Deel Een: Wat is leierskap?api.ning.com/.../NL1Watisleierskap.pdfDeel Een: Wat is leierskap? >...

2
Deel Een: Wat is leierskap? > VOORGANGER: Lees Deuteronomium 31:1-8, 23; 34:9 en Josua 1:1-2. Lei in met die verhaal van Moses wat die leierskap oorgee aan Josua. Josua was een van die 10 verspieders wat geglo het (Num 13,14). Lê daarop klem dat hy in Jos 1:1 die “assistent van Moses” genoem word, en Moses “die dienaar van die Here”. Ons gaan tydens ons kursus elke keer uit Josua ‘n groot Bybelse leier – lees! Leiers is mense wat ONTEVREDE is met die STATUS QUO. Hulle begeer VERANDER- ING. Hulle sien ‘n BETER TOEKOMS. Hulle wil nie net self daar kom nie, maar ook SIEN DAT ANDER DAAR KOM. Leiers HELP MENSE GROEI, HELP MENSE BEWEEG. ‘n Leier is IEMAND wat jou na ‘N ANDER PLEK neem. ‘n Nuttige definisie vir leierskap (in Engels) : A leader is a PERSON who influences a group of PEOPLE towards the achievement of a PURPOSE. Let op die 3P'sPerson, People and Purposeen sien die skets: > BESPREEK: Wie het jou in die verlede al na ‘n ander plek geneem (m.a.w. wie was die leiers in jou lewe)? > BESPREEK die diagram (teken dit op die bord): Leierskap is invloed Leierskap gaan altyd oor ‘n doel [PURPOSE/visie] (ons sal daarheen terugkeer); Leierskap gaan altyd oor mense [PEOPLE/’n span] Gesels ook oor die temas: missie, prestasie, commitment. Is almal leiers? Ja almal het een of ander leier- skapsrol om te speel. In die verlede is geglo dat LEIERSVERMOë AANGEBORE is. Daar is geglo aan “gebore leiers”, of “sterk leiers” met dinamiese of charismatiese persoonlikhede. Sulke mense is wel leiers, maar hulle is nie die enigste leiers wat bestaan nie en moontlik ook nie die beste leiers nie! Vandag word raakgesien dat leierskap ‘n algemene funksie van menslike interaksie is en dat feitlik almal een of ander leierskapsrol speel. Mense se LEIERSVERMOë KAN ONTWIKKEL WORD (en dit is wat ons met hierdie kursus doen!) > BESPREEK “sterk” of “dinamiese” leiers wat jy persoonlik of uit die geskiedenis ken. Neem Leierskap verskaf die basiese toerusting vir gemeenteleiers in nege dele: PERSOONLIKE LEIERSKAP 1. Wat is leierskap? 2. Integriteit 3. Dissipline 4. Verhoudings INTERPER- SOONLIKE LEIERSKAP 5. Visioenering 6. Bestuur 7. Span 8. Bemagtiging GEESTELIKE LEIERSKAP 9. Verhouding met God v2 © 2014 Skryf by ons kursusse in by www.jimileroux.com Bladsy 1 DIE DOEL van hierdie kursus is om toegeruste, gemotiveerde en Geesvervulde leiers vir die kerk van Jesus te verskaf.

Transcript of Deel Een: Wat is leierskap?api.ning.com/.../NL1Watisleierskap.pdfDeel Een: Wat is leierskap? >...

Deel Een:

Wat is leierskap?

> VOORGANGER: Lees Deuteronomium 31:1-8, 23; 34:9 en Josua 1:1-2. Lei in met

die verhaal van Moses wat die leierskap oorgee aan Josua. Josua was een van die

10 verspieders wat geglo het (Num 13,14). Lê daarop klem dat hy in Jos 1:1 die

“assistent van Moses” genoem word, en Moses “die dienaar van die Here”. Ons gaan

tydens ons kursus elke keer uit Josua – ‘n groot Bybelse leier – lees!

Leiers is mense wat ONTEVREDE is met die STATUS QUO. Hulle begeer VERANDER-ING. Hulle sien ‘n BETER TOEKOMS. Hulle wil nie net self daar kom nie, maar ook SIEN DAT ANDER DAAR KOM. Leiers HELP MENSE GROEI, HELP MENSE BEWEEG.

‘n Leier is IEMAND wat jou na ‘N ANDER PLEK neem. ‘n Nuttige definisie vir leierskap (in Engels): A leader is a PERSON who influences a group of PEOPLE towards the achievement of a PURPOSE. Let op die 3P's—Person, People and Purpose— en sien die skets:

> BESPREEK: Wie het jou in die verlede al na ‘n ander

plek geneem (m.a.w. wie was die leiers in jou lewe)?

> BESPREEK die diagram (teken dit op die bord):

Leierskap is invloed…

Leierskap gaan altyd oor ‘n doel [PURPOSE/visie]

(ons sal daarheen terugkeer);

Leierskap gaan altyd oor mense [PEOPLE/’n span]

Gesels ook oor die temas: missie, prestasie,

commitment.

Is almal leiers? Ja – almal het een of ander leier-

skapsrol om te speel.

In die verlede is geglo dat LEIERSVERMOë AANGEBORE is. Daar is geglo aan “gebore leiers”, of “sterk leiers” met dinamiese of charismatiese persoonlikhede. Sulke mense is wel leiers, maar hulle is nie die enigste leiers wat bestaan nie en moontlik ook nie die beste leiers nie! Vandag word raakgesien dat leierskap ‘n algemene funksie van menslike interaksie is en dat feitlik almal een of ander leierskapsrol speel. Mense se LEIERSVERMOë KAN ONTWIKKEL WORD (en dit is wat ons met hierdie kursus doen!) > BESPREEK “sterk” of “dinamiese” leiers wat jy persoonlik of uit die geskiedenis ken.

Neem Leierskap verskaf die basiese

toerusting vir gemeenteleiers in

nege dele:

PERSOONLIKE LEIERSKAP

1. Wat is leierskap? 2. Integriteit 3. Dissipline

4. Verhoudings

INTERPER-SOONLIKE LEIERSKAP

5. Visioenering 6. Bestuur

7. Span 8. Bemagtiging

GEESTELIKE LEIERSKAP

9. Verhouding met God

v2 © 2014

Skryf by ons kursusse in by

www.jimileroux.com

Bladsy 1

DIE DOEL van

hierdie kursus is

om toegeruste,

gemotiveerde en

Geesvervulde

leiers vir die kerk

van Jesus te

verskaf.

WAAR-

SKUWING:

Leierskap is nie glorious nie. Dit lei nie noodwendig tot eer, erkenning of respek nie. Leierskap behels om harder as al die ander te werk, om ongewilde besluite te neem en om met konflik te kan deel. Leierskap is die neem van ‘n groot verantwoorde-likheid wat tot stres kan lei.

“The effective

leader… works

longer hours, reads

more, wastes less

time, makes more

contacts, writes

more letters,

travels more miles,

studies more, trains

more people and

makes more phone

calls.”

(John Haggai)

Iemand moet

egter leierskap

aanvaar—sal jy?

God roep jou tot leierskap.

Jy oefen ook invloed uit – in jou gesin, by jou werk, in jou gemeente of vriendekring. Daar is diegene wat na jou opkyk. Jy kan ‘n rol speel in hulle groei. Dalk is jy in jou werk, kerk of gemeenskap in sekere posisies as ‘n leier, bestuurder of opsigter aangestel.

Aanvaar die uitdaging tot leierskap!

Besluit om ‘n uitstekende leier te wees!

Besluit om as leier te groei!

Wat is die proses van leierskap? Let op:

Jy bevind jou in ‘n posisie waarin jy INVLOED kan uitoefen deur jou teenwoordigheid, voorbeeld, voorstelle of reëlings: LEIERSKAP = INVLOED: niks meer nie, niks minder nie (Maxwell);

Jy beleef ‘n “heilige ontevredenheid” (holy discontent—Bill Hybels). Iets is nie reg nie — dinge kan beter gedoen word, meer kan bereik word;

Jy het ‘n prentjie van ‘n beter uitkoms—jy weet wat nodig is, jy sien reeds wat eintlik moes wees, hoe ons beter kan werk, wat God eint-lik vra— en dit inspireer jou!

Jy is in staat om ‘n verskil te maak: jy het sekere GAWES, TALENTE, KENNIS, ERVARING, VERMOëNS wat sal help— bowenal kan jy moontlik DIE GROEP BEÏNVLOED om na die doel te beweeg;

Jy neem inisiatief (of jy word gevra) en begin die groep beïnvloed met jou houding, gesprekke, voorstelle of reëlings. Jy NEEM LEIER-SKAP en mense reageer daarop.

Jy groei as leier. Jy ken jou spesifieke persoonlikheid en leierskap-styl en jy doen moeite om ‘n meer effektiewe leier te wees. Jy word ’n uitstekende leier!

Bladsy 2

Verskonings vir leierskap Moses staan voor God by die brandende bos (Eks 3–4) en kry ‘n opdrag. Hy voel egter ontoereikend en onvoorbereid. Hy het dadelik vyf verskonings:

Verskoning 1: Wie is ek? (Eks 3:11). Moses het nie soos ‘n leier gevoel nie.

Hy het gedink God het die verkeerde persoon as leier gekies. God sê: Dit maak nie saak wie jy is nie. Ek sal jou in staat stel.

Verskoning 2: Wie is U? (Eks 3:13). Moses het God nie goed genoeg geken

om Hom, of sy wil, aan ander te beskryf nie. God sê: EK IS WAT EK IS. Ek is alles, en het alles, wat jy nodig het.

Verskoning 3: Wat as hulle nie luister nie? (Eks 4:1). Moses was

bekommerd oor die mense se reaksie teenoor hom. Sal hulle luister? God se reaksie: As ek klaar is, sal hulle luister. Vertrou my.

Verskoning 4: Ek is nie ‘n goeie spreker nie. (Eks 4:10). Moses het getwyfel

oor sy gawes. Het hy leierskap-vermoëns? God sê: Wie het jou mond gemaak? Ek is die bron van jou gawes.

Verskoning 5: U kan iemand anders kry. (Eks 4:13). Moses het homself

vergelyk met ander mense. Kan hy dit alleen doen? God sê: Ek sal Aäron saam met jou laat gaan … maar ek roep jou nog steeds!

> BESPREEK: Wat is jou verskoning om leierskap te neem?

Christus as leier Christus leer ons alles van leier-skap af. Hy sien die behoefte van die mens. Hy neem inisia- tief en verantwoordelikheid om te doen wat gedoen moet word. Hy gee alles—insluitend sy lewe – om die doel te bereik. Hy word vandag gevolg deur miljoene mense.

www.jimileroux.com Duplisering sonder toestemming is streng verbode.