Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) in jou ......kanker gediagnoseer is, te verwys vir...

2
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) in jou gemeenskap. Oorwinning is moontlik... Pruike & prosteses Pruike & prosteses KANSA se unieke en geïntegreerde diens word moontlik gemaak deur donasies en jou deelname aan Shavathon in jou gemeenskap Stomaterapie- klinieke Stomaterapie- klinieke Limfedeem- behandeling Limfedeem- behandeling Tussentuistes Tussentuistes KANSA Seël van Erkenning KANSA Seël van Erkenning Voorspraak Voorspraak Voorkoming Voorkoming Kanker- siftingstoetse Kanker- siftingstoetse Ondersteunings- groepe Ondersteunings- groepe Mediese toerusting Mediese toerusting Navorsing Navorsing Oorwin kanker Oorwin kanker Gesondheids- programme Wees kanker slim Gesondheids- programme Wees kanker slim ‘Neem Beheer' ‘Neem Beheer' www.cansa.org.za KANSA Tolvry 0800 22 66 22 CAN SA www.shavathon.org.za

Transcript of Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) in jou ......kanker gediagnoseer is, te verwys vir...

Page 1: Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) in jou ......kanker gediagnoseer is, te verwys vir behandeling. 'Soek-die moesie' ('Spot-the-spot') klinieke word vanaf November tot Februarie

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) in jou gemeenskap.

Oorwinning is moontlik...

Pruike &prostesesPruike &prosteses

KANSA seunieke en geïntegreerde

diens word moontlik gemaakdeur donasies en jou deelname

aan Shavathon in jougemeenskap

Stomaterapie-klinieke

Stomaterapie-klinieke

Limfedeem-behandelingLimfedeem-behandeling

TussentuistesTussentuistes

KANSASeël van

Erkenning

KANSASeël van

Erkenning

VoorspraakVoorspraak

VoorkomingVoorkomingKanker-

siftingstoetseKanker-

siftingstoetse

Ondersteunings-groepe

Ondersteunings-groepe

MediesetoerustingMediese

toerusting

NavorsingNavorsing

OorwinkankerOorwinkanker

Gesondheids-programmeWees kanker

slim

Gesondheids-programmeWees kanker

slim ‘NeemBeheer'‘NeemBeheer'

www.cansa.org.za KANSA Tolvry 0800 22 66 22

CAN SA

www.shavathon.org.za

Page 2: Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) in jou ......kanker gediagnoseer is, te verwys vir behandeling. 'Soek-die moesie' ('Spot-the-spot') klinieke word vanaf November tot Februarie

Hoe kankernavorsing jou bevoordeel

Voorsprak - Maak ingeligte en slim keuses in jou soeke na 'n gesonde lewenstyl

KANSA se Seël van Erkenning help jou om slim keuses te maak

Gesondheidsprogramme - Wees kanker slim

Voorsorg verhoed nasorg

As een van die leiers in kankernavorsing, befonds KANSA as organisasie, en in vennootskap met die Mediese Navorsingsraad (MNR) en die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) deur CARISA (Cancer Research Initiative in South Afica), jaarliks meer as R4.5 miljoen vir verskeie tipes kankernavorsing in Suid-Afrika.

KANSA se voorspraak- (of waghond) funksie word aangepas volgens die resultate en wetenskaplike bevindinge wat uit ons navorsing voortspruit. Hierdie bevindinge word voorts tot voordeel van die publiek aangewend deurdat ons gesondheidheidsprogram daardeur versterk word.

In 'n poging om effektiewe kankerbeheermaatreëls daar te stel, en om as 'n mondstuk vir die publiek op te tree, het KANSA 'n 'waghond rol' ingeneem metdie doel om Suid-Afrikaanse beleidmakers te beïnvloed en om publieke bewustheid te skep oor geïdentifiseerde kankervormende faktore.

Statistieke dui daarop dat een uit elke vier Suid-Afrikaners gedurende sy of haar leeftyd deur kanker geraak word. In Suid-Afrika word meer as 100 000mense jaarliks met kanker gediagnoseer, terwyl meer as 60 000 elke jaar die stryd teen kanker verloor.

Die KANSA Seël van Erkenning word deur navorsing gerugsteun en word aan produkte toegeken wat 'n gesonde, gebalanseerde lewenstyl bevorder en ook tot kankervoorkoming bydra deur geen kankervormende middels te bevat nie.

Die fokus van KANSA se voorspraakprogram (ook ten nouste aan ons gesondheidsprogram gekoppel) is hoofsaaklik ingestel op bewusmaking en op inspraak om beleidsveranderinge teweeg te bring. Derhalwe word ons program om kanker te beheer iutgebrei om ook die voorkoming van kanker deur vroeë diagnose en opsporingstoetse, en ondersteuning aan pasiënte en hul families tydens behandeling en daarna, in te slui. Kennis oor die verlaging van risiko's, en die voorkoming en vroeë opsporing, is van onskatbare waarde in die stryd teen kanker.

KANSA se gesondheidsprogram beklemtoon die belangrikheid van 'n gebalanseerde lewenstyl. Dit sluit in 'n gesonde dieët, gereelde oefening, lae alkohol-inname, geen tabakprodukte te gebruik nie. Verdere faktore sluit in om son slim te wees, selfondersoeke te doen, gereelde mediese roetine ondersoeke te laat doen en blootstelling aan kankervormende middels te

vermy. Voorts fokus KANSA jaarliks op ses gesondheidsveldtogte,naamlik Mans Gesondheid, Vroue Gesondheid, Kinders en Jeug, die Omgewing (insluitende SonSlim), Anti-Tabak en 'n Gebalanseerde Lewenstyl.

KANSA bestry kanker deur die publiek bewus te maak van die belangrikheid van die vroeë opsporing van kanker wat meer effektiewe behandeling en 'n beter vooruitsig op herstel moontlik maak. KANSA fasiliteer kankersiftingsklinieke om soveel mense moontlik te bereik en behulpsaam te wees om diegene wat met kanker gediagnoseer is, te verwys vir behandeling. 'Soek-die moesie' ('Spot-the-spot') klinieke word vanaf November tot Februarie gehou om velkanker op te spoor. Prostaat Spesifieke Antigene (PSA)-toetsing maak dit moontlik om prostaatkanker in mans op te spoor, terwyl borsondersoeke en Papsmere uitgevoer word om onderskeidelik bors- en servikskanker op te spoor. KANSA se sewe mobiele klinieke reis na landelike afgeleë gebiede dwarsdeur Suid-Afrika om mense te bereik wat andersins nooit die geleentheid sou kry om vir kanker getoets te word nie.

'Neem Beheer' (bestaande uit twee oudio CD's) is deur twee kankeroorwinnaars opgestel met die doel om mense wat deur kanker geraak word (diegene wat onlangs gediagnoseer is, asook hul geliefdes), te help om hul situasie baas te raak deur inligting en praktiese wenke te verskaf om fisiese, emosionele en geestelike welsyn te bevorder, voor en tydens behandeling. Die CDs word deur die National Lottery Distribution Trust (Lotto) befonds en is in Afrikaans, Engels, Sotho en Zoeloe beskikbaar. Kry 'n gratis kopie by enige KANSA kantoor of laai dit elektronies van ons webtuiste af.

KANSA se aktiewe ondersteuningsgroepe bring pasiënte, langtermyn oorwinnaars en geliefdes in aanraking met ander oorwinnaars en versorgers vir insig, morele begrip en ondersteuning, hoop en inspirasie.

Die ondersteuningsgroepe sluit in 'Hoping is Coping' (gebaseer op 'Neem Beheer'), 'Sharing and Caring'- groepe (groepe pasiënte met verskillende kankers asook groepe wat geliefdes aan die dood afgestaan het) en kankerspesifieke groepe (soos bors-, prostaat-, strottehoof- en bloedkanker). Dit sluit ook stomagroepe in (meesal pasiënte met kolo-rektale kanker na stomachirurgie) , Dagsorggroepe ( informele groepbyeenkomste op 'n gereelde grondslag by KANSA kantore) en 'Tough Living with Cancer (TLC)'-ondersteuningsgroepe wat ondersteuning aan kinders met kanker, of aan gesinne en geliefdes wat deur kanker geraak is, te bied.

Kankersiftingstoetse

'Neem Beheer' CD

Ondersteuningsgroepe

Mediese toerusting

Pruike en prosteses

Stomaterapieklinieke

Limfedeembehandeling

Tussentuistes‘Tuis weg van jou huis’

Wanneer die behoefte aan mediese toerusting ontstaan, soos byvoorbeeld 'n rolstoel, kommode of eierdopmatras na chirurgie of tydens kankerbehandeling, verhuur KANSA kantore landswyd mediese toerusting aan mense wat met kanker gediagnoseer is om dit makliker te kan hanteer.

Kankerbehandeling lei dikwels tot haarverlies. Vra jou haarkapper om jou pruik (wat gehuur of van KANSA kantore gekoop kan word) na jou behoefte te stileer.

Borsprosteses word by KANSA kantore te koop aangebied, waar personeel en vrywilligers jou met kundige raad en advies kan bedien.

Stomaterapieklinieke bied voor- en na-operatiewe berading aan, bepaal vooraf die optimale stoma ligging, en verleen intra-operatiewe versorging, insluitende opleiding in hanteringsvaardighede aan die pasiënt en sy gesin. Wondversorging en advies oor inkontinensie vorm deel van hierdie diens. Pasiënte kan 'n volledige reeks stoma en verwante produkte teen 'n lae koste by verskeie KANSA kantore aankoop.

Limfkliere en –vate word dikwels tydens kankerchirurgie verwyder. As die oorblywende limfvate nie genoegsaam vloeistowwe kan dreineer nie, bou daar 'n oormaat vloeistof op en veroorsaak swelling of limfedeem. Radioterapie kan ook limfvatskade veroorsaak.

Verskeie KANSA kantore bied limfedeembehandeling aan, waar terapeute (wat spesiale opleiding in die hantering van limfedeem ondergaan het), Volledige Ledigingsterapie (VLT) gebruik om hierdie simptome by kankerpasiënte te verlig. VLT-behandeling sluit in manuele limfdreinering, drukverbande, spesiale oefeninge en vel- en naelversorging.

Bel ons asseblief tolvry op 0800 22 66 22 of stuur 'n e-pos aan [email protected] vir meer inligting aangaande jou naaste stoma- of limfedeemkliniek.

KANSA verskaf huisvesting aan pasiënte wat ver van onkologie klinieke woon, en wat ver moet reis om kankerbehandeling te ondergaan. Gaste by ons 14 tussentuistes landswyd gaan vir gemiddeld ses weke op 'n slag hier tuis. Maaltye, asook vervoer na en van die verskeie behandelingsentra word verskaf. Alhoewel pasiënte gratis hier kan tuisgaan, word donasies verwelkom.

KANSA se hospitium in Polokwane (Limpopo) - die Theunis Fichardt Hospitium en Tussentuiste - bied uitstekende verpleegsorg aan kankerpasiënte en ander baie siek pasiënte wat spesiale sorg nodig het. KANSA voorsien ook self-sorg verblyf aan ouers tydens die duur

van hulle kinders se kankerbehandeling by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria. Ouers wat in die KANSA Nicus Lodge bly kan hulle eie maaltye in die gemeenskaplike kombuis voorberei.

Na raming is daar sowat een miljoen langtermyn kankeroorwinnaars in Suid-Afrika. Hoewel KANSA oorlewing en oorwinning oor kanker vier, besef ons dat oorwinnaars koestering en ondersteuning nodig het om die langtermynuitwerking en -komplikasies van kankerbehandeling die hoof te bied.

KANSA besef dat oorwining oor kanker gepaard gaan met die emosionele en fisiese gevolge van kanker, en dat ondersteuning nie ná behandeling behoort te eindig nie. As jy 'n pad met kanker stap, of 'n langtermyn oorwinnaar is, deel asseblief jou gedagtes en ondervindinge deur vir ons 'n e-pos na [email protected] te stuur. Jou kommentaar sal ons help om 'n ondersteuningsprogram vir langtermyn oorwinnaars daar te stel. Ons hoor graag van jou.

Ons het gedurende die 2009/2010 finansiële jaar meer as 'n miljoen mense bereik:• 702,780 met 8 396 praatjies deur personeel en

opgeleide vrywilligers• 1,188,394 met uitstallings en 690,647 met pamflette• Die a f ge lope j aa r he t KANSA se 156

ondersteuningsgroepe aan meer as 9 500kankeroorwinnaars en hul gesinne emosionele enpraktiese ondersteuning verleen

• Ongeveer 2 800 opgeleide KANSA vrywilligers hetondersteuningsdienste aan 6 930 pasiënte verleen,terwyl 2 700 versorgers hulp (fisies en emosioneel,asook hulptoerusting) aan meer as 92 800bedleênde pasiënte verleen het.

• 3 204 Pasiënte het in KANSA se 12 Tussentuistestuisgegaan terwyl hulle behandeling ondergaan het.

• Meer as 568 000 pamflette (beskikbaar in Afrikaans,Engels, Sotho en Zoeloe), asook 11 500 plakkate isversprei gedurende ons bewusmakingsveldtogte.

• KANSA het 67,352 Suid-Afrikaners bewus gemaakvan velkanker tydens ons SonSlim veldtog – dit hetingesluit praatjies, uitstallings, 'Soek-die-moesie'klinieke, pamflette en plakkate.

• KANSA bestry kanker deur die publiek bewus temaak van die belangrikheid van die vroeë opsporingvan kanker wat meer effektiewe behandeling en 'nbeter vooruitsig op herstel moontlik maak. KANSA sekankersiftingsklinieke word hiervoor ingespan, en dievolgende siftingstoetse is aangeteken:• 20 428 Papsmere (vir servikale kanker) • 24 908 bors self-ondersoeke• 4 957 Prostaat Spesifieke Antigene (PSA)• 5 904 velondersoeke

Oorwin kanker

Wat sê die syfers? - KANSA Feite

Oorwinning is moontlik...