Die Belang Van Verso en Ing

87

Transcript of Die Belang Van Verso en Ing

Page 1: Die Belang Van Verso en Ing
Page 2: Die Belang Van Verso en Ing

Versoening – Luukse of noodsaak? Inleiding In die aanloop tot die 2010 Fifa-toernooi in Suid-Afrika word al hoe meer kopgekrap oor die stand van versoening in die land. “Malema se mo*r, ek bly ‘n Boer” lui ‘n T-hemp wat miskien die beste verwoord hoe sake “aan die een kant staan.” Aan die ander kant het verskeie ministers, waaronder me. Tina Joemat-Pettersson, ook die pot geroer oor hoe ongeduldig swart mense oor versoening voel, na aanleiding van hoe met grondhervorming gevorder word – en die verwagtinge wat daarmee verband hou. Ook ander sake word genoem – soos die volgehoue armoede by ‘n deel van die swart gemeenskap. As oud-verhoudingsbeampte en die laaste hoof van die verhoudingsaksie in die Vrystaat is dit vanselfsprekend dat ek oor die jare sedertdien noulettend sou volg hoe die situasie ontwikkel. Dit spreek ook vanself dat ek krities sal staan oor nie-kundiges wat op hierdie baie ingewikkelde terrein met vooropgesette idealismes net soveel skade aanrig as diegene wat doelbewus sloop. Die bou van gesonde tussengroepverhoudinge in ‘n heterogene land is kompleks, en speel hom af op bykans enige lewensterrein, van die geskiedenis en veral die persepsies oor geskiedenis, die kundige bedryf van interkulturele kommunikasie, die politiek-sosiologiese dinamika wat die prosesse rig, welvaart en welvaartverspreiding, en laastens ‘n akkommoderende grondwetlike bedeling. Al is ek self in politieke wetenskap, staatsreg en politieke geografie opgelei, plaas ek doelbewus hierdie aspek heel laaste. Die rede is doodeenvoudig dat daar voor die sloping van apartheid te veel verwagtinge was dat daardie blote daad, of die vervanging daarvan met ‘n goeie grondwet, die probleme alles sou oplos. Boonop is die doeltreffendheid en selfs geskiktheid van die Suid-Afrikaanse grondwet nie so simplisties as wat dikwels voorgehou word nie. Hierdie bundel bestaan uit los artikels en kommentare uit my pen uit die tydperk, in hoofsaak, sedert Julius Malema sy “Skiet die Boere”-liedjie begin aanhef het en Eugene Terre-Blanche vermoor is. Elkeen artikel staan egter in die konteks van ‘n bepaalde tydsvak, gebeure of omstandighede. Die mees verklarende artikel is aan die begin geplaas, met die ander min of meer van die jongste tot die oudste. Uiteindelik is daar waarskynlik nie ‘n kitsformule nie, en die aard van die artikels is daarom meer gerig daarop dat die leser aan die dink gesit word, en hy / sy self gedagtes formuleer oor hoe versoening bewerkstellig kan word. ‘n Onrusbarende saak is dat al hoe meer stemme opgaan dat daar geen sin aan versoening is nie. Min of meer is die gedagtes onderliggend dat versoening verstaan word dat minderhede volkome konformeer met die verwagtinge van die meerderheid, of dat ‘n minderheid, in die besonder die Afrikaner, hom los van die res van Suid-Afrika kan maak. As onafhanklike entiteit is verhoudinge met die res van Suid-Afrika irrelevant. Dit is kortsigtig. Behalwe dat dit altyd beter is as naasliggende state in vrede kan saambestaan, gaan dit moeilik wees om ‘n volkstaat in te dink wat nie vir water of ‘n ander hulpbron op gesonde betrekkinge aangewese gaan wees nie. Gesonde tussengroepverhoudinge behoort dus nie die uitsluitlike domein

Page 3: Die Belang Van Verso en Ing

van links, filantropies, negrofilisties of wat ook al te wees nie, maar ook van hulle wat hulself aan die meer behoudende kant van die politieke spektrum bevind. Iemand wat in my beredenerings dus iets met ‘n “linkse” of “regse” sentiment soek, gaan waarskynlik bedroë daarvan afkom. As vakkundige is dit my erns om wetenskaplik suiwer te bly, en los te staan van die politiek van die dag. Natuurlik is ek mens, en omdat die politiek openbare domein is, word ‘n suiwer wetenskaplike benadering dus vanuit verskillende spektrums beoordeel. Daarom sal diegene wat “links” is my artikels “regs” vind, en diegene wat “regs” is, dit “links” vind. My persoonlike voorkeur is die Christen-demokrasie. Hoewel die SABC graag na Angela Merckel se Christen-Demokratiese Unie as “konserwatief” verwys, sal die Duitsers dit waarskynlik nie so ervaar nie. Dit is juis oor die sentristiese aard hiervan dat dit vir my ‘n goeie vertrekpunt bied om na beide kante te beoordeel. Politiek en die staatkunde bly egter net ‘n klein onderdeel. Om gesonde intergroepverhoudinge slegs vanuit hierdie oogpunt te wil bou, herinner aan Kwame Nkruma se uitlating ten tyde van Ghana se onafhanklikheidswording: “Ontvang hiermee jul politieke vryheid, en alles sal vir julle daartoe gevoeg word.” Toe nou nie. Fisiologie van versoening wat faal 16 Desember 2009 Vroeg vanoggend, toe Pumba my vir ‘n wandeling neem, sit hulle ingeryg daar... die werksoekers wat in ‘n lang tou sit by Langenhovenpark se informele indiensnemingsburo. Dis Versoeningsdag, maar belangriker vir die werksoekers, Geloftedag in een van die mees Afrikaanse woonbuurte in die land. Dit ruk aan my – hordes mense wat ‘n geldjie wat hulle nie het nie opdok aan taxigeld met die hoop om ‘n paar rand te verdien. Omdat dit Versoeningsdag is, loop die staatsgesubsidieerde busse nie. Vanaand, na ‘n dag in die son sonder krane en toilette, moet hulle weer op ‘n manier by hul huise in Botshabelo en ThabaNchu kom... Hulle – of ten minste die oorgrote meerderheid van hulle - verstaan nie dat hulle die geld wat hulle nie het nie gemors het. Ander vakansiedae is mense immers tuis en baie spring in hul tuine in. Dan kry baie werk. Wat is vandag anders? Vroegoggend is die radio op die SABC se aktualiteitsprogram aan. Dis Versoeningsdag voor, en Versoeningsdag agter. Die gemeenskappe leef by mekaar verby, kennis van mekaar verdwyn, meningspeiling na meningspeiling dui daarop dat die meeste mense meen rasseverhoudinge gaan die kreeftegang. Tot ongeveer 1988 het Suid-Afrika ‘n amptelike Verhoudingsaksie gehad. Dié aksie was hopeloos te laag gegradeer (die hoogste rang waarvoor voorsiening gemaak is was Assistent-direkteur) en met hopeloos te min personeel om ‘n beduidende indruk te maak. Om die probleem van te min mense te oorkom is hoofsaaklik gefokus op die klein groep dinamika en is hordes Verhoudingskomitees landswyd in die lewe geroep. Sonder om in te veel detail is te gaan – die stelsel het in ‘n stramheid vasgeval met baie lede wat nie werklik verstaan het wat die funksie van die

Page 4: Die Belang Van Verso en Ing

komitees, of die aksie self nie. Stelsels soos die klein groep stelsels het ‘n sikliese neiging, en daarom is daar tye waar omtrent alle energie in die instandhouding van die stelsel ingaan, en daar in wese geen uitset is nie. Die regering se destydse desentralisasieaksie het in wese die doodsklok vir die aksie ingelui. ‘n Handjievol relatief junior amptenare het in provinsiale administrasies beland wat die aksie nie altyd goedgesind was nie, soms vyandiggesind, geen begrip van die aksie gehad het nie, dit onderskat het weens die lae gradering, of soos in die geval van die NPA botweg geweier het om die aksie te implementeer. ‘n Interessante waarneming was egter hoe verskillende mense die saak verskillend beskou het. Die TPA het sterk stem gemaak dat “alles sal regkom” as die sosio-ekonomiese gaping tussen wit en swart verdwyn het. Die Kaapprovinsie het hul stelsel van Verhoudingskomitees ten alle koste in stand gehou, en dié komitees het dikwels op infrastrukturele knelpunte gefokus en oorhoofs die standpunt ingeneem dat “alles sal regkom” as apartheid verwyder is. In die Vrystaat is op ‘n holistiese benadering geskoei op nie-paternalistiese horisontale kommunikasie gefokus. Pretdrawwe, kultuurkonserte en vele projekte is uitgevoer met die fokus op respek vir die mooie in mekaar se kulture. Met die voordeel van terugskoue kan maklik fout gevind word. Die FW de Klerk-bewind het ‘n ondersoek waarmee die Maatskaplike Komitee van die Presidentsraad besig was, opgeskort. (Dit help nie om te probeer uitvind hoekom, juis op daardie kritieke tydstip nie – ek het probeer uitvind en het net ‘n skrobbering op die lyf geloop). Weer eens, met die voordeel van terugskoue, wil dit voorkom asof nog ‘n enkel-dimensionele benadering “oorgeneem” het: Die geloof dat alles met ‘n behoorlike staatkundige model opgelos sal word. Iets wat herinner aan Kwame Nkruma se stelling, met Ghana se onafhanklikheidsaanvaarding: “Ontvang hiermee jul politieke vryheid en alles sal vir julle daarby toegevoeg word.” ‘n Opmerking jare gelede van ‘n skoolseun by die KJA het konstant by my opgekom: “Skaf net apartheid af, dan kom alles reg.” Hy het uiteindelik ‘n aktivistiese predikant van die VGK geword – op die voorpunt van die regstryd teen die NG Kerk in Afrika. Kort hierna is die Verhoudingsaksie afgeskaf, en ‘n ruk hierna, in totale onafhanklikheid daarvan en sonder om ‘n greintjie kundigheid oor te neem, het die stelsel van Vredeskomitees beslag gekry. Net ‘n tussenwerpsel: Die Verhoudingsaksie in die Vrystaat het nie politieke standpunt ingeneem nie, en die standpunt gehuldig dat die uiteindelike grondwetlike model die “spontane” produk van ‘n omgewing sal wees waar mense mekaar vertrou – ongeag of dit ‘n konfederale, konsosiatiewe, eenheids- of welke model ook al oplewer. Hierdie standpunt het ook nie in die lug gehang nie. Die destydse president van die RGN, dr. Tjaart van der Walt, het dit immers onverbeterlik gestel met woorde tot die effek dat geen staatkundige model, nie eens die beste grondwet in die wêreld, sal werk as die mense mekaar nie verstaan en vertrou nie. In kort, die grondwet is die gevolg van versoening, nie die meganisme tot versoening nie.

Page 5: Die Belang Van Verso en Ing

Selfs wanneer dit op interstaatlikheid uitloop, bly goeie verhoudinge belangrik. Dit klink vreemd om dié les by die man van bloed en yster, Otto von Bismarck te leer. Bismarck se filosofie was om die vyand na ‘n oorlog nie met die vredesoperasies te verneder nie, om so ‘n meer blywende kans op Vrede te verseker. In latere jare het die keiser sy ore aan ander adviseurs uitgeleen, en is die Franse in die grond verneder deur die keiser in die troonsaal van Versailes te kroon. Hierna, by die geringste, het die Franse en hul bondgenote oorlog teen Duitsland gevoer en is Duitsland waarskynlik vir altyd die Elsas en Lotharinge kwyt. Om die fisiologie van versoening te verstaan, is dit handig om die proses in die vorm van ‘n behaviourialistiese stelselmodel te verduidelik. In kort behels dit om die doelwit, om versoening te bereik, by die input in te voer, en dit deur verskeie prosesse te neem wat uiteindelik ‘n uitset lewer. Die lys faktore in die model genoem is nie noodwendig volledig nie, dit word bloot as voorbeeld gebruik.

Page 6: Die Belang Van Verso en Ing

Geloof: In hierdie model word die aardse neerslag, naamlik godsdiens bedoel. Voorbeelde van godsdiensspanning is wêreldwyd maklik te vinde. Die verdeling van Brits-Indië tussen die Moslem Pakistan, Hindoe Indië en vir alle praktiese doeleindes, Boeddhistiese Sri Lanka is voor die hand liggend. Die Noord-Ierse voorbeeld word teensinnig genoem, omdat ander faktore hier meer bepalend was. Rusland het onlangs weer ‘n groot terreuraanval op ‘n trein beleef weens die optrede van Moslem-terroriste. In Suid-Afrika word graag opgegee oor hoe ‘n verre oorgrote meerderheid Suid-Afrikaners hulsel as Christene beskou. Tog is sake teologies baie uiteenlopend, soos die voorneme om rituale beesslagtings by die 2010-sokkerstadions te doen. Vir baie Christene, wat glo Jesus het aan die kruis die finale offer gebring, is dit ‘n gruwel. Juridiese: Hoewel, in beginsel, die grondwetlike model die uiteinde van ‘n versoengsproses moet wees, kan swakhede in die bestaande grondwetlike model ook verhoudinge versuur. ETA se terreur teen Spanje het nie volkome opgedroog na die Baskiese provinsies ‘n redelike vlak van outonomie gekry het nie. In Suid-Afrika is die lomp grondwetlike beskrywing en die nog lomper wyse waarop die kwessie van regstellende aksie hanteer word, stellig een van die grootste faktore wat versoening in die land beduiwel. Taal: Milnerisme het ‘n historiese wond op die Afrikaner se gemoed gelaat. Wêreldwyd het taaldiskriminasie ernstige gevolge. Franco en die Turkse regering het eerder probleme geskep as opgelos deur ‘n verbod op onderskeidelik Baskies en Koerdies geplaas. Etiek en moraliteit: Indien eerlikheid in die proses ontbreek, gaan die proses nêrens heen nie. Met die amptelike versoeningsproses by Kovsies word uiters akademiese woorde gebruik, reuse teorieë voorgehou ... wat in die lug hang en op sand gebou word. Etiek en moraliteit kan nie los van die ander elemente staan nie, en is ironies juis oneerlik as die uiteinde eers bepaal word, naamlik integrasie (hul woord) en die metodiek dan enkeldimensioneel ontwerp word om daarby uit te kom. Kultuur: Baie van die kwessies wat as godsdiens en taal voorgehou word, is in wese kultuuraspekte. Die jarelange stryd om Noord-Ierland het histories meer te make met die vestiging van Skotse setlaars (Protestants) wat op die inheemse Iere neergesien het. Oor tyd het die sosio-ekonomiese onderskeid vervaag. Rituele slagtings word dikwels genoem as van die vernaamste redes waarom godsdiens- en kultuurassimilasie in Suid-Afrika nie voorsien word nie. Histories: Wanneer verskillende gemeenskappe verskillende en dikwels konflikterende historiese persepsies het, is daar dikwels ingeboude spanning. ‘n Tipiese gevolg is wanneer een gemeenskap berou van ‘n ander opeis, terwyl daardie gemeenskap se historiese persepsie dit nie begryp nie, of selfs voel die skoen sit aan die ander voet.

Page 7: Die Belang Van Verso en Ing

Getalle: Internasionaal word in grondwette en die volkereg minderheidsregte erken, en daar is goeie redes hiervoor. Die Hutu – Tutsi – massamoorde is maar een manifestasie. Ruimtelik: Ruimtelike ordening as meganisme om spanning te verlig is ‘n wêreldwye verskynsel. Nigerië het na die Biafraanse oorlog sy binnelandse grense herskik om meer met die etniese verspreiding ooreen te stem. Pas het Indië sy voorneme bekend gemaak om ‘n nuwe, etniese deelstaat te vorm, of die Ghurkas begin ook agiteer vir ‘n eie deelstaat. Die Israels-Palestynse kwessie is ‘n teksboekmodel. Dit slaan egter ook op die mikrovlak neer, soos wanneer twee bure se gebruike wedersyds onversoenbaar is. Die een sal ‘n bees ritueel in sy agterplaas slag, en die ander sal die DBV, die munisipaliteit se gesondheidsafdeling en ander wetstoepassers op hom probeer loslaat. Opsommend, dit is duidelik dat al hierdie faktore nie net ‘n rol speel nie, maar baie selde nie onderling deur mekaar beïnvloed word nie. Gebreke in die model van sosio-ekonomiese deprivasie Hierdie model teer op die konsep dat spanning, selfs ‘n rewolusionêre klimaat, ontstaan wanneer die gaping tussen verwagtinge en die werklikheid te groot

word. Die vernaamste probleem met dié model is dat dit skematies slegs geldig uitgedruk kan word wanneer dit op ‘n grootliks homogene gemeenskap uitgedruk word. Wanneer meer as een gemeenskap gemeet word, kan dit gebeur dat die verwagtinge van twee of meer gemeenskappe weerskante van die werklikheid kan wees. Die spanningsvlak kan dan nie gemeet word tussen verwagtinge en die werklikheid nie, maar tussen die persepsies van verwagtinge van die verskillende gemeenskappe. Verder te dit nie net op die sosio-ekonomiese betrekking nie, maar op weer eens elke denkbare moontlike terrein. Een gemeenskap mag moontlik pres. Jacob Zuma steun is sy siening dat die

nasionale Vervolgingsgesag ondergeskik aan die uitvoerende gesag moet wees, terwyl ‘n ander deel weer nog meer juridies-verwante sake los van die beheer van die uitvoerende gesag wil maak en by die onafhanklike juridiese gesag wil voeg.

Page 8: Die Belang Van Verso en Ing

Die een groep wil moontlik sterk fokus op moedertaalonderrig, terwyl dit spanning skep met diegene wat om welke rede ook al graag hul onderrig in Engels wil ontvang. In plaas van om dié kompleksiteit op ‘n plat vlak uit te druk, is ‘n beter model dalk iets soos die vooraansig van ‘n dik kommunikasiekabel wat deurgesny is, met ‘n horde geïnsuleerde draadjies waarvan sommige so ver as wat binne die kabeldikte moontlik is. Slot Sonder ‘n holistiese benadering waar mense van verskillende dissiplines op gelyke voet saamwerk nie, gaan die hantering van versoening in die land gebrekkig en gefragmenteerd bly. Het die afskaffing van apartheid alle probleme opgelos? Toe nou nie – die meningspeilings wys anders. Die Malemas dryf skynbaar doelbewus die wig dieper in. Pansat het lank reeds bevind die owerheid self is die grootste skender van taalregte (wat in die grondwet verskans word). Dikwels kry die media die skuld – soms verdiend maar al te dikwels as die draer van slegte tyding. Die werksoekers hierbo genoem verstaan nie hoekom hulle vandag in die son bly sit nie. Die gaping in begrip vir mekaar is ligjare verwyder van destyds toe die regering kort-kort as die pawpaw die fên geslaan het vir oom Wymie ingeroep het. Oom Wymie op wie akademies neergesien is maar wat sonder geleerde woorde en akademiese lesings die “kenners” se brouwerk kon kom regmaak omdat hy verstaan het. Ons is weer terug met spanne institute en sentrums wat die jargon en kommerwekkende syfers uitspoeg, maar die oom Wymies wat iets daaraan kan doen het nie ‘n plek in die reusagtige kabinet of belangrike adviseurstoel nie. Mei 2010 Die regte Suid-Afrika Op die vooraand van die Fifa-wêreldbeker word verskillende gesigte van Suid-Afrika voorgehou. Aan die een kant word ‘n beeld voorgehou van ‘n skoon en parate Suid-Afrika wat gereed is om die skouspel aan te bied. Groot gewag word gemaak van hoe gul die Bulle se rugby-ondersteuners in Soweto ontvang word... As veiligheidsrisiko word Suid-Afrika nou as ‘n land van medium-bedreiging gelys, en is in effek die 49ste gevaarlikste land. ‘n Bekende veiligheidskenner verduidelik dat die misdaadsyfers ‘n skewe beeld skets aangesien in die meeste gevalle die slagoffer van moord en verkragting sy of haar aanvaller ken of geken het. Die implikasie is dat buitelandse besoekers dus nie werklik bedreig word nie, want hulle ken in alle waarskynlikheid nie iemand hier nie. Dit geld egter nie die slagoffers van misdade soos gewapende roof nie. Plaasmoorde kan ook selde na huismoles teruggevoer word. Word die internet egter bekyk waar Suid-Afrikaners hul gevoelens plaas sonder dat iemand dit sensor, duik ‘n effense ander beeld op. ‘n Oud-joernalis merk op dat berigte oor pres. Jacob Zuma se jongste blaps – om ANC-ondersteuners te waarsku om nie uit die party te dros nie omdat die voorvadergeeste hulle daaroor sal siek maak – maar effentjies die pers gehaal het, en waar dit wel die pers gehaal het is dit gou van die internet-weergawes verwyder of die kommentaarkolomme gesluit. Op die oog af het

Page 9: Die Belang Van Verso en Ing

baie media, veral met staatsverbintenisse, hieroor min of geen nuus gedra nie. Vanoggend lui ‘n opskrif: “Vergewingsgesindheid van swartes nie onuitputlik.” Dit verwys na die minister van landelike ontwikkel en grondhervorming se parlementsrede, en ‘n waarskuwing dat ware versoening nie kan plaasvind sonder dat die “grondvraagstuk” ingevolge die regerende party se Polokwane-besluite opgelos is nie. Pas is met harde syfers bewys dat die minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, dwaal met syfers oor grondhervorming, en wat aanvaar kan word die ANC se persepsies onderlê. Die implikasie is problematies, want nou word versoening gekoppel aan die nakom van vereistes wat nie op feite geskoei is nie. Terwyl ‘n deel van die media saamspan om die positiefste moontlike klimaat vir die komende toernooi te skets, al sluit dit skynbaar die toeverf van krake in, het ‘n onafhanklike uitsaaier uit sy pad gegaan om die ongelukkigheid in ‘n deel van die Afrikaner-gemeenskap as ‘n soort bedreiging deur kômmin kakie-ducktails voor te hou. Een van die persone wat op beeld vasgevang is, het ‘n T-hemp gedra wat ‘n groot deel van die, noem dit regse verset, se emosies ondervang: “Malema se mo*r, ek bly ‘n Boer.” Malema se uitsprake het kort-kort opgeduik, asook die beduiwelende rol wat hy speel in die versoeningsproses. In ‘n gesprek op dieselfde kanaal met die ANC se sekreteris-generaal, Gwede Mantashe, is dit duidelik uitgespel wat die ANC as grondslag vir versoening beskou – die uitwissing van die leefstylgaping tussen baie wittes, en baie swartes. Op ‘n bisarre manier word dit gekoppel aan die ANC se beleid van nie-rassigheid. Solank as wat ‘n benadering van die slag van die gans wat die goue eiers lê onderliggend is, en as voorbehoud geld vir versoening, so lank gaan polarisasie ruim gevoed word. Die aanspreek hiervan kan nie tot na die sokkertoernooi wag nie. Onder die verf word die krake groter. Euforie het die geneigdheid om ‘n nare babelas te laat, en dui op ‘n onderskatting van die komplekse en multi-dissiplinêre aard van versoening.

Misbruik van godsdiens vir politieke doeleindes Onlangs het pres. Jacob Zuma daarop aanspraak gemaak dat die Here van die ANC se stigting af deel van die party was. Hierdie aanspraak volg op ander verstommende aansprake soos dat die ANC tot die Wederkoms sal regeer, en dat mense Zuma moet volg soos hulle Jesus gevolg het. Soos te wagte sal wees, was daar heftige reaksie hierop. ‘n Christen word egter aan sy vrugte geken, en op die oog af klop sake nie hier nie. Oor die kwessie van Zuma se veelwywery is daar binne teologiese kringe ‘n effense verdeeldheid, maar oor sy buite-egtelike kinders kon hy uiteindelik nie agter sy kultuur skuil nie, en moes hy die land om verskoning vra. Pas het Zuma egter sy jongste verklaring gedoen oor hoe God as’t ware lid van die ANC is, of hy verklaar by ‘n vergadering dat die voorvadergeeste diegene wat die ANC verlaat aan die kaak sal stel en dat hulle siek sal word. Dit volg nie lank nie nadat Zuma gesê het swart mense is moreel verplig om vir die ANC te stem.

Page 10: Die Belang Van Verso en Ing

Hierdie bontpratery oor Godsdiens staan voorts in die konteks dat pres. Zuma ‘n nasionale debat aangekondig het waar oor moraliteit besin gaan word, en moontlik herdefinieer gaan word want tans word te veel sake as verkeerd beskou wat sommige kulture as aanvaarbare praktyke beskou. Suid-Afrika is egter nie ‘n ekonomiese en kulturele eiland nie, en die norme wat internasionaal geld, gaan op Suid-Afrika van toepassing bly. Die belangrikste aanduider is dat die Wêreldbank korrupsie as die diefstal van ‘n land se toekoms beskou. Kritiek op Zuma om as’t ware die tokkolossie in te span om te keer mense dros van die ANC, beteken allermins dat Suid-Afrikaners die Here uit die politiek kan sluit. Die Christen is immers ‘n instrument van God – in sy kerk, sy gesin, die skoolbeheerraad en so ook in die parlement. God is egter nie die mens, ook nie die Christen, se instrument nie. Dit geld ook Zuma, selfs nie eens as hy die onvoorwaardelike steun van die Inter Faith Leadership Forum het nie, wat volgens aanduidings in ieder geval van die ANC se godsdienslessenaar af beheer word. Zuma se optrede is egter nie net vanuit ‘n moraliteits- en godsdiensoogpunt ontstellend nie. Dit plaas bedenkinge oor sy begrip oor wat die demokrasie behels. ‘n Regerende party probeer sy bewindslewe rek deur so goed as moontlik in algemene belang te reageer. In verskeie opsigte faal die ANC, sodat selfs prominente lede sê die ANC het sy morele kompas verloor. Tydens die ANC se bewind het die grypsug en tenderpreneurskap beduidende afmetings aangeneem, en het die inkomstegaping tot die hoogste meetbare vlak ter wêreld gestyg. Die regering voel die gevolge nou wel deeglik. Op die vooraand van die Fifa-sokkertoernooi sukkel die land om vervoerstakings die hoof te bied. Hierdie stakings is hoofsaaklik die gevolg daarvan dat, na voorheen met die vakbonde ooreengekom is op ‘n enkelsyferverhoging vanjaar, die bestuur ‘n 14 % verhoging aan homself gaan toeken het. In Europa en elders het hierdie grypsug, wat mildelik tot die onlangse wêreld ekonomiese krisis bygedra het, veroorsaak dat lande belangrike moraliteitsbeginsels in hul herstelplanne ingeskryf het. Die ontsteltenis was dus groot toe dit rugbaar word dat een van die Amerikaanse maatskappy wat staatshulp ontvang het, van dié geld gebruik het om van sy top-mense bonusse van miljoene dollar betaal het. Om die slagoffers van grypsug met die tokkolossie bang te maak – dit gaan in geen moraliteitsboekie die pyp rook nie – maak nie saak hoe dit herdefinieer word nie.

Grondhervorming: Probleem met tande (Volledige artikel hieronder) Minister sê georganiseerde landbou stryd aan oor grondhervorming Dit lyk asof georganiseerde landbou hom nou weer in dieselfde spanningsbootjie met die minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson, gaan bevind as in die dae van Lulu Xinwana en Dirk du Toit. Die minister het pas via 'n artikel in Rapport die wittebrood met georganiseerde landbou opgeskort. Dit is egter haar begrip oor feite en verdigsels wat die weg vir konflik berei. Die eerste struikelblok is die persepsie dat georganiseerde landbou en kommersiële boere vir die slakkepas van grondhervorming geblameer moet

Page 11: Die Belang Van Verso en Ing

word. Joemat-Pettersson beweer nog net 5 % van die 30 % wat teen 2014 oorgedra moet word, is reeds oorgedra. Georganiseerde landbou ontken dit, en staaf hul argumente met syfers. Joemat-Pettersson het vir haar 'n yslike lat gepluk deur terug te val op die argument dat swart, bruin en Indiërboere in 1994 net 13 % van die land se oppervlak kon besit, terwyl wit boere die ander 87 kon besit. Bruin landelike gebiede wat saam 'n baie groot oppervlak behels, het egter deel van die 87 % uitgemaak, soos ook groot natuurresrvate, staatsgrond soos staatsplase en weermaggrond, stedelike oppervlaktes en vele meer. Boonop kon, en het, swart mense reeds sedert 1991 voormalige wit plase opgekoop. TLU SA wys daarop dat die Ontwikkelinsbank in 2001 reeds bevind het dat die regering en anderskleurige boere saam 56 % van die land se oppervlakte besit. Georganiseerde landbou dring dus al lank op 'n grondoudit aan, terwyl die regering vierkantig hierteen vasskop, en met sy syfers wat eerder op retoriek as feite geskoei is volhou. Onlangs was nog net 13 persent van die plase wat vir restitusie in die staatskoerant gelys is, oorgedra. Die departement van Grondsake het verskeie sake hieroor verloor, hoofsaaklik omdat die amptenare geweier het om kennis te neem van goed nagevorste inligting wat bewys dat die eise ongeldig is. Vrystaat landbou waarsku dan ook dat talle van die eise in die Ladybrand / Clocolan-omgewing is, en dat dié instansie oor die middele beskik om die onregmatige eise teen te staan. Die volgehoue persepsie wat geskep word dat boere en georganiseerde landbou die grondhervormingsproses weens teenkanting rysmier, word nie net ontken nie, maar die regering word vir die vasklou aan die persepsie verkwalik, en wys daarop dat Landbou die gevolge in die vorm van plaasaanvalle dra. 'n Literatuurstudie toon ook gou dat alle landbou-organisasies al lankal en soms uit die staanspoor hulp aan die regering aangebied het, soos met mentorprogramme. Landbou reageer ook skerp op planne vir versnelde grondhervorming, soos beoogde onteiening, nasionalisering deur landbougrond as nasionale bate te verklaar en die onlangse 40 % swart aandeelhouding. Landbou is ook ongelukkig oor van die redes waarom meer wit grond oorgedra moet word. Van hierdie redes, soos dat swart landelike armoede bekamp moet word deur die uitdeel van lappies grond wat landbou-ekonome as die teelaarde vir armoede beskou, word aan die voed van populistiese verwagtinge eerder as die voed van die nasie toegeskryf. Die omvang van mislukte boerderye op oorgedragte plase, skep ook min vertroue in die regering se obsessie dat die pas van grondhervorming versnel moet word. Intussen speel die minister met vuur deur die Zimbabwe-grondgryp as afdreiging teen die landbou te hou. Dit word nie goed deur die boere ervaar nie. Die minister het die wittebrood opgeskort, maar sy kan haar kort voor lank in die egskeidingshof – in die vorm van hofsake ten planne – bevind. En tensy sy begin om die korrekte syfers eerder as historiese ANC-retoriek te gebruik, sal sy sleg daarvan afkom.

Page 12: Die Belang Van Verso en Ing

Koppestamp oor grondhervorming kom na minister "wittebrood" met georganiseerde landbou opgeskort het Te veel mieliepap mors op die grond terwyl rolspelers sorgum met koring vergelyk. So kan die chaos in die grondhervorimingsprogram waarskynlik ten beste beskryf word. Terwyl daar 'n obsessie by die regering is om nog 'n groot hoeveelheid grond in wit besit na swart eienaars oor te dra, betwis verskillende rolspelers mekaar se syfers. Die regering meen 'n stywe bult lê voor voordat die eerste mikpunt van 30 % teen 2014 behaal is, terwyl ander meen die 30 % persent is lank reeds verbygesteek. In 'n onlangse artikel in Rapport het die Minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson, egter gesê nog net 5 % van die beoogde 30 % is reeds oorgedra. Ander bronne lui dat daar wel 'n voeteslepery by die regering is oor grondrestitusie. Teen 2009 was nog net 13 % van die plase wat in die staatskoerant as restitusie-eise gelys is, oorgedra. Die regering skop soos 'n steeks donkie daarteen vas om die stang vas te byt en 'n grond-oudit te doen wat alle onsekerheid uit die weg sal ruim. Dit word in die praktyk dikwels weergegee asof blanke boere in 1994 saam 87 % van die land besit het, insluitend die voormalige tuislande, bruin landelike gebiede, nasionale parke, staatsgrond en ruimtes wat deur stede, paaie, spoorlyne en damme opgeneem word. Boonop het heelwat grond voor 1994 reeds in swart besit gekom na die groepsgebiedewet en bevolkingsregistrasiewette in 1991 opgehef is. Ook burgers van buurlande soos Lesotho het grond in Suid-Afrika gekoop. Dit is wanneer hierdie oppervlaktes by landbougrond in wit besit afgetrek word dat die prentjie baie anders lyk. Mnr. Ben Marais, president van TLU SA, stel dit so: "Die Minister wil die boere beskuldig dat hulle die oorsaak is dat daar nog nie 30% grond aan swartes oorgedra is nie, omdat hulle die gewillige koper, gewillige verkoper-beginsel gebruik het. Die staat beskik reeds tussen homself, Swartes, Kleurlinge en Indiërs oor 56% van die grond in Suid-Afrika, volgens demografiese studie vir die Ontwikkelingsbank in 2001. Steeds stu hy voort op inhalige wyse om nog meer grond skynbaar verniet te wil bekom. Dit was en is vir boere onaanvaarbaar. Natuurlik sal boere leun op die vryemarkstelsel om 'n behoorlike waarde vir hulle grond te kry. TLU SA het bowendien 'n redelike vermoede dat die regering in elk geval nie genoeg bekwame swart boere kon kry om op die grond te plaas nie. In terme van eie regeringsuitsprake het ongeveer negentig persent van die swart bemagtigingsprojekte in landbou misluk." Ook Vrystaat Landbou koop nie die regering se aansprake oor hoe onwillig boere is om saam te werk, of oor hoe min gerond al oorgedra is nie. In 2009 het VL, by monde van sy hoofbestuurder. Henk Vermeulen, die saak so gestel: "Kwaadwillige stories word versprei dat boere nie grondhervorming steun nie. Landbouers, kommersiële boere en opkomende boere moet bemagtig word om voort te kan gaan om te boer. Vrystaat Landbou (VL) het 104 jaar lank verskillende regerings se aanslae op die landbou deurstaan en is gereed om die huidige aanslae, wat die voortbestaan van boere met onder meer onteieningswette bedreig, te staal. Mentorskap en opleiding vir swart ekonomiese bemagtiging in die landbou is 'n noodsaaklike komponent waarby

Page 13: Die Belang Van Verso en Ing

georganiseerde landbou betrokke moet bly.'n Ordentlike databasis oor grondhervorming en die hoeveelheid hektaar wat reeds aan opkomende boere oorgedra is, bewys politici se stellings dat boere teen grondhervorming is, is verkeerd. Die sowat 200 plase wat in die distrik Ladybrand reeds oorgedra is, bewys dat aantygings oor 'n te stadige grondhervormingsproses nie water dra nie. Meer as 49 000 ha in die Vrystaat is reeds vir grondhervorming oorgedra. Grond wat wel deur boereverenigings se lyste van bereidwillige boere wat grond vir verkope aan onder meer grondsake vir grondhervorming beskikbaar gestel is, belooop sowat 12 000 ha, waarvan niks gekoop is nie."

Pas het Joemat-Pettersson, aangedui dat altesaam 98 plase wat sedert 1994 aan swart eienaars in die Vrystaat oorgedra is, onproduktief staan. Georganiseerde landbou gee onwilligheid om van Vrystaat Landbou se mentorskap gebruik te maak, grootliks die skuld. 'n Afvaardiging van die Vrystaatse Wetgewer het tydens 'n toer na oorgedraagde plase gevind die meeste nuwe eienaars het geen aspirasies om op die grond te boer nie. Hulle beskou dit as 'n woonplek waarop 'n paar beeste loop, en spandeer bedags hul tyd by hul werk in stede of in dorpe. Met Afrika wie se kosmandjie-vermoë die afgelope 40 jaar met 'n vyfde afgeneem het, is die omskepping van produktiewe plase na onproduktiewe landbougrond nie 'n opsie nie. In 'n onlangse restitusiesaak in Noordwes is 'n eis afgewys. Die grondeisehof het bevind dat die gemeenskap wat aanvanklik van die grond verwyder is, voldoende kompensasie, waaronder soortgelyke grond, ontvang het. Die hof het egter ook uitgewys dat die gemeenskap nie in die vermoë is om produksie op die grond wat geëis is vol te hou nie. In die betrokke saak het die Departement van Grondsake laat blyk dat bykans alle grondhervorming in die provinsie misluk het. Nogtans dwing die regering om maniere te vind om swart eienaarskap op landbougrond te verhoog, en dreig gereeld dat dit ten doel het om te voorkom dat 'n Zimbabwe-tipe situasie hier ontstaan. Me. Joemta-Petterson druk die plaaslike potensiële drang uit as iets wat die Zimbabwe-situasie na 'n Sondagskoolpiekniek kan laat lyk. Haar jongste voorstelle behels dat blanke boere 40 % swart aandeelhouding in hul landboubedrywighede bekom. Hierdie voorstel volg nadat verskeie kere aangedui is dat artikel 25 van die grondwet 'n struikelblok bied om onteieningswetgewing van stapel te stuur. Artikel 25 is egter nie net 'n gewone artikel in die grondwet nie, maar deel van die handves van menseregte, en is veranker in verskeie verdrae en die volkereg waarvan Suid-Afrika deel uitmaak. Selfs die vereiste meerderheid om die grondwet te verander gaan nie Tussenin is die gedagte ook geopper om landbougrond as strategiese bate te verklaar, wat min verskil van blatante onteiening, soos wat met mineraleregte (ingesluit bv ondergrondse water) gebeur het. 'n Groenskrif hieroor sou in April vanjaar die lig gesien het. Terwyl die regering hamer op groter swart eienaarskap as eerste prioriteit, is die landbou se fokus op ekonomiese oorlewing, en 'n veilige, stabiele omgewing te midde van klimaatsverandering. Joemat-Pettersson waarsku dat swart verwagtinge oor grond die Zimbabwiese grondgryp na 'n Sondagskoolpiekniek sal laat lyk.

Page 14: Die Belang Van Verso en Ing

Georganiseerde landbou blameer die ondoeltreffendheid van die Departement van Grondsake. Selfs wyle Dirk du Toit, het as adjunk-minister by geleentheid 'n beroep gedoen dat georganiseerde landbou vertoë rig vir 'n klagtedirektoraat in sy departement omdat sy eie kantoor nie met die klagtes kan voorbly nie. Die Grondeisekommissie het ook in die onlangse verlede verskeie hofsake verloor omdat hulle geweier het om van bewyse kennis te neem dat eise ongeldig is. Vrystaat Landbou het ook daarop gewys dat grondrestitusie-eise in die Ladybrand / Clocolan-omgewing ongeldig is, en dat sy organisasie oor die regsmiddele beskik om dit teen te staan. Boonop is Agri SA onderweg na die Menseregtekommissie met gevalle waar Grondsake in grondhervormingsgevalle, die waardasieprys vir verkopers geheim gehou het. Die boere aanvaar dan die aanbod wat hulle meen in ooreenstemming met Grondsake se waardasie was. Agterna blyk dit dat hulle hul grond ver onder die markwaarde vervreem het. Boere voer 'n verskeidenheid redes aan oor waarom hulle hul grond onder markwaarde verkoop het. Sommiges beweer viktimisasie, en ander weer dat hulle van swak regsadvies bedien is in 'n tyd toe die regering aangedui het dat hy onteieningswetgewing rondom restitusie ook na grondhervorming wou uitbrei. Na 'n belowende begin het Joemat-Pettersson se glans gou verdof, en nou het sy verklaar die wittebrood is verby. Boonop het sy onrealistiese verwagtinge herhaal soos dat landelike armoede deur klein plasies en bestaansboerdery aangespreek moet word. Dit lyk eerder of die regering met die uitdeel van sub-ekonomiese eenhede populisme wil voed, eerder as die nasie met kos. Joemat-Pettersson se jongste gedagte is dat wit boere 40% aandeelhouding aan swart mense bied. Georganiseerde landbou het reeds op die onwerkbaarheid hiervan gewys. Sy het terselfdertyd in haar Rapport-artikel dit duidelik gemaak dat sy haar wittebroodstydperk met georganiseerde landbou opskort. Hierdeur skep sy die indruk dat die georganiseerde landbou in die verlede halsstarrig en onredelik was – iets wat duidelik blyk onjuis te wees met selfs die geringste literatuurstudie. Die stem van redelikheid blyk byvoorbeeld uit 'n standpunt wat TLU SA reeds in 2008 gestel het: TLU SA bly daarop ingestel om vanuit die beginsel van privaat eiendomsbesit die regte en belange van die kommersiële landbouer met beskikbare middele te bevorder en te beskerm. Waar grondeise die reg van privaat eiendomsbesit in die gedrang bring, onderneem TLU SA om met die nodige verantwoordelikheid wyses te vind om reg en billikheid te laat geld. Wederregtelike aansprake op kommersiële landbougronde word bekamp en word gesorg dat die proses van grondeise, AgriSEB en besit van landbougrond nie tot die nadeel van die kommersiële landbouer en volhoubare landbouproduksie sal wees nie." Of dr. Pieter Mulder as adjunk-minister genoeg invloed gaan hê dat gesonde verstand ook nog nes kan skop, sal net die tyd leer.

Grondoudit al uitweg Uit ‘n ellelange artikel deur die Minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson die naweek in Rapport, is dit duidelik dat persepsies oor grondbesit in die land nou so ver van mekaar verwyder is dat ‘n grondoudit die enigste manier is om

Page 15: Die Belang Van Verso en Ing

dit op te klaar. Tot dusver het die regering vierkantig vasgeskop daarteen en met feite volgehou wat net die regering nog glo. Joemat-Pettersson het haarself in die artikel boonop geen guns bewus nie deur ‘n geykte stelling wat maklik weerlê kan word. Sy het naamlik gesê buite die 13 % oppervlak van die voormalige tuislande, kon swart, bruin en Indiër geen grond besit nie. Of sy bloot moedswillig of per abuis vergeet het van die bruin landelike gebiede wat saam, volgens sommige bronne, sowat 2 miljoen Ha beslaan het, is nie bekend nie. Dit is egter ondenkbaar dat sy nie van die lang geskiedenisse van gebiede soos Genadendal, die Richtersveld, die Oppermansgronde en talle ander sou weet nie. Indiërboere besit al baie lank suikerplase. Boonop is die bevolkinsgsregistrasiewet en die groepsgebiedewet in 1991 afgeskaf nadat die instromingsbeheerwet reeds in 1986 afgeskaf is. Die staakundige hindernisse vir ander groepe het dus voor 1994 verval en swart mense, ook uit die buurlande, het hierna begin grond koop. Hulle is later deur magnate soos Tito Mboweni gevolg. Haar syfers is dus nie net foutief nie, maar verouderd. Hierteenoor dui sommige opnames dat swart mense reeds in die orde van 40 % en selfs meer landbougrond besit. Die groot verskil tussen die syfers is deels daaraan toe te skryf dat die minister se syfer van 87 persent in wit boere se besit in 1994 nie net grond in swart, bruin en Indiërbesit insluit nie, maar ook staatsgrond soos staatsplase en weermaggronde, natuurparke, lughawens, paaie stede en vele meer. Dat die oordrag teen ‘n tempo plaasgevind het wat vir die regering onaanvaarbaar is, is egter ook so. Oor wie die skuld hiervoor moet kry, is daar meningsverskil. Terwyl die owerheid die skuld op boere plaas, het selfs adjunk-minister, wyle Dirk du Toit, tydens ‘n vergadering van landboubedrywe gevra dat georganiseerde landbou ‘n versoek moet rig vir die instelling van ‘n klagtedirektoraat in die Departement van Grondsake. Hy het, toe hy gemeen het die media is nie teenwoordig nie, gesê sy eie kantoor kan nie voorbly om al die klagtes te hanteer nie. Meer onlangs het die Grondeisekommissaris verskeie hofsake verloor veral omdat die kommissarisse geweier het om van feite kennis te neem en volhard het om met ongeldige grondeise hof toe te gaan. Bykans geen boer het nie al ‘n dik pak korrespondensie met Grondsake wat gewoon nie beantwoord is nie. Die regering se reaksie op die onverkwiklikheid is ook kommerwekkend. Nie alleen is die regering uiters suinig met die veroordeling van plaasaanvalle nie, die regering stel maatreëls voor asof dit in reaksie is op die landbou se beweerde halstarrigheid – waaronder gereelde uitsprake en selfs ‘n gesneuwelde wetsontwerp om plase te onteien, of tot nasionale bate te verklaar en so in effek te onteien, en nou die gedagte van 40 % swart aandeelhouding. Dat artikel 25 van die grondwet grondeienaarskap beskerm, veral omdat dit boonop deel van die handves van menseregte uitmaak, word blykbaar nie as hindernis vir grondgrypplanne beskou nie. Die tragedie is dat min van die oorgedraagde grond nog produktief is. In die Vrystaat het amper ‘n 100 eens produktiewe plase na oordrag sedert 1994 in onproduktiewe eenhede verval.

Page 16: Die Belang Van Verso en Ing

Steeds word surrealistiese uitsprake gemaak soos dat landelike armoede aangespreek word deur onder meer bestaansboerdery, of die uitdeel van plasies waarvan die oppervlaktes van tussen een en tagtig hektaar genoem word. Enige landbou-ekonoom sal uitwys dat hierdie oppervlaktes, tensy uiters intensief en teen hoë koste aangewend word, nie armoede gaan teenwerk nie maar in die hand gaan werk. Joeemat-Pettersson het goed begin, maar sake lyk nou minder belowend. Soos sy selfs skryf: Die wittebrood is nou verby. Malema kelder een nasie vir sokker Soos ‘n lemoen wat ryp gedruk word. Die Wêreldbeker-sokkertoernooi is nou net enkele weke in die verskiet en programme om Suid-Afrikaners as een lojale nasie saam te snoer word gevoer. Onder meer hoor ons hoe bekendes op RSG hul steun aan die toernooi toesê. Aksies soos hierdie verg groot kundigheid en koördinasie. Dat kundigheid in die tande geskop is blyk uit die besluit om die slagspreuk, “Feel it, it is here” in advertensies van al die amptelike tale te gebruik. Boonop word eie “here” dikwels kruppel uitgespreek. Wat die koördinasie betref, is dit duidelik dat alle eendjies nie in ‘n ry gekry is nie. Dit geld van bo tot onder – paaie wat eers na die toernooi herstel gaan word, geen duidelike aksie teen rommelstrooi nie of opvoedkundige aksie hierontrent nie, misdadigers wat hulle net mooi niks steur aan die beeld wat hulle uitstraal nie, oproermakers en stakers wat hul aksies verskerp namate die toernooi nader kom omdat hulle besef sodoende trek hulle die regering se aandag intens. Dit is egter die stout seun van die ANC en die wyse hoe dit hanteer word wat sal verseker dat baie Suid-Afrikaners die toernooi met minstens gemengde gevoelens sal nader. Met sy singery van “Skiet die Boere” het hy die slagordes vir verdeeldheid opgestel. Met die ANC se verbetenheid om dié singery as reg op te eis is die kloof verdiep. Met Malema se dissiplinêre verhoor deur die ANC is die klagte wat hiermee verband hou – dat hy voortgegaan het om dit te sing na pres. Zuma hom die swye hieroor opgelê het - teruggetrek. Die ANC kon, as dit skadebeheer wou toepas, verduidelik het dat dit meer sin maak om eers te kyk wat die howe oor sy skuld bepaal, voor hy intern verhoor word oor iets wat dalk nie verkeerd was nie. Die sub judice-beginsel word immers gereeld links en regs misbruik. Die ANC besluit egter om ‘n hofbevel wat die sing van die liedjie as haatspraak stuit, op appèl te neem. Hierdeur word almal wat as Boere beskryf kan of wil word, in die tande geskop. Dit is moeilik om in te dink dat dit anders vertolk kan word as dat ‘n deel van die bevolking ‘n ongewenste element is. Baie oë was dus op die gelykheidshof waar Malema aangekla sou word. Om heel verstaanbare en logiese redes is die saak Hooggeregshof toe oorgeplaas. Dit is ‘n bykans uitgemaakte saak dat hierdie saak uiteindelik in die grondwethof gaan draai. Daar is sin in omdat ‘n grondwethof ‘n vaste beginsel sal vaslê wat almal sal bind. Dit gaan egter eers gebeur lank na die sokker vergeet is.

Page 17: Die Belang Van Verso en Ing

Die nadeel is dat die land nou opruk met ‘n deel van die gemeenskap wat graag wil sing dat hulle ‘n ander deel van die gemeenskap wil skiet, en ‘n deel wat nie graag die slagoffers hiervan wil wees nie. Die omvang van plaasmoorde laat juis die vermoede bestaan dat daar ‘n regstreekse verband tussen hierdie singery, en die bloedige gevolge is. In ‘n land waar peiling op peiling gepolariseerdheid toon, is dit ondenkbaar dat dit tot so ‘n kwessie moes ontwikkel. Maar Malema hét daardie vermoë, onder meer omdat Zuma hom voortydig as kroonprins gesalf het. Hieroor sou Zuma ook, as hy fisies kon, sy hare uit sy kop kon trek, maar tree steeds lamlendig op. Malema en die ANC se hantering het nou verseker dat Suid-Afrika as nasie nie soos een man agter die toernooi gaan verenig nie. Ongelukkig sal dit op die slagoffers se brood gesmeer word. Herrie se kerrie: Drinkwater Onlangs lees Herrie In Vrystaat oor die toestand van drinkwater in die provinsie, en ook in Bethlehem en veral omstreke. Ja, water is net meer water nie. Jare lank al bring oupa Nic en ouma Engela hul eie water van Bethlehem, van Erfenis af saam as hulle vir die Herries in Bloemfontein kom kuier. Van die Engelse loop bodder het met Bloemfontein se fontein, en die ysterklipplaat gebreek het, is die eens sterk fontein nou net ‘n syferwatertjie. Nou drink Bloemfonteiners gesuiwerde rivierwater vol chloor en fluoor en soms e-coli. Dus bring oupa en ouma hul eie fonteinwater uit hul eie berg saam. Intussen het die regering daai water ook tot nasionale bate verklaar en so eintlik maar genasionaliseer. En noudat dit die goewerment se water is, is dit ook al vir Herrie of daai watertjie nie meer so lekker vervrissend proes soos eers nie. Nee wag, nou praat Herrie bietjie twak. Dis baie lekker water daai. Steeds. Niks kom darem by yskoue fonteinwater as ‘n man op ‘n staptog in die berge is, en dis aan die warm kant nie. Kom mens by so ‘n fonteinstroompie of watervalletjie, is dit darem maar die lekkerste lekkerte van ‘n verkwikking. En altyd yskoud, wat lekker is as mens dit drink, maar lol as mens saans daai sele watertjie moet gebruik om te was. Soos daai rotsgleuf in die berge in die Oos-Kaap wat die stappers as “storthok” gebruik. “Het dit darem ‘n deur?” wil ‘n tante by ‘n stapper weet. “Nee,” verduidelik hy, “dit het net koue water. Jy hoor al van ver af die gille as daar iemand in die stort is.” Maar, so het Herrie geleer, as mens regtig warm en dors is, deug enige water vir drink. Soos jare der jare gelede toe Herrie en ‘n maat met die fietse van Stellenbosch na Yzerfontein gery het. Van Darling tot die see was dit grondpad met sulke diep sandstroke. En dit was bloedig warm. Sommer gou was die waterkanne dolleeg, en toe is dit uitkyk-ry vir enigiets wat water bevat. Gewoonlik veesuipings vol parravissies en muskietlarwes en parraslyk. Maar as mens toe-oë drink, was dit steeds die ene lafenis. Wat Herrie laat dink aan die slag doer op die grens, toe die generaal-majoor van die Medics ‘n tydelike basis besoek. Hy verneem toe by die troepe hoe hulle hul water drinkbaar kry.

Page 18: Die Belang Van Verso en Ing

“Generaal sien,” verduidelik die korporaal, “ons gaan skep die water by die rivier. Dan gooi ons dit deur ‘n sif, en dan deur ‘n doek. Dan kook ons dit sewe minute lank, en as dit afgekoel het gooi ons ‘n watersuiweringstablet in. En net om doodseker te maak, drink ons bier.” Protesaksie teen misdaad Vandag hang die land se vlae by wyse van spreke halfstok. Protesaksies teen misdaad, wat deur Solidariteit gereël word, word landswyd gehou. Min sake het die aandag op die land se misdaadvlakke gefokus soos toe die presidensie vroeër vanjaar geweier het om kruiwavragte vol protesmemorandums teen misdaad in ontvangs te neem. Dié blaps is later reggestel. Met Suid-Afrika wat onlangs die titel van die wêreld se moord-hoofsetel by sy voorheen verworwe titel van verkragtingshoofsetel gevoeg het, spreek dit vanself dat die fokus in die land deurgaans op misdaad sal val. Met die een oog op die misdaadvlakke, is die ander oog op die polisie se vermoë om die misdaad aan te spreek. Dit is nog maande voor die volgende misdaadstatistieke beskikbaar gestel word, en ‘n polemiek het reeds daaroor losgebars. Intussen gaan minstens een GPF ‘n brief van protes aan die polisiebestuur rig omdat daar nou selfs op hierdie vlak opdrag is om misdaadstatistiek in die omgewing, van die publiek te weerhou. Hierdie GPF meen dit is onredelik van die bestuur om te vra vir gemeenskapsbetrokkenheid, maar dan diegene wat wel deelneem, so te behandel. Hierdie GPF verwoord bloot die ongelukkigheid wat die opdrag landswyd tot gevolg het. Boonop word vandag berig dat genl. Cele en sy span in die parlement met die roede te make gekry het omdat hulle lastige vrae nie kon beantwoord nie, en toe uitstel gevra het om voor te berei. Een van die vrae wat nie beantwoord kon word nie, is hoe gemiddeld R139 miljoen gespandeer kon wees in die bou of verbetering van 23 polisiekantore. Gereelde berigte verskyn waaruit dit wil voorkom asof die ras-kwessie eerder as bekwaamheid die norm vir die lot van lede van die polisie is. Dit strek aan aanstelling tot bevordering tot dissiplinêre optrede. Politieke en vakbond- affiliasies tel gereeld ook skynbaar meer as reg en verkeerd. Oor die kwessie van die opheffing al dan nie van die moratorium op die aanstelling van reserviste kom dit voor asof die linkerhand nie weet wat die linkerhand doen nie. Beide kampe het amptelike dokumentasie wat hul standpunte onderskraag. Die polisie se forensiese afdeling het ontsaglike agterstande. Gelukkig is daar ook baie goeie en knap polisielede soos die oorvol tronke getuig. Met die Nampo-oesdag onderweg, val die fokus ook nou weer op die muur van herinnering op die oesdagplaas waar die name van duisende vermoorde plaasaanval-slagoffers aangebring word – ‘n lys wat ontstellend vinnig aangroei. Dit spreek vanself dat die land se probleme nie opgelos gaan word as die fondamente van moraliteit nie reg gelê is nie. Dit is al oor en oor bewys dat die uitdeel van kondome as teenvoeter vir Vigsverspreiding die teenoorgestelde uitwerking het omdat dit die gedagte aan bandelose seks legitimiteit verleen.

Page 19: Die Belang Van Verso en Ing

Met bykans 800 000 babas wat reeds sedert die wettiging van aborsie in Suid-Afrika wettig geaborteer is, word geen sinvolle boodskap oor die waarde van ‘n menselewe uitgestuur nie. Te midde hiervan het die president te midde van weerstand aangekondig dat ‘n debat oor die herdefiniëring van moraliteit gevoer gaan word. Aan die bod is die “lastigheid” dat te veel kwessies waarmee sommige kulture geen probleme het nie, deur die geldende norme as verkeerd beskou word. In ‘n land waar korrupsie ‘n endemiese omvang aangeneem het, is dit speel met vuur. Die fisiologie van plaasaanvalle en die reaksie daarop Enkele dae nadat die ANC se dissiplinêre komitee besluit het sy jeugleier, Julius Malema, sal nie vervolg word omdat hy ‘n opdrag geïgnoreer het om nie meer “Skiet die Boere” te sing nie, is nog ‘n plaasmoord gepleeg. Dié keer was dit mnr. Johan Strydom, wat deur kennisse onthou word as ‘n boer wat baie goed vir sy plaaswerkers was. In ‘n vroeëre, dubbele Vrystaatse plaasmoord, is die bejaarde egpaar as filantrope beskryf. ‘n Redakteur van ‘n klein Afrikaanse koerant skryf in reaksie op ‘n nuusverklaring oor Strydom se moord dat sy onthou hoe ‘n voorval enkele jare gelede, toe ‘n sakeman ‘n swart man agter sy voertuig aangesleep het, tot internasionaal opslae gemaak het. Dat Strydom ook, volgens die getuienis op die toneel, skynbaar agter sy bakkie aangesleep is, het kwalik die nuus gehaal, laat staan nog opslae maak. In Suid-Afrika is daar in verskeie kringe, ook die regering, ‘n ergerlikheid weens die groot klem wat op plaasmoorde geplaas word. Daar is egter verskeie redes waarom dit soveel aandag geniet. Die internasionale moordkoers word op 5 per 100 000 per jaar geraam, met dié van Wes-Europa op een. Suid-Afrika se moordkoers is egter net minder as 50 per 100 000 per jaar, met onder meer die Mediese Navorsingsraad wat meen dit is aansienlik hoër. Formeel word die moordkoers onder bruin mans in die Wes-Kaap danksy bendebedrywighede op ongeveer 90 per 100 000 per jaar geraam wat as die hoogste moordkoers vir ‘n identifiseerbare groep in die wêreld beskou word. Interpol beraam egter die moordkoers onder Suid-Afrikaanse boere op meer as 300 per 100 000 per jaar. Dit klink op die oog af of dit nie so baie kan wees nie, bloot omdat daar lank nie meer naastenby ‘n 100 000 kommersiële boere in Suid-Afrika is nie. Nog ‘n rede waarom plaasmoorde soveel aandag trek, is die ontsettende wreedheid waarmee dit in baie gevalle gepleeg word. Van ‘n bejaarde se voetsole afskil om te wys waar ‘n nie-bestaande kluis is, tot die keel afsny van ‘n Belgiese burger. Met byna elke plaasmoord lyk dit of die aanvallers vrye teuels aan hul verbeelding gegee het om innoverende wreedheid op te dis. Weens die onderlinge band van boere, die tipe self-aangewesenheid, die regering se onhulpvaardige reaksie (indien enige) in terme van veroordeling, die regering se gereelde beskuldigende vingerwysings na boere en ‘n verskeidenheid ander faktore, het dit verskeie sielkundiges al laat reageer dat hulle hier met iets anders te make het as die trauma wat gewoonlik op ‘n moord volg. Sommiges beskryf dit as ‘n manifestasie van viktimonologie – ‘n trauma wat nie weggaan nie.

Page 20: Die Belang Van Verso en Ing

Selfs die huidige minister van landbou, Tina Joemat-Petterson, se aanvanklike belowende wegspring met die landbou het nou in die gebruiklike retoriek verval wat die bewindstydperk van Lawwe Lulu en Dirk du Toit gekenmerk het. Die omgewingsdruk in die ANC is skynbaar net te sterk om geykte persepsies blywend te verander. Dit beteken nie dat enige ander moord minder veroordelingswaardig is nie. Of die boef nou ‘n veiligheidskompleks ingedring en iemand in die privaatheid van haar eie slaapkamer onteer en vermoor, en of dit ‘n dronknes-messtekery is, dit bly erger as die blote statistiek. Sokker-euforie te midde van hierdie syfers herinner aan ‘n dop teen depressie. Dit help vir die oomblik maar dit verdiep die depressie en neem nie die oorsaak weg nie. Sokkerstert as sambok Binne enkele weke breek die grootste sportgeleentheid aan wat nog in Suid-Afrika en op die kontinent gehou is. Dit is ‘n uithangleentheid soos min wat vir die spartelende regering soos manna uit die hemel kom. ...Of is dit? Al hoe meer mense en instansies besef hoeveel waarde die regering aan die geleentheid heg, en begin nou planne smee om daardeur konsessies van die regering te probeer afdwing. Die seisoen van stakings duur voort met die vervoerstaking wat nou ongemaklik naby aan die sokker draai. Verskeie diensleweringsbetogings het al plaasgevind, en die massa-aksie teen misdaad wat deur Solidariteit gelei word, gaan waarskynlik ook die grootste van sy soort ooit in Suid-Afrika wees. Bewaringskundiges wil ook die komende toernooi gebruik om ‘n mynmaatskappy te stuit wat met ‘n oop steenkoolmyn in die Mapungubwe wêrelerfenisgebied begin het. Dié myn val boonop in ‘n oorgrens-bewaringsgebied ook. Suid-Afrika se geskiedenis oor wêrelderfenisgebiede is juis nie iets om op trots te wees nie, met Unesco wat al met stappe begin het oor Suid-Afrika se oortredings en voeteslepery in die Vredefort-koepelgebied. Ook hier is berig dat ‘n Australiese maatskappy na die proklamering nog prospekteerwerk gedoen het. Robbeneiland is ook kort-kort in die spervuur, en onlangs is berig dat plakkers ‘n informele nedersetting in die Wieg van die Mensdom-erfenisgebied opgerig het – boonop op grond wat weens dolomitiese formasies nie vir huisvesting geskik is nie. Pas het die ANC ‘n klag teen Julius Malema teruggetrek oor sy volharding om ‘n omstrede liedjie met die woorde: Skiet die Boere” te sing, of nog ‘n boer, mnr. Johan Strydom, is vermoor. Ontstellende berigte oor plaasmoorde het reeds die buitelandse pers gehaal voor die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche die oë van die wêreld daarop gevestig het. Plaasmoorde is egter nie al ontstellende voorvalle van misdaad nie. Terwyl die regering normaalweg dawerend swyg oor plaasaanvalle, is dit nie skaam om ontstellende kaf oor die landbousektor aan die groot klok te hang nie. Selfs die minister van landbou, Tina Joemat-Petterson wat belowend begin het, sing nou voor in hierdie koor en gedra haar soos te veel ANC-ministers wat nie vir afsprake opdaag nie – gewoonlik omdat hulle oorsee is. Opsommend word probleme ontken of afgemaak. Maar toe ‘n groepie regses aangekeer is, is ‘n nuuskonferensie belê asof ‘n reuse regse komplot om die sokker met aanvalle te teiken ontbloot is. In

Page 21: Die Belang Van Verso en Ing

waarskynlik die mees amateuragtige strategiese kommunikasie-aksie ooit, is ‘n persepsie by die buiteland geskep wat waarskynlik te make het met ‘n magsvertoon wat vir die binnelandse gehoor bedoel is dat die regering ‘n regse bedreiging lag-lag die hoof kan bied. Sommige faktore wat tot ‘n ongunstige persepsie oor Suid-Afrika lei kan nie op die regering se brood gesmeer word nie. ‘n Enkele individu kan groot amok maak, of dit nou met ‘n fisiese wapen of toegang tot die internet is. Dit verhoog daarom die druk op die regering om dit wat hy kan aanspreek behoorlik aan te spreek. Die verhogings wat die vervoer-semi-staatsinstellings aanbied is waarskynlik nie onredelik nie, maar die hele prentjie verander in die lig daarvan dat die bestuur aan hulself veel groter verhogings toegestaan het. Kenners waarsku al lank dat die inkomstegaping in Suid-Afrika gevaarlik groot is. Om so op te tree dat die herstel van Vrystaatse paaie eers na die sokkertoernooi plaasvind, is ondenkbaar dom. Baie Suid-Afrikaners is bekommerd dat die toernooi vir Suid-Afrika ‘n verleentheid gaan oplewer, en daar is genoeg regeringsgeskepte redes om hier en daar bedenkinge te troetel. Om daardie mense as dislojaal en selfs as verraaiers af te maak help ook nie. Lojaliteit en ‘n bisarre Suid-Afrika Opposisiepartye is oor die algemeen nie konstruktief nie, en by implikasie nie lojaal nie. Dit is ‘n veralgemening dat Suid-Afrikaners nie positief oor die land is nie. Dit is min of meer die kernagtige samevatting van pres. Jacob Zuma oor wat in die land aan die gebeur is – ‘n president met toenemende kenmerke van iemand wat homself in ‘n ivoortoring toesluit. Terwyl dit blykbaar ‘n baie ernstige oortreding is om Zuma met oud-pres. Thabo Mbeki te vergelyk, word die ooreenkomste hieroor duideliker. Mbeki sal lank onthou word vir sy oogklap-optrede toe hy gemeen het peilings oor werkloosheid en armoede is oordrewe, want hy sien dit dan nie. Zuma is ontevrede omdat die ANC nie soveel krediet kry vir prestasies as waarop die ANC aanspraak maak nie. Die soort aansprake wat die ANC graag maak is die hoeveelheid gedienste persele wat beskikbaar gestel is, die hoeveelheid HOP-huise wat gebou is, en die hoeveelheid mense wat nou welsynstoelaes ontvang. ‘n Mens hoef nie die hulp van ‘n “negatiewe” opposisieparty te hê om te verstaan dat die instroming van miljoene onwettige immigrante – danksy onbeskermde grense en korrupte amptenare – die beskikbare werksgeleenthede dreineer, die dienste uitput en sommer op die koop toe Suid-Afrikaners op ‘n ongekende skaal aan dwelm- en prostitusiesindikate blootstel nie. Derduisende goed-opgeleide Suid-Afrikaners werk oorsee. Pas het dit bekend geword dat die Vrystaat se haglike paaie eers na die komende sokkertoernooi aandag gaan kry. Intussen het die agterstand in finansies vir padinstandhouding tot ongeveer R75 miljard aangegroei. Klinieke sit gereeld sonder medikasie en hul erwe groei toe onder onkruid. ‘n Minister gaan verkla Skoor by die Speaker, haar broer, oor die parlement wat so ongeskik met haar is om hul grondwetlike oorsigplig oor haar te wil uitoefen.

Page 22: Die Belang Van Verso en Ing

Die land se komende waterkrisis blyk groter te wees as die kragkrisis, maar die minister sien geen krisis nie. Munisipaliteite is aldus die Ouditeur-generaal byna voor die voet in tamatiestraat, en heelwat hiervan in die rioolstraat. Die terugtrek van die mees ernstige klagtes teen Julius Malema sal nog lank as ‘n klad teen die ANC staan. Hierdie is maar enkele aspekte. Teen hierdie agtergrond is dit pikant om opposisiepartye van dislojaliteit te beskuldig asof hulle onpatrioties is. Het dié toestande argumentsonthalwe in Nederland ontstaan, sou ‘n regerende party se ore veel meer getuit het, en bowendien sou so ‘n party se tassies al lankal gepak gewees het. ‘n Party met genoeg patriotisme, wat byvoorbeeld erns sou maak met die uitroei van korrupsie en onbevoegdheid, sou aan bewind gestel word. Volgens Zuma jaag opposisiepartye net koerantopskrifte na. Vandag is een van die treffendste opskrifte, sonder dat dit aan ‘n opposisieparty toegeskryf kan word Tim du Plessis se Brandpunt in Volksblad: “Onthul: ANC se nuwe DNS. Korrupsie en verryking die gom wat hulle deesdae bind.” Mnr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse leier van die DA, wel buite konteks aangehaal, verklaar in vandag se Volksblad: “Ek dink in ons demokrasie het partye nog nie die nodige politieke volwassenheid bereik nie en kiesers stem nog met hul emosies.” Die standpunt word lankal deur beginselgedrewe partye gehuldig. Dié standpunt word blykbaar gedeel deur pres. Zuma gedeel in sy oproepe op swart kiesers dat hulle moreel verplig is om vir die ANC te stem. Peilings en feite soos die emigrasie toon dat Suid-Afrikaners, en nie net die minderheid Afrikaners nie, oor die algemeen nie baie positief oor die land is nie. Die fout hiervoor lê nie voor die minder positiewe mense nie. Dit is gewoonlik juis mense wat trots op hul land is en skaam kry vir die misdaadkoers, die agteruitgang van die padnetwerk, HOP-huise wat gesloop moet word, riool wat in die strate afloop en ‘n onderwysstelsel wat nou as van ‘n laer standaard as dié van verskeie Sub-Sahara-Afrikalande insluitende dié van Zimbabwe beskou word. Dit is mense wat graag deur arbeid en hul hardverworwe kwalifikasies vir hul gesinne wil sorg, maar wat weens hul velkleur nie geleentheid kry nie. Dit is nie hulle wat nie hul dag in die hof gekry het nie, en dit is nie hulle wat ritse vroue aanskaf en dan nog boonop buite die huwelik gaan kinders verwek nie. Dit is ook nie hulle wat vra dat die land se morele kodes opnuut bespreek en geformuleer word sodat ander waardes ook staanplek kan kry nie. ‘n Ware demokrasie is robuus en Zuma moet verlief neem dat ‘n ivoortoring die ideale teiken vir kleilatgooi is. Inheemse tale se stryd Hoe nader ‘n verkiesing word, hoe belangriker word die handhawing van die ander tien amptelike tale se status. Skielik praat ministers wat voorheen nooit ‘n woord in Afrikaans gesprak het nie, met wisselende mates van vermoë die taal op TV. Verder van ‘n verkiesing, en Afrikaans moes hom na die grondwethof wen om die regering se onwillige agterent in rat te kry om ‘n taalwet, wat die grondwet vereis, op die wetboek te kry. Dit was nie soseer die draling met die wet wat

Page 23: Die Belang Van Verso en Ing

gepla het nie, maar die regering se repliek op die hofaansoek, naamlik dat Afrikaans self vir sy gebruiks-agteruitgang en jutridiese onderploeging verantwoordelik gehou word. Maar maak Afrikaanssprekendes hul stem bietjie dik, al is dit om vanuit gewoonlik uiters gematigde oord ‘n bietjie briek aan te slaan met die aftakeling van Afrikaans soos by die US, dan is dit nie lank nie of ‘n minister of twee spring iewers woedend op en pak uit oor diegene wat transformasie in die wiele ry. Soms word dit blatant gestel dat die aandrang op ‘n regverdige aandeel vir Afrikaans deur baie mense as ‘n politieke daad van aggressie teen hulle vertolk word. Afrikaans se stryd om oorlewing is veelvlakkig. Verskeie eens Afrikaanse landboukolleges is dit glad nie meer nie. Die momentum was blykbaar om ook die ander volledig te verengels omdat, soos dit verklaar word, die primêre opleidingsteiken swart, bruin en Indiërboere is. Afrikaanse studente by Potchefstroom se landboukollege, wat as die Pampoenboere bekend staan, kla al lank dat daar erg teen Afrikaans gediskrimineer word. Uiteindelik het Afriforum by die Departement van Landbou aangedring dat die hoof, na ‘n lang reeks insidente wat ook op ander vorme van moontlike wanbestuur dui, ontslaan word. Toe volg die proses van Afrikaanse diskriminasie by die Grootfontein-kollege by Middelburg in die Karoo waar die oorgrote hoeveelheid studente Afrikaanssprekend is. Tot die Departement van Landbou se krediet is skaars stem dik gemaak, of die departement het onderneem om die proses te staak. Die les is dat groot waaksaamheid aan die dag gelê moet word, en dat elke aksie van Milnerisme van die kleinste en laagste vlak, tot die hoogste vlak, aangespreek moet word. Geen steen mag onaangeroer gelaat word nie. Dit is byvoorbeeld ook duidelkik dat die entoesiasme waarmee op pleknaamveranderinge aangedring word, veel minder is as die name Engels is. Ongelukkig is Pansat tandeloos, en die Kommissie vir die Beskerming en die Bevordering van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe disfunksioneel, wat in effek slegs die howe ooplaat. Maar elkeen kan sy deeltjie doen. Maak dit duidelik waarheen ‘n mens se geld gaan, en as dit dan na ‘n instansie moet gaan wat teen Afrikaans diskrimineer, maak dit iewers, soos briewe aan koerante of op die internet, duidelik dat dit onder protes is. Die feit dat Afrikaans van die nuwe gedrukte note verwyder is, beteken nie Afrikaanssprekendes se koopkrag is opeens daarmee heen nie. Burgerlike organisasies se rol as bemiddelaars, en as dit nie help nie, as drukgroepe, is onontbeerlik. Die vragte Afrikaanse literatuur wat die lig sien, vertel nie die volle verhaal nie. Slegs ‘n klein persentasie word vir die uitgee van harde kopie gekeur. Die leeueaandeel byt in die stof wens ‘n verskeidenheid redes. Wat vaktaal betref, raak dit al moeiliker om Afrikaanse inligtingsbronne te bekom, in skrille kontras met die groot ywer waarmee Afrikaanse entoesiaste bykans onmiddellik na Afrikaans amptelike status verwerf het, vir ensiklopediereekse en ander vakboeke gesorg het. Die internet het ‘n noodgedwonge aflaaiplek vir Afrikaans geword wat nie in harde kopie die paal haal nie. Ongelukkig veroorsaak dit dat spel- en taalfoute, wat danksy die skoolstelsel floreer, ongeredigeerd aan lesers

Page 24: Die Belang Van Verso en Ing

opgedis word. Maar dit leef, al is daar nie soos by die gedrukte weergawe groot literêre en ander pryse ter sprake nie. Malema...nog steeds Volgens die Suid-Afrikaanse reg is iemand onskuldig tot sy skuld bewys is. Heelwat lastersake in Suid-Afrika volg nadat iemand sonder ‘n skuldigbevinding as iets geëtiketteer is. Die ANC se interne verhoor rondom Julius Malema behoort volgens dieselfde beginsels hanteer te word. Drie van die vier klagtes teen hom is egter laat vaar, waaronder die feit dat hy weer die liedjie, “Skiet die Boere”, gesing het na pres. Zuma gelas het dat die liedjie nie meer gesing word nie. Tog is dit insiggewend waaraan Malema wél skuldig bevind is: Hy het naamlik in die openbaar gekla dat nie eens oud-pres. Thabo Mbeki het hom getugtig soos wat Zuma dit doen nie. Veral uit die vonnis, wat onder meer bepaal dat hy behandeling vir die beheer van sy woede ontvang, is dit duidelik dat sy optredes oor klagtes wat laat vaar is, wel deeglik verreken is. Dié vonnis sou veel beter pas by sy singery en veral die verleentheid wat hy die land besorg het met die uitjaag van ‘n BBC-joernalis tydens ‘n nuuskonferensie. Dit blyk dat die drie klagtes as deel van ‘n pleitooreenkoms laat vaar is. So is heelwat van Malema se opgeblase statuur behou, maar ongelukkig is die polariserende effek van sy optredes op die Suid-Afrikaanse bevolking nie verreken en minstens ten dele ontlont nie. Hieroor is daar nog ‘n regsproses in die openbare regstelsel, waaronder ‘n verhoor voor die gelykheidshof. Die beslissing dat die drie klagtes laat vaar word, het egter ook ‘n impak op Suid-Afrika se internasionale betrekkinge. Die belangrikste hiervan is die impak op Suid-Afrika se bemiddelingsrol in Zimbabwe. Malema het Suid-Afrika in die verleentheid gestel deur blatant kant te kies vir Robert Mugabe. Tegnies staan dié kantkiesery nou. Presies hoe belangrik die komende gelykheidshof- en moontlike ander verhore geword het, blyk uit die bewoording van Malema se verskoning, wat hy as deel van sy vonnis moes aanbied. In dié verskoning wat hy aangebied het moes hy die verskoning rig aan die president van die ANC, die ANC en die publiek oor die algemeen. Dit is egter waarvoor hy verskoning moet vra wat die smakie van pikantheid dra: Hy is jammer dat hy die ANC-president se statuur aangetas het, en dat hy verdeeldheid binne die ANC veroorsaak het. Dat die publiek in die algemeen hiervoor verskoning gevra moet word, dui daarop dat die dissiplinêre komitee ‘n ongesonde onvermoë het om die ANC van die staat te onderskei. Binne ‘n demokrasie is dit immers juis ‘n goeie ding as daar krake in ‘n te sterk regerende party kom, wat bowendien noustrop trek om in die beste belang van die land te regeer. In vandag se dagbladpers word onder meer berig oor die agterstand van bykans R75 miljard in padonderhoud, terwyl Vrystaters blykbaar tot na die wêreldbeker sal moet wag voor die haglike padtoestande aangespreek word. Van sterk voornemens om korrupsie vas te vat het na ‘n jaar op die troon nog bykans dadels gekom. Op die telbord van optredes blyk darem nou dat ‘n belhamel wat die land oneindige skade berokken het, polarisasie die hoogtes ingjaag het, nou die man vir wie hy eens bereid was om ander dood te maak, om verskoning moes vra weens oneerbiedigheid teenoor die einste persoon, die president self.

Page 25: Die Belang Van Verso en Ing

Die hele oefening, so lyk dit, was bloot om bietjie gesag aan Zuma se beeld as uitrafelende president te gee. Die ANC se belange is ook loshande bo dié van die land gestel. Landsbelang is nou terug in die openbare regstelsel. Zuma – een jaar op die troon Die gebruik om ‘n nuwe regeringshoof se prestasies na een jaar te ontleed is dikwels nie baie billik nie. In die geval van pres. Jacob Zuma behoort die billikheidsvereiste nie te geld nie, omdat hy tegnies ‘n voortsetting is van die bewind van dieselfde party. Verder is die komende Fifa-eindtoernooi so ‘n omvangryke gebeurtenis dat die land nie nou ‘n regeringshoof kan bekostig wat hom nog die luukse gun om sy voete te vind nie. Die voortsetting van ANC-bewind is ongeveer waar die ooreenkomste tussen oud-pres. Thabo Mbeki en pres. Zuma eindig. Mbeki en sy klein intellektuele Sanhedrin het vanuit ‘n ivoortoring regeer, en was spottenderwys net vir blits-ampsbesoeke op eie bodem. By so ‘n geleentheid is hy in die parlement getakel oor ‘n saak wat al weke in die media woed, en het dit geblyk dat hy geen kennis daarvan gedra het nie. Hy was dikwels heeltemal uit voeling met die werklikheid. Zuma se bewindstyd van goeie voornemens word miskien ten beste geïllustreer deur die syfers wat pas bekend gemaak is dat werkloosheid in die land gestyg het. Dit is ‘n emmer koue water in die gesig van die man wat teikens vir die vermindering van werkloosheid gestel het. Sy Vrystaatse kornuit, Ace Magashule, het voor die bewindsaanvaarding by ‘n Salga-kongres ‘n Zuma-stelling ge-ego en gedreig dat onbekwame en korrupte burgemeesters en munisipale bestuurders die trekpas gaan kry, en is uitgelag. Min het nog verander om die teendeel te demonstreer. Munisipale stakings, afgewissel met oproer teen power munisipale dienslewering, word met groeiende iesegrimmigheid deur die owerhede beantwoord namate die sokker – oor presies ‘n maand, nader kom. Eskom trek nog noustrop met kragvoorsiening en geoordeel na woongebiede wat nou al hoe gereelder sonder taal of tyding in die duister gelaat word, is beurtkrag stil-stil weer ingevoer. Misdaadvlakke, veral geweldsmisdaadvlakke, het skynbaar nou so nesgeskop dat dit nie oornag in die bek geruk gaan word nie. Die staat het die afgelope jaar in verskeie grondwetlike sake die onderspit gedelf, hoewel sommiges nog onder appèl is. Waarskynlik die grootste blaps van Zuma se nooiensjaar was om sy eens troue jeugleier, Julius Malema, tot kroonprins te salf. Pas het dié kapokhaan, wat eens gedreig het om te skiet ter wille van Zuma, na ‘n dissiplinêre verhoor tegnies op die monteerbaan beland het, weer openbare uitsprake van minagting teen Zuma gemaak. Zuma se versekerings aan die queen dat die ANC nie nasionaliseringsplanne het nie, is deur Malema weerspreek. Malama se rol in die hemelhoë vlakke van polarisasie in die land moet nie onderskat word nie. In die onlangse volkstaatdebat wat veral op die internet gewoed het, het Malema se rol soos taks opgeduik. Zuma het verder die onderskeiding dat die internasionale media groot gewag oor hom gemaak het. Ongelukkig, vir hom, was die nuuselemente wat die meeste internasionale blootstelling in groot koerante soos die New York Times gekry het, opmerkings van ‘n klein party dat Zuma se veelwywery die

Page 26: Die Belang Van Verso en Ing

land na die Donker Eeue terugsleep, en dat sy buite-egtelike kinders herinner aan ‘n Bill Clinton, Tiger Woods en Koning Henry VIII in een. Zuma het uiteindelik die bykans ondenkbare gespreek deur te sê alles wat verkeerd loop kan nie meer op apartheid se brood gesmeer word nie. Jimmy Manyi en ander het egter nie gehoor of verstaan nie. Sy bewind kan ten beste opgesom word as dat dit moeilik is om alles vir almal te wees. Sy veelgeroemde trieng-trieng om toeganklik vir die publiek se klagtes te wees kom volgens die jongste aanduidings met sowat een persent van die oproepe ontvang die mas op, en van dié sake wat opgevolg word, blyk bitter weinig die gewenste resultate op te lewer. Al wat met stelligheid gesê kan word is dat Zuma in sy bewindstyd goed daarin slaag om in die nuus te bly – al is dit dikwels vir die verkeerde redes. Herrie se kerrie: Juffrou de Kock die geheime wapen teen swak OG-verslae Herrie lees Vrystaat se berig oor die Ouditeur-generaal se verslag oor Dihlabeng se sake. Twee hoofpynpille en ‘n dosis Eno’s later is Herrie naastenby genoegsaam herstel om ‘n paar waardevolle voorstelle te doen. Herrie dink die spulletjie moet terug skool toe gaan. Nee, nie enige skool nie, en nie enige juffrou nie. Nee, sit hulle in een van daai skole teen die rante met ‘n kwaai skoolhoof, en gee vir Juffrou de Kock net volmag en ‘n lat, en Herrie meen volgende jaar verbeter Dihlabeng se verslag van die tweede laagste moontlike gradering na die heel boonste. Maar Herrie het ‘n spesmaas Juffrou de Kock is intussen seker al vir hoër diens opgeroep, want toe Herrie se pad met haar pad gekruis het – gekortsluit het is dalk ‘n beter uitdrukking – had Herrie se ouderdom skaars dubbelsyfers gehaal. Intussen staan Herrie al aan die regte kant van ‘n halfeeu. Of Juffrou de Kock met vandag se beperkings net so doeltreffend sou wees as destyds, weet Herrie nou nie. Nie net vreeslik streng nie, maar so sterk soos ...soos...’n Amasone. Sjoe, amper sit Herrie nou sy voet daarin...wou eers “soos ‘n bees” skryf, maar dit klink darem nie baie vroulik nie, en “koei” ...netnou is sy nog op die ondermaanse en dan moet Herrie ligloop. Maar presies hoe sterk, sien die klas die slag toe Vaatjie nie wou bly staan om klaar gelooi te word nie. Toe gryp Juffrou de Kock hom agter die nek en tel hom een hand op dat hy soos ‘n platanna aan ‘n haak blyk hang. En sy het nog haar regterarm los gehad om die looiwerk klaar te maak. Maar hoekom die ouditeur-generaal se verslag Herrie so aan Juffrou de Kock laat terugdink, is die bontpratery van die verantwoordelikes soos dat dit g’n eintlik so sleg is nie, ander doen slegter, en die OG is rasbevooroordeeld en so aan. So in die begin van die jaar probeer van Juffrou de Kock se nuwe rekrute ook daai een. Fout, GROOT fout. Nie dat mens die pikkies eintlik kon verkwalik nie. Hulle kom dan pas van Klaasvakie af, en vir Klaasvakie, die vorige jaar se onnie, kon mens bykans enigiets wysmaak. Na so ‘n eerste vergissing met Juffrou de Kock, dan weet jy dis maar op die tande kners, of jy moet ‘n baie goeie advokaat kry. ‘n Dapper een ook, want

Page 27: Die Belang Van Verso en Ing

met Juffrou de Kock wis mens net nooit. Sy sou heel waarskynlik blitsig tot die gevolgtrekking gekom het die advokaat wil kom stories maak... In kort, as die misipaal nog gedink het om na ‘n sessie met Juffrou de Kock SAMWU en SALGA op haar te sit... Nee, al verskil sou wees dit sou haar net ‘n rukkie langer neem as om haar klas deur te draf. En SAMWU en SALGA sou geweet het waarvan die Bybel skryf in daai deel van die geween en die gekners van tande... Sal die regte Suid-Afrika asseblief opstaan “Bloemfontein én platteland slaggereed vir WB.” So lui ‘n lokblokkie op Volksblad se voorblad. Ook op die voorblad gee die minister en kommissaris van polisie Suid-Afrikaners en die buiteland die versekering dat die polisie alles onder beheer het nadat ‘n groep regses aangekeer is wat glo met bonontploffings in swart woongebiede die sokker sou probeer ontwrig het. Volksblad se bekroonde rubriekskrywer, Gert Coetzee, het gister uitgewei oor hoe positief hy oor die komende toernooi is, en dat Suid-Afrika dit met groot sukses gaan aanbied. Terwyl daar positiewe tekens is, is daar ook vandag, Vrydag, lang ritse vullussakke op sommige Bloemfonteinse sypaadjies wat al Woensdag opgepik moes wees. Die vorige week, tydens die amptelike staking, is dit wel verwyder. Ook in vandag se Volksblad is ‘n foto en berig oor ‘n slaggat wat inwoners al rooi laat sien. Baie van die beoordeling dat alles tydens die toernooi vlot sal verloop, is gebaseer op die aannames dat alles tydens die aanbied van die wêreld-rugby en Krieket-toernooie vlot verloop het. Dit is om appels met pere te vergelyk. Die sokkertoernooi is, volgens genl. André Pruis 70 keer groter as die vorige twee saam. Tydens die krieket het genoeg sake ontspoor om ‘n eenvoudige stelling dat alles vlot verloop het, onder verdenking te plaas. Die afskakeling van aftastingtoerusting omdat die netwerke te stadig was wat moes kontroleer dat kaartjies nie vervals is nie, is een. ‘n Gekontrakteerde mediaskakelfirma wat nie iemand in diens gehad het wat die amptelike wedstrydmediaverslae vir die wêreldmedia kon opstel nie, is nog een. Uiteindelik is ‘n vrywilliger van ‘n ander firma gebruik. Dié het egter nie toegang gehad tot enige woordverwerker nie, en is boonop deur ‘n senior IKK-ampsbekleër uit die sigveld verwyder omdat hy dit in sy per uniform durf waag het om krieket te kyk. Die man moes toe agter die pawiljoen, soos ‘n blinde, die amptelike mediaverslae opstel, en na die wedstryd vervaard iemand soek om dit te tik. Ander vrywilligers het net soveel stories vertel wat die hare laat regop staan. Hoewel dit ondenkbaar is dat sulke blapse herhaal sal word, is dit tog kommerwekkend dat die volgende toernooi oneindig groter is. Verder was daar geen poging om inligting en voorstelle te bekom by die mense wat aan die kontakvlak van sake wat verkeerd geloop het, blootgestel was nie. Verskeie sake tydens die Konfederasiebeker, veral oor hoe misdaadsake hanteer is, het kommer gewek. Omdat die Konfederasie-beker met ‘n besoekende Leeu-toer saamgeval het, was dit ook moeilik om altyd te bepaal of misdaad met die rugby of sokker verband gehou het. Kort hierna het die Vrystaatse polisiekomissaris ‘n mediaverbod teen Volkblad en sy

Page 28: Die Belang Van Verso en Ing

gemeenskapskoerante ingestel. Dit is intussen opgehef, maar uit ‘n onlangse insident op die Lesothogrens lyk dit asof misdaad steeds selektief na die media gekommunikeer word. Die smoor van inligting oor misdaad aan die een kant, en die groot klok oor optredes teen regses laat dit ook klink of ‘n politieke filter as norm gebruik word, wat soos gebruiklik, die gevaar van polarisasie verhoog. Boonop lyk die kanse goed dat Vrystaat landbou se beplande hofsaak teen die regering oor gebrekkige beveiliging van burgers sal voortgaan. Van die vernaamste redes wat aangevoer word dat alles tydens die toernooi vlot gaan verloop, is dat die stadions betyds klaargebou is. Niemand sal stryd dat dit ‘n grootse poging geverg het nie. Vergeleke met die omvang van die toernooi, is die stadions net ‘n molshoop teen die berg. Wat meer kommerwekkend is, is in hoe ‘n mate die inhoud van die gasheerstad-ooreenkomste teen die bors gespeel word. Af en toe glip brokkies uit, soos die afstande van die stadion waar straatsmouse sake mag doen. Onlangs het dit via ‘n SABC-TV-nuusbulletin aan die lig gekom dat dit selfs boomplant- en vullisherwinningsaksies insluit om die sokker se koolstof-voetspoor teen te werk. Van besondere boomplantaksies, veral om met die sokker verband te hou, is nog min gesien. In Bloemfontein het die munisipaliteit vierkant vasgeskop teen planne van ‘n stedelike Bewarea om ‘n herwinningsaanleg in bedryf te stel. Hoeveel ander vereistes is daar in hierdie ooreenkomste waarvan die publiek nie kennis dra nie? Onafhanklike regbank Die jongste aankondiging oor wetswysigings en selfs ‘n grondwetlike aanpassing wat ten doel het om die regbank se onafhanklikheid te bestendig, is ‘n gesonde ontwikkeling. Die volledige prentjie moet nog ontvou, soos in hoe ‘n mate die regering voortaan sy stempel op die aanstelling van regters sal kan afdruk. As dit beduidend bly, beteken die onafhanklikheid in beginsel nie veel nie. Die nuutste verwikkelings is nietemin ‘n vars briesie nadat ‘n paar aanstellings in die regsomgewing die wenkbroue laat lig het. Die grondslae vir die trias politica om te verhinder dat die demokrasie in ‘n doodgewone diktatuur van die meerderheid ontwikkel, is al eeue lank deel van die Staatsreg-ontwikkeling, en ook die Politieke Wetenskap. Gedagtes oor die funksionering hiervan het oor tyd baie verander, en uiters komplekse fases beleef. In sy eenvoudigste vorm bied dit egter verskansing teen ‘n absolute regeervorm waar die koning of ander heerser tegelyk die wette maak, die administrasies beheer wat dit moet uitvoer, en ook as die hoogste hof dien. Deur die regeermagte te skei, word die tiran se magte beperk. Weens die tradisionele noue band tussen die wetgewende en uitvoerende gesag, verskil hierdie verhouding van die grootliks tegnokratiese en onafhanklike aard van die juridiese gesag en die regbank. Deurdat daar ‘n minister van Justisie is, en dié weer aan die president en die parlement verantwoording doen, spreek dit vanself dat spesiale maatreëls moet geld om die onafhanklikheid van die regbank te verseker. Dit vereis dat ook ander juridiese liggame soos dié van Openbare Vervolging, die Openbare

Page 29: Die Belang Van Verso en Ing

Beskermer en die Menseregtekommissie oor sterk onafhanklike kenmerke moet beskik. Deur blatant politieke aanstellings het instellings soos die Openbare Beskermer, die Menseregtekommissie en veral die Kommissie vir die Beskerming en die Bevordering van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe se onafhanklikheid gereeld erg onder skoot gekom. Wat laasgenoemde kommissie betref, het ‘n oud-kommissaris, dr. Christo Landman, pas weer ‘n verklaring uitgereik waarin in pynigende detail onthul word wat alles onpluis is, en die publiek so min van die werksaamhede van die kommissie verneem...want daar is in effek geen werksaamhede nie. Die Openbare Beskermer het reeds ‘n paar keer in die howe – wat genadiglik ‘n groter mate van onafhanklikheid behou het – bloedneus gekry. Nou kla die DA dat pres. Jacob Zuma hom in elk geval nie aan die stappe steur wat die Openbare Beskermer aan die hand doen oor Zuma se versuim om sy belange te verklaar nie. Die hoof van die vervolgingsgesag is ‘n uitgesproke voorstander daarvan dat sy funksie aan die minister verslag moet doen, en dit lyk asof sy uitval met die minister die beste verskansing hierteen bied. Uiteindelik staan die howe en die regbank as laaste bastion. Talle organisasies doen nog selde die moeite om hulle op instansies soos die Openbare Beskermer en die Menseregtekommissie te beroep, en wend hulle regstreeks na die howe. Dit kos geld en spesiale fondsinsamelings word gehou. En nou is daar darem ‘n vars briesie. Vrystaat – van modelrepubliek tot Free State Province Presies waar het sake in die Vrystaat verkeerd begin loop? Tot baie na-aan die aanbreek van die nuwe bedeling het die Vrystaat besonder goed gevaar in opnames, soos gesindheidsopnames deur die RGN. Die feit dat die vorige bedeling daarin geslaag het om taamlike hoë stempersentasies te verkry in die destydse hoogs omstrede swart munisipale verkiesings, is in ander provinsies afgemaak as “die ANC is nie juis in die Vrystaat teenwoordig nie” eerder as om toe te gee dat die Vrystaatse amptenary oor sekere kwaliteite beskik. Selfs ‘n groep jong belhamel-aanhangers van mev. Winnie Mandela, destyds by Brandfort ingeperk, is deur skoliere van ‘n skool waar hulle probeer onrus aangestig het terug tot by Mama Whetu se huis gejaag en afgeransel. Toe kom die verkiesing en die Vrystaat blyk een van die mees ANC-gesinde provinsies te wees. Voor die verkiesing was daar ook lastige insidente, soos die dekadelange gesloer met die goedkeuring van Senekal se verbypad, wat nou etlike dekades later steeds nie gebou is nie, en die omstrede mediese skandeerder-voorval waar ‘n reuse span LUK’s en aanhangsels oorsee is, amptelik om een uit te soek, maar waar die professor dit lank reeds gedoen het. Soos ‘n rubriekskrywer tussen die lyne gespot het: Hulle kon hoogstens die kleur gaan uitsoek. Teen die agtergrond wat deesdae die media haal, klink daardie insidente maar mak. ‘n Burgemeester is vermoor te midde van sterk aanduidings van faksiegevegte. In Bloemfontein moes die polisie taamlik hardhandig teen

Page 30: Die Belang Van Verso en Ing

SAMWU-betogers optree. Die betogers het onder meer spesiale Fifa-T-hemde wat hulle onlangs ontvang het, verbrand. Soos dit nou al te duidelik blyk: As iemand oor iets ontevrede is, moet hy net die komende sokkertoernooi as hefboom gebruik, al is dit net dreig om te gebruik, en hy het dadelik die regering se volle aandag, en is boonop bykans gewaarborg om ‘n stewige opstopper en bloedneus te kry. Die feit dat net 5 Vrystaat munisipaliteite onder administrasie is, is geen refleksie van verslae van die ouditeur-generaal, die Groen Druppel-verslae vir drinkwater en vir goed-funksionerende rioolplase nie, dit reflekteer ook nie die provinsies se padtoestande nie, en die gesondheidsdienste bly ongesond. Pas het dit aan die lig gekom dat die polisie ‘n internasionale skietinsident naby die Lesotho-grens verswyg het, wat sterk herinner aan die Midge Fergusson-insident waar ‘n buitelandse besoeker tydens die Konfed-toernooi vir dood deur rowers gelaat is, en die slagoffer in ‘n hospitaalbesoek van ‘n hoë polisieoffisier die indruk gekry het die polisie is meer oor die beeld-aspek van die saak begaan as dat die insident plaasgevind het. Dié voorval het ook bykans net die buitelandse media gehaal. In dieselfde tyd is ‘n vrou wat die roof van ‘n hangertjie vir versekeringsdoeleindes gerapporteer het deur ‘n histeriese stasiebevelvoerder gebel en uitgetrap omdat sy “petty crime” gerapporteer het. “n Mens rapporteer nie petty crime nie want dit laat ons syfers sleg lyk.” Die vrou se eie GPF het hom oor dié saak in ‘n muur vasgeloop. Kort hierna het die provinsiale kommissaris ‘n mediaverbod op Volksblad en sy gemeenskapskoerante geplaas. Hoewel dit opgehef is, ervaar ander publikasies effektief steeds ‘n mediaverbod. Die blote feit dat Skoor op nasionale vlak skynbaar op die punt staan om weer met ‘n arendsoog na die omstrede wapentransaksie te kyk, is afdoende bewys dat ‘n benadering tot volstruispolitiek oor die negatiewe, nie die negatiewe laat weggaan nie. Ongelukkig is die Vrystaat nie die uitsondering nie, en kan verskeie ander provinsies wat verskeie sake betref, die Vrystaat ‘n paar lesse kom leer om hoe om sake nie te hanteer nie. Dit is duidelik dat die ANC begin kriewelrig raak oor volgende jaar se munisipale verkiesing. Die gebrek aan leiding en die Malema-stert wat die ANC swaai, laat baie kiesers wat voorheen blind lojaal was nou met nuwe oë die saak betrag. Zuma se reaksie was soos te wagte is flou. Die kiesers is, volgens hom, onder ‘n morele verpligting om vir die ANC te stem. “Moreel” en “moraliteit” is sulke vloeibare sake, die president wil ‘n openbare debat hieroor laat voer om dit opnuut te begrens. Eens het Nero musiek gemaak terwyl Rome brand. Volksblad vra ook vandag die vraag reguit of Zuma na sy eie beplanningskommissie gaan luister. Of gaan iemand anders weer die skuld kry? Dit behoef ook geen profeet om te weet wie die sondebokke gemaak gaan word nie. Met ‘n vorige reeks munisipale oproere deur die Vrystaat het ‘n Vrystaatse LUR, wat weens haar omstrede optredes wat sy self luid aangekondig het die bynaam “Hooterbek” by haar kollegas gekry het, die blaam vir die oproer op opposisiepartye se navorsers geplaas wat die tekortkominge en wanpraktyke onder die kiesers se aandag sou gebring het.

Page 31: Die Belang Van Verso en Ing

Die begrotings is hierna so ingeperk dat die opposisiepartye effektief sonder navorsers gelaat is. Nou moet die fout meer generies gesoek word. Miskien het Sasco met gister se aanhef van die liedjie, “Maak dood die Boere” in Kovsies se studenteparlement die antwoord verskaf oor wie te blameer is. ‘n Mens kan maar net bid dat dit ‘n jeugdige sotheid was, en dat die ANC ook hier nie net lippediens gaan wys nie. Mediavryheid en Suid-Afrika Gister is mediavryheidsdag wêreldwyd gevier. Met 9 joernaliste vermoor en bykans 200 in aanhouding, is dit duidelik dat mediavryheid nie oral in die wêreld op ‘n aanvaarbare vlak is nie. ‘n Verdere onheilspellende aspek is dat daar ook reeds meer as ‘n duisend internetskrywers agter tralies is. Oor presies waar die grens tussen persvryheid en die regte van ander lê, sal nog lank gedebatteer word. Dat korrupsie en magsvergrype, onbevoegde regering en diktatoriale neigings nie op verskansing teen persvryheid geregtig behoort te wees nie, is vanselfsprekend. Die kwessie raak moeiliker as nasionale veiligheidsbelange ter sprake kom. Die lesers en luisteraars is op ‘n media geregtig wat die waarheid verkondig. In Utopia sou dinge stellig baie anders uitgesien het as die brak kolle wat nou nie net persvryheid kenmerk nie, maar ook dikwels die blatante skeeftrek wat soms in die media plaasvind – hetsy deur blatante en boonop amateuragtige regeringspropaganda, joernaliste en mediabase met eie agendas, dikwels politieke agendas, en dan gewone onbeholpenheid wat weer dikwels na onervarendheid of lae kwaliteit aanstellings veroorsaak word. Veral die gedrukte pers gaan onder gelddruk gebuk, en om topkwaliteit joernaliste aan te stel of in diens te hou is dikwels moeilik. In Suid-Afrika word sake verder gekompliseer deur wetlike kwotavereistes. Nuusmedia het gister ‘n berig uitgesaai waarvan die herkoms aan Verslaggewers Sonder Grense toegedig is, waarin Suid-Afrika in die besonder geloof word. Volgens die berig beklee Suid-Afrika nou ‘n verbeterde posisie op die internasionale persvryheidsindeks. ‘n Deeglike bestudering van die organisasie se webwerf bring nie so ‘n verklaring aan die lig nie. Suid-Afrika beklee steeds die 33ste posisie, met die nuwe indeks wat binnekort verwag word. Op hierdie indeks het Suid-Afrika die afgelope aantal jare taamlik die kreeftegang gegaan nadat Suid-Afrika in ‘n stadium die mees persvrye land op die kontinent is. Dit is lank nie meer die geval nie. Die positiewe berig is vermoedelik saamgestel deur ‘n joernalius wat nie opgelet het dat hy baie ou data van die webwerf haal nie. Wat wel gister gepubliseer is, is die media-preditatore-lys – dit wil sê die 40 lande of organisasies wat die negatiefste op persvryheid inwerk. Suid-Afrika is nie op hierdie lys nie, maar so eenvoudig is dit ook nie. Onder die lande wie se regeringshoofde wel op die lys is, tel lande soos Swaziland, Zimbabwe, Kuba en Tunisië. Dit is moeilik om te dink dat enige land wat oor sy beeld en reputasie bekommerd sal wees, so baie vriende op ‘n muishondlys sal gaan maak soos Suid-Afrika. Onlangs nog is op TV groot gewag gemaak oor die opskerp van betrekkinge met Tunisië. As Suid-Afrikaners gedink het Verslaggewers Sonder Grense het die ANC se versuim om Julius Malema se sangtalent in die bek te ruk, misgekyk, het hulle

Page 32: Die Belang Van Verso en Ing

dit mis. Die volgende sin kom voor in ‘n brief van VSG se Afrikalessenaar, Ambroise Pierre, aan ‘n bekommerde Suid-Afrikaner: “We followed the Malema

incident and took good note of it.”

Die les is eenvoudig: Die ANC is internasionaal nie meer die onaantasbare engeltjies wat hulle geglo het hulle is nie. Pierre gaan voort om ‘n behoorlike bespreking oor die persvryheidsituasie in Suid-Afrika aan te vra. Uit Suid-Afrikaanse joernalistieke geledere is gister ook gekla oor viktimisasie waaraan hulle onderwerp word. Kameras wat afgeneem en die inhoud gewis is, het nie ongesiens verbygegaan nie. Dit neem egter nie die feit weg dat daar ‘n groot behoefte is om nuuswerk in Suid-Afrika se kwaliteit te verhoog nie. Laat dit dadelik duidelik gemaak word dat daar knap, bitter knap joernaliste in Suid-Afrika is. Hul grootste struikelblokke is dikwels hoofde wat niks anders as Politieke Kom as Narre is nie. Tog is daar kommer: Hoe gebeur dit dat ‘n baie groot Afrikaanse koerant skaars ‘n week na ‘n landdros opdrag aan die media en politici gegee het om nie hofverrigtinge vooruit te loop en die aangeklaagdes vooruit skuldig te bevind nie, ‘n lesersbrief kan plaas waarin na die beskuldigdes as misdadigers verwys word? Die bekende en dikwels omstrede prof. George Claassen, het onlangs in ‘n radio-onderhoud toegegee dat wetenskapverslaggewing in Suid-Afrika nog werklik veel te wense oorlaat. Die kundigheid in hierdie spesialisveld ontbreek gewoon. Al vaar Suid-Afrika nog goed in die sin dat die begraafplase en tronke nie vol joernaliste is nie, is daar ruimte vir verbetering. April 2010 Groepdenke In reaksie op ‘n rubriek van Leopold Scholtz in Die Burger As deel van die opleiding as verhoudingsbeampte en ervaring hierna is onder meer geleer dat selfs die interkulturele kommunikasie met die beste bedoelings, op die sinkplaatpad gaan beland as dit nie horisontaal gaan geskied nie. Paternalisme in hierdie kommunikasie is die dood in die pot daarvan. Of tussengroepkommunikasie sondermeer op interkulturele kommunikasie van toepassing gemaak moet word, hang af wat onder “groep” bedoel word. Ek self het nooit oorweeg om Mighty Men-konferensies by te woon nie, omdat ek nie graag belangrike goed sonder vroulief bywoon nie, al behoort ek tot die “groep,” mans. . Ons jongste is gestremd, en dit is voortdurend ‘n stryd om die regte van die groep waarvan hy deel uitmaak, te laat realiseer. Die werksgeleenthede van sy pa, ‘n wit, manlike Afrikaanssprekende het ‘n veel groter invloed op hom as die verbod op onbillike diskriminasie teen hom weens sy gestremdheid. Ek het ‘n kleintjie dood aan feministe wat skynbaar net tevrede sal wees as hulle meer gelyk as mans is. Ongelukkig is groepdenke in Suid-Afrika gewoonlik tot die vlak van ras gereduseer. Meningspeilings (ook Nielsen s’n op Media 24 se argief toe ek laas gekyk het) gebruik ras as norm. Probeer ‘n bietjie nvt in die rasblokkie tik en kyk of jy verder kan vorder.

Page 33: Die Belang Van Verso en Ing

Volkeregtelik is ras egter nie ‘n erkende norm vir volk nie – ook nie volgens my woordeboeke nie. Dit is egter skynbaar die grondslag waarvolgens verreweg die meeste Suid-Afrikaners hul groepregte of -identiteit wil uitdruk, en het die land skynbaar nou meer rasgebaseerde wette as in die apartheidsdae. “Affirmative action” het lank nie meer dieselfde bedoeling as regstellende aksie nie, en wetlik gaan dit oor hoofsaaklik raskwotas, en wanneer die kwotas behaal word, doodgewoon die aanstelling van “aangewese groep”-mense, sodat munisipaliteite soos dié by Bethlehem en die Vrystaatse Wetgewer in die orde van 95 % swart personeel het. Is groepdenke altyd verkeerd? Soos om in dele van Duitsland padpredikante in die tale van minderheidsgemeenskappe aan te bring? Of is die Indiese grondwet verkeerd omdat dit voorsiening maak vir deelstate volgens etniese gronde (taal, nie ras nie), om intergroepkonflik te verhinder, en juis daarom nog ‘n verdere deelstaat oorweeg word en reeds aangekondig is? Is die volkereg verkeerd? Is die Europese Unie se voorwaardes oor selfbeskikking vir minderhede soos die Baske verkeerd? Moet die Vlaminge en die Franstaliges in België onbepaald ‘n staat deel al wil hulle nie? Was die impak van die Europese grondwet om die assimilasiedruk op Turkye se Koerde te verlig verkeerd? Die realiteit van middelpuntvliedende en middelpuntsoekende kragte in ‘n omgewing gaan bepaal watter staatkundige opsie die beste oplossings gaan bied. ‘n Ongelyke, en nog minder neerhalende houding, gaan dit nie doen nie. Soos ek verstaan is die meerderwaardigheidshouding van die Franstalige Belge, wat met miljarde euro’s deur die Vlaminge gesubsidieer word, een van die hoofredes hoekom baie Vlaminge hul goed wil pak, en met Vlaandere en al wil loop. (Die regering het pas geval, deels weens die taaltwis in die omgewing van Brussel). Die skynbare meerderwardigheidshouding van mense wat ‘n verengelingsopsie vir die US voorstaan, meen ek dra baie by tot die rug-styfmakery van die “neo-konserwatiewes.”

Einde van België? Liberale aan weerskante van die taalverdeling word geblameer vir die jongste krisis van die Belgiese regering. Die Belgiese premier, Ywes Leterne, van die Vlaamse Christen-demokratiese Party (CD & V), het sy regering se bedanking by koning Albert II aangebied. Die CD & V het ‘n spesiale, kort verklaring uitreik om te verduidelik dat dié party alles in sy vermoë gedoen het om die leisels met onderhandelinge bymekaar te hou, maar dat die liberale dit onmoontlik gemaak het. Die twis hou verband met die taalstryd in die omgewing van Brussel, die tweetalige hoofstad. ‘n Vlaamse nasionalistiese party, Nieuw-Vlaamse Alliantie (N-VA), is op die oomblik besig om in peilings veld te wen. Die leier, Bart De Wever, verwys al ‘n geruime tyd na België as staat as iets van die verlede. Volgens hom bestaan België nog net in naam. Wever, wat met ‘n Nederlandse vrou getroud is, voorsien egter nie dat ‘n onafhanklike Vlaamse staat by Nederland sal aansluit nie. Terwyl verwag sal word dat baie, veral Franstaliges, hard sal veg om België as staat te laat voortbestaan aangesien die welvarender Vlaandere die

Page 34: Die Belang Van Verso en Ing

Franstalige Wallonië jaarliks met miljarde Euro’s subsidieer, is dit duidelik dat die Franstalige liberale hul eie saak nou geen guns bewys het nie. Die Vlaminge se draad is skynbaar op met die platsak Walloniërs se meerderwaardige ingesteldheid. Indien die regering se bedanking aanvaar word, beteken dit dat Nederland en België se regerings kort na mekaar tot ‘n val gekom het. Die redes waarom dit gebeur het is egter heeltemal verskillend. In Nederland het die voortgesette teenwoordigheid in Afganistan as deel van die Navo-magte die Partij van de Arbeid uit die regering laat stap. Indien dit sou blyk dat België nou as staat gaan ophou bestaan, kan dit egter skielik ‘n groot invloed op die Nederlandse verkiesing hê. Hoewel die kwessie van eenwording met Vlaandere in die Nederlandse nasionale politiek nie ‘n sterk saak is nie, is provinsies soos Limburg en Brabant met die totstandkoming van Nederland en België ongeveer middeldeur gesny. Die inwoners van hierdie provinsies met hul eie dialekte het volgens sommige bronne sterker bande met hul provinsiale bure oorkant die nasionale grens as met hul nasionale regerings. Dit kan skielik ‘n kwessie word. Skrik vir die waarheid Gister reik ‘n klein politieke party ‘n nuusverklaring uit waarin ontsteltenis uitgespreek word oor die meer as 700 mense wat sedert Eugene Terre’Blanche se moord, reeds in Suid-Afrika vermoor is, en skaars ‘n rimpeling veroorsaak het. Die verklaring was skaars uit, of ‘n groot nuusverspreidingsinstansie bel die partyleier verbaas om te verneem waar dié syfer bekom is. Die antwoord is doodgewoon dat die polisie se statistieke gebruik is om die berekening te doen. Daar was g’n sensasionele bedoeling of opgeblase feite nie. Die hartseer is dat die syfer moontlik hoër kan wees, aangesien verskeie instansies, soos die Mediese Navorsingsraad, meen die polisie se syfers is laer as die werklikheid. Die verdere hartseer is dat selfs mense wat daagliks met moordsyfers werk, geskok is as die daaglikse moordsyfer van bietjie meer as vyftig per dag vir ‘n paar weke bymekaar getel word. Op dieselfde dag het ANC in die parlement die skuld vir plaasaanvalle op die boere geplaas. Hier is egter wild met syfers omgegaan. Soos een dit uitgedruk het – die boere – eintlik ‘n groot deel van die Suid-Afrikaanse bevolking – maak ‘n groot bohaai as ‘n boer of sy gesinslede vermoor of aangerand word, maar daar is geen ophef as ‘n werker vir leeus gevoer word nie. Hoe lyk die werklikheid? Volgens Agri SA se statistieke wat tot die jongste ANC-reaksie gelei het is 1 804 boere die afgelope 18 jaar in 11 785 plaasaanvalle vermoor. Ander instansies skat die syfer nader aan 3 000 sedert 1994. Nie almal wat tydens plaasaanvalle vermoor is, was immers die boer nie. Verskeie gevalle het voorgekom waar dit die boervrou was, of kinders, of soms meer lede van dieselfde gesin. Hoeveel plaaswerkers is in dieselfde tyd vir leeus gevoer? Die geval waarna verwys word is vermoedelik die geval waar na appèl bevind is die plaaswerker was reeds dood toe die blanke – ‘n deeltydse boer – gehelp het om die lyk vir

Page 35: Die Belang Van Verso en Ing

leeus te voer. Daar is geen aanduiding dat die man teenwoordig was toe die oorledene dood is nie. Tydens die aanvanklike verhoor was daar daagliks groot betogings, en reuse mediadekking deur die SABC. Om te sê daar was geen ophef nie, is gewoon ‘n leuen. Dit neem nie weg dat daar wel boere is wie se optrede skietgoed verskaf aan politici wat die boere as die skurke van die verhaal wil maak nie. Die enkele verhore wat voortspruit word wel deeglik deur georkestreerde betogings goed onder die aandag gebring. Al die landbou-unies is gevoelig hieroor, en almal wend pogings aan om dit te probeer voorkom. Agri Wes-Kaap, wat weens uitvoere baie afhanklik van buitelandse menings is, het met die Wes-Kaapse Landboudepartement, toe nog deur die ANC beheer, saamgewerk om die gevalle op te spoor en behoorlik te ondersoek. In ses maande is meer as 80 beweerde gevalle ondersoek, drie het in die hof beland, en selfs die gevalle wat hof toe gegaan het is as mites uitgewys. Die werklike probleem is dat ‘n rits Nie-regeringsorganisasies bestaan wat geld ontvang, onder meer van Cosatu, maar ook uit die buiteland, om sulke gevalle te soek, en dan om te kan bestaan, blykbaar dikwels fabriseer. ‘n Bekende geval was dié waarop die destydse minister, Lulu Xinwana, haar mond so op Kerkplein uitgespoel is. Toe dit blyk die Onafhanklike Klagtedirektoraat het dit as ‘n gekookte spulletjie uitgewys, het dit boonop aan die lig gekom dié verslag is ses maande tevore reeds aan die regering oorhandig. Ook ‘n vorige Vrystaatse premier, Winkie Direko, het ‘n peperduur ondersoek laat doen, met groot fanfare in die Bloemfonteinse stadsaal waarheen mense op staatskoste van heinde en verre aangery is. Toe dié ondersoek dadels oplewer, is die verslag nooit bekend gemaak nie. Hierdie ondersoek was moontlik ‘n aksie om haar politieke lewe te red na sy by die bekendstelling van die laaste sensus wêreldwyd die nuus gehaal het, toe sy na ‘n besoek aan die toneel van ‘n plaasaanval by Senekal gesê het die polisie moet plaasmoordenaars skiet voor hulle toegesluit word. Sy het dit later ontken. (Die uwe was teenwoordig en kan bevestig dat sy dit wel gesê het). Hoe erg is plaasmoorde werklik? Die Suid-Afrikaanse moordkoers wat die ontsteltenis veroorsaak het van meer as 700 moorde sedert die moord op Eugene Terre’Blanche, is volgens die polisie se statistieke ‘n koers van ongeveer 40 per 100 000 per jaar. Die wêreldkoers is 5 per 100 000 per jaar. Die moordkoers van bruin mans in die Wes-Kaap, 90 per 100 000 per jaar, is amptelik die hoogste koers vir ‘n identifiseerbare groep in die wêreld. Dit word grootliks aan bendebedrywighede toegeskryf. Interpol bereken egter die moordkoers onder boere in Suid-Afrika in die orde van 300 per jaar. Dat daar skynbaar minder boere vermoor word, is te danke daaraan dat daar nie naastenby ‘n 100 000 kommersiële boere in Suid-Afrika is nie. Dit neem egter niks weg van die feit dat dit geen roem vir Suid-Afrika is om met die onderskeiding spog dat dit die titel van die wêreld se moord-hoofsetel by sy bestaande titel van die wêreld se verkragtinghoofsetel gevoeg het nie. Boonop staan die hoogste en tweede hoogste syfers vir identifiseerbare groepe ook agter Suid-Afrika se naam. En die ANC blameer die boere.

Page 36: Die Belang Van Verso en Ing

Waarskynlik moet die mense wat in veiligheidskomplekse vermoor, en hul gesinslede verkrag word, ook die rede by hulself soek. Dit is skandalig. Hlope se saak en Komphela se politieke inmenging in sport kopsorg Volgens berigte oor die Hooggeregshofuitstpraak dat die Regterlike Dienstekommissie grondwetlik kleigetrap het deur die Wes-Kaapse Premier nie meer volledig by die Hlope-sage te betrek nie, het die RDK nie net grondwetlik gefaal nie, maar ‘n baie elementêre blaps begaan deur die besluit te neem sonder dat ‘n kworum van lede teenwoordig was. Met die sogenaamde Hoofstuk-9 grondwelike liggame, soos die Openbare Beskermer en Menseregtekommissie wat na berig word die een na die ander vasval – met die Kommissie vir Geslagsgelykheid die jongste – beroep mense en instansies hul algaande meer en meer op die Howe om die staat te dwing om sy grondwetlike pligte na te kom. Nou faal die Regterlike Dienstekommissie in sy eie sake. Die een blaps ‘n grondwetlike fout, en die ander iets wat op junior vlak in vergaderingsprosedures geleer word. Selfs Trompie het geweet om sy Boksembende te tel voor vergaderings begin is. Dit is ongelukkig tekens van ‘n piesangrepubliek. Pas is ook berig dat verskeie rugbybase parlement toe ontbied is nadat die hoogs omstrede voorsitter van die Portefeuljekomitee vir Sport kommer uitgespreek het oor speeloppervlaktes waarop sommige Fifa-wedstryde binnekort gespeel moet word. Dit is al talle kere uitgewys dat Fifa se grondwet, soos dié van die IOK en die meeste ander internasionale sportkodes, politieke inmenging in hul sportkodes verbied. Fifa het boonop die reputasie dat dit die daad by die woord voeg, en lande soos Griekeland, Iran en Kenia is al hieroor geskors, met lande soos Brasilië en Nigerië wat net betyds kopgegee het. Met die reeds veel minder oorsese besoekers wat verwag word, gepaardgaande met slegte publisiteit oor nasionaliseringspraatjies en Julius Malema se sangtalent wat polarisasie tot kookpunt gedryf het, het die land werklik nie nodig om die pot verder te roer nie. Komphela, soos enige ander landsburger, het die reg om sy kommer uit te spreek. Daar is egter sportstrukture wat hierna kan, en behoort om te sien. Hy verkies egter om die pad te loop waar die staat onregmatig op die burgerlike sfeer ingryp. Het die regering nog ‘n reputasie gehad van ordentlike selfbestuur gehad, was dit dalk nog ‘n ander saak, maar te veel sportsoorte het danksy effektiewe regeringsoorname in ‘n soortgelyke moeras as munisipale regering en verskeie provinsiale en staatsdepartemente beland, met groot verleenthede by onder meer die Olimpiese Spele. (Die volgende artikel pas nie werklik hier nie, maar is ingevoeg weens die ooreenkomste wat sommiges tussen Suid-Afrika en die ou Israeliete tref) Die Bybel en staatkunde met die fokus op die periode tussen die Ou en Nuwe Testamente Beide die Ou en Nuwe Testamente het talle voorbeelde en beginsels oor die staatkunde. Dit sluit voorbeelde van regeervorme in, soos teokratiese

Page 37: Die Belang Van Verso en Ing

regering (deur die Rigters), monargies, imperialisme, nasionalisme, oorloë en diplomasie. Een van die mooi voorbeelde van staatkunde uit die Ou Testament spruit uit die optrede van Koning Dawid om Israel as staat te bestendig. Die staat wat Dawid by Saul oorgeneem het, was ‘n behoorlike tameletjie. Sedert die Israelse vestiging in die Beloofde Land, dwarsdeur die rigterstydperk en die koningskap van Saul, was daar nie net verskeie kolle nie-Israelse bevolkings, soos die Filistyne nie, maar Israel self het geen hegte eenheid gevorm nie. In die noordelike deel van die land het die noordelike alliansie feitlik los van die suidelike stamme hul gang gegaan. Die Here het op ‘n unieke manier gesorg. Een van die nie-Israelse kolle was die Jebusiete, van Jebus, die hedendaagse Jerusalem. Dawid het Jebus, wat taamlik sentraal tussen die Noordelike Alliansie en die Suidelike stamme gestaan het, verower, en as neutrale hoofstad met ‘n spesiale status ingerig. Dit herinner sterk aan die moderne praktyke waar state in federasies opgaan en hoofstede selfs vanuit die stof op neutrale (federale) grondgebied opgerig word, soos Camberra en Brasila, maar met Washington DC en Toronto wat soortgelyk tot hoofstede gekies en ontwikkel het. Op die oog af stap die Bybel van die geskiedenis af voor die opkoms van Alexander die Grote, en kry in Jesus se tyd ‘n voortsetting toe die Romeine in beheer was. In Jesus se tyd het die Jode, Jesus ingesluit, hoofsaaklik Aramees en nie Hebreeus nie gepraat. Duidelik het daar baie gebeur in hierdie sowat 400 jaar waaroor die Bybel skynbaar swyg. Om daardie 400 te verstaan, is dit nodig om die verhaal tot 539 vC terug te voer. Dit was toe Babilon deur die Perse verower is. Ongeveer ‘n 100 jaar later, van 538 tot 445 vC het ‘n groot groep Jode na die Heilige land teruggekeer. Die terugkeer was die gevolg van ‘n nuwe benadering tot staatsmanskap deur die Perse, wat lojaliteit probeer bewerkstellig het deur volke groter mate van godsdiensvryheid en selfs terugkeer na hul lande van herkoms gebied het. Dit het in teenstelling gestaan met die Babiloniese assimilasiebeleid gestaan. Onder die Perse het die Jode ‘n groot mate van outonomie gehad, maar het deel van die Persiese Ryk gevorm. Dit moet vermeld word dat die Babiloniërs egter ook aanvanklik ‘n stelsel van onderhorige state verkies het. Opstande en staatsgrepe het egter weerwraak tot gevolg gehad en in 578 vC is Jerusalem ingeneem en ‘n tweede groep is in ballingskap weggevoer. Nog steeds was daar egter genoeg Jode in die Heilige land om selfregering toe te pas, maar in ongeveer 586 is Gedalia, wat namens die Babiloniërs geregeer het, deur ekstremiste vermoor. Baie Joodse families, wat toe weerwraak van die Babiloniërs gevrees het, het na Egipte in diaspora gegaan, en onder meer die bekende Joodse nedersetting op die Elephantine-eiland in die Nyl in die suide van Egipte gevorm. In die jare 332 tot 331 vC is Palestina deur die magte van Alexander die Grote oorwin, en het deel van die Hellenistiese wêreld geword. Hoewel Alexander hierdeur ‘n taal verskaf het (al was hy self ‘n Macedoniër) wat lank en genoegsaam as universele taal gedien het om later die verspreiding van die Evangelie moontlik te maak, het die Hellenistiese tydperk geen stabiliteit gebring nie. Na Alexander se vroeë dood in 323 vC is die wêreldryk tussen sy generaals verdeel wat die oorerflike troonopvolgers eenkant geskuif het. Palestina het

Page 38: Die Belang Van Verso en Ing

aanvanklik deel uitgemaak van die ryk van die Ptolemiërs wat in Egipte gesetel was. Palestina was egter bestem om die strydperk te word van die Selesudiërs wat in Sirië gesetel was. In een van die oorloë om die besit van Palestina, in 217 vC, het beide magte onder meer van olifante gebruik gemaak. Die Ptolemiërs het weer die beste daarvan afgekom. In die jare 201 tot 198 het Palestina egter finaal onder die beheer van die Selusiede gekom, en het Antiochus III sy mag oor Palestina uitgebrei. Antiochus en sy opvolgers het die inwoners doelbewus begin vergrieks, deur onder meer die bou van Griekse stadstate, soos Philidelphia en Pella, en wat gelei het tot die latere bekende Dekapolis (tien stede). Intussen het baie Jade steeds in diaspore gegaan, veral na Egipte in die hande van die Ptolomiërs. Onder Antiochus IV is die proses van vergrieksing verskerp. Dit is deels teweeg gebring deur die advies van Jode wat sterk vergrieks het. Volgens baie navorsers dateer die boek Daniël ook uit hierdie tyd. Die gedagtegang was dat die skrywers met die Jode wou kommunikeer, maar weens die onderdrukking van die Joodse kultuur en nasionalisme, moes dit in kodetaal geskied. Terwyl die Daniël skynbaar na die tyd van die Babiloniese ballingskap verwys is genoeg feitefoute gelaat dat die Jode, wat goed met die feite van die ballingskap vertroud was, anders as die Griekse heersers sou weet wat die boodskap was wat die Joodse leiers werklik deurgegee het. Breedweg was dit praktyk onder Antiochus om jong leiers te identifiseer en hulle uit hul omgewing te neem, en deur spesiale onderrig met die Griekse kultuur en administrasie vertroud te maak. Die Babiloniërs, wat Daniël en sy vriende aan so ‘n proses sou onderwerp het, het dit nie gehad nie. Die gekodifiseerde boodskap was dus duidelik: Moenie vergrieks en van die Joodse weë aflei nie. In 167 het die Makkabese opstand begin. Teen 163 vC het Judas, wat aanvanklik ‘n Joodse gebied vanuit die Judease wildernis begin bou het, al tot by Joppe aan die kus gevorder. Hier het hy wraak geneem op Jode wat mede-Jode verdrink het om witvoetjie by die Grieke te soek. Teen 162 het Judas reeds baie Joodse grondgebied verower, maar nie kusgebied nie, en in baie ooreenstemming met die tyd na Israel se onafhanklikheid, was Jerusalem toe ook ‘n verdeelde stad, met die helfte in die hande van die pro-Griekse elemente. Teen 141 vC was die hele stad egter reeds in die hande van die Makkabeërs. Hoewel die Grieke in ‘n stadium die Joodse staat, toe onder die leiding van Jonathan, erken het, is die skyn volgehou dat dit ‘n Griekse vasalstaat was, wat voortdurend tot konflik gelei het. In 143 tot 142 vC het die Tryphon deur ‘n daad van verraad Jonathan, wat hy gemeen het te onafhanklik geword het. gevange geneem, maar Simon het gewoon sy voorgangers se werk voortgesit. In een verslag word gemeld dat hy ‘n veldslag met 20 000 man aangepak het. Judea het in 142 vC, onder die leiding van Simon, formeel onafhanklik geword toe Demetrius II onafhanklikheid toegestaan het. Dit was weer die gevolg van Simon, in reaksie op die verraad van Tryphon, ‘n bondgenootskap met Tryphon se opponent, Demetrius gesluit het. Die stryd om uitbreiding het egter onverpoosd voortgeduur. Johannes Hyrcanus, wat lank oor die Joodse staat geregeer het, het ‘n welvarende koninkryk nagelaat, maar dit word vermeld dat daar teen die

Page 39: Die Belang Van Verso en Ing

einde van sy heerskappy reeds kwaai stryd tussen die Fariseërs en Sadduseërs was. Uit Hyrcanus se bewindstyd blyk dit ook reeds hoe diep die verskille tussen Jode en Samaritane was. Die Samaritane moes met ‘n veldslag ingelyf word, maar het hulle teen ver-Joodsing verset. Ironies was die stad Samaria destyds deel van ‘n reeks Griekse stede, en nie Samaritaans nie. Die laaste werklike Joodse koning, Janneus, het in 76 vC gesterf, en toe die Romeine Jerusalem in 63 vC beleër het, was Ibabod reeds oor hierdie Joodse staat geskryf. Die Romeine het bloot die beleëring van die stad by een van Janneus se seuns oorgeneem, wat die stad wat in sy broer se besit was, probeer oorneem het. Toe die stad, op ‘n Sabbatsdag, ingeval is, het 12 000 mense na berig word gesterf. Pompeius het hierna ‘n Joodse staat geskep wat moeilik weer sterk sou kon word, met Galilea in die noorde, geskei van Judea in die suide nie net deur ‘n Samaritaanse gebied nie, maar ook die Griekse stede met ‘n groot mate van outonomie, die Dekapolis. Hoewel die staatkunde ingrypend verander is teen die einde van Herodus se heerskappy, het baie van die geografiese faktore nog in Jesus se tyd gegeld. Om van Galilea na Jerusalem te reis, moes noodwendig oor nie-Joodse grondgebied gereis word. Opsommend kan dit gestel word dat die Heilige Land destyds moeilik ‘n groot genoeg bevolking kon huisves om ‘n sterk genoeg mag te verseker wat teen die strydende magte van Mesopotamië en Egipte staande kon bly. Bronne meld dan ook dat die land reeds vroeg na die Griekse besetting nie die bevolking kon voed nie, en deels tot die destydse diaspora bygedra het. Die gebied het dus dikwels as slagveld gedien, en die Israelse konings se regeerkuns het dikwels bestaan uit ‘n balanseertoertjie tussen die strydende magte. Soms is verkeerd geoordeel, en het die Israeliete swaar weerwraak op die lyf geloop. Die Makkabeërs se Joodse staat het ook grootliks moontlik geraak deur die magstryd tussen die strydende Griekse bewinde in Sirië en Egipte, en ander onderlinge stryde. Die boek Daniël is vermoedelik nie die enigste kodeskrif wat op die oog af na die Babiloniese ballingskap verwys, maar in werklikheid teen die vergrieksing van veral Antiochus IV gemik was nie. Onder die apokriewe boeke gee die boek Barak duidelike riglyne oor hoe die godsdiensbelange in Jerusalem deur allerlei bydraes van die Jode gesteun moet word. Behoort hierdie geskiedenis eintlik deel van die Bybel uit te maak? Waarskynlik nie. Moet ons lesse hieruit neem, en indien wel, watter lesse? Ten eerste kan staatkundige lesse hieruit nie los geneem word van ander lesse in die Bybel nie. Dat die boek Daniël as kodeskrif sy weg na die Bybel gevind het, kan deur sommige vertolk word as ‘n aanduiding van waar die grens lê tussen blindelings aan die keiser gee wat die keiser toekom, en aktiewe handeling om ‘n regering daar te stel wat binne die perke van sy menslike swakhede God se wil probeer doen. Aardse ryke kom en gaan. Die Koninkryk van God word uitgebrei, ongeag die teenspoed, en selfs wrede vervolging. Die laaste ding wat die Grieke wou doen was om ‘n universele taal bekend te stel waarmee die Evangelie

Page 40: Die Belang Van Verso en Ing

versprei kon word. Die laaste ding wat die Romeine wou doen was om paaie te bou waarlangs die Evangelie versprei is. Die laaste ding wat die keisers wou doen met die vervolging van Christene was om hulle uit hul gemaksones in die stede te dwing en na die uithoeke van die wêreld te dwing waar hulle die Evangelie gaan versprei het. Miskien het die Makkabeërs ‘n te sterk Joodse nasionalisme, gebou op die Joodse godsdiens, gebou dat hulle nie vatbaar was vir die Evangelie nie – opsluit ook ‘n Messias wou hê wat die aardse Joodse staat ten alle koste moet herstel. Dit is insiggewend dat die heidense Romeinse ryk self gekersten is, en dat die Bisantynse ryk lank oor die gebied regeer het wat die Heilige Land insluit. Die Here het beskik dat dit in die hand van die Islam moes val. Hierna is by geleentheid ‘n Kruisvaarderkoninkryk geskep wat ongeveer ‘n 100 jaar bestaan het. Die Here het beskik dat dit moes ondergaan. Wat ons wel weet is dat die Here van ons verwag om dit wat aan ons toevertrou word, te regeer as Ligdraers. Ons is immers nie net Christene in die kerk nie, maar ook in die gesin, die werkplek, die parlement... Die kom en gaan van ryke beteken nie ons kan maar net sowel ons lampies onder die maatemmer gaan wegsteek nie. Afrikaans se amptelike status In die grondwet word verklaar dat Suid-Afrika elf amptelike tale het. In die praktyk is al elf amptelike tale gelyk solank as wat Engels as die oorheersende hooftaal gebruik word. Met die aanvaarding van die elf amptelike tale het skeptici gesê dit was ‘n truuk van die ANC om deur die onwerkbaarheid van soveel amptelike tale uiteindelik net een taal te hê, naamlik Engels. Cachalia en ander, skryf ook in hul akademiese handleiding, Fundamental rights in the new constitution, dat die elf tale waarskynlik uiteindelik tot slegs een amptelike taal sal lei. Die skrif van hierdie bedoeling moes selfs vir die Roelf Meyers van die tyd aan die muur gewees het toe die ANC aangedring het dat ‘n bepaling in die oorgangsgrondwet geskrap word, naamlik dat ‘n bepaling wat die vermindering van regte wat ‘n amptelike taal by aanvaarding van die grondwet geniet het nie verminder mag word nie. Net iemand wat nie wil sien nie, sal saamstem dat Afrikaans vanaf 1994 erg onder druk geplaas is, en dat die regering vanuit die staanspoor Afrikaans gemarginaliseer het. By Statistieke SA is personeel selfs verbied om in selfs onderlinge e-poskommunikasie enige ander taal as Engels te gebruik, ‘n verbod wat deur die huidige Statitikus-generaal, ‘n Lesothoburger, laat vaar is. Dié naweek is onder meer berig dat R200-note wat in omloop gekom het, as vervals geïdentifiseer is, onder meer omdat die vervalsers van ‘n ou voorbeeld gewerk het waarop Afrikaans nog voorkom. Nog ‘n berig lui dat ‘n lugwaardin van die SAL ‘n passasier gaan verkla het omdat sy hom in ‘n verleentheid voor die passasiers gestel het deur Afrikaans met haar te praat. ‘n Afrikaanse beraad deur swart Afrikaanssprekendes wat onder meer deur Minister Trevor Manuel begewoon is, word as hoop vir Afrikaans aangebied. Einste Manuel, wat volgens sy eie vroeëre aansprake Afrikaans in die tronk by Grootvlei geleer het, bederf die spulletjie deur prof. Hermann Gilliomee en dr. Dan Roodt as negatiewe faktore vir Afrikaans uit te sonder.

Page 41: Die Belang Van Verso en Ing

Beide hierdie here het hulself as heel in staat om hul eie saak te stel bewys, realiteite wat ongelukkig deur ‘n georkestreerde aksie voortdurend onder verdenking geplaas word. Hierdie aksie steur hulle gewoon nie aan die verduidelikings van die geteikendes – wat ook ander mense insluit – nie, en nog minder aan feite. ‘n Groot deel van die intellektuele debat – as so iets die term debat waardig is – woed anderkant die wyngordyn en is om die Universiteit van Stellenbosch se omstrede T-opsie geweef. In die Wes-Kaap is ongeveer die helfte van die inwoners se huistaal Afrikaans. Die res bestaan uit Engelssprekendes, Xhosasprekendes, Duits-, Portugees- en deesdae Somalisprekendes en vele ander. Tog het dit nog net een beduidende hoër onderwyskundige instelling wat Afrikaans as medium gebruik, en waar Afrikaans deur die openinge wat die T-opsie bied, algaande onder druk kom. By geleentheid het ‘n departementshoof selfs haar nek so ver uitgesteek om Engels tot enigste onderrigtaal in haar departement te verklaar omdat sy, as Engelssprekende, dosente aangestel het wat hoegenaamd nie Afrikaans magtig is nie, en onder meer nie in staat is om Afrikaanse vraestelle na te sien nie. In hierdie omgewing word die fatwah skynbaar uitgespreek teen Afrikaanssprekendes wat eens Dakargangers was, maar nou, uitgekryt as neo-konserwatiewes, dit durf waag om ‘n bedeling by die US te bepleit, en nog erger, aktief werk vir die effektiewe behoud van Afrikaans by Maties. Die ironie, taalregte word by die naam in die grondwet verskans, en transformasie wat so ten alle koste gedryf word, hoogstens in die grondwet geïmpliseer. Dan is daar nog mense wat volhou Suid-Afrika het ‘n wonderlike grondwet. Kundiges, soos prof, Koos Malan, wat op juridiese gronde die leemtes uitwys wat dit moeilik maak om die bedoeling van die grondwet toegepas te kry, word as meningsvormer gemarginaliseer. Die pen is magtiger.... Vir meer as ‘n eeu het koerante die reputasie gestand gedoen van die pen wat magtiger as die swaard is. Selfs magtige mense, soos regters, wat in ‘n konfrontasie met koerante betrokke geraak het, het geleer ‘n mens kruis nie swaarde met hulle wat ink by die dromme aankoop nie. Koerante, en in die besonder onverbonde koerante, se vermoë om korrupsie in die regering bloot te lê, het aan hierdie medium die reputasie van ‘n onlosmaaklike deel van die demokrasie besorg, en word in Europa dikwels as die vierde, weliswaar nie-amptelike, been van demokrasie beskou. Die ander is die wetgewende, die uitvoerende en die regterlike gesag. Al het die uitsaaiwese op die toneel verskyn, het dit nog selde in die wêreld die rol van ‘n vrye pers kon inneem, omdat owerhede gewoonlik die golflengtes beheer. In Suid-Afrika geskied dit via ‘n liggaam wat veronderstel is om onafhanklik te wees, maar wat deur die regering aangestel is en wetgewing moet uitvoer wat deur die regering ingestel is. Stasies wat werklik onafhanklik probeer wees, soos Radio Pretoria, moet by voorbaat weet hulle moet ook die paadjie howe toe snuif trap om op die lug te bly. Presies hoe die politieke klimaat teen ‘n vrye radiowese gelaai is, blyk uit die hegte vriendskap wat Suid-Afrika handhaaf met die Venezuelaanse president,

Page 42: Die Belang Van Verso en Ing

Hugo Chavez, wat die onafhanklike radiostasies gesluit, en met die luggolwe se ekwivalent van lyfblaaie vervang het. Vandag in Volksblad besing Beeld se redakteur, Tim du Plessis, die rol wat ‘n vrye en robuuste pers in Argentinië speel om korrupsie in regeringsgeledere bloot te lê. Hy tref dan vergelykings tussen die Argentynse en Suid-Afrikaanse pers. Daar is inderdaad vergelykings, veral as dit kom by die jag maak op omstrede optredes van die regering. Daar is egter ook radikale verskille. Die redaksionele aanslag waaraan die lesers van Afrikaanse en Engelstalige koerante blootgestel word, verskil baie. Breedweg kan gestel word dat beide ‘n besondere persepsiewêreld voed. Oppervlakkig gestel, die een voed die rugbygemeenskap, die ander ‘n sokkergemeenskap. In laasgenoemde kom rugby bykans net ter sprake wanneer kritiek uitgespreek word oor die stadige pas van transformasie in rugby, sonder om self ‘n bydrae daartoe te lewer. Die gevolg, weer eens breedweg beskou, is dat wit en swart met verskillende persepsies van die werklikheid opgesaal sit. Dit was veral verstommend duidelik in die tyd toe pres. Thabo Mbeki nog regeringshoof was. ‘n Saak sou lank woes in die Afrikaanse pers woed, en wanneer die president uiteindelik ‘n besoek aan die parlement tydens ‘n blits-ampsbesoek aan Suid-Afrika ingepas kon kry, en met vrae hieroor gepeper word, hy antwoord dat hy van die saak onbewus was. Tim was ook die man wat die nuus gebreek het dat swart redakteurs skei gebreek het deur politieke korrektheid vaarwel toe te roep. Wit redakteurs het gevolg, en skielik het die Mbeki-doktriniste wat op ‘n streep die publiek probeer wys maak het hoe briljante Mbeki se onverstaanbare optredes en uitsprake was, skielik soos mis voor die son verdwyn. Tim het die swart redakteurs selfs by die naam gelys toe hy hulle geloof het. Kort na pres. Jacob Zuma se bewindsaanvaarding het van dieselfde name egter saam met dié van negrofiliste soos dr. Nico Smith verskyn wat wit mense gewaarsku het om swart mense nie so te kritiseer nie, omdat dit tot ‘n bloedbad kan lei. Dit het die indruk gelaat dat die swart redakteurs minder oor persvryheid gepla was as dat hulle deel was van ‘n veldtog om van Mbeki ontslae te raak en met Zuma te vervang. Nou kom Zuma gereeld in die Engelstalige pers aan die beurt wanneer die teerkwas ingespan word, terwyl hy nog so onlangs as met sy jongste huwelik meestal vuriglik verdedig is. Die Mail & Guardian het egter ‘n welkome afwisseling op die veralgemeende reël verskaf. Die Suid-Afrikaanse pers, en in die besonder die Afrikaanse pers, het egter ook ander belangrike dimensies. Formeel redaksioneel onafhanklik, het die Volksblad na dit tydens ‘n Kovsie-studenteraadsverkiesing van partydigheid beskuldig is, sy eie redaksionele beleid gestel, en afgesluit deur te meld dat enige party wat dit ook aanvaar, verdien om redaksioneel ondersteun te word. Hoewel dit geïmpliseer het dat die Volksblad hierdeur as lyfblad van die DA inval, het die koerant, waarskynlik meer as die ander Naspers-koerante, ook ruimte vir ander partye gelaat.

Page 43: Die Belang Van Verso en Ing

In die geval van Die Burger was mense met sterk “struggle credentials” sterk in die topredaksie verteenwoordig, miskien minder opvallend omdat dit hoofsaaklik in ‘n provinsie versprei waar die ANC nie die septer swaai nie. Rapport het onder die nuwe redakteur baie na-aan ‘n redaksionele aflaaiplek van Max du Preez geword. Tim du Plessis se redakteurskap is vanuit die staanspoor deur ‘n groter mate van onafhanklikheid en selfs rigtinggewendheid gekenmerk. Sy bestuurstyl en lojaliteit aan sy mense laat ruimte dat mense wie se standpunte op die oog af baie van syne verskil, ook ruim in rubrieke weerspieël word. Hy het mettertyd in sy onafhanklikheid gegroei, en sy veral vroulike kollegas se lieflingkind, Max, reeds goed die kop gewas. Tim was ook gou om te besef dat, soos hy dit destyds gestel het, die alewige blogs, inligting in so ‘n mate by die gedrukte media verbyvoer, dat koerante wat om ideologiese redes inligting van lesers weerhou, bloot hul eie geloofwaardigheid aantas. Sedert hierdie waarneming het die verskynsel net gegroei, en neem hand oor hand skerp toe. Nogtans is sommige Suid-Afrikaanse partye, ironies, meer van die radiowese afhanklik om hul boodskap uit te kry as die sogenaamd onverbonde Afrikaanse koerante. Selfs die Engelstalige koerante, en ironies die oorsese pers, gee meer dekking aan hierdie koerante wat in effek maar DA-verkneg is. Onder die woernale wat sterk groei, is dié van Praag, en wat boonop na die moord op mnr. Eugene Terre’Blance, uit sy nate bars. Die internet het ‘n vryheid gegee aan mense wie se oortuigings tot dusver deur hoofsaaklik die sensuur van politieke korrektheid gesmoor is. Dit blyk ook uit die gedrukte koerante se aanlyn-leserskommentare. Hierdie kommentare word boonop redaksioneel gekeur, en ‘n mens kan maar net wonder hoeveel word nie geplaas nie. Hierdie aanlyn-reaksies is baie dikwels uiters ongenaakbaar met naïewe rubriekskrywers. Persepsies wat voorheen deur politiek-korrekte sensuur feite geword het, word nou op ‘n streep as mites afgemaak, en van die rubriekskrywers word ontsenu omdat hul ganse verwysingsraamwerk as mites bewys word. Die Afrikaanse rubriekskrywers wat nog waag om na die Suid-Afrikaanse grondwet as ‘n soort evangelie verwys, word algaande minder, aangesien hulle oor geloofwaardigheid sensitief is. Dit neem egter min weg van die feit dat Suid-Afrika, wat mediablootstelling betref, uniek is en bly. Aan die een kant word Afrikaanssprekende lesers, veral die groeiende persentasie wat toegang tot die internet het, nou aan ‘n heel nuwe stel feite blootgestel. Aan die ander kant is daar ‘n groot deel van die hoofsaaklik swart bevolking wat min toegang tot geskrewe media het, en nog minder tot die internet, of dit wat Afrikaanssprekendes in Afrikaans plaas. ‘n Groot deel se inligtingsvoer oor dit wat in die land en die wêreld aangaan is via die SABC of openbare politieke vergaderings waar die politici as sprekers optree. En daardie verskille waaraan verskillende mense in Suid-Afrika blootgestel word, is ontsettend groot. En dan is daar diegene wat verbaas is dat polarisasie plaasvind. Die toetsbord is magtiger as die pen.

Page 44: Die Belang Van Verso en Ing

Godsdiens en regering ‘n Onlangse artikel in die Nederlandse Christelike koerant, Trouw, oor die verskillende benaderings tot godsdiens in die Ou en Nuwe Wêreld, ook in die politiek, raak aan ‘n baie komplekse saak, wat ook in Suid-Afrika aan ‘n openbare debat onderwerp behoort te word. Maartje Geels se artikel word met ‘n paar vrae ingelui: “Europeanen kijken soms vreemd aan tegen de rol van religie in de Amerikaanse democratie – alsof de Verenigde Staten iets geheel nieuws hebben uitgevonden.... Wat is nodig, naast vrijheid van meningsuiting en stemrecht, om democratische staten bij elkaar te houden? Is de toepassing van de wet voldoende of is er meer nodig, bijvoorbeeld gedeelde normen en waarden? En wat is de rol van godsdienst hierbij, ondersteunt religie democratie of haalt zij het juist onderuit?” Geels neem ‘n boek van Ian Buruma onder die loep waarin hy die demokrasie en die religie van die VSA en Europa, asook ander wêrelddele teen mekaar opweeg. Geel se bespreking kan ook op Suid-Afrika van toepassing gemaak word. Hier het pres. Jacob Zuma onlangs ‘n debat oor etiese norme voorgestel, en aangedui dat antwoorde gevind moet word hoekom dit wat vir sommiges niks mee verkeerd is nie, vir ander as totaal korrup voorkom. Kabinetslede word immers aan ‘n etiese kode onderwerp. Hoe kan daar dan nog onduidelikheid wees? Die grondwet verbied boonop kabinetslede om belange te hê wat hul objektiwiteit in besluite kan aantas. Maar tog is aansprake oor tenderpreneurskap en ander goggas volop. Om terug te keer na Europa en die VSA. Buruma gaan van die veronderstelling uit dat normatiwiteit in die VSA, ook in die politiek, baie sterker deur ‘n Christelike openheid bepaal word as in Europa. In ‘n onlangse onderhoud het die leier van die Vlaamse nasionalistiese party, Nieuw-Vlaamse Alliantie (N-VA), Bart De Wever, die volgende opmerking gemaak: “West-Europa heeft God buiten de deur gezet, die komt niet meer terug. Maar een samenleving die niet metafysisch is, is geen samenleving. We hebben de fout gemaakt de metafysica te vervangen door de fysica. Je ziet dat aan de weekendbijlages van de kranten. Die spiegelen voor dat de mens gelukkig wordt van de ultieme auto, de reis, het huis, de wijn of de keuken. Maar dat lukt niet. Als je dat hebt, wil je nog meer.” Buruma is egter nie so seker dat die Christelike godsdiens blywend uit Wes-Europa verdring is nie, maar sou Wes-Europeërs na godsdiens terugkeer, verwag hy nie dat dit na gevestigde kerke sal wees nie. Hy verwag eerder dat die Evangeliese kerke sal groei, soos die geval in die VSA is. Soos ‘n Nederlandse predikant dit onlangs gestel het: “Voorheen het (Nederlandse Kerke) gevra wat iemand van die kategismus weet. Nou val die klem eerder of iemand Jesus ken.” Hy het dit egter na ‘n vernuwende beweging binne die Nederlandse Gereformeerde konteks gevoer. Nederlandse politieke verslaggewers meld gereeld dat dit vir buitestanders lyk of die Nederlandse politiek skisofrenies is. Hoe moet Suid-Afrikaners dit verstaan dat Christen-demokratiese partye in Wes-Europa dikwels die grootste partye in regerende koalisies is, byvoorbeeld nou in Nederland, België, asook Vlaandere en Duitsland. Om die

Page 45: Die Belang Van Verso en Ing

kroon te span het die Christen-demokrate verseker dat ‘n Christen-demokraat ook die eerste vaste voorsitter van die Europese Kommissie word. Boonop is die derde party in die Nederlandse koalisie wat pas uitmekaar gespat het, die ChristenUnie, ‘n sterk gereformeerde party. Beide die grootste party, die Christen-Demokratiese Appèl en die CU is teen aborsies op aanvraag gekant, maar dit het nie deel uitgemaak van die regeerakkoord met die ander party in die mislukte koalisie, die PvdA nie. In die naburige Duitsland is dit verpligtend dat staatskole godsdiensonderrig aanbied, hoewel dit nie verpligtend is dat skoliere die onderrig moet ontvang nie. In Nederland en Duitsland is daar ‘n voortgesette stryd oor handelsondae, iets wat in Suid-Afrika lankal water onder die brug deur is. Dit staan in skrille kontras met Amerikaanse skole waar godsdiensvryheid in staatskole tot effektief “geen godsdiens” gereduseer is nie. Tog meen Buruma “op religieus gebied lijken de verschillen tussen Europa en de VS groot. Veel Europeanen zijn vaak verbluft als ze op de televisie een Amerikaanse tv-dominee zien. De combinatie van theater, materialisme en goddelijke voorzienigheid in hun preken vinden Europeanen vulgair. Hier lijkt zich een grote culturele kloof te openbaren tussen de Oude en de Nieuwe Wereld.” Trouens, onlangs het Christene in die VSA eintlik ‘n kwaai stryd beleef waar nie-Christene in effek godsdiensvryheid so wou uitlê dat nie eens Christelike simbole in sig moes wees nie. Die Tien Gebooie in ‘n regter se kantoor het die aandag wêreldwyd getrek, maar daar was ander gevalle, soos waar gekla is oor ‘n simbool diep in ‘n kerkerf, maar as mens mooi kyk, sigbaar van die straat af. ‘n Oorlogsgedenknaald is onder koot geplaas omdat die kruissimbool deel daarvan uitgemaak het. Selfs die “Merry Christmas” wat so deel van die Amerikaanse kultuur was, is weens “politieke korrektheid” met “Happy Holidays” vervang. Die druk van “In God we trust” op Amerikaanse geld is onder druk geplaas, ongeveer net mooi dieselfde tyd as wat die 50 herdenking daarvan gevier is. Op die oog af dus ‘n baie vreemde waarneming dat die VSA meer as Wes-Europa Christelikheid uitdra. Sedert die aankoms van groot getalle Moslems in Wes-Europa is Wes-Europese politici ook geneig om ‘n Christelike beeld uit te dra. Voorheen het selfs leiers van Christen-demokratise partye sterk die fokus op “Christelike tradisie” geplaas, en sodoende Christelike waardes geïmpliseer, sonder dat Christelike geloof noodwendig betrek is. Die VSA se opkoms van Christelike fundamentalisme vind op groot skaal neerslag in charismatiese kerke, en verskeie megakerke. Die groter invloed van die Rooms-Katolieke Kerk in Europa as in die VSA, kry deel van die skuld vir die “buiten de deur zet van God.” Die gedagtegang stel uiteindelik ook vrae aan Suid-Afrika. Ongeveer 80 persent van die inwoners verklaar hulle is Christene, maar die land is die moord- en verkragtingshoofsetel van die wêreld. Verskeie politici en politieke kommentators lewer ‘n pleidooi vir die handhawing van die bestaande, sekulêre grondwet. Baie stemgeregtigdes stem ooglopend vir partye wat oor kernaspekte beleidsrigtings voorstaan lynreg in stryd met wat hul kerkverbande voorstaan, soos aborsies op aanvraag.

Page 46: Die Belang Van Verso en Ing

Suid-Afrikaners kan nie die vinger na Europa of Amerika wys nie, selfs al woon ‘n half miljoen mans die Mighty Men-konferensie by, al bars sommige megakerke uit hul nate, solank Suid-Afrikaners Die grondwet en demokrasie In sy eenvoudigste vorm kan dit gestel word dat die doel van ‘n grondwet behoort te wees om demokrasie te verseker, en dan hierdie demokrasie so te temper dat ‘n diktatuur deur die meerderheid nie kan ontstaan nie. ‘n Grondwet wat nie aan hierdie doel kan beantwoord nie, is nie ‘n goeie grondwet, of nog minder, soos Max du Preez dit die afgelope naweek gestel het, ‘n wonderlike grondwet. ‘n Belangrike toets wat ‘n grondwet moet kan deurstaan, is dat dit nie vir sommige burgers ideologies wonderlik, en vir ander ideologies onaanvaarbaar mag wees nie. Dan faal die grondwet om bo die politiek van die dag uit te styg, en kan dit misbruik word. In oorwegend homogene lande soos Australië is daar trouens ‘n skerp debat oor of ‘n grondwet hoegenaamd so sterk behoort te wees dat dit keuses van die burgery, soos deur politici verteenwoordig, kan beperk. In wese kom dit daarop neer dat die nie-demokratiese verkose regters in gevalle van ongrondwetlike keuses deur die kiesers, ‘n stokkie voor daardie keuses kan steek. Dit word daar as ‘n onregverdige inbreuk op demokrasie beskou. Die voorstanders vir onbeperkte demokrasie toon verskeie voorbeelde waar die burgery, en nie die grondwet nie, van onaanvaarbare praktyke ontslae geraak het, soos slawerny in die VSA. Hierdie argument loop egter in sy eie beperkings vas. Persvryheid word vandag as ‘n onlosmaaklike deel van demokrasie beskou, en sonder ‘n grondwet kan die meerderheid in teorie persvryheid en ander burgerregte gewoon nek omdraai. In ‘n heterogene land soos Suid-Afrika word veel groter toetse aan grondwette gestel. Dit is internasionaal – met enkele uitsonderings na – praktyk dat heterogene lande se grondwette naas ‘n handves van individuele menseregte ook ‘n volwaardige deel vir groepregte het, of minstens, vir minderheidsregte. Hierdie regte sluit aan by die Volkereg. Die Afrika-kommissie vir Mense- en Groepregte, waarvan Suid-Afrika ‘n lidland is, se manifes maak byvoorbeeld ruim voorsiening vir groepregte. Suid-Afrika s’n nie, volgens mnr. Roelf Meyer, en verduidelik hy, is eerder die koers ingeslaan dat groepe hul regte moet beding deur die kollektief van individuele regte. Hoe kleiner ‘n groep, hoe minder bedingingsmagte dus, en hoe minder opeisbaar is die minderheidsregte. Hoe goed of sleg Suid-Afrika se grondwet is, word egter ook getoets aan die hand van ander uitvoeringsaspekte. ‘n Positiewe teken is dat die regering hom kort-kort in die howe bloedneus loop teen pogings om ongrondwetlike praktyke in te voer. Die howe is egter weens die koste en tydsaamheid nie altyd die geskikte remedie nie, en hiervoor is instansies soos die Menseregtekommissie, die Openbare Beskermer en Pansat in die lewe geroep. ‘n Kombinasie van tandeloosheid en die laai daarvan met regeringslui maak dat dit oorbodig is om veel hieroor te sê. Grondwetlike kenners doen selde meer die moeite om na hierdie instellings te verwys, en die Kommissie vir die Bevordering en die Beskerming van Kultuur-, Godsdiens- en

Page 47: Die Belang Van Verso en Ing

Taalgemeenskappe is weens regeringsmanipulasie effektief disfunksioneel en word effektief glad nie meer genoem nie. Die howe bly die laaste bastion. Die howe word egter nou self onder die vergrootglas geplaas, en die jongste sneller is die sittings van die Regterlike Dienstekommissie om Wes-Kaapse regters aan te stel. Die wortel hiervan is duidelike aanduidings dat pres. Jacob Zuma uitsprake maak wat daarop dui dat hy alles as ondergeskik tot die regering, en uiteindelik Lethuli-huis beskou. Verskeie poste wat professionele neutraliteit en objektiwiteit vereis is reeds deur mense gevul wat in effek niks anders as politieke kommissarisse is nie. In Nasionale Pers se Afrikaanse dagblaaie het daar die afgelope twee dae ‘n hoofartikel verskyn wat gemik op die regterlike dienstekommissie vrae vra. Uiteindelik word gevra dat die aanstellings in die gees van die grondwet moet geskied. Is dit ‘n eerste, vroeë erkenning dat die grondwet leemtes het? Dat op die gees as eerder as die letter van die grondwet staatgemaak moet word? Dat mooi gevra in plaas van opgeeis word? Geen grondwet kan volmaak wees nie, bloot omdat dit mense is wat dit opstel. En mense is feilbaar. Die rits “ammendments” aan die Amerikaanse grondwet dui daarop dat ‘n grondwet ook nie leweloos kan wees nie. Tog is daar maar toenemend weer druk om onbedoelde gevolge teen te werk. In die VSA het die regters aborsies op aanvraag gewettig, maar nou is die meerderheid Amerikaners volgens peilings daarteen gekant. In Suid-Afrika geld dieselfde, en boonop dui peilings daarop dat die meerderheid Suid-Afrikaners ten gunste van die doodstraf is, maar dit is ongrondwetlik – ironies op dieselfde menseregtebepaling wat dit vir verskeie Amerikaanse deelstate moontlik maak om wél die doodstraf toe te pas. Oor die kwessie of ‘n grondwet sekulêr moet wees of onder die oppergesag van die Allerhoogste gestel moet word, woed ‘n debat op sy eie, omdat sekulêre grondwette dikwels godsdiens tot die kerklike terrein wil beperk, en dan die morele kodes wat ‘n funksionerende demokrasie onderlê, soos ‘n afkeer aan korrupsie, in die sekulêre en dikwels agnostiese wêreld probeer vind. Dit druis immers in teen die Christen-begrip dat ‘n mens nie net ‘n Christen in die kerk is nie, maar ook in die werkplek, in die huwelik, in die gesin en ...in sy burgerlike pligwêreld. In die Bybel word die vraag gevra: “Waar sal ons hulp vandaan kom?” Die antwoord is nie “Van die wonderlike grondwet” nie. Volkstaat en die impak van infrastruktuur Suid-Afrika stuur op ‘n waterkrisis af weens ‘n te klein begroting om voorsiening vir die dag van môre te maak. Dié vooruitsigte kom kort op die kragkrisis wat deur Eskom se swak beplanning te weeg gebring is. Met vermoedelik reeds miljoene onwettige immigrante in Suid-Afrika en programme om watergedrewe riolering aan alle Suid-Afrikaners beskikbaar te stel, is ‘n waterprobleem te wagte in ‘n waterskaars land met ‘n gemiddelde reënval van 464 mm per jaar teenoor meer as 800 mm wêreldwyd. Vandag word kommentators wat neem die volkstaatgedagte is tot ‘n baie klein gemarginaliseerde groepie beperk, as politieke naïewelinge beskou. Dat meer en meer mense moeg raak om ingesleep te word by die gevolge van swak beplanning, prioriteitsbepaling en uitvoering waar tenderpreneurskap boonop

Page 48: Die Belang Van Verso en Ing

hoogty vier, het ook in ‘n blitsopname in Beeld geblyk toe ‘n oorgrote meerderheid deelnemers aangedui het dat hulle in ‘n volkstaat sal wou woon. Sedertdien het die Malema-fiasko, die regering se hantering daarvan en die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche verdere stukrag gegee. Oral op webwerwe, blogs, woernale en selfs in briewekollomme word ‘n dringendheid van losmaking van Suid-Afrika nou bemerk, wat ruim studiemateriaal vir ‘n doktorale verhandeling sal verskaf. Twee aspekte kristalliseer hieruit: ‘n Wegtaan van die gedagte van korporatiewe selfbeskikking selfs as ‘n tussenmaatreël ten gunste van ‘n geografiese volkstaat nou, en ‘n ingesteldheid dat enige vorm van naelstring met die huidige Suid-Afrika energievermorsing is. Die emosionele ingesteldheid is nie iets wat weggewens kan word nie. Argumente dat dit onprakties is, het in hierdie klimaat ook dieselfde lewensverwagting as stukke nat biltong wat in ‘n hok vol honger boerboele gegooi word. Dit vat nooit eens grond nie. Wanneer gebiede outonoom, selfregerend of onafhanklik word vloei daar ‘n magdom ooreenkomste en verdrae voort. Eritrea se onafhanklikheid het Ethiopië sonder regstreekse toegang tot seehawens gelaat, maar Ethiopië se kragopwekkingspotensiaal is weer in Ethiopië se berglande opgesluit. Met die ontstaan van die Belgiese etniese federasie, het die ekonomiese swaartepunt reeds ‘n geruime tyd na die Vlaamse noorde verskuif, en subsidieer Vlaandere die Franstalige Wallonië nou jaarliks met miljarde Euro’s. ‘n Volkstaat sal in alle waarskynlikheid vind dat sy waterbehoeftes van buite sy grense voorsien moet word, en dat die kragopwekking, voorlopig altans, ook grootliks buite sy gebied sal geskied. Die skepping van ‘n volkstaat, ‘n lewensvatbare volkstaat wat uiteindelik ekonomies heeltemal onafhanklik sal kan wees, is ‘n komplekse proses wat reeds deur verskeie instansies soos die Volkstaatraad deeglik ontleed en beplan is. Die enigste plek vir die emosies wat nou losgelaat word, is dat dit moriveringsbrandstof voorsien. Dis belangrik vir die volkstaatideaal, maar kan ook ‘n wilde perd word wat onmoontlik raak om te ry. Die potensiaal hiervan blyk daaruit dat ‘n deel van hierdie uitgesproke sentimente behels dat die volkstaat elke vierkante sentiment van die huidige Suid-Afrika moet insluit. Die internasionale reg stel ook ‘n magdom vereistes, en ‘n volkstaat wat buite hierdie riglyne sy outonomie of onafhanklikheid verwerf, sal ook bereid moet wees om soos ‘n geïsoleerde eiland in die wêreld te bestaan. Op verskillende golflengtes Gister is Suid-Afrikaanse soldate afgesien wat ontplooi word. ‘n Duisend soldate word in die Soedan ontplooi, en sowat 500 aan die grense met Mosambiek en Zimbabwe. Intussen nader die dag waarop Vrystaat Landbou en die staat mekaar in die hof ontmoet nadat dié landbou-organisasie die regering gedagvaar het oor beweerde pligsversuim om sy burgers te beskerm. ‘n Belangrike faktor is dat boere aan die Lesothogrens beweer die huidige beskerming is onvoldoende. Strooptogte op vee en weiding, en selfs plaasmoorde, is te algemeen. Dat vredesmagte in Soedan nodig is, is ongetwyfeld so. Of Suid-Afrika kan bekostig om soveel soldate in ander lande te ontplooi, terwyl sy eie burgers se beskerming duidelik onvoldoende is, is ‘n heel ander vraag.

Page 49: Die Belang Van Verso en Ing

Die weermag sou volgens vroeë aanduidings die grensbeveiliging by die SA Polisie oorneem, nadat die weermag dit vroeër gedoen, en toe deur die polisie oorgeneem is maar nie die mas opgekom het nie. Hoe nader 1 April gekom het, hoe moeiliker het dit geword om vas te stel of die polisie aan grense sal aanbly waar die weermag nie nou ontplooi word nie. Navrae is doodeenvoudig nie beantwoord nie. Nou, ruim na 1 April, word aanduidings gegee dat die polisie aanbly tot hulle vervang word. Boonop is dit ‘n ope vraag of die aantal soldate wat uiteindelik wel ontplooi gaan word, voldoende is. Hulle gaan minder wees as die polisie wat nie voldoende beveiliging kon verskaf nie. Om soldate in vredesoperasies te ontplooi is nie noodwendig ‘n onbekostigbare luukse nie. Suid-Afrika word deur onwettige immigrante oorstroom, waarvan minstens ‘n deel vlugtelinge is. Om toestande in die lande van herkoms te stabiliseer, sal in beginsel die behoefte om te vlug verminder. Word ‘n rand – vir rand – ontleding egter gedoen, lyk dit na meer lonend om die plaaslike grense behoorlik te beveilig, onder meer omdat die meeste onwettige immigrante nie vlugtelinge is nie, maar bloot ekonomiese migrante, wat beteken Suid-Afrikaners se reeds boomskraap werksgeleenthede word verminder, en hulpbronne moet aangewend word om dienste aan mense te voorsien wat nie hier hoort nie. Om egter die plaaslike bevolking aan misdaad, soos moord, bloot te stel, is nie verdedigbaar nie, veral as die ontplooiing van vredesoldate ‘n prestige-aksie is. Om soldate in die Soedan te ontplooi is ook deurspek met morele vrae. Soedan se president is gedagvaar om voor die internasionale geregshof op aanklagte van volksmoord tereg te staan. Die vredesoldate moet die huidige verkiesing stabiliseer, nadat die vernaamste opposisiekandidate hulle van die presidentsverkiesing onttrek het, skynbaar omdat geglo word alles is nie pluis nie. In die proses, so lyk dit, is die verkiesing nou eerder ‘n bemarkingsaksie om pres. Al Bishir ‘n kleed van legitimiteit te voorsien, terwyl hy eintlik krimineel vervolg moes word. Soedan is ‘n klomplekse, uiters heterogene land wat tradisioneel deur ‘n Arabies-Moslem-noorde oorheers word. Selfs ander Moslems, soos dié in Darfoer, word nie ontsien nie. Die swart suide is onderling hoogs gepolariseer en onderlinge slagtings kom periodiek voor. Dit is probleme wat staatkundig opgelos moet word, nie deur permanent soldate te ontplooi nie. Die werklike vraag is of Suid-Afrika die luukse kan bekostig om daar ver betrokke te wees, sodat burgers tuis die staat hof toe moet sleep om hulle behoorlik te beskerm. Die hoeveelheid kere wat die staat nou oor ander sake hof toe gesleep word, dui daarop die regering ‘n baie gebrekkige begrip het oor hoe om heterogeniteit te hanteer, en geen benul het van hoe om polarisasie te voorkom nie. Bewering oor gekookte misdaadsyfers slegte nuus Met minder as twee maande oor voor die Wêreldsokkerbekertoernooi afskop, is dit te wagte dat talle verwikkelinge in Suid-Afrika beoordeel sal word in

Page 50: Die Belang Van Verso en Ing

terme van die vergrootglas van die wêreld wat algaande meer en meer oor Suid-Afrika inskuif. Die jongste verwikkeling wat die potensiaal het om vir Suid-Afrika ‘n verleentheid te wees, is die nuutste stelling dat Suid-Afrika se reeds hemelhoë misdaadsyfers gekook word. Die man wat dit beweer is nie ‘n mamparra nie. Mnr. David Bruce is ‘n senior navorser by die Sentrum vir die studie van Geweld en Versoening. Die aanduidings dat misdaadsyfers gekook word, is nie nuut nie. Die Mediese Navorsingsraad het reeds in die openbaar die polisie se moordsyfers betwis, en gemeen die werklike moordsyfer is aansienlik hoër. Die diefstalsyfers wat via die landbousensus aan die lig gekom het, is baie, baie hoër as die polisiesyfers, en strek oor terreine soos veediefstal, die diefstal van gewasse en die vaslê van gereedskap en implemente. Die omvang van weidingdiefstal en brandstigting kom weer via ander bronne aan die lig. Formeel word hierdie verskille daaraan toegeskryf dat boere se vertroue in die polisie reeds so geknou is dat hulle die moeite ontsien om sekere misdaad by die polisie aan te meld. Dit verklaar nie die groot verskil in omvang nie omdat saaknommers benodig word vir versekeringseise en om verliese by Jan Taks terug te eis. Verskeie spesifieke gevalle van die gekonkel met misdaadsyfers is reeds deur die polisie self en die Onafhanklike Klagtedirektoraat ondersoek. Baie mense het ook eerstehandse ervarings wat die vertroue in die polisie se syfers onder verdenking plaas. ‘n Bloemfonteinse vrou wie se hangertjie wat om haar nek gehang het, tydens die Konfederasiebekertoernooi voor by haar bloes uitgeroof is, moes verbysterd ervaar hoe sy kort hierna deur die stasiebevelvoerder gebel en erg uitgetrap is omdat sy so ‘n voorval by die polisie aangemeld het. Hy het roof ‘n “petty crime” genoem wat ‘n mens, volgens hom, nie aanmeld nie omdat dit die polisie se statistieke sleg laat lyk. In die dae van die Kommando’s het ‘n kommandolid by ‘n streekvergadering op Riviersonderend van Agri Wes-Kaap gespog oor hoe knap die polisiestatistieke werk, deur die syfers te gebruik van hoeveel vee die vorige dag in die betrokke area gesteel is. Dadelik was daar ‘n beroering onder die boereleiers, want by hulle alleen is meer vee gesteel as wat die polisie vir die hele streek opgee. En al hul verliese is wél by die polisie aangemeld. Dit is noodsaaklik dat hierdie syfers korrek moet wees, sodat teenstrategieë behoorlik beplan en uitgerol kan word. Net een ding is slegter nuus as hemelhoë misdaadsyfers, naamlik gediskrediteerde misdaadsyfers. Vrystaat Landbou is nou besig met ‘n hofproses teen die regering oor beweerde versuim van die regering om die Vrystaat se inwoners, en spesifiek die boere veral aan die grens met Lesotho behoorlik te beskerm. Dit sal ‘n ontsettende verleentheid vir die regering inhou as dit sou blyk dat sy beoordeling van die veiligheidsituasie geskoei sou wees op gekookte misdaadsyfers. Gerusstellings aan voorgenome buitelandse sokkergeesdriftiges dat hulle veilig sal wees, kan erg boemerang as dit sou blyk dat dié versekerings op gekookte syfers geskoei is. Die strategiese belang daarvan dat die syfers korrek moet wees strek veel verder as die merietebeoordeling van polisiestasies en hul bevelvoerders.

Page 51: Die Belang Van Verso en Ing

Die kruis en vandag Wanneer die Paastyd gedenk word, staan die kruis baie pertinent. Of dit toeval is, en of die simboliek bedoel is, die vorm van die kruis bied aan die Christen ‘n waardevolle verwysingsraamwerk – ‘n langer vertikale “been” en ‘n korter horisontale “arm.” Vanjaar se gebeure rondom die Paastyd het inderdaad ruim preekstof voorsien. Suid-Afrikaners is beproef deur ‘n emosionele tydperk waartydens die bekende mnr. Eugene Terre’Blanche in ‘n plaasmoord vermoor is, die ANC se jeugleier wat in effek aanvanklik aangemoedig is om voort te gaan om ‘n liedjie, “Skiet die Boere,” te sing, en ‘n eskalasie in die reeds hoë getal plaasmoorde. Staatsmanskap aan regeringskant het waarskynlik die laagste vlakke ooit in Suid-Afrika bereik. Ondersteuners van die huidige grondwet se voortgesette vesekerings dat dit ‘n goeie grondwet is, is deur die gebeure so vertroebel dat dit doodgewoon na gepoogde Boereverneukery geklink het. Teen hierdie agtergrond vra die bedienaar van die Woord: “Wat dan van ons verhouding met die Here? Wat van geloofsvertroue?” Die langer, vertikale been van die kruis, dus. Word hierdie been weggeneem, val die dwarshout – die arm wat mense se onderlinge verhoudinge versinnebeeld, op die grond. Dit is teen hierdie gebroke intermenslike verhoudings waarteen ons ons blind staar en wat ons na menslike oplossings laat soek. Vandag is daar ‘n lang artikel in ‘n Sondagkoerant oor wat ‘n mens kan lees in die tipe uitlatings wat ‘n mens op die internet kan lees. Op die oppervlak erg geniepsig, dikwels selfs besonder gemeen, onfatsoenlik, totaal gestroop van liefde vir die medemens – hetsy of dit die naaste of die vyand is. Dieper onder die oppervlak versinnebeeld dit ‘n verlies, dikwels moedeloosheid, frustrasie... Dit handel nie net oor die politiek nie. In hierdie tyd het geleerdes die ontdekking van die Australopithecus sediba in Suid-Afrika aangekondig. Soos ‘n mens teen hierdie tyd kan verwag, was daar op die internet onmiddellik ‘n smeerveldtog waartydens mense “namens” die Here die wetenskaplikes as die vreeslikste bedrieërs uitmaak. Omdat hierdie mense daarop aanspraak maak dat hulle namens die Christendom optree (al word hulle standpunte nie deur die vernaamste hoofstroomkerke gedeel nie) duur dit gewoonlik ook nie lank nie, of die nie-Deïstiese evolusioniste trek in soortgelyke taal op die Christendom los al is die bedoeling om eintlik die selfaangestelde eietydse Inkwisisie by te dam. Die Here is heel duidelik nie betrokke by hierdie woordoorlog wat in, en om Sy naam gevoer word nie. Omdat die Christen aan sy vrug geken word, is die gebeure op die horisontale arm van die kruis nie irrelevant soos so maklik opgegee word nie. Die mens se Godgeskape arm bevat immers die hand en vingers. Dit simboliseer immers doen – naamlik om die Wil van die Here te doen. Om Sy Lig te dra, om in die donker wêreld te skyn en ook die Lig na die heidennasies te neem. Met die opstandig van die Kruis het die Here die dood oorwin. Hy het ook ons arms losgemaak om vir Hom te kan werk. Sonder die been van die kruis, die vertikale verhouding tussen mens en die Here, is die lamp stilstaande, en as die olie op is, gaan die vlam dood. Met

Page 52: Die Belang Van Verso en Ing

ons bene kan ons beweeg, kan ons by die plekke uitkom waar ons teenwoordigheid tussen mense nodig is. Die simboliek van die kruis kan baie ver getrek word. Ons tong is die skerp instrument waarmee ons baie kwaad, maar ook goed kan doen. Aan die kruis, toe Jesus dors geword het, is hy ‘n spons met asyn gegee, al het sy tong vir ons soveel mooi nagelaat. Hoeveel te meer verdien ons, wat gereeld kwaad praat, gereeld ander oordeel, gereeld die wag voor ons mond die trekpas gee, nie om ons tonge met asyn te ontsmet nie? Hoeveel te meer verdien ons nie dat spykers deur ons hande wat so verkeerd doen gedryf word, en deur ons voete wat soveel afdwaal gejaag te word nie? In hierdie Paastyd is dit so nodig dat ons die vertikale verhouding met God herstel en in plek stel, sodat ons die Lig van Bo sal hê om met ons vrygelate hande God se wil te kan doen. Nie net in die Paastyd nie. Die Here bly immers opgestaan – tot in ewigheid. Basta met dié helde Grondwet nie so wonderlik In die besprekings oor polarisasie in die land, word die stelling gereeld gemaak dat Suid-Afrika 'n goeie grondwet het, of soos Max du Preez dit in sy Intrapslag noem, wonderlike grondwet. Al was dit geen omstrede stelling nie, is die huidige vlakke van polarisasie 'n duidelike bewys dat gesindhede nie deur grondwette, of soos die regter wat 'n interdik teen Julius Malema se "sangtalent" toegestaan het gesê het, deur hofuitsprake reggedokter kan word nie. Dit kan alleen in mense se harte gebeur. 'n Geruime tyd voor die huidige grondwetlike bedeling begin het, het dr. Tjaart van der Walt, toe president van die RGN, opgemerk dat geen grondwet, nie eens die beste ter wêreld, kan werk as die mense mekaar nie verstaan en vertrou nie. In die laaste jare van die destydse Verhoudingsaksie, 'n program wat deur die Kabinet ingestel is, het dit duidelik geword hoe uiteenlopend mense se sienings is oor wat moet gebeur om gesindhede reg te kry. Een groep het voor die Maatskaplike Komitee van die Presidentsraad wat gemeenskapsverhoudinge ondersoek het, kliphard aangevoer dat sosio-ekonomiese ongelykhede net uitgeskakel moet word. Die politieke sosioloë het 'n naam hiervoor, die teorie van relatiewe deprivasie, wat nogal kompleks in 'n heterogene samelewing kan wees. Op min of meer dieselfde patroon was daar diegene wat gemeen het deur knelpunte – meestal op die munisipale infrastruktuur-terrein uit te skakel sal tussengroepverhoudinge blom. Hierdie gedagte leef nog grootliks voort na aanleiding van 'n paar joernaliste wat voornemens geopper het om meer in hul gemeenskappe betrokke te raak en die moue op te rol – as't ware deel van wat hulle het met die armes te deel. Hierdie benadering het in die tydperk kort voor die presidentsraad se ondersoek dikwels 'n paternalistiese vorm aangeneem, en onregstreeks tot 'n mosie van wantroue teen die verhoudingsaksie in die destydse Raad van Verteenwoordigers gelei. Weens die Verhoudingsaksie se klein personeelkorps (landswyd waarskynlik nooit meer as 20 nie, en meestal veel minder) moes noodwendig van hiperboliserende metodes, soos die kleingroep-dinamika gebruik gemaak

Page 53: Die Belang Van Verso en Ing

word. Verhoudingskomitees het in sommige provinsies in 'n stadium taamlik talryk geword, terwyl in ander meestal van ander, bestaande strukture gebruik gemaak is. Dat die ondersoek kort voor 1994 opgeskort is, en die verhoudingsaksie ook kort hierna ontbind is, het beteken dat die land sonder ervare gesindheidsbegeleiers die nuwe bedeling in is. Van daar die opmerking dat die regering vermoedelik te groot verwagtinge gekoester het van hoe die grondwet self gesindhede kon beïnvloed. Die waarheid is dat slegs 'n baie holistiese benadering waarin horisontale, nie-paternalistiese kommunikasie 'n sentrale rol speel, enige kans staan om gesindhede op aanvaarbare vlakke te kry. En al word dit as polities inkorrek beskou, is in sommige van die kommunikasievlakke 'n kennis van interkulturele kommunikasie ook nodig. Maar al kán 'n grondwet op sy eie versoening vermag, kan ons grondwet dit doen? Sommige staatsregkenners beskou die grondwet, en spesifiek die handves van menseregte, se grootste leemte dat dit wel regte lys, maar mank gaan aan die meganismes om dit te verseker. Daar is wel instansies soos die Menseregtekommissie en die Openbare Beskermer, maar hul prosesse is selde vinnig genoeg om 'n sinvolle bydrae tot die oplossing van die probleem te lewer. Vrystaters wag byvoorbeeld al ongeveer 'n dekade vir die Menseregtekommissie om 'n eiertjie te lê oor die FS / VS op Vrystaatse nommerplate, na Pansat bevind het die VS moet toelaatbaar wees, en 'n vorige, vorige, vorige LUR vir Paaie Pansat se bevinding van die Menseregtekommissie op "appèl" geneem het. Die howe boesem tot dusver meer vertroue in, maar dit is ook gewoonlik 'n tydsame, en boonop duur proses. Die land en sy mense het nie daardie luukse nie. 'n Tweede probleem wat uitgewys word, is dat dit mank gaan aan groepregte. In die meeste moderne grondwette is dit vereistes, soos dié van die Europese Unie en dié van Indië. In Europa het die Baske 'n vorm van outonomie verwerf, en moes Turkye – in 'n poging om lid van die Europese Unie te kan word – verskeie onderdrukkende maatreëls teen die Koerde ophef. Nogtans word dit duidelik nog nie as genoegsaam beskou nie. Suid-Afrika wat waarskynlik een van die mees heterogene lande ter wêreld is, se grondwet maak min voorsiening hiervoor, en waar dit voorsiening maak, is dit dikwels in 'n spektrum voorbehoude verweef. Max raak 'n verwante kwessie aan, naamlik die beperking van spraakvryheid, en hoe dit 'n tweesnydende swaard kan wees. Alle regte in die handves van menseregte mag beperk word, en dikwels sommer deur gewone wetgewing, MAAR die beperkings mag nie van so 'n aard wees dat dit die oorspronklike reg in effek ongedaan maak nie. 'n Goeie voorbeeld is die reg op gelykheid en verbod op diskriminasie, en die mate waarop regstellende aksie hierop inbreuk maak. Per definisie kan regstellende aksie dus nie diskriminasie wettig nie (want dis ongrondwetlik) maar dit net beperk. Spraakvryheid, die vryheid van meningsuitdrukking en persvryheid (Suid-Afrika is een van die min lande waar persvryheid nie bloot by die reg op meningsvryheid inbegryp word nie), is ook regte wat beperk word. Dit kan byvoorbeeld weens staatsveiligheidsoorwegings geskied (en misbruik) word.

Page 54: Die Belang Van Verso en Ing

Op die oomblik woed weer 'n debat in Nederland omdat die betrokke Minister 'n vereiste wil afskaf dat die intelligensiediens die persoon wat afgeluister gaan word, eers daarvan in kennis moet stel. In die blogreaksies word al te bekende terme van beswaar geopper soos dat dit Nederland 'n polisiestaat sal maak. (Die staat het juis onlangs 'n hofsaak teen 'n joernalis en koerant verloor omdat hulle onwettig afgeluister is). Die basiese gronde van beperking van regte is waar daardie regte die regte van ander individue ontmoet. My spraakvryheid word deur 'n ander se reg op waardigheid ontmoet. Dikwels veroorsaak die feit dat iemand as 'n individu 'n individuele mensereg (bv spraakvryheid) uitvoer en die "slagoffer" deel van 'n groep is 'n vorm van ongelykheid. Dieselfde party wat pres, Jacob Zuma se voorgenome debat om etiese norme te bepaal gestriem het omdat dit tot 'n belemmering van spraakvryheid kan lei, het woes op die Minister van Kuns en Kultuur se ontslag aangedring omdat sy haar mond uitgespoel het (spraakvryheid) oor 'n gay-kunsuitstalling. Omdat 'n groep (die gay gemeenskap) se regte (soos waardigheid) aangetas is, is spraakvryheid stomp naby die wortel afgeknip. Sou Malema se singery van "Skiet die Boere" nie presies dieselfde beperking kon opeis nie? Veral aangesien dit, anders as die minister se gewraakte stellings, lewens kan kos in 'n hoogs gepolariseerde samelewing. As twee individue mekaar slegsê is daar "maklike" uitweë soos laster, kriminele laster en crimen injuria. Of die individue kan soos twee goedkoop wekkers afgaan en mekaar met die teerkwas bydam, en enige eise so neutraliseer. Ek het doelbewus tot heel teen die einde van die artikel vir dié stelling gewag: Voor iemand my van rassisme beskuldig, gaan terug na die artikel en kyk of daar enige noem van ras was. Inteendeel, volkeregtelik word geen voorsiening gemaak om 'n groep, of volk, volgens ras te klassifiseer nie. Trouens, apartheid is as misdaad teen die mensdom verklaar. . Brieweredakteur Die Burger Op 30 Desember verlede jaar is Ilse Bigalke se rubriek, Mag SA burgerlike optrede in 2010 blom, in Die Burger geplaas. Ilse het hoofsaaklik die een faset van ‘n gepolariseerde gemeenskap – die welvaartsgaping, onder die loep geneem – iets wat in die vorm van die teorie relatiewe dedrivasie goed aan politieke sosioloë bekend is. Die hoofrede hoekom ek hierdie rubriek nou ophaal, is dat dit in die vorm van ‘n nuwejaarswenslysie aangebied is, en haar stelling dat alle landsburgers verantwoordelikhede het (om van die land ‘n beter plek te maak). Dit kan dus as ‘n soort barometer vir vordering of agteruitgang dien. Nou, na die debakel oor Julius Malema se omstrede sangtalent en die skynbare toename in plaasmoorde, wat boonop die lewe van Eugene Terre’Blanche geëis het, is dit miskien goed om ‘n voorlopige bestekopname te doen. As oud-verhoudingsbeampte is dit ongelukkig my ervaring dat die “hande uit die moue steek” en iets vir medemense in nood doen, oor die kleurgrens onder druk kom as polarisasie toeneem. Op ‘n webblad is byvoorbeeld erg teen Solidariteit se Helpende Hand-fonds uitgepak omdat ook swart

Page 55: Die Belang Van Verso en Ing

kindertjies van die kospakkies of skooltassies gekry het wat uitgedeel is. Boosaardig is gepredik hoe steun van Solidariteit weerhou gaan word. En dit was voor die moord op Terre’Blanche en voor die meeste van vanjaar se plaasmoorde. ‘n Voormalige president van die RGN, dr. Tjaart van der Walt, het ‘n geruime tyd voor die 1994-bedeling gewaarsku dat geen grondwet, nie eens die beste in die wêreld, kan werk as die mense mekaar nie verstaan en vertrou nie. Nogtans kry ‘n mens die indruk dat die grondwetskrywers wél te veel verwagtinge oor ‘n statutêr-gerigte gesindheid gekoester het. Soos die regter gesê het wat ‘n interdik teen Julius oor die sing van die “Skiet die Boer”-lied toiegestaan het, word gesindhede nie deur hofbevele bepaal nie. Dit werk in die harte van mense. Ilse het ook op die beperkings van pogings om relatiewe deprivasie te neutraliseer gewys. In die laat jare van die bestaan van die Presidentsraad se Maatskaplike Komitee is holisties ondersoek gedoen na die prosesse waarmee spanning met hul oorsprong in heterogeniteit begelei kan word. My versugting is dat hierdie verslag opdiep word, en toegepas word. Herman Toerien Gee hom genoeg tou... Dit sou amper gerusstellende gewees het as dit ‘n logiese afleiding sou kon wees dat ANC-stratege stilswyend vir Julius Malema tou gevoer het sodat hy homself kon ophang. Moontlik is dit wat nou in die praktyk gebeur het, maar dat dit so beplan is, lyk hoogs onwaarskynlik. Veel eerder lyk dit na ‘n geval dat Malema om ‘n onverklaarbare rede toegelaat is om gemoedere om te klits en polarisasie tot nuwe hoogtes te voer.. Wat ook al die motief was, hy het die land onberekenbare skade berokken, en moontlik selfs lewens gekos. Wat werklik onrusbarend is, is dat hy ‘n groot groep, veral jong mense, se gevoelens verteenwoordig. Dit voorspel min goed vir die land dat hierdie groep eendag aan bewind kan wees. In die aanloop tot die 1994-verkiesing het talle akademici reeds geskryf oor die produkte van apartheid – mense van verskillende rasse wat in verskillende woongebiede gebore word, skoolgaan, selfs universiteit toe gaan en dan vir die eerste keer op die werkvloer ontmoet. Dan weet hulle bitter min van mekaar, en verstaan mekaar se versugtinge, persepsies op die geskiedenis, mekaar se kulturele gebruike en vele meer nog minder. Dit lyk of spesifieke pogings, soos deur die SABC, min vermag het om ‘n nuwe, gemeenskaplike ideëwêreld te skep. Trouens, dit lyk of die propaganda-beginsel – mense sal hulle verset as hulle agterkom iemand probeer hulle beïnvloed – wel deeglik ingeskop het. Leerplanne wat ouers se bloed laat koop en byvoorbeeld meer op ANC-retoriek as werklike geskiedenis geskoei is, verhinder nie dat die ouers self hul kinders reghelp nie. Die werklikhede is ook in ensiklopedieë en op die internet te lese. Dit veroorsaak dat minstens ‘n deel van die jong mnse erg skepties teenoor die regering wat hulle sou ‘n rat voor die oë probeer draai – soos hulle dit beleef – grootword.

Page 56: Die Belang Van Verso en Ing

‘n Groot deel van die wit jeug deel eenvoudig nie dieselfde opvattings oor die geskiedenis en waar skuldvlakke moet lê as ‘n groot deel van die swart bevolking nie. Om ‘n heethoof soos Malema vrye teuels te gee verdiep die polarisasie. Volgehoue twakstories dat Malema nie vasgevat kan word nie weens die kultuur van die ANC, of weens die outonomie van die ANC-jeugliga, is as mite afgemaak toe die jeugleier skandes voor die wêreldmedia gemaak het, en hy wel uiteindelik en hopeloos te laat vasgevat is.. . Heel moontlik kom die druk wat suksesvol op die ANC toegepas is nie eens uit Suid-Afrika nie, maar vanuit Nepad wat kon insien dat Malema se vlerkslepery by Mugabe Nepad se skikkingsproses in Zimbabwe in die wiele ry. Die punt is: Die ANC kán hom stilmaak, en hulle kon dit al lankal gedoen het. Nou is eers tot gevaarlik na-aan die Wêreldsokkertoernooi gewag en was daar ‘n eskalasie in plaasmoorde sedert Malema sy “Skiet die Boere”-liedjie begin sing het wat hewig deur die ANC verdedig is. En toe, kort voor die wêreldbank oor ‘n groot Eskom-lening moes besin, gaan wangedra hy hom teenoor ‘n BBC-joernalis. Amper 24 uur later is sy mond gesnoer. Vandag, waar die elektroniese media van die wêreld net ‘n neutedop gemaak het, is ‘n dag ‘n baie lang tyd. In daardie ure van voete sleep is Suid-Afrika weer bitter baie skade berokken. Dit versterk boonop die persepsie dat dit nie ‘n geval was dat Malema sy hand in die oë van sy politieke hoofde oorspeel het nie, maar dat daar druk van buite moes wee. ‘n Suid-Afrika met ‘n Malema waarvan die vlerkies geknip en die mond genoegsaam gesnoer is, is ‘n beter plek. Spraak- en uitdrukkingsvryheid word immers, net soos alle ander menseregte, deur die regte van ander beperk. Niemand kan betwis dat Malema se spraak- en sangvryheid ander mense se regte, soos die reg op lewe, die reg op waardigheid, die reg op eiendom, die bietjie minderheidsregte waarvoor die grondwet voorsiening maak en vele meer erg bedreig het nie. Menseregte bring immers nie net vryhede nie, dit bring ook verantwoordelikhede. Of Malema in die doofpot gehou gaan word, is ‘n ander vraag. Staatsmanskap en politieke opportunisme Wanneer die vet in die vuur is, word die onderskeid tussen staatsmanskap en opportunistiese politiekery duidelik. Met die moord op die AWB-leier het die vet skouspelagtig in die Suid-Afrikaanse vuur geval. Dit het soos ‘n onverwagse hersieningstoets voor ‘n belangrike eksamen vir Suid-Afrika gekom, en die uitslag van hierdie toets gaan wys wie is staatsmanne en wie is opportuniste. Bykans alles wat kon saamspeel om hiervan ‘n omvattende toets te maak, het saamgespeel. Plaasmoorde, wat teen ‘n hoë koers voorkom, het ‘n eskalasie getoon sedert die ANC se heethoofdige jeugleier, Julius Malema begin sing het die Boere moet geskiet word. Die ANC het bont gepraat oor die nasionalisering van landbougrond. Peilings toon nie net ‘n hoë vlak van polarisasie nie, maar kom te midde van hoë werkloosheid, en terwyl meer en meer mense begin kennis neem dat Suid-Afrika die boonste sport van lande bereik het waar inkomstegapings gemeet word.

Page 57: Die Belang Van Verso en Ing

Die naderende wêreldbeker-sokkertoernooi verseker boonop dat die oë van die wêreld op die land gerig is. In Suid-Afrika kan breedweg onderskei word tussen diegene wat bloot begerig is dat die toernooi ‘n reuse sukses moet wees, en diegene wat bekommerd is dat sake soos slegte paaie, misdaad en politieke blapse die geleentheid in ‘n verleentheid kan omskep – wat ‘n langtermyn sleureffek op almal sal hê. Die land het die moord op Terre’Blanche so nodig gehad soos dwelmverwante bendebedrywighede. Dit is egter ‘n gegewe, en die land word skielik met ‘n hersieningstoets in die vorm van ‘n karaktertoets gekonfronteer. Voorlopige aanduidings oor hoe die land se politici vaar is gemengd. Op 6 April, meer as 350 jaar na Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het, was dit nodig dat die polisie ‘n rol doringdraad tussen wit en swart mense voor die hof uitrol toe Terre’Blanche se moordverdagtes verskyn het. Hierdie doringdraad kon kwalik ‘n groter verdeling van persepsies en sentimente simboliseer. Op dieselfde dag het die polisie ‘n betoger tydens onluste oor munisipale dienslewering doodgeskiet, net om te herinner dat die land se probleme op meer vlakke lê as net wit / swart. Die feit dat dit Terre’Blanche is wat vermoor is, het boonop die buitelandse media in hul argiewe laat blaai, en as Afrikaners gedink het die kwessie sal net vir die regering ‘n verleentheid wees, is die bal ver misgeslaan. Ook die Afrikaner is uit die inkpotte van die argiewe weer ‘n slag met die teerkwas bygedam. Niemand was wenners nie – die ganse land was verloorders. Daar was vlugge tekens van staatsmanskap. Staatsmanskap met voete van klei, het dit geblyk toe die Malema-fenomeen nie beslis en deeglik vasgevat is nie. Jare gelede het die destydse president van die RGN, dr. Tjaart van der Walt, die stelling gemaak dat geen grondwet, nie eens die beste in die wêreld, sal werk as die land se mense mekaar nie ken en vertrou nie. Hierdie sentiment is juis ook nou ge-ego toe die regter wat ‘n tussentydse interdik teen die sing van “Skiet die Boere” gesê het die polarisasie kan nie met ‘n hofbevel besweer word nie, net in die harte van mense. Dit is waar staatsmanskap van politieke opportunisme onderskei word. Die staatsman tree strategies in belang van die land op, van al die land se mense, al is dit nie oral gewild nie. Die staatsman lei met visie, en nie op grond van politieke impulse wat by die uur verander nie. Die staatsman is ‘n bouer, nie ‘n sloper nie. Daarom duld hy ook nie slopers in eie geledere nie. Die staatsman betrek adviseurs wat met kundigheid adviseer, nie met dit wat die staatsman graag wil hoor nie. Die staatsman se brandstof is respek, nie populariteit nie. Populariteit is bloot ‘n bonus. Malema verteenwoordig die anti-pool hiervan, en dit is ‘n tragedie dat hy ‘n breë persepsie van ‘n groot deel van die land se jeug verwoord. ‘n Staatsman stel die voorbeeld met integriteit en ‘n sin vir geregtigheid, al moet hy ongewilde keuses maak. Ideologiese verknogtheid staan nie bo realiteite nie. Wanneer die plofbare situasie in die land deur staatsmanskap oor die spektrum, maar veral in die regerende party gestabiliseer het, sal die klimaat vir gewone politieke aktiwiteite – dit wil sê aktiwiteite akkommodeerbaar binne

Page 58: Die Belang Van Verso en Ing

die ruim grondwet en vry van bloedvergieting, funksioneer soos ‘n demokrasie veronderstel is om te funksioneer. As die hersieningstoets aan die lig bring dat die grondwet volgens moderne vereistes soos dié van die Europese grondwet aangepas moet word, dan moet dit ernstig opgeneem word en nie net ideologies van die tafel gevee word nie. Die eksamen vir die land durf nie dieselfde debakel as die land se matriekeksamens oplewer nie. Die kuns om die ANC te interpreteer Suid-Afrika het gister met verstomming waargeneem hoe eers berig is dat die ANC sy singende jeugleier die swye oplê om verder die liedjie, “Skiet die Boere, te sing, om kort hierna te verneem dit word ontken, en later te hoor dit het in effek wel gebeur. Steeds is daar verwarring, met die ANC se jeugliga wat ontken dat so ‘n opdrag ontvang is, en boonop rammetjie uitnek vooraf kennis gee so ‘n opdrag, sou dit ontvang word, sal geïgnoreer word. Terwyl die land se ontleders, selfs vanuit ‘n volkekundige hoek, sin uit die gebeure probeer maak, moet die land hom in die internasionale politieke terrein handhaaf. Ekonomies is die land immers nie ‘n eiland nie. Kan die wêreldbank werklik waag om miljarde rande aan ‘n land te leen, al is dit vir die opwekking van broodnodige krag, terwyl die regering in effek die polarisasie in so ‘n land help aanblaas? En wanneer die regering wel op ‘n manier reageer, te reageer op ‘n manier te reageer wat vir die beskaafde wêreldnorme vreemd is, om dit sagkens te stel? Die wêreldbank het reeds aangedui dat geen transaksie waarby die instansie waarby Chancellor House geaffilieer is, ‘n sent van die geld gaan kry nie. Chancellor House is die ANC se sake-arm, en hierdie transaksie sou die ANC ‘n meevaller van ‘n miljard rand besorg het en uiteraard die hele basis waarop die grondwetlike bestel gebou is waarskynlik blywend verder skeeftrek. Ten spyte van die Wêreldbank se versekerings is dit moeilik om in te dink hoe die projekte gefinansier kan word sonder dat Chancellor House deur ‘n komplekse stelsel van kontrakte en subkontrakte nie tog maar die vingers in die koekieblik gesteek kry nie. Sterk stemme uit Suid-Afrika gaan dus op dat die leningsaansoek afgekeur moet word, en dat ‘n heel nuwe, en skoon kontrak herbeding word. Soos te wagte, gaan die teenstemme op asof dit die laaste kans is om ‘n lening te kry, en dat Suid-Afrika in ‘n liederlike penarie sal wees as die lening afgekeur word. In die proses kyk die ANC die punt mis dat die kontroversie nooit sou gegeld het as internasionaal aanvaarde norme vanaf die staanspoor gevolg is nie. Trouens, die ANC tree al hoe meer op asof Suid-Afrika ‘n norme-eiland is. Pres. Jacob Zuma het selfs ‘n debat aangevra met die doel om etiese norme so te definieer dat praktyke wat internasionaal as afskuwelik beskou word, in Suid-Afrika moontlik aanvaarbaar sal wees. Die huidige Eskom – Wêreldbank-koppestamp kan vir die voorgenome wettiging van allerlei korrupte, nepotistiese, ondemokratiese praktyke en belangebotsingpolitiek ‘n groot toets word. Robert Mugabe het die paadjie van eie norme probeer loop, en hoewel dit deur ‘n deel van Suid-Afrika en dele van Afrika geloof word, het dit die eens

Page 59: Die Belang Van Verso en Ing

welvarende buurland in ‘n ekonomiese moeras gedompel. Ten spyte van Suid-Afrika se voortydige pogings om Zimbabwe weer in die internasionale arena te verwelkom, bly Zimbabwe internasionaal ‘n muishondland. Die vinnigste manier om Suid-Afrika in daardie geledere te laat opgaan, en die land te laat ondergaan, is om Julius Malema se Zimbabwe-ekskursies te loof, om kort-kort strelende geluide oor Zimbabwe se grondroof te maak, en vol te hou om geldende internasionale norme as westerse imperialisme swart te smeer. Om die ANC, en dus Suid-Afrika, se manier van agteruit regeer te verstaan en te interpreteer, verg nie net ‘n deeglike volkekundige kennis nie. Dit wil al lyk of politieke ontleders ook ‘n studie van die Mafia onder die knie moet hê. Van Riebeeckdag en Eugene Terre’Blanche Vandag, 6 April, is nie meer ‘n vakansiedag nie al is dit die dag waarop Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap gedenk word. Vandag is ook die dag waarop Eugene Terre’Blanche se vermeende moordenaars in die hof verskyn het. Dit is meer as net ‘n tikkie ironie dat juis vandag ‘n dag is waarop die oë van die wêreld, en ook die Afrikaner se stamlande, op Suid-Afrika gevestig sal wees. Soos Van Riebeeck in 1652 skouer kom skuur het met inwoners wat kultureel bykans niks met hom gemeen gehad het nie, so is blank en swart vandag voor die landdroshof in Ventersdorp met ‘n rol doringdraad van mekaar geskei. Meer as drie en ‘n half eeue later is daar nog baie ooreenkomste tussen destyds en vandag. Die belangrikste ooreenkoms is die oorvloed verskille tussen die mense. Die werklike verskille word verder deur persepsies verdiep. Hierdie verskille word nou in gekonsentreerde vorm in die buitelandse pers geplaas. Uit van die berigte is dit duidelik dat ‘n paar onverantwoordelike optredes deur van die wit ondersteuners, die wins wat die Afrikanersaak met moeite die afgelope aantal jare in buitelandse menings gemaak het, in ‘n ommesientjie tot niet kan maak. Van die persepsies wat oor jare gebou is, is steeds diep gesetel en bykans elke berig oorsee stel Eugene Terre’Blanche as “die rassis” voor, selfs by herhaling as meer as een berig reeds geplaas is. Die Afrikaner het veel meer te wen deur fatsoenlik op te tree. Die georganiseerde landbou en landbouers met internet kan veel meer vermag deur juis nou feite die wêreld in te stuur deur mites oor blanke boere wat hul swart werkers mishandel die nek in te slaan. Hierdie persepsies staan duidelik nog sterk onder die swart gemeenskap, en selfs vanuit blanke geledere word gemaan dat emosies oor plaasmoorde getemper moet word deur blanke boere wat hul plaaswerkers vermoor. Dat daar sulke insidente voorkom, is ongetwyfeld so. Of die omvang hiervan hoegenaamd opgeweeg kan word teenoor die tussen 1 600 en 3 000 boere wat sedert 1994 vermoor is, is egter te betwyfel. Trouens, die oproer en mediadekking tydens sake soos die leeukamp-sage en die watertenk-saak gegenereer word, skep die indruk dat die land in konstante konsternasie sou wees as hierdie soort insidente – nie almal blyk uiteindelik moorde te wees nie –op ‘n beduidende skaal voorgekom het.

Page 60: Die Belang Van Verso en Ing

Die belangrikste is dat die Afrikaner nou volkome fatsoenlik optree. Spraakvryheid Die polarisasie wat rondom die liedjie, Skiet die Boere, aan die opbou is, word nog plek-plek in akademiese kringe aangehelp deur ‘n argument oor spraakvryheid. In die Suid-Afrikaanse grondwet, soos die meeste grondwette wat ‘n erkende handves van menseregte insluit, is dit nie net tot spraakvryheid beperk nie, maar dit maak deel uit van ‘n groter reg, die reg op uitdrukkingsvryheid. Die SA-grondwet maak ook deel uit van ‘n kleiner groepie wat persvryheid by die naam lys. In ‘n onlangse studie het die FW de Klerkstigting Suid-Afrika ‘n B-simbool gegee vir die vlak van uitdrukkingsvryheid. Onder die sake wat dit vertroebel, tel die teenspoed wat ‘n student op die lyf geloop het toe hy nie al sy vingers gebruik het toe hy ‘n Zuma-konvooi begroet het nie. Persvryheid is onontbeerlik vir die bestaan van demokrasie, en word in die westerse wêreld as ‘n integrale, hoewel nie-amptelike, deel van die demokratiese prosesse beskou. Dit handel nie net oor die waghondfunksie nie, maar ook om die publiek ingelig te hou, want slegs ‘n ingeligte publiek kan behoorlik die demokrasie uitleef. Die versoeking is dus gewoonlik groot om van die openbare uitsaaier ‘n regeringsinstrument te maak – His Master’s Voice. Spraakvryheid maak ook ‘n hoeksteen uit van die liberalisme. Sy mees ongebreidelde vorm is onlangs getoon toe die DA-LP, Lindiwe Mazibuko, pres. Zuma se voorstel oor ‘n debat oor etiek geopponeer het op grond daarvan dat die nesskop van etiese norme inbreuk op spraakvryheid sou maak. Spraakvryheid, of uitdrukkingsvryheid, kan soos alle ander regte egter nie onbeperk te wees nie. ‘n Duidelike demonstrasie hiervan was toe veiligheidstoegang tot sekere Pretoriase woonbuurte opgerig is, en dit deur die ANC-beheerde raad geopponeer is. Hier het die raad se aandrang op bewegingsvryheid te staan gekom teen die inwoners se reg op veiligheid, reg op lewe, reg op eiendom en vele ander. Net so ontmoet spraakvryheid die grense van ander se reg op privaatheid, reg op waardigheid en vele meer. In Suid-Afrika is die oorwig egter sterk in die rigting van spraakvryheid geklee omdat groepregte, of anders gestel, minderheidsregte, in ‘n baie beperkte mate in die handves van menseregte ondervang is, anders as in die meeste moderne grondwette. Die meeste beperkings op spraakvryheid spruit uit groepregte, soos haatspraak. Individue se verskansing is in terme soos laster, crimen injuria en kriminele laster gesetel. Omdat groepregte in Suid-Afrika ‘n politiek-geringe gewig dra, word haatspraak in sommige akademiese kringe as weinig meer as ‘n lastigheid beskou omdat dit so beperkend op spraakvryheid inwerk. Ironies erken die liberalisme wel ook perke op spraakvryheid, en wel wanneer sekere kwesbare groepe die slagoffer daarvan is. Onlangs het ‘n ander DA-LP, dr. Annalie Lotriet, op die afdanking van die minister van Kuns en Kultuur gemaak oor sy deur ‘n lesbiese kunsuitstalling geskok is en haar mond uitgespoel het.

Page 61: Die Belang Van Verso en Ing

Groepregte wat op ‘n staatkundige manifestasie dui, het egter nie in ‘n liberale omgewing geskoei op individuele regte staanplek nie. Spraakvryheid is egter nie iets wat volgens ‘n persoon se eie ideologiese oordeel aan- en afgeskakel kan word nie. Wanneer mense se lewens deur haatspraak in gevaar gestel word, behoort daar nie eens oor die kwessie gedebatteer te word nie, en dit is tot dusver die koers wat die howe inslaan. Dat dit inbreuk maak op liberale denke is te ene male so. ‘n Burgerlike instansie wat hom vir spraakvryheid beywer het as party tot die destydse geding oor die Klill the Boer, kill the farmer-sage toegetree en hard geargumenteer teen die verbod daarop. Die sage om Malema se haatspraak tot orde geroep te kry, kry reeds uit onverwagte akademiese kringe teenspoed. Hoe akademies-onverantwoordelik hierdie akademici argumenteer blyk daaruit dat onlangse akademiese studies die verband tussen haatspraak en die Rwandese volksmoord duidelik uitgespel het. In ‘n gepolariseerde samelewing moet mense, veral minderhede, egter teen haatspraak en die potensiële gevolge beskerm word. Die internasionale reg vereis dit. Moord op Eugene Terre’Blanche: Implikasies ‘n Ongelooflike aantal kontemporêre gebeurtenisse maak dat die moord op mnr. Eugene Terre’Blanche veel ingrypender is as wat die geval met die meeste ander lede van die publiek sou wees.

• Die moord het op Terre’Blanche se plaas plaasgevind, wat dit deel van die land se ontstellende plaasmoordstatistiek maak, al was dit geen gewone plaasaanval nie. Volgens Interpol is die moordkoers onder Suid-Afrikaanse boere in die orde van 300 per 100 000 per jaar, teenoor Suid-Afrika se gemiddelde moordkoers van net onder die 40 per 100 000 per jaar. Die wêreldgemiddeld is 5 per 100 000 per jaar, en dié vir Wes-Europa ongeveer een per 100 000 per jaar. Daar was die afgelope drie maande ‘n merkbare toename in plaasmoorde.

• Dit kom te midde van ‘n ongelooflike losmaak van emosie oor die ANC-Jeugleier se volharding met die sing van ‘n liedjie waarin gevra word die Boere moet geskiet word, verder aangeblaas deur die ANC steun vir die sing van die liedjie, en kennis dat appèl aangeteken word teen hofbeslissings wat impliseer die liedjie kom op haatspraak neer, en dat dit juis kan lei tot ‘n toename in plaasmoorde. Daar was juis ‘n hele aantal sulke moorde sedert Julius Malema met die sing van die liedjie begin het, verskeie waarvan die uitsluitlike motief skynbaar moord was.

• Polarisasie, en spesifiek rassepolarisasie, is volgens opnames op die hoogste vlakke sedert apartheid afgeskaf is. Baie meen die vlakke is nou hoër as tydens apartheid.

• Dit kom te midde van onverklaarbare presidensiële leiding waar ‘n dawerende swye gevoer word oor sake wat gebiedend ter wille van versoening aangespreek moet word. Op ministersvlak is ‘n bontpratery van die eerste water oor sake soos nasionalisering, en meer spesifiek, die nasionalisering van landbougrond. Malema was juis nou op ’n solidariteitsbesoek aan Robert Mugabe, die ergste eietydse grondrampokker, terwyl die regering ook aangedui het dat dit teen ‘n hofbevel gaan appelleer wat dit vir Suid-Afrikaners wie se grond in

Page 62: Die Belang Van Verso en Ing

Zimbabwe geroof is, moontlik maak om op nie-diplomatieke eiendom van Zimbabwe in Suid-Afrika beslag te lê. Die regering se voorneme om te appelleer het ook eers gekom na met die beslagleggingsproses begin is wat die indruk skep dat die regering onder druk van Mugabe geswig het.

• In ‘n sekere sin is die moord op Terre’Blanche die kersie op die koek van ‘n rits uiters negatiewe berigte oor Suid-Afrika wat in buitelandse koerante begin verskyn het. Hieronder tel berigte oor plaasmoorde, die rekordaantal burgers wat verlede jaar deur die Suid-Afrikaanse polisiediens doodgeskiet is (meer as 500), munisipale dienslewering wat in duie stort en veral rioolprobleme wat gesondheidsgevare skep. Onder die mense wat vanjaar reeds in plaasmoorde gesterf het tel ‘n Belgiese en ook ‘n Kanadese burger. Dat die ANC-regering elektrisiteitspryse skerp laat styg het, en die organisasies sowat ‘n R1 miljard wins gaan maak uit ‘n transaksie met Eskom, gaan ook nie deur die buitelandse pers misgekyk word nie.

• Morele waardes en vlakke van etiek in die land is so in die grond getrap dat selfs die ANC daaroor bekommerd is, maar dit wil bespreek om ‘n nuwe waardestelsel te skep waarbinne baie van die huidige vergrype skynbaar nie meer as verkeerd beskou sal word nie. Baie kenners bring hierdie gebrek aan morele waardes met die land se misdaadkoers, en meer spesifiek die geweldsmisdaadkoers in verband.

• Die land staan op die vooraand van die aanbied van die volgende Wêreldsokker-eindtoernooi. Die oë van die wêreld gaan binnekort soos nog nooit tevore nie op Suid-Afrika gerig wees, en dit is reeds duidelik dat die vergrootglase op die land gerig gaan wees.

Die lysie kan baie langer gemaak word, soos om na die Silemane-kwessie, ministers se tenderpreneurskap, opgeskorte vervolgings, die wurms wat steeds uit die wapentransaksie kruip, en vele meer te verwys. Minder as 24 uur na die moord, oor die Paaslangnaweek wanneer baie nuusmedia en meningsvormers nie beskikbaar is nie, het die moord, met die spesifieke woorde “murder of Eugene” reeds meer as 100 000 trefslae op Google opgelewer. Dié sinsdeel is gebruik weens die verskillende vorme waarmee Terre’Blanche se van gespel word. Terwyl sommige van die opgelewerde trefslae na moorde op ander Eugene’s verwys, kan nog baie ander trefslae met ander woordkombinasies en in ander tale verkry word. Dit is nie vergesog om af te lei daar sal waarskynlik reeds ‘n miljoen berigte op die internet wees wat in die een of ander taal na die moord verwys nie. Die punt is egter dat die fokus eensklaps oneindig skerper op Suid-Afrika val. Suid-Afrikaners kan hulle maar vetsmeer dat joernaliste wat na invalshoeke vir stories soek, nou weer, soos onlangs die geval was, weer mediaverwysings na pres. Zuma se Suid-Afrika as ‘n terugkeer na die donker eeue sal verwys, en dat Zuma se poligamie en buite-egtelike kroos opnuut onder die vergrootglas gaan val. Gister en eergister is mense wat teen dié ontvouing gewaarsku het as alarmiste, reaksionêre, blikkieskosopgaarders en vele meer uitgeskel. Met een moord is die reëlboek herskryf. Dit gaan ‘n rukkie neem om die nuwe grense tussen realiste en naïewelinge te trek. Oorreaksie gaan aan die orde van die dag wees.

Page 63: Die Belang Van Verso en Ing

Die land vereis nou staatsmanskap van die eerste orde. Nie net van pres. Zuma nie, maar na leiers oor die hele spektrum. En liedjies soos dit wat Malema so graag aanhef hoort in die vullisdrom. G’n ‘n ge-maar hieroor nie.

Let asb, onderstaande was my 1 Aprilstorie, en ‘n regse webblad en het dit groot konsternasie geplaas). Wêreldhof gee groen lig In 'n onverwagse verwikkeling het die Wêreldhof in Den Haag beslis dat 'n Afrikanervolkstaat weens onderdrukkende maatreëls onafhanklikheid kan verwerf. Die Afrikanerstigting, bygestaan deur Afri-Instituut, wat die aansoek voor die hof gebring het, hys reeds môre, 1 April, die nuwe staat se vlag op Brandvlei. "Om te slaag in die aansoek moes ons nie net onderdrukking bewys nie, maar ook 'n lewensvatbaarheidsplan, en ingevolge die Volkereg ondernemings gee dat ons nie op ons beurt minderhede in die nuwe staat aan soortgelyke onderdrukking sal onderwerp nie. Die gebied wat môre onafhanklik word, strek van die samevloeiing van die Oranje- en Vaalriviere tot by Prieska, en daarvandaan suid tot by Calvinia.,'" sê die uitvoerende direkteur van die Afrikanerstigting, dr. Eugene van Tonder. "Die voorbereiding van die hofsaak het drie jaar lank geduur. Ons is baie gehelp deurdat die regering deurentyd besluite geneem het wat ons saak versterk het. Die laaste was die ANC se besluit om te appelleer teen die hofbevel wat "skiet die Boere" verbied het. Die regter was baie uitgesproke in sy afkeer oor die ANC se houding hieroor, en dit het waarskynlik saam met die regering se weiering om 'n sonsondergangklousule aan regstellende aksie te plaas, die deurslag gegee," aldus mnr. Robert Terre'Blanche, voorsitter van Afri-Instituut. "Boonop het die regering, wat as respondente moes optree, nooit enige aksie geneem om die saak te opponeer nie. Trouens, die regering se regspan het nie by 'n enkele sitting opgedaag nie." Sapa se navrae by die Ministerie van Internasionale Betrekkinge het 'n geskarrel afgegee. Teen druktyd het dit voorgekom asof die amptenaar wat hiermee moes werk, die afgelope vier maande nooit op kantoor was nie, en dat die kennisgewing van die voorgenome gehoor reeds maande op sy lessenaar lê. Gerugte dat dit eintlik 'n skynpos is om 'n salaris te trek vir werk wat hy in Lethuli-huis verrig, kon nie bevestig word nie. "Ons eerste taak na die vlaghuising is om 'n tonnel deur 'n ysterklipkoppie by Prieska te graaf, en sodoende 'n deel van die Oranje se water in sy oerstroom te kanaliseer. Daardie water sal tot naby Calvinia vloei, en van daar weer in die bedding van die Sakrivier terug na die Oranje. Hierdeur word ons in staat gestel om duisende hektaar onder intensiewe besproeiing te plaas. Naby Loxton stort die water oor 'n waterval, en 'n groot hidro-elektriese kragsentrale word hier aangelê. Ons het reeds 'n saak geregistreer om, namate ons waterbehoeftes toeneem, oordrag van Lesotho se Hooglandskema na Gauteng te beperk. "Ons hoop om binnekort met bilaterale samesprekings met Orania te begin. Ons voel Orania is die Afrikaner se geestelike metropool," aldus Van Tonder.

Page 64: Die Belang Van Verso en Ing

April 2010 Verslaggewers sonder grense oor Godslastering en spraakvryheid Die persvryheidsinstelling. Verslaggewers sonder Grense – in die Engelssprekende wêreld bekend as Reporters without Borders, het gister in ‘n lang verklaring gereageer op die ‘n resolusie wat die VN se Mensetregteraad op 25 Maart aanvaar het.

Hierdie resolusie verbied godslastering. Verslaggewers sonder Grense (VSG) meen egter dié resolusie beskerm sekere godsdienste, in die besonder Islam, van kritiek teen onaanvaarbare gedrag, en plaas ‘n onnodige beperking op uitdrukkingsvryheid, en dus in effek op persvryheid. Die VSG se verslag kan gelees word by http://www.rsf.org/Human-Rights-Council-resolution-on.html Dit lyk of die VSG ‘n punt beet het. Die voorstel is deur Pakistan ingedien namens die Organisasie van die Islamitiese Konferensie. Die VSG meen godsdiensvryheid is net so belangrik soos uitdrukkingsvryheid, en dat die een nie sonder die ander kan bestaan nie. In ‘n sekulêre wêreld is dit eenvoudig so dat gelowiges gereeld onder uitsprake en optredes sal deurloop wat ten doel het om die betrokke Opperwese af te kraak. In die VSA het ‘n militêre kapelaan teenspoed opgedoen omdat hy “verbode dele” van die Bybel voorgelees het, soos dat God, dws die God van die Christendom, die enigste Here is. Hierdeur word aan Moslems aanstoot gegee. Hy het ook van Jesus gelees, en daardeur sou hy die Jode aanstoot gee. Moslems is weer dikwels ontsteld oor spotprente in die Weste wat van Mohammed a karikatuur maak, en nog verder ontstig omdat die lande se regerings oor die algemeen die kunstenaar beskerm omdat hy bloot sy reg op vryheid uitoefen. Persvryheid word vandag as een van die belangrikste hoekstene van demokrasie beskou, en word nou ook deeglik deur die internet gerugsteun waar kaalkop die waarheid vertel word – en ongelukkig ook dikwels leuens, laster en haatspraak. Op die jongste VSG-indeks is daar vanjaar reeds 6 joernaliste in die uitvoering van hul werk dood, 168 joernaliste agter tralies, 10 media-assistente in die tronk en 119 kuberskrywers toegesluit. Die meerderheid is agter tralies weens politiek-verwante redes, hoewel in verskeie gevalle die slagoffers teenspoed gekry het omdat die betrokke lande die joernaliste van godslastering beskuldig het. Verskeie hoë profiel verslaggewers is op die oomblik voortvlugtig voor hierdie eietydse inkwisisies. Die verbod op godslastering kom te midde van ‘n verbete stryd internasionaal om uitdrukkingsvryheid tot ‘n tipe super reg te verhef, wat erg beperkend op ander regte soos die reg op veral waardigheid inwerk. Dié debat het ook in Suid-Afrika gemanifesteer met die ANC wat vierkantig sy gewig agter Julius Malema se singery van “Maak dood die Boere want hulle is verkragters” ingewerp het. Minstens een Hooggeregshof het tot dusver egter saamgestem dat dit haatspraak is, en dit verbied. Die DA het ‘n lang verklaring uitgereik om pres. Jacob Zuma se planne oor ‘n debat oor die definiëring van norme teen te staan, omdat so ‘n normestelsel spraakvryheid sou beperk.

Page 65: Die Belang Van Verso en Ing

Daar is bepaalde redes hoekom godsdiensvryheid nie maar sommer as net nog ‘n mensereg hanteer kan word nie. In die reël plaas godsdienste hul Opperwese as ‘n wese ver bo die mens verhewe, onaantasbaar van kritiek. Die Christelike godsdiens ken, vanuit Bybelse gesag, net een onvergeeflike sonde, naamlik laster teen die Heilige Gees. In verskeie tekste maan die Bybel teen die verwoestende effek van die tong wat dinge kwytraak wat moes gebly het. Boonop plaas die Christen die Bybel bo enige mensegeskepte kodes, soos ‘n Handves van Menseregte, veral waar daardie Handves strydig met Bybelse gesag is en onder meer aborsies op aanvraag moontlik maak. Op die oomblik woed daar in Volksblad se briewewebwerf ‘n diskoers oor die evolusieleer waar Christelike liefde en selfs die waarheid van die eerste slagoffers was. Die wysheid van Salomo is nodig. Landbou en regering binne ‘n regering Tydens die provinsiale grondberaad in die Vrystaat, na afloop waarvan Vrystaat Landbou ‘n klag van haatspraak teen die destydse hoof van Veiligheid en Sekuriteit in die Vrystaat, Jack Klaas gelê het, het ‘n spreker sydelings opgemerk dat Robert Mugabe gekry moet word om Suid-Afrika se grondhervormingsprogram te lei. Hy is toegejuig. Dieselfde het by verskeie ander forums gebeur. Hierdie onverkwiklikheid het gekom kort na die regering, onder leiding van die destydse president Thabo Mbeki, ‘n landbou-ontwikkelingsplan met Agri SA onderteken het. Kort hierna, lynreg in stryd met die ondertekende dokument, ruk die minister van Landbou, Toko Didiza, ‘n dokument uit. Na groot ontsteltenis uit lanbdbougeledere het hierdie dokument ‘n besprekingsdokument geword. Sedertdien is dit duidelik dat daar twee denkrigtings binne die regering is – ‘n populistiese sonder voete in die praktyk, en ‘n kleiner praktykgerigte benadering. Die populiste beskou skynbaar die praktykgerigte insette as irrelevant, al is dit formeel deur die regering onderteken, of hoogstens as ‘n tydrowende lastigheidsfaktor. Die dualisme is in ‘n mate vererger deur die departemente van landbou en van grondsake op Kabinetsvlak te skei. Intussen wil die landbou standvastigheid in ‘n erg veranderende omgewing vind, sodat hul eie bestaan, asook dié van hul werkers, bestendig kan word en die land ‘n mate van voedselsekuriteit kan beleef. Die jongste bontpratery oor eiendomsreg in die landbou is die jongste manifestasie van dié teenstrydighede. Ongelukkig strek die ideologiese dwalinge oor ‘n wye front, soos die vrye teuels wat aan Julius Malema gegee is om “Skiet die Boere” te sing, herhaalde onkunde aan selfs die kant van die president wat skynbaar glo klein lappies grond kan so lewensvatbaar wees dat dit landelike armoede kan teenwerk, en vele meer. Landbou en grondsake is gans te gespesialiseerde velde om salarisse aan gefrustreerde ideoloë te betaal, en dan dié ideoloë se indienshouding te regverdig deur van hul produkte as iets voor te hou wat nie maar bloot in die snippermandjie hoort nie.

Page 66: Die Belang Van Verso en Ing

Dit is goed en wel die Departemente van Landbou en van Grondsake trek van tyd tot tyd akademici in om te help met beleidsformulerings. Van hierdie mense word selfs oortuig dat dit die werklike hartklop van die departemente verteenwoordig, en is dan in besprekingsforums minder alarmisties. Die ideologiese politieke kommissarisse is egter dié met die politieke invloed, en loop gereeld die tegnokrate uit ontkantposisies plat. . Die gevolg is dat Suid-Afrika nou erg begin neig in die rigting van ‘n dupliserende regering. Nie, soos die minister van Samewerkende Regering meen op munisipale vlak gebeur waar belastingbetalersverengings as noodmaatreël instaan vir onkapabel munisipale owerhede nie, maar op alle vlakke waar die land tegelyk uit die parlement en Lethuli-huis regeer word. In die proses is daar te veel teenstrydige belange wat gekoester word, en rig hierdie twee regerings saam minder uit as wat een regering behoort te doen. En al hoe meer sake beland in die howe. Wat het van ons stemme geword? “Ons sal jul stem wees.” ‘n Baie stil stem, blyk dit opnuut noudat die ANC aangedui het dat dié organisasie gaan appelleer teen ‘n Hooggeregshofbevel dat die sing van ‘n liedjie, Skiet die Boere want hulle is verkragters” verbied word. Die ANC het ook traag van die liedjie, Kill the Boers, kill the farmers,” afgestaan nadat dié liedjie ook met baie moeite tot haatspraak verklaar is. Maandag vra Afriforum en TLU SA ook ‘n interdik aan wat Julius Malema sal verbied om die liedjie te sing. Nie baie mense het “geval” vir die verkiesingsbelofte van “ons sal jul stem wees” nie, maar dit is nogtans hinderlik hoe stil dit uit daardie geledere is wanneer verkiesingsbeloftes so blatant vertrap word. Daar is nie eens ‘n piep uit die ANC van die destydse selfverklaarde Trojaanse perd se ruiters nie. Daar kan in hierdie stadium maar net bloot bespiegel word oor die motief van die ANC om nou die polarisasie in die land so hoog te jaag. Juis nou, noudat die oë van die wêreld op Suid-Afrika gerig is. Berigte in die buitelandse pers waarin onbesonnenhede van die regeringswoordvoerders, en geweldsmisdaad hier te lande aan die groot klok gehang word, neem toe. Gister het die Nederlandse koerant Trouw die rekord aantal slagoffers verlede jaar as gevolg van polisieskietery onder die loep geneem en sommer na die land as gewelddadige status verwys. Om juis nou die vure te stook, maak eenvoudig nie sin nie. Agri SA bespiegel kliphard dat die skerp toename in plaasaanvalle die eerste drie maande van vanjaar verband hou met politici se haatspraak. Tussenin word ‘n erg onverkwiklike koers met pleknaamveranderings gevolg. Gemoedere word in ‘n oorverhitte klimaat opgejaag. In die Vrystaat is hierdie kwessie juis ten nouste verweef, aangesien ‘n klag van haatspraak teen die voorsitter van die pleknamekomitee gelê is, en die Menseregtekommissie aandui geen vordering kan gemaak word nie omdat hulle hierdie voorsitter kamma nie kan opspoor nie. Stuk – stuk word die Kemptonparkse skikkingsooreenkomste van die tafel gevee.

Page 67: Die Belang Van Verso en Ing

Liberaliste vind skielik dat hulle in hoeke vasgeverf word. Bekpraatjies oor hoe die land se probleme deur filantropiese benaderings aangespreek kan word, beland nou op die ashoop.

Skree ôlôg, ôlôg! ‘n Halfeeu gelede sien ‘n geamuseerde Afrikaanse ma deur die venster van hul Amerikaanse huurhuis hoe haar jongste knaap met net ‘n kortbroek aan, die straat afstorm met ‘n horde Amerikaanse speelmaats agterna. Anders as die vierjarige Suid-Afrikanertjie is die klein Yanks in langbroeke, hemde en sneakers geklee. “Olog! Olog!” gil die knapie sy strydkreet aan. “Olog, olog!!” volg die Amerikaners. As ‘n man nou nie Engels ken nie, leer jy eenvoudig die Yankees Afrikaans. Net so min as wat die spannetjie Yankees verstaan het wat die kreet beteken wat hulle aanhef, net so min het die Malema-aanhangers ‘n begrip van die impak wat dit op mense het as op mekaar geskiet word. Oorlog is altyd lelik. Die oudste lid van die ANC se jeugliga was immers in die orde van tien jaar oud toe die destydse regering die Rubicon oorgesteek het. Werkloos en verveeld voel hierdie groep verneuk omdat hulle die opwinding, soos wat onkundiges dit mag ervaar, van ‘n gewapende stryd ontneem is. Soos die klein Yanks se lus vir “olog”-maak sou verdamp namate hul Viëtnambeurt nader kom, so sou hierdie grootmonde wat afbrekende lawaai en haatspraak opdis ook versigtiger met woorde omgaan sou hulle besef dat slagoffers soms terug skiet en dat doodskiet nie altyd ‘n eensydige affêre is nie. Die rits plaasmoorde sedert die ANC se hofnar en kroonprins, Julius Malema, met sy singery dat boere geskiet moet word begin het, dui daarop dat dit nie geduld durf word nie. Die ANC se swye en selfs goedpraat hiervan is laakbaar. Dit is goed en wel dat daar regsprosesse is wat eventueel sake kan stuit, maar baie onskuldige mense kan intussen sterf. Daarom is die voorgenome interdik teen Malema, sou hy nie om verskoning vra en sy aanstigting staak nie, ‘n baie goeie idee. Etiek-debat doodgebore Die misdaad en veral geweldsmisdaad wat die land teister word dikwels toegeskryf aan ‘n morele verval. Iemand wat bloot honger is, sal byvoorbeeld nie ‘n luukse motor kaap en die bestuurder doodskiet bloot om kos vir hom en sy gesin te kry nie. Of boere op plase deur die slaapkamervensters skiet sonder om iets te buit nie. ‘n Morele herstel is noodsaaklik. Dit strek wyd tot die vestiging van ‘n etiese kode, soos die daarstelling van werksetiek. Juis daarom sou pres. Jacob Zuma se voorstel, en nou planne, vir die debattering oor morele waardes nie onvanpas klink nie, maar eerder presidensieel. Dit blyk egter dat dit nie doel van die voorgestelde debat sal wees nie, maar om beweerde gebruike van sekere groepe teen mekaar op te weeg omdat, soos hy dit stel, praktyke wat vir sommiges moreel verkeerd is, vir ander nie noodwendig verkeerd is nie.

Page 68: Die Belang Van Verso en Ing

Die voorbeelde wat hy noem is werklik ontstellend. Aan die wortel hiervan is artikel 96 van die grondwet wat kabinetslede verbied om ander betaalde werk te verrig of belange te hê wat tot ‘n konflik van belange kan lei nie. Dieselfde artikel skryf ook die daarstelling van en uitlewing van ‘n gedragskode voor. Nog ontstellender is die verwatering van die beginsel dat ‘n regerende party in algemene belang moet regeer. Presies wat is daar te debatteer dat die ANC se Chancellor House sake met Eskom doen, en die ganse bevolking daarvoor betaal? Hierdie is kwessies wat deur die eeue deel van die wêreld se grondwetlike demokrasieë geword het. Deur konvensie is elke beginsel aan die praktyk getoets, en het onlosmaaklik deel geword hiervan. Die redes is voor die hand liggend. Kabinetslede het bykans onbeperkte toegang tot geklassifiseerde inligting, en sou etiese beperkings nie geld nie, sou kabinetslede ‘n bepaalde voorsprong hê by die benut of verkoop van hierdie inligting wanneer daar milti-miljard rand wapentransaksies opduik, sou nuwe besproeiingskemas beplan word, en vele meer. Die geskiedenis is vol voorbeelde van kabinetslede wat hierdie versoekings nie kon weerstaan nie, en selfs in die tronk beland het. Nou wil pres. Zuma die beginsels onderliggend hieroor oopgooi vir debat. Terwyl die president die wiel wil herontwerp, is daar soveel in die land wat aandag nodig het, soos die verval van paaie en dienste wat in duie stort. Minstens ‘n skaflike deel hiervan kan na onetiese gedrag, soos tenderpreneurskap herlei word. Gister het ds. Theunis Botha, leier van die Christen-demokratiese Party, ‘n verklaring uitgereik waarin hy pres. Zuma opnuut daarvan beskuldig dat hy die land na die donker eeue probeer terugsleep waar voorvadergees-aanbidding ‘n norm is. Al meer word kritiek op die Christenskap gehoor wat voorgestel word as die witman se godsdiens wat allerlei imperiale doelstellings sou hê. Dit lyk of Christelike norme as struikelblokke beskou word om ‘n plunderkrasie gevestig te kry. Uiteindelik is die harde werklikheid dat Suid-Afrika nie ‘n selfonderhoudende planeet is nie. Suid-Afrika is ook deel van die wêreldekonomie, en die mate waarin die land ‘n netto wins of verlies hieruit gaan maak hang af van aspekte soos korrupsievryheid, produktiwiteit en werksetiek wat mededingendheid verhoog, ‘n fokus op noodsaaklike eerder as luukse sodat oormatige hoeveelheid kapitaal nie uit sirkulasie geneem word deur byvoorbeeld luukse vuurwaens in te voer nie, en ‘n samelewing wat breedweg funksioneer volgens die norme en etiese kode wat deur instellings soos die wêreldbank as geldend aanvaar word. Die wiel is reeds ontwerp en in bedryf. Die beskikbare energie moet eerder aangewend word om sake reg te ruk, nie deur misdaad uit te skakel deur dit te wettig nie. As die etiekdebat wél realiseer sal elke burger, elke organisasie, elke kerk, sy stem duidelik moet laat hoor. Oorsaak en gevolge Die parlementêre Skoor en sy provinsiale kleintjies het al dikwels stem dik gemaak oor geld wat weens onbekwaamheid, nalatigheid of bedrog verlore gaan. Skoorlede het dit ook nie maklik nie, en word dikwels deur weerbarstige

Page 69: Die Belang Van Verso en Ing

burgemeesters, ministers en ander geminag deur nie op te daag nie, swak voorberei op te daag, of doodgewoon die lede se intelligensie te onderskat. Dit is daarom nie verbasend nie, dat Skoorlede, ook ANC-verteenwoordigers, dikwels begin stem dik maak. In die verlede is weerbaristiges wat versuim het om voor Skoor te verskyn, al gedagvaar. ‘n Algemene probleem is egter dat probleme wat Skoor en sy provinsiale verlengstukke identifiseer, dikwels net onaangeraak bly. Die voorsitter van die provinsiale Skoor, Themba Godi van die APC, het nou baie belastingbetalers se frustrasie verwoord toe hy na die moord verwys waarmee amptenare wegkom. In plaas daarvan dat salarisontvangende amptenare vir hul brouwerk vasgevat word, kry hulle berading en moet hulle werksessies bywoon. Godi vind dit lagwekkend. Onlangs het die minister van Samewerkende Regering verbaal onder belastingbetalersverenigings ingeseil en die skuld vir die diensleweringsprobleme geplaas op hierdie verenigings wat belastinggeld in trustrekenings inbetaal. Minstens betaal hierdie mense, anders as die minister wie se eie munisipale rekening reeds R40 000 in die rooi was voor hy begin opdok het. Die insiggewende egter, is dat die minister erken het die probleem lê by die kwaliteit raadslede en amptenare wat die ANC aangestel het. Sedert 1994 is al dikwels met groot fanfare aangekondig dat die regering met programme gaan begin om sake reg te ruk. Ook mnr. Jacob Zuma, toe presidentskandidaat en sy kornuite het voor die algemene verkiesing aangedui hulle gaan van onbevoegde en korrupte amptenare en burgemeesters ontslae raak. Een van Zuma se aanhangers, die huidige Vrystaatse Premier, Ace Magashule, het dit voor die verkiesing by ‘n Salga-kongres gesê en is uitgelag. Die gelag, so lyk dit, het nog nie bedaar nie. Intussen is oproer oor dienslewering – wat al baie jare sporadies selfs wydverspreid losbars – nou skynbaar besig om in omvang toe te neem. Trouens, al hoe meer ontevredenes het agtergekom dat die regering wél ‘n Achilleshiel het, naamlik die komende Wêreldsokkerbeker. Terwyl die regering skynbaar onaangeraak voel oor Julius Malema se haatspraak teen boere en die erge vlaag plaasmoorde, is dit die pure tande as aan die sokker geraak word. Al word niks nou reggeruk nie, word daar minstens deeglik in geslaag om die regering se aandag te trek, al is dit in die vorm van dreigemente, rubberkoeëls, traangas en pepersproei. Die kieserskorps het net hulself te blameer. In ‘n demokrasie is ‘n kieser veronderstel om teen ‘n regerende party te stem wat ruim aan beloftes, maar suinig met dienslewering omgaan. ‘n Party wat homself met verkiesingsbeloftes uit die moeilikheid lig, behoort ook nie meer as een keer daarmee weg te kom nie. In Suid-Afrika werk dit skynbaar anders, en opstokers soos Malema verrig die nuttige rol om te verseker dat verkiesings etniese sensusse bly waardeur die ANC se regerende posisie vasgemessel word.

Page 70: Die Belang Van Verso en Ing

Christelike waardes en menseregte, terwyl haatspraak algemeen word Dit is miskien heel gepas dat die 50ste herdenking van die Sharpville-insident – die dag waarop Suid-Afrika nou menseregtedag vier, op ‘n Sondag val. Hierdeur word ons genoop om opnuut te besin in hoe ‘n mate ‘n humanistiese konsep soos menseregte met die Christelike standpunt versoenbaar is. Jare lank het bekende teoloë die konsep van ‘n Handves van Menseregte teengestaan, omdat, so is geargumenteer, die opregte Christen so sal leef dat daar geen behoefte aan ‘n mensopgestelde handves sal wees nie. Handveste van menseregte is egter nie vreemd aan die Christelike tradisie nie, maar omdat so ‘n handves na Christelike beginsels herlei word, verskil dit dikwels van handveste wat uit die humanistiese, veral die liberale tradisie gebore word. ‘n Insiggewende bron om ‘n handves gebore uit die Christelike tradisie te bestudeer, is die beleidsdokument van die Duitse Christen-demokratiese Unie. Dit is baie ontwikkelingsgerig, en ondervang minderheidsregte tot ‘n groter mate as die liberale, wat op die individu ingestel is. Waar die liberale die reg op lewe na moordenaars en ander geweldsmisdadigers uitbrei, maar nie na ongebore kinders nie, is die Christelike andersom. Waar die liberale die reg van aborsies op aanvraag na die vrou se reg op privaatheid voer, is die Christelike, as ontwikkelingsgerig, eerder gefokus op die skep van morele standaarde ter voorkoming, en sou daar geglip word, pastorale Christelike empatie. By die liberale is die fokus skerp gerig op die vryheid van meningsuiting, selfs dermate dat die reg op waardigheid van die slagoffers van hierdie monduitspoelery erg beperk word, en selfs die staat se handhawing van morele waardes as ‘n bedreiging vir vrye meningsuiting beskou word. Die Christelike se standpunt is effens anders waar die mens, as God se kroonskepping, se waardigheid hoog geag word, terwyl die Bybelse begrip van ‘n wag voor die mond swaarder weeg. By die Christelike is dit afgestem op liefde vir God, en dus gehoorsaamheid aan God, en hieruit liefde vir jou naaste. Die Christelike stel ‘n grondwet, met of sonder ‘n handves van menseregte ondergeskik aan God as hoogste gesag. Die liberale, soos ook die Suid-Afrikaanse grondwet, stel die grondwet self as hoogste gesag. Die Christelike stel ‘n hoë premie op die vryheid van die pers. Die doel hiervoor word egter duidelik verklaar deur die pers, of soos dit intussen ontwikkel het, die media wat die elektroniese insluit, se waghondrol ter ondersteuning van ‘n skoon demokratiese bedeling. Die media word daarom gereeld as die vierde, hoewel nie-amptelike, been van die demokrasie genoem. Omdat dit niks met die behoorlike funksionering van die demokrasie te make het nie, is daar egter beperkings soos pornografie, veral kinderpornografie, en sal state in die Christelike dampkring nie aarsel om belangegroepe, soos Christene, se belange te beskerm deur kinderpornografie op die internet van buitelandse bronne te blokkeer nie. Daar is ironiese newe-effekte. In Suid-Afrika, met sy oorweldigende Christen-meerderheid, word Christen-winkelliers dikwels teen hul beginsels in gedwing om hul winkels op Sondae ten volle te bedryf om ander huurders in die kompleks se Sondagsake te stimuleer. In Nederland en Duitsland waar baie mense op ateïsme aanspraak maak, is regulering van handelsondae ‘n

Page 71: Die Belang Van Verso en Ing

algemene gebruik. Raak ‘n gesin se melk op ‘n Sondag op, is wag tot die Maandag dikwels die enigste opsie om weer melk te kan bekom. In die lig van menseregtedag is dit ook gepas om na sekere huidige gebeure te kyk om die stand daarvan te meet. Pas het pres. Jacob Zuma sterk vir persvryheid ingetree, en sekere vergrype skerp veroordeel. Terselfdertyd swyg hy steeds oor ander belangrike sake waar die reg op meningsuiting teen ander regte opweeg. Die duidelikste hiervan die ANC se jeugliga se sing van liedjies met die strekking dat boere geskiet moet word, wat veral akuut is in die lig van die omvang van hierdie slagting, maar Zuma se swye hieroor. Die boere het immers die reg op lewe, op eiendom, op waardigheid – alles wat deur die sing van die liedjies geminag word. Dit wil voorkom asof Zuma se adviseurs hom ‘n paar woordjies in die oor gefluister het soos dat die pen magtiger as die swaard is (veral teen die agtergrond van die SANW se paraatheid), dat ‘n mens nie swaarde kruis met hulle wat ink by die dromme vol aanskaf nie, en op laas is Zuma se persvryheidsuitsprake dalk ook bloot vir die betrokke gehoor bedoel, naamlik die media wat hom as nuusmaker van die jaar aangewys het. Zuma is juis besig om snel die reputasie te verwerf van iemand wat by elke gehoor ‘n storie opdis wat die betrokke gehoor wil hoor. Ongeag hoe ‘n mens na sake kyk, is Suid-Afrika se stand van menseregte in ‘n treurige toestand. Selfs die DA-leier, wie se party se menseregtepersepsie op die liberale gebou is, vra in haar meseregteverklaring dat Suid-Afrikaners hul menseregte moet her-opeis. In die lang lysie van sake wat sy noem wat die stand van menseregte ondergrawe, tel korrupsie en haatspraak. In geen bedeling waar ‘n premie op menseregte geplaas word – ongeag die benadering daartoe - kan haatspraak geduld word nie omdat dit teen die essensie van menswaardigheid indruis. Plaasmoorde en die trap op die hart en siel van die Afrikaner Plaasmoorde, dikwels onbeskryflik wreed, is sedert 1994 ‘n aggressiewe kanker wat deur die land woed. Voor 1994 was die landbougemeenskap ook aan terreur onderhewig, soos selfs babas wat in landmynaanvalle aan flarde geruk is. Volgens Interpol is die moordkoers onder die land se boere meer as 300 per 100 000 per jaar. Die land se moordkoers is sowat 40 per 100 000 per jaar, die wêreldgemiddeld is 5, en Wes-Europa se moordkoers is 1 per 100 000 per jaar. Oor minder as drie maande skop die Fifa-Wêreldbeker-eindtoernooi in Suid-Afrika af terwyl die land onlangs die titel van wêreldmoordhoofsetel by sy titel as die wêreld se verkragtingshoofsetel gevoeg het. En so skrikwekkend soos die huisrooftogte, wat dikwels op verkragting en moord uitloop, “openbare” rooftogte en huisrooftogte is, die koers hiervoor op die land se plase is bykans 10 keer hoër. Die landbousensusse bring byvoorbeeld ongehoorde groot bedrae verliese as gevolg van vee-, gewasse en weidingdiefstal aan die lig. In enige konstitusionele demokrasie, waar die regering soos veronderstel word in algemene belang regeer, sou ‘n mens ‘n bykanse histerie vanuit regeringsgeledere oor dié soort syfers verwag.

Page 72: Die Belang Van Verso en Ing

Die teenoorgestelde gebeur egter. Die regering swyg dawerend in al elf amptelike tale. In teendeel, wanneer die minister van Polisie die uiters ongewone doen en plaasaanvalle wel veroordeel, word die effektiewe repudiëring hiervan deur die kroonprins, Julius Malema, op allerlei maniere deur die regering en ANC gekondoneer. Die toppunt van minagting sou egter nog kom toe ANC-ampsdraers onder die oë van die SAPD die naamlyste met 1 600 plaasmoordslagoffers opskeur, op die grond voor hul hoofkantoor neergooi en daarop trap. Die doel van die naamlyste was om die erns van die sing van die liedjies soos “Skiet die boere” onder die ANC se aandag te probeer bring. Met hierdie optrede het die ANC op die hart en siel van die Afrikaner en bitter baie Engelssprekendes getrap. Indien pres. Jacob Zuma dit nie ten sterkste veroordeel nie, onderstreep hy dat hy nie ‘n president se agterent is nie. Die grondwet, so gebrekkig soos dit mag wees, stel op verskeie maniere die belangrikheid van respek vir mekaar se kulture. In ‘n heterogene land is dit vanselfsprekend. Met die bou van Vryheidspark het ministers en ander oral in Suider-Afrika gesneuwelde en gestorwe kaders se voorvadergeeste gaan bymekaar maak en met kartonbokse na Vryheidspark gebring en om daar losgelaat te word. Afrikanergroepe het nie hierop gereageer deur simbolies bokse met die name van hierdie afgestorwenes in die strate te gaan vertrap en verbrand nie, al val hierdie tradisie vir die Afrikaners en Christene hoe vreemd op. Met die ANC se optrede by Lethuliehuis is die wig van polarisasie tot diep in die siel van die nasie ingedryf. Die teerling is as’t ware gewerp, en die streep is in die grond getrek. Indien daar ooit ‘n tyd was wat van Zuma verwag is om presidensieel op te tree is dit nou. Die land wag. Plekname as katalisator vir polarisasie Op die oomblik dra Media 24 ‘n insiggewende rubriek van prof. Amanda Gouws oor die verwoestende uitwerking van haatspraak om polarisasie aan die hand te werk, en selfs in gevalle tot volksmoord gelei het. Die rubriek sluit selfs statistiese data in. Suid-Afrika self het al by herhaling ervaar hoe haatspraak polarisasie skerp opjaag, wat in die jongste konteks vererger word deur ‘n president wat dit in effek goedpraat, en ‘n regerende party wat dit kondoneer. Tog staan haatspraak nie kop en skouers bo ander faktore tot polarisasie uit nie. Die verandering van plekname is nog so ‘n geval. Die opstellers van die grondwet het dit blykbaar voorsien, en ‘n meganisme in werking gestel waardeur plekname en munisipaliteite se name nie dieselfde hoef te wees nie. Die hoofdoel met die opsies wat wel vir naamsveranderinge bedoel is, is dat werklike kwetsende name en spelling reggemaak kan word. Die versoenende bedoeling word onder meer mooi in dele van die aanhef van die grondwet asook die onderhandelde grondwetlike beginsels vervat. Dié konsepte is egter duidelik nie genoegsaam ondervang nie. Gesindhede kan duidelik nie deur wetgewing gebou word nie, en plekname word nie net op ‘n streep verander nie, maar daar word ruim van die versoeningsbeginsels afgestap. Groot bitterheid en selfs hofsake om konkelwerk ongedaan te maak het gevolg.

Page 73: Die Belang Van Verso en Ing

In die proses het die Vrystaat die kwessies redelik vrygespring. Daar was al klein lopies met min gevolge, soos ‘n ondeurdagte voorstel van die een faksie van die Suid-Sotho Taal en Kultuurvereniging om Bloemfontein se naam na die perd van een van Mosjesj die eerste se seuns te vernoem, Thabure. Dié seun, Leratholi en sy perd was taamlik berug vir veestropery en stropery in die algemeen in die destydse Vrystaatse republiek wat weer as sneller vir Bastotoe-oorloë gedien het. Dit is duidelik dat ‘n foutiewe weergawe van die geskiedenis dikwels die eise onderlê, soos ook dikwels met restitusie-eise vir landbougrond die geval is. Nou word weer voorgestel dat Bloemfontein se naam na Mangaung, wat reeds die naam van die munisipale struktuur is, verander word. Dat ‘n konsep bestaan dat Mangaung uiteindelik weer ‘n pleknaam sou word – dit was eens die oorkoepelende naam van die swart woongebiede – blyk uit die wapen van die Mangaung-munisipaliteit: Mangaung, City on the move. Op die program vir die wêreldbeker-sokkertoernooi word ook aangedui dat die wedstryde in Mangaung gespeel word. In die praktyk het die raad egter gewoonlik ‘n pragmatiese, hoewel nie wetlik suiwer nie – houding ingeneem deur van die vertrekpunt uit te gaan dat die “plek” Mangaung uit drie stede, Bloemfontein, Botshabelo en ThabaNchu bestaan. Die oorspronklike bewoners van die Bloemfontein-omgewing, die Koi en San, is deur Tswanasprekende stamme verdring. Hulle het op hul beurt weer die uitdelgingsoorloë van Tsjaka en Dingaan ten prooi geval. Hul plek is toe deur Korannas en Griekwas ingeneem, en die oudste bekende gebruiksnaam van die omgewing, Bloemfontein, dateer skynbaar uit hierdie tyd. Die bekende historikus, Theal, meen dit is afgelei van die naam van ‘n Korannakaptein, Jan Bloem. Die Suid-Sotho’s, wat nou die naam Mangaung opeis, is eers veel later – in die omgewing van 1830, as nasie georganiseer, toe Bloemfontein reeds in die geskiedenisboeke as pleknaam aangedui was. Dit mag wees dat oorblyfsels van Tswanastamme, wat aan die bouers van die klip-byekorfhutte verwant was, die volksmoorde oorleef en by die Suid-Sotho’s geassimileer is, en ‘n vroeëre naam so deel van die Suid-Sotho-herinneringe geword het. Twee aspekte kom egter duidelik na vore. Geskiedenis wat die oorwinnaars se weergawe staaf, is geen geskiedenis nie, en sal noodwendig van ander se herinnerings – dikwels opgetekende geskiedenis – verskil. Om die geskiedenis te verpolitiseer, is om polarisasie sommer terugwerkend te maak. Tweedens, om die geskiedenis, suiwer of nie, van een groep op ‘n ander af te dwing skep polarisasie. Die Vrystaatse pleknamekomitee stel hom dit ten doel om die kwessie binne dertig dae af te handel. Dit plaas ernstige vraagtekens oor die verbintenis tot behoorlike konsultasie en verrekening van gevolge. Geoordeel aan die woorde-oorlog op die internet is hier ‘n behoorlike geveg op hande.

Page 74: Die Belang Van Verso en Ing

Die prys van skynstature Luukse motors en luukse hotelverblyf vir ministers, maar paaie met slaggate besaai. Troppe blouligboelies maar ‘n gebrekkige kapasiteit by die president se inbelsentrum. Hierdie is maar twee voorbeelde van op die oog af swak prioritisering, maar met die gemeenskaplike kenmerk dat ‘n bykans onaantasbare elite soos ‘n eietydse adelstand ontwikkel, met die breë gemeenskap wat met goedkoop beloftes en sentimente as stemvee ingespan word. Die inkomstegaping groei inderdaad, en is volgens verskeie monitors die hoogste onder die wêreldekonomieë wat op die een of ander wyse gemeet kan word. Prag en praal te midde van, en selfs ten koste van die welvaart van die omgewing is een ding, maar om dié prag en praal statuur te gee deur onverdiende status daaraan te gee, iets anders. Een van die maniere om status te verleen is die geruik van titels soos “Excellency”, “your worship” en “honourable” selfs buite die forums waar die konvensie geld, bykans twee dekades na dit afgeskaf is. Soos rykes in vervloë tyd skares gehuur het om by begrafnisse ‘n geweeklaag te kom aanhef, word die eietydse Mandaryne ook status ingepomp deur allerlei soort personeel, soos klein weermaggies wat dié BBP’s moet beskerm. Selfs Julius Malema, wat geen staatsamp of selfs staatspos beklee nie, word van BBP-beveiliging op belastingbetalerskostes voorsien. Ongelukkig gedra van hierdie eenhede hulle soos boewe in plaas van soos wetsgehoorsames wat die BBP’s teen misdadigers moet beskerm. Verskeie voorvalle is gerapporteer waar op lede van die publiek geskiet is wat nie vinnig genoeg uit die pad van dié voortsnellende stoete kan kom nie. Dié boelies gaan egter verder, en begin nou sommer in ander opsigte as wetstoepassers optree, soos om iemand te arresteer wat nie met die president se konvooi beïndruk was nie, en dit getoon het. Nou het ‘n herrie losgebars nadat die president se boelies ‘n joernalis gearresteer het en die foto’s op sy kamera gewis het. Hierdie soort optrede trek gou die aandag van persvryheidswaghonde, en sal stellig Suid-Afrika se posisie op die persvryheidsindeks affekteer. Hierdie indeks beïnvloed ook ander indekse soos die korrupsie-persepsie-indeks, en dit weer die beleggersvertroueindeks. Intussen vermeerder die slaggate, en intussen het die president se befaamde inbelsentrum nie die kapasiteit om eens ‘n fraksie van die oproepe doeltreffend te hanteer nie. Die fakse- en e-pos wat aan dié sentrum gerig word, gaan skynbaar regstreeks in snippermasjiene in. Dit is daarom nie verbasend dat mense optogte hou oor swak dienslewering nie. ‘n Polisiediens propvol generaals kan maar rubberkoeëls en arrestasies inspan; dit laat nie die skeeftrek van die situasie verdwyn nie. Miskien is ons nou terug by die era waar ‘n vorige Vrystaatse Premier haar luukse vuurwa geregverdig het deur te sê: “Ons moet met sulke karre ry, want kyk net hoe lyk die paaie.” As die mense dan nie brood het nie, laat hulle dan koek eet.

Page 75: Die Belang Van Verso en Ing

Regering en die grondwet Gister is Menseregtedag gevier, en ‘n parlementsitting onder meer daaraan gewy. Gister het ‘n hof weer ‘n uitspraak teen die regering gelewer oor die nie-nakoming van die grondwet in ‘n saak wat ook neerslag in die Handves van Menseregte het. Dié keer het die regering bloedneus gekry oor ‘n bepaling in die grondwet dat die regering ‘n taalwet moet aanvaar. Toe ‘n prokureur die regering hieroor aantree het die regering in woorde geantwoord wat deur die meeste Afrikaanse kultuurorganissies as kwetsend en uiters kommerwekkend, en boonop van heelwat waarheid gestroop, beskou is. Na die uitspraak was daar op ‘n enkele uitsondering na ‘n dawerende stilswye van partye in die parlement verteenwoordig is. Daar was meer reaksie uit kultuurgeledere, en onder meer Afriforum en Solidariteit, en op die politieke vlak, die klein Christen-Demokratiese Alliansie, het wel regeer. Selfs al sou die spesifieke uitspraak as nie van besondere waarde geskat word nie, wat moeilik te begryp is, is ‘n tendens wat posvat nou werklik kommerwekkend. Dit lyk asof hofsake nou die enigste uitweg is om die regering te dwing om die grondwet na te kom nadat grondwetlike instansies soos Pansat se tande getrek, en die Openbare Beskermer en die Menseregtekommissie se skynbare ANC-gesinsindheid op die oog af problematies geword het. Die lys van hofsake waar die regering tot orde geroep is, raak nou onheilspellend lank. Hieronder tel:

• Die CarMicelle-saak waar ‘n vrou deur ‘n verkragter op borgtog verkrag en erg aangerand is. Dié vrou moes tot in die Grondwethof veg om ‘n uitspraak te kry dat die staat inderdaad verantwoordelik is. Toe moes weer van nuuts af begin word om die omvang van skadevergoeding te bepaal.

• Die Modderklip-saak waar die regering eenvoudig vanuit die staanspoor bloedneus gekry het, maar enduit geappelleer het – dikwels eers na die spertye, en uiteindelik ook bloedneus gekry het.

• Die Walker versus the City Council of Pretoria-saak wat ook in die grondwethof gaan draai het wat tot gevolg gehad het dat munisipaliteite belet is om gemeterde tariewe van blankes te eis, en vaste tariewe van swart mense.

• Die Ermelo-saak wat oor die magte van skoolbeheerliggame gehandel het, en uiteindelik die kwessie van die reg om in Afrikaans te mag skoolgaan. Die onderwysdepartement is onder meer gestriem omdat nie behoorlik beplan word vir die behoefte aan skole nie, en dan die sogenaamde maklike uitweg te wil volg om ander hul regte te ontneem.

• Twee hofsake wat handel oor Zimbabwe. In die saak van Crawford von Abo is ‘n belangrike uitspraak gelewer oor die regering se versuim om sy burgers se belange in die buiteland te beskerm. In die ander saak moet Suid-Afrika nou ‘n multi-nasionale triunaal se bevinding teen pres. Robert Mugadbe se grondroof respekteer.

• In die Grondeisehof het die Grondeisekommissaris skielik ‘n klomp bloutjies geloop, onder meer oor ‘n beweerde gekonkel met hofstukke, die ignorering van bewyse teen die geldigheid van die grondeise, en oplaas die kwessie dat eisers in die eerste plek vergoed is en

Page 76: Die Belang Van Verso en Ing

alternatiewe grond gekry het toe hulle die grond kwyt is wat hulle nou terugeis.

• ‘n Uitspraak in die Arbeidshof teen die SAPD oor die weiering om kapt Renate Barnard te bevorder bloot omdat sy wit is. Die regering appelleer hierteen.

• ‘n Vroeëre suksesvolle appèl teen die Menseregtekommissie dat die slagspreuk, Kill the Boer, kill the farmer,” nie haatspraak is nie, is nou in die gelykheidshof opgevolg met ‘n skuldigbevinding van Julius Malema oor losbekkigheid oor die vrou wat pres. Zuma van verkragting aangekla het. Malema gaan aansoek om toestemming vir appèl vra, en hy moet nog tereg staan op klagtes oor ‘n jongste uitspraak, in die vorm van ‘n liedjie, “Shootl the farmers, they are rapists.” Dit is werklik kommerwekkend dat die ANC geledere agter Malema gesluit het hieroor.

• In die saak van die Reitz-vier, het die landdros dit nodig geag om die media en die politici te maan om nie uitsprake te maak wat op die vier se skuld dui alvorens die verhoor nog begin het nie. Hierdie uitspraak lê nie net aan die wortel van die grondwetlike bepaling van administratiewe geregtigheid nie, maar aan die wortel van ons regspraak wat op die beginsel van natuurlike geregtigheid gebaseer is. Nogtans het ‘n groot Afrikaanse Sondagkoerant regstreeks hierna die landdros se opdrag geminag. Dit lyk ook nie asof dit die politici gerem het nie.

Teen hierdie agtergrond, en die feit dat Vrystaat Landbou die regering oor gebrekkige beskerming hof toe neem, is uitsprake tot wysiging van artikel 25 van die grondwet om eiendomsreg te kan verander, baie kommerwekkend. Dit is nie maar net ‘n artikel in die grondwet, soos dit wat gewysig kon word om parlementêre oorlopery moontlik te maak nie. Hierdie vorm deel van die Handves van Menseregte. Dit weer, maak deel uit van ‘n stel universeel geldende menseregte waartoe die grondwetlike beginsels wat by Kemptonpark onderhandel is, en die grondwet self hom verbind. Suid-Afrika is ook mede-ondertekenaar van verskeie handveste en ooreenkomste waarin dit vervat is, en wat ook deur ‘n grondwetlike bepaling eerbiedig word. As verder in ag geneem word dat mineraleregte genasionaliseer is, en landbou-grondbesit reeds aangetas is deur die Sekerheid van Verblyfregwet – terwyl die staat homself van hierdie bepaling op staatsplase uitgesluit het, dan is versekerings tot die teendeel nie baie gerusstellend nie, veral aangesien dit lyk of regeringswoordvoerders bont praat hieroor, en die regterhand nie weet wat die linkerhand doen nie, en ewe dikwels die linkerhand ook nie weet wat die linkerhand doen nie. Haatspraak en polarisasie Die voorvereiste vir die suksesvolle werking van die land se grondwet en dus die staatsmasjienerie, asook die beskerming van die belange van die land se mense, is dat die middelpuntsoekende kragte die middelpuntvliedende kragte in die skadu moet stel. Normaalweg maak grondwette van lande met heterogene gemeenskappe hiervoor voorsiening, onder meer om dit in pas met die volkereg te bring. ‘n Interessante voorbeeld is die manifes (charter) van die Afrika-Kommissie vir Mense- en Volksregte. Artikel 21 en sy subartikels is byvoorbeeld uitsluitlik

Page 77: Die Belang Van Verso en Ing

gerig op die regte wat groepe binne lande geniet. Suid-Afrika is ‘n lidorganisasie van hierdie liggaam en het in ‘n stadium selfs die voorsitterstoel beklee. Ingevolge ons eie grondwet is ons veronderstel om akkoord te gaan met hierdie instelling se bepalings. Grondwetlike demokrasie vestig hom egter skynbaar met moeite in Suid-Afrika. Op die oomblik loop die regering hom in hofsaak op hofsaak bloedneus. Feit is dat heterogeniteit in Suid-Afrika baie lomp hanteer word. In die proses om rasgedrewe regstellende aksie toe te pas het die land nou volgens sommige waarnemers meer raswette op die wetboek as tydens apartheid, en voortdurend is daar sprake dat nog gaan bykom. In die aanhef van die grondwet word idealisties verklaar dat die land aan almal wat daarin woon behoort, verenig in ons diversiteit. Die aanhef is veronderstel om die gees van die grondwet uit te spel. Peilings toon dat polarisasie in Suid-Afrika nou besonder hoogty vier. Met Julius Malema wat ongebreideld sy mond in rasseterme uitspoel, met die ANC-jeugliga skynbaar bankvas agter hom, en boonop deur die president self tot kroonprins gekroon word, is die tafel gedek vir polarisasie. Boonop help dit ook nie “verenig in diversiteit” aan as ‘n rits plaasmoorde volg op Julius se liedjie dat die Boere geskiet moet word omdat hulle verkragters is nie. Die ANC se halsstarrige verdediging hiervan jaag die temperature hoog op. Die internet het die afpakplek van mense geword wat voet dwars neersit. Sommiges maak dit duidelik dat hulle Malema as held beskou, want elke keer as dié genie (volgens sommige akademici) sy mond oopmaak, word nog ‘n duisend mense tot die volkstaatidee bekeer. Nou het Malema se losbekkigheid hom, aldus prof. Marinus Wiechers, ‘n kriminele rekord op die lyf laat loop. Die swaarste straf wat die hof Malema opgelê het is waarskynlik nie die R50 000 boete of die kriminele rekord nie, maar dat hy die land onvoorwaardelik om verskoning moet vra. Versuim hiervan sal hom nog ‘n kriminele rekord, minagting van die hof, op die bas haal en het die potensiaal om hom agter tralies te laat beland. Ongelukkig duur die polarisasie voort. Die ANC-jeugliga het sy teleurstelling met die uitspraak uitgespreek, en sy verenigde steun aan Malema, wat wil appelleer, toegesê. Nou sleep nog instansies hom gelykheidshof en selfs srafhof toe oor sy onlangse liedjie. Dit beteken op sigwaarde dat Julius se sangtalent, wat so sterk is dat hy met een liedjie die hele land in beroering bring, nog lank erg verdelend op die land sal inwerk en, geoordeel aan die oplewing in plaasmoorde, ‘n uiters bloedige potensiaal het. Dit is uiteraard te vroeg om ‘n regstreekse verband objektief te bewys, maar soortgelyke regeringsuitsprake is in die verlede al dikwels deur ‘n vlaag plaasmoorde gevolg. Gesindhede word egter nie deur hofsake gebou nie. Sterk, verantwoordelike leierskap is al wat op die kort termyn die potensiaal het die plofbare situasie te ontlont, en dit ontbreek kennelik. Die redakteur van die Financial Mail, Barney Mthombothi, skryf egter in ‘n onlangse uitgawe soos volg oor Zuma se

leierskap: “Jacob Zuma is, frankly, not worth our breath. He's best left alone.

He's digging his own grave. Potholes - and the general decline of our

Page 78: Die Belang Van Verso en Ing

infrastructure - are another matter, however. They are a serious matter, but

only the tip of the iceberg. Trouens, om Julius se uitsprake in effek te kondoneer het soveel ooreenkomste met Saddam se beleid jeens die Koerde dat die regering reeds op ‘n baie warm plaat sal staan as die regering by ‘n internasionale geregsinstansie verkla sal word. Terselfdertyd verskaf die regering pasella die volkeregtelike voorwaardes waaronder minderhede selfregering en selfs onafhanklikheid kan opeis aan die volkstaters. Polisiestaat of Piesangrepubliek Dié naweek vra die Sunday Times die vraag of Suid-Afrika nader aan ‘n polisiestaat beweeg, en stapel ‘n aantal kommerwekkende tekens op. In die hoofartikel word onder meer die stelling gemaak dat elemente binne die ANC nou oor mekaar se voete val om te probeer kyk waar die harde manne van apartheid hul handboeke gebêre het. Afgesien van die tekens wat die Sunday Times gebruik, soos die terugkeer van militêre range in die polisie, en die minister se opmerkings van “skiet om dood te skiet” is daar nog meer. Die minister van Samewerkende Regering, Sicelo Shiceka, het oorlog teen die, soos hy dit noem, wanbetalers verklaar wat weens swak dienslewering hul munisipale belastinggeld in ‘n trustrekening stort. In die proses het nog ‘n dreigement bykans verlore gegaan. Swart wanbetalers wat oproerig is word ook met die volle impak van harde teenoptrede gedreig, soos die afsperring van swart woongebiede en die uitrook van die belhamels. Klink dit nie ook bekend nie? Die groot fout wat mense maak wat ongelukkig is – wat ook al die rede – is om die een hefboom te gebruik waaroor die regering gevoelig is, naamlik om die komende Fifa-toernooi as hefboom vir beter dienslewering te gebruik. Presies hoe gevoelig die regering oor dié kwessie is, het duidelik geblyk toe enkele misdadigers, waarvan minstens een blykbaar geestelik onwel is, gedreig het dat hulle die buitelandse besoekers aan die toernooi wil teiken. Geen steen is onaangeroer gelaat om die weerbarstiges op te spoor nie en joernaliste is voor die hof gesleep. Hierna het swart wanbetalers ‘n soortgelyke dreigement gemaak. Ook hulle is laat verstaan dat hulle onsagkens opgespoor en vervolg sal word, soos die opmerking van Shiceka blyk. Toe het Cosatu op die wa geklim. Dié keer was die regering se aksie anders. Volgens berigte vanoggend lyk dit of die ANC die voet neersit teen wat as “los kanonne” beskryf word. Onder dreigemente van tugoptrede is al die eendjies skynbaar nou in die ry. Dié tugoptrede is egter nie terugwerkend van krag nie, en almal begin nou met ‘n skoon lei. Ook Julius Malema wat behoorlik soos ‘n los kanon geskiet het, ook onder sy eie kaders in, kom in die proses skotvry daarvan af. Dat sommiges kommer het oor tekens van ‘n polisiestaat, verdryf dit steeds nie die tekens van ‘n piesangrepubliek nie. Ook hier speel die Fifa-toernooi dikwels ‘n rol. Vanoggend word berig dat die Mangaung-munisipaliteit steeds hoopvol is dat straatverbeterings voor die Fifa-toernooi afgehandel sal kan wees. Intussen bly die gasheerstad-ooreenkomste wat stede met Fifa moes sluit min of meer ‘n staatsgeheim. Af en toe kruip nog ‘n bepaling soos ‘n

Page 79: Die Belang Van Verso en Ing

wurm uit die blik, soos dat die stede hulle tot boomplantaksies en vullisherwinning verbind het. Die snelbusvervoerdiens loop op taxistakings uit. Die dreigemente teen wanbetalers en belastingbetalersverenigings klink ook meer na ‘n paniekreaksie namate die werklike treurige toestand op munisipale gebied tot die regering begin deurdring. Die huidige gefladder en beloftes dat sake reggeruk sal word kom te midde van meer as ‘n dekade se beloftes en peperduur sogenaamde regsrukaksies. Onder die powerste munisipaliteite tel ook van dié wat deur die taakspan wat oud-pres. Thabo Mbeki aangestel het en skynbaar dadels uitgerig is. Die minister identifiseer wel die kern van die probleem, naamlik dat die ANC, soos hy dit gestel het, onbekwame ampsdraers en amptenare aangestel het. Met die kern van die probleem geïdentifiseer, sou ‘n mens verwag dat dit ook is waar die probleem aangespreek gaan word. Die oorlog word egter teen van die simptome verklaar. Te midde van ‘n stroom plaasmoorde en ander opspraakwekkende moorde gaan dring die kommissaris van polisie in die parlement aan om as generaal aangespreek te word. Heel gepas het die parlementslede dit geïgnoreer. Die land het werklik nie in sy stryd teen misdaad iemand nodig wat soos Idi Amin homself van sersant tot generaal, en toe veldmaarskalk bevorder het sonder dat dit teen enige merieteverwante maatstaf gemeet word nie. Dit is maar enkele aspekte. Nog ‘n belangrike en gevaarlike bontpratery is die voorneme om die artikel in die grondwet wat eiendomsreg waarborg te wysig. Kommersiële landbougrond is skynbaar in die oog. Dit gaan egter veel meer as die wysiging van artikel 25 verg. Suid-Afrika sal ook sy grondwetlike verbintenis tot internasionale verdrae moet opskort, anders sal mense wie se eiendomsreg ontneem word, hulle ook tot multi-nasionale arbitrasie kan wend soos die geval met Zimbabwiese boere was wat hulle tot die Sadek-tribunaal in Namibië, en daarna die Suid-Afrikaanse howe kon wend. Word dit ook ontneem, is die land nie meer ‘n grondwetlike demokrasie nie. Dawie se stem van redelikheid ‘n Mens wil hartroerend met Dawie saamstem dat politieke debat in Suid-Afrika tot die kru leegsuig van die middelgrond gelei het, en in ‘n vuil bekgeveg tussen links en regs (sulke verouderde terme) gelei het. Verskeie kampusse dra ook hierdie eienskappe met selfs die DA wat ten spyte van hul beste pogings nie hond-haaraf op sommige kampusse gemaak kry nie. Dood het egter ‘n oorsaak. Ek meen Tim du Plessis het dit pas goed opgesom in sy analise wat by die US gebeur. In kort, as die liberale die konserwatiewes (weer eens verouderde terme) verbaal takel en verloopte liberale as nieu-konserwatiewes, of pro-Afrikaanse en teen uitnemendheid uitskel, dra hulle ewe min die vrug van grondwetlike demokrasie as konserwatiewe wat dikwels ontgogelde liberaliste in die modderbad dompel. Die woordjie wat verlore geraak het is “fatsoenlik.” Dié woordjie het ‘n lang geskiedenis in Suid-Afrika. Wanneer die positiewe eienskappe van leiers soos Paul Kruger, MT Steyn, Jan Brand en F.W. Reitz besing is, het die woordjie “fatsoenlik” gewoonlik ook staanplek gekry. In die voor-1994-bedeling het dit as strafverswarend gegeld wanneer ‘n persoon van een ras ‘n misdaad teen ‘n lid van ‘n ander ras gepleeg het. (Ek

Page 80: Die Belang Van Verso en Ing

weet eerlik nie wat die regsposisie nou is nie). Word egter gekyk na die impak van Julius Malema se woorde dan lyk dit of ‘n mens tog nog steeds ‘n wag voor die mond moet hê wanneer die teerkwas ingespan word. Net gister het Verslaggewers sonder Grense Internet-vryheidsdag gevier, ‘n dag wat geoordeel word noodsaaklik is omdat verskeie lande soos China, Egipte, Iran en Saoedi-Arabië taamlik rof met kuberdissidente omgaan. (Dit moet nie met kuberbeperkings teen onder meer kinderpornografie verwar word nie, en waaraan verskeie Wes-Europese lande deelneem). Ek persoonlik meen kubervryheid is die een aspek wat dit vir koerante (en ander konvensionele media) die moeilikste maak om ‘n spesifieke ideologiese uitgangspunt te bevorder. Terwyl die kuberruim tallose deelnemers het wat erg aan fatsoenlikheid mank gaan, beteken dit nie dat daar nie ook ‘n groot vrag intellektuele verkeer is nie. Terwyl ‘n mens Nasionale Pers oor die algemeen geluk kan wens met die keuse van rubriekskrywers begin sake teen die naweek dikwels skuins tuimel wanneer dit lyk of die liberaliste se jagseisoen op konserwatiewer denke en dikwels selfs suiwer politiek-wetenskaplike en staatsregtelike denke oopgestel is. Liberale skrywers, bebaard of andersins, probeer mekaar nou oortref in die notas wissel oor wie die ergste onder misdaad deurgeloop het, maar steeds daarin slaag om getrou liberaal te bly. (Gaap). Maandae is weer blou Maandag vir die liberale wanneer die kuberkrane behoorlik oopgetrek word. My eerlike opinie is dat as veral die naweekpers kenners oor ‘n bietjie wyer ideologiese spektrum blootstelling gee, en terselfdertyd fatsoenlikheid van die hele spektrum opeis, die vuilbekkigheid getemper kan word. Herman Toerien Politieke kommentators se taai toffie Van skrywers en digters word dikwels gesê hulle is die gewete van die nasie. Hulle word ‘n ruim mate “digterlike vryheid” gegun om te kan krap en oopkrap waar dit nog net liggies jeuk, en die lot van verontregtes aan die groot klok te kan hang. Gewoonlik word die kant van die sogenaamde “underdog” gekies, en in die apartheidsjare het digters en skrywers met mekaar gekompeteer om te verwoord oor hoe die ongenadige son oor natgeswete Afrikakoppe neerbak. Nou sit die skoen vierkantig aan die ander voet. Van die bekendes van gister en eergister sal periodiek hul ontgogeling in rubrieke verwoord, maar ons poësie en prosa bly redelik gestroop van aktuele onderwerpe soos plaasmoorde, en veral die ongelooflike wreedheid daarvan, ontevrede kligooiers wat nou weer onder rubberkoeëls en lood gesteek word, endemiese korrupsie, baantjies vir boeties en vele meer. Politieke en aktualiteitskommentators kon dié keer nie wag vir die nasie se gewete om hul agterente in rat te kry nie. ‘n Ruk lank het politieke korrektheid nog sterk inhiberend ingewerk, maar nou kan die kommentators nie langer versiersuiker strooi deur die een of ander kontekstuele afwatering vir uitsprake soos dié van Malema en kaders te vind, en die regering se swye of goedpraat daarvan nie. Nié as hulle nog geloofwaardigheid wil behou nie. Skielik is die Sampie Terblanche’e feitlik doodstil. Politieke kommentators wat nog op hul sg “struggle credentials” wil terugval vind skielik dat hulle veral op die internet aan flarde geruk word – dikwels kru, maar ook dikwels deur hoogs kundige en goed ingeligte nuwe generasie

Page 81: Die Belang Van Verso en Ing

kommentators wat nog gewoonlik deur die media in die doofpot gehou word. Die jongste ongeval hiervan is Die Burger se redakteur, Henry Jeffreys. Die liberale fossiele, veral anderkant die Wingerdgordyn, het nog nie gaan lê nie. Dit het byvoorbeeld ‘n mode uit hierdie geledere geword om in rubrieke te lys hoe hulle selfs misdaadslagoffers was, maar ten spyte daarvan trots liberaal bly. Kommentators wat oopkop aanbeweeg, word as nieu-konserwatiewes uitgekryt, asof dit die mees verfoeilike goggas op aarde is. Nou is die liberale teen hul veronderstelde aard juis diegene wat gatvas aan gister klou. Vanoggend, in Volksblad se rubriek Brandpunt, val Tim du Plessis weg met die volgende standpunt: “’n Nuwe tydsgees is aan die ontwaak. Mense, gemeenskappe, minderhede, noem maar op, staan op en sê” ‘Genoeg is genoeg. Nou vat ons ons regte terug.” Hy verkwalik die liberale wat die taalstryd in Stellenbosch veg onder die vaandel dat dit ‘n keuse tussen Afrikaans en uitnemendheid is. Hy sluit af met ‘n aanhaling van DF Malan wat gesê het: Waar Stellenbosch vandag staan, staan Suid-Afrika môre. “Nie meer nie,” sluit Tim af. “Deesdae arriveer Stellenbosch eers môre of oormôre.” Tim het self pas onder, wat hy nou die nuwe tydsgees noem, deurgeloop toe hy ‘n vrypostige joernalis wat hom met die tydsgees misreken het, tot hulp gesnel het. Terwyl hierdie tussenspel afgespeel het, het die nuwe tydsgees onverbiddelik voortgesnel, aangehelp deur die hofnar Malema se breedsprakigheid, en pres. Zuma se flaters. Selfs die mildelike inspan van gister se politieke kommentators wat nou tot weinig meer as naïewe ploeteraars gereduseer geraak het, kon die tydsgees stuit nie. Die politieke kommentators wat die oorgang reg gelees het, het egter ook ‘n taai dilemma om mee rekening te hou. Die omgewing waarin nou waargeneem en ontleed word, is een van erge negatiwiteit. Dienste vou, korrupsie floreer, politici maak skande... Dis maklik om kommentaar te lewer, maar geen kommentator het jare gestudeer om dag vir dag sy mond oor riool in die strate uit te spoel nie. Rioolpolitiek het die geneigdheid om die kommentator self te bevuil, en dit stroop die nuwe gees van fatsoenlikheid. Nuwe aankomelinge bevind hulle ook skielik in die geledere van kommentators wat al dekades in hierdie sfeer nes geskop, en dekades lank deur die gewese hoofstroom afgekraak en geminag is. In die finale instansie: Politieke kommentators is mense en mense is feilbaar. Geen politieke kommentator kan hom voordoen asof hy alleen die kennis en insig in pag het nie. Om elke dag, afhangende van hoe die wind waai, ‘n ander deuntjie te sing, reduseer hom ook tot ‘n leibeurtprokureur wat moeiteloos van saak tot saak die rigting waarin die water in die vore vloei verander om sy nuutste saak te pas. Weet die linkerhand....? Vanaand voer pres. Jacob Zuma na verwagting samesprekings met bekende Afrikaners en Afrikanerorganisasies. Buitengewoon baie is op die spel. Dié samesprekings volg kort op die hakke van ‘n nuwe nuusstorm wat Zuma se aangewese kroonprins, Julius Malema eiehandig veroorsaak het. Dié hofnar loop hom nou minstens tien klagtes van haatspraak op die lyf.

Page 82: Die Belang Van Verso en Ing

Soos gebruiklik is die werklike probleem nie dat Malema dit sê nie, maar dat die ANC laer om hom trek. Aanvanklik is ontken dat Malema sekere woorde kwytgeraak het, maar die SABC was braaf genoeg om aan te dui dat dié instelling beeldmateriaal het wat aandui dat hy dit wel geuiter het. Die ANC se reaksie was om te ontken dat dié bevrydingslied haatspraak behels. Die media wys egter daarop dat die ANC die lied reeds in 1993 verbied het. In die proses het Malema nou die minister van polisie, Nathie Mthethwa, effektief gerepudieer nadat die minister op lange laas plaasmoorde baie gekwalifiseerd veroordeel het. Mthethwa het politieke partye gevra om nie politiek van plaasaanvalle te maak nie, maar hieroor steek sy eie party nou vir hom ver tong uit. Zuma is egter ‘n ervare Houdini. Pas het hy weer die ongeneentheid met Solidariteit se misdaadveldtog in ‘n geleentheid omskep om dié vakbond met mooi woorde ‘n rukkie lank te pasifiseer, en selfs om lof aan Zuma toe te swaai. Gaan Zuma dit vanaand weer regkry? Dié keer is die teerling, wat die publiek betref, egter gewerp. Zuma mag dalk vanaand die afvaardiging met sy bekende sjarme om sy pinkie draai, maar in die oë van die publiek gaan die samesprekings net nog hol woorde wees as Malema nie onomwonde vasgevat word, en die probleem op ‘n manier blywend aangespreek word nie. In ‘n sekere sin bevind Zuma hom nou tussen die duiwel en die diep blou see, en sekere mediagroepe bespiegel kliphard oor tekens dat die president se uurglas binnekort leeggeloop gaan wees. Zuma het inderdaad nie net te kampe met, wat Jakes Gerwel en Max du Preez verregsing noem nie, maar ook groeiende verset aan die teenoorgestelde kant van die politieke spektrum waar Comrade Winnie haar mond uitspoel. Die verregsing is in ‘n groot mate die resultaat van Malema se ongetemde losbekkigheid, terwyl ander groeperings hul pond vleis begin opeis na Zuma met beloftes Kersvader gespeel het. Zuma besef ook dit is nie meer so maklik om Malema vas te vat en sodoende polarisasie in die land te help temper nie. Waarnemers wys al ‘n geruime tyd daarop dat Malema se radikalisme ‘n breë stroom onder die swart jeug verteenwoordig. Malema self is dus nou net die oortjies van die seekoei. Tog het Zuma in die praktyk nie vanaand ‘n keuse nie. Geen Houdiini-toertjie om Malema te laat loskom gaan meer goed genoeg wees om polarisasie te stuit nie. Zuma moet duidelik sy voet neersit, én dit bedoel, 130n daar moet sigbaar van werk gemaak word. As hy nie die ruggraat hiervoor het nie, moet hy plek maak vir iemand wat wel ernstig oor die land se toekoms voel. Afrikaners: Na wie het die ANC geluister .... Na wie het die ANC geluister wanneer hy gemeen het hy na die Afrikaner geluister het? Die vraag kom op toe ek mnr. Gwede Mantshe se reaksie op ‘n artikel van prof. Herman Giliomee lees. Mantashe klim onder Giliomee in en kritiseer verskeie van sy stellings.

Page 83: Die Belang Van Verso en Ing

Toevallig het ek self Giliomee se artikel gelees, en bykans volkome gehou van wat ek gelees het. Ek het die artikel heel duidelik met ‘n ander bril gelees as waarmee Mantashe daarna gekyk het. (Ek, ‘n nr. 2 apteekbril, en Mantashe blykbaar ‘n donkerbril). Die eerste waar ek meen Mantashe mistas, is dat hy ras inlees in aspekte waar Giliomee self nie ras bedoel het nie, en tweedens lei Mantashe aan die skeet om die rassisme in eie geledere mis te kyk. Byvoorbeeld, noem Mantashe, glo hy en die kaders om hom Suid-Afrika se ekonomie is groot genoeg om vir alle opgeleides, ongeag ras, volledig plek te kry. Maar die polisie, onder regstreekse beheer van die ANC-beheerde regering, gaan appelleer teen ‘n arbeidshofbevinding wat juis rassisme in die weiering van bevordering van ‘n vroulike polisiekaptein bietjie in die bek ruk. Die arbeidshof gebruik internasionale norme, onder meer soos gemanifesteer is in ‘n New Hampshire-saak in die Amerikaanse Supreme Court. Die afleiding dat die polisie, en dus die ANC, die eintlike rasbeheptes is, is dus nie sommer ‘n plaaslike persepsie van “die (wit) Afrikaner” nie. Die ANC is ook blind (of met baie donker donkerbrille uitgerus) om nie te kan begryp hoekom dit onvanpas is om internasionale sokker in ‘n stadion vernoem na die belangrikste eksponent van die slagspreuk, “kill the Boer, kill the farmer” te speel nie. “Woon die verskillende rasse in dieselfde land?” wonder ek toe ek vandag so vinnig die oog laat gaan op die kommentaar op ‘n rubriek van Die Burger se redakteur, Henry Jeffreys. Jeffreys het naamlik ‘n ligte blapsie oor die nasionale belastingverenigings se trustfondse Sondagaand op RSG se Kommentaar na ‘n rubriek oorgedra, en daarmee skynbaar die grootste sluis moontlik van helse kritiek oopgetrek. Behalwe dat Jeffreys ‘n regsuitleg bietjie vooruit geloop het, het hy in die slaggat getrap om die minister van Samewerkende Regering se voorbeeld te gaan volg en ras te gaan soek waar ras nie die bepalende saak is nie, maar swak dienslewering en kleptokrasie, en die pligsgetroue belastingbetalers se absolute keelvolheid hiermee. Die kern van die probleem is natuurlik dat ons mense is, en dat mense op hul persepsies van die werklikheid, eerder as die werklikheid self reageer. En persepsies word nog gans te veel gevorm teen geykte ideologiese groewe. Kan ‘n land wat met dienslewering so in tamatiestraat is (eintlik loop iets anders gereeld in die strate af), of dit nou munisipale dienste is en of dit kerke is wat dikbek oor die nuwe prosedures vir huweliksbevestiging is, nog enigsins plek vind vir enige ander ideologie as dat daar nou so vinnig as moontlik die beste moontlike kundigheid ingespan moet word? Verkieslik eerlike kundigheid met hoë vlakke van integriteit. Maar so wil dit voorkom uit Mantashe se skrywe – hierdie soort stelling is nou juis weer rasgedrewe want dit “sê” swart mense is nie bekwaam en eerlik genoeg nie. Sou Mantashe en kaders so ‘n afleiding maak, dan wys dit net in hoe ‘n treurige toestand van vooropgesette idees die land vasgevang is. Want so iets is nie hier geskryf nie (gaan lees weer) en dis ook nie so bedoel nie (kyk weer). En, mnr. Mantashe en kaders, geen mate van die hersirkulering van uitgevangde onbevoegdes of kleptokrate gaan die situasie verander nie. Al is hulle wit, en al is hulle nou ook wit lede van die ANC.

Page 84: Die Belang Van Verso en Ing

Kom ek herinner Mantashe en kaders aan ‘n gewilde sêding van die ANC, UDF en die liberaliste uit die pre-1994-bedeling: “Apartheid is so boos, dit kan nie hervorm word nie, dit kan net vernietig word.” Dan pas ek dit by vandag se omstandighede aan: “Onbekwame en skelm kaders kan nie deur herontplooiing bekwaam en eerlik gemaak word nie, hulle kan net afgedank en vervolg word om die land weer te laat werk.” Onlangs het Pieter-Dirk Uys soos ‘n tipiese agteros (of koei in die gedaante van miesies Evita) in die kraal ingestrompel gekom en ‘n afgesaagde deuntjie kom opdis: Ignoreer Malema. Antie, baie ander het dit al hoeveel keer tevore gesê, maar hulle dan vasgeloop in die realiteit dat dit nie so maklik is nie, want, so blyk dit, die kroonprins verteenwoordig sentimente van ‘n breë spektrum van die jeug. En toe gebeur ‘n vreemde ding. Ek gaan kry nogal meer respek vir die SAKP se jeugleiers wat Malema kortvat, as vir die ANC se jeug, wat beteken my dunk van die SAKP-jeug is so ‘n titseltjie meer as my respek vir Max (die een met die baard), wat weer ver onder Kevin Pietersen is, voor ek by die mense begin kom vir wie ek al amper respek het. Net so sou ek graag wou sê ons moet ons tog nie steur aan die sentimente wat Mantashe opper nie. Maar om dit te ignoreer is om met ‘n mens se kop in ‘n lugkasteel en mens se stert uiteindelik in die *&^ te sit. Boonop is daar ook enkele positiewe sentimente in Mantashe se artikel. Maar voor ek myself vir ‘n toffie uitgee en dié positiewe elemente lys, wil ek eers een daarvan in die praktyk sien neerslag sien vind. Terug by die vraag: “Na wie luister Mantashe en kaders wanneer hulle kers opsteek oor waaroor Afrikaners se harte warm klop, dat hulle so sleg ingelig, en eintlik oningelig is?” Kort-kort word Bram Fischer as super-Afrikaner opgedis. Straat op straat word na Beyers Naudë vernoem. Nico Smith moet selfs nou weer taamlik die pot roer om te keer dat hy nie per ongeluk vergeet word nie. Of is diegene wat so hoog opgegee het dat “ons sal jul stem wees” dalk meer verbaal as waarvan mens in die oopte kennis neem? Af en toe luister pres. Zuma na dr. Pieter Mulder. Maar as Mantashe so kwaad is vir Giliomee, het ek nie baie moed vir hoeveel die ANC na Mulder gaan luister nie. Dit is blykbaar nie net die Afrikaners wat sukkel dat die ANC na die “regte” woordvoerders luister nie, ook die kerke sukkel om deur Zuma gehoor te word. Selfs die SARK sukkel nou om gehoor te word, omdat die Prez voorkeur gee aan die National Interfaith Leadership Forum van past Ray McCauley. Mccauly se blatante politieke voortrekkery van Zuma is bekend. En toe begin ek nou wonder: “Na wie moet die regering luister om die Afrikanerhart te hoor?” Ek sal nie die ANC se “aanstelling” van iemand soos Bram Fischer aanvaar nie, ook nie eens omdat prof. Jonathan Jansen hom met sy intreerede as versoeningsgebaar teenoor die Afrikaner so geloof het nie. Mense wat in Stalin se tyd en die miljoene mense wat hy vredestyds vermoor het met die Komintern deurmekaar was, tel nie in my boekie as ‘n model-Afrikaner nie, nie eens met ‘n nadoodse doktorsgraad van Maties nie. Oom Bey? Nee dankie. Ongelukkig is die meeste van my redes geklassifiseerd.

Page 85: Die Belang Van Verso en Ing

Antjie Krog? Selfs al het sy op skool van die uwe, toe ook ‘n skoolseun, gesê ek is aantreklik, moet ek verbyhou. Ek dink ook nie sy wil Afrikaners verteenwoordig nie, synde sy so “beg to be black.” Max? Nee, die regte Max is ongelukkig ‘n paar jaar gelede in die Johannesburgse dieretuin dood. En so gaan die lysie aan en aan. Uiteindelik is my gevolgtrekking: Ek dink nie die ANC is toegerus om te besluit wie my Afrikanerbelange verteenwoordig nie. En dit het niks met ras te make nie.

Reaksie op Henry Jeffreys se standpunte oor die Belasting-betalersverenigings My reaksie op die redakteur van Die Burger, Henry Jeffreys, se rubriek oor die aksies van die Belastingbetalersverenigings. Ek wou dit as kommentaar by sy rubriek op die internet plaas, maar kon dit nie regkry nie, en so ook nie by sy blog nie. Die howe moet nog finaal uitsluitsel gee oor waar die reg sy grense oor die “weerhouding” van munisipale belasting gaan trek. Prof. Marinus Wiechers is bekend daarvoor dat hy nie besonder simpatiek teenoor ‘n uitleg staan dat die Belastingbetalersverenigings se regsprosedure, soos die verklaar van ‘n dispuut en die betaal van die fondse in ‘n trustrekening, regmatig is nie. Tog het die verenigings al verskeie hofsake gewen, oa ook in die Vrystaat, waar munisipaliteite gedwing is om hierdie “wanbetalers” se kragtoevoer (wat volledig betaal is) te herstel. In die grondwethofsaak van Walker versus City Council of Pretoria is, eenvoudig gestel, in die meerderheidsuitspraak beslis dat die burger nie bloot die wet kan verbreek as die staat die grondwet oortree nie. Die burger moet eers ‘n regsoptrede volg soos om die howe te nader om die staat te dwing om die grondwet nie te skend nie. (In die omgewing wat natuurlike geregtigheid klink dit vreemd dat ‘n hofsaak nodig is om te keer dat die staat nie die grondwet skend nie, maar daar was ‘n rits soos SA-burgers e belange in Zimabbawe. Vrystaat landbou is nou op pad hof toe met die regering oor veral versuim om die Lesothogrens behoorlik teen oorgrens-misdaad te verskans). Die Pretoria-saak se belangrikste bevinding was egter ook dat ‘n munisipaliteit ook nie op grond van ras mag diskrimineer nie. Nie almal het egter die fondse om hulle op die howe te beroep nie. Prof Herman Gilliomee het onlangs in ‘n artikel ook gewys op die vertolking wat die ANC aan die sg Hoofstuk 9-liggame heg, wat in effek neerkom om as verlengstukke van die ANC te dien. Ek tel onder diegene wat ruim meer as ‘n dekade op die Openbare Beskermer wag om ‘n finale verslag oor ‘n onreg uit te bring. In kort, min mense het nog geloof in hierdie instellings. In die howe is die stryd gewoonlik baie ongelyk, met die staat wat kan aanjaag en die belastingbetalers wat moet opdok. Daar was enkele gevalle, maar hopeloos te min, waar die besluitnemers aan staatskant aangesê is om self die regkostes te dra. ‘n Veel regverdiger speelveld sal ontstaan as staatsaanspreeklikheid vir regskostes heeltemal onttrek word, en besluitnemers verplig word om regsaanspreeklikheidsversekering uit te neem. As die staat gedagvaar word, en die besluitnemer besluit om teen die advies van sy versekeraars die saak teen te staan, moet hy gewoon self sy regskostes dra as hy verloor.

Page 86: Die Belang Van Verso en Ing

Dit is agter te midde van hierdie ongelykheid dat getroue belastingbetalers in magteloosheid moet toesien hoe hul munisipale dienste ten gronde gaan, en geld vermors word. Terwyl ek gou ‘n bietjie navorsing vir hierdie antwoord gedoen het, het my oog geval op R100 000 wat ‘n erg sukkelende munisipaliteit (Ngwathe wat Parys en Heilbron insluit) op die begrafnis van ‘n raadslid gespandeer het. Ek kan by my voordeur uitkyk op ‘n mangat oorkant die straat waarvan die deksel weg is. As lid van ‘n munisipale wykskomitee (ek is nie lid van ‘n belastingbetalersvereniging nie) rapporteer ek dit al meer as twee jaar. Daar was al ‘n foto daarvan in die koerant, en die munisipaliteit moes al aan verskeie mense wat in onbedekte mangate geval het skadevergoeding betaal. In die Karoo het minstens een Belanstingbetalersvereniging sy ding begin doen toe nog ‘n munisipale afvaardiging kort na voriges op pad oorsee was. In verskeie dorpe is al munisipale dienste wat hoegenaamd gelewer word, dit wat die belastingbetalersvereniging uit die trustrekenings lewer. Kort voor die algemene verkiesing het die aangewese, en nou Vrystaatse Premier by ‘n SALGA-kongres aangekondig dat korrupte en onbekwame burgemeesters en munisipale bestuurders afgedank gaan word. Hy is toe uitgelag. Sedertdien het die vreemdste goed gebeur, soos ‘n geskorste munisipale bestuurder wat elders as administrateur aangestel is waar die betrokke munisipaliteit onder administrasie geplaas is. Berigte is volop waar belastingbetalersverenigings voor en na hulle dispuut verklaar het vrugteloos probeer afsprake maak het met die rade. Uit briewe en berigte blyk dit dat die Nasionale Belastingbetalersvereniging ook van g’n sout of water weet van ‘n afspraak wat die minister sê hy met hulle het nie. Trouens, dit blyk eerder dat die minister hul pogings vir ‘n afspraak ontduik, en selfs blykbaar ‘n kluitjie gebak het oor die rede waarom ‘n afspraak op baie kort kennis afgestel is (om ‘n Zuma-saamtrek te gaan bywoon). Die hartseerste is dat die minister dit wys ag om ras by die kwessie in te sleep. Dit het onmiddellik die deur oopgelaat vir teenreaksies met rasse-ondertone, soos dat die (wit) belastingbetalersverenigings darem steeds hul belasting bly betaal, terwyl (swart) ontevredenes heeltemal nie betaal nie (wat blykbaar talle raadslede insluit want by Dihlabeng (Bethlehem en omgewing) sal die raad volgens die ANC self nie ‘n kworum hê as wanbetalende raadslede van vergaderings uitgesluit word nie). Die rasspeletjie kan ‘n entjie verder getrek word soos verskeie voorvalle van oproer, en waar daar deesdae weer taamlik lustig met rubberkoeëls geskiet word, al word nie met rubberklippe gegooi nie. Die hartseer is dat ‘n moeder van hofsake soos die minister dreig, sake net sal vererger eerder as verbeter. Die oplossing is taamlik eenvoudig. Die ANC moet woord hou en van korrupte en onbekwame burgemeesters, raadslede en amptenare ontslae raak. Trouens, onlangs nog het Zuma en kie nukkerige burgemeesters weer mooi soos eendjies in die lojale ry gekry deur te dreig om van die stelsel van uitspattige burgemeesters ontslae te raak. Dis nie altyd rade wat in ANC-beheer is wat sleg vaar nie. Die ANC het immers nie korrupsie uitgevind nie, net vervolmaak. Intussen is dit ongelukkig dat trotse, lojale Suid-Afrikaners wat desperaat probeer keer dat die land ‘n volledige piesangrepubliek word, as verraaiers en misdadigers afgemaak word. ‘n Hofsaak (en mag die nodigheid daarvan deur

Page 87: Die Belang Van Verso en Ing

gesonde verstand oorbodig raak) is nou al wat kan beslis of die trusfondsrekeningshouers werklik misdadigers is, en of hulle eintlik helde is wat deur gemeenskapspolitiek probeer beredder wat nog beredder kan word. Herman Toerien