Hennie en Monica Oosthuizen (Tel Hennie 082 554 1033) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Joubertstr 86, Balfour
Kobus en Hannatjie Roets (Tel Kobus 083 2300 551) e-pos Adres: [email protected] Straatadres: Sudwalastr 6, Secunda
André en Annemarie Fourie (Tel Annemarie 082 852 0657 ) e-pos
Adres: [email protected]; Straatadres: Krokodilrivierstr. 7,
Secunda
Jacques Fourie (Tel 076 1394 007 ) e-pos Adres:
[email protected] Straatadres: Krokodilrivierstr. 7, Secunda
Lance & Retha Batts, Francois & Mariane Ueckermann,
Brad & Astrid Blake, , Chris & Thiana Bornman
David & Rea van As, Johan & Magda van Dyk, Ronnie &
Magda Moorcroft, Theo & Elize Saayman, , Edwin & René
Sieberhagen
Alta & Martiens Grobler, Frans & Ohna Steyn, Paul &
Anriëtte van Schalkwyk, Neil & Henriëtte van Wyk,
Kobus & Annatjie Bester, Div de Villiers, Danie & Annalie
Meyer, Sakkie & Gretha Mocke
DIE KOSMOS BLADSY 5 VAN 14
A
VERJAARSDAE
IN DIE KOMBUIS
Ingestuur deur Rea van As
Lekker vinnige skons 1 blikkie ‘Sprite” 340ml 1pk 500g bruismeel 1 t sout 1 250ml room
Meng alles saam en sit in kolwyntjie pan-
netjies.
In ‘n japtrap lekker skons
Bak teen 180˚ C vir 30min
Januarie
01 - Hanco Meintjes 05 – Ronnie Moorcroft 07 – Jacques Fourie 17 – Frans Steyn 19 – Alta Grobler 27 – Christa Thirion 29 – Johan van Dyk 30 – Henriette van Wyk 30 - Martiens Grobler
HUWELIKSHERDENKINGS
Desember
02 – Gretha Mocke 13 – Magda Moorcroft 18 – Rea van As 26 – David van As 30 – Nico Botha (Snr)
Januarie
02 - Chris & Thiana Bornman
Desember
02 – Johan & Magda van Dyk 10 – André & Annemarie Fourie 18 – Frans & Ohna Steyn
DIE KOSMOS BLADSY 6 VAN 14
LIEF EN LEED
Sterkte aan Paul van Schalkwyk wat weer gegaan het vir ‘n oogoperasie (Katerak).
Lance Batts het gegaan vir ‘n klein operasie
Hannatjie Roets het gegaan vir ‘n klein operasie
Annatjie Bester het weer gegaan vir ‘n knievervanging
Annemarie Fourie se swaer en haar seun Pierre was in die hospital. Beide is
ontslaan en dit gaan beter.
Dawid en Rea van As se dogter Ankia het weer ’n seuntjie ryker geword.
Henriko Roets het 6de plek in die top 10 van graad 4 vir akademie behaal.
Dawid van As is in die hospitaal met sists op sy dikderm. Hulle weet nog nie hoe
gaan hulle dit behandel nie want dit is ’n baie gevaarlike operasie.
Gretha Mocke het gegaan vir ’n operasie en was nogsteeds in die hospitaal.
Frans en Ohna Steyn het ‘n kleinkind ryker geword.
Martiens en Alta Grobler se dogter en nog ‘n seuntjie gehad.
VOORRAAD
Voorraadbeampte: Jacques Fourie
Sweetpakke Boshoed
Sirkel & Snorre Windjakker
Windjakker (Waterdig) Oosvaalhemde
Oosvaalpette
Alle verkope – Kontant met bestelling
DIE KOSMOS BLADSY 7 VAN 14
Ons het met ons kerkgelde wat ingesamel is, ‘n bedrag van R2000 oorbetaal
aan die Kristopher Ryan Sentrum. Hier is hulle dankie sê!
Dankie van Kristopher Ryan Sentrum
DIE KOSMOS BLADSY 8 VAN 14
GOEIE OU DAE…..
Tema naweke en pret kom al van ouds af lyk of die
groep hulle baie geniet het
Hou baie van die prys wat die ou gewen het – “Man Size”
DIE KOSMOS BLADSY 9 VAN 14
Die bestuur van 2015/6 kry elkeen ‘n Streek
Meriete vir 2j op bestuur. Jacques Fourie kry
‘n Sertifikaat van Verdienste.
Lance en Andre kry beide Gebied Ere
toekennings
Meeste Streek Kampe: Andre en Marianne
Beste bydrae tot die Kosmos: Monica
Oosthuizen
ALGEMENE JAAVERGADERING 2016
Gehou op Vrydag 5 Augustus 2016 in die SAVF-
Saal, Silkaatskop, Secunda
Oosvaler van die Jaar: Retha Batts
Nuutverkose bestuur vir 2016/7
Kobus Roets open vir ons die vergadering op
die gepaste manier
DIE KOSMOS BLADSY 10 VAN 14
SAAMTREK NUUS
Badplaas
Augustus 2016
Vier Gesinne vertrek Vrydag 26 Augustus na
Badplaas vakansie oord. Hennie en Monica het
eers na 8 daar aangekom en het toe sommer
besluit om in ‘n tent te kamp die naweek.
Peet & Elaine Venter van Luiperds kamp ook saam
met ons die naweek.
Saterdagoggend begin soos gewoonlik met ‘n
lekker ontbyt waarna ons die winkels betrek om
seker te maak daar is genoeg voorraad vir die res
van die naweek.
Marianne laat ons die hele Badplaas deurloop
agter roomys aan, met ons geluk is al die roomys
plekke toe die Saterdag. Gelukkig was daar ‘n
wafel en roomys op die spyskaart by die Spa. Wat
‘n verligting, vir die wat Badplaas ken, sal weet dat
dit nou nie ‘n plat area is nie en met Marianne in
die rolstoel was ek maar bly dat daar ‘n paar ander
manne was om te help stoot.
Saterdagmiddag speel ons manne yster rolbal al
om die ablusieblok totdat daar uiteindelik ‘n
wenner was. Kan nie onthou wie nie, maar dit
maak nie saak nie. Die saamkuier was baie lekker.
Die aand soos gewoonlik besoek ons die spa na ‘n
lekker aandete.
Sondagoggend gaan almal na die erediens in
Badplaas se NG Kerk op die oord waarna ons toe
weer verder kuier by die waens. Na die afsluiting
begin ons oppak en nog ’n lekker naweek is verby.
Baie dankie aan almal Peet & Elaine, Hennie &
Monica, Martiens & Alta met hul twee
kleindogters Leah & René en my wederhelf
Marianne vir ‘n baie lekker naweek.
Tot die volgende kamp.
Andre Erasmus
Ons staan reg vir ontbyt!
Sit bietjie en rus!
Staan almal bymekaar
Ons sit iets en bespiegel??
DIE KOSMOS BLADSY 11 VAN 14
SAAMTREK NUUS
Nasionale Kamp, Koppisol
September 2016
Al die Kampkommandante!
Gebied Oos-Transvaal (bestaande uit die 7
Luiperds, 4 Suid Oos, 2 Olifante, 3 Oosvaal)
het opgetree as kampkommandante vir die
aanbieding van die Nasionale kamp. Op
die ou einde het 106 woonwaens van die
116 wat bespreek het, opgedaag.
Woensdagoggend 21ste September,
arriveer Lance Batts, ons Gebiedsvoorsitter
om vir ons plek te maak en om saam met
die Ou Baarde (Senior Burgers) te kuier tot
die res van ons Vrydag die 23ste gearriveer
het.
Saterdagoggend is die dag weer begin
met boekevat wat deur Peet Venter waar-
geneem is. Daarna het Fanie Marx die
kampeerders besig gehou het met ’n aan-
bieding ter verduideliking van die moets en
moenies van woonwa sleep en dan ook
sommer die EB lisensie opleidingsessie
daarna behartig het.
So om en by 12 uur het ons met die voorbe-
reiding van die aandete, wat bestaan het
uit pap, wors, sous en broodjies, begin.
Vanuit die terugvoer van die groep was dit
duidelik dat die gebied ‘n ete van gehalte
voorgesit het.
Die tema vir die naweek was dat jy moes
aantrek met die letter waarmee jou naam
begin (Bv Santie = ”S” en aangetrek soos ’n
suster) Hier het ons eie Marianne Erasmus
die prys vir die beste gekleede dame
verower.
Aan almal wat saam gekamp het, sê ek
baie dankie vir julle betrokkenheid en
samesyn. Dit was voorwaar ’n lekker kamp,
julle mag maar weer volgende keer saam
kom.
Oos-Transvaal Groete, Francois Storm
Mary Poppins en ‘n Afrikaanse Boerseun!
Lance het herken dat hy moes 2 keer mors kyk, toe sien hy eers dit is Retha!
Mickey Muis en Hanswors!
Oosvaal se tafel. Dit was als Monica!
DIE KOSMOS BLADSY 12 VAN 14
Kleintjies gaan haal vir Smurf
Die Ou Baarde kry ook geskenke
Stukkende kouse en onderbroeke!
Kinders by die sjokolade fontein
SAAMTREK NUUS
Kerskamp, Bloekompoort
25-27 November 2016
Die Oosvaalers het vreeslik lekker gekamp
saam met die Luiperds by Bloekompoort.
Die Seniorburgers het alreeds vanaf Woens-
dag daar gekamp, waar die res van ons
Vrydag by hulle aangesluit het.
Vrydagaand het dit lekker gereën en die
res van die naweek was die weer heerlik vir
kamp. Almal het Vrydagaand so deur die
reën onder afdakke saam gebraai en net
lekker gekuier. Die kinders het baljaar in die
swembad van vroeg Saterdagoggend.
Laatoggend het Smurf vir die kinders hulle
partytjiesaal kom oopsluit en gesê dat hulle
baie hard moet roep na Kersvader. Kersva-
der het toe vir die kinders elkeen ‘n ge-
skenk uitgedeel. Die kinders is vreeslik be-
derf met baie lekkergoed. Daar was tot ‘n
sjokoladefontein waarin hulle malvalekkers
of koekies kon doop en eet. Hulle is ook ge
wys hoe om hulle eie kolwyntjies te versier.
Die kinders het dit vreeslik geniet. Vir die
mammas en pappas, oumas en oupas was
die hoogtepunt die aand se optof vir die
kersdinee. Dis was omtrent ‘n feesmaal.
Sondagoggend het die kerkdiens die vorm
van ‘n kersdiens aangeneem waar ons, ons
Verlosser se naam vereer het vir dit wat Hy
vir ons kom doen het om weer verenig te
kan wees met die Vader.
Dit was voorwaar ‘n vreeslike lekker kamp
waaroor nog lank gepraat sal word. Baie
dankie Luiperds vir al jul harde werk en
moeite om die kerskamp ‘n groot sukses te
kon maak. Volgende jaar is Oosvaal die
gasheer vir hierdie kerskamp op dieselfde
plek. Ek hoop om sommer ‘n klomp Oos-
valers daar te sien. Indien julle dalk goeie
idees het, skakel asb met ons. Enige idees
en hulp is welkom!
Sien julle by die volgende kamp.
Kobus en Hannatjie Roets
DIE KOSMOS BLADSY 14 VAN 14
KONTAK ONS
SAWA Webwerfadres - http://www.sawa.org.za/
SAWA eposadres - [email protected]
Die KOSMOS word uitgegee deur Streek Oosvaal van die SA Woonwa-Assossiasie (SAWA). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word
deur die Redakteur verantwoord.
OOSVAAL BANK
BESONDERHEDE
Penningmeester:
Annemarie Fourie
Bank : Standard Bank,
Secunda
Rekeningnommer: 137501072
Takkode 053444
Nuusblad van Streek
Oosvaal van die Suid‐Afrikaanse Woonwa‐Assossiasie
Redakteur en bladuitleg:
Marianne Erasmus,
Posbus 5666, Secunda, 2302
Sel: 082 890 2019
Epos: [email protected]
Drukwerk en verspreiding: Andre en
Marianne Erasmus
Oosvaal 2016/7 Jaarprogram
Datum Plek Tarief
28-30 Okt 2016 De Voetpadkloof Verby
25-27 Nov 2016 Kerskamp Bloekompoort Saam met Luiperds
Verby
27-29 Jan 2017 Bush Inn Springs (Senior Burger) Saam met Suid-Oos
03-05 Feb 2017 Oop NUB Bloekompoort
24-26 Feb 2017 Sionbergh
24-26 Maart 2017 Gebiedskamp (Bestuur Opleiding) - Badplaas
13-17 April 2017 Presidente Klipdraai
26-28 Mei 2017 De Voetpadkloof
16-18 Junie 2017 Mabalingwe / Weesgerus
18-20 Aug 2017 AJV Riverside Lodge
22-24 Sept 2017 Loskopdam Saam met Luiperds
13-15 Okt 2017 Kongres
27-29 Okt 2017 Badplaas
24-26 Nov 2017 Kerskamp - Bloekompoort
NB: Ons sal die tariewe insit soos dit beskikbaar is