DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4...

34

Transcript of DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4...

Page 1: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering
Page 2: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering
Page 3: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE

Geïntegreerde verslag2016

Page 4: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering
Page 5: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 1

Voorwoord: Nasionale Voorsitter 3

Inleiding 4

FEDSAS se benadering tot verslagdoening 4

Termyn gedek in hierdie verslag 4

Afkortings en verklarende terme 4

Kontakbesonderhede en terugvoering 5

Oorsig oor FEDSAS 6

Wie is FEDSAS? 6

Kernwaardes 6

Waarvoor staan FEDSAS? 7

Wat doen FEDSAS vir jou? 7

Beheerstrukture 8

Nasionale Raad 9

Komitees 10

Nasionale voetspoor 11

Fokusareas en Strategiese Doelwitte 13

Fokusarea: Opleiding 13

Fokusarea: Bewusmaking 14

Fokusarea: Navorsing 19

Fokusarea: Groei ledetal 22

Fokusarea: Fondswerwing en verhoudingsbestuur 22

Fokusarea: Goeie korporatiewe bestuur 22

Verslag van die Uitvoerende Hoof 24

Finansiële State 26

Inhoudsopgawe

Page 6: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE2

© FEDSAS NasionaalSaamgestel deur FEDSASUitleg deur Chrysalis Advertising & Publishing

Page 7: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 3

Voorwoord: Nasionale Voorsitter

Die jaar 2016 sal waarskynlik nog lank onthou word as een wat van die grootste uitdagings nóg aan die onderwyssektor in Suid-Afrika gestel het. Die prentjie lyk taamlik donker, met universiteite en ander instellings van hoër onderwys wat deur ingrypende veranderinge in die gesig gestaar word in terme van studente se aandrang op gratis hoër onderwys en die hersiening van kurrikula. Ook basiese onderwys spring nie die stuiptrekkings van veranderende tye vry nie. Politieke inmenging en dikwels onoordeelkundige besluitneming op regeringsvlak noop rolspelers om hul in feitlik elke provinsie tot die hof te wend. Voeg daarby uitdagings soos voortdurende tekorte aan fondse, personeel en kundigheid en die prentjie raak al donkerder.

Tog is daar steeds volop rede tot hoop. Hierdie geïntegreerde verslag van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) is die spreekwoordelike silwer randjie rondom die donker wolk. Soos in die voorafgaande 23 jaar het FEDSAS in 2016 weer bewys dat innoverende denke, passie en doodgewone harde werk steeds ’n wenkombinasie bly. By FEDSAS word elke besluit en elke aksie gemeet aan ’n enkele doelwit: gehalte-onderrig vir alle kinders in openbare skole in Suid-Afrika.

Hierdie verslag berig onder meer oor FEDSAS se steeds groeiende ledetal – die 2000-kerf is vir die eerste keer in 2016 oorgesteek! – en die baanbrekerswerk wat met die King III-handleiding vir skole gedoen is. Dit is maar twee suksesstories uit FEDSAS se ses fokusareas. As internasionaal gerekende kenner en meningsvormer op die gebied van skoolbeheer- en bestuur is FEDSAS ’n organisasie wat ’n betekenisvolle bydrae lewer op vele terreine in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel. Dit sluit in deelname aan beleidsvorming, monitering, regsmenings, skoolbestuur en ook opleiding.

Hierdie geïntegreerde verslag bied ’n oorsig van die werksaamhede van 2016, asook die finansiële jaar 2015. Dit wys waar die organisasie tans is en dit bied ’n toekomsblik in terme van die groei- en ontwikkelingspotensiaal wat nie net ’n kenmerk van die onderwyssektor is nie, maar van Suid-Afrika as groeiende demokrasie.

Erhard EH Wolf:Nasionale voorsitter

Page 8: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE4

Inleiding

FEDSAS se benadering tot verslagdoeningFEDSAS aanvaar die King-verslag oor Beheer vir Suid-Afrika, 2009, en die Kingkode van Beheerbeginsels vir Suid-Afrika (“King III”, “King III-verslag” of “King III-kode”, na gelang van die konteks) as die brondokumente oor dít waaruit goeie beheer bestaan. Tog is daar ook ander rigtinggewende dokumente oor, en vereistes vir, goeie beheer wat vir organisasies sonder winsbejag geld. Dit sluit in die SANGOCO-etiekkode vir Organisasies sonder Winsbejag (1997), die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se Kode van Goeie Praktyk vir Suid-Afrikaanse Organisasies sonder Winsbejag (2001) en die Onafhanklike Kode vir die Beheer en Waardes van Organisasies sonder Winsbejag in Suid-Afrika (2012).

Hierdie geïntegreerde verslag gee terugvoering oor, en bied ’n vooruitskouing van, die organisasie se verbintenis tot goeie beheer en hoe dit grondslag vind in sy aktiwiteite. Die doel van die verslag is om aan alle rolspelers, intern en ekstern, ’n oorsig en insig te bied oor die nie-finansiële en finansiële stand van sake in terme van FEDSAS se strategiese doelwitte. Sodoende word rolspelers in staat gestel om die organisasie se prestasie en volhoubaarheid te evalueer. FEDSAS wil met hierdie verslag aan rolspelers wys hoe die organisasie waarde toevoeg tot die Suid-Afrikaanse samelewing.

Termyn gedek in hierdie verslagHierdie verslag bied ʼn oorsig oor FEDSAS se werksaamhede vir 2016, asook die finansiële jaar 2015.

Afkortings en verklarende termeDMO-kode: Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se Kode van Goeie Praktyk vir Suid-Afrikaanse Organisasies sonder Winsbejag (2001)

FEDSAS: Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole

Organisasie sonder winsbejag: ’n Organisasie wat nie ’n winsoogmerk najaag nie, wat insluit ’n organisasie wat opgerig is as ’n maatskappy ingevolge die Maatskappyewet 71 van 2008 (’n maatskappy sonder winsbejag), ’n statutêre liggaam, trust of vrywillige vereniging, ongeag of dit ingevolge die Wet op Organisasies sonder Winsbejag 71 van 1997 as ’n organisasie sonder winsbejag of ingevolge die Wet op Inkomstebelasting 58 van 1962 as ’n openbarevoordeelorganisasie tot stand gebring is

SANGOCO-kode: Die Suid-Afrikaanse Nasionale NRO-koalisie se Etiekkode vir Organisasies sonder Winsbejag (1997)

Page 9: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 5

Skolewet: Die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996

Wet op Nasionale Onderwysbeleid: Die Wet op die Nasionale Onderwysbeleid 27 van 1996

Wet op Indiensneming van Opvoeders: Die Wet op die Indiensneming van Opvoeders 76 van 1998

Kontakbesonderhede en terugvoeringTerugvoering oor die inhoud en struktuur van hierdie verslag sal FEDSAS in staat stel om sy verslagdoeningspraktyke voortdurend te verbeter.

Nasionale kantoor: 051-522 6903Webwerf: www.fedsas.org.za

Page 10: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE6

Oorsig oor FEDSAS

Wie is FEDSAS?FEDSAS is die leier in skoolbeheer- en bestuur. Die organisasie fokus op die ontwikkeling van bekwame skoolbeheerliggame van openbare skole. FEDSAS verskaf inligting, organiseer, mobiliseer en rus ons lede toe om die hoogste onderwysstandaarde in openbare skole te handhaaf en uit te bou. Die organisasie is in 1993 gestig en het oor die afgelope meer as twee dekades gegroei tot een van die mees gerekende rolspelers in Suid-Afrikaanse onderwys.

FEDSAS se visie is die behoud en bevordering van gehalte-onderwys in openbare skole in die Republiek van Suid-Afrika.

FEDSAS se missie is om alles binne sy vermoë te doen om sy lede en hul belangegroepe te verteenwoordig in die vestiging en bevordering van die hoogs moontlike standaard van opvoeding vir al die kinders van ons land, in die algemeen, en om effektiewe skoolbeheer en -bestuur te bevorder ten einde eersgenoemde te bereik, in die besonder.

KernwaardesUitmuntendheidOm kompromisloos gehalte-diens te lewer en om altyd te soek na beter maniere om dinge te doen deur ons verbintenis aan voortdurende verbetering in ons persoonlike en professionele lewe.

IntegriteitOm eerlik, deursigtig, oop, geloofwaardig en respekvol op al ons verskille in ons interne en eksterne interaksies te bou.

PassieOm ’n positiewe verskil te maak deur geesdrif, toewyding, sterkte, intensiteit en om algehele oorgawe na te streef in alles wat ons doen.

RentmeesterskapOm verantwoordelikheid te aanvaar en verantwoordbaar te wees.

VerhoudingeDie beste en mees bevredigende plek om te werk – ons is die FEDSAS-familie.

Page 11: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 7

Waarvoor staan FEDSAS?FEDSAS glo aan maksimum outonomiteit vir beheerliggame en dus streef ons daarna om die regte en bevoegdhede van beheerliggame uit te brei.

FEDSAS ondersteun en bevorder die magte en regte van skoolbeheerliggame soos omskryf in die Suid-Afrikaanse Skolewet, insluitend taal- en toelatingsbeleid.

FEDSAS ondersteun die beginsel dat beheerliggame ’n belangrike rol speel om geleenthede vir alle leerders te skep om hulle volle potensiaal te bereik.

FEDSAS onderskryf die behoud en bevordering van ’n kultuur van uitnemendheid in opvoeding, onderwys en dienslewering.

FEDSAS is deurentyd besig om gesonde verhoudinge met alle belangegroepe in die onderwys te vestig en uit te bou sodat die beste belange van die leerder uiteindelik gedien kan word.

Wat doen FEDSAS vir jou?FEDSAS is die mees verteenwoordigende spreekbuis vir skoolbeheerliggame landwyd. Ons lewer kommentaar op konsepwetgewing en onderwysbeleid, wat beteken ons lede se belange word op ’n hoë vlak verteenwoordig.

FEDSAS is vir langer as 20 jaar al ’n gerekende meningsvormer en rolspeler in openbare onderwys op nasionale en provinsiale vlak.

FEDSAS beskik oor gevestigde nasionale en provinsiale strukture ten einde ’n diens aan al ons lede landwyd te kan lewer.

FEDSAS het reeds verskeie rigtinggewende hofsake gewen en ons het voltydse onderwysregspesialiste om lede by te staan in die uitoefening van hul regte, insluitend gevalle van onregmatige inmenging in die beheer en bestuur van skoolaangeleenthede.

FEDSAS verleen hulp aan beheerliggame oor die hele spektrum van skoolbeheer en -bestuur, onder meer personeelaanstellings, arbeidsverhoudinge, strategiese beplanning en finansiële bestuur.

FEDSAS se webblad is die mees omvattende bron rakende inligting oor skoolbeheer en -bestuur, waaronder beleidsdokumente, handleidings vir beheerliggame en voorbeelde van kontrakte. FEDSAS het ook ’n reeks produkte, waaronder DVD’s en boeke.

FEDSAS het grondige ervaring van onderwysaangeleenthede. As ’n aktiewe, dinamiese organisasie is ons op hoogte van veranderinge en herstrukturering op onderwysgebied en ons kan ons lede dienooreenkomstig adviseer.

FEDSAS is ’n demokratiese, nie-politiese organisasie en lede kies jaarliks hul leiers.

Page 12: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE8

Beheerstrukture

Page 13: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 9

Van links na regs (agter): mnr. Dawie Cronjé (Gauteng); mnr. Mauritz Kachelhoffer (Vrystaat); past. Shaun Mellors (Limpopo); mnr. Dawie Harmse (spesiale onderwys) en mnr. Gerrit Duvenage (KZN)Van links na regs (middel): dr. Derek Swemmer (FEDSAS Instituut); mnr. Paul Colditz (Uitvoerende Hoof); mnr. Erhard Wolf (Nasionale Voorsitter) en mnr. Marius Botha (Wes-Kaap)Van links na regs (voor): mnr. Johan Visser (Noordwes); me. Hannelie Pieterse (Mpumalanga); me. Suzaan Mellet (Bestuurder: Ondersteuningsdienste) en dr. Jaco Deacon (Adjunk- Uitvoerende Hoof)

Nasionale Raad 2016

Nasionale Raad’n Nasionale Raad is verantwoordelik vir die beheer van FEDSAS. Hierdie beginsel beteken dat die Nasionale Raad uiteindelik vir die organisasie en sy werksaamhede verantwoordelik is. Die Nasionale Raad is die struktuur wat oor FEDSAS se welvaart verantwoording sal moet doen. Die Nasionale Raad is verantwoordelik vir die beheer van FEDSAS, wat die beheer van die geld en ander bates van die organisasie insluit. Aangesien die Nasionale Raad ander se bates beheer, staan die organisasie sowel as alle individuele lede van die Nasionale Raad in ’n vertrouensverhouding (’n fidusiêre verhouding) teenoor FEDSAS. Ooreenkomstig sy fidusiêre pligte, moet die Nasionale Raad in belang van die organisasie handel. Benewens fidusiêre pligte, is lede van die Nasionale Raad ook verplig om behoorlike sorg, vaardigheid en toewyding aan die dag te lê. Hulle het ook statutêre pligte wat deur verskillende wette (insluitend die gemenereg), die oprigtingsdokumente van die organisasie (die grondwet van FEDSAS) en enige ooreenkomste wat die organisasie kan aangaan (soos die aanstellingsbriewe of dienskontrakte van lede van die Nasionale Raad) aan hul opgelê word. Lede van die Nasionale Raad behoort hul pligte te verstaan om moontlike persoonlike aanspreeklikheid weens pligsversuim te voorkom. Lede van die Nasionale Raad ontvang geen vergoeding in ruil vir hul diens nie. Tog kan pligsversuim steeds tot verantwoordbaarheid en persoonlike aanspreeklikheid lei.

Page 14: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE10

Van links na regs (agter): dr. Jaco Deacon (Adjunk- Uitvoerende Hoof); past. Shaun Mellors (Limpopo) en mnr. Paul Colditz (Uitvoerende Hoof)Van links na regs (voor): mnr. Anré Koegelenberg (Wes-Kaap); mnr. Marius Botha (Wes-Kaap) en mnr. Erhard Wolf (Wes-Kaap)

Oudit- en Vergoedingskomitee 2016

Uitvoerende komitee Die uitvoerende komitee is verantwoordelik vir die uitvoering van FEDSAS se strategie en sakeplanne. Dit funksioneer onder voorsitterskap van die uitvoerende hoof en bestaan uit al die senior personeel van die organisasie.

Vergoedingskomitee Die vergoedingskomitee vorm deel van die beheerstrukture van die nasionale raad van FEDSAS en adviseer die nasionale raad oor alle aangeleenthede rakende menslike hulpbronne en vergoeding van personeel. Die voorsitter en lede van die komitee word deur die nasionale raad aangestel.

Ouditkomitee Die ouditkomitee is verantwoordelik vir die toesig oor FEDSAS se finansies, risiko en voldoeningsvereistes. Dit is deel van die beheerstrukture van die nasionale raad en die voorsitter en lede word deur die nasionale raad aangestel.

Strategiekomitee Die strategiekomitee is ʼn staande komitee van die nasionale raad bestaande uit die voorsitter, ondervoorsitter, uitvoerende hoof en adjunkhoof en adviseer die nasionale raad oor strategiese kwessies.

Komitees

Page 15: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 11

Provinsiale radeVRYSTAAT GAUTENG WES-KAAP

Voorsitter:Mauritz Kachelhoffer

Voorsitter:Dawie Cronjé

Voorsitter:Marius Botha

Jacolien Ungerer Herman van Vuuren Wynand BothaJohan de Ru Elaine Roux Laniete Wessels Petrus Roux Francois Joubert Albert Mocke Alfred Prinsloo Louwrens Strydom Chris VerhoefOkkie BothaSimon MachereKgobi Dikana

Albert VersterBen FerreiraBruce FennConrad AckerDawie HarmseIlse OdendaalWilma ClaassenJan SipsmaJean van RooyenMarius BothaMelanie BuysRector Mandwayi ManganyeRiaan van der Bergh

Wynand Cillié Erhard Wolf Anré KoegelenbergAnn MortonHerman BosmanVanya BothaMark WilliamsGraham BamJohan CrousLewellin BrownDanie van WykFernando TallieSantie van TonderHenry BothaRonèl Bornman

MPUMALANGA NOORDWES OOS-KAAP

Voorsitter:Bernard van Rooyen

Voorsitter:Johan Visser

Voorsitter:Cornelius Coetzer

Dup van RensburgAndre LloydMossie MostertLiezl StormGarreth BrownHannelie Pieterse Johan de NeckerNever NthaneConstanze van der Walt

Johan ZerwickNontsha Liwane-MazengweVoltan SenekalNic LabuschagnePieter MarxLilani KlopperRita BurgersMarietjie FouchéRiana Vos

Hannelie BronkhorstAbé SmithRichardt EdkinsMichael LordLen CloeteDeon WolmaransMauritz de VriesRichard SecondFrans Smit

KWAZULU-NATAL LIMPOPO NOORD-KAAP

Voorsitter:Gerrit Duvenage

Voorsitter:Shaun Mellors

Voorsitter:Jannie Louw

Kevin MaraisJaco van der MerweJonathan SimpsonPaul RenckenMarius Cronje

Eddie VorsterWillie SchoemanGerda NelGerda PringleAnnalie Dykema

Hammies van Niekerk Marcellino SeptemberLeon MostertSchalk TheronKiepie Jaftha

Page 16: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE12

Nasionale voetspoor:Verspreiding van lede / kontakbesonderhede

Wes-KaapSkakel 078 894 9552

Noord-KaapSkakel 078 451 8120

VrystaatSkakel 078 800 0335

NoordwesSkakel 081 011 4988

GautengSkakel 078 451 8089

LimpopoSkakel 078 451 8116

MpumalangaSkakel 078 451 8019

KwaZulu-NatalSkakel 081 011 4993

Oos-KaapSkakel 078 451 8107

512 lede

113lede

343lede

165lede

290lede

81lede

156lede

149lede

219lede

Page 17: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 13

Fokusareas en Strategiese Doelwitte

FEDSAS se organisatoriese en operasionele aktiwiteite vind uitvoer in die volgende fokusareas:

Fokusarea: OpleidingFEDSAS se primêre fokus is die toerus van skoolbeheerliggame. Dit sluit interne opleiding van personeel en lidskole in, asook die beskikbaarstelling van opleidingsgeleenthede vir die breër skoolgemeenskap.

Spesifieke strategiese doelwitte vir 2016 rondom opleiding:

FEDSAS Instituut vir Skoolbeheer

Aksies onderneem: Ontwikkeling van gespesialiseerde opleidingsprogramme

Personeelopleiding

Aksies onderneem: Personeelberaad vir administratiewe personeel Personeelberaad vir provinsiale bestuurders

Spesifieke opleiding vir skoolbeheerliggame

Aksies onderneem Ontwikkeling en opleiding wat fokus op aankope en voorkeurverkryging, finansies, dissipline,

aanstellings en toelatings. Induksie van nuwe beheerliggaamlede: 38 sessies, 538 deelnemers van 99 skole Voortgesette en gevorderde opleiding: 43 sessies, 598 deelnemers van 167 skole Waardegedrewe Skole-program: 43 sessies, 5355 deelnemers van 479 skole Bykomende opleiding: 448 sessies, 1855 deelnemers van 761 skole King handleiding vir skole: 9 sessies, 330 deelnemers van 100 skole Vergaderings oor brandpunt-kwessies: 58 sessies, 2192 deelnemers van 689 skole Tegnologie-forums: 10 sessies, 257 deelnemers van 57 skole Hey Lead-seminare vir leerders: 10 sessies, 516 deelnemers van 65 skole

Page 18: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE14

Fokusarea: BewusmakingBewusmaking fokus onder meer op die werksaamhede van FEDSAS, bewusmaking van die magte en regte van skoolbeheerliggame soos omskryf in die Skolewet, asook bewusmaking rondom bepaalde projekte gedurende spesifieke periodes.

Spesifieke strategiese doelwitte vir 2016 rondom bewusmaking:

Doelgerigte bewusmaking rondom die opskerpsessies vir die Waardegedrewe Skole-projek

Aksies onderneem: ’n Skakel op die webblad met al die inligting rondom die landwye sessies; Uitreik van mediaverklarings; Nuwe e-pos-handtekeninge vir alle personeel; Elektroniese advertensies; Gebruik van sosiale media en spesiale nuusbriewe.

Page 19: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 15

Bevordering van handelsmerk

Aksies onderneem: Handelsmerknavorsing onder alle lede

Page 20: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE16

Page 21: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 17

Groei van FEDSAS se sosiale media-voetspoor

Aksies onderneem: Bring sosiale media-skakels sover moontlik op alle kommunikasie (intern en ekstern) aan om

gebruikers na sosiale media toe te stuur en sodoende gebruikersfrekwensie te verhoog Gebruik Facebook en Twitter om inligting te versprei en ook om terugvoering te verkry Skep van Whatsapp-groepe om interne kommunikasie en inligtingsverspreiding te verbeter

Facebook-groei vanaf Januarie 2014 tot Oktober 2016

Twitter-groei vanaf Januarie 2014 tot Oktober 2016

Page 22: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE18

Algemene bewusmaking: tradisionele media

Aksies onderneem: Uitstuur van mediaverklarings oor ʼn verskeidenheid onderwerpe, sommige gefokus op

FEDSAS-aktiwiteite en ander as meningsvormer 26 mediaverklarings vir die tydperk 1 Januarie 2016 tot 31 Oktober 2016 Mediaverklaring-trefslag-ratio: 1:2.46 (gemiddeld twee artikels vir elke mediaverklaring)

Verspreiding van publikasies vanaf 1 Januarie tot 31 Oktober 2016

Page 23: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 19

Algemene bewusmaking: webtuiste

Aksies onderneem: Ontwikkeling van nuwe webtuiste Verhoog verkeer na webtuiste (www.fedsas.org.za) vir periode 1 Januarie 2016 tot 31

Oktober 2016 36 132 besoeke aan webtuiste 14 610 unieke besoekers (61% vorige besoekers, 39% nuwe besoekers) gemiddelde besoektyd van 5:52 minute

Fokusarea: NavorsingFEDSAS se toegewyde span onderwysreg-spesialiste doen voortdurend navorsing oor beleids-ontwikkeling, konsepwetgewing en ander aspekte van wetgewing wat skoolbeheerliggame raak.

Spesifieke strategiese doelwitte vir 2016 rondom navorsing:

Aksies onderneem:

Publikasie van die King III-handleiding vir skole in samewerking met die Institute of Directors of Southern Africa (IoDSA)

Deurlopende navorsing vir spesifieke regsaksies en hofsake waarby FEDSAS namens sy lede betrokke is

Ontwikkeling en hersiening van beleidsdokumente Publikasies deur FEDSAS-personeel:

Deacon, J., Colditz, P., Mellet, S. & Van der Merwe, J. 2016. Case Law Handbook on Education. Cape Town: Juta.

’n Deeglike begrip van die ontwikkeling en toepassing van wetgewing wat ’n invloed het op onderwys in Suid-Afrika is ononderhandelbaar vir enige rolspeler betrokke by onderwys in die land. Met die boek Case Law Handbook on Education ontleed vier van FEDSAS se regskenners 25 hofsake wat bygedra het tot die onderwysreg in Suid-Afrika soos dit vandag daarna uitsien. Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van FEDSAS, is redakteur van die boek. Die ander skrywers is mnr. Paul Colditz, uitvoerende hoof van FEDSAS, mev. Suzaan Mellet, FEDSAS se Bestuurder: Ondersteuningsdienste, en me. Juané van der Merwe, FEDSAS se regsbeampte. Al vier die outeurs is regsgeleerdes met ’n bewese kennis van onderwysreg. Die boek is ’n gesaghebbende akademiese werk, maar is ook geskryf om toeganklik te wees vir beheerliggaamlede wat op ’n daaglikse grondslag met hierdie kwessies gekonfronteer word. Elke saak word in duidelike terme bespreek en die praktiese implikasies word uitgelig.

Nuwe boek deur FEDSAS-kenners lewer groot bydrae tot navorsing oor onderwysreg

Page 24: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE20

Skoolbeheer en die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel het ’n reuse-hupstoot gekry met die publikasie van ’n handleiding wat die King-beginsels vir goeie korporatiewe beheer vir openbare skole toeganklik maak. Beheer in openbare skole – ’n Handleiding oor die toepassing van die King-beginsels in openbare skole is die verwesenliking van ’n droom vir FEDSAS. Die King III-verslag, die derde weergawe van die King-komitee se beginsels waarop goeie korporatiewe bestuur en etiese leierskap berus, word internasionaal gereken as een van die voorste bestuurskodes ter wêreld. Dit word ontwikkel en gepubliseer deur en behoort aan die Institute of Directors of Southern Africa (IoDSA). FEDSAS die IoDSA dus genader om saam te werk aan die publikasie van só ’n gids vir skole. Die uitvoerende hoof van die FEDSAS Instituut vir Skoolbeheer, dr. Derek Swemmer, was aan die stuur van dié projek om ’n verstaanbare en praktiese handleiding gebaseer op die King-beginsels vir lede van skoolbeheerliggame saam te stel. Die projek geniet ook die steun van die Departement van Basiese Onderwys. Die handleiding stel skoolbeheerliggame in staat om nie net te voldoen aan die bepalings van die Skolewet nie, maar ook aan die King-beginsels. Dit skep die geleentheid vir goeie skole om uitstekende skole te word. Die handleiding is deel van FEDSAS se verbintenis tot positiewe burgerskap.

FEDSAS doen baanbrekerswerk met King III-handleiding vir skole

Van links na regs is: Derek Swemmer (FEDSAS), Adrie Albertyn (Skoolhoof: Laer Meisieskool Oranje), Rosh Turchino (Beheerliggaamlid: Eunice), Kgobi Dikana (FEDSAS), Paul Colditz (FEDSAS)

Page 25: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 21

Nuwe en hersiene beleidsdokumente: 2016

Nuut:

Beleid oor die verklaring van persoonlike belange

Geskenkebeleid

Sekere aspekte met betrekking tot die ondersoek en afhandleing van ’n dissiplinêre verhoor

Die reg tot toegang tot skoolgronde en skoolaktiwiteite

Konsepgedragskode vir ouers en besoekers

Die bestek van ’n oudit van, of ondersoek na, die finansiële rekords en state van openbare skole

Verskaffing van valse en misleidende inligting

Riglyne vir die hantering van teistering en bullebakkery in skole

Implikasies van die Wes-Kaapse skoolgeldvrystellingsaak van 2016

Vergoedingstrategie en –beleid

Toestemming en vrywaringsvorm

Implikasies van die Konstitusionele Hof se uitspraak in FEDSAS V MEC, Gauteng

Hersien:

Die omvang en trefwydte van artikel 60 van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996

Eiendomsreg van openbare skole

Aanspreeklikheid van ’n openbare skool in geval van verhuurde vaste eiendom

Konsep-grondwet van beheerliggame

Konsep-toelatingsbeleid

Beleid oor inligtingstelsels en sosiale media

Handleiding vir beheerliggame by die aanstelling van ’n nuwe skoolhoof

Artikel 38A-ooreenkoms met opvoeders

Kalender met verpligte datums

Page 26: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE22

Fokusarea: Groei LedetalFEDSAS se ledetal op 31 Oktober 2016 staan op 2028 skoolbeheerliggame van openbare skole. Daar is egter byna 24 000 openbare skole in Suid-Afrika en die groei van FEDSAS se ledetal bly dus ’n primêre doelwit.

Spesifieke strategiese doelwitte vir 2016 rondom groei van ledetal:

Aksies onderneem: 194 nuwe lede

Fokusarea: Fondswerwing en verhoudingsbestuurFEDSAS is ’n organisasie sonder winsbejag en is dus, benewens die fooie van lede, van eksterne bronne vir inkomste afhanklik.

Spesifieke strategiese doelwitte vir 2016 rondom fondswerwing en verhoudingsbestuur:

Aksies onderneem: Sluit van strategiese vennootskappe Deurlopende vergaderings en formele en informele ontmoetings met onderwysrolspelers,

insluitend politieke leierskap, ten einde FEDSAS se rol as meningsvormer gestand te doen en om gesonde, proaktiewe verhoudings met rolspelers te bou.

FEDSAS tree op as ondersteunende vennoot en uitstaller en FEDSAS-personeel tree op as sprekers: SABC Career Indaba (7500 leerders, 300 ouers)

FEDSAS tree op as ondersteunende vennoot en uitstaller en FEDSAS-personeel tree op as sprekers: SABC EduWeek (4000 internasionale besoekers)

FEDSAS tree op as ondersteunende vennoot en uitstaller: The Digital Education Show (3000 besoekers)

Fokusarea: Goeie Korporatiewe BestuurFEDSAS is verbind tot goeie korporatiewe bestuur en die daarstel van strukture wat die beste moontlike omgewing skep vir die uitvoer van die organisasie se take.

Spesifieke strategiese doelwitte vir 2016 rondom goeie korporatiewe bestuur:

Aksies onderneem: Nuwe poste:

Nasionale operasionele bestuurder Drie adjunkbestuurdersposte (Wes-Kaap) Een adjunkbestuurderspos (Vrystaat) Drie administratiewe poste

Page 27: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 23

Meer as R3 miljoen se boeke vir FEDSAS se mobiele biblioteke!Groot leesvreugde lê voor vir honderde laerskoolleerders op die Kaapse Vlakte met ’n skenking van meer as R3 miljoen se boeke deur NB-Uitgewers. Die skenking is gemaak aan die mobiele biblioteke wat FEDSAS einde verlede jaar aan drie laerskole op die Kaapse Vlakte geskenk het. Dié projek is ’n inisatief van FEDSAS, in samewerking met Quali Books en die sangeres Nadine Blom. Projekte soos hierdie het die steun van groot uitgewersmaatskappye nodig. FEDSAS sien die projek as ’n belegging in die toekoms van kinders. Die mobiele biblioteke bestaan uit ’n kabinet waarin die boeke van klaskamer tot klaskamer verskuif kan word. Dit vergemaklik dus ook beheer oor die boekvoorraad en bied ’n waardevolle hulpmiddel aan onderwysers.

(photo cred: Nadine Williams/Eikestadnuus)

FOTO: Opgewonde leerders en onderwysers van die Laerskool Irista spog met boeke uit hul splinternuwe mobiele biblioteek. Regs agter is mnr. Danie van Wyk, FEDSAS-verteenwoordiger, en links agter mnr. Francois van Wyk, skoolhoof.

Page 28: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE24

Verslag van die Uitvoerende Hoof

FEDSAS-personeel se gekombineerde loopbane in die onderwys beloop meer as 1 100 jaar. Dit is ’n millennium van gesamentlike ervaring, bo en behalwe die ervaring in die regte en bestuursposisies! Dit herinner aan die volgende aanhaling uit Richard I. Male se artikel Life cycles of non-profit and nongovernmental organizations:

One of the sweetest spots for organizations is the intersection between the growth stage and the governance or maturity stage of the organization. This is a very healthy place to “hang out” because you have the energy, passion, and time to focus on mission that is reflected in the growth stage characteristics plus you have the infrastructure, systems, and planning functions in place that are reflected in the more mature stage organization. Alas, no phase lasts forever.

Dit is inderdaad die plek waar FEDSAS as organisasie homself tans bevind. Dit is daarom vir my ’n voorreg om oorsigtelik dog so eerlik en volledig moontlik daaroor verslag te doen. Die inligting in hierdie verslag van die uitvoerende hoof moet gelees word saam met die inligting in die res van die geïntegreerde verslag om sodoende ’n geheelbeeld te kry van wat gedoen is, wat bereik is en watter realistiese vooruitsigte vir volhoubaarheid bestaan.

LedetalFEDSAS se ledetal het gegroei tot meer as 2 000 lede. Dit is ’n gemiddelde groei van meer as een nuwe lid per skooldag van die jaar. Die mees dramatiese groei was in die Wes-Kaap, waar ons nou op meer as 500 lede staan. Gegewe dat FEDSAS hoofsaaklik afhanklik is van ledegeld om ons bestaan en werksaamhede te befonds, is dit betekenisvol dat die organisasie steeds daaglikse groei ervaar te midde van moeilike ekonomiese tye vir skole. Die ervaring van die afgelope jaar het egter gewys dat daar steeds ruimte is om die uitdaging vir verdere groei sterk aan die lewe te hou.

FinansiesDit was ʼn moeilike taak om vir die afgelope finansiële verslagjaar te begroot omdat die onsekerhede in die ekonomie en die impak daarvan op ons lede se finansies onseker was. Ná ʼn drastiese 12%-verhoging in ledegeld in die vorige verslagjaar moes die aanpassing vir die huidige jaar onder inflasiekoers gehou word en ons het dit reg gekry. Die gevolg is dat die geprojekteerde oorskot op ons begroting aansienlik minder sal wees as in die vorige jaar, maar deur besparing en streng finansiële dissipline dui alle aanduidings daarop dat daar wel ʼn oorskot sal wees. Die oorskot sal FEDSAS se ideaal om ʼn reserwefonds op te bou, ʼn verdere hupstoot gee. Daardie reserwefonds is daargestel om FEDSAS se volhoubaarheid te verseker en om te voldoen aan FEDSAS se sosiale verantwoordelikheid om as organisasie ooreenkomstig die King-beginsels vir goeie korporatiewe beheer en bestuur ʼn verantwoordelike Suid-Afrikaanse organisasie te wees.

Page 29: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 25

Aktiwiteite in provinsiesDie toename in aktiwiteite in provinsies die afgelope jaar was eenvoudig fenomenaal. Op enige gegewe dag, selfs oor naweke, is daar georganiseerde aktiwiteite van uiteenlopende aard waarby ons personeel betrokke is. Dit is benewens die aandag wat ons personeel daagliks aan lede moet gee oor die wydste denkbare verskeidenheid uitdagings, navrae en probleme.

PersoneelOns personeelkorps het van verlede jaar se 39 toegeneem tot 44, wat ook ʼn aanduiding is van die groei en ontwikkeling van die organisasie. In ʼn diensorganisasie soos FEDSAS is personeel ons belangrikste en grootste bate en salarisse ook verreweg die grootste uitgawe op ons begroting. Daar bly egter ’n byna onbeperkte behoefte aan die aanstelling van meer personeel om tred te hou met die vraag na ons dienste en om al die groeigeleenthede te benut.

Skakeling met onderwysdepartementeFEDSAS se skakeling en interaksie met die Departement van Basiese Onderwys bly uitstekend en geskied op gereelde grondslag. Die ideaal is om hierdie mate van skakeling met elk van die provinsiale onderwysdepartemente gevestig te kry. In die provinsies wissel die skakeling van uitstekend tot baie swak. Dit wat in onderwysdepartemente gebeur, val buite ons beheer en ons enigste wyse van bevordering van FEDSAS se visie en missie in hierdie omgewing is dus beïnvloeding. Ons doelwit is om in die toekoms skerper op hierdie rol te fokus.

Volhoubaarheid en die pad vorentoeSoos die geval in die res van die samelewing, bly daar uitdagings op FEDSAS se pad vorentoe. Een van die uitdagings waaraan die organisasie reeds hard werk, is die transformasie van lede en personeel om die diversiteit van Suid-Afrika te weerspieël en om integrasie te bevorder. Verskeie aanstellings wat die afgelope tyd gemaak is, plaas FEDSAS op die regte pad om toenemend in die toekoms ʼn betekenisvolle impak te maak. Die nood in onderpresterende skole is groot en as FEDSAS werklik ʼn betekenisvolle impak in onderwys in Suid-Afrika wil maak, sal die organisasie toenemend moet uitreik en daar ʼn verskil maak. Die belowende gedeelte van die toekoms lê daarin dat FEDSAS nou ʼn goed-gevestigde organisasie met ʼn sterk steunbasis is wat ʼn sterk netwerk van vennote en belangegroepe het.

Paul Colditz:Uitvoerende hoof

Page 30: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE26

Oorsig: Finansiële State

Algemene InligtingTydperkHierdie afdeling bevat ’n kort oorsig oor die finansiële posisie van FEDSAS vir die finansiële jaar geëindig 31 Desember 2015.

Bestuur se verantwoordelikheid en goedkeuringHierdie finansiële state is ooreenkomstig die Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde vir Klein en Mediumgrootte Ondernemings en die South African Statements of Generally Accepted Practice opgestel en is gegrond op toepaslike rekeningkundige beleid wat konsekwent toegepas is en deur redelike en verstandige oordeel en ramings ondersteun is. Op grond van inligting en verduidelikings wat deur die bestuur van FEDSAS verskaf is, is die Raad van mening dat die interne beheerstelsels redelike sekerheid bied dat daar vir die opstel van die finansiële state op die finansiële rekords gesteun kan word. Enige interne stelsels vir finansiële beheer kan egter slegs redelike, en nie absolute versekering nie, teen enige wesenlike wanverklaring of verlies bied. FEDSAS se bestuur het die organisasie se kontantvloeivoorspelling vir die jaar tot 31 Desember 2015 nagesien en is in die lig van die nasiening en die huidige finansiële posisie oortuig dat die beheerliggaam toereikend middele het of toegang tot toereikende middele het om sy bedrywighede vir die voorsienbare toekoms voort te sit.

OuditeureGert Jordaan IncorporatedGeoktrooieerde Rekenmeester (SA)

Geregistreerde lid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (nr. 20027133)

Page 31: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 27

Onafhanklike ouditeursverslag

Page 32: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE28

Finansiële State en Oorsig

Page 33: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE 29

Page 34: DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME Reports/FEDSAS... · 2016-11-22 · Geïntegreerde verslag 2016 4 DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE Inleiding FEDSAS se benadering

Geïntegreerde verslag 2016DIE FEDERASIE VAN BEHEERLIGGAME VAN SUID-AFRIKAANSE SKOLE30