Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In...

60
Die Familie Barkhuizen. Johan Gerhardus Barkhuizen (b4,c3,d3,e1,f2,g3,h1) Centurion November 2010

Transcript of Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In...

Page 1: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Die Familie Barkhuizen.

Johan Gerhardus Barkhuizen (b4,c3,d3,e1,f2,g3,h1)

Centurion November 2010

Page 2: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 2

Kopiereg © 2008 Johan Barkhuizen (b4,c3,d3,e1,f2,g3,h1)

Akkerboomstraat 4 Zwartkop X4 Centurion 0157 Sel: 0832742840

Huis 0126632122 Faks 012 6647969 [email protected] www.barkhuizen.co.za

Eerste uitgawe 2010 Gedruk en gebind deur: ISBN Alle regte van die publikasie word voorbehou. Geen gedeelte van die boek mag op enige manier – hetsy meganies of elektronies met inbegrip van fotokopiëring – gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die outeur/uitgewer nie, met die uitsondering van redelike aanhalings vir familiegeskiedenisnavorsing. OMSLAG:

Page 3: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 3

Wapen van die “Bar(c)khausen Familienbund” in Duitsland. 1

Op „n silwer agtergrond is „n groen Birkeboom wat bedek word met „n rooi dakkap. Aan die bokant van die skild is „n helm waaruit „n rooi-silwer kleed na weerskante uitkom. Aan die bokant van die helm is „n herhaling van die hoofskild (die boom en dakkap) tussen twee silwer vlerke.

1 R. Linde: Meier zu Barkhausen, p.290

Page 4: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 4

INHOUDSOPGAWE Voorwoord Hoofstuk 2 Die Lippiese pagterfamilie Bar(c)khausen 2.1 Landgoed Niederbarkhausen –van pleknaam na familienaam. 2.2 Die gebied in Duitsland vanwaar die familie kom. 2.3 Betekenis van die woord Barkhausen. 2.4 'n Familiewapen. 2.5 Spelling van die familienaam. Hoofstuk 3 Die stamvader Johan Nicolaus Wilhelm Barckhuysen 3.1 Die stamboom vanaf die eerste bekende inwoners van

Niederbarkhausen. 3.2 Die stamvader se gesin in Duitsland. 3.3 Skeepsreis as VOC soldaat na die Kaap 3.4 Jan se lewe en werk as VOC soldaat en burger in die Kaap. 3.4.1 Laaste briefwisseling met die familie in Duitsland. 3.4.2 VOC dienstydperk en leenkneg by Nicolaas van Rensburg.

3.4.3 Burgerskap en leenplase in die Bo-Langkloof. 3.4.4 Jan se leiersrol rol as kommandolid en Heemraad vir die Langkloof. 3.4.5 Die lewe van die gesin op Kykoe.

3.4.6 Jacquemina (en die kinders) se lewe tot haar dood. Hoofstuk 4 Verskeie verwysings na die familienaam. 4.1 Bekende historiese Barkhausens. 4.2 Bekendes in die Suid-Afrkaanse familie.

4.3 Barkus se ketel (wat nie wil kook nie). 4.4 Barkhuizenberg 4.5 Barkhuizens in die nuus 4.6 „n Bietjie Indiese speserye oor ons familie 4.7 Moderne tegnologie, DNS en familie 4.8 Genetiese siektetoestande 4.9 Nederlandse familie Barkhuysen/Barkhuijsen 4.10 Projekte waarmee ek besig is Hoofstuk 5 Die Genealogiese register van die familie in Suid-Afrika 5.1 Hoe om die register te gebruik. 5.2 Verduidelikings oor persoonsname en plekname 5.3 Die kinders van Johan Nicolaas Wilhelm 5.4 Skematiese voorstelling van die takke van die familie

Hoofstuk 6. Die nageslag van die oudste seun Nicolaas Jacobus (Diepkloof-tak) Hoofstuk 7 Die nageslag van die tweede seun: Johannes Cornelis – (Kliprivier-tak) Hoofstuk 8 Die nageslag van die derde seun: Simon Hendrik. Die Barkhuizens na Transvaal

(Uitenhage tak) Hoofstuk 9. Vyfde seun: Frederik Christoffel. (Piesangrivier/Plettenbergbaai-tak) Hoofstuk 10. Nageslag van die ander kinders van die stamvader

10.1 Vierde seun: Johan Nicolaas Wilhelm. 10.2 Die sesde en jongste seun: Petrus Hendrik Carel 10.3 Die nageslag van die dogters.

Hoofstuk 11 Bronne. Bylaag 1. Ongeplaasde persone.

Page 5: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 5

VOORWOORD Ohne Tradition, keine Kultur,

Ohne Kultur der Mensch ein Barbar” (Oswald Spengler)

Simon Barkhuizen van die plaas Diewedraai sê:, “Ek dink baie oor ons familie – en partykeer lag ek en partykeer huil ek”. Dit som vir my ook mooi die redes op waarom ek al 30 jaar lank inligting versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet word. Met hierdie register en geskiedenis van die familie wil ek graag daartoe bydra. My eerste “familienavorsing” het reeds in 1974 op Universiteit begin. Ek was al besig met opleiding as geskiedenisonderwyser toe my pa op die Randse skou „n familiewapen koop. Saam met die wapen (wat terloops heeltemal verkeerd was) het „n kort oorsig oor die stamvader en sy kinders gekom. Ek het net soos baie mense gevra “Vanwaar Gehasi?” Ongeveer hierdie selfde tyd

het Prof. van Jaarsveld ons geskiedenisklas aan die Staatsargief in Pretoria bekendgestel en toe ek die eerste oorspronklike familiedokument in die hande kry, het die gogga gebyt. Intussen het ek al kontak met talle familielede gehad en „n hoogtepunt was toe die sekretaris van die Duitse “Bar(c)khausen Familienbund”, Rudolf Barckhausen,2 my gekontak het. Dit het gelei tot gereelde skakeling en ons familie het „n paar van die “Familienbund” se saamtrekke in Duitsland bygewoon. „n Besondere geleentheid was toe „n oom van my, Prof. Ben Barkhuizen, en „n neef Johan de Villiers, namens die Suid-Afrikaanse familie opgetree het by die fees in Frankryk (deur Raymond Barckhausen gereël) wat ter ere van al die nie-Duitse Barkhausens gehou is. In 1993 het dr. Jobst Barckhausen, destydse president van die familiebond, en sy vrou, Irmelin, ons in Pretoria kom besoek. In hierdie navorsingsverslag word eerstens die oorsprong van die familienaam en die geskiedenis van die familie in Duitsland kortliks bespreek. Ek het grootliks gesteun op die boek van Roland

Linde,” Meier zu Barckhausen, Eine Geschichte der Höfe Niederbarkhausen und Hohenbarkhausen in Lippe”, wat in 2006 verskyn het. Daarin word „n breedvoerige verslag gegee oor die twee groot Barkhausen families in Duitsland, die rooi linie van Niederbarkhausen en die blou linie van Hohenbarkhausen. Die boek, wat hier langsaan gesien kan word, kan bestel word by Rudolf Barckhausen (Koste tans E25) : e-pos: rudolf.barckhausen.gmx.net Die volgende dele fokus op die stamvader se gesin in Duitsland, sy aansluiting by die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie en die skeepsreis na die Kaap. Omdat daar nie veel persoonlike besonderhede van Johan Wilhelm (Jan) Barckhausen is nie, en omdat hy maar een van letterlik

duisende Duitsers was wat dieselfde paadjie geloop het, het ek inligting uit ander bronne gebruik om die enkele stukkies gegewens van Jan binne die konteks van die tydperk te plaas. Hier is die boek van Roelof van Gelder, “Het Oost-Indisch Avontuur; Duitsers in dienst van de VOC (1600 -1800)”, en Karel Schoeman se boek oor sy stamvader, “‟n Duitser aan die Kaap, 1724 -1765” veral van belang gewees.

Vervolgens probeer ek die lewe van die stamvader in Suid-Afrika rekonstrueer. „n Mens is eintlik verstom oor hoeveel detail beskikbaar is van Jan Willem Barkhuysen in die laat 1700‟s en vroeg 1800‟s. Die eerste rede hiervoor is geleë in die feit dat hy „n leiersrol in die Langkoof se sake gespeel het en as gevolg daarvan op verskeie dokumente genoem word. Tweedens is nougesette administrasie van die VOC en later die Britse regering, wat met groot sorg amptelike gebeure in

fyn besonderhede aangeteken het. Derdens is die kerkrekords natuurlik baie volledig en van onskatbare waarde. „n Verdere bron wat ek nogal interessant vind is die reisverhale van mense wat by die stamvader en sy gesin gekuier het. Die beskrywings van Latrobe en John Campbell is moontlik die beste.

2 Rudolph se webblad waarop die inligting is. www.barckhausen.com

Page 6: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 6

In die laaste deel word die nageslag van elkeen van die stamouers se seuns en dogters afsonderlik bespreek. Dit word in die vorm van „n geslagsregister gedoen met enkele stukkies biografiese inligting en “geskiedenis” bygewerk. Daar is tans meer as 4300 name in die register. Alhoewel die register vir al die kinders van die stamvader tans redelik volledig is, het ek aanvanklik my navorsing gekonsentreer op die “Transvaalse” stamvader (Simon Hendrik - b4). Hier word die nageslag van Jacobus Johannes (b4c3d3) en Johanna Catharina Louw ook weer baie vollediger bespreek. Die rede hiervoor is dat ons twee familiesaamtrekke by Aandster, naby Schweizer-Reneke, gehou het vir die afstammelinge van laasgenoemde twee mense. Help gerus ook om die boekie meer volledig te maak. Die geskiedenis behoort tog aan almal. Alhoewel ek „n besondere belangstelling het, en moontlik die meeste navorsing gedoen het, het baie mense bygedra tot die volledigheid van die register. In hierdie verband kan ek seker oorlede oom Pieter Barkhuizen van George noem, wat jare voor my al „n goeie basis gelê het van die

Kaapse familie. Gordon Barkhuisen van Umhlanga Rocks het die Rhodesiese familieregister verskaf en ook argiefwerk gedoen. Vir diegene wat toegang tot die internet het, is al hierdie inligting te kry op www.barkhuizen.co.za. Miskien kan ek ook net noem dat op 3 Maart 2016 is dit die 250e herdenking van Johan Willem Barckhausen se aankoms in die Kaap. Dit klink vir my na iets wat gevier moet word. Ek hoop u geniet die inligting. Mag ons almal meer geesteskrag, selfvertroue en lewensaansporing uit elke kyk na ons familiegeskiedenis kry, en so die volle waarde daarvan benut. En ek herhaal maar weer wat ek op die eerste bladsy sê. Hierdie boekie is eintlik maar „n werksdokument, dit is nie geproeflees, volledig en afgerond nie. Ek voeg dikwels sommer net stukkies in om dit later uit te brei.

En om af te sluit sommer net twee kostelike aanhalings van Timoteus en Prediker wat ons gerus in ag kan neem: “Hulle moet hulle nie met verdigsels en eindelose geslagsregisters besig hou nie. Sulke dinge gee aanleiding tot twisgesprekke.” 1 Timoteus 1:4. Die belangrikste van alles is: My seun, wees versigtig! Daar kom nie „n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam. Prediker 12:12

Page 7: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 7

HOOFSTUK 2

DIE LIPPIESE PAGTERFAMILIE BAR(C)KHAUSEN

2.1 Die landgoed Niederbarkhausen – van pleknaam na familienaam. Rudolf Barckhausen 3 het die nageslag van vier verskillende nie-verwante takke van die Barckhausen familie in Duitsland op sy webblad. Dit is die stamme bekend as Niederbarkhausen, Oberbarkhausen, Rohrsen, en Barrendorf. Die Suid-Afrikaanse familie stam van die boerefamilie van die landgoed Niederbarkhausen af.

Hierdie ou landgoed bestaan vandag nog in die dorpie Oerlinghausen, geleë langs die Teotobergerwoud aan die voet van die Tünsberge. Die Tenge familie het die grond in die 1800‟s gekoop en vandag is die eienaar Herr Hubertus von Daniels-Spangenberg. My broer Koos, en sy gesin, het in Junie 2007 die landgoed besoek. Hulle is vriendelik ontvang en kon die hele landgoed besigtig. Die kontakbesonderhede tans is : Gut Nieder-Barkhausen, Barkhauser Weg 22 B, D-33818 Leopoldshöhe, Germany, Telefoon: (+49 5202 2022). Oom Hubertus het ongelukkig nog nie e-pos nie – skryf dus maar vir hom. Skaars 20 km hiervandaan is Hohenbarkhausen, wat weer „n ander tak van die famlie verteenwoordig.

Die eerste skriftelike verwysing na hierdie geboue is „n aantekening op 25 Mei 1036 toe die landgoed “Hof Barchusen” deur skenking deel van die Bisdom Paderborn, destyds gelei deur Biskop Meinwerc geword het. Daarmee saam het die meier van Borchusen as vrye grondbesitter nou 'n beampte van die Biskop geword.

Dit het tydens die Middeleeue hehaaldelik gebeur dat 'n vrye grondbesitter sy grond aan die Roomse kerk skenk, hetsy dit besorgdheid oor sieleheil was of om as leenman van die kerk hulle magtige beskerming te geniet. In ruil vir bogenoemde word die eiendom dan die kerk se besitting en die skenker sal voortgaan om die grond as “meier” te bestuur. Sedert die 8e en 9e eeu was die “meier” (villicus) die bestuurder van „n manor/landgoed (curia/curtis) wat behoort het aan „n biskop, klooster of „n edelman en dit is gebruik tot voordeel van hul huishoudings. Ons voorvaders was dus as “Meier” nie deel van die landadel nie. Tussen 1200 en 1400 het so „n landgoed (manor) meestal „n gewone plaas geword en die “Meier” is gesien as „n vrye boer wat „n landgoed volgens „n kontrak (Meierbrief) gehuur het by die adelstand. Hierdie grond kon tot voordeel van die Meier gebruik word, hy het die reg om die grond te laat erf deur die nageslag maar die Meier moes net jaarliks die landhere voorsien van „n deel van die plaas se produksie. Dit kom neer op „n leenplaas wat eintlik maar „n eiendomsplaas was. Die landhere in die geval van Niederbarkhausen was die biskoppe van Paderborn en die

edelmanne van Lippe. Die vier “Meier” van die Amt Barkhausen (Meier zu Barkhausen, Meier zu Heepen, Meier zu Eckendorf en Meier zu Oerlinghausen) was spesiale gevalle. Die Amt was „n groep landgoedere, soos „n distrik, wat saam behoort het aan „n biskop of edelman en onder leierskap van „n Amtsmeier. In 1036 het Biskop Meinwerc die Hof Barchusen as curtis dominicalis of die hoofhof van Amt Barkhausen benoem. Amt Barkhausen het bestaan uit invloedryke families wat die plase van die Amt Barkhausen bestuur het asof hulle self landhere was. Dit het geëindig in 1607 toe graaf Simon VI. Van Lippe die Amt Barkhausen van Dietrich von Fürstenberg, biskop van Paderborn verkry het. Die afsonderlike Amtsmeier was steeds belangrike mense maar die Amt het ophou bestaan. In 1753 het die plaas (Nieder-) Barkhausen die voorregte van „n adelike manor/landgoed gekry en was dit dus nie meer „n meierhof nie. Wilibald Meier zu Barkhausen het op daardie stadium die naam "Meier" gelos en homself "Wilibald Barkhausen zu Niederbarkhausen" genoem. 4

Daar is vanaf die eerste beskikbare dokumente na ons familie verwys as Meier zu Barkhausen. Daar was wel „n adelike familie von Barkhausen tussen 1241 en 1589, toe die laaste twee broers kinderloos gesterf het. Hulle word veral met Minden en die dorpie Barkhausen by Porta Wesfalica

3 www.barckhausen.com Rudolf het „n volledige Barkhausen geslagsregister op sy webblad. 4 R. Linde: Meier zu Barkhausen, p.70.

Page 8: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 8

verbind. Hulle wapen was ook „n rooi leer op „n silwer agtergrond. Ons familie stam beslis nie van hulle af nie. Ons van was dus op geen stadium “von Barkhausen” nie. Uiteraard het Ronald Linde „n detail geskiedenis van Niederbarkhausen geskryf en ek sal mettertyd stukke vertaal en byvoeg.

FOTO: Niederbarckhausen in 1500 volgens „n skildery in die landgoed.

Niederbarckhausen soos dit in 1993 gelyk het.

2.2 Die gebied in Duitsland vanwaar die familie kom. Soos reeds gesien is die landgoed Nierderbarkhausen die sentrum van ons familie. Hierdie landgoed is geleë in die voorstad Leopoldshöhe, van Oerlinghausen in Kreis Lippe. Kreis Lippe is

weer in die streek Nordrhein-Westfalen geleë. Inliging oor stamvader se familie en voorvaders dui aan dat hulle maar almal in daardie omgewing gewoon het. Verwysings na kerke, kapelle en landgoedere in die omgewing van die dorpies Leopoldshöhe, Detmold, Horn, Steinheim, Paderborn, Pömpsen en Schwalenburg kom gereeld voor. Op „n moderne kaart van Duitsland kan jy sien dat vanaf „n middelpunt hierdie dorpies nie juis verder as 25 kilometer van mekaar is nie. Vir „n verdere geografiese oriëntering kan mens

Page 9: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 9

sien dat feitlik al hierdie dorpe maar eintlik in die Kreis (ou graafskap) Lippe geleë is en dat Steinheim net-net in Kreis Höxter val. Paderborn is ook in „n aparte Kreis. Die kaart hieronder is verkry van „n webblad oor Lippe waarop „n nuwe fietsroete vir toeriste deur die historiese deel van stadsentrums (sg altstadt) in hierdie deel van Lippe bekendgestel word. Die roete moes net nog Oerlinghausen en Leopoldshöhe ingesluit het dan kan ons dit amper maar die Barkhausen roete noem.

„n Kaart wat „n toeriste fietsroete op die webblad van Lippe aandui. Met „n klein wysiging kan hierdie fietsroete net sowel vir die Barkhausen familie aanbeveel word. Die roete sal dan net Niederbarkhausen by Oerlinghausen/Leopoldshöhe en Streinheim, die blyplek van die Jan se gesin moet insluit.

Hierdie is „n lugfoto van Oerlinghausen. Die foto is op hulle webblad te kry. Die Teutoberger woud

en die reeks Tünsberge met Barkhauserberg in die middel kan mooi gesien word.

Page 10: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 10

Daar bestaan verskeie plekkies in Duitsland wat met die naam “Barkhausen” spog. Behalwe die landgoed Nieder-Barkhausen is daar onder andere ook die dorpie Barkhausen naby Detmold, in Paderborn, die Barkhauser berge by Oerlinghausen en Barkhausen an der Minden by Porta Wesfalica. Soms wonder „n mens oor ons voorsate in die tyd voor skriftelike getuienis bestaan het. Alhoewel die oudste skriftelike verwysing na Niederbarkhausen in 1036 is, kan ons maar seker wees dat ons voorvaders deel van die geskiedenis tydens verskeie voorafgaande argeologiese tydperke was. Hulle teenwoordigheid in die gebied vir amper „n duisend jaar tot die hede, veronderstel dat hulle moontlik die vorige duidend jaar ook daar gebly het. Dalk is dit bietjie buite die bestek van „n familiegeskiedenis, maar dis tog interessant om na die argeologie rondom Oerlinghausen te kyk. Teen die hange van Barkhauserberg het argeoloë verskeie bronstydperk en vroeë Middeleeuse woonplekke opgegrawe. Die buitelugmuseum (Archäologisches Freilichtmuseum Oerlinghausen) met gerekonstrueerde woonplekke en gebruiksitems is iets besonders om te besoek. Ons kan

maar net aanneem dat ons voorvaders deel van hierdie gemeenskappe teen die hange van Barkhauserberg was.

„n Entjie verder op die berg by die Teutobergerwoud is die monument ter ere van Hermann wat die Germane teen die Romeine gelei het in die slag van Teutobergerwoud in 9nC. Die Romeinse historikus, Tacitus, het die gebied geidentifiseer met sy beskrywing van die slag, maar dit lyk, volgens latere opgrawings, dat die finale slag meer na Osnabruck plaasgevind het. Elke keer as ek die openingstonele van die film “Maximus” kyk, waar die Germane en Romeine slaags raak dan wonder ek .........

2.3 Betekenis van die woord “barkhausen” (is dit „n boom, „n boot, „n

burg of „n berg?) Vir die familie is Niederbarkhausen nie net die stamlandgoed nie maar ook die naamgewer. Die

pleknaam het dus mettertyd ook die familienaam geword. Wat is dan die betekenis van die woord “barkhausen”? Daar is hele paar familiestories wat deur die jare ontstaan het, maar dit lyk of die historikus Ronald Linde die aanvaarbaarste oorsprong gekry het. Die familienaam was oorspronklik “Berghausen”. Die agtervoegsel, “hausen”, wat “huis” beteken, is baie duidelik. Die “Hausen”-deel was in Lippe baie gewild as plek en familienaam. Daar is meer as 3000 name in Duitsland met die uitgang “hausen”. Op die Barkhausen familiewapen verwys die rooi dakkap na die huis. Daar bestaan „n baie ou en algemene opvatting dat die “bark” ontleen is van die Berke- of Birkeboom. Die boom op die familiewapen is enersyds „n gevolg van hierdie opvatting en andersyds versterk dit die idee net verder. Volgens die historikus, Roland Linde5, is die verbuiging van Birk na Bark uiters skaars in oudhoogduits en hy beskou die siening dat “bark” verwys na die boom as „n blote volksetimologiese verklaring.

5 R. Linde: Meier zu Barkhausen, p.16.

Page 11: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 11

Sommige vroeë navorsers het ook gedink dat die woord Bar(c)k afkomstig is van „n ou Duitse woord “Burc” wat Burg beteken. Die indrukwekkende toring van hierdie "hof", wat selfs vandag

nog die gebou oorheers, kon maklik aanleiding gegee dat die landgoed soms "Burghusen" genoem is. In die Nederlandse familie “Barkhuijsen” bestaan daar ook „n familielegende dat die “bark” na „n boot verwys waarop „n voorvader gebly het om godsdiensvervolging te vermy. Die woord “bark” word in die Afrikaanse Verklarende Woordeboek as „n driemasseilskip beskryf. Linde noem egter dat die waarskynlikse betekenis is dat “bark” van die woord “berg” kom. Hy het verskeie voorbeelde aangehaal in die vroegste geskrifte waar die pleknaam (niederbarckhausen en veral Barkhausen by Minden) aangedui word as “berghusen”. Die ontwikkeling

van “berg” na “bark” kan ook makliker uit die Duitse taalstruktuur verantwoord word. Die verandering van berg na bark is veral baie opvallend by die ander landgoed, Hohenbarkhausen, se naamsontwikkeling. Linde noem verder dat die naam darem geografies verantwoordbaar ook moet wees. Indien dit oorspronklik “berghasen” was moet dit sekerlik na „n bestaande berg verwys. By die dorp “Barkhausen” naby Porta Wesfalica is die Wiehengebirge indrukwekkend en kon duidelik „n rol in die naam gespeel het. Naby Niederbarkhausen lê die Teutobergerwoud en Tönsberge met “barkhauserberg” as een van die bergdele/heuwels. Die Tönsberg in die Tuetobergerwoud is ook baie bekend as gevolg „n groot veldslag in 9 nC teen die Romeine en baie ander geologiese opgrawings uit die steentydperk. Die feit bly dat “barkhauserberg” tien teen een die oorsprong van ons familienaam is. Die gebruik in Lippe is dat die hofname ook die familiename geword het. Die familie wat die grond

bewoon het, het die landgoed se naam as hulle van aangeneem. Daarom kry mens veral in die ou dokumente die verbindings tho, von, van, zu en von der, wat verwys na die "stammhof" of plek van herkoms. Alhoewel daar „n klein familie adelike “von Barkhausen‟ was, bestaan die familie nie meer vandag nie. Daar is na ons familie verwys as Meier zu Barkhausen.

2.4 'n Familiewapen? (Met „n boom wat eintlik „n berg moes wees.) In die 1930‟s het twee takke van die Barkhausen familie in Duitsland (die sogenaamde blou linie - Hohenbarkhausen en die rooi linie -Niederbarkhausen) besluit om een wapen vir die Barkhausen Familienbund te registreer. Die wapen is gebaseer op die oudste wapen wat beskikbaar was naamlik die een afkomstig van Niederbarkhausen. Hierdie wapen kom bv. ook voor op die 1738 grafsteen van Friedrich Otto in Horn – ons stamvader se oupa. Hy is in die binnehof van die ou pfarrkirche te Horn begrawe en die grafsteen is te sien as deel van die kerk se historiese

uitstalling. In Niederbarkhausen is „n kas uit die 1500‟s waarop die wapen uitgekerf is saam met die familie Kanne/Tofall se wapen. „n Gipsafdruk van hierdie kas is tans in die museum te Detmold.

Page 12: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 12

Herhaling van hoofskild Helm Rooi en silwer kleed

groen Birkeboom

„n Rooi dakkap Die wapen word soos volg beskryf.6 Op „n silwer agtergrond is „n groen Birkeboom wat bedek word met „n rooi dakkap. Aan die bokant van die skild is „n helm waaruit „n rooi-silwer kleed na

weerskante uitkom. Aan die bokant van die helm is „n herhaling van die hoofskild (boom en dakkap) tussen twee silwer vlerke. Ek glo dat ons Suid-Afrikaanse familie ook hierdie wapen van die Barckhausen familienbund kan gebruik omdat ons afstamming kan bewys. Daar is seker nie nodigheid om „n eie wapen te registreer nie maar aan die ander kant kan dit ook goed wees. Daar bestaan „n tradisie in die heraldiek dat elke familie „n klein aanpassing aan die ou familiewapen maak. Ek weet byvoorbeeld dat Anthony Barkhuizen vir sy gesin „n wapen laat ontwerp het. In boeke met familiewapens soos die bekende werk van Rietsap, kry „n mens dikwels ander wapens wat geassosieer word met ons van. Daar is bv. „n wapen met „n boom en „n heining voor die boom (twee paaltjies en „n dwarsbalk daaroor). Dikwels verkoop mense op skoue en winkelsentrums „n wapen met „n rooi leer op „n silwer agtergrond. Hierdie embleem met die rooi leer is die wapen van die uitgestorwe adellike “von Barkhausen” familie, wat soos ek reeds gesê

het, niks met ons familie te doen het nie. Die Nederlandse familie Barkhuijsen/Barkhuysen, wat ook maar iewers uit dieselfde Niederbarkchausen groep afstam, het ook „n wapen met die boom en die rooi dakkap voor. (Terloops, hulle het vir my „n baie mooi familiegeskiedenis en stamboom vanaf Albert Barkhuijsen, gebore 1600, gestuur. Dit is op die webblad te sien.).

6 R. Linde: Meier zu Barkhausen, p.290

Page 13: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 13

2.5 Spelling van die familienaam. “what‟s in a name ? A rose by any other name ……”…. - Shakespeare

Volgens Heese 7 stry die mense in Uniondale se wêreld of die familienaam Barkhuysen of Barkhuizen moet wees, maar eintlik is albei verkeerd want die stamvader het eiehandig sy van as Barckhuysen geskryf. Dr. Jobst Barckhausen (voormalige voorsitter van die Familiebond) het lekker gelag toe hy hoor van die verskillende spelwyses in Suid-Afrika. In Duitsland gaan dit weer oor die (c) in die spelling. Soos hy vertel stry die Duitsers ook of dit Barckhausen “mit c” of Barkhausen “ohne c” is. En niemand is eintlik verkeerd nie. Tydens die Middeleeue is, volgens Linde8, die spelling Barchusen meestal gebruik. In enkele gevalle word die “ch” met „n “g” of “k” vervang. In die eerste helfte van die 1400‟s sien mens „n

verbindingsvokaal wat bykom bv. Barechusen of Barichusen. Tydens die laat 1600‟s en vroeë 1700‟s word die laeduitse vorm van die grondwoord husen na die hoogduitse vorm hausen verander. In hierdie selfde tyd word die “c” in Barc met „n “k” of “ck” vervang. Die gebruik van die “k” of “ck” het op persoonlike voorkeur berus en daar is geen spesifieke spelreël hieroor nie. In die 1900‟s is die spelling van plekname in Duitsland gestandariseer en het die vorm Barkhausen (sonder die c) nou amptelik geword maar by familiename is, soos gesien, Barkhausen en Barckhausen vandag nog in gebruik. Selfs in Nederland is daar twee spelwyses waaroor gestry word, Barkhuysen of Barkhuijsen, en nie een is reg of verkeerd nie. Nederlandse spelling is, net soos Duits en Afrikaans, gebasseer op klanke en hierdie variasies is maar net twee skryfwyses van dieselfde klank wat albei aanvaar word binne die Nederlandse taal. 9 As „n mens al die variasies van die familienaam se spelling, in al drie lande deur die eeue, lys, is

dit by die 30 variante. Bo: Handtekening van stamvader JAN WILLEM BARCKHUYSEN soos dit onderaan die kontrak met Van Rensburg verskyn in 1768. Let daarop dat hy die c uit Duitsland behou het maar onder

invloed van die Nederlands (hausen) na (huysen) verander het. Bo: Op dokumente in 1774 het die “c” verdwyn. Hier is die handtekening in 177410. Vir die volgende 38 jaar sou Jan sy naam en van altyd as, Jan Willem Barkhuysen, skryf -.

7 PW Grobbelaar, (red): Afrikaner en sy kultuur. Deel IV. Families, Familiename en Familiewapens, p. 129. 8 R. Linde: Meier zu Barkhausen, bl. 14 9 Sonja Evers: Barkhuysen /Barkhuijsen reunie 12 April 2003. PDF dokument te sien op www.barkhuizen.co.za 10 KAB: MOOC 8-15 ref 1c inventaris 02.02.1774, Inventaris van „n boedel wat JNW as heemraad opgestel het.

Page 14: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 14

HOOFSTUK 3.

DIE STAMVADER, JOHAN NICOLAUS WILHELM BARCKHAUSEN

3.1 Die stamboom vanaf die eerste bekende inwoners van

Niederbarkhausen

..”‟n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, „n loot uit sy wortels sal vrugte dra.” Jesaja 11:1

And a branch shall grow out of his roots. Isaiah 11:1

Omdat ons familie afstam van die boerefamilie te Niederbarkhausen is die name van die eienaars van die landgoed belangrik om die stamboom op te stel. In argiefdokumente wat bewaar gebly het, word die Hof Niederbarkhausen en sy eienaars tot 1450 baie min genoem.11 Tussen 1036 en 1409 word daar slegs na die hof verwys sonder dat die eienaars se name genoem word. In „n skrywe van 7 Desember 1419 van die Burgermeester en Stadsraad van Salzuflen word vir die eerste keer verwys na “Meyer Dytmar (Detmar) to Barckhusen”. 12 Daarna is daar vir baie jare weer geen verdere vermelding van name nie. In die “Landschatzregister” van 1488 vind mens weer „n verwysing na die oue pagter Hartwig van Barkhausen, “de oulde Meyger Hartwig van Barchusen”13 Dit veronderstel sekerlik ook „n jonger Hartwig. In 1497 word die ou pagter te Barkhausen met 3 Gulden belasting en die (jonger) pagter te Barkhausen met 7 Gulden aangeslaan.

Die eersgenoemde Detmar kan moontlik die oupa van Hartwig gewees het, maar dit sal seker vir altyd „n geheim bly omdat daar net nie bronne is om dit te staaf nie. Hierdie volgende voorgestelde genealogie van Linde verskil so „n bietjie van Rudolf Barckhausen soos gesien op sy webblad. 14 Ronald Linde stel die volgende genealogie vir die “Meier-“familie te Niederbarkhausen voor.15 Let daaarop dat “Meier zu Barkhausen” as hulle familienaam beskou word. Nr.1 Hartwig Meier zu Barkhausen *c1440/1445 †>1523. Nr.2 Cord Meier zu Barkhausen *voor 1487, †tussen 1532 en 1538 x 1487 Sophia (Fige) NN.

Benaming in 1518 as Cordt der Glaübige (gelowige). Meier te Niederbarkhausen 1497 - 1532. (Vier kinders).

Nr.3 Jost Meier zu Barkhausen *Barchusen 1500 †Uflen 22.1.1575 x 1535 Ilse Kanne ook

genoem Tofall van Oerlinghausen. Hy staan bekend as “Jost der Ruhige” (die rustige). Hulle het sewe kinders gehad. In 1537 word hy die eerste keer as Meier te Niederbarkhausen genoem.

Nr.4 Christoph Meier zu Barkhausen (die ouere) , *1540? †1617 x 1564 Catharina von

Aschwede *Minden †1584, (3 kinders nl Christoph (nr 5), Johann en Helene). Aanvanklik „n huurder te Göhfeld en Meier te Niederbarkhausen 1572-1600.

Na Catharina se dood is Christoph weer getroud met Anna Menkhausen. Nr.5 Christoph Meier zu Barkhausen (die jongere) *1581?, †1638 x Oerlinghausen

12.07.1601, Margarethe Bexten (dogter van Hans Bexten, “Meier” te Amtsmeierhof Bexten), †18.10.1625 xx 13.06.1627 Ilsabein von Rintelen, (twee kinders), †1638.

11 R. Linde: Meier zu Barkhausen, p.111 12 R. Linde: Meier zu Barkhausen, p.112 13 R. Linde: Meier zu Barkhausen, p.112 14 Rudolf Barckhausen soos gesien in www.barckhausen.com 15 R. Linde: Meier zu Barkhausen, p.200 -207 en 306-308

Page 15: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 15

Christoph was Meier te Nierderbarkhausen sedert 1600. Dit was in sy leeftyd, in 1608, toe die hoofgebou afgebrand het en weer herbou is. Tydens die dertigjarige oorlog (in Maart 1625) moes hulle „n klein berede kompanie en 21 infanteriesoldate in Nierderbarkhausen huisves. Christoph is ook moontlik dood as gevolg van die Groot Pes van 1636/37. Uit die eerste huwelik met Margaterha Bexten is ses kinders gebore, onder andere twee seuns Christoph (sien nr.6) en Jobst Christian.

Nr.6 Christoph Barkhausen (die derde) *Niederbarkhausen 15.1.1615, †Hornoldendorf 14.9.1700 en begrawe te Heilichenkirchen x 1645 Anna Catharina von Helle dogter van Gottchalk von Helle, die burgermeester van Horn. Sy sterf na 1694 in Hornoldendorf. (vyf kinders). Al ons voorvaders het tot op hierdie stadium in Niederbarkhausen gewoon. Die landgoed

is volgens tradisie aan die jongste seun oorgegee. Christoph (nr. 6), ons stamvader se oupagrootjie, was die oudste seun en daarom moes hy Niederbarkhausen verlaat. Sy jonger broer, Jobst Christian, het in 1638 Meier te Niederbarkhausen geword. Christoph word toe „n inwoner van Horn, waar meeste van die inwoners, volgens Linde, lede van die bierbrougilde was16. Christoph werk as brouer en ook as “Gutspächter” of “konduktor”, wat beteken dat hy „n landgoed by ryk families gehuur het waar hy dan geboer het. Volgens „n skrywe van 165417 was Christoph „n pagter op die grond van die familie von Bose in Pömbsen by Nieheim. In 1679 - 85 het Christoph die Hammerstein landgoed, Hornoldendorf, by Heilichenkirchen gehuur. Vir ons Suid-Afrikaanse familie is net een van sy seuns, Friedrich Otto, (nr.7) belangrik.

Nr.7 Friedrich Otto Barckhausen zu Rothensiek *9.11.1660 Horn, Lippe, †Horn 16.04.1738

Ω Ev. Rev. Kirche Horn x 22.10.1691 Sophia Anna Catharina PLAGEN *11.11.1666 †Horn

30.11.1721 Ω Evangeliese stadskerk Horn xx 1725 Sophia Elizabeth KRUSE geb STOCKERS. Hy volg sy pa op as "Konductor" te Hornoldendorf maar werk later by “gräfliche Burgmeierei” in Horn, Rothensiek en Eichholz. Hy is begrawe in die binneruim van die ou kerk of “Pfarrkirche” van die dorpie Horn en sy grafsteen word daar uitgestal. Hulle het ses kinders gehad waarvan Nicolas (nr. 8 hieronder) vir ons Suid-Afrikaanse familie belangrik is.

Die grafsteen van Friedrich Otto BARCKHAUSEN en Sophia Anna Catharina PLAGEN Dit is ons stamvader se oupa en ouma.

Hierdie grafsteen is tans op uitstalling in die Evangeliese stadskerk Horn.

16 R. Linde, Meier zu Barkhausen, p.306. 17 R. Linde, Meier zu Barkhausen, p.306.

Page 16: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 16

Nr.8 Nicolaus Barckhausen, *Heiligenkirchen 13.07.1700 18 †Hinter-Eichholz 17.01.1756 x 1725 met Anna Catharina CLEBE *Detmold c1700, †Hinter-Eichholz Anna is waarskynlik die dogter van “Amptsvogt” Johann Jacob CLEBE en Anna Elizabeth WIGANDS19. Nicolas werk as "Konduktor" te Merlsheim en ook vir die familie Von Weichs te Vorder-Eichholz by Vinsebeck op die destydse Lippiese/Paderborn grens. Hy het burgerreg in Horn verkry en dit is ook aangeteken dat hy „n huiseienaar daar is.20

Hulle kinders is: 1. Friedrich Christoph Barckhausen ≈Heiligenkirchen 16.3.1726 21 †Horn, Amt

Detmold 4.10.1789. Offisier in die Koninklike Pruisiese weermag met die rang Wagmeester “Wachtmeister”. Ongetroud.

2. Otto Henrich Jacob Barckhausen *Hinter Eicholz 28.12.1727. Jonk oorlede.

3. Simon Friedrich Adolph Barckhausen *Hinter Eichholz 16.2.1730. Jonk oorlede.

4. Simon Henrich Barckhausen *Hinter Eichholz 14.6.1731, †Surabaya Mataram,

Java 4.8.1788 x Elizabeth WINTER. Vetrek met die skip “Bosch en hoven” in 1755 as “zieketrooster” in diens van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie na Indonesië (Surabaija, Batavië). Hulle het een aangenome kind, bekend as Frederik Wilhelm Simonzoon Barkhouse.

5. Herman Carl Dietrich Barckhausen, *13.03.1734, †1775 x 1764 Anna Catharina

VOLLAND. Hy is „n koopman en word in 1764 burger van Hannover. Hy het in 1770 die brief aan ons stamvader geskryf. Sy seun Dietrich Ludwig het die tweede brief in 1815 in Nederlands geskryf. Sien par. 3.5.1 Albei briewe is in die familie se besit. Dr

Jobst Barckhausen die huidige voorsitter van die familiebond stam van hom af. 6. Sophia Catharina Theodora Barckhausen *Hinter-Eichholz 1.9.1737 †Hinter

Eichholz 27.09.1747

7. Johan Wilhelm Barckhausen, * Hinter Eichholz 31.03.1740. Jonk oorlede.

8. Wilhelm Barckhausen, *Hinter Eichholz 26.10.1742 †Hinter Eichholz 27.09.1747

9. Johan Nicolaus Wilhelm Barckhausen, *Hinter-Eicholz, Steinheim 30.5.1746 (Stamvader van die Suid-Afrikaanse familie.)

Dit is nogal interessant om te sien hoeveel van die familie se name is oorgedra na die Suid-Afrikaanse familie nl. Nicolas, Johan Nicolaas Wilhelm, Anna Catharina, Simon Henrich (as Simon

Hendrik) en Friedrich Christoph (as Frederik Christoffel).

3.2 Die stamvader se gesin in Duitsland. Nicolaus, ons stamvader se pa, was volgens die jaarlikse opgawes van die dorp Horn, „n huiseienaar daar. Hy was egter ‟n “konductor” of pagter. Dit beteken dat hy adelike landgoedere gehuur het om daar te boer. Volgens Linde22 was Nicolaas die pagter vir die familie Von Weichs by

18

Landesarchiv NRW OWL, L 112 A, Heiligenkirchen Nr. 1, bl.98. Ek het „n foto van die doopinskrywing. 19 Roland Linde skryf: Anna Catharina was confirmed in Heiligenkirchen in 1714, when she was 14 years old. Her father was appointed as a "Vogt" of Heiligenkirchen in 1705, before that, he was a clerk at the comital castle of Detmold (under the regency of Graf Friedrich Adolph zur Lippe), he was accountable for the comital kitchen. Unfortunately there is a gap in the Detmold parish registers at that time, so we can't find out her baptism. But in my opinion there is no doubt that she was the daughter of Johann Jacob, there was no other family Kleebe in Heiligenkirchen at that time, the families sure knew each other well for Nicolaus father and grandfather lived temporarily at the Hornoldendorf manor in the parish of Heiligenkirchen and the social standing of both families fitted perfectly. 20 R. Linde, Meier zu Barkhausen, p. 307 21 Landesarchiv NRW OWL, Doopregister Heiligenkirchen 1726. Buite-egtelike kind van “Anna Catharina Cleebin” en “Nicolaus Barckhausen zeitigen conductor zum Eichholtz” Ek het „n foto van die doopinskrywing. 22 R. Linde: Meier zu Barkhausen, p. 307.

Page 17: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 17

die Landgoed Vorder-Eicholz by Vinsebeck op destydse Lippiese/Paderborn grens. Volgens die dooprekords van die kinders het hy ook „n lang tydperk by die landgoed, Hinter-Eicholz, naby die dorpie Steinheim, geboer. Vandag is Hinter- en Vorder Eicholz eintlik deel („n voorstad?) van Steinheim. Johan Wilhelm is daar op 30 Mei 1746 gebore en sy pa Nicolaas is ook daar oorlede. Sy ma is Anna Catharina Clebe. Volgens Linde is sy heel waarskynlik die dogter van Johann Jacob CLEBE, van Heilgenkirchen. Johan Wilhelm is die jongste van nege kinders. Hy is in die St. Marienkerk in Steinheim gedoop. Sy doopinskrywing23 is in Latyn en sy name is soos volg geskryf “Joannes Nicolaus Wilhelmus Barckhausen”. Van die nege kinders wat gedoop is het slegs vier volwassenheid bereik. „n Aanduiding van die moeilike omstandighede waarin die mense ook maar in Duitsland gelewe het. „n Ramp het die gesin in op 25 September 1747 getref toe Jan net een jaar oud was. Sy ouer suster, Sophia

Catharina Theodora (10 jaar oud) en sy broer Wilhelm (5 jaar oud) is albei op hierdie dag oorlede. Drie ander kinders, Otto Henrich Jacob gedoop 1727, Simon Friedrich Adolph gedoop 1730 en Johan Wilhelm gedoop 1740 is oënskynlik as baie jong kinders oorlede. Die vier wat volwassenheid bereik het is dus Friedrich Christoph, „n offisier in die Pruisiese weermag en ongetroud, Simon Henrich, wat as “zieketrooster” in diens van die VOC na Batavië is, Herman Carl Dietrich, „n koopman in Hannover en Johan Wilhelm Nicolaszoon, ons stamvader, wat in diens van die VOC na Suid-Afrika gegaan het. Johann Nicolaus Wilhelm Barckhausen van Horn het op Paasmaandag 8 April 1759 op 13 jarige ouderdom belydenis van geloof afgelê in die Evangelies Gereformeerde gemeente, Schwalenberg.24 Hierdie is die tweede dokument waar sy naam geskryf is en dit word so gespel: “Johann Nicolaus Wilhelm Barckhausen” Op 17 Januarie 1756 is Nicolaus, sy pa, oorlede en soos gesien, het die seuns elkeen hul eie

rigting ingegaan. Die oudste broer is in die Pruisiese weermag, Simon is alreeds na Oos-Indië, Herman Carl Dietrich is „n koopman in Hannover en ons stamvader Johan Wilhelm, „n jong man van 19 jaar oud moet sekerlik nou „n besluit oor sy toekoms neem en sy eie potjie krap.

23

Steinheim argief: Kirchenbuch Steinheim vol. 4 Taufen Eichholz 1746 24 Kirchenbuch Schwalenberg, Band 2, Blatt 217: "Confirmati anno 1759 d. 8t. April. Am 2ten Ostertage sind zum Abendmahl gelassen:(...) 2. Johann Nicolaus Wilhelm Barckhausen von Horn". Foto van inskrywing beskikbaar.

Wat is die korrekte spelling van die stamvader se naam? Sy doopinskrywing in die St. Marienkirche in Steinheim is in Latyn “Joannes Nicolaus Wilhelmus Barckhausen”. „n Tweede inskrywing met sy aanneming in die Schwalenberg gemeente, op 13 jarige ouderdom, is “Johann Nicolaus Wilhelmus Barckhausen” Die volgende verwysing na sy naam is in 1765 in die skeepsjoernaal van die Kievitsheuvel. Daar staan aangeteken “Johan Willem Barkhuysen”. Hier is dit alreeds duidelik dat sy name onder die Nederlandse invloed deurgeloop het. In 1771 teken hy sy eie naam onderaan die kontrak met sy werkgewer en latere skoonpa,

Nicolaas Van Rensburg. Hy skryf met sy eie netjiese handskrif “Jan Willem Barckhuysen”. Dit lyk of Jan nou maar sy noemnaam geword het, dit was in elk geval gebruik dat die Hollanders baie Duitsers “Jan” genoem het. Baie interessant is dat die Nederlandse "huysen" nou maar die "hausen" oorgeneem het. Hy het wel die aanvanklik die "c" behou maar in latere handtekeninge soos in 1774 is dit net Barkhuysen. . Trouens op alle handtekeniinge van hom na 1774 is dit net “Jan Willem Barkhuysen” Met die doop van sy eerste kind gee hy sy naam weer as “Jan Willem” op maar wat interessant is, is dat sy seun wat na sy pa vernoem is Nicolaus gespel word. Sy seun wat na hom vernoem is, kry die vernederlandse of latere egte Afrikaanse spelwyse naamlik “Johan Nicolaas Willem”

Page 18: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 18

3.3 Jan sluit by die Verenigde Oost-Indiesche Compagnie (VOC) aan.

He delighted to wander in unknown lands. - OVID Johan Wilhelm (of, Jan Willem, soos hy in hierdie Hollandse fase van sy lewe bekend sou staan) het op 19-jarige ouderdom, soos baie duisende Duitse jong mans, „n beter lewe gaan soek deur in Nederland by die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) aan te sluit. Die VOC was „n groot werkgewer met sy uitgebreide handelsbelange en kolonies soos die Bataafse republiek in Oos-Indië. Dit was dus algemene praktyk vir jong Duitsers om daar te gaan werk. Heelwat ander redes kan egter ook aangevoer word waarom Jan op 15 November 176525 as soldaat in diens van die VOC op die skip Kievitsheuvel vanaf Texel na die Kaap vertrek het. Die toestande in Duitsland was as gevolg van die baie oorloë maar sleg. Die dertigjarige oorlog het Jan miskien nie direk geraak nie maar die Sewejarige oorlog tussen 1756 en 1763 het

moontlik „n groot rol gespeel in sy besluit om ander wêrelddele te ondersoek. Die Franse weermag het byvoorbeeld die dorpie Horn, waar Jan en sy ouers heel waarskynlik gewoon het, in 1761 beset. Oorlogsomstandighede sal mense maklik laat verhuis en Jan het sekerlik besef hy gaan binnekort vir oorlogsdiens opgeroep word. „n Mens moet ook onthou dat dit maar die normale tyd was vir „n Duitse jongman om die huis te verlaat omdat die tyd van sy Wanderschaft26 aangebreek het. Sedert die sestiende eeu was dit vir „n jongman na sy opleiding by „n ambagsgilde verpligtend om „n aantal jare rond te trek. Tydens hierdie drie tot ses jaar tyd reis hy rond om by verskeie meesters te werk en so ervaring, „n “lehrbrief”, getuigskrifte en kos te verdien. Van Gelder27 verwys na twee jongmans se stories. Ernst Barchewitz, „n “ zeemleermaker”, was onsuksesvol om in Hamburg en Amsterdam werk te vind. Hy keer egter terug na Duitsland “ietwat benauwd dat hij uitgelachen zou worden omdat zijn reis mislukt was” maar hy het die volgende jaar weer probeer en „n betrekking in „n ander vakrigting gekry. Georg Meister was „n ander geval.

Hy is uit Duitsland weg om Europese tuine te bestudeer maar tot sy eie verbasing sluit hy toe onverwags aan by die VOC. Ek dink nie bogenoemde situasies was die geval met Jan Willem Barkhuysen nie want soos ons later sal sien het hy beplan om by die VOC aan te sluit en hy was in elk geval goed ingelig oor die VOC deur een van sy broers. Sy broer, Simon Henrich, *14 Junie 1731, was alreeds gevestig as sieketrooster in Soerabaija (Batavië) /Indonesië, toe Jan vertrek het. Die voorbeeld van sy broer is heel waarskynlik „n belangrike persoonlike rede waarom die stamvader so maklik by die VOC aangesluit het. Daar is baie geskryf oor die rol van agente om personeel vir die VOC te werf. Ons weet dat Jan van „n werwingsagent, ene H. Grimmerberg28, se diens gebruik gemaak het om by die VOC aan te sluit. Hulle is “volkhouers”, of soms ook „sielverkopers‟ genoem. Schoeman haal so aan oor hulle:, “baatzoekende menschen zich ophoudende met het huuren en aanwerven van volk ten

diensten van de zeevaart”29 Hulle het werksoekers geïdentifiseer, hul vertroue gewen en hulle dan verblyf en kos gegee tot hulle op een van die VOC skepe vertrek het. Die nuwelinge is dikwels afgerig vir die onderhoud by die VOC, hulle is vergesel as hulle die eed aflê en toegesien dat hulle „n dienskontrak teken. Dan het die volkhouer vergoeding geëis. As voorskot het elke nuwe soldaat twee maande se gasie of soldy as handgeld ontvang. In Jan se geval was sy maandelikse soldy 9 guldens30. Uit die 18 guldens het Jan dus vir Grimmerberg vir die losies betaal maar belangriker is die skuldbrief wat Jan moes onderteken vir 150 gulden wat oorgemaak is aan Grimmerberg vir die geslaagde werwingspoging. Nogal „n groot bedrag – amper „n jaar se salaris –en dit vir mense wat bekend was vir korrupsie, uitbuiting en omkopery. Geen wonder hulle is “zielverkopers” genoem nie.

25 AR: Deel I/I.2.b.4 Band 6461: Skeepsjoernaal Kievitsheuvel. 26 R. van Gelder: Het Oost-Indisch avontuur, p. 118. 27 R. van Gelder: Het Oost-Indisch avontuur, p. 118 28.AR: Deel I/I.2.b.4 Band 6461 Skeepsjoernaal Kievitsheuvel. Die standaardbedrag van 150 Gulden vir die werwingsagent is as debiet op sy rekening ten gunste van Grimmenberg aangeteken. 29 K. Schoeman: „n Duitser aan die Kaap 1742 – 1765, p. 56. 30 AR: Deel I/I.2.b.4 Band 6461: Skeepsjoernaal Kievitsheuvel. In die 18e eeu is die Nederlandse silver Gulden, aangedui met f of fl (florin), in 20 stuivers verdeel wat weer bestaan het uit 8 duit of 16 penning

Page 19: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 19

„n Voorbeeld van die sogenaamde “skuldbrief”, wat uitgemaak is aan die volkhouer. 31

Van Gelder32 wys ook baie duidelik, uit die wyse waarop die VOC funksioneer, dat „n Duitser, soos Jan Barkhuysen, eintlik maar net as soldaat of matroos aanvaar sou word: “Een Duitser die het Compagniebedrijf zeer goed gekend heeft, schreef in de jaren vijftig van de zeventiende eeuw dat het voor een vreemdeling vrijwel onmogelijk was anders dan als soldaat naar de Oost te varen, van wat voor goede kwaliteit hij ook was of met welk een gezond verstand hij ook was gezegend.” Matrose moes darem „n bewese ervaring op see gehad het en hulle was werklik maar „n rowwe klomp. Die groot meerderheid nuwelinge het dus, ongeag hulle kwalifikasies of ambagte, as soldaat aangesluit. Om as soldaat aanvaar te word was geen militêre ervaring ook eintlik nodig nie, daar was genoeg tyd op die skip om die drilwerk op te knap. Die poste as skrywers, koopmanne en hoër offisiere is uitsluitlik vir Nederlanders gereserveer33.

Ek noem hierdie saak ook doelbewus omdat Jan Barkhuysen se familie onder die indruk was dat hy “…als Schreiber, um in Ostindien aufs Comptoir zu kommen”34 (.. as „n assistent by handelaars (sien VOC site) in Oos-Indië by „n handelskantoor35 te gaan [werk]). Dit lyk of die jonge man „n goeie skoolopleiding en moontlik „n vakleerlingskap al voltooi het, want sy broer verwys in die brief ook daarna dat hy “geleer het” Jan het seker met baie hoë aspirasies gaan werk soek. Die VOC het egter die laaste sê gehad.

31 R. van Gelder: Het Oost-Indisch avontuur , p.139 32 R. van Gelder: Het Oost-Indisch avontuur , p.57 33 R. van Gelder: Het Oost-Indisch avontuur , p. 57 34 Carl Dietrich Barckhausen, Brief aan sy broer Jan 35

Comptoir en factorij word as sinonieme gebruik. Dit verwys na „n handelspos van die VOC.

Page 20: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 20

De binnenplaats van het Oost-Indisch Huis te Amsterdam. Tekening door Hermanus Pieter Schouten, ca. 1790. Gemeentearchief Amsterdam. Via deze binnenplaats en via de centrale trap moesten de mannen naar binnen, waar ze in de grote bewindhebberszaal werden gemonsterd. 36 „n Kostelike aanhaling, wat dikwels gebruik word om die mense wat by die VOC aansluit te beskryf, is die woorde van „n VOC mediese dokter, Nicolaas De Graaff, wat tussen 1639 en 1683 vyf maal in diens van die Kompanjie na Oos-Indië gevaar het. Sy herinneringe is in die Oostindise Spiegel gepubliseer. Hy skryf dat die VOC die toevlugsoord was vir: „Polakke, Sweeden, Deenen, Noor-

luyde, Jutte, Hamborgers, Bremers, Lubekkers, Dantsikers, Koninxbergers, Hoogduytse, Oosterlingers, Westfaalders, Bergse, Gulikse, Kleefse en voorts alderhande Moffen, Poepe, Knoete en Hannekemaijers en andere groene kassoepers, die 't gras nog tussen de tanden steekt‟” 37 Behalwe dat dit baie snaaks op „n Afrikaanse oor is, het hy opvallend nie veel gedink van die gewone skeepsvolk nie. Interessant egter is dat die meeste gebiede wat genoem word in Duitsland is en dat daar verskeie skeldwoorde vir Duitsers genoem word. Die woord “Mof” was „n baie algemene skeldwoord vir Duitsers en hulle is ook sommer almal Jan genoem. Ek reken ons stamvader het seker op die skeepsreis die beledigende “Jan Mof” gehoor. In die skeepsjoernaal38 van die Kievitsheuvel is „n dubbelbladsy grootboek oopgemaak vir “Johan Willem Barkhuysen van Hoorn – soldaat”. Sy soldy is aangeteken as 9 gulden per maand. Sy rekening is gedebiteer met die 18 gulden (twee maande se gasie of soldy) wat hy vooruit as handgeld ontvang het, die 150 gulden skuld aan Grimmerberg, „n skeepskis van 4 gulden 5 stuivers, „n halwe maand soldy se boete vir laatkom met die aflees van die naamrol op die skip, „n

“mans wollen pakken” van 2 gulden 6 stuivers, en een paar skoene vir 1 gulden 16 stuivers. Hy begin dus sy 5 jaar kontrak by die VOC met „n totale skuld van 180 gulden en 17 stuivers. Net mooi 20 maande se salaris.

36 R. van Gelder: Het Oost-Indisch avontuur, p. 145 37 Jutte: afkomstig uit Jutland; knoeten en moffen: skeldwoorde vir Duitsers; hannekemaaiers is seisoenarbeiders veral afkomstig uit Munster, wat in Nederland kom oes; kassoepers: skeldwood vir Duitsers, afgelei van Kassuben in Oos-Pruise (De Graaff 1930, p. 47). 38 Skeepsjoernaal Kievitsheuvel, RA Deel I/I.2.b.4 Band 6461

Page 21: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 21

3.3 Die skeepsreis, as VOC-soldaat, na die Kaap Die VOC het slegs drie keer per jaar „n handelsvloot uitgerus en nuwe mense in diens geneem, met Pase, tydens die Amsterdamse kermis in September en kort voor Kersfees. Die “Kievitsheuvel” se vertrekdatum, soos reeds genoem, is 15 November 1765, en was dus deel van die Kersvloot in 1765. Drie ander skepe het ook op die 15e vertrek naamlik, Vrouwe Elizabeth Dorothea, Jonge Lieve en Vredelus. Die ses ander skepe het in twee groepe op die 1ste en 29ste Desember vertrek. Jan het Europa in die middel van die winter verlaat. Volgens die skeepsjoernale het Jan bo en behalwe die wolpak waarmee hy uitgerus is nog op die skip „n duffelse jas kontant gekoop39. Hierdie warm klere het hy seker maar diep in sy skeepskis gebêre toe hulle die somerson in Afrika getref het. Jan het op vertrekdag skynbaar amper die skip verpas. Hy was een van 62 mense wat beboet is met „n halwe dag se soldy omdat hulle afwesig was met die lees van die name op die skeepsrol op

15 November.40 Wat die laatkom veroorsaak het sal ons seker nooit weet nie. Van Gelder haal die Duitse matroos Naporra aan waar hy vertel van die gebruik om lekker partytjie te hou die aand voor vertrek. (Sien ook die sketse uit die VOC tydperk op die volgende bladsy waar die inskeping van matrose met “muziek en overmatig drankgebruik” gepaardgaan.) Lennert Bes, die navorser in die Ryksargief in Den Haag wat my gehelp het om die inligting te soek, vertel dat een van die lyste wat in die skip se joernaal verskyn, is persone wat hulle skuldig gemaak het aan drankmisbruik tydens die reis. Maar soos Bes in „n e-pos aan my skryf “Dit lyk of u voorvader hom goed gedra het want sy naam verskyn nie op hierdie lys nie.” Ondanks die laatkom insident het Jan Barkhuysen geklee in sy VOC “wolpak” en met al sy aardse besittings in sy skeepskis vertrek op die Kievitsheuvel na „n nuwe tuiste. Kaptein Franz Overzee was in bevel van die skip en daar was presies 350 mense aan boord. Hulle het bestaan uit 219 offisiere en matrose, 115 soldate, 12 vakmanne en 4 passasiers.41

39 Skeepsjoernaal Kievitsheuvel, RA Deel I/I.2.b.4 Band 6461 40 Skeepsjoernaal Kievitsheuvel, RA Deel I/I.2.b.4 Band 6461 41 www.ingist.nl: Besonderhede van reis 3937.6 vanaf Texel na Batavië

Page 22: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 22

“Inscheping van soldaten en matrozen in een binnenvaartschip. Tekening door Josua Brockerveld, 1685. Nederlands Scheepvaartmuseum Amsterdam. De matrozen en soldaten van de Compagnie werden met kleine vaartuigen naar de rede gebracht, waar ze aan boord gingen van de Oost-Indië-vaarders. Het afscheid ging gepaard met muziek en overmatig drankgebruik, zoals op deze tekening te zien is.” 42

Links is „n matroos voor vertrek (deur Casper Luyken), regs word passasiers na die Oos-Indiëvaarder “Castricum” geneem, (geteken deur Petrus Schenk iewers tussen 1722 en 1736). Let op na die skeepskis en die glasie wyn in die hande op albei tekeninge. 43

42 Van Gelder, Het Oost-Indisch avontuur, p. 146 43 K. Schoeman: „n Duitser aan die Kaap 1742 – 1765, p.129

Page 23: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 23

Die Kievitsheuvel se vaart na die Kaap het net meer as drie maande geduur, om presies te wees, 108 dae44. Volgens die skeepsjoernaal het hulle op 3 Maart 1766 aan wal gestap. In meeste sekondêre publikasies oor Suid-Afrikaanse stamvaders word Jan Barkhuysen se aankoms as 1765 gegee. Ek dink die eerste navorser, moontlik Colenbrander of Hoge, het die datum van die Kievitsheuvel se vertrek gebruik en almal soos Suid-Afrikaanse geslagsregisters (SAG), het dit daarna maar net oorgeskryf. Hierdie reis Kaap toe was nie maklik nie en „n mens kan maar net vir „n breë agtergrond die reeds genoemde boeke van Schoeman, van Gelder en Dan Sleigh se “Eilande” lees om te sien hoe haglik en gevaarlik dit was. Volgens die projek oor skeepvaart van die Instituut vir Nederlandse Geskiedenis (ING) het die Kievitsheuvel vir 5 dae, vanaf 20 tot 25 Desember 1765, op Santiago op die Kaap Verdiese eilande oorgestaan. Daar op Santiago is 3 soldate dood en een matroos, een soldaat en een vakman het

gedros.45 Die rede vir die oorstaan is onbekend maar dit kan a.g.v. besonder slegte weer of herstelwerk wees. Die skip was al baie oud en dit sou uiteindelik die skip se laaste reis wees. Die Kievitsheuvel is enkele maande na die aankoms in Batavië afgebreek. Volgens die ING se opsomming van die Kievitsheuvel se reis is daar 33 matrose tussen Nederland en die Kaap dood. Hierdie gegewens is dalk nie korrek nie want die totale van die opsomming klop nie, bv. in die kolom met totale sterftes vir die hele reis tussen Nederland en Asië word genoem dat net 20 matrose dood is asook 19 soldate en 1 vakman. In die detail word wel spesifiek genoem dat tydens die vier weke oorstaan in die Kaap twee matrose en drie soldate dood is. Ek het hierdie besonderhede oor die sterftes op die skip gegee om aan die een kant te wys watter risiko verbonde was aan die reis maar ook omdat Jan Willem Barkhuysen self „n week na aankoms in die Kaap, op 10 Maart 1766, in die hospitaal opgeneem is. Op hierdie stadium lyk dit vir my

asof hy net 8 dae behandel is maar ek is nie seker of ek die beskikbare gegewens reg interpreteer nie. Sy soldy tot waar sy reis eindig word aangegee as 3 maande en 26 dae – 8 dae langer as die werklike reis. Volgens Roux het soldate geen soldy gekry vir die tyd wat hulle in die hospitaal is nie of hulle moes die hospitaal koste self betaal. Dit verklaar moontlik die 30fl langs Jan se naam op die hospitaallys. Sy naam word nie verder in die Kievitsheuvel se skeepsjoernaal genoem vir die res van die reis na Batavië nie. Ons moet dus aanvaar dat hy toe nooit Batavië toe is om sy broer Simon te besoek soos ons aanvanklik gedink het nie. Hy het beslis nie met die Kievitsheuvel verder gereis nie en alhoewel hy dit later kon gedoen het, is daar nie op hierdie stadium inligting daaroor nie. Die mening dat Jan vooraf beplan het om na Batavië te gaan, grond ek op „n brief wat sy broer, Herman Carl Dietrich, aan hom geskryf het op 14 Junie 1770 uit Hannover.

3.4 Jan Willem Barkhuysen se lewe en werk in die Kaap.

3.4.1 Laaste kontak en briefwisseling met die familie in Duitsland. Twee briewe wat sy familie uit Duitsland aan Jan Willem Barkhuysen geskryf het, het bewaar gebly. Die briewe is werklik juweeltjies, omdat dit die enigste persoonlike dokumente is wat beskikbaar is en veral omdat dit die laaste kontak met die Duitse familie is. Die twee briewe, geskryf deur Herman Carl Dietrich (1770) en Herman se seun Dietrich Ludwig (1816), is al die jare deur die familie in „n geelhoutkissie bewaar46. Uit die brief van sy broer, Herman Carl Dietrich, blyk dit dat Jan se vestiging in Suid-Afrika 'n groot skok vir sy Duitse familie was en dat dit moontlik nie die goedkeuring van sy familie weggedra het nie. Volgens die brief was die familie onder die indruk dat Jan as skrywer werk en dat hy by die

VOC se kamer van koophandel gaan werk en na Oos-Indië" sou gaan as kassier/bankteller. Trouens „n mens kry die indruk dat Jan dit op drie afsonderlike tye geskryf het want in die brief

44

www.ingist.nl Besonderhede van reis 3937.6 vanaf Texel na Batavië 45 www.ingist.nl Besonderhede van reis 3937.6 vanaf Texel na Batavië 46 Mev Rhoda van Rooyen vertel dat hulle die briefies na haar pa se dood in „n geelhoutkissie gekry het. Ek het hierdie briefie laat vertaal deur „dr. Peter Hohn, „n kundige in oudhoogduits.

Page 24: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 24

gebruik Carl Dietrich die woord “dreiheit” [drievoudig]. Maar met 'n skok moes die familie in sy laaste brief hoor dat Jan nou 'n "informator" in 'n vreemde land is. Carel Dietrich se geskoktheid kan nie duideliker in die volgende sin gestel word nie “My God, het jy ons probeer bedrieg of watter omstandighede het daartoe gelei dat jy jou nou daar bevind waar jy is. Die vertouensbreuk, wat tussen Jan en sy familie plaasgevind het, is verderaan nog duideliker. Herman Carel Dietrich vertel dat sy vrou baie ontsteld is oor die verlowing, veral omdat Jan Willem die versekering gegee het dat hy nie in die vreemde land sal trou nie. En dan: "Ek en my hele familie vergewe jou vir alles en wens jou die beste toe" Jan het skynbaar ook versoek om geld aan te stuur want Herman Carl Dietrich antwoord dat hulle self ook maar swaarkry en Jan moet hom eerlik en opreg sy situasie vertel. En dan gooi Herman Carl Dietrich weer die teerpuntjie in “ons kan jou kwalik vertrou nadat jy jou belofte verbreek het oor die verlowing”

Die brief is ook „n mooi voorbeeld van die formele hoogdrawende styl waarmee korrespondensie gevoer is in die tyd. Dit is egter duidelik dat daar groot ongelukkigheid oor die omstandighede rondom die aansluiting by die VOC was. Wat die werk as informator behels het, is nie heeltemal duidelik nie, want die skeepsjoernaal meld bloot dat Jan „n soldaat is. Volgens Karel Schoeman47 het amptenare van die VOC dikwels „n groot sê gehad in die plek waar hulle diens gedoen het. Die dienskontrak met die VOC het ook bepaal dat die kontrak eers in werking tree met aankoms in die Kaap en die reistyd is dus uitgesluit. Die feit van die saak is egter dat Jan die Kievitsheuvel weer uit die Kaapse hawe sien vertrek het na Batavië in 1766. Hy sou nooit weer sy voet in Duitsland sit of sy familie daar weer sien nie.

Eerste bladsy van die brief van Herman Carl Dietrich aan sy broer Jan. 48 Carl Dietrich vertel ook van hulle oudste broer Friedrich in Pruise (die offisier), wat al twee keer kom kuier het, en vra of daar nuus oor broer Simon in Surabya is. Dit is hierdie vraag oor broer

47 K. Schoeman: „n Duitser aan die Kaap, 1742 - 1765 48 Brief van Herman Carl Dietrich. Hierdie brief is vertaal uit Oud-Hoog Duits deur D. Peter Hohn.

Page 25: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 25

Simon wat moontlik ook aandui dat Jan voor sy vertrek al beplan het om na Batavië te gaan om sy broer te besoek. Verdere inligting oor die familie in Duitsland is te lees in „n ander brief wat Dietrich Ludwig, „n seun van Herman Carl Dietrich, na „n groot gesukkel om kontak te maak, in 1816 aan Jan gestuur het49. Hy vertel dat hy al Jan se briewe aan sy vader nog het: “Ik heb nog uwe brieven, welke Gij in het jahr 1765 voor uw vertrek van Amsterdam aan mynen Vader geschreven hebt, ook uwe brieven van di Kaap de goede Hoop waarvan de laaste gedateerd is de 20 ste Desbr 1774. Zedert dien tyd vind ik geen brieven meer van U en ik veronderstel dat Gij zult geschreven hebben, omdat Gij zult gehoor hebben dat myn Vader toen overleden is”50. Hy gaan voort deur allerlei interessante persoonlike inligting oor die ander familie in Duitsland te vertel. Die ergste nuus in die brief is dat al Jan se naby (en verre) familie oorlede is. “Weinige jaren daarna zyn ook alle uwe nabestaande hier in Duitschland overleden, van allen leeft er geen een

meer behalven myn broeder Georg Arnold en ik - ook alle verre bloedverwanten zyn dood, alleen leeft nog de oude Tante Jonas te Hanover welke Gij het mischien nog zult kunnen herinneren.” Jan Barkhuysen was egter ook alreeds oorlede toe hierdie laaste brief aan hom in Suid-Afrika aangekom het. Omdat die nageslag van Herman Carl Dietrich, Jan se broer, eintlik die naaste verwante familie vandag aan ons Suid-Afrikaanse tak is, sal ek bietjie meer oor hulle vertel. Herman Carl Dietrich het as “Kaufmann”/besigheidsman in 1764 na Hannover verhuis. Hy het twee seuns naamlik Georg Arnold en Dietrich Ludwig. So skryf Dietrich Ludwig in 1816 oor hulle gesin “Myn Vader is overleden te Hannover in het jaar 1775 - wij kinderen waren toenmaal nog zeer jong en worden in de ?host beskud”. Hulle is daarna grootgemaak deur tante Jonas. Dietrich Ludwig skryf verder oor sy broer: “ Myn broeder Georg Arnold heeft voor Predikant gestudeerd - is op school geweest te Detmold, daarna te Gottingen, en is op laatst als Predikant

beroepen naar Schottmar - waar hy nu eerste Leeraar is. Schottmar ligt digt by Salz Uffelen in het Graaffschap Lippe. Myn broeder is getrouwd met ene dochter van wylen den Raad Heisterman te Detmold en heeft 5 kinderen 2 zonen en 3 dochters. Hy leeft gelukkig - zyne omstandigheden zyn juist niet uitmuntend moet kan zielen red en zyn huizgesin goed onderhouden. En so skryf Dietrich Ludwig oor sy eie lewe. “In het jaar 1781 toen ik 14 jaren oud was kwam ik naar Bremen - op het kantoor van D.L. Buhl - hetzelfde kantoor op het welk ook myn Vader 9 jare geweest is, en hetwelk U wel nog bekend sal zyn. Ik ben 15 jaren op dat kantoor geweest om de Koophandel te leeren - daarna had ik hier myn eigen negotie kantoor opgerigt - 1795 - ben getrouwd in het jaar 1796 met eene dochter van een Doctor Hotze te Hannover een braaf lief vrouwtje met welke ik regt gelukkig leef. Wy hebben 3 kinderen, 2 Zonen en een dochter. De oudste zoon is bykans 20 de jongste heest 7 jaren oud.” “Met myne negotie is het de eerste 12 jaren zeer gelukkig gegaan, maar in de ongelukkige tyd van

den Franschen oorlog heb ik alles verloren, en enige kommerlyke jaren moeten voortbringen. Nu ben ik zedert 3 jaren, met eenen vriend, di geld heeft, in maatschappy gegaan, en ik verdien na weder zoo veel dat ik met vrou en kinderen wel goed leven kan.” Die jongste seun van Dietrich Ludwig het in Bordeaux , Frankryk in die wynbedryf gaan werk. Hy het sy naam van Johan Ludwig na Jean Louis verander. Die bekende historikus Henry Auguste Barckhausen, professor aan die Bordeaux Universiteit, is „n seun van Jean Louis. Raymond Barkhausen, wat die familiefees in Frankryk gereël het, stam ook van Jean Louis af. „n Tweede seun van Dietrich Ludwig, Carl August Wilhelm Barckhausen, het soos sy voorsate as pagter in Oldenstadt en Neustadt geboer. „n Bekende nasaat van hom is Joachim Barckhausen, wat „n roman oor die lewe van Paul Kruger geskryf het. “Ohm Krüger” was „n blitsverkoper. Ten slotte herhaal ek net kortliks wat van stamvader Jan se ander broer, Simon Henrich, geword

het. Simon, wat in Surabaya, Indonesië gaan werk het as “zieketrooster” vir die VOC het ook nooit teruggekeer Duitsland toe nie. „n Zieketrooster het as plaasvervanger vir „n predikant opgetree. Omdat hy nie as predikant gestudeer het nie, is hy toegelaat om preke voor te lees maar nie self te preek nie. Ondersteuning van siekes en mense met probleme spreek duidelik uit

49 Hierdie brief was saam met die brief van Herman Carl Dietrich in die geelhoutkissie bewaar. 50 Brief gedateer 14 Augustus 1816.

Page 26: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 26

die naam. Simon is getroud met M. Winter51 en hulle het net een seun aangeneem. Simon is „n paar jaar na sy ontslag uit die VOC in Indonesië oorlede. Sy van word in die VOC argief as Barkhouse aangedui. „n Familielid vertel aan my dat hy in Indonesië gehoor het dat “Barkhuizen” „n bekende familienaam daar is. Dit kan moontlik afstammelinge van hierdie seun van Simon wees maar dit kan Nederlandse/Duitse “Barkhuijsen‟s” wees wat later na hierdie kolonie verhuis het. Daar bestaan „n moontlikheid dat die twee broers Jan Willem en Simon Henrich wat in Soerabaja Batavië vir die VOC gewerk het, mekaar ten minste een keer in die Kaap weer gesien het. Met die doop van Jan en Jacomina se seun, Simon Hendrik, op 2 Oktober 1779 in Tulbagh, was Simon Hendrik Barkhuysen „n getuie. Indien die doopinskrywing korrek is, kan dit net Jan Willem se broer, Simon uit Soerabaya, wees.

3.4.2 VOC dienstydperk en leenkneg by Nicolaas van Rensburg Jan het in 1766, in die regeringstyd van goewerneur Rijk Tulbach, in Suid-Afrika aangekom. Hierdie fase van die koloniale regering, van weelde en vertoon, staan ook as die pruiketydperk bekend. Rijk Tulbagh was bekend vir die wette wat hy aangeneem het om die prag en praal te beperk. In werklikheid was dit in „n tydperk toe die VOC al erg begin agteruitgaan het. Die kolonie aan die Kaap was al 112 jaar oud en die VOC was nie meer die sterk ekonomiese organisasie van vroeër nie. Jan is, as stamvader, eintlik „n laatkommer in Suid-Afrika. Baie Afrikanerfamilies was al „n tweede of derde geslag in die land en die trekboerbeweging vir grond en weiding het die kolonie se grense al verder gerek. Jan se lewe in Suid-Afrika het dus nie rondom Kaapstad of die wynlande afgespeel nie maar hy het grond gekry op die randgebied van die destydse kolonie, baie naby aan die oostelike grens. In 1774 is „n proklamasie uitgegee deur die Kompanjie dat die Oostelike grens die Gamtoosrivier is en dat geen burger toegelaat word om oorkant die rivier te vestig nie.

Jan het die eerste twee jaar diens gedoen by die kasteel en vir die volgende 8 jaar het hy as kneg in die omgewing van Riversdal gewerk. Hy is in 1777 oor die Gamtoos rivier na sy eie plaas toe in die Langkloof. Op die randgebied van die destydse kolonie. Daar is min detail beskikbaar oor wat Jan, as soldaat, die eerste twee jaar na aankoms in die Kaap gedoen het. Die enigste inligting uit sy betaalstaat is dat hy nogal baie ekstra skuld gemaak het deur geld te leen as borg vir twee ander vriende. Ek is tans besig om dit ook te ontleed. En van geld gepraat, sy skuld by die VOC is elke jaar verminder tot in 1776 toe die laaste bedrag afbetaal is. Soos ons sal sien het Jan van hierdie 10 jaar se dienstydperk eintlik net die eerste twee jaar direk vir die VOC gewerk. Die personeellyste van die VOC, die sg. Generale Monsterrollen, dui vir 1766 aan dat Jan in die hospitaal is.52 Dit bevestig die inligting uit die skeepsjoernaal dat hy op 10 Maart 1766, „n paar dae na aankoms, in die hospitaal opgeneem is. Hy kon sekerlik nie die hele jaar in die hospitaal

gewees soos die personeellys aandui nie, en miskien was hy langer daar as wat ons dink. Die personeelopgawe is ook maar net inligting op „n bepaalde dag en datum. Daar is „n sterk moontlikheid dat die hospitaalopname veroorsaak het dat Jan in die Kaap agtergebly het en toe nooit na Oos-Indië gegaan het nie. Na sy ontslag uit die hospitaal sou Jan, as soldaat, na die garnisoen uitgeplaas word. Vir die jaar 176753 vind ons wel sy naam as gewone soldaat in die garnisoen. Hy is lid van “De Eerste Facante Comp [kompanie] ” onder bevel van Kaptein Hieronimus Hendrikx en Vaandrig Johan Andries Schults. Dit beteken dat Jan nie na „n buitepos uitgeplaas is nie (want dan sou sy naam onder een van die buiteposte voorgekom het) maar dat hy eerder met wagbeurte en ander take by die kasteel besig was. Ek probeer nog bepaal waar die Eerste Kompanjie gestasioneer was en of hulle betrokke was by enige insidente in hierdie tydperk. Wat ek wel gekry het is twee verwysings na Kaptein Hendriks. In albei gevalle word sy titel as “Capitain Lieutenant Militaire deeses Casteels”54 aangedui wat in alle waarskynlikheid daarop dui dat hy die bevelvoerder van

die wagte by die kasteel was.

51 VOC, Kievitsheuvel, RA Deel I/I.2.b.4 Band 6461 52 KAB: VC 46 Generale monsterrollen 1766, Personneellys van die VOC. 53 KAB: VC 46 Generale monsterrollen 1767, Personeellys van die VOC. 54 K.A.B: C 217 Resolusies van die Politieke Raad.

Page 27: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 27

Die ingang na die kasteel in Kaapstad, waar Jan Barkhuysen vir die eerste twee jaar na aankoms

diens gedoen het. Ek kry Jan se naam glad nie op die lys vir 1768 nie, want hy is in Junie 1768 al “uitgeleen” as kneg aan „n boer. Dit was beleid van die VOC om personeel wat nie onmiddelik nodig was nie toe te laat om as leenknegte by boere te gaan werk. Dikwels het die VOC dit self gereël. Dit het na net twee jaar diens by die VOC ook met Jan gebeur toe hy by, Nicolaas Janse van Rensburg, naby die huidige Riversdal gaan werk het. Trouens dit wil voorkom asof daar nie veel werk vir die garnisoen was nie en dat heelwat soldate dieselfde tyd uitgeplaas is. Die Henning stamvader, wat slegs „n paar maande vroeër as Jan Willem Barkhuysen in die Kaap aangekom het, het

byvoorbeeld in Mei 1768 „n kontrak met Gerrit Engelbrecht gesluit55. Op 8 Junie 1768 teken Jan die kontrak56 met Nicolaas Janse van Rensburg. Nicolaas is die oudste seun van Johannes van Rensburg wat op die plaas Rietvlei naby die Gouritsrivier geboer het. Alhoewel Nicolaas later die plaas “Valsrivier” langs die Gouritsrivier van sy pa geerf het, het hy alreeds in 1763 op grond “aan de Palmietrivier gelegen aan de Soetmelksfonteyn”57 begin boer. Dit was natuurlik hier op die plaas, Palmietrivier, langs die Soetmelksfontein waar Jan begin werk het vir van Rensburg. “Klein Palmietrivier” het in 1808 aan Nicolaas Van Rensburg se seun, Nicolaas, hehoort. 58. Die genoemde plase is naby die huidige Albertinia/Riversdal geleë, moontlik op die ou roete na George se kant toe. Op „n moderne kaart sal jy nog steeds die plaas “aan de Palmietrivier” reg langs die plaas “Soetmelksfontein” kry. Ek beplan om hierdie plase binnekort te besoek. Die werkskontrak tussen Jan Barkhuysen en Nicolaas Van Rensburg is maar standaard, en die

inhoud is dieselfde as in honderde ander soortgelyke kontrakte. Die kontrak bepaal dat hy 'n jaar sal werk "als knegten tot wat redelyke dienstens hem verderes mogte benodigen". Hy sou ook maandeliks “17 guldens Indische valuatie, mitsgaders [asook] twee pond tabak boven en behalven onderhoud en spys en drank en goede huisvesting”59 ontvang. Die twee was so tevrede met mekaar dat die kontrak op 29 Sept 1769 en in Julie 1771 hernieu is. Die kontrak is nie daarna weer hernieu nie maar op 11 Oktober 1776 meld Van Rensburg in „n aparte verklaring60 by die notaris op George dat Jan die vorige vyf jaar (1772 tot 1776) steeds aan die bepalings van die kontrak voldoen het. Hierdie “terugwaartse” kontrak is sekerlik net gedoen om, voordat Jan sy eie pad loop, die ooreenkoms tussen hulle formeel af te sluit en te wys dat daar geen ongelukkigheid iewers bestaan nie. Volgens Heese61 was die stamvader baie waarskynlik ook 'n onderwyser op die plaas, alhoewel die kontrak nie spesifiek daarvan melding maak nie. Die onderwyserskap is moontlik die “informator” waarna hy in „n brief aan die familie verwys het. Dat hy sekerlik in staat was om onderwys te gee

55 www.henning familie.org.za 56 KAB: CJ 2909 (Kontrakte), p. 219. Kontrak tussen N Janse van Rensburg en JW Barkhuysen. 57 Van Rensburg, Die Rietvleiers, p.35 58 KAB: MOOC 8/57.31c Inventaris van Nicolaas jnr. se vrou Anna Johanna Beytenbach. 59 KAB, CJ nr. 2902 (Kontrakte). 60 KAB Kontrakte , CJ 2909, p. 220 61 Heese, JA: Kerk in die wolke- Eeufeesgedenkboek van Uniondale , p. 109

Page 28: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 28

blyk uit sy mooi en duidelike handtekening onder aan die kontrak. Dit was ook algemeen gebruik daardie tyd om oud-soldate as onderwysers in diens te neem. Van Rensburg en sy vrou het vier kinders van "skoolgaande" ouderdom gehad, onder andere 'n dogter, Jacquemina, van 13 jaar. (Interessant is dat Nicolaas van Rensburg dalk ook nie kon lees of skryf nie. Verskeie navorsers probeer al lank om Nicolaas se handtekening op te spoor. Hy het altyd iemand namens hom laat teken op kontrakte.)

Die ligging van die plaas, Valsrivier, tussen die huidige Riversdal en Albertinia.

Die volgende vermelding wat ek kon kry is dat Jan lidmaat geword het van Tulbagh gemeente in 1771 “met attistatie van Schwalenberg”62. Uit hierdie inligting is daar twee aspekte wat opval. Eerstens is dit tog „n verassing Jan „n lidmaat in Schwalenberg was want met elke amptelike situasie is sy plek van oorsprong as Horn, Graafskap Lippe, aangegee. Maar, soos ek reeds elders genoem het, is Eicholz by Steinheim, Horn en Schwalenberg in werklikheid baie na aan mekaar geleë. Volgens toerisme brosjures63 is Schwalenberg „n idilliese klein dorpie met slegs „n paar duisend inwoners. Die ou kerke, stadsplein en baie huise uit die 1700‟s (altstadt) is vandag nog net so te sien. Tweedens is die feit dat die lidmaatinskrywing in die gemeenteregister van Tulbagh gedoen is,

nogal misleidend. Die gemeentegrense was enorm en Riversdal omgewing het, voordat Swellendam afgestig het, maar onder die Tulbagh – gemeente geval. Die gemeente het ook as Roodezand bekend gestaan. Kerksake is of in Tulbagh of in Kaapstad afgehandel, afhangende van die ander besigheid wat burgers ook moes afhandel. In die betrokke lidmaatregister van Tulbagh gemeente is “Jacomina Jansen van Rensburg”,64 dogter van Jan se werkgewer, se naam op dieselfde dag ingeskryf as nuwe lidmaat. Jan het natuurlik gelyktydig met Jacomina se belydenisaflegging sy eie lidmaatskap ingehandig want daar was reeds trouplanne in die lug. Op 8 November 1771 is Jan (toe 25 jaar oud) se huwelik met sy werkgewer se dogter, Jacquemina van Rensburg (15 jaar 9 maande), in die Kaapstad gemeenteregister aangeteken. Jan het na die troue nog so 5 jaar, tot 177665, saam met skoonpa geboer en daarna is hy en Jacquemina na die Langkloof toe. Hulle twee oudste kinders is nog daar op Valsrivier gebore.

62 Lidmaatregister Tulbagh gemeente ,1771 63 Internet bladsye oor Steinheim. 64 Lidmaatregister Tulbagh, 1771 65 KAB Kontrakte , CJ 2909, p. 220

Page 29: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 29

Alhoewel Jan Willem steeds „n werkskontrak as kneg met Nicolaas van Rensburg het, en dat hy nog nie burgerskap het nie, het die feit dat Jan Willem Nicolaas van Rensburg se skoonseun is sekerlik sy status verbeter. „n Moord en „n boer wat nie kon skryf nie, werp onverwags lig op Jan Barkhuysen se doen en late tydens die leenkneg tydperk. Godfried Piljee, „n burger langs Cafferkuijls rivier, vra Jan Barkhuysen op 10 April 1774 om „n brief namens hom aan die Landdros op Swellendam te skryf, waarin Piljee die moord van die ordonansieruiter, Heyl, op sy plaas rapporteer. Sekretaris Blankstein, oud Heemrade Nicolaas de Bruijn en Daniel du Plessis, wat die verslag van die moord opstel, ken Barkhuysen skynbaar nog nie. Hulle praat in die verslag van “eene Jan Willem Barkhausen” wat die brief namens Piljee geskryf het. 66

3.4.3 Burgerskap en leenplase in die Bo-Langkloof. Ek het reeds verwys na die tweede “terugwaartse” dienskontrak wat op 11 Oktober 1776 onderteken is tussen Jan Willem Barkhuysen en sy skoonpa Nicolaas Van Rensburg. Hierdie kontrak is eintlik net „n aanduiding dat die dienskontrak tussen hulle beëindig is. Dit beteken dat Jan nou „n onafhanklike boer wil word en „n tweede dokument, wat dertien dae later gedateer is, bevestig dit. Op 24 Oktober 1776 dien Jan sy aansoek om burgerskap 67 in. Die aansoek is gerig aan Goewerneur Plettenberg en die Politieke raad en hy versoek dat “ uwe zeer neederigen dienaar Johan Willem Barkhuyzen van Hoorn, A. [aankoms] 1766 voor soldaat f9 p maand [9 florin per maand] met het schip Kievitsheuvel alhier aangeland hoe den supp lt [aansoeker] vermeend onder godes zeegen genoegzaam in staat te wezen omme zig alhier of elders buiten den dienst van E: Comp ie [Oos-Indiese Kompanjie] op een eerlyke en betamelyke wyze te kunnen erneeren?, dierhalven neemt hy supp lt [aansoeker] de vryheid sig te wenden tot uwe wel Edele Gestr: en E:

Achtb rs, met ootmoedig versoek dat het de selve behagen moge hem uyt gem: dienst „t ontslaan en met den burgerrecht te deser plaatse te begin stigte. Jan Barkhuysen en Jacobus Botha het, kort na Barkhuysen se verkryging van burgerskap, „n besigheidsooreenkoms of soos dit in korrespondensie van die tyd genoem word „n “maatskappy” gehad. Dit het oor „n tydperk van 4 ½ jaar geduur. Dit lyk of die besigheidsooreenkoms gaan oor die bestuur van Botha se boerdery op Kykoe en Kliprivier in die Langkloof. Kort na die afsluiting van die dienskontrak tussen Jan en sy skoonpa en die toekenning van burgerreg het Jan en Jaquemina na die Langkloof verhuis. Dit moes deur die loop van 1777 plaasgevind het – drie jaar voor die amptelike toekenning van sy eerste leningsplaas daar. Ek grond my siening, dat Jan lank voor die toekenning van die leningsplaas alreeds in die Langkloof gebly het, op die besigheidsooreenkoms met Jacobus Botha, die feit dat Jan as baaspadmaker aangestel is en dat twee vriende van Ganskraal in Augustus 1777 as getuies

by die doop van Jan en Jacomina se derde kind opgetree het. Jan is op 14 Januarie 1778 as baaspadmaker vir die pad tussen Kannalandshoogte en Keurboomsrivier aangestel. 68 Dit is beslis „n aanduiding dat hy toe alreeds gevestig is in die Langkloof, die mense goed ken en in staat is om opdrag te gee dat almal moet help met instandhouding van die pad. Later meer oor die werk as baaspadmaker. „n Tweede bewys dat Jan in 1777 alreeds op Kykoe gaan woon het is dat twee mense van „n buurplaas as getuies by „n doop opgetree het. Jacobus de Buys en Catharina Pienaar van Ganskraal het in Tulbagh op 24 Augustus 1777 as getuies by die doop van Alberta Catharina opgetree. De Buys het alreeds in 17?? op Ganskraal gaan woon. Op 16 Julie 1780 is die plaas "De Vlugt"69 langs die Keurboomsrivier in die Voor-Langkloof, en in die middel van die huidige Prins Alfredpas, aan Jan as leningsplaas toegeken. Hy het De Vlugt

oorgeneem by Elsie Botha, die dogter van Jacobus Botha. Jan was die tweede persoon aan wie “De Vlugt” toegeken is. Kort daarna is „n tweede plaas, “Keykoe gel.[geleë] over de attquaskloof

66

KAB: 1SWM 1/6 ongenommerde bladsy, 10 April 1774 67 KAB: C1166 p. 35 en 36, 24 Oktober 1776. Aansoek om burgerskap JW Barkhuysen 68 KAB: SWM 2229 bl. 21. Dagregister van vergaderings van Landdros en Heemrade, 14 Januarie 1778 69 KAB: RLR Oude Wildschutte boek, p115

Page 30: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 30

aan Keurboomsrevier” op 26 Januarie 178270, aan Jan Barkhuysen toegeken. Kykoe is volgens die leningsooreenkoms “de verlatene plaats van de oud heemraad Jacobus Botha de oude.” „n Derde plaas, Kliprivier, is op 17 September 1782 71aan Jan toegeken, wat net soos Kykoe, ook aan Jacobus Botha behoort het. Jacobus Botha het in 1760 Kykoe en Kliprivier op lening gekry en toe was hy al 68 jaar oud. Hy was „n ryk boer en het 2000 skape op sy plaas Janharmensgat gehad. Hy het egter aan die reisiger Thunberg erken dat sy rykdom eintlik uit olifantjag gekom het. Hy spog dat hy op een dag tot 22 olifante geskiet het.72 Jacobus Botha het nooit op die plase in die Langkloof gewoon nie. Sy spogplaas, Janharmensgat, was nie ver van Swellendam op die Kaapstad pad geleë. Hy het die Langkloofplase slegs as basis vir sy jagtogte in die “afgeleë distrikte”, of as veeposte of vir sy kinders se gebruik gekry.

„n Duidelike bewys dat Kykoe onbewoon was, is die kommentaar van reisigers. Van die vroeë reisigers soos Thunberg, Sparrman, Swellengrebel en van Plettenberg het byvoorbeeld nooit van mense op Kykoe gepraat nie. Thunberg is drie keer by Keurboomsrivier verby en net een keer het hy genoem dat dit die plaas van Theuns Botha, „n seun van Jacobus Botha is. Thunberg het wel op sy reise lank met Jacobus Botha self, op die plaas Janharmensgat, op 4 November 1773 gesels. 73 Om een of ander rede het die Botha-kinders nooit op Jacobus se drie leningsplase in die Langkloof, Kykoe, Kliprivier en De Vlug, gevestig nie. Die Vlug is op Jacobus Botha se dogter , Elsie, se naam geregistreer. Sy het „n ongelukkige huwelikslewe gehad en dit is heel moontlik die rede waarom sy die gebied verlaat het. Elsie se tweede man, Daniel Lombard, het haar en die kinders so hardhandig behandel dat sy die eerste geskeide persoon in die Langkloof geword het.74 Later word ook argumente gegee waarop De Vlug tot ten minste 1826 onbewoon was. Thunberg het van Jacobus Botha se seuns by Bruintjieshoogte en ook anderkant Swellendam ontmoet. Jacobus Botha is in 1782 oorlede, dieselfde jaar waarin Jan Barkhuysen Kykoe amptelik gekry het.

Die rede dat al drie plase in Barkhuysen se besit “toevallig” aan die Bothas behoort het, het met familiebande te doen. Jacobus Botha is Jacomina Barkhuysen se oupagrootjie. Jaquemina se ouma is Anna Margaretha Botha, die vierde dogter van Jacobus Botha en Elsie Snyman, en getroud met Van Rooyen. Met die doop van die Jan en Jacomina se oudste kind in Tulbagh, was Jacobus Botha een van die doopgetuies. Jacomina het ook goue pennings van Jacobus Botha geërf. Jan Barkhuysen en Jacobus Botha was albei betrokke by die kollege van heemrade en krygsoffisiere van Swellendam. Die reëling vir die oordrag van die leningsplaas het heel waarskynlik op „n persoonlike vlak gebeur. Dit versterk ook my argument dat Jan en Jacomina Barkhuysen moontlik drie jaar voor die amptelike toekenning van die eerste plaas alreeds met instemming van oupa Botha op Kykoe gebly het.

70

KAB: RLR Oude Wildschutte boek, p. 143 71

KAB: RLR Oude Wildschutte boek, p. 42 72

Van Huyssteen, A: Storie van die Langkloof, p. 75 73

Van Riebeeck society nr.17: Carl Peter Thunberg. Travels at the Cape of Good Hope 1772 – 1775, p 207 74

Van Huyssteen, A: Storie van die Langkloof, p. 75

Page 31: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 31

Die kontrak in die sg “Wildschutte boek” waar die leningsplaas “de Vlugt” (derde reel heel regs) deur die Kompanjie aan “Jan Willem Barkhuysen” (middel tweede reel) toegeken is. Soortgelyke kontrakte bestaan vir die plase Kliprivier en Kykoe. Die plase op stamvader Jan Barkhuysen se naam het beteken dat hy so teen die einde van die 18e eeu en die begin van die 1800‟s self „n vooruitstrewende boer geword het en byna al die grond langs die bo-lope van die Keurboomsrivier, vanaf Kykoe tot by De Vlug, besit het. Dit is „n gebied wat padlangs ongeveer oor 20 km strek en vandag natuurlik uit tientalle plase bestaan. Volgens „n kaart van die distrik George in 1830 75 waarop die plase van die verskillende veldkornetskappe aangedui word, word net Kykoe (H1), Kliprivier (H2) en De Vlugt (H3) aangedui. Tot 1830 was daar dus volgens die kaart net drie geregistreerde plase langs die bolope van die Keurbooms. Die plase Kykoe en Kliprivier grens aanmekaar. Kliprivier lyk na „n baie groot plaas

op die kaart. Tussen Kliprivier en De Vlug word „n onbewoonde stuk grond gewys, ongeveer waar Pietersrivier vandag is. Die stamvader het later ook Pietersrivier, volgens die boedelinventaris van Jaquemina in 1826, besit maar ek het nog nie die presiese inligting daaroor nie. Dit is wel snaaks dat Pietersrivier nie op die kaart aangedui word nie want soos genoem het die naam op die 1826 boedelinventaris van Jacomina verskyn. Ek gaan dikwels vir „n wegbreek op “Williamsburg Farm” bly. Dit is amper in die middel van die oorspronklike klomp plase van die stamvader geleë, „n klipgooi van Oskraal af. Nigel Williams het die ou Gykonna opstal mooi ingerig vir gaste en daar is ook „n klein kothuis beskikbaar. Daar teen die Kransberg het mens „n mooi uitsig op die kloof, vanaf Barkhuizenberg op Noll (Dieprivier) tot verby Pietersrivier. En die stilte en sterre is nog (amper) soos dit in 1780 was.

75

KAB: C.O. 2720

Page 32: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 32

Kaart van distrik George ongeveer 1830.

Pieter Barkhuizen, een van die eerste navorsers oor die familie, het altyd maar aangeneem dat Jan

Barkhuysen op De Vlug gebly het. So met verloop van tyd het ek agtergekom uit verskeie dokumente dat De Vlug vir baie jare eintlik onbewoon was. Ek weet dat “De Vlug” Jan se eerste leningsplaas in 1780 was maar dit is baie duidelik dat Jan en Jacquemina dalk nie lank daar gebly het (indien ooit) soos ons gedink het nie, want sy tweede leningsplaas, Kykoe in 1782, is in alle opsigte beter geleë. Soos reeds genoem lyk dit of Jan sedert die beëindiging van sy kontrak met van Rensburg, in 1776, alreeds op Kykoe gaan bly het. Ek basseer my siening op die feit dat Jan op 14 Januarie 1778 as baaspadmaker aangestel is vir die pad tussen Kannalandshoogte en Keurboomsrivier (Kykoe). 76 Die heemrade sou beslis „n persoon aangestel het wat daar in die Langkloof bly, wat die pad gereeld gebruik en die inwoners goed ken. Daar is egter verskeie argumente, wat veral op bronne tussen 1783 en 1816 gebasseer is, wat verder aandui dat De Vlug eintlik vir baie jare onbewoon was en dat die stamvader by implikasie

op Kykoe gebly het. Eerstens kan „n mens net na die praktiese aspekte van die ligging kyk. Kykoe is ook langs die Keurboomsrivier soos die ander plase, die kloof is baie wyer hier en dit is op die hoofroete (vandag N9) tussen George en Uniondale (en die Langkloof). Om op De Vlug te bly sou baie ekstra vervoerprobleme geskep het, veral voordat die Prins Alfredpas later deur Thomas Baines gebou is. Kykoe lyk vir my uit „n landbou oogpunt ook net „n beter opsie.

76

KAB: CO2229, Dagregister van vergaderings van Landdros en Heemrade, 14 Januarie 1778

Page 33: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 33

Soos ons later sal sien het Jan Barkhuysen in 1782 aan die Grosvenor-ekspedisie deelgeneem en die groep het waarskynlik op Kykoe oornag. Volgens die verslag het die groep op 17 Maart nege uur gery vanaf Petrus Hendrik Ferreira se plaas (Misgund) tot by Keurboomsrivier om daar te oornag. Soos ons weet is die drif by Kykoe die plek waar die Keurboomsrivier gekruis word met die pad uit die Langkloof. Kykoe word selfs vandag deur die mense in die omgewing en die familie sommer “Keurboomsrivier “ genoem. Drie reisigers wat volgens die beskrywing van hul roete by De Vlug verbygegaan het, het nie eens na „n teken van lewe daar verwys nie. Dit was die plantkundige Lichtenstein in 1804 en die sendelinge John Campbell in 1813 en Latrobe in 1816. Lictenstein77 het vanaf Piesangrivier se kant gekom. Hy verwys na hul oornagplek, die verlate Khoisan blyplek, “Cloeteskraal”, moontlik dieselfde plek wat vandag bekend is as Knoetskraal en

vandaar is hy na Mattys Zondag op Avontuur op die roete wat later as Prins Alfred pas bekend sou wees. Hy verwys na die laagste plek in die vallei met „n kristal helder stroom wat Moordenaarskuil genoem word. Dit kan moontlik by De Vlug wees of iewers op die pas want net daarna is hulle oor die laaste uitputtende steil deel na Avontuur toe. Campbell het in Maart 1813 op sy reis vanaf Plettenbergbaai tot op Kykoe net verwys na die plaas van Zondag, naby Witrivier, en kort voodat hy by Keykoe aangekom het, sekerlik na Kliprivier, waar honde blaf. By wat De Vlug se omgewing kon gewees het hy net verwys na “a fen in which were many pools of water” en “at present it is a lonely wilderness”. Uit Latrobe se verhaal is dit ook duidelik dat daar nie mense op De Vlug gebly het in 1816 nie. Ek haal dele uit Latrobe se verteling aan om te verduidelik. Die geselskap het op die 23 ste Maart 1816, gestop by Veldkornet Van Huyssteen op Wittedrif (die van Huyssteen stamvader) en hulle het Latrobe vergesel tot by die volgende plaas. Daardie boer het hulle vergesel oor Perdeberg, en

hulle het toe oornag op „n plek bekend as “Kloeteskraal” en “here was neither house nor Hottentots‟s hut”. Hy beskryf die oornagplek verder “The situation of our encampment was dreary in the extreme, high and bleak, surrounded by low eminences, which shut out the view of the mountains, not a tree in sight, and far distant from the dwellings of men”. Latrobe het redelik moedeloos gevoel daar in die wildernis, en Broer Schmidt probeer die boer toe ompraat om hulle met sy osse nog „n dag te help, “to put us forward another “skoff” or days journey”. After some silent conversation with his own feelings, he obseved, that he could not be satisfied, to leave us in this desert, but though his oxen were tired, he would bring us to Klip Revier, on Kierbooms Rivier, being the first farm in the Lange Kloof” Na ontbyt het hulle vertrek en vir middagete gestop by „n plek wat moontlik “De Vlug” kon wees. “After a tedious, difficult, and may I say, dangerous passage over many a hill and glen, we made one hour‟s out-spann in a deep valley enclosed on all sides by steep banks, and got a luncheon of

bread and honey.” En dan “ About five o‟ clock, we arrived at Klip Revier, and were welcomed by a friendly farmer of the name of Barkhuis, but who had it not in his power to put us forward today. Volgens Latrobe het hy toe vir Jacquemina en haar dogters op “Keurboomsrivier” ontmoet. Dit was in Maart 1816 en die stamvader was toe reeds oorlede. Daar bestaan nie „n plaas met die naam Keurboomsrivier nie maar soos ons reeds weet is dit die meer algemene naam van Kykoe. Latrobe gee ook „n leidraad want hy noem dat hy en Broeder Schmitt na die kloof gestap het waar die Keurboomsrivier uit die berge vloei. Verder het Latrobe vanaf Plettenbergbaai en Perdekop se kant af gekom en dus reeds verby De Vlug gereis om op Kliprivier te oornag. Die volgende plaas op die ry af, en waar Jacomina dus in 1816 gebly het, was beslis Kykoe. (So het dit dus gebeur dat Jan en Jacomina, met die twee oudste seuntjies, teen die einde van

1776 op Kykoe gevestig het. met het hulle kinders meestal in Kaapstad laat doop. Slegs drie kinders is in Tulbagh gedoop , die oudste, derde en vierde van die kinders. )

77

Lichtenstein, Travels in Sothern Africa,

Page 34: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 34

Die huis op Keurboomsrivier/Westelike deel van Kykoe,by die drif, wat heel waarskynlik staan op die plek waar die stamvader se huis was. Tannie Rhoda van Rooyen sê die Meirings het hierdie huis gebou of verbeter. Die huis is langs die Keurboomsrivier en direk langs die “ou” pad tussen George en Uniondale. Ek is besig om alle inligting oor die huidige en historiese posisie van die huis te ondersoek. Soos gesien kan word is die huis besig om erg te verwaarloos.

3.4.4 Jan Barkhuysen se leiersrol in die Swellendam kommando en die

Langkloof - Baaspadmaker, Kavalerie Sersant, Adjudant,

Veldkommandant en Heemraad. Inleiding Jan Barkhuysen het in sy lewe „n besondere leiersrol in die gemeenskap gespeel. Dit het begin met bevorderings in die rangstruktuur van die burgermag en beslis „n hoogtepunt bereik met die aanstellings as heemraad. Dalk was die toppunt sy betrokkenheid as oud-heemraad tydens die Tweede grensoorlog in 1793. Jan Barkhuysen se leiersrol moet ook teen die konteks van die gebied en sy mense gesien word. Die hele distrik Swellendam was maar yl bewoon en dit kan soveel te meer van die Langkloof gesê

word. Swiegers, 78 het in sy navorsing oor die Langkloof, „n insiggewende tabel van die bevolkingsgetalle opgestel. Dit is duidelik dat elke mens maar sy kant moes bring, gesien in die lig van die klein groepie mans waaruit gekies moes word vir al die werk wat gedoen moes word. Daar is egter geen inligting wat daarop dui dat Heemrade vir „n spesifieke streek gekies is nie. Heemrade is uit nominasies oor die hele groot distrik gekies. In 1789 was daar ongeveer 609 mans in Swellendam teeoor slegs 12 in die Langkloof. Die feit dat twee Langklowers, Barkhuysen en Ferreira, gekies is, kan eerder verklaar word uit die feit dat die kloof op die brandpunt van die destydse politiek was. Die uitbreiding na die Oos-Kaap en die konflik met die Khoisan en Xhosas was in daardie rigting.

78

Swiegers, JJ: Geskiedenis Van die Langkloof tot 1705, bl. 99.

Page 35: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 35

Tabel 1 Bevolkingsgetalle in die Landdrosdistrik van Swellendam soos verkry uit die notules van die vergaderings van Landdros en Heemrade van Swellendam.

Jaar 1764 1774 1776 1781 1784 1789

Bron dokument 17 Junie

1764. 1SWM 1-2

Woendag 15 Junie

1774 C2228 p12

C2228 p28 29 Junie

1776

Woensdag 20 Junie

1781 1SWM 10-

2 p7

Woensdag 20 Junie

1784 1SWM 10-2 p23

Junie 1790 1SWM 1/3

p33

Mans 382 468 482 613 752 605

Vroue 195 326 321 358 497 392

Seuns 371 603 604 674 793 679

Dogters 328 492 521 609 733 586

Knegte 8 5 5 2 3 0

Slawe 389 431 501 579 660 782

Slavinne 98 104 191 250 307 328

Slawe seuns 23 15 11 28 33 11

Slawe meisies 19 9 7 29 30 12

Perde 692 1102 1170 1792 2350 1627

Beeste 11246 13513 12768 18458 21150 75834

Skape 67400 82340 71490 70908 78560 56775

Snaphane 298 467 482 613 752 605

Degens 302 467 482 613 752 657

Pistole 229 400 366 479 582 657

Tabel 2 Bevolkingsgetalle in die Langkloof gedurende die agttiende eeu.

Jaar Mans Vroue Seuns Dogters Totaal

1762 5 5 11 11 32

1765 10 9 11 12 42

1780 12 14 36 33 95

1795 12 14 19 23 68

Gemiddeld 1762 - 1795

9,75 10,5 19,25 19,75 59,25

Moontlik het Jan Barkhuysen se geletterheid hom eintlik ‟n natuurlike keuse vir leiding gemaak. Swiegers noem dat die Langkloof se mense “ongeslyp en skaars geletterd”79 was. Daarom was die geletterde mans, soos Barkhuysen en Ferreira, die natuurlike keuse as leiers. In die boedelinventaris van Jaquemina word “25 boeken van zoort” aangedui, dalk „n uitsondering in die Langkloof van daardie tyd. Jacomina se antwoord op ‟n vraag van die reisiger, Campbell, oor hoe hulle die Sabbat deurbring as hulle so ver van „n kerk af is, is insiggewend: „By reading good

books”. Geletterdheid het die deure vir Barkhuysen se leiersposisie oopgemaak.

79

Swiegers, JJ: Geskiedenis Van die Langkloof bl. 99.

Page 36: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 36

Baaspadmaker. Die eerste openbare amp en twyfelagtige eer wat Jan Willem Barkhausen beklee het, is toe die kollege (vergadering) van Landdros en Heemrade van Swellendam hom op 14 Januarie 1778 as baaspadmaker vir die pad tussen Kannalandshoogte en Keurboomsrivier aangestel het.80 Die Kannalandshoogte is op die pad tussen Attakwaskloof en Kannaland (Oudtshoorn) en Keurboomsrivier (Kykoe) is ongeveer 85 kilometer ooswaarts in die Langkloof. Op daardie stadium was die enigste roete oor die Outenikwaberge die olifantvoetpad bekend as Attakwaskloof. Die mense van die binneland, dit is van Langkloof en Kannaland (Oudtshoorn), moes dus oor die moeilike Attakwaskloof om die kus te bereik. Dit lyk asof die pad na die Langkloof vanaf Kannalandshoogte deur die pas by Ezeljagt ingekom het, alhoewel baie reisigers het tot by Doornrivier gereis en dit dui op die bestaan van ander ‟n pad na Attakwaskloof.

Moontlik nader aan die huidige pad tot daar by die Oudshoorn-George-Langkloof kruising. Die volledige lys baaspadmakers soos aangestel deur die Landdros en Heemrade op hierdie vergadering is soos volg. : Jan Oosthuizen, jacobus zn, agter de berg; Jan Willem Barkhausen tussen de Cannalandshoogte en de Keurboomsrivier; Pieter Cornelis van Nieuwkerk, tussen de Keurboom en de Cromme rivieren; Jeremeias Esias Sauer?, In de Crommerivier, Jan Andries Cock, tussen de Cromme en de Chamtous rivieren; Daniel Potgieter, tussen de Chamtous rivier en de van Stadens rivieren. Die werk van baaspadmaker was maar moeilik. Elke boer wat in die betrokke gebied bly, moet volgens instruksie van die baaspadmaker, „n werker en gereedskap stuur sodat daar, onder die baaspadmaker se toesig, instandhouding aan die pad gedoen kan word. Volgens die notules van die Landdros en Heemrade was die inwoners of “ingesetenes” soos die burgers van „n spesifieke gebied genoem is maar baie onwillig om te help.

Om dinge vir Barkhuysen te vererger het Ockert Heyns, wat verantwoordelik vir die Attakwaskloof was, so gesukkel met die stuk pad dat hy gevra het dat die Langkloof inwoners, wat ook van die kloof gebruik maak, moet kom help. Die heemrade besluit toe dat Barkhuysen en sy mede boere in die Langkloof elke jaar, op die eerste Maandag in September, hulle bydrae moet lewer in die Attekwaskloof. Eerste grensoorlog, 1780. Adjudant Petrus Hendrik Ferreira het op versoek van die gemeenskap „n kommando byeengebring om die boere op die Oosgrens te gaan help.81 Ek het nog geen inligting oor Jan Barkhuysen se betrokkenheid tydens hierdie “oorlog”nie. Dit is egter ondenkbaar dat hy nie deel van Ferreira se kommando was nie.

Grosvenor ekspedisie, Desember 1782 Ons kry die stamvader se naam onder die 109 mans wat in Desember 1782 'n ekspedisie van drie maande onderneem het om die skipbreukelinge van die Engelse skip, die "Grosvenor", te probeer opspoor82. Die Grosvenor het op 4 Augustus 1782 langs die Pondolandse kus, net noord van die monding van die Umzimvuburivier, op die rotse geloop. Van die 123 mense wat die ramp oorleef het , het ses matrose dit reggekry om plaas van Thomas Ferreira op Papkuilsfontein, langs die Swartkopsrivier, te bereik. Die Burger ritmeester van Swellendam, Helgard Muller, en Jan Holtshausen, het opdrag gekry om „n ekspedisie saam te stel uit die Swellendam kommando om die res van die skipbreukelinge te probeer opspoor. Op 25 en 26 Desember het hy op Doornrivier (Herold) en op die plaas van Jacobus Buys in die Langkloof al die Veldkorporaals opdrag gegee om op 8 Januarie 1783 met hulle manskappe by die Swartkopsrivier aan te meld. Jan Barkhuysen het

1 Khoikhoi bediende, 1 wa, 2 spanne osse, 3 perde en 1 slagbees tot die ekspedisie bygedra. Die Kaapse regering het hulle darem vergoed vir die werk wat gedoen is.

80

KAB: CO2229, Dagregister van vergaderings van Landdros en Heemrade, 14 Januarie 1778, bl. 21 ook

Notule van heemraadsvergadering KAB: SWM 1 /2notule 14 Januarie 1778 81

Swiegers,JJ: Geskiedenis van die Langkloof tot 1795, bl. 159 82 PR Kirby: A Source book on the wreck of the Grosvenor East Indiaman, p. 188

Page 37: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 37

Die volle kommando moes nogal „n indrukwekkende groep gewees het. Dit het bestaan uit 109 blankes, ten minste 170 Khoikhoi, waarvan 20 gewapen was, 47 waens, 81 spanne osse, 216 perde en 59 slagbeeste83. Dit is duidelik dat Muller „n sterk kommando saamgestel het en dat hy geen kanse wou waag so kort na die eerste grensoorlog nie. Hy moes ook baie geskenke aan die stamhoofde uitdeel om hulle te oortuig dat hulle nie kom oorlog voer nie. Die ekspedisie het baie geraamtes en verweerde klere gekry maar het uiteindelik net nege oorlewendes opgespoor en teruggebring. Met die terugkeer het die ekspedisie blykbaar op Kykoe oornag. Volgens die verslag het die groep op 17 Maart nege uur gery vanaf Petrus Hendrik Ferreira se plaas (Misgund) tot by Keurboomsrivier om daar te oornag. Soos ons weet is die drif by Kykoe die plek waar die Keurboomsrivier gekruis word uit die Langkloof. Die verslag wat deur Muller en Holtshausen daarna opgestel is, is uit „n historiese en geografiese

oogpunt „n merkwaardige dokument. Hulle het waardevolle inligting oor al die Xhosa en Pondo stamme en stamhoofde gedokumenteer en ook tot op daardie stadium onbekende geografiese inligting oor die ooskus verskaf. Hierdie soort ekspedisies het daartoe gelei dat die res van die binneland en kusstreek bekend geraak het en meer mense het daarheen verhuis. Ek weet nie of Jan Barkhuysen al „n rang in die kommando beklee het tydens die Grosvenor ekspedisie nie. Die veldkorporaals in die omgewing wat opdrag gekry het om die kommandolede op te roep was Roelof Campher, Pieter Schalk van der Merwe, Andries Oelofse, Matthys Strydom, en Daniel Marais Charlsz. Daar word ook na Kornet Petrus Hendrik Ferreira verwys wat in die Onder-Langkloof geboer het. Miskien is Jan kort na die Grosvenor ekspedisie bevorder want drie jaar later word hy as Kavelerie Sersant genoem. Adjudant

In 1785 het Jan, as tydelik aangestelde Adjudant en lid van die militêre hof, „n verklaring mede onderteken dat ene Kavalerie Kaptein, Jacobus Johannes Botha, nie toegelaat word om aan die militêre oefenige en parade deel te neem nie. Botha het glo twee gesiene families nl. Rautenbach en Ferreira , erg beledig en nou wil niemand onder sy bevel dien nie. Botha het die versoek om nie die parade by te woon nie, aanvanklik geweier maar hierdie groep offisiere en heemrade wat die hof uitmaak, het vrede probeer handhaaf deur Botha en Rautenbach albei te oortuig om weg te bly van die militêre oefening af. Botha is moontlik finaal oortuig toe hierdie hof noem dat hulle as hof verantwoordelik gehou gaan word as „n verdwaalde koeël Botha tref en hulle geen voorsorgmaatreëls daarteen getref het nie. 84 In die notule van die Politieke Raad op Dinsdag 5 Februarie 1788 word Jan Willem Bakhuysen se bevordering na Adjudant goedgekeur.85 “Adjudant” is nie „n rang nie maar elke Kompanie Burger dragonders het „n pos van Adjudant gehad. Gewoonlik het die Kommandant of bevelvoerder „n

Adjudant gehad wat as “sekretaris/administratiewe offisier” optree. Ek kry nie inligting oor sy rang nie maar dit kon cornet wees alhoewel „n Adjudant normaalweg „n Luitenant of kaptein is. Tydens die krygsoefening van Oktober 1785 het Jan gewys hy is die bevordering waardig deur goed te presteer tydens „n skietkompetisie. Die gebruik om vir pryse te skiet het in die Kaap en Stellenbosch met die sg. pappegaaiskiet begin. Petrus Hendrik Ferreira het met sy tweede plek „n tabakdoos gewen. Jan Willem Barkhuysen en Petrus du Preez word genoem “welke mede het binneste wit hatten getroffen” 86

83 PR Kirby: A Source book on the wreck of the Grosvenor East Indiaman, p. 154 84 C 169, bl. 294, 295 en Leibrandt, Requesten en memories 85 C. 177, pp. 161-204 soos op http://databases.tanap.net/cgh/ 86

KAB:

Page 38: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 38

Heemraad Jan Barkhuysen was teen 1789, na ongeveer 13 jaar se verblyf in die langkloof, „n gerespekteerde persoon in sy omgewing. Hy is daarom op die vergadering van landdroste en heemrade van Swellendam87 as heemraad saam met Petrus Pienaar, aangestel. Heemrade is gesiene lede van die samelewing wat deur die regering aangewys is om, sonder vergoeding, die belange van die inwoners van „n bepaalde distrik te behartig.88 Hulle het landdroste bygestaan met regspleging deur geskille tussen inwoners te besleg. Hierdie sake kon enigiets behels soos plaasgrense, waterregte en 0persoonlike geskille. Daar is byvoorbeeld tientalle verwysings in die Kaapse argief na inventarisse wat Jan opgestel het van „n oorledene se besittings om die boedel af te handel. Dit is terloops ook opvallend dat hy dikwels op hierdie veilings iets gekoop het. Heemrade word vir „n tydperk van drie jaar gekies, maar elke twee jaar word twee lede vervang om sodoende

kontinuïteit te verseker. Tydens die vergadering van Landdros en Heemrade op 14 Maart 179089 het Jan Willem Barkhuysen en Petrus Pienaar die eed as nuwe heemrade voor Landdros Faure afgelê. Die sake wat Jan op hierdie dag aangehoor het is „n tipiese deursnit van die werk van „n heemraad.

Daar was „n dispuut tussen ene Veldman en Jacobus Rademeyer. Die rekening van werk wat Veldman gedoen het was baie hoër as die aanvanklike kwotasie. Die vergadering het „n middeweg gevind deur „n bedrag vas te stel wat meer is as die aanvanklike kontrak maar minder as die finale rekening is.

Daarna het die vergadering „n aansoek van Jan Kriek om „n erf in Honingklipskloof by Swellendam afgekeur.

Hulle moes „n versoek oorweeg van die Pontonvoerder, Petrus Koen, In Desember 1787 is Hilligert Mulder en Salomon Ferreira90 as nuwe Heemrade aangestel in die

plek van, ........................ wat uittree. Op 15 Desember 1790 is Pieter du Pré en Cornelis Johannes Muller se aanstelling as Heemrade deur die Politieke Raad bekragtig91 Twee Langklowers, en oënskynlik goeie vriende, Jan Barkhuysen en Petrus Hendrik Ferreira, het as Heemrade vir Swellendam gedien. 92

Hierdie foto is van die Drosdy op Swellendam, wat die setel van die Landdros en Heemrade vir die Swellendam distrik was. Jan Barkhuysen het twaalf vergaderings as heemraad hier bygewoon.

87 88 Bewaarders van ons erfenis, Deel 1, p.9 89 KAB: 1SWM1/3 bl. 15 90

KAB: C. 176, pp. 228-265 91

KAB: C. 190, pp. 417-494 92 KAB: 1/SWM 1/3, bl. 61.

Page 39: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 39

Tweede Grensoorlog, 1793 Jan Barkhuysen het in Junie 1793 as Veldkommandant en oud-heemraad „n ernstige pleidooi gelewer aan die drosdy in Swellendam om “kruit en lood” beskikbaar te stel aan die gebied se mense om hulself “te verdedig teen die kaffers op die Oostelike grense”. 93 Hierdie versoek moet binne die konteks van die Tweede grensoorlog van 1793 gesien word. Dit is „n bekende feit dat die voorhoedes van die veeboere uit die kolonie en die Xhosas mekaar in die 1770‟s ontmoet het op die sogenaamde oosgrens. Die groot Visrivier is beskou as die grens. „n Belangrike konflikgebied was die Suurveld, in die suidoostelike hoek van die distrik Graaff-Reinet, geleë tussen die Sondagsrivier en die Visrivier. Graaff-Reinet is in 1768 as derde distrik gestig met „n drosdy en landdros om die kolonie se gesag oor hierdie gebied te vestig. In kort is die grenskrisis van 1793 veroorsaak deur twee redes. Interne twiste tussen verskeie

Xhosa stamme het daartoe gelei dat hulle na die Suurveld gevlug het en onrustigheid in die gebied veroorsaak het. Tweedens het Barend Lindeque saam met een Xhosa leier, Ndlamba, op eie inisiatief die Suurveld Xhosas aangeval. Paniek en verwoesting het gevolg. 94 In 1793 was Jan Willem Barkhuysen „n Veldkommandant in die kommando van Swellendam. Die rang van veldkommandant is in 1774 in die kommandostelsel ingebring toe daar „n behoefte onstaan het vir „n posisie hoër as Veldkorporaal. 95 Die eerste Veldkommandant wat in die Stellenboch kommando aangestel is, Godlieb Rudolf Opperman, het die rang van Kornet gekry 96 maar Jan Barkhuysen word net Adjudant genoem. Jan Barkhuysen se belangrike rol in hierdie Tweede grensoorlog blyk duidelik in die notule van „n buitengewone vergadering van die Politieke Raad op 12 Augustus 1793. Twee Veldkommandante, oud heemrade Petrus Hendrik Ferreira en Jan Willem Barkhuysen, het gehoor gegee aan die versoeke om hulp van die boere op die oosgrens en tussen 10 en 24 Junie 1793 gehelp om mense

na veiligheid te bring. Hulle stel dit duidelik dat hulle doel is om mense na veiligheid te bring want hulle is net 40 mense en hulle het nie beplan om teen ses duidend Xhosas en Khoisan te veg nie. Ferreira en Barkhyusen het Landdros Faure op Swellendam ingelig van die noodtoestand tussen die Swartkops en die Visrivier, en Faure het op sy beurt weer die Politieke Raad daaroor ingelig.97 Jan Willem Barkhuysen het persoonlik hierdie verslag aan die politieke Raad in Kaapstad gaan oorhandig: „Wierd door den Heere Gezachhebber den Raade te kennen gegeeven dat aan zyn Edele heeden morgen door den Veldcommandant onder het district van Zwellendam Jan Willem Barkhausen was inhandigt een zeer ampel Rapport, door hem en den meedeveldcommandant Petrus Hendrik Ferreira aan zyn Ed: gericht‟. Nadat die politieke Raad die verslag bestudeer het, het hulle ook „n onderhoud met Barkhuysen gevoer: “na lecture van welk Rapport de gemelde Barkhausen ter Vergadering geroepen en verScheenen zynde, zo wierd door en nader hem onder presentatie van eeden bevestigd de waarheid van 't overgegeeven verhaal van de vyandelykheeden door de Caffers aan de opgezeetenen der verafgeleegene districten van

Zwellendam en Graaffe Reynet gepleegd” Veldkommandante Jan Barkhuysen en Petrus Hendrik Ferreira het in hulle verslag aan die politieke Raad op 12 Augustus 1793 die situasie aan die Oos-grens soos volg beskryf: “der Caffers, welke eindelijk tot dat rampzalig uiterste zijn overgeslaagen dat reeds vier Christenen Jammerlijk vermoord zijn; een dodelijk gekwetst is, en daar en boven velen Hottentotten een gelijk Lot met de Christenen gedeeld. Hondert en twintig huishoudens zijn bijna totaal geruineerd en allen gevlugt hun vee ontroofd! hunne bezittingen verwoest en de Plaatsen door de E. Maatschappij aan hun in Leening vergund door de Caffers geokkupeerd, Zoo dat thans van Vis Rivier tot aan de Swartkopsrivier het land voor hunne verwoestingen openlegt, zoo dat van honderd en twintig plaatzen niet meer dan vier zijn overgebleven die door hun niet gespolieerd en verbrand zijn. 98

Die politieke raad het opdrag gegee dat die Landroste van Swellendam en Graaff-Reinet, Faure en

Maynier, in samewerking met Vaandrig Abue en ander krygsoffisiere „n gekombineerde kommando moet saamstel “om de moordende Caffers uit hunne Schuilplaatse in onze districten te verdryven

93 Leibrandt, Requesten en memories, p en ook Van der Merwe,PJ: Die Kafferoorlog van 1793,bl. 31 94 Giliomee, H(red), „n Samelewing in wording: Suid-Afrika tussen 1652 en 1820. bl. 329 -320 95 Roux,P.E., Die verdedigingstelsel aan die Kaap onder die Hollands-Oosindiese Kompanjie 1652-1759. p. 156 96 Roux,P.E., Die verdedigingstelsel aan die Kaap onder die Hollands-Oosindiese Kompanjie 1652-1759.p.157 97 OJO Ferreira: Stamvader Ignatius Ferreira en sy naverwante, p.47 98 K.A.B: C 217 Resolusies van die Politieke Raad. 12.8.1793, pp. 217 – 219.

Page 40: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 40

en over de groote Vischrivier te doen trekken”. Behalwe om die Xhosa uit die Suurveld te verdryf moes hulle genoeg vee terugkry om die koloniste vir hul verliese te vergoed. Die politieke Raad het die volgende bydrae gemaak : 1000 lb Buskruit, 2000 d:o Loot, 2000 p:s Vuursteenen, 50 d:o Handgranaten”

„n Verslag oor die verloop van die oorlog is aan die politieke raad voorgelê op 16 Desember 1793. Die Xhosa is verskeie kere aangeval en duisende stuks vee is teruggekry (christen beeste - soos hulle dit beskryf) maar voordat die kommando sy doel kon bereik (om alle Xhosas oor die Visrivier te verdryf) is vrede met verskeie kapteins gesluit.

„n Mens kan „n idee kry van die geweldige skade wat die ongeveer 150 gesinne in die Suurveld gely het uit „n verklaring van Jan Barkhuysen. Hierdie verklaring is ter ondersteuning van „n skadevergoedingseis wat Salmon Ferreira ingedien het. Hierdie een bladsy is ook terloops die enigste volledige brief (daar bestaan natuurlik baie handtekeninge), wat ek tot dusver kon opspoor

wat in Jan Barkhuysen se eie handskrif geskryf is. Hy verklaar dat hy “ter requisitie van den Oud Heemraad Salomon Ferreira” saam met “de Heer Landdrost van Swellendam [AA Faure], der Burger Ritmeester Hellegart Muller, den Militaire Vaanderik Abu [Vaandrig H Abue] en 36 burgers den 3 October 1793 gekoomen ben op de plaatz van voorm. Ferreira gen., de Soete geneugde gel. Aan de Sondags Rivier, en bevonden dat alle de gebouwen die op de Plaatz gestaan Verbrand waaren, het huysraad als Porcelyn enz. „t welk onder de grond verborgen uijtgegraven en verpletterd was.” 99 Hier is „n tydlyn van gebeure wat ek het oor Jan Barkhuysen se optrede tydens Tweede grensoorlog. 100 10 Junie 1793 Kommando van 26 blankes en 14 Khoisan vertrek onder leiding van

Veldkommandant PH Ferreira uit Langkloof na Oosgrens om hulp te verleen. Veldkommandant Jan Barkhuysen is deel van hierdie groep.

12 Junie 1793 As heemraad vir die gebied Keurboomsrivier het Barkhuysen „n ernstige

pleidooi gelewer aan die drosdy in Swellendam om “kruit en lood” Info uit Leibrandt. Kollege op Swellendam stuur hierdie brief van Barkhuysen aan politieke raad.

22 Junie 1793 Politieke raad neem Barkhuysen se brief saam met Landdros Faure se versoek in oorweging. Aankoms van Ferreira en Barkhuysen se kommando by Swartkopsrivier.

24 Junie 1793 Tweede rapport gesamentlik opgestel en onderteken deur PH Ferreira en JW Barkhuysen by Swartkopsrivier.

24 Jun – 12 Aug 1793 Barkhuysen en Ferreira ry vanaf Swartkopsrivier terug Kaapstad toe om bogenoemde brief te gaan aflewer. 49 dae. 400km? (oppad Kaapstad toe word sy gesin opgelaai vir die doop van PHC)

11 Augustus 1793 Sondag: Doop kind Petrus Hendrik Carel in Kaapstad. Ferreira word vernoem en tree as doopgetuie op. (Mooi voorbeeld van gebruik van amptelike geleentheid vir privaat sake)

12 Augustus 1793 Maandag: JW Barkhuysen getuig onder eed voor die Politieke Raad in Kaapstad oor toestande op Oosgrens soos beskryf in die verslag van Veldkommandante Petrus Hendrik Ferreira en Jan Willem Barkhuysen. (C217 p.217-237)

13 Aug – 5 Sept 1793 Ry terug na Swellendam Drosdy met „n deel van die ammunisie wat die Politieke Raad gegee het. Reël met Landdros Faure om die res te gaan afhaal.

6 September 1793 Vertrek saam met Landdros Faure en Hilgart Muller vanaf Swellendam met 60 manskappe na oosgrens.

12 Sept 1793 Op Barkhuysen se plaas, Keurboomsrivier, ontmoet hulle vaandrig Hans Abue. Bron :Faure dagboek.

3 Oktober 1793 Die Faure-groep van 36 man kom aan op Ferreira se plaas en sien die skade. Barkhuysen verslag hieroor in RLR 103 is op 15.11.1794 geskryf.

22 Oktober 1793 Faure en Maynier ontmoet in kamp wes van Visrivier waar 200 waens

saamtrek. 30 Oktober 1793 Kommando van 450 man olv Barkhuysen, Stephanus Naude en Hendrik

Meintjies vd Berg vertrek

99 KAB.: RLR 103 Uitgaande briewe: Verklaring JW Barkhuysen, 15.11.1794, p. 134 100

Van der Merwe, PJ: Kafferoorlog van 1793,

Page 41: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 41

6 November 1793 Hierdie bg kommando keer terug. Een kraal aangeval, 4 Khoisan met gewere gevind en 50 Xhosas geskiet. 154 beeste teruggekry.

30 Nov 1793 Faure kommando ontbind. 16 Desember 1793 Verslag deur Maynier en Faure aan die Politieke Raad oor die afloop van

oorlog op Oosgrens. Het Barkhuysen dit geteken? Swellendamse opstand,1795 Na die Tweede grensoorlog was daar as gevolg van ongelukkigheid met die regering „n opstand van die burgers van Graaff-Reinet en Swellendam. Landdros Maynier en Faure se rol in die Tweede Grensoorlog was sekerlik ook „n groot bron van ergenis. Die Swellendamse burgers het Faure uit die pos van landdros geskop en „n Collegie Nationaal gestig met Hermanus Steyn as

leier. Ek dink nogal dat Jan Barkhuysen, na al sy moeite om militêre hulp en ammunisie by die politieke raad te kry, lekker omgekrap met die uiteinde van die 1793 grensoorlog was. Ek weet nie hoe groot sy rol in die Swellendamse opstand van 1795 was nie maar hy was wel op een of ander manier betrokke. In „n brief wat Du Pisane , die Kommandant van die “Nationaale”, aan Steyn skryf vra hy dat Steyn „n afskrif aan “die manhafte heer Pieter Ferreira en edele Heer W. Barkhuysen” gee. In 1795 is die Kaap formeel deur die Britse regering oorgeneem en die beheer van die VOC het tot „n einde gekom. In November 1795 is Faure in sy pos as landdros herstel. Jan Barkhuysen en al die Swellendamse burgers het „n eed onderteken101 dat hulle trou sweer aan die Britse koning, George die derde. Jan Willem Barkhuysen het steeds in die tydperk van die eerste Britse besetting van die Kaap en

die Bataafse bewind, daarna, „n hoë aansien in die distrik Swellendam gehad. Hy is in Oktober 1795 weer as Heemraad genomineer. Die nuwe goewerneur, Graaf MaCartney, het egter die eerste twee name op die kortlys aanvaar. Daniël du Plessis en oud-heemraad Christiaan de Jager d‟ oude is toe as nuwe heemrade aangestel eerder as die twee ou strydrosse uit die Langkloof, Pieter Ferreira en Jan Willem Barkhuysen. Pieter Ferreira sou nie weer genomineer word as heemraad nie maar Jan Willem Barkhuysen is weer op 4 Desember 1797 genomineer. Die kortlys vir hierdie rondte was: “Wagtmeestr Johs Steyn benevens de oud Heemraden Petrus Pienaar, GF Rautenbach, en JW Barkhausen” Johannes Steyn en Petrus Pienaar is aangestel. Derde Grensoorlog, 1801

Vyandelikhede het weer in 1801 uitgebreek en tot die einde van 1802 voortgeduur. Bendes Khoikhoi en Xhosas het groot gebiede van Graaff-Reinet en Swellendam geplunder. Teen die einde van 1802 is bereken dat 470 plase, „n volle 35 persent van die plase wat in die distrikte geregistreer was, verwoes is.102 Vroeg in 1803 is vrede gesluit op die enkele voorwaarde dat elke kant die beeste hou wat hy gebuit het. Die koloniste se verliese was volgens hulle eie beraming ongeveer 50 000 beeste, 50 000 skape en 1000 perde. Tussen „n kwart en „n derde van die Europese bevolking in die suid-oostelike gedeelte van die kolonie het van hul plase af gevlug.103. „n Interessante insident uit hierdie tydperk van die Derde Grensoorlog is „n verslag van kommandant Phillip Rudolph Botha soos aangehaal in “Timber and Tides”104, „n boek van Winnifred Tapson oor die geskiedenis van Knysna en Plettenbergbaai. Op 11 Oktober 1802 is 104 beeste, wat behoort aan ene Barkhuysen, naby die plaas van Christiaan van der Watt in Plettenbergbaai, gesteel. Dit was die teken vir die inwoners om byeen te kom en voorbereidings te tref om hulself te verdedig.

Cornelis Botha, wat in die Piesangriviervallei geboer het, Hendrik Heyns en G Wolfaardt het planne gemaak om hul vrouens en kinders weg te stuur. Hulle is met vyf waens weg in die rigting van

101

KAB: 1SWM 12/90 bl. 116 102 Giliomee, H(red), „n Samelewing in wording: Suid-Afrika tussen 1652 en 1820. bl. 332 103 Giliomee, H(red), „n Samelewing in wording: Suid-Afrika tussen 1652 en 1820. bl. 332 104 W. Tapson: Timber and Tides, the story of Knysna en Plettenberg Bay, bl. 6-8

Page 42: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 42

Knysna, maar by die ”Poort", is hulle aangeval deur „n bende Khoikhoi en Xhosa en die mans is, volgens die verslag, baie wreed vermoor. Die vroue en kinders is as losprys ontvoer na Fisantenhoek toe. Veldkommandant Rudolph Botha stuur briewe met inligting van die situasie aan Jan Barkhuysen en Petrus Hendrik van Rooyen. Hulle twee kry volgens Botha se verslag „n kommando van 19 manskappe bymekaar wat onder leiding van PH van Rooyen teen die berg op agter die rowers aan is. Daar sluit hulle by Veldkommandant Gabriel Stoltz se 18 manne aan. Die bende is toe deur die kommandos van P.H. van Rooyen en Stoltz agternagesit en verslaan. Al die gesteelde buit en 260 beeste is teruggekry. Die vroue en kinders het ook die gebeure oorleef en is die volgende dag glo deur „n Xhosa kaptein op die plaas van H van der Watt aangebring. Volgens „n variasie van die storie het een van die vroue en „n bediende weggekruip en later „n boodskap na die Van Huyssteens van Wittedrif gestuur. Die kommando is toe byeengekry om die bende te verslaan. 105

Volgens van rooyen het jan barkhuysen die volgende dag by hulle in Piesangrivier aangesluit. As jy hierdie verhaal en sy mense net binne die Barkhuysen familie raamwerk plaas dan wys dit duidelik hoe verweef die lewens van die mense in hierdie klein geslote gemeenskap was. Daar was van Jan Barkhuysen se beeste op Christiaan van der Watt se plaas. Ek het my vir „n oomblik ingedink aan die beslommernis om die beeste vanaf Kykoe al langs die Keurbooms, verby De Vlugt, oor Perdekop verby Wittedrif tot in die baai aan te jaag na beter weiding toe, maar ek dink dit is eerder beeste wat Jan op „n vendusie in die omgewing gekoop het. Omdat hy as heemraad inventarisse van boedels moes opstel het hy dikwels self op die boedelveilings gekoop. Die feit bly dat Jan Barkhuysen en die van der Watts kennisse was. Vyf maande na die diefstal van Jan se 104 beeste is sy oudste dogter, Anna Catharina, met die einste Christiaan van der Watt getroud. Christiaan is die seun van Hendrik van der Watt, op wie se plaas die vrouens afgelewer is. „n Klompie jare na hierdie insident is Frederik Christoffel Barkhuysen, „n seun van Jan, getroud met

Margaretha van Rooyen en het hulle ook in die Piesangriviervallei gevestig. „n Ander dogter van Jan, Martha Catharina, is in 1809 getroud met Nicolaas Cornelis van Huyssteen van Wittedrif. Jan Barkhuysen sou nie weer na 1797 genomineer word as Heemraad nie en dit sluit dus „n aspek van sy besondere rol in die Kollege van Landdros en Heemrade van Swellendam af. Ek het min inligting verder oor sy pos as Veldkommandant en sy voortgesette rol in hierdie hoedanigheid saam met die dienende heemrade in die Krygsraad nie. Verdere navorsing sal moontlik „n antwoord hierop verskaf maar dit lyk tog asof hy teen 1801 (55 jaar oud) geen aktiewe militêre rol meer gespeel het nie. Die feit dat Jan Barkhuysen in 1795 en 1797 as heemraad genomineer is en die brief wat Rudolf Botha in 1801 aan hom gestuur het, dui op „n groot mate van vertroue en gewildheid wat hy steeds in die gemeenskap gehad het. Waar daar op „n stadium in die Swellendam distrik voorkeur gegee is aan Heemrade wat nader aan die oos-grens gebly het, lyk dit teen 1797 dat meeste

heemrade nader aan Swellendam gewoon het. Die stigting en moontlike stigting van nuwe landdrosdistrikte soos Graaff-Reinet, Uitenhage en George het moontlik veroorsaak dat die grensoorloë minder die verantwoordelikheid van Swellendam geword het.

105

Di Capelli se reis bl. 41- Die plase van burgers wat op 15.10.1802 (dus slegs ses maande tevore) in die

„Poort‟ (by die „Garden of Eden‟) deur David Stuurman se rowersbende vermoor is: Guilliam Wolfaardt (ged. 12.3.1758); Hendrik Heyns (ged. 5.11.1747) en Cornelis Johannes Botha (ged.21.1.1778) die seun van Cornelis Botha, die ouere, wat hul op sy plaas aangetref het, ged.23.11.1742. (G.R. I, A-J, pp. 96-97; G.R. III, P-Z, p. 622; ook rapporte oor die gebeurde in B.O. 24, pp. 829-851.)

Page 43: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 43

3.4.5 Die lewe op Kykoe. Tussen 1801 en Jan se dood in 1812 het ek eintlik geen dokumente gekry wat daarop dui dat hy steeds die openbare rol van vroeër gespeel het nie. „n Mens moet aanvaar dat Jan se verpligtinge as Heemraad en al sy kommando bedrywighede „n negatiewe effek op sy eie boerdery gehad het. Dit lyk tans asof hy die laaste jare van sy lewe meer aandag aan sy eie boerdery gegee het. Dit kan ook baie waar wees dat sy persoonlike betrokkenheid by die grensoorlog in 1793 (die feit dat hy persoonlik Kasteel toe gegaan het om voor die Politieke raad te verskyn) en die gemors wat Maynier en Faure van die oorlog gemaak het, hom ontnugter het. In die dele wat ons reeds oor Jan Barkhuysen gelees het, is verskeie mense genoem wat paaie met hom en Jaquemina gekruis het. Wie was die mede inwoners van die Langkloof, die mense op wie hulle daaglikse ondersteuning en veiligheid berus het.

Buurplase Wolwekraal. Toe Barkhuysen intrek was Nicolaas Prinsloo nog eienaar van Wolwekraal. In Mei 1783 kry Martinus van Staden die plaas. Hy is getroud met Maria Elizabeth Pienaar, broerskind van Jan Pienaar van Ganskraal. 106 Dieprivier: Gerrit van Van Rooyen en Martha Jacoba Ferreira. Gerrit Van Rooyen is Nov 1777 oorlede. Martha het 10 kinders tussen 2 en 19 jaar. 107 Toe Jan Barkhuysen intrek was weduwee van Rooyen dus hulle naaste bure. Martha Ferreira is „n suster van Barkhuysen se vriend PH Ferreira van Misgund en Solomon Ferreira Ander plase in die Bo-Langkloof: Eenzaamheid: Jacobus de Buys - moeilike man. 108 Broer van Jan (Johannes) de Buys van Ganskraal. Jacobus is getroud met Catharina Pienaar, dogter van Jan Pienaar wat later Ganskraal bekom het. Jacobus de Buys en Catharina Pienaar tree op as doopgetuies by een van Jan

Barkhuysen se kinders. Ganzekraal - Roelof Camfer het in 1776 oorgeneem by Jan de Buys. Plase in die middel en Onder-Langkloof: Avontuur: Matthys Zondag Schoonberg Thomas van Rooyen Petrus Hendrik Ferreira van Misgund, mede heemraad en offisier. Hy en Barkhuysen was oënskynlike goeie vriende. Barkhuysen vernoem sy jongste seun na Ferreira en Ferreira was ook doopgetuie by hierdie geleentheid in Kaapstad. Ferreira is „n besondere mens. 10 jaar ouer as Jan B. Hulle moes baie tyd in mekaar se geselskap deurgebring het met al die oorloë. Louterwater Johannes Oelofse, sy weduwee trou met Johannes Vosloo.

Krakeelrivier Matthys Strydom. Andries du Preez is ook met suster van PH Ferreira getroud. Bly op Tweeriviere In die Swellendam belastingopgawe van 1793 word Jan Willem Barkhuysen se lewende hawe as 200 beeste 200 skape en 1 perd aangegee.109 Ek het ook die belastingopgawe van George vir 1811 deurgegaan met die doel om „n aanduiding te kry van die stand van die familie „n jaar voor Jan se dood. Jan se plase word daarin as “De Keykoe aan de Keurboomsrivier en De Vlught” aangegee. Deur Kykoe eerste te noem wys dit moontlik dat hy toe daar gebly het. Ek het reeds ander argumente aangevoer dat Jan wel op Kykoe gebly het. Oor die gesin self is daar die volgende inligting. Al sy seuns, behalwe Simon Hendrik wat alreeds na Uitenhage getrek het, word ook as belastingpligtiges (ouer as 16) aangedui. Slegs Johannes

Cornelis, besit op daardie stadium sy eie plaas, Kliprivier, en al die ander het moontlik saam met pa Jan op Kykoe geboer. In die kolomme vir kinders (onder 16?) word in die opgawe een seun en

106 Van Huyssteen,A: Storie van die Langkloof. bl. 82 107 KAB: MOOC 8/16.42a Gerrit van Roijen 108

Van Huyssteen,A: Storie van die Langkloof. bl. 60 109

Swiegers,JJ: Die geskiedenis van die Langkloof tot 1795, bl. 105.

Page 44: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 44

vier dogters aangegee. Daar word ook een sterfgeval vir die jaar gerapporteer. Die een seun (onder 16) is sekerlik die jongste en dowe, Petrus Hendrik Carel, alhoewel hy tog afsonderlik belasting betaal het en alreeds 18 jaar oud was. Die vier dogters is die twee getroude dogters Anna Catharina van der Watt en Martha Catharina van Huyssteen en die twee ongetroudes Christina Jacomina en Johanna Petronella. Barbara Johanna Hermann is die vorige jaar (1810) oorlede. In die kolom vir werkers word 11 “Hottentot” arbeiders en 8 slawe aangegee. Lewende hawe is 4 perde, 40 osse, 26 beeste, 139 skape en 2 varke. Hy het 5 mud graan en 3 mud gars aangeplant en 70 mud graan en 20 mud gars geoes. Daar is 3000 wingerdstokke op die plaas maar geen wyn gemaak nie. Hy besit ook 3 waens. Sy belasting betaalbaar is 4 pond en 5 pennies.

Op 12 Maart 1813 het die sendeling John Campbell by die gesin “Barkhouse” oornag110. Alhoewel al Campbell se feite nie inpas by ons huidige inligting nie, dui alles daarop dat dit by die gesin van die stamvader, Jan Barkhuysen, op Kykoe was. Volgens die reisjoernaal van Campbell het hulle op die 11e Maart vroeg die oggend oor “Duiwelskop” gereis. (Dit moet dalk eerder Perdekop wees). Daar het hulle „n mooi uitsig oor Plettenbergbaai gehad en ongeveer 11 uur die oggend by “White river” aangekom. Teen vyf uur die middag het hulle weer vertrek en langs die Keurboomsrivier by „n ene “Sondag” aangegaan wat geen voorrade vir hulle kon verskaf nie. Daarna is hulle deur „n gebied met baie poele water en deur „n lang vallei met „n ketting berge aan weerskante. Hulle het in die maanlig gereis en is teen 11 uur die aand verby „n boer se plaas waar die honde baie geblaf het. Toe die maan net na middernag ondergaan het hulle gestop by „n plek waar die heuwels aan beide kante amper ontmoet. Die volgende oggend het hulle iemand gestuur om voorrade te probeer kry by „n plaas, ongeveer „n myl verder, bekend as Wildeboom. Waarom sou hy na Barkhuysen se plaas as

Wildeboom verwys? Ek weet ook van geen ander plaas in die omgewing met hierdie naam nie. Kykoe is „n Khoisan woord wat spits beteken en verwys na Spitskop wat duidelik vanaf Kykoe gesien kan word. Campbell beskryf die familie so: “The family had much the apearance of a farmer‟s family in England.” We dined with them. Water is the only drink at this meal: whatever may be eaten, little is drank. Perhaps it would be the same in England were only water is served up.” Miskien was Campbell lus vir „n glasie wyn want hy vertel verder dat die mense (van die Langkloof) baie wyn kon gehad het as hulle net moeite doen om genoeg wingerde aan te plant op die miljoene akkkers grond wat oop is. Kostelik is dat op die belastingopgawe van 1811 aangedui word dat daar 3000 wingerdstokke op Kykoe is maar dat geen wyn gemaak is nie. John Campbell111, skryf dat hulle baie van hulle tyd hier met die seun van die boer deurgebring het . We spent much of our time while here with Mr. Barkhouse, son of the boor, who lives at a small

distance. He is a rather singular character, having been dumb from a child. He was never taught any trade, yet he is a good carpenter, waggon maker, founder, and smith. He makes every thing about a musket except the barrel and the lock, with many other articles, especially cutlery: and all are excecuted nearly as well as if done by the best workmen in Europe. He knows exactly what every thing he does ought to be charged, but how he knows it I cannot conceive. While I was with him he pointed significantly first to his ears, then to his mouth and then to the heavens; evidently imitating that the God of heaven had chosen to make him what he was, deprived of two of the most valuable faculties of man, hearing and speech. His bed curtains attracted my attention, being entirely composed of rushes, and looked very well. Uit die 1816 brief van die stamvader se broerskind, Dietrich Ludwig, „n seun van Herman Carl weet ons ook dat die jongste seun van die stamvader, Hendrik Petrus Carel, doof was en „n uitstekende vakman van veral muurhorlosies was. Campbell se beskrywing skep „n beeld van „n besondere talentvolle en unieke mens.

Een ander vertelling verwys na stammoeder Jaquemina wat Petrus Barkhuysen berispe het omdat hy die gaste na ete vir „n wandeling in die tuin geneem het. Hulle het nie een skoene aan nie en as gevolg van die lang gras wat in dele van die tuin groei is daar volgens haar baie giftige slange.

110 Johan Campbell: Travels to South Africa undertaken at the request of the Missionary Sciety, p. 78 111 John Campbell, Travels to South Africa, p. 78

Page 45: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 45

In die laaste stukkie inligting oor die familie word verwys na „n slaaf wat Campbell smeek om „n sendingstasie daar oop te maak sodat hulle kan skoolgaan. Die slaaf sê hulle werk van ses in die oggend tot ses in die aand maar het tyd om te leer. Later het Campbell aan die familie gevra hoe hulle hul Sabbatsdag deurbring want hy het gesien hulle is baie dae se reis van die naaste kerk af. Die antwoord wat hy gekry het is: ”In reading good books”. Alhoewel Campbell nooit direk na die stamvader verwys nie lyk dit uit sy beskrywings van die besoek soos “we send to a boors place”, “the family” “son of the boor”, dat Jan Barkhuysen in Maart 1813 nog geleef het. Hy noem aan die ander kant nooit pertinent dat Jan Barkhuysen nie daar was nie, of dat Jaqeumina „n weduwee was. Volgens die inventaris Deel I, 112 is Jan Willem Barckhuysen, in 1812, op 69-jarige ouderdom oorlede.

Ons weet ook nie waar Jan begrawe is nie, en soos ek later sal bespreek, dink ek nie dit was op De Vlugt, waar oom Pieter Barkhuizen al die jare gesoek het nie, maar dat dit een van die ongemerkte grafte, in die begraafplaas net wes van die huis op Kykoe, langs die Keurboomsrivier, is.

3.4.6 Jacquemina en haar kinders se lewe op Kykoe tot haar dood in

1826 Baie interessante inligting oor die eerste families kom in die reisverhaal (1816) van Eerwaarde C.J. Latrobe113, 'n sendeling, voor. Op Kliprivier, langs die Keurboomsrivier en vandag Oskraal, het hy die tweede seun van die stamvader, Johannes Cornelis, aangetref. Hy kon nie uitgepraat raak oor die gasvryheid nie. Die mense was arm en het dit moeilik gevind om die baie kinders te versorg, daarom gee Latrobe aan hulle 'n goeie aandete en heerlike egte koffie. Hy skryf verder "though

they were poor Mr. en Mrs. Barkhuis treated us in return, and sweeter grapes and richer milk we had nowhere tasted, since we left Gnadenthal". 'n Seun van Johannes Cornelis, 'n "huge lad of seventeen" (Dit was sy oudste seun, Johan Nicolaas Wilhelm (b2c1), wat later met Anna Catharina Erasmus getroud is.) het die sendeling vergesel na die huis van Jacquemina te Keurboomsrivier, waar Latrobe gehoop het om „n nuwe span osse te kry. Latrobe kla oor die moeilike terrein en die swak pad al langs die Keurbooms af en ook oor die seun se ongeërdheid wat hulle nogal bekommerd gehad het. Hy skryf oor hierdie jonge JNW, “his giddiness and inattention caused us great concern” Paaie was maar „n algemene probleem vir reisigers na die Langkloof. Latrobe beskryf die pad vanaf Plettenbergbaai oor Perdekop na De Vlugt, en wat natuurlik die deel van die huidige Prins Alfred pas insluit, as uiters moeilik en gevaarlik. Ek moet sê dis selfs vandag nog erg.

Die stukkie pad waaroor Latrobe so kla is beslis nie die ergste in die kloof nie.

Twee fotos van die huis op Kliprivier (vandag Oskraal) waar Latrobe vir Johannes Cornelis aangetref het. Hierdie oorspronklike opstal uit 1790 behoort vandag nog aan die nageslag van JC Barkhuizen. (Die deel regs met die groen (ligter) dak is later aangebou.)

112 Lombard, Suid-Afrikaanse Geslagsregisters, Deel 1, bl. 113 Latrobe, CJ.: Journal of a journey to South Africa, 1816. p.175 - 178

Page 46: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 46

Die volgende dag het die geselskap op Kykoe aangekom. Volgens Latrobe114 was Jacquemina nogal „n groot tannie en die ontvangs was aanvanklik nie so hartlik nie; "An old lady of extra-ordinary bulk, and determinded countenance, occupy one corner of the room, and not a smile or inviting word bid us welcome. After staring some time at one another, the usual laconic address was utterd; "sit" was the next word and we sat down". Daarna is die besoekers uitgenooi om teewater te drink, maar is sonder aandete na hulle tente toe. Later eers het hulle uitgevind dat dit nie nodig is om te wag vir 'n uitnodiging nie maar dat enige besoeker vanselfsprekend kon aansit. Die volgende dag was Jacquemina gemakliker met die vreemdelinge en Eerwaarde Schmitt gevra om aandgodsdiens vir die familie te hou. Die Khoisan en slawe het dit ook bygewoon sodat daar ongeveer dertig mense teenwoordig was. Latrobe en sy geselskap het op 'n heel ander noot vertrek, "Being now in high favour with the old lady she invited us to an early breakfast after which we set out ...." Ook met sy terugkeer vanaf Uitenhage is Latrobe soos ou bekendes op “Keurboomsrivier” verwelkom. Jacomina het met albei besoeke van Latrobe gesê dat sy hom

ongelukkig nie kon help met „n voorspan osse nie. Latrobe het hom dikwels in sy boek uitgespreek teen die ongasvrye ontvangs by boeregesinne waar hy gestop het om toestemming te vra om daar te oornag of hulp met trekosse gevra het. Hy is gelukkig objektief genoeg om te erken dat die nuwe Britse regering in die Kaap in 1806, die opmeting van plase en die nuwe belastings daartoe bygedra het. Niemand het mooi geweet wat hierdie vreemdeling op die plaas kom doen nie. Sy besoek was ook net enkele weke na die Slagtersnek insident en gemoedere was erg opgesweep teen die Engelse. Tydens sy besoek aan Johannes Cornelis op Kliprivier was daar volgens hom ook verskeie vriende uit die omgewing wat daar gekuier het en die gesprekke het maar telkens teruggegaan na die nuwe Britse regering: “their conversation turned upon that never-failing subject of complaint against the English Government. the new taxes, and the measuring and valuing of the land.” Latrobe het „n maand later, met die terugkeer na sy besoek aan Uitenhage, weer by Jacquemina

aangegaan “Our next stage was Jacomina Barkhuis‟s farm, on Kierbooms Revier. The family receives us kindly, as old acquantances, and the old lady pleaded inability to furnish oxen, Mr. Zondag (van Avontuur) had permitted us, in that case, to proceed with his spanns to the house of Veldcornet Michael Rendsburg, at Gaensekraal.” Latrobe is dus nou op die huidige N9, so tussen Noll en Herold. Hy skryf: “We intended to go by the new-made road across the mountains to George. Latrobe verwys hier na die nuwe Cradock-pas en „n mens is eintlik teleurgesteld dat hulle toe hoor dat die landdros op George, Van Kervel, uitstedig is en daarom besluit hulle om eerder die Attaquaskloof pad te gebruik. „n Mens sou graag oor sy besoek aan Herold en die reis oor die nuwe (verskriklike) Cradock-pas na George wou hoor. Hulle oornag toe op die plaas “Plaisier”. Latrobe noem nie die familie se naam nie maar hulle bly in „n spaarkamer in die boer se Hartbeeshuis. Die huis word beskryf as “a roof being put upon a

wall about two feet in height. But the building, though very small was new and clean, with two bed-steads in it. „n Ander interessantheid is dat „n wegloopslaaf in die kombuis vasgeketting was. Weglopers is so van plaas tot plaas aangestuur Drosdy toe. Latrobe en sy geselskap is vroeg weg van “Plesier” na mnr. Heyns op Doornvier (vandag Herold). Hy vertel ongelukkig niks verder oor hierdie besoek nie en so eindig Latrobe se besoek aan die Langkloof. Jaqeumina se testament en boedelinventaris Die laaste beskikbare inligting oor Jacqeumina kom voor in twee addendums wat sy laat aanbring het in haar testament. Die eerste wysiging is in 1817 en daarin bemaak sy sekere slawe aan haar drie jongste kinders wat op daardie stadium nog by haar gebly het, op voorwaarde dat hulle haar sal versorg. In 1823 is daar „n verdere wysiging dat Johan Nicolaas willem, Petrus Hendrik Carel (die dowe seun) en die jongste dogter, Johanna Petronella, elkeen nog „n slaaf erf op voorwaarde dat hulle haar nie sal verlaat nie en sal versorg tot haar dood. Jacomina se presiese sterfdatum

het ek nog nie nageslaan nie maar dit was seker net enkele weke voor die boedelinventaris van haar besittings opgestel is op 10 Augustus 1826. Uit hierdie inventaris115 blyk dit dat Jan en Jaquemina redelik vermoënde mense was. „n Mens moet ook in gedagte hou dat die inventaris opgestel 14 jaar na die dood van Jan, en Jaquemina

114 Latrobe, CJ.: Journal of a journey to South Africa, 1816, p. 176 115 KAB, MOOC 7/1/100 nr.4

Page 47: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 47

het sekerlik as weduwee die laaste jare nie meer aktief geboer nie. Sy en Jan het ook beslis uit hulle bates gehelp om al die kinders se eie boerderye aan die gang te kry. Die groot bedrag geld wat sy uitgeleen het (3130 Riksdaalers) is hoofsaaklik aan haar kinders geleen. Uit „n lang lys van 7 bladsye haal ek net enkele interessante items aan. * Drie plase nl. Kykoe, De Vlugt en Pietersrivier geleë aan die Keurboomsrivier. * Sewe slawe en 5 slavinne. Volgens die registrasielys gedateer 12 Julie 1810 is die name

soos volg: Samuel Malrie?, 40 jaar oud, werkslaaf; Jacob, 50 jaar oud, van Mallabaar; Hentor Hartung 30 jaar van Mallabaar; Spaans Semali van die Kaap, 30 jaar oud huismeid; Windvogel van de Kaap, gebore 24 Aug 1815; Rachel van die Kaap, 35 jaar oud, huismeid;

Lea, 16 jaar, huismeid; Soeling?, 27 jaar huismeid; Kinders van Soeling?: Moses, *21.10.1820, Aaron *21.05.1823, en Jan *23.04.1825. Kind van Spaans slavin is Amelia gebore 29.09.1817.

* Ossewa met 37 trekosse. * 51 aanteelbeeste, 100 skape en 10 perde. * 46 muddens gars, 4 muddens mielies, 9 mud en 3 schepels koring. * 4 mud droogde vrugten, 1 mud okkernote, 2 muddens zout, 6 rolle tabak, * 11 dosyn borde, 29 skottels, 3 dosyn wynglase, 1 dosyn waterglase, 25 silver eetlepels, 43

vurke, 36 tafelmesse. * 1 "Brandewyn ketel compleet", 3 "leggers met drank" * 1 "Smitswinkel compleet", 1 "wagenmakerswinkel compleet" * 2 "compleete schietgeweeren" en 2 verslete * "50 voet stinkhout 3 duims planken" en "80 voet geelhoute planken"

* 25 "boeken in zoort" * 3 Wakiste, 1 groot kis, 4 beddens, 6 katels * Geld uitgeleen aan ander mense: totaal 3130 Rd. (Riksdaalers) Om af te sluit kan ons oorsigtelik kyk waar Jan en Jacquemina se kinders gevestig het. Die twee oudste seuns het op plase in die omgewing bly boer maar die res van die seuns het na ander gebiede getrek. Die oudste seun, Jacobus Nicolaas het baie jare op Kykoe gebly en eers in 1832 na die plaas Diepkloof in die Kammanassie verhuis. Johannes Cornelis (Hans) het op Kliprivier geboer. Die vyfde seun, Frederik Christoffel en sy vrou, Margaretha van Rooyen, het saam met hul seun na die Piesangriviervallei in die huidige Plettenbergbaai omgewing verhuis. Simon Hendrik, die derde seun, het in Uitenhage (op die plaas Boschfontein) gevestig. Die Transvaalse Barkhuizens wat in die 1890‟s in die Wes-Transvaal gaan vestig het, stam van hierdie Simon Hendrik af. Die skuif al dieper die binneland in het maar die algemene trekpatroon van die blanke veeboere gevolg en in

hierdie opsig is Simon Hendrik en sy kinders se verhuisings niks vreemds nie. Die vierde seun, Johan Nicolaas Wilhelm, het De Vlugt geërf maar dit wil voorkom asof hy ook nooit daar gebly het nie en op Kykoe geboer het. Sy vrou is daar op Kykoe met die geboorte van hul dogter oorlede in 1817 en hy is self in 1828 op Kykoe oorlede. Die vierde oudste seun, Johan Nicolaas Wilhelm, is in 1829, op 41 jarige ouderdom oorlede. Hy het De Vlug geërf uit sy ma se boedel. De Vlug se titelakte as erfpagplaas is op 15 Augustus 1826 onderteken. Die plaas is 1975 morg en geregistreer in die naam van die weduwee van ontslape Johan Willem Barkhuizen. Dit is net enkele maande voor Jacomina se dood. Grense van “Vlug” is soos volg beskryf: “NNE the Barren Hills, SE to the place Buffels River. distance 300 Roede, SSW to the Outeniqua Mountains and N to the place Klip Rivier.distance 11?00 roedes” Op 23 April 1849 is Vlug oorgedra aan die Boedel van Joh W Barkhausen?? Is dit nog die stamvader†1812, sy seun JNW †1829? (dit lyk na laat administrasie?)

Die jongste seun, Petrus Hendrik Carel, het nooit getrou nie en op Kykoe gebly tot kort voor sy dood in 1880. Die derde geslag het die verspreidingsgebied van Barkhuysens baie uitgebrei. Die kinders van Nicolaas Jacobus van die Kammanassie het hoofsaaklik in Herold en Waboomskraal gevestig. Twee broers het egter Vrystaat toe verhuis. Hulle het daar op Diepkloof in die Kamanassie uitgeboer en is toe na die Van Rooyen familie op die plaas Libertas in die distrik Senekal om „n

Page 48: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 48

nuwe begin te maak. Die kinders van Johannes Cornelis het versprei na veral Uniondale, Willowmore en Steytlerville. Die kinders van Frederik Christoffel het langs die Piesangrivier gebly maar sommige is na Knysna, Tsitsikamma en Coldstream. Die kinders van Simon Hendrik op Uitenhage het in die Sondagsriviervallei en die Zuurberg/Slagboom omgewing gebly, maar „n groot groep het na die Oos-Londen omgewing verhuis.

Page 49: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 49

HOOFSTUK 4

VERSKEIE VERWYSINGS NA DIE FAMILIENAAM 4.1 Bekende historiese Barkhausens Daar is verskeie bekende historiese Barkhausen persoonlikhede: Uit die rooi-linie van Niederbarkhausen

Johan Barkhausen - Burgemeester van Salzuflen Herman Adolf Barkhausen – Burgemeester van Detmold

Henry Aguste Barckhausen, Professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Bordeaux.

Joachim Barkhausen, skryf die roman “Ohm Kruger” oor die lewe van Paul Kruger.

Uit die “Blou” linie van Hohenbarkhausen.

Johan Conrad Barkhausen van Horn (1666 -1723) Professor in Chemie aan die Universiteit van Utrecht. Georg Heinrich Barkhausen (1784 -1861) met die rang van “Oberst”, publiseer „n dagboek van „n Rynbond offisier tydens die Spaanse oorlog. Phillip Georg Barkhausen, bekende dokter in Bremen, Carl Georg Barkhausen (1848 -1917), Burgemeester van Bremen. Professor Heinrich Barkhausen, (1881 – 1956), wat die bekende Barkhausen-effek ontdek het – die effek van „n elektromagnetiese veld op yster. Henry Adolf Barkhausen (1855-1944) stig die Barkhausen Oil Company in Wisconsin VSA.

4.2 Bekende Suid-Afrikaanse Barkhuizen/Barkhuysen/van Barkenhuizens Ek is besig om aan hierdie deel te werk en net „n paar name voorlopig gelys. Prof Ben Barkhuizen, Hoof van Dept Empiriese opvoedkunde, UNISA Prof Jan-Harm Barkhuizen, Professor in Grieks, UP Richard Barkhuizen, miljoenêr sakeman Christine Barkhuizen le Roux, skrywer Dean Barkhuizen, Besturende direkteur van Mecer rekenaarmaatskappy. SP Barkhuizen - Springbok atleet en die Vrystaat atletiekorganiseerder JG Barkhuizen – Lid van destydse Lyttelton stadsraad en die stadsaal daar is ook na hom vernoem JNW Barkhuizen – Advokaat Nico bied die radioprogram “Wat sê die reg?” aan.

4.3 Barkus se ketel (wat nie wil kook nie) In "Die Afrikaanse Woordeboek" Deel I, word die uitdrukking Barkus, Barkous of Barkhuizen se ketel (wat nooit kook nie) aangegee. Hierdie spreekwoord word gebruik wanneer iemand haastig /suinig/ongasvry? is en nie koffie bedien vir die gaste nie.

Page 50: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 50

Volgens die redakteur van die woordeboek kom die oorspronklike optekening uit die 1920‟s van 'n Stellenbosch student, ene P.D.S. Nel, uit Somerset-Oos. Die woordeboek het "Die Burger" gevra om te help en in die rubriek "Van alle Kante" het lesers uit George, Mosselbaai, Knysna, Willowmore, Herold en Oudtshoorn inligting gestuur. Alles is variante van dieselfde verklaring wat dui op 'n onbekende historiese persoon (ene Barkhuizen, Barkhuis, Barkus of die se vrou). Alle verklarings dui verder op 'n ongasvrye en suinige oom of tante, wat nooit sover gekom het om koffie te bedien nie. Dit blyk ook uit die briewe dat die uitdrukking baie oud is. 'n Leseres van 71 jaar onthou nog dat haar vader die uitdrukking baie gebruik het. Was dit nie dalk ons stammoeder, Jacquemina, in die lig van Latrobe se verwelkoming, wat ons familienaam in 'n Afrikaanse spreekwoord verewig het nie? Pieter Barkhuizen van George het „n persoonlike herinnering aan my gestuur oor die oorsprong van

die uitdrukking, maar dit verwys ook maar net na „n onbekende oom in die Langkloof. Volgens Pieter was dit „n kleinseun van die stamvader wat onderwys op Keurboomsrivier gegee het en omdat hy langs die pad tussen De Vlught en Keurboomsrivier gebly het was dit „n gewilde stopplek vir reisigers en transportryers. Indien hy nie koffie wil gee vir sekere besoekers nie het hy die heeltyd, vir die Griekwa bediende, vraend kombuis toe geroep: “Jacob, kook die ketel nog nie? As Jacob egter hoor: “Bring die koffie”, dan was die besoekers welkom en het hulle koffie gekry. Barkus, Barkoes en Barkous is baie algemene volksname vir die familie. Pieter vertel dat hy as kind baie gehoor het dat mense, veral die Griekwas, verwys het na Barkhuizens as byvoorbeeld Piet Barkoes of Dail Barkoes. Daarom het die mense sommer begin spot met: “Wil Barkoes se ketel nie kook nie” Ek kry dit dikwels , veral in die Wes-Transvaal, dat mense na die familie verwys as die “barkouse”.

4.4 Barkhuizenberg Op Google Earth en op 1:50 000 topografiese kaarte van Suid-Afrika kan „n mens Barkhuizenberg kry. Dit is „n berg deel van die Outenikwabergreeks, suid-oos van die plaas Keykoe en Noll. Die stamvader het op Kykoe gebly en die berg is waarskynlik na hom vernoem maar ek sal graag wil hoor of daar enige besondere strorie is wat die naam tot gevolg gehad het.

Op hierdie satelietfoto van Google Earth kan die N9 en Noll bo gesien word. „n Pad na die suide uit Noll loop dood teen die plaas Vergenoeg en Barkhuizenberg. Die plaas Vergenoeg behoort aan die van Rooyen familie en is tans een van die grootste produsente van appels en pere in die land.

Page 51: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 51

Op die foto wys Leon Barkhuizen waar Barkhuizenberg is. Die Vergenoeg-boorde kan in die voorgrond gesien word.

4.5 Barkhuizens in die nuus Koerantberigte

Barkhuizen-fees op Aandster gehou. Stellalander 6 April 1989 „n Familiefees van die nageslag van Jacobus Johannes Barkhuizen wat in 1889 op Hartbeespan in Amalia gevestig het. “Toe die oupa van Diewedraai se diamante uitgehaal is”. Hoofstad 24 Oktober 1977 Hannes en oom Jan Barkhuizen kry „n 148 karaat diamant op hul plaas Diewedraai. Gratis vakansie eindig in treurspel. Vaderland 5 September 1978 Outrage. Pretoria News 5 September 1978 Terros moor oorlewendes. Transvaler 5 September 1978 Freddie Barkhuizen, hoof van SATOER in Italië, en sy vrou Ans is dood in die vliegtuigongeluk nadat ZAPU vryheidsvegters die vliegtuig van Air Rhodesia neergeskiet het by Kariba.

“Nuusmaker van die week: Richard Barkhuizen”. Rapport 2 November 1986 Richard, miljoener sakeman kondig sy verlowing met Sandy McCormack, Mej. Suid-Afrika, aan. “Double delight as Barkhuizen twins win Southbroom classic”. South Coast Herald. 15 July 2005. Graham en Graig Barkhuizen wen die 15de amateur golftoernooi in Southbroom, Natalse suidkus. “Sprinkaanplaag erg ….. maar in 1933…. Beeld 15 Maart 1986. Johny Barkhuizen wys die sprinkane wat op sy plaas doodgemaak is (foto) “Papa en pous kon hulle nie smous” Rapport 18 September 1988. Oom Christoffel Barkhuizen van Brandfort by sy stalletjie (foto) is ongelukkig omdat die verwagte toeloop van mense tydens die Pous se besoek aan Lesotho nie gebeur het nie.

Page 52: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 52

“„n Man van 12 ambagte en 13 suksesse“ Hoofstad 30 Julie 1979. Prof. Ben Barkhuizen stel sy boek “Vetplante van Suidelike Afrika” bekend.

Ben Barkhuizen, die stille plantkundige. Beeld 1 Desember 1995 Huldeblyk oor Prof. Ben na sy afsterwe deur prof Manie van der Schyff. Behalwe Vetplante van Suidelike Afrika het Prof. Ben ook die Broodboomtuin van Unisa geskryf. (wat hy terloops self beplan het) “Bose mag keer dat sieners alles sien”. Rapport 27 September 1992 Anne Barkhuizen, siener, vertel aan Rapport hoe bose magte dikwels in hulle pad staan.

Daar vat „n Matie ons Merc. Rapport 29 Maart 1987 Andre Barkhuizen van George is „n student by Maties en hy wen Rapport se R50 000 Mercedes Benz kompetisie. Oom Barkie (81) in Bloemfontein oorlede. SP (Fanie) Barkhuizen, Vrystaat se Mnr Atletiek is oorlede. Fanie het Springbokkleure in atletiek gekry in 1935. Betrokke as afsitter en administrasie by Vrystaat atletiek. Rabbit Breeders caught on the hop. Sunday Times 20 Maart 1983 Kontroversie oor die sakebedrywighede van Bill “Rabbitt King” Barkhuizen. Wilde Weste in Hillbrow. Beeld 27 Januarie 1978 Onbekende mans skiet op Barnie Barkhuizen (32) van Kemptonpark.

Plaasmoord: Aanvaller gooi bang kind op oue se lyk. Beeld 10 Julie 2006 Mev Sylvia Barkhuizen (72) is vermoor op „n plaas buite Leslie. Das tree uit. Springs en Brakpan advertiser 14 November 1986 Afskeidgeselligheid vir Das Barkhuizen, hoof van Laerskool Christiaan Beyers, wat uit diens tree na byna 40 jaar in die onderwys. Motordief kry nie sy draaie. Beeld 27 Desember 1978 Die motor van CC Barkhuizen van Rooiwal buite Pretoria word gesteel en afgeskryf toe die dief in „n ongeluk betrokke is. Botsing eis speurder Speurder Ronald Barkhuizen is oorlede na „n botsing met „n vragmotor.

Beeld en Rapport: Nog straf. Willem Barkhuizen, wat reeds „n lang lys veroordelings het, en reeds ses jaar gevonnis is vir diefstal, het nog „n jaar en 6 maande bygekry. (Ek dink dis hierdie selfde Willem, wat volgens berigte in Rapport, later „n verhouding met „n bewaarder se vrou gehad het , heerlik partytjies gehou het saam met haar, terwyl hy eintlik in die tuin moes werk, en toe met haar hulp uit Sentraal gevangenis ontsnap het. Willem is na „n skietgeveg met die polisie weer gevang. Ek dink hy gaan nog lank sit!

Page 53: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 53

4 Name op sy moordlysie… toe skiet hy. Beeld 22 Augustus 1997 Mev Estelle Barkhuizen is saam met twee ander vroue vermoor deur „n swart manlike kollega weens vermoedlike rassespanning en geldtwis by Syfrets se kantoor in Pretoria. Plaasmoord. Case studies of farm attacks wwwsaps.gov.za. Mev. Dawn Barkhuizen word op 26 Mei 1998 in „n plaasaanval vermoor op die plaas Fern Arbor op Muden. Die bundel wys hoe Afrikaans kan prut. Beeld 5 Maart 2007 Resensie van die digbundel, Roset, deur Christine Barkhuizen le Roux Pieter Barkhuizen lewer die “Daily Despatch” in Oos-Londen af - elke dag. www.DailyDispatch.co.za

Groot geeste vereer. Mnr Chris Barkhuizen is in Oktober 2006 aangewys as die Centurioner van die jaar vir gemeenskapbeveiliging. Gerhard Barkhuizen se gedig “Bolandvakansie” word bespreek. Beeld 3 Februarie 2007 Dean Barkhuizen tree af as Besturende Direkteur van die rekenaargroep Mercer. IT online 2006 Barkhuizen Spookklip- Ry stadig. Hierdie spookklip is „n bekende baken op die plaas Skietkraal op pad tussen Amalia en Pudimoe. Skietkraal behoort tans aan Barend/Barrries Barkhuizen. Die spookklip het al verskyn in die tydskrif Getaway se afdeling vir oulike padborde. Die padmakers het aanvanklik in die vroeë 60‟s hierdie klip so regop geplant en „n geraamte met “Ry stadig” daarop geverf. Die kunswerk is later

by twee geleenthede oorgeverf deur Lex Barkhuizen. Die laaste keer was in 1989 tydens die Aandster-familiefees. Foto regs.

„n Barkhuizen as karakter in films en boeke. Dalene Matthee, wat goeie navorsing vir haar bostrilogie gedoen het, kon nie anders as om „n Barkhuizen karakter in “Kringe in „n bos” te gebruik nie. Die omgewing waar die boek afspeel is mos Barkhuizen-wêreld. In „n ou Afrikanse film uit die 1970‟s, ??????, speel die akteur, Don Lennard, „n ietwat eenvoudige (common) Barkhuizen karakter. Kan iemand dalk die detail onthou?

Was daar nie ook „n tannie Barkhuizen- karakter in die televisiereeks “Agter elke man” nie? Sy het so met krullers in die hare en sigaret in die mond oor die draad met die bure staan en gesels. Die skrywer Vincent Pienaar het „n kortverhaal, “Begrafnis op Bethlehem”, geskryf met Barkhuizens as karakters. Dollie Swanepoel is opad na die begrafnis van Karel Barkhuizen op

Page 54: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 54

Bethlehem en sy is vasbeslote om nie ingedoen te word met die erfporsie nie. Die verhaal is te lees op Litnet. Wilhelmina, „n skrywer, het die kortverhaal “Spoke op Tromspburg ook „n verhaal met Barkhuizens in. http://www.woes.co.za/artikels/vertoon/28759_Spoke_op_Tromspburg. Barkhuizen besighede en ander plekke met die familienaam Die straat wat tussen die George golfbaan en die King George Hotel is Barkhuizen weg. Dick Barkhuizen en sy broer Richard het die ontwikkeling (ook die dienste) van die landgoed en hotel gedoen en die straatnaam gegee.

Wie sal ooit Barkhuizen slaghuis en winkel op Uniondale vergeet? Die T-hemp hieronder is afgeneem tydens „n padwedloop in Port Elizabeth. Die borg – Barkhuizen Tyre services.

Nog Barkhuizen interessanthede

Onder die nageslag van PJJ Barkhuizen (b4c3d8), waarvan een groep op die Oos-Rand (Boksburg, Germiston, Brakpan) en „n ander groter groep in Limpopo provinsie (Baltimore, Potgietersrus, Maasdrif) gevestig het, het ek die verhaal gehoor dat daar na die Barkhuizen familie in die Bybel verwys word. Die verwysings is in Nehemia 7: 55 en Esra 2:53. In albei word daar familiegroepe genoem en by die tempelslawe is daar „n familie Barkos. Soos ons reeds gesien het in die verhaal van Barkus se ketel was die populêre benaming Barkus, Barkous en Barkos, baie algemeen vir die familie. Die Barkos familie uit die Bybel het net te reg geklink. Oupa Johan Leopoldt Jones Barkenhuizen (sien b4c1), van Potgietersrus, het volgens sy kleindogter altyd vir hulle vertel dat hulle nou koningskinders is, “Koning van die konings”, soos hy dit gestel het. Ons veronderstel dat hy dit vertel het na aanleiding van een van die voorsate. Ons weet alreeds dat die Barkhausen stamvader nie „n Europese adelikke was nie. In die Barkenhuizen voorsate is die enigste vreemde voorvader, Leopoldus Knap. Ek het nie inligting oor die Knap

familie se Europese herkoms nie maar die stamvader in Suid-Afrika was „n skrynwerker uit Duitsland. Ons dink oupa het verwys na Hester Johanna Burnett, sy ma, wat glo „n niggie van David Livingstone was.

Page 55: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 55

4.6 „n Bietjie Indiese speserye oor ons familie? Ons stammoeder, Jacquemina VAN RENSBURG se ouma, Anna Margaretha Botha, was „n afstammeling van die bekende slavin, Catharina van Bengale, of soos sy ook bekend was, Groot Katryn. Goed, dis so ver terug ek moes nogal soek om dit te kry … Catharina van Bengale was Anna Margaretha Botha se oorgrootjie. Maar, as jy eendag „n DNS ontleding laat doen om jou voorvaders se herkoms te bepaal, sal jy nou ten minste weet waar daardie bietjie Indiese speserye vandaan kom.

4.7 Moderne tegnologie, DNS, en familie. “I can trace my ancestry back to a

protoplasmal primordial

atomic globule” – THE MIKADO Daar is tans in die genealogiese wëreld verskeie projekte aan die gang om families met behulp van DNS ontledings te verbind. Hierdie is „n baie interessante veld en ek sal in die toekoms meer hieroor skryf. Die Y-chromosoom is besonders omdat dit eerstens „n baba manlik maak en tweedens omdat dit presies (of met baie klein verskille) net so oorgedra word van pa na seun vir honderde geslagte. Elke manlike Barkhausen afstammeling van byvoorbeeld Nicolaus Barkhausen (in SA, Duitsland, VSA of Frankryk) sal daarom dieselfde Y-chromosoom hê. Ons kan dus hierdie y-chromosoom se samestelling gebruik om te wys dat ons verwant is – of nie verwant is nie.

4.8 Genetiese siektetoestande Verskeie navosingsprojekte is al met Afrikanerfamilies gedoen oor genetiese siektetoestande. Ek weet nie van Barkhuizen familielede wat hierby betrokke was nie. Daar is tog twee dinge wat ek raakgeloop het wat dalk aandag moet kry. Toe dr. Jobs Barkhausen, die voormalige voorsitter van die Duitse Barkhausen familiebond, ons besoek het, het hy verwys na “Barkhausen auge”. Dit was na aanleiding van my broer se seun wat al van kleins af „n bril moes kry. Die Barkhausen oë, soos hy dit genoem het, is bekend in hulle familie. Tog voel ek dat aangebore swak oë eintlik baie seldsaam is in my naby familie. „n Tweede saak is die feit dat twee van die stamvader se kinders en een van sy kleinseuns doof was. Dit is die oudste seun Nicolaas Jacobus en die jongste seun Petrus Hendrik Carel. Die kleinseun is Johannes Frederick, die seun van die stamvader se tweede oudste seun Johannes Cornelis. In al drie gevalle lyk dit of hulle van geboorte af doof is (beslis van baie kleins af in elk

geval). Dit kon sekerlik ook as gevolg van ontsteking of kindersiektes wees, maar ek het nie genoeg kennis oor die onderwerp om te bepaal of doofheid geneties is of nie. Uit gesprekke lyk dit vir my asof dit tog oorerflik is. Ek sal baie graag inligting wil hê oor hierdie onderwerp.

4.9 Die Nederlandse familie Barkhuysen Ek kry nogal dikwels op my webblad navrae en kommentaar van die Nederlandse familie Barkhuysen/Barkhuijsen. Dit het daartoe gelei dat ek ook nou „n groot klomp inligting het oor die Nederlandse familie. Op die webblad het ek „n stamboom geplaas wat Sonja Evers geskryf het vir „n familie reunie vir die nasate van Albert Barkhuijsen *c 1600.

Page 56: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 56

4.10 Projekte waarmee ons tans besig is Op Kliprivier het daar „n klein “dorpie” ontwikkel waar „n kerk, skool en winkel opgerig is. Dit het sekerlik maar gebeur omdat daar „n behoefte hiervoor was vir die mense van die Voor-Langkoof. Ek is besig om die rol van die Barkhuysen familie in hierdie klein gemeenskapsentrum te ondersoek. Hieronder is byvoorbeeld „n foto van die leerlinge en onderwyser voor die skooltjie op Kliprivier. Mev Rhoda Horn, dogter van Algie Barkhuysen van Kwaairivier, sit in die voorste ry, tweede van links.

„n Tweede projek waarmee ons besig is, is om die familie as deel van Herold/Waboomskraal gemeente na te vors. Herold gemeente vier in 2010 sy 100ste bestaan. Baie van die derde geslag Barkhuizen het op Herold en Waboomskraal gewoon.

Page 57: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 57

HOOFSTUK 5

DIE GESLAGSREGISTER VAN DIE FAMILIE IN SUID-AFRIKA 5.1 Hoe om die register te gebruik Kodes („n letter en „n numeriese getal) word aan die verskillende individue gegee. Die stamvader se kode is “a”. Sy oudste kind (tweede generasie) is b1, tweede oudste b2, ens. Hulle kinders (derde generasie) is dan weer c1, c2, c3 ens. Die letter (a, b, c, d) dui dus die generasie aan en die syfer (1,2,3) dui die kind se volgorde in die huwelik aan. Die kode b2c3 dui op die derde kind van die stamvader se tweede oudste kind.

My genealogiese nommer is bv: b4, c3, d3, e1, f2, g3, h1. Ek is dus deel van die agtste generasie (h) van die familie en die oudste kind in ons gesin (h1). My pa is die derde kind (g3), my oupa die tweede kind (f2) en my oupagrootjie, deel van die vyfde generasie Barkhuizens (e), was die oudste kind in sy gesin en daarom (e1). In „n geslagsregister word dikwels slegs die nasate van die mans, d.w.s. diegene wat die familienaam dra, aangedui. Ek probeer egter so ver moontlik ook die Barkhuizen/Barkhuysen dogters se nageslag aandui. Die genealogienommer van dogters se kinders word met „n blokhakie [c2] aangedui en die familienaam in hoofletters na die voorname. Bv. [c2] Johanna Jacomina JONCK. Waar „n Barkhuizen vrou met „n Barkhuizen man getroud is word die nasate by die man aangedui, met slegs „n verwysing daarna by die vrou.

Die volgende algemeen erkende simbole en afkortings word in die genealogie gebruik om gebeurtenisse in „n persoon se lewe aan te dui:

* gebore ≈ doop † dood Ω graf (!) veras (sommige bronne gebruik ∞ ) x trou xx tweede huwelik ÷ geskei dv dogter van sv seun van

vv vader van wed weduwee wew wewenaar ca ongeveer ? geskatte datum ≡ berekende datum

< voor dié datum > na dié datum / tussen datums NN van is onbekend Pn voorname onbekend sp sonder nasate [ ] Aangetroudes titel van 'n persoon

In geslagsregisters word aangenome kinders dikwels nie in die register te plaas nie, maar ek het aangenome kinders en trouens enige persoon wat op watter rede ookal die van dra, hier ingesluit. Mans wat gebore Barkhuizens is maar wat weer a.g.v aanneming „n ander van dra is ook ingesluit. Notas in die geslagsregister verduidelik gewoonlik die situasie.

Page 58: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 58

Om die struktuur te skep en „n soektog makliker te maak het ek elke seun van die stamvader in „n aparte hoofstuk bespreek. Die dogters se nageslag is in die laaste hoofstuk. Volgens die stelsel wat ons gebruik word elke manlike persoon se nasate eers bespreek voordat oorgeskakel word na die volgende persoon in die volgorde. Dit kan beteken dat twee broers se name tientalle bladsye uitmekaar is. Ek is baie jammer dat ek nog nie „n indeks by die geslagregisters het nie. Die maklikste om mense te soek is om die databasis op die webblad te gebruik. Dit sal jou help om bepaal in watter tak b1, b3 ens. jy is. Dan kan jy in die regte stamregister gaan soek.

5.2 Verduidelikings oor persoonsname en plekname. Die name van gebiede wat op dokumente verskyn skep „n probleem omdat die name van die distrik/streek/provinsie waar „n plaas of dorp geleë is, so dikwels verander het. Die onlangse verandering van provinsiale name dien as voorbeeld. Vir bykans 200 jaar is na die gebied oorkant die Vaalrivier as Transvaal verwys maar die naam bestaan nie meer nie en jongmense wat hierdie stuk lees sal nie weet waar dit is nie. Op kerkdokumente en sterfkennisse sal die plaas Kliprivier byvoorbeeld, afhangende van die tydperk, aangedui word as geleë in een van die volgende: Swellendam, George, Uniondale, Voor Lankloof of Langkloof. Die plase wat die stamvader besit het, Kliprivier, Kykoe, Gykorie, Pietersrivier en De Vlug, lê al langs die bo-lope van die Keurboomsrivier en is streng gesproke nie in die Langkloof nie alhoewel

dit soms so aangedui word. Aanvanklik, tot so 1780 het die gebied onder die landdrosdistrik Swellendam geval, die naaste kerk was ook in Swellendam. Vroeg in 1800 het die landdrosdistrik George en Graaff-Reinet afgestig en die kerk het ook nader gekom met die stigting van gemeentes George, Graaff-Reinet, Knysna en later Uniondale. Die George landdrosdistrik is mettertyd in wyke verdeel en hierdie bepaalde strook langs die Keurboomsrivier het in die Wyk: Voor-Langkloof geval. Ek dink die term Voor-Langkloof of Klein-Langkloof beskryf hierdie deel baie goed en ek is geneig om dit op hierdie stadium te gebruik. Dit sluit eintlik ook die gebied van Waboomskraal en Herold, wat deur die tweede geslag Barkhuysens bewoon is in. Spelling van familiename is „n ander probleem. Dieselfde persoon se name sal op verskillende dokumente verskillend gespel word deur die amptenaar wat die inskrywing doen. Ek het aanvanklik met my navorsing besluit om nie vanne in die register in te sluit nie. Maar so met die

jare het dit duidelik geword dat families (selfs binne dieselfde gesin) tog so met die tyd gekies, of na verkeerde registrasie besluit het, om „n spesifieke spelwyse te volg. Ek is nou besig om dit so geleidelik reg te stel. Vir die spelling van voorname is ek geneig om die naam op die doopinskrywing te gebruik maar ek kyk ook na die huweliksinskrywing en sterfkennis voordat ek besluit. Dit is ook nogal „n probleem vir my om „n naam te kry wat die hele familie pas. Hoe sal ons byvoorbeeld die nussbrief of die webblad noem? As een van die huidige vyf spelwyses gekies word, selfs “barkhuizen” wat die meeste voorkom, kan die ander familie uitgesluit voel. Ek het dit probeer oplos deur op die voorblad van hierdie boekie na die Suid-Afrikaanse familie Barkhausen te verwys. Die oorspronklike Duitse familie is tog Barkhausen. Die webblad kan dan www.barkhausen.co.za wees, met ander woorde die Suid-Afrikaanse (co.za) Barkhausen familie. Dit is histories heeltemal korrek, en koppel ons aan Duitsland se mense, maar nie een van ons

spel ons van Barkhausen nie en dit voel nie regtig na ons familie nie. Iemand sal nie sommer “Barkhausen” op Google intik om te soek na sy Suid-Afrikaanse familie nie. Iets soos “Bark(en)hu(i)(y)z(s)en” lyk weer na „n onverstaanbare spektakel. Wat sal ons gebruik as ons na die hele familie verwys?

Page 59: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 59

5.3. Die kinders van Jan en Jaquemina - Johan Wilhelm Nicolaszoon BARKHAUSEN/Jan Willem BARKHUYSEN *Hinter-Eichholz 30.05.1746 †Swellendam 05.11.1812 sv Nicolaus BARCKHAUSEN en Anna Catharina CLEBE x Kaapstad 8.11.1771 Jacquemina JANSE VAN RENSBURG ≈ †Kykoe 1826 dv Nicolaas JANSE VAN RENSBURG ≈22.06.1731 en Alberta VAN ROOYEN *7.10.1728. Kom in 1766 as soldaat op die "Kievitsheuvel" in die Kaap aan. b1 Nicolaas Jacobus BARKHUYSEN ≈Tulbagh 03.10.1772 †07.1838 x Swellendam 20.01.1801

Johanna Elizabeth CRONJE ≈03.10.1784 †04.07.1858 dv Stephanus CRONJE *29.01.1747 en Susanna Jacoba HAARHOFF. (Johanna Elizabeth is Cronje b3c6). Hulle vestig op die plaas Diepkloof in die Kammanassie.

b2 Johannes Cornelis BARKHUYSEN ≈Kaapstad 05.11.1775 †Kliprivier, 07.03.1858 x 24.09.1797 Frederika Margaretha Johanna JANSE VAN RENSBURG ≈01.02.1778, dv Johannes Frederik JANSE VAN RENSBURG en Elizabeth Sophia MULDER. (Sy is Van

Rensburg c3 d9 - niggie van Jacquemina (stammoeder). Hulle vestig op die plaas Kliprivier.

b3 Alberta Catharina BARKHUYSEN ≈Tulbagh 24.08.1777. Ongetroud. Sy leef nog 1813 toe Jacomina haar testament opstel –MOOC 7/1/100 (aangedui as erfgenaam). Sy leef dalk nog 1826 met ma se dood. Die inventaris in MOOC 7/1/100, verwys na „n geskenk wat sy uit die boedel kry.

b4 Simon Hendrik BARKHUYSEN ≈Tulbagh 02.10.1779 †Uitenhage 03.02.1852 x Kaapstad 20.03.1803 Sara Johanna JANSE VAN VUUREN *31.03.1779 ≈26.02.1782 †Holrivier Uitenhage 04.09.1853, dv Johannes Gerhardus JANSE VAN VUUREN en Sara Johanna VAN BEULEN. Weduwee van Cornelis Coenraad SCHEEPERS. Simon vestig op die plaas Boschfontein, Uitenhage.

b5 Barbara Johanna BARKHUYSEN ≈Kaapstad 27.01.1782 †Aug 1810 x Swellendam 24.05.1809 Johann Daniël HERMANN *Hesse-Kassel, Duitsland 1783

b6 Jacomina Margaretha ≈Kaapstad 05.10.1783.

Sy leef nog in 1813 toe Jacomina haar testament opstel –MOOC 7/1/100 Inventaris. b7 Anna Catharina BARKHUYSEN ≈Kaapstad 19.06.1785 +15.11.1843 Schynsbank

Plettenbergbaai x Swellendam 20.03.1803 Christiaan VAN DER WATT ≈Swellendam 26.09.1773 sv Hendrik VAN DER WATT en Margaretha ROELOFSE.

b8 Johan Nicolaas Willem BARKHUYSEN ≈Kaapstad 20.04.1788 †1829 x Swellendam 17.04.1816 Aletta Sophia Janse Van Rensburg ≈22.06.1800 †.06.1817 dv Hendrik JANSE VAN RENSBURG en Susanna Josina SCHEEPERS. (Aletta is „n broerskind van Jaquemina, JNW en Aletta is dus neef en niggie)

b9 Frederik Christoffel BARKHUYSEN ≈Kaapstad 08.11.1789 †Piesangrivier Plettenbergbaai 1852 x Swellendam 04.1811 Margaretha VAN ROOYEN dv Johannes VAN ROOYEN en Elizabeth VAN DER WATT. Boer op die plaas Piesangrivier, Plettenbergbaai.

b10 Martha Catharina BARKHUYSEN ≈Kaapstad 06.11.1791 x Swellendam 11.1809 Nicolaas Cornelis VAN HUYSSTEEN ≈01.06.1783 sv Rutgert VAN HUYSSTEEN en Martha CLAASSEN

b11 Petrus Hendrik Carel (Petrus) BARKHUYSEN ≈Kaapstad 11.08.1793 †12.1879 Ongetroud. Hy was doof en het uitstekende houtwerk, veral muurhorlosies, gemaak.116

b12 Christina Jacomina BARKHUYSEN ≈Kaapstad 31.01.1796 †Holfontein Harrismith 12.10.1861 x George 08.04.1821 Johannes Jurie DE JAGER sv Christiaan DE JAGER en Catharina Christina STEYN.

b13 Johanna Petronella (Petronella/Nellie) BARKHUYSEN ≈Kaapstad 24.09.1797 †Keurboomsrivier 29.9.1861. Ongetroud

Die nageslag van elkeen van die seuns van die stamvader word nou verder in aparte hoofstukke bespreek en daarna word die seuns wat nie „n nageslag gehad het nie en die dogters in „n aparte hoofstuk bespreek.

116 Brief van Dietrich Ludwig aan Jan Willem Barkhausen.

Page 60: Die Familie Barkhuizen. files/Famgesk deel 1.pdf · 2014. 2. 22. · versamel oor die familie. In elke familie lê daar 'n ryk en trotse tradisie en erfenis opgesluit wat bewaar moet

Kopiereg © 2008 Johan G Barkhuizen 60

„n Skematiese voorstelling van die voorgestelde takke van die familie. (nog baie onvolledig) Dis nogal moeilik om iemand te antwoord op die vraag “Van watter Barkhuizens is jy?” Hierdie kan „n makliker manier wees om jou spesifieke tak te beskryf. Ek dink alle familielede moet eers uitvind in watter “eerste” tak hulle val. Ons het vier groot stamme /takke – Kammanassie, Kliprivier, Uitenhage en Piesangrivier.

Diepkloof/ Kammanassie (b1)

Kliprivier (b2)

Boschfontein/ Uitenhage/ Sondagsrivier (b4)

Uitenhage

Orange Grove

Ry Klippe/ Uniondale

Piesangrivier/ Plettenbergbaai (b8)

Sonneskyn

Kliprivier

Rooiklip

Senekal, OVS

Rhodesië

Diewedraai

Hartebeespan/ Skietkraal

Edenburg, OVS

Herold/Waboomskraal Diepkloof. C2

Spreeufontein

Slagboom

Vryheid

Bethlehem

Potgietersrus

Haenertsburg

Coldstream

Knysna

Port Elizabeth

Bethlehem

Oskraal

Weenen

Standerton

Frankfort. C5

Diepkloof

Somerset-Oos Kwaairivier

Sunnyside George

Frankfort?

Uitenhage