De Keur Groep Leeuwrivier - dougjeff.co.za Keur Draft Scoping/Appendix 5 Soil... · Saam met die...

22
De Keur Groep Leeuwrivier Junie 2013 Vestigingsverslag vir blokke: Plaasblok, Braakblok, Kleigat, Dam, Rooikop en Kraanvoël Saamgestel deur: L.P. Reynolds Fruitful Crop Advice (Pty) Ltd Adres: Posbus 792, Umzumaailaan 46, Ceres Tel: 0847091726 E-pos: [email protected]

Transcript of De Keur Groep Leeuwrivier - dougjeff.co.za Keur Draft Scoping/Appendix 5 Soil... · Saam met die...

De Keur Groep

Leeuwrivier

Junie 2013

Vestigingsverslag vir blokke: Plaasblok, Braakblok, Kleigat, Dam, Rooikop en Kraanvoël

Saamgestel deur: L.P. Reynolds

Fruitful Crop Advice (Pty) Ltd

Adres: Posbus 792, Umzumaailaan 46, Ceres Tel: 0847091726 E-pos: [email protected]

2

INHOUDSOPGAWE

bl. 1. Inleiding ...................................................................................................................................... 3 2. Gronde en grondpotensiaal ..................................................................................................... 3

3. Grondmonsters .......................................................................................................................... 3 4. Grondvoorbereiding .................................................................................................................. 5

5. Kontrakteurs............................................................................................................................... 6 6. Dreinering ................................................................................................................................... 6

7. Hervestigings aksies................................................................................................................. 6 8. Blokuitleg, ryrigting en windbreke .......................................................................................... 7

9. Kultivar keuse en plantafstande. ............................................................................................ 7

10 Plantmateriaal en plantprosedures ....................................................................................... 7

11. Besproeiing .............................................................................................................................. 8

12. Bemesting en blaarvoeding .................................................................................................. 8 12.1 Bemesting vir jong appels en pere ................................................................................ 8

12.2 Blaarvoeding vir jong, nie-draende kernvrugte ............................................................ 9

13. Deklaag en Kompos ............................................................................................................... 9

14. Dekgewasse ............................................................................................................................ 9

15. Ander ...................................................................................................................................... 10

3

1. Inleiding

Gronde is deur B. Schloms geondersoek, sien verslag Maart 2013 oor gronde aangetref

en grondpotenisaal. In hierdie verslag gaan hoofsaaklik op die vestiging gefokus word en

nie op die gronde nie. Die optimale prosedure vir die vestiging van appels en pere verskyn

in hierdie verslag. Saam met die verslag word ‘n grondkaart met kontoerlyne en

oorlegkaarte met details aangaande ameliorante, dreinering en besproeiing verskaf.

Hierdie kaarte moet saam met die verslag bestudeer word. Schloms se grondverslag moet

ook saam gelees word.

2. Gronde en grondpotensiaal

Sien Schloms se verslag.

3. Grondmonsters

Die gronde is ingedeel volgens ou blokke, grondvorm en –potensiaal en ameliorantblokke

is op die ameliorantblokkaart ingetrek. Die neem van grondmonsters kan as volg geskied:

1. In die lys is groepe gate (Ameliorantblokke) wat saam gemonster moet word asook

die spesifikasie tot watter diepte dit gemonster moet word. D.w.s. daar moet ‘n

gesamentlike monster getrek word van al die profielgate in daardie ameliorantblok

vir elke gespesifiseerde diepte. Bv. ameliorantblok 2 in die onderstaande lys dui

aan dat profielgate 1, 3, 4 en 5 saam gemonster moet word. Trek ‘n gesamentlike

monster vir die 0-20cm diepte en nog ‘n gesamentlike monster vir die 20-80cm

diepte. Doen dit as volg:

2. Versamel die grondmonsters van elke gespesifiseerde diepte van al die profielgate

in die groep eers in ‘n emmer om ‘n gesamentlike monster te maak, meng dit goed

en plaas dit in ‘n goed gemerkte sakkie wat die diepte van die monster aandui

asook die monsternommer.

3. Die totale grondmonster kan enigiets in die orde van 1.0-1.5kg wees afhangende

van die hoeveelheid klip. Hoe meer klip in die monster, hoe meer grond word

benodig.

4. Kap 30cm van die wand skoon om te voorkom dat aangesamelde soute saam

gemonster word.

5. Monster van onder na bo om grondvermenging van die onderskeie horisonte te

vermy.

6. Indien slegs 1 gat gemonster word, monster alkant van die gat.

7. Stuur die monsters na BEMLAB in Somerset Wes-(021-8516401) vir ‘n roetine en

spoorelement ontleding.

4

Tabel 1: Grondmonsterlys vir Leeuwrivier

Amelio-

rant blok

Blok Ha Profielgate Diepte Horison

Grond

vorm

Monster-

nommer KUK Klip%

1 Plaasblok 2, 0-20

20-80

A

e Kd 1000

1.1

1.2 3.5 20

2 Plaasblok 1, 3, 4, 5 0-20

20-80

A

E Kd 2000

2.1

2.2 3.5 0

3 Plaasblok 6, 7 0-20

20-80

A

Ye B Pn

3.1

3.2 3.5 0

Byekamp Plaasblok 0-20

20-80

Byekamp 1

Byekamp 2

4 Braakblok 1 0-30

30-80

A

E Kd 1000

4.1

4.2 3.5 30

5 Braakblok 2 0-20

20-60

A

E, Cf

5.1

5.2 3.5 50

6 Braakblok 3, 4, 5, 6 0-30

30-80

A

E

Kd1/200

0

6.1

6.2 3.5 0

7 Braakblok 7,8 0-30

30-80

A

E Kd 1000

7.1

7.2 3.5 0

8 Rooikop 1, 4, 5 0-20

20-60

A

So/e Gs, Cf

8.1

8.2 4.0 30

9 Rooikop 3 0-30

30-80

A

e Kd

9.1

9.2 4.0 0

10 Rooikop 6, 8, 9, 11 0-20

20-40

A

e Km

10.1

10.2 4.0 0

11 Rooikop 15 0-20

30-80

A

Ye B Pn

11.1

11.2 4.0 0

12 Rooikop 12 0-20

30-80

A

E Kd

12.1

12.2 4.0 0

18 Rooikop 10 0-30 A Ss 18.1 4.0 0

13 Kraanvoël 12, 13 0-30

30-80

A

YeB/NeoB Pn/Tu

13.1

13.2 3.5 30

14 Kraanvoël 14, 15, 16 0-30

30-60

A

E Cf

14.1

14.2 3.5 40

15 Kraanvoël 7, 17, 20 0-30

30-80

A

E, Cf

15.1

15.2 3.5 10

16 Kraanvoël 8, 22, 27 0-20

20-40

A

E Cf

16.1

16.2 3.5 60

17 Kraanvoël 18, 24, 25 0-20

20-70

A

E Cf

17.1

17.2 3.5 40

19 Kleigat 2,3 0-20

20-80

A

e Lo/Cf

19.1

19.2 3.5 40

20 Kleigat 4, 5, 8 0-20

20-80

A

e Kd

20.1

20.2 3.5 30

5

21 Kleigat 6, 7 0-20

30-80

A

e Kd

21.1

21.2 3.5 0

22 Dam 1, 4 0-20

30-80

A

E Kd/Es

22.1

22.2 3.5 40

23 Dam 2 0-20

20-80

A

E Km

23.1

23.2 3.5 0

24 Dam 5, 6 0-20

20-60

A

E Cf

24.1

24.2 3.5 40

4. Grondvoorbereiding

Dit is belangrik om grondvoorbereiding by die ideale grondwatertoestande te doen.

Bewerking by die verkeerde grondwaterinhoud kan onvoldoende vermenging tot gevolg hê

wat swakker as ideale wortelontwikkeling en al die probleme wat daarmee geassosieer

word, beteken. Vir die ideale waterinhoud vir bewerking moet die profiel nat wees, maar

geen vry water moet in die hand agterbly nadat ‘n balletjie grond saamgepers is nie. Om te

bepaal of die grond die regte grondwaterstatus is vir grondvoorbereiding moet dit moontlik

wees om ‘n worsie met die grond in die hand te kan maak. Indien dit met ‘n ligte druk van

die duim in baie fyn stukkies breek is dit by die regte grondwaterstatus. Indien dit in 1 of 2

groot stukke breek is die grond te nat. As dit nie moontlik is om die grond saam te pers tot

‘n worsie nie is die grond te droog. Die sande by Leeuwrivier kan natter bewerk word,

anders beweeg die sande net oor rysterbord sonder vermenging.

Die beste tyd vir grondvoorbereiding is na die winterreën, waarskynlik Oktober/November,

wanneer die grond kans gehad het om effens uit te droog. Dit is egter moontlik in die

somer indien die grond tot optimum waterstatus besproei word en 'n paar dae gewag word

sodat ekstra water kan dreineer.

Die chemiese behoefte vir die gronde sal uitgewerk word sodra die grondanalise ontvang

is. Die bewerking soos hieronder uiteengesit sal dan weer heroorweeg word en indien die

ameliorant hoeveelhede laag is kan die 2de dolaksie moontlik uitgeskakel word.

Die volgende is die opeenvolging van nodige grondvoorbereidingstappe:

1. Spuit enige kweek en/of kikoejoe met ‘n sistemiese onkruiddoder dood.

2. Verwyder ou boom wortels

3. Indien daar beplan word om in die somer of vroeë herfs grondvoorbereiding te

doen; besproei die grond tot optimum waterstatus met bv. gou-koppel pype. Laat

afdroog tot ideale waterstatus vir bewerking.

4. Merk die verskillende ameliorantblokke uit en saai die verlangde hoeveelhede

ameliorante uit per blok voor grondvoorbereiding. Spoorelemente moet met klam

sand vermeng word om ‘n geskikte volume vir uitsaai te kry.

5. Vermeng die ameliorante met die bogrond met ‘n swaar skotteleg. Gebruik u eie

gereedskap vir hierdie aksie. Die ameliorant verrykte bogrond lei tot beter

vermenging tydens die grondvoorbereidingsaksie.

6. Rip al die blokke behalwe Plaasblok, by Braakblok is daar ‘n klein gedeelte grond

wat gerip moet word rondom gat 2. Rip al die blokke (behalwe Plaasblok en res van

6

Braakblok) tot op 100cm diepte met ‘n aanvoorwydte van 70-80cm. Rip die eerste

aksie helling af vir dreinering. Sekere gedeeltes moet gekruisrip word, die kruisrip-

aksie moet 30-450 op mekaar wees. Sien Ameliorantkaart. By Kraanvoëlblok is daar

gedeeltes wat nie geplant word a.g.v. te harde rotsbanke, rip met die eerste aksie

deur die gedeeltes vir dreinering.

7. Onthou daar word 30% grondlig verkry tydens die voorbereidingsaksie, gevolglik

moet die “shank” 1.2-1.3m lank wees.

8. Al die blokke moet gekruisdol word, die gedeeltes wat gekruisrip word sal moeilik

dol a.g.v. te veel klip. Probeer soveel as moontlik blokke dol. Sien doldieptes op

amelioirantkaart. Alle blokke word tot op 80cm diepte gedol met ‘n aanvoorwydte

van 50cm behalwe blokke:

10 word 40cm diepte gedol en 18 word 30cm diepte gedol.

Die laaste aksie moet verkieslik op die plantrigting wees en die hoek tussen die 2

aksies moet 30-45º wees. Dit sal nog voldoende helling gee vir interne dreinering in

die grond. Voorsien die kruiptrekker met ‘n sleepyster om die grond gelyk te sleep.

9. Hierna moet die rye uitgesteek word.

10. By Rooikop waar grondiepte ‘n probleem is moet ‘n ligte operdwal van 20cm

gemaak word. 'n Operdwal is 1.2 tot 1.5m breed met 'n plat of konvekse kruin sodat

geen water bo-op die operdwal opgaar nie. Die trog is plat met 'n sloot in die middel

om oppervlakwater weg te voer. Opêrdwal kan met ploegie gemaak word.

5. Kontrakteurs

Haupfleisch grondbewerking

021 873 2026 082 801 7707

Casper de Bruyn 0824584745

Shorty Swanepoel Kantoor

082 415 8260 021 853 4482

Basie Small

Kantoor

082 459 9439 028 21 21400

Piet Fourie Huis

082 890 1206 021 988 6305

Sieg Strydom Huis

083 628 9749 021 872 7071

Koos Stofberg Kantoor

082 705 6996 021 882 8270

Johan Nolte Walter Laurence

082 606 0610 082 900 3743

6. Dreinering

Volgens B. Schloms is dreinering nie nodig nie, ek het egter ‘n paar voorstelle gemaak.

Nat lentes raak al hoe meer die norm en dreinering sal die bome in die tydperk help. Sien

dreinering voorstelle op kaart. Instaleer dreinering met ‘n val van meer as 0.5%, ideaal is

rondom 1%.

7. Hervestigings aksies

Dit is nie ‘n herplant situasie nie, dis is spesifieke appel hervestigingsiekte nie ‘n probleem

nie.

7

Behandel na bot egter geplant bome, dit is om te versker dat daar nie grondsiektes van

kwekery af inkom nie. Behandel as wortels 5cm lank is met Nemacur, Phytopthora en

bloedluis “drench”. Monitor daarna elke drie jaar.

Monitor aalwurms in die Desember die volgende jaar dit wil sê ongeveer 18 maande na

plant (Nemlab: 021 975 2350).

Dien ’n enkel Phytex bespuiting toe (0.75lit/100lit) in mid November en weer in April van

plantjaar teen Phytophtora. Phytex moet nie toegedien word terwyl dagtemperature hoër

as 30ºC is nie. Bome moet transpireer (nie onder droogte of ander stres wees nie).

8. Blokuitleg, ryrigting en windbreke

Koppen-ent paaie is 6m, Koppen-ent paaie wat skuins by rye aansluit is 7m vir voldoende

draaispasie. Middel paaie is vernou na 6m omdat daar plukpaaie gaan wees en slegs

spuitpompe in middelpaaie hoef te draai.

Plukpaaie is 4.5m wyd en by die 153m rye is 2 plukpaaie ingesit. Dus sal is daar 48m

spasie van pad tot pad en ‘n plukker moet 24m pluk. Die ideaal sal wees om omdraaipunt

van plukker te merk, sodat plukkers duidelik sal weet tot waar om te pluk. ‘n Opleipaal op

daardie posisie is ideaal.

Optimale ryrigting is tussen 30º Oos en 30º Wes van Ware Noord t.o.v. ligonderskepping.

By Leeuwrivier is by die bestaande blokke se ryrigting gehou wat 20º Wes van Ware

Noord is. Rooikop en Kraanvoël se rigting is verder Wes geswaai na 30º Wes van Ware

Noord. Dit is net ‘n meer praktiese rigting vir die gedeelte a.g.v. die skuinste. Die

Noordelike gedeelte by Rooikop is steil, ‘n helling van 17%. ‘n Trekker behoort egter daar

te kan ry. Maak koppen-ent paaie “level” om draai te vergemaklik. Albei die rigting sal

minder sonbrand gee a.g.v. afwyking na Wes. Ryrigtings is op die blokuitleg overlay

aangedui.

9. Kultivar keuse en plantafstande.

Rywydte is aangepas na Hortgro simposium in Junie na 3.5m. Onderstam keuses moet

egter aangepas word op sterker gronde om aan te pas by die nouer spasieëring. Die

nouer spasieërings sal veroorsaak dat boord vroëër in drag kom, omdat meer bome op ‘n

ha geplant word en bome sal meer arbeidsvriendelik wees.

Blok Kultivar Onderstam Ha Bestuiwers Plant afstand

Plaasblok Golden Reinders MM109 5% ERO en 5% GRS 3.5 x 1.25m

Braakblok Packham’s

Truimph, of

ander pere

*BP1 10% Clapps Favourite

10% Rosemarie

4.0 x 1.5m

Kleigat Rosy Glo M7 10% SDN/MM109 3.5 x 1.25m

Dam Panorama GDL M7 5% Anna, 5% Pan Pollinator 3.5 x 1.25m

8

**Rooikop Golden Reinders M7 5% ERO/MM109 en 5 %

GRS

3.5 x 1.25m

**Kraanvoël Rosy Glo M7 10% SDN/MM109 3.5 x 1.25m

*Indien Forelle of Abate Fetel geplant word, kan dit op BA29 geplant word. **Rooikop en Kraanvoël is geskik vir enige appel kultivar, sal egter versigtig wees vir ERO.

10. Plantmateriaal en plantprosedures

Gebruik slegs die beste plantmateriaal. Die regte tyd van die jaar om te plant is na die

winter as die grond kans gehad het om af te droog en die grondtemperature begin styg

het. Probeer om die bome klaar geplant te hê teen September / Oktober. Moenie in te nat

grond plant nie (NB).Wees versigtig met die maak van die plantgat, moenie die rante met

‘n graaf smeer nie, gebruik eerder ‘n vurk om die gate te maak. Indien die gate nie met ‘n

vurk gemaak kan word nie, maak dit met ‘n graaf maar maak seker die rante is nie

gesmeer nie en maak dit los met ‘n vurk om te voorkom dat die wortels tot ‘n pot ontwikkel.

Plant met ‘n waterkar om te voorkom dat die wortels uitdroog. Vul die plantholtes goed op

na plant sodat daar nie ‘n holte vorm wanneer die grond sak nie. Dit word gedoen om

Phytophthora te verhoed. Die besproeiingstelsel moet reeds klaar geïnstalleer wees en

teen die regte druk loop met plant.

11. Besproeiing

By die appels en pere ontwerp vir ‘n vloei van 45-50m3/ha/uur. Op die sanderige tipe

gronde word ‘n medium radius spuitjie aanbeveel om wortelvolume te vermeerder. Indien

‘n 40L spuit elke 2de boom geplaas word ‘n vloei van 45m3/ha/uur verkry. ‘n Spuit elke

boom is meer ideaal, maar dan is die vloei onnodig hoog of ‘n 20L spuit moet gebruik word

wat makliker verstop.

‘n Watermonetering aparaat soos (“continuous logging”) sal besproeiingskedulering

vergemaklik op die sand grond wat soms ‘n hoë klipinhoud het. Daar is besproeiingsblok

breke op kaart aangedui waar klip gronde van skoon gronde geskei word.

12. Bemesting en blaarvoeding

12.1 Bemesting vir jong pere en appels

Bemesting word met die hand toegedien, maar ontwerp besproeiingsstelsel so dat

bemesting later deur die water toegedien kan word. Begin met 50g MAP per boom direk

na plant. Dien vanaf bot 35g KAN per boom elke drie weke, die KAN word afgewissel met

50g 1:0:1(36) vir 'n totaal van 6 toedienings (3XKAN + 3X1:0:1(36)). Moenie die kunsmis

in 'n hoop teen die stam toedien nie. Strooi die kunsmis egalig in 'n sirkel met 'n radius

van 50cm rondom die stam.

9

12.2 Blaarvoeding vir jong, nie-draende kernvrugte

Dien mengsel A drie weke na bot toe en volg 7-10 dae later op met mengsel B. Herhaal

hierdie prosedure tot ’n maksimum van DRIE toedienings van elk tot einde Desember.

Bome moet goed natgespuit word (hoë volume), veral met mengsel B.

PRODUKTE

HOEVEELHEDE g OF ml/100lit

A B

Spuitureum (LB) MAP Goëmar BM86E Progib (4%) Mangaansulfaat Sinkoksied Koper-oksichloried Solubor Biowet

500g - - - - - 50g 100g 6ml

250g 250g 200ml *20ml 100g 50g

- -

6ml

* Gebruik 2g Progibb as dit die 40% formulasie is.

Spuit n enkel Magnesiumsulfaat (2kg/100lit) of Magnisal (800ml/100lit) of Magmax

(250ml/100lit) of Foliamag (250ml/100lit) of Magnesiumnitraat (1500ml/100lit) in

November. Moenie op baie warm dae toedien nie.

13. Deklaag en Kompos

By Leeuwrivier sal kompos help om die watervermoë en katioon uitruilings kapasiteit te

verhoog. In B.Schloms se verslag is dit duidelik dat gronde se waterhouvermoë en katioon

uitruil kapsiteit baie laag is. Dien 20m3 kompos per hektaar toe.

Alle nuwe vestings moet November na vesting “gemulch” met 400 bale/ha of “chips”

250m3/ha. Bedek die bankie met strooi begin November na die eerste besproeiing. Deklae

handhaaf ‘n geskikte grondtemperatuur, help met onkruidbeheer, verbeter water-infiltrasie

en bewaar grondvog. Gebruik vrot (nie-blink) strooi of denne chips om ligweerkaatsing te

voorkom. Hou ‘n handbreedte spasie rondom die stam oop om Phytophthora infeksie te

help voorkom. Operdwalle se sukses word groot en deels deur deklae bepaal.

14. Dekgewasse

Saai aan die einde van die eerste seisoen ‘n grasdekgewas. ‘n Dekgewas word aanbeveel

om stof en erosie te beperk.

Saai die volgende mengsel teen 18-25kg/ha slegs op werksry:

50% Houndog/Grande (dwergswenkgras)

25% Herold (“kreeping red fescue”)

25% SR4100 (raaigras)

10

15. Ander

Beheer onkruid, wild, siektes en plae.

Sterkte met die vestiging.

Louis Reynolds

Rooikop en Kraanvoël

2797 Pn 2100 ye gs lw 4f1gk 5- me1 3/6

131 Cf 2200 Ro/Rw 3g2k 3,5- me1 -

397 Tu 2110 ne/ye sw 3g1k 6 Pn- me1 3

373 Pn 2100 gs sw 4g2k 6 Tu- me1 2/3

131 Cf 1200 Rw/sw 3g4k 4- me1 3/4

Rotsdagsone

272 Cf 1/2200 Rw/sw 3g4k + Rots 5- me1 3/4

Rotsdagsone

131 Cf 2220 Rw/Ro 4g4k 4,5/5 Ms- me1 -

262 Cf 1/2200 Rw 3g4k + Rots 5- me1 3/4

1/2 Ms 2100 Ro/Rw 3- me1 -

131 Cf 2200 Rw 2f3g2k 4,5- me1 3

2Ms 2100 Ro/Rw + Rots 2.5- me1 3

363 Cf 2200 sw 2f3g2k 4,5/5- me1 3/4

37 Tu 2110 ne/ye gl 6 Pn- me1 3/6

363 Cf 2200 sw/Rw 2f4g2k + hp1 5- me1 3

161 Cf 2200 sw/Rw 5g2k 5 Pn- me1 3/4

Rooikop

Kraanvoël

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

19

18

17

16

15

14

13

12

11

20

21

22

23

24

25

26

27

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10X-dol 30cm

11

12

13

14

15

252 Cf 2200 sw 3f1g 4,5 - 5 - me1 3/4

25 Gs 1211 so 5,5-6- Fi 3

246 Km 2120 vp/pr sw 4 SsFi / me2 3/6

237 Es 2100 pr sw 3 Ssme / Fi 2 6

38 Kd 2000 gc 5- me1 3/6

1361 Km 2120 vp sw 2f1g 4Fi / me2 3/6

131 Cf 1200 sw 2g3k 3 Rots- me1 3/4

34 Gs 1211 so 5,5-6- Fi 3

24 Ss 2100 pr sw 3,4-4me / Fi2 3/6

237 Es 2100 pr sw 3me / Fi2 6

28 Pn 100 ye gl 5- me2 3/6

345 Km 2110 vp gc 4Fi2 3/4

147 Km 2110 vp gl/gc 5Fi 2 3/4

1 Ms 2100 Ro/Rw 2 + Rots Me1 3/4

37 Kd 1/2000 gl 4,5-5 Me1 6

121 Cf 1200 Rw 3g5k 2,5-3 Ms + Rotsme1 3/6

1 Ms 2100 Ro/Rw 2 + Rots me1

121 Es 2100 pr/vp 4F 2 + Rots Seme1 6

252 Cf 1200 sw 4g4k 4,5-52f2g me1 3/6

1 Ms 2200 Rw/Ro 2 + Rots- me1 3/4

1/2 e 1/2 Es 1100 pr gc 3f 3- me1 6

27 Pn 2200 sp/gs 4g 3k 5 Tu- me1 3/4

131 CF 2200 Rw 3g4k 4- me1 3

2 Ms 2100 Ro/Rw 3 Cf + Rots- me1 -

2 Ms 2100 Ro/Rw 3 Cf + Rots- me1 - Blok

GRONDKAART

Projek

Baie Hoë Potensiaal

Hoë Potensiaal

Medium Hoë Potensiaal

Medium Potensiaal

Medium Lae Potensiaal

Lae Potensiaal

Onbenutbaar

LEEUWRIVIER

SPILHAUS

14/06/20131:3500

TN

Skaal / Scale Datum / Date

Opgemeet / Surveyed

E-pos: [email protected]: 084 709 1726

Fruitful CropAdvice

30 grade Wes van W

N

30 grade Wes van W

N2.31ha

uit

uit

1.55ha

1.02ha

2.77ha

3.90ha

3.70ha

uit

3.56ha

5.16ha

Oopsloot

Besproeiingsblok breek

Ryrigting

Blok Rooikop en Kraanvoël

BLOKUITLEG

Projek

Dreinering

Paaie

Blok Projek

LEEUWRIVIER

SPILHAUS

14/06/20131:3500

TN

Skaal / Scale Datum / Date

Opgemeet / Surveyed

Kultivarbreek

E-pos: [email protected]: 084 709 1726

Fruitful CropAdvice

Plukpaaie

Uit

Uit

Uit

8.X-Rip3.35ha

9.0.53ha

10AX-dol 40cmOpêrd 20cm1.90ha

10BX-dol 40cmOpêrd 20cm2.29ha

12.1.45ha

18X-dol 30cm0.71haOpêrd 20cm

13.1.05ha

14.X-Rip2.60ha

15.3.71ha

16.X-Rip1.91ha16B

X-Rip0.69ha

17X-Rip4.14ha

11.0.44ha

Blok Rooikop en Kraanvoël

AMELIORANTKAART

Projek

AMELIORANT BLOKKE

LEEUWRIVIER

SPILHAUS

14/06/20131:3500

TN

Skaal / Scale Datum / Date

Opgemeet / Surveyed

AMELIORANT BLOKKE

AMELIORANTKAART

E-pos: [email protected]: 084 709 1726

Fruitful CropAdvice

De Keur Groep: Leeuwrivier-SEB

Februarie 2018

Verkenningverslag vir De Keur: Leeuwrivier

Saamgestel deur: R.H. van der Merwe

en L.P. Reynolds

Adres: Posbus 792, Umzumaailaan 46, Ceres Tel: 0847091726 E-pos: [email protected]

2

INHOUDSOPGAWE

bl. 1. Inleiding ...................................................................................................................................... 3

2. Gronde en grondpotensiaal ..................................................................................................... 3 3. Vrugsoort geskiktheid ............................................................................................................... 6

3

1. Inleiding ʼn Gedeelte van Leeuwrivier (ʼn plaas van die De Keur groep) is die 12de Februarie 2018 deur L.P. Reynolds en R.H van der Merwe vir die moontlike vestiging van kern- en steenvrugte ondersoek. Saam met hierdie verslag word ʼn grondkaart verskaf wat verskeie potensiaalklasse aandui vir die vestiging van kern- en steenvrugte. Hierdie kaart moet saam met die verslag bestudeer word. 2. Gronde en grondpotensiaal Profielgate is ondersoek en volgens die Taksonomiese Grondklassifikasie Sisteem vir Suid-Afrika geklassifiseer. Die volledige grondkodes vir die onderskeie profielgate word op die meegaande kaart aangedui. Grondgrense is ingetrek en die verskillende gronde is volgens potensiaal ingekleur. ʼn Grondpotensiaal syfer is aan elke profielgat toegeken en dit word aan die regterkant in die boonste lyn van die kode aangetref. Dit is ʼn syfer uit 10 waar 1 baie lae en 10 baie hoë potensiaal grond is en is gebaseer op die verwagte groeireaksie. ʼn Addisionele potensiaal punt is aangebring vir die verskeie gronde se potensiaal om steenvrugte en kernvrugte te produseer. Die grondpotensiaal syfer is aan die grond toegeken in sy natuurlike toestand en kan verhoog word met voorgeskryfde grondvoorbereidingsaksies. Die bewerkbare diepte van die profielgate word in cm en in hakies bo die lyn aan die regterkant van die kode aangedui. Die Suid-Afrikaanse Grondklassifikasie sisteem is gebaseer op verskillende grondhorison opeenvolgings en grondfisiese kenmerkende kombinasies. Elke spesifieke grondhorison opeenvolging vorm ʼn unieke grondvorm bv. die Cartref (Cf) grondvorm wat bestaan uit ʼn A horison (bogrond) op ʼn E-horison wat gevolg word deur ʼn litokutaniese B-horison. Elke spesifieke grondvorm word verder gekarakteriseer ten opsigte van sy grondfisiese en visuele kenmerke. Die vier syfer kode wat na die grondvorm simbool (bv. Cf 1100) in die grondkode aangedui word verwys na die grondfamilie waaraan hierdie grondvorm behoort en is beskrywend van hierdie spesifieke grondvorm se fisiese / visuele kenmerke. Die volgende grondvorms is geïdentifiseer: Longlands (Lo), Cartref (Cf), Mispah (Ms), Lamotte (Lt), Glenrosa (Gs), Fernwood (Fw), Concordia (Cc),

4

Gronde Beskrywing Cartref Diagnostiese bogrond horison op ʼn E-horison op verweerde en

verwerende gesteentes (skalie of sandsteen moedermateriaal in hierdie geval). Hierdie gronde het ʼn medium tot hoë potensiaal. ʼn E-horison ontstaan wanneer water periodies bo-op ʼn ondergrondse beperking (onstabiele klei of vaste rots) versamel, lateraal helling-af dreineer en in die proses organiese materiaal, klei en ysterverbindings uitloog. Hoe meer gebleik en hoe minder geel hierdie horison in die klam toestand voorkom, hoe meer geloog is die grond. Aangesien voorafgenoemde verbindings grotendeels die stabiliteit, waterhouvermoë (WHV) en voedingstatus van ʼn grondlaag bepaal, volg dit dat ʼn gebleikte E-horison meer geneig sal wees om baie hard te word en/of te verdig en/of ʼn lae WHV en voedingstatus te hê. Die eerste syfer van die grondkode by grondvorms met ʼn E-horison bv. Cf 2100 dui op ʼn geel E-horison terwyl ʼn Cf 1100 op ʼn grys/wit E-horison sou aandui.

Fernwood Diagnostiese bogrond horison op E-horison wat onderlê word deur ongespesifiseerde materiaal. Die E-horison dui op netto verwydering van kolloïdale materiaal en yster- en mangaanoksiedes wat die gruis kleur veroorsaak. Die ongespesifiseerde materiaal is in die geval ’n verglyde sand. Die grondvorm is redelik nat en moet gedreineer word. Grond potensiaal word beperk deur diepte van die E-horison.

Longlands Diagnostiese bogrond op ʼn E-horison wat oorgaan na ʼn sagte plintiese B-horison waarin yster- en mangaanoksiedes geakkumuleer het. Gronde is nat en moet gedreineer word.

Lamotte Diagnostiese bogrond horison op 'n E-horion op ʼn podzol B-horison. Die podzol is dieper wat die grondpotensiaal verlaag.

Mispah Diagnostiese bogrond horison op onverweerde rotsgesteentes (skalie moedermateriaal in hierdie geval). Hierdie gronde het ʼn lae potensiaal vir vrugteverbouing, en rotsriwwe moet goed gebreek word om dreinering te bevorder.

Glenrosa Diagnostiese bogrond horison op verweerde en verwerende gesteentes (skalie moedermateriaal in hierdie geval) waarin klei aansameling plaasgevind het. Hierdie gronde het ʼn lae tot medium potensiaal as die besproeiing aangepas word by die lae WHV van hierdie grondvorm (minder water meer gereeld).

Concordia Diagnostiese bogrond horison op ʼn E-horison op podzol B-

horison op ongekonsolideerde materiaal sonder tekens van natheid. Podzol is nie naby aan oppervlak nie en die potensiaal word grootliks deur die E-horison bepaal.

5

ʼn Beskrywing van die potensiaalklasse word in Tabel 1 uiteengesit. Grondpotensiaal word aan die hand van die volgende beoordeel: 1. Bogrond tekstuur en kleur, 2. Effektiewe / benutbare diepte, 3. Natheid, 4. Klipfraksie, 5. Teenwoordigheid van ʼn E horison (geloogdheid). 6. Teenwoordigheid van ʼn podzol.

Tabel 1: Beskrywing van steen- en kernvrugte potensiaalklasse vir Leeuwrivier soos op

die grondkaart gebruik

Kleur- kode

Poten- siaal

Grond-vorm

Beskrywing

Geel met

groen

streep

Medium tot Medium hoog

Lo, Cf, Lt, Cc, Fw

(5.19 ha)

Die grond het ʼn lae klei-inhoud (4-5%) met ʼn growwe

sandfraksie. Die klipfraksie van die gronde is laag <30%

(uitsluitend die Cf gronde) en het oor die algemeen ʼn ligbruin

tot liggeel wat ʼn aanduiding is van minder geloogde toestande

en dus vrugbaarder grond.

Geel Medium

Cf, Gs, Cc, Fw (10.04

ha)

Die gronde het witter (liggeel) meer geloogde E-horisonte wat

dui op laer potensiaal gronde. Die gronde het ʼn lae klei-inhoud

(4-5% klei). Die Fw en Cc gronde het tot geen klip in die E-

horisonte nie. Die Gs, en Cf gronde het egter ʼn hoë klipfraksie.

Wat die gronde se grondvolume verlaag.

Geel met rooi streep

Medium tot Medium laag

Fw (5.78 ha)

Die gronde het wit geloogde E-horsionte met ʼn lae klei-inhoud

(4-5%). Die gronde is inherent onvrugbaar en het beperkings

ten opsigte van waterhouvermoë en katioonuitruilkapasiteit.

Oranje Laag Ms, Gs,

Cf (5.32 ha)

Die Ms en Gs gronde bestaan hoofsaaklik uit rots/klip. Die hoë

klipfraksie verlaag egter die grond volume en so ook die

gronde se potensiaal. Die Cf gronde het ʼn nat verweerde

ondergrond met ʼn hoë klei-inhoud wat die gronde meer geskik

maak vir pere as appels omdat die gronde makliker kan

versuip. Die gronde het ernstige beperkings ten opsigte van

diepte en lae inherente vrugbaarheid.

Die gronde in die potensiaal klas het ook ʼn lae klei-inhoud in

die A- en E- horisonte (4-5%). Die gronde is ook wit wat op

baie geloogde toestande dui.

6

Kleur- kode

Poten- siaal

Grond-vorm

Beskrywing

Rooi Baie laag

Ms (3.46 ha)

Die gronde is vlak a.g.v. rotsbanke in die natuurlike toestand

en is nie geskik vir vrugteproduksie nie. Die gronde moet

eerder nie geplant word nie. Na ʼn rip aksie as gesien word hoe gronde opbreek, kan dit heroorweeg word.

Die gronde in die gebied varieer hoofsaaklik in klip inhoud, kleur en effektiewe diepte. Die

geeler gronde het beter potensiale omdat die gronde minder geloog is en dus beter

potensiaal het vir vrugte produksie. Verskeie klipriwwe en dagsome (rots koppies) kom

voor in die area. Daar is ook verskeie slote en droë rivier lope wat verkieslik in hul

natuurlike toestand behou moet word of gepyp moet word om die natuurlik loop van die

bergstrome te akkommodeer. Die lae- en baie lae potensiaal gronde is hoofsaaklik beperk

in terme van grond diepte (vlak rots en klip). Al die gronde moet verkieslik gekruisrip word

om te verseker dat alle dagsome en riwwe opgehef is. De ideaal sal wees om die eerste

ripaksie 2 seisoene voor aanplanting te doen, omsodoende vir rots kans te geen om te

blus met winter reën. Die gedeeltes wat uit is, kan geplant word mits die klip gunstig gaan

opbreek. Rip ʼn paar toets stroke om vas te stel hoe die moeder materiaal reageer mt die

ripaksie. Indien dit nie te veel rotsblokke opbring nie en die gesteentes fyn opbreek kan dit

bygewerk word.

Die Lamotte en Concordia gronde besit podzol horisonte wat of onder 'n E-horison

voorkom. Die podzolisasie proses vind plaas onder suur toestande. Dit vind veral plaas in

winterreënval streke met baie sanderige moedermateriaal. Podzolisasie is wanneer

organiese yster en aluminium chelate wat in water opgelos is ge-luvieer (afwaarts vervoer)

word na onderliggende horisonte. Die organiese yster en aluminium chelate flokkuleer

dan. Die organiese molekules in die grond hou aan met groei (aansamel) totdat hulle te

groot is. Die tipes horisonte het gewoonlik ’n bruin sjokolade kleur en is gewoonlik

vrugbaar as gevolg van die organiese chelate wat aanleiding gee tot ’n beter katioon uitruil

kapasiteit in die ondergrond

3. Vrugsoort geskiktheid Die medium en medium hoë potensiaal gronde is marginaal (15.23 ha) geskik vir appels

en geskik vir pere. Die lae potensiaal gronde (14.56 ha) is marginaal geskik vir pere. Die

hektare is bruto hektare en 15% kan daarby afgetrek word om plant hektare voor te stel.

Baie boorde is reeds gevestig op soortgelyke gronde en lewer goeie opbrengste. Die

7

bestuur by so ʼn vestiging is gewoonlik moeilik, maar met die regte bestuurder en insette

behoort appels en pere goeie produksies te kan lewer. Weens die sanderigheid en

klipinhoude is die waterhouvemoë en katioonuitruilkapasiteit van die gronde laag. Deur

gronde te mulch en kompos toe te dien sal gronde se potensiaal verbeter.

Van die gronde moet wel opgeêrd word om die gronde beter te kan benut (Cf gronde met

klei onder). Kultivars en ʼn blokuitleg kan verder beplan en uitgelê word nadat ʼn detail

opname van die area gemaak is.

Sterkte met die vestiging.

Louis Reynolds en Riaan van der Merwe