Dans van die reën Eugene Marais

2
Dans van die reën Eugene Marais Lied van die vioolspeler Jan Konterdans. Uit die groot woestyn 1. O, die dans van ons Suster! 2. Eers oor die bergtop loer sy skelm, 3. en haar oge is skaam; 4. en sy lag saggies, 5. En van ver af wink sy met die een hand; 6. haar armbande blink en haar krale skitter; 7. saggies roep sy, 8. Sy vertel die winde van die dans 9. en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd 10. en die bruilof is groot. 11. Die grootwild jaag uit die vlakte, 12. hulle dam op die bulttop, 13. wyd rek hulle die neusgate 14. en hulle sluk die wind; 15. en hulle buk, om haar fyn spore in die sand te sien. 16. Die kleinvolk diep onder die grond 17. hoor die sleep van haar voete, 18. en hulle kruip nader en sing saggies; 19. "Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"

Transcript of Dans van die reën Eugene Marais

Page 1: Dans van die reën  Eugene Marais

Dans van die reën Eugene Marais

Lied van die vioolspeler Jan Konterdans.

Uit die groot woestyn

1. O, die dans van ons Suster!2. Eers oor die bergtop loer sy skelm,3. en haar oge is skaam;4. en sy lag saggies,

5. En van ver af wink sy met die een hand;6. haar armbande blink en haar krale skitter;7. saggies roep sy,8. Sy vertel die winde van die dans9. en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd 10. en die bruilof is groot.

11. Die grootwild jaag uit die vlakte,12. hulle dam op die bulttop,13. wyd rek hulle die neusgate14. en hulle sluk die wind;15. en hulle buk, om haar fyn spore in die sand te sien.16. Die kleinvolk diep onder die grond 17. hoor die sleep van haar voete,18. en hulle kruip nader en sing saggies;19. "Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"

20. En haar krale skud,21. en haar koperringe blink in die wegraak van die son.22. Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;23. sy trap af van die hoogte;24. sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;25. die asem van die wind raak weg.

Page 2: Dans van die reën  Eugene Marais

26. O, die dans van ons Suster!